Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal...

25
1 VANSTADENS KOERANT 2 NG Kerk Vanstdensrivier April 2016 ALMAL VERDIEN ‘N TWEEDE KANS Ek was baie lief vir lees, maar het nie genoeg sakgeld gehad om ‘n boek te koop nie. Op pad fliek toe, het ek saam met my vriende deur die CNA geloop. Daar was ‘n ryk voorraad van Louis L’Amour se boeke voor my. Voor ek my kon kry, het ek onnadenkend twee boeke gevat en voor by my hemp ingesteek. Ek het stadig by die trappe afgestap, nonchalant, my maag ingetrek, effens vooroor vir die nodige bykomende kamoeflering. My hart het dubbelspoed geklop... en my hande het gesweet. Al hoe nader aan die voordeur, die drumpel tot misdaad... tot ek uiteindelik met ‘n sug van verligting by die deur uit is. Altans so het ek gedink. Tot sy aan my arm trek... met die woorde: verskoon my. Op haar CNA- naamhouertjie het ek “Monica” gelees. Sy het my teruggetrek, die winkel in. “Haal uit daardie boeke,” het sy kortaf gesê... en “Bel die polisie”, het sy vir die meisie by die kasregister gesê. “Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar ek was te bang om te begin huil. Die jong konstabel in die blou uniform het ingekom en my aan die arm na die geel vangwa gelei... en met my gery tot by die polisiekantoor in die onderdorp. Die speurder wat my ondervra het, was ‘n groot man, met groot hande en dik wenkbroue... en ‘n neus wat moeilikheid op ‘n kilometer kan ruik. En ek was bloedstollend bang. “Wat is jou naam?” het hy gevra? “Sarel van Niekerk, Oom”.

Transcript of Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal...

Page 1: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

1

VANSTADENSKOERANT

2

NG Kerk Vanstdensrivier April 2016

ALMAL VERDIEN ‘N TWEEDE KANS

Ek was baie lief vir lees, maar het nie genoeg sakgeld gehad om ‘n boek te koop nie. Op pad fliek toe, het ek saam met my vriende deur die CNA geloop. Daar was ‘n ryk voorraad van Louis L’Amour se boeke voor my. Voor ek my kon kry, het ek onnadenkend twee boeke gevat en voor by my hemp ingesteek. Ek het stadig by die trappe afgestap, nonchalant, my maag ingetrek, effens vooroor vir die nodige bykomende kamoeflering. My hart het dubbelspoed geklop... en my hande het gesweet. Al hoe nader aan die voordeur, die drumpel tot misdaad... tot ek uiteindelik met ‘n sug van verligting by die deur uit is.

Altans so het ek gedink. Tot sy aan my arm trek... met die woorde: verskoon my. Op haar CNA-naamhouertjie het ek “Monica” gelees. Sy het my teruggetrek, die winkel in. “Haal uit daardie boeke,” het sy kortaf gesê... en “Bel die polisie”, het sy vir die meisie by die kasregister gesê. “Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar ek was te bang om te begin huil.

Die jong konstabel in die blou uniform het ingekom en my aan die arm na die geel vangwa gelei... en met my gery tot by die polisiekantoor in die onderdorp. Die speurder wat my ondervra het, was ‘n groot man, met groot hande en dik wenkbroue... en ‘n neus wat moeilikheid op ‘n kilometer kan ruik. En ek was bloedstollend bang.

“Wat is jou naam?” het hy gevra? “Sarel van Niekerk, Oom”.

“Sit” het hy gesê. “Hoe oud is jy? Waar bly jy? Watter standerd is jy? Hoeveel boeke L’Amour-boeke het jy gesteel? Die hoeveelste keer is dit dat jy boeke steel?”

“Dit was die eerste keer Oom” het ek geantwoord. “Hoekom het jy boeke gesteel?”. “Dit was verkeerd oom”. “Ek weet dit was vekeerd, maar hoekom het jy die boeke gesteel?” ”Ek wou hulle graag gehad het oom. Ek hou van boeke en ek is baie lief vir lees.”

Het jy L”Amour se Flint gelees?... Ja oom. “En Kilkenny?” “Ja Oom”. “En Lando”? “Ja Oom”. “En Catlow?” “Nog nie Oom”. “En Cherokee Trail”? “Nog nie Oom”. “En The Empty Land”? “Ja Oom”. Het enige van die ouens in L”Amour se boeke gesteel? “Nee oom”. “Wat dink jy sal jou pa sê, as

Page 2: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

2

ek hom nou bel en sê sy seun is ‘n dief?” “My pa is dood oom en my ma sal baie hartseer wees Oom.” “Nee Sarel, jy’s verkeerd, sy sal gebroke wees. “Dit was verkeerd Oom!” “Sê jy nou dat dit te laat is!”

“Hier is ‘n sel hier onder, Sarel. Ek gaan jou nou daarin toesluit. Daar is mense daar wat al daar alles gedoen het wat jy moontlik kan aan dink. En hopelik sal jy ook braak, as ek jou daarin opsluit”. Maar dis niks in vergelyking met wat met diewe gebeur, wat tronk toe gaan nie. Tussen moordenaar, swendelaars en verkragters en al die skuim van die aarde, wat jou keel sal afsny vir net vyftig sent. Ouens wat sal dink, so ‘n jong man soos jy, is reg om te vry, as jy verstaan wat ek bedoel.”

Ek het nie mooi verstaan nie, maar ek het maar my kop geknik.

Ek gaan jou nou daarin sit... sodat jy kan nadink oor dit wat jy gedoen het. Die CNA wil van jou ‘n voorbeeld maak en jou tronk toe pos... want hulle sê daar word vreeslik by hulle gesteel.

Maar ek het besluit: Ek gaan jou toesluit tot half vyf... dis jou vonnis. En daarna vat ek jou na jou ma toe. En jy sê vir haar jy het gaan fliek saam met jou pelle... want om haar hart te breek is nie reg nie.. Maar as ek jou ooit weer vang steel, Sarel van Niekerk, dan kom haal ek jou en slaan ek jou stêre so warm, dat jy dit nooit in jou hele lewe sal vergeet nie... En ek sluit jou toe saam met ouens wat jou oë sal uitsuig... en daarmee ping pong speel... net omdat hulle verveeld is.

Dankie oom... het ek gesê. Elke ou is geregtig op ‘n tweede kans... ons kry dit nie almal nie... maar ons verdien dit... en jy’s jonk en verdien dit... daarom kry jy vandag joune! Gebruik dit.

Dankie oom het ek weer gesê... en gehuil dat my hele lyf ruk. Toe het die groot man opgestaan... en sy groot arms om my gespan en my nader getrek... en my vasgehou tot ek klaar gehuil was... en my huis toe geneem.

(Aangepas uit Deon Meyer ... ORION p 86)

In Ps 40:1- 6 lees ons ook van Dawid en ‘n tweede kans.

Dawid sê hier: Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor, Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder en my ‘n tweede kans gegee, en weer op vaste grond laat loop... en ‘n nuwe lied in die mond gelê.

GESPREK:

1. Het jy al ervaar die Here gee vir jou ‘n tweede kans? Dat Hy na jou toe afgebuig het in jou nood en uit die put van die dood getrek het?

2. Vertel daarvan? 3. Wat was die effek daarvan op jou lewe

verder?4. Het dit jou nader aan die Here gebring?5. Aanvaar jy vandag die Here gee vir jou ‘n

tweede kans? 6. Wat dink julle behoort ‘n mens se reaksie

te wees wanneer God vir ons ‘n tweede kans gee?

Joh 10:28 Ek gee jou die ewige lewe en niemand sal jou ooit weer uit my hand ruk nie.

Page 3: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

3

GEBED: Dankie Jesus dat U 2016 jaar gelede aan die kruis vir ons elkeen ‘n tweede kans moontlik gemaak het. Dankie dat ek U tweede kans opnuut in my lewe kan aanvaar. Help my om my lewe daarvolgens te leef. Amen

TALENTEWORD

GELEEN

Die gelykenis van Gary Player

Hy het van kleins af geleer om te veg vir wat hy wil hê. Sy ma is oorlede toe hy 8 jaar oud was. Sy pa het op die myne gewerk en het saans baie laat by die huis gekom. Hy moes daagliks meer as 30 km skool toe reis en het teen donker alleen by die huis aangekom. Sy pa het nog later by die huis gekom. Dis sy pa wat hom leer golf speel het. Hy het nie eers belang gestel nie, maar hy is vandag baie bly hy het dit gedoen.

Gedurende 2015 is Gary Player as SA se sportman van die eeu aangewys. Op die golfbaan het hy 163 internatsonale toernooie gewen. Hy is die sportman wat die meeste gereis het in die wêreld... 17.5-miljoen kilometers Hy is een van 5 spelers wat die “Golf Grand Slam” gewen het. Die Britse Ope het hy 3 keer in 3 verskillende dekades gewen. Die Suid- Afrikaanse Ope 13 keer,. en die Australiese Ope 7 keer. Sy oorwinnings wat 9 “major” oorwinnings insluit, strek oor 27 jaar. Ook

as senior speler het hy ‘n verdere 9 “majors” gewen.

Hy is nou 80 jaar oud en hy speel steeds golf, doen 1000 sit-ups per dag. In ‘n onderhoud met hom, het hierdie baie nederige klein mannetjie gesê: hy is dankbaar teenoor God wat vir my hierdie talent geleen het! Sy bekendste woorde is: Hoe meer jy oefen, hoe gelukkiger is jy as jy speel. Talente word aan ons geleen, maar eendag moet jy dit terug gee. Wat doen jy met joune?

Dit is Gary Player se gelykenis van Talente en Gawes. Die belangrike vraag is: wat is jou en my Gelykenis van ons talente en gawes? In die Bybel lees ons: God gee ‘n verskeidenheid van genadegawes binne die kerk. God gee vir elkeen persoonlike gawes om tot diens te wees in die kerk, om mekaar in liefde te bedien en tot uitbreiding van God se Koninkryk. Dit wil sê: God het vir ons elkeen ‘n gawe gegee om deel van die kerk se aktiewe bemanning te wees en defnitief nie om passasiers te wees nie. (Vlg 1 Kor: 12)

Voorbeelde van gawes is: die boodskap verkondig, onderrig, bemoediging, diens van barmhartigheid, kreatiewe gawes, diens, leierskap, organisiasie, die gawe van kennis, evangelisiasie en wysheid. Somtyds lyk dit egter of daar meer lidmate is wat oor die gawe van onbetrokkenheid en klaagliedere beskik. Maar neem duidelik kennis: dis nie ‘n gawe nie, dis ‘n siekte.

Noodwendig beteken dit: gawes is beslis nie gegee om vir onsself te hou… of êrens weg te steek nie. Bedoelende gawes het ook niks te make met persoonlike wins of selfverheerliking nie. En waar lidmate se gawes botsings veroorsaak, is dit waarskynlik omdat dit nie tot eer van God aangewend word nie, maar tot eie eer.

Belangrike Lesse wat ons by Gary Player kan leer:

1. Jy is nooit te oud of te jonk om jou talente te gebruik nie;

2. Hoe meer jy oefen, hoe meer suksesvol is jy;

3. God stel die talente aan ons beskikbaar, waarmee hy wil hê ons moet hom dien;

Page 4: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

4

4. Moenie jou talente begrawe nie... wees waagmoedig en begin woeker!!!

5. En baie belangrik. Moet nooit bang wees om jou talente te waag nie... of om te misluk nie! Want om te misluk is niks, maar om tou op te gooi... dis die attitude van ‘n verloorder.

Daarom word jy opnuut uitgenooi: kom ons stof jou talente af, want wat geleen is, moet mos teruggegee word. Kom ons oefen saam met Gary Player in die geloof... sodat ons wenners vir Xtus kan wees. Hoe meer ons oefen saam met ander gelowiges, hoe groter is ons kanse om God te verheerlik en ‘n wenner vir Xtus te wees.

Mat 25: 14-30. Die gelykenis van die munstukke/talente. 1 Kor 12:7 Aan elkeen word afsonderlik ‘n gawe gegee, tot voordeel van almal .

WATTER CHRISTEN IS JY?

1. ‘n Kruiwa-Christen... iemand anders moet jou altyd stoot waar jy moet wees;

2. ‘n Vlieër-Christen... iemand anders moet my die hele tyd vashou, anders verdwyn ek;

3. ‘n Kat-Christen... ek moet die hele tyd gestreel en gepamperlang word, anders is ek nie gelukkig nie,

4. ‘n Bal-Christen... ek wip hier en ek wip daar... oral oor, maar ek laat my nie aan ‘n bepaalde saak of aktiwiteit bind nie;

5. ‘n Ballon-Christen... altyd vol wind, winderig, windmakerig... noem dit wat jy wil,. Maar op die ou end sit almal met die wind opgeskeep en ek het verdwyn;

6. Ventersleepwa-Christen... ek moet altyd gesleep word waar ek moet wees;

7. Horlosie-Christene... sigbaar... op sy tyd... daar waar Xtus my wil hê... diensbaar... altyd gereed... om Christus te verheerlik met my

talente. Baie dankie aan elke een van julle!!!

Om weer op te staan

na ons seun, Junior, se dood

Marie Skorbinski

8 Augustus 2005. Ons gesin het op daardie stadium bestaan uit: Pa Leon (42), Ma Marie (41), seuns George Leon Jnr (15) in graad 9 aan Hoër Tegniese Skool Newton en Rikus Skorbinski (12) in graad 6.

Page 5: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

5

George Leon Jnr (15)

Laat agtermiddag van 8 Augustus 2005 het Jesus vir George Leon Jnr kom haal – sonder waarskuwing – natuurlike dood (aneurisme). Hy was net 15 jaar, 10 maande en 19 dae oud. Gebore 20 Sep 1989 – Oorlede 08 Aug 2005.Ja… hy het hoofpyne gekry, waarvoor Panado’s help… Maar geen ernstige hoofpyne wat jou sou waarsku om enige mediese toetse te moes doen nie. Nooit het die gedagte daardie dag by my opgekom dat my kind sou sterf van ‘n hoofpyn nie. Ek was só kalm, sonder enige paniek (agterna besef ek “JESUS was die hele tyd aan my sy”).

Meer oor daardie dag: Dit was ‘n skoolvakansiedag, voor 09 Augustus wat Nasionale Vrouedag was. Ek het verlof ingesit om saam met my kinders te wees. Dit was ‘n Maandag… wasdag! Die kinders het laat geslaap… Rikus het ‘n maat gehad wat by hom sou oorslaap en kom speel. Junior het besonder laat geslaap, vorige aand laat TV saam met pa gekyk, so net na 10 opgestaan, ek het vir hom ontbyt gemaak. Hy het rekenaarspeletjies gespeel en later gevra of ons almal kan gaan fiets ry? Ek was amper klaar met die wasgoed en gesê “later”. Hy het aan my gesê dat sy kop seer is. Ek het hom gevra of hy hoofpyn pille wil hê, maar hy het “nee” geantwoord. So om en by 1uur die middag was ek gereed vir die fietsry. Hy het nog die fietse uit die motorhuis se dak gehaal en die wiele opgepomp (vol energie) en ons vier het die tog aangepak. Junior het voor gery, soos altyd – vol energie, geen teken van

siekte. Na ‘n halfuur se ry het Rikus en maat moeg geraak en huis toe gedraai – Junior het my gevra om nog te ry… ons het by my vriendin gaan koffie drink… nog gery en ook huis toe gekeer. Die seuns het motorfiets gery. Leon het van die werk af gekom en ons moes winkels toe gaan om vir hom ekstra klere te gaan koop, vir ‘n 2 weke kursus waarop hy moes gaan. Junior wou saam, maar Leon het gesê hy moet eerder by die kinders bly om ‘n ogie oor hulle te hou. Junior het voorgestel dat hulle “weermag” moet speel op die omgeploegde land. (nogsteeds vol energie) Ek en Leon was ongeveer ‘n uur weg. Op pad terug huis toe, het Rikus se maatjie ons gebel en gesê dat Junior huil van kopseer en dat hy naar is. Ek het aan hom gesê om vir hom ‘n Panado te gee, ons is op pad terug. Leon het vinniger gery om by die huis te kom. Junior het oor die toilet gehang, in ‘n sit-posisie (hy was naar), Leon het aan sy voorkop gevoel vir koors, Junior het gekeer en gevra: “pappa moet asb nie aan my kop vat nie, dit is verskriklik seer”. Dit was sy laaste woorde…

Leon het hom regop gehelp, sy bene was swak, en aan my gesê “hier is fout, ons moet vir Junior by die dokter kry, was hom net af” (hy was vol stof van die omgeploegde land) Leon wou Junior onder die stort sit, maar hy het terug gedeins van die druppels. Leon het hom kamer toe gedra, ek het hom aangetrek. Leon het die motor gereed gekry, vir Rikus opdrag gegee om ‘n waslap met ys vir ons te bring, en in ‘n kwessie van sekondes, het ons hom in die motor gelaai en Medi-Cross toe gejaag. Leon het aan my gesê om Junior wakker te hou, maar my kind was rustig en ek kalm… Ek het met hom gepraat, aan sy gesig gestreel, maar hy het geen reaksie getoon. Leon het amper in die deur van die Medi-Cross gestop, uitgespring en vir Junior opgetel (ek het ‘n roggel geluid gehoor) en hom ingedra. Ek het die motor gaan parkeer. Nie een oomblik het ek gedink my kind is dood nie! Toe ek instap het ek bloedskuim op die wit teëls gesien. Leon het uit die noodkamer gekom. Ek het met ‘n vraag op my gesig na Leon gestaar, daar

PINKSTER HERLAAI

Page 6: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

6

8 – 15 Mei 2016Die verhaal van Pinkster en die HGees is ‘n lewende en dinamiese verhaal: van God se herskeppingswerk met ons wat nooit afgehandel is nie... en die HGees wat elke dag besig is om ons te voltooi... en Sy lewe en warmte in ons te blaas. Dit wil sê ons is onder permanente konstruksie.

Kom leer

om saam met God asem te haal... stil en luister na God se hardklop... om saam heel te word voor God... kom buig saam in Gebed voor Hom.. en word saam toegerus om sy kerk op

aarde moet wees!

Joshua na die Reën sê in ‘n artikel: “Daar is min dinge wat my hart so hoog laat vlieg, soos wanneer ‘n mens tussen mense is wat jou toevou met genade”. Pinkster is om toegevou te word in God se genade.

was stilte… Ek het op ‘n stoel gaan sak en begin bid. “Here wees met my kind”, maar Hy het beter geweet. Die dokters het uitgekom, en die een het gesê “dit gaan nie goed daar binne nie… (ek het gedink my kind is seker in ‘n koma) ons het gevra wat bedoel dokter met dit gaan nie goed nie? Hy het gesê: ”julle seun is oorlede”. Dit het vir my gevoel my brein funksioneer nie reg nie, ek het verkeerd gehoor, my brein het afgestomp gevoel… die werklikheid wou nie insink nie… ek het nie gehuil of geskree of niks nie… die dokters het aan ons gesê hulle is nie seker waaraan hy dood is nie, maar hulle vermoed iets soos “aneurisme” (wat ‘n vreemde woord op daardie stadium vir ons was). Ek het gestap na die kamer

waar Junior lê, ek wou aan hom vat… seker maak dit wat ek nou gehoor het, is waar. Ek het aan sy hande, voete, bene, arms en gesig gevat… hy was bleek, koud en dood. Ek het hom sag gesoen op sy voorkop en uitgestap… Jesus was die hele tyd met my.

Ek het hierdie vreemde verlange na Rikus gekry… ek wou by die huis kom! Die mediese personeel het vir ons tee aangebied, maar ek wou nie hê nie, Leon het gedrink en die uitdrukking op my man se gesig was van verskrikking en verwarring… Hy het ook ‘n paar keer na Junior gegaan. Hulle het aan ons gevra watter begrafnis onderneming ons wou gebruik? Begrafnis of verassing? Ons het weer na Junior gegaan, hulle het vir ons gevra of daar enige iets anders is voordat hulle hom laat verwyder??? Ons het huis toe gery. Leon het begin huil en gevra hoekom die Here nie eerder vir hom gevat het nie? Hy het allerhande vrae gevra… verwyte aan homself oor sy strengheid oor Junior… ek het aan hom gevra dat daar geen verwyte moet wees nie. Hy was ‘n streng pa omdat hy vir sy kinders lief is en omgee. Rikus was sterk (of hy het sterk opgetree – hy was baie volwasse vir sy ouderdom – hy het trane in sy ogies gehad en sonder woorde net vir my gedruk. Al die familie en vriende was verstom.

Ons gesin se lewe het total verander! Skielik was Junior se plekkie só leeg. Aan die begin het dit vir ons gevoel asof hy op ‘n kamp is, en enige tyd by die deur sal instap. Maar hy was weg, so finaal het dit vir ons gevoel. Waar ek vir twee seuns moederlike pligte uitvoer, is daar nou net een! Hy was ‘n spontane, ekstovert, vol lewe, liefde en vriendelikheid. Rikus was stil en wou net besig bly tussen sy vriende en ons familie. Ek het vir berading gegaan, maar die manne voel hulle is OK. Maar ek weet hulle is nie… Leon dwaal, huil meer as ons, praat baie en op ‘n stadium het hy aan selfmoord gedink, maar ons (Jesus, ek en Rikus) staan hom by. Rikus is soms afgesonder in sy kamer, met sy kitaar besig… dan weet ek hy mis sy broer. Soms het ek gevoel, as ek hom net eenkeer weer kon druk, vashou, soen! Maar hy was weg, dood is so finaal – so het dit vir my gevoel.Junior het so uitgesien na sy 16de verjaarsdag, hy het al met die gastelys begin… hoeveel te meer sou hy na sy 18de verjaarsdag uitsien, of sy aannemeing en voorstelling, sy matriekafskeid, of sy mondigwording 20 Sep 2010? Ons as ouers het soveel drome vir hom gehad!

Page 7: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

7

Hoe hanteer ons dit? Hoe staan ons op?

Ons besef ons is net aan mekaar geleen… Ons geloof in Jesus Christus is wat ons elke dag hierdeur dra. Hy is nie meer saam met ons hier op aarde nie, hy is baie ver by Jesus in die hemel. Daarvan is ons seker want hy het ‘n mooi skoon lewe gely. Hy was so spesiaal, positief, opgewek, vrolik, bedagsaam, liefdevol. Hy het vir ons spesiale kaartjies met geleenthede gemaak, briefies geskryf, ontbyt in die bed gebring op moeders- en vadersdae, nou kan ons hierdie herinneringe net bewaar en koester. Al kan ons nie meer aan hom vat of druk of soen nie, kan ons hom in ons gedagtes hou. Wonderlike heerlike herinneringe want ons oudste seun sal vir ewig in ons harte wees. Ons plaas ons hand oor ons hart, ons lief hom innig, hy is ons skynende ster in die hemelruim – so is hy altyd met ons en kyk saam met Jesus op ons neer. (Al hierdie denkbeelde help ons deur ons hartseer tye)Jesus vertroos ons! Hy maak ons sterker by die dag! En die wete dat, as ons reg leef hier op aarde, sal ons hom weer sien, in die hiernamaals! Dit gee ons krag om aan te gaan. Die liedjie van Juanita du Plessis – In die hemel – gee vir my inspirasie om aan te gaan. Ek kan getuig van Jesus wat ons elke dag dra!!! Ek plaas ons lewe elke dag in Jesus se hand met gebed en so “survive” ons! Ons brand vir Junior elke aand ‘n kersie, ons praat baie oor hom, ons huil saam en ons lag saam oor hom. Ons vriende van die kerk, skool en familie bid vir ons. Ons is daar vir mekaar… Ons het ‘n spesiale “Junior-hoekie” in die huis waar ons sy foto’s en kissie met sy as in bewaar”… dit is maar ons manier…

Met elke verjaarsdag plaas ek “In Memoriam” in Die Burger: 20 Sep 2005: Ons Engelkind vier vandag sy 16de verjaarsdag in die hemel. Op 08 Aug het Jesus jou kom haal, jou plekkie is so leeg! Mamma, Pappa en Rikus mis jou oneindig, maar ons berus ons daarby dat jy nou in die hemel se tuin blom. 20 Sep 2010: Jou 21ste verjaarsdag – so SPESIAAL net soos jy. Ons vou ons hand oor ons hart en stuur vir jou ons innige liefde, jy is nou ‘n STER in die hemelruim. Pappa, Mamma en Rikus.

Hy sou 20 Sept 2015 26jaar oud wees…In die hemel verjaar hy nie… jy word nie ouer nie… ek mag hom onthou soos hy was… wat ‘n wonderlike gedagte!

Vandag 22 Februarie 2016: Wanneer die hartseer my wil oorweldig… dink ek soos ‘n kind, redeneer ek soos ‘n kind, en ek glo soos… ek raak soos ‘n kind want as jy met ‘n volwasse brein wil redeneer gaan die hartseer en verlies jou onderkry… jy onthou net die mooi, ek praat deur Jesus, ek sit op Sy skoot… alles visualisering… Dit is nie altyd so maklik om dit reg te kry nie, want die mooi drome raak soms nagmerries… dan raak ek klein en stil voor my Hemelse Vader en HY neem dit weg!!! In 2015 het die hartseer my weer amper oorval hier voor Augustus, en ek het van Junior gedroom: “hy kom, glimlaggend, by ons hek ingestap met ‘n bruin tassie in sy hand. Hy kom dood normaal, dood rustig na my en sê: Mamma ek was nooit regtig weg nie, ek werk as Sendeling vir JESUS.” Dit was die rustigste droom… en agterna het ek besef so vertroos die Here my! Is dit nie wonderlik nie?

Wanneer ek in bekende plekke, soos die kerk, instap waar hy altyd saam met my was, en die hartseer wil my oorweldig, BID ek en vra dat die Here my sal sterk maak… en dit werk!!!

Wat ek uit dit alles geleer het: fokus op jou geliefdes wat agter gebly het… jy moet daar wees vir mekaar… moenie verwyt nie… vergewe… jy het op daardie tyd opgetree soos dit van jou verwag word… die horlosie kan nie terug gedraai word nie… Die Here ken jou hart, jy moet jou hart net uitstort voor HOM!!!MTR Kinderhuis“Middag gemeente tannie!”

Page 8: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

8

“Middag Dirkie”

“Gaan ons vandag Van Stadens toe?”

“Nee Dirkie.”

“Wanneer gaan ons weer ?”

“Ek sal kyk wat ek kan reël Dirkie.”

Dit is hoe ek keer op keer gegroet word deur Dirkie, een van huis se kinders. Vir Dirkie is ‘n uitstappie na ons kerk soos ‘n uitstappie vir ander kinders na die strand of ysskaatsbaan toe. Hy sê hy hou vreeslik baie van Van Stadens kerk!

Dirkie is by MTR al vandat hy 7 jaar oud is, dis nou al amper 10 jaar. Hy is een van die erg gestremde kinders in ons huis. Hy kan vreeslik kwaad word as hy nie kry wat hy wil hê nie en net sy tannie Catherine (huismoeder van huis no.7) kan hom dan beheer. Sy verstaan hom baie goed en hy is baie lief vir haar.

Dirkie het toe hy by MTR gekom het ‘n obsessie gehad met potlode skerp maak. Geen potlood was veilig met hom in die rondte nie. Hy het menigte potlode skerp gemaak tot daar niks oorgebly het nie. Gelukkig is daardie obsessie nou afgeleer, maar nou sit hulle met sy volgende obsessie: SKOENE!! Hy is vreeslik lief vir skoene en geen skoen is veilig naby hom nie. Maak nie saak of dit te groot of te klein of hoë hakke is of pantoffels nie, hy maak dit doodeenvoudig pas. As dit hom miskien seer maak beland die skoene op die huis se dak. So, as julle by MTR kom en huis no. 7 soek – soek net vir die huis met die skoene op die dak! Dirkie het al menigte kere weggeloop na

PEP toe omdat hulle baie skoene het, te kus en te keur. Gelukkig ken hulle hom ookal en weet om sy tannie Catherine te bel. Maar dit is Dirkie en ons hoop om sy obsessie met skoene ook opgelos te kry, want daar is menigte gevegte as hy iemand se skoene geleen het.

Tans is ons baie besig by MTR om hul jaarlikse BASAAR te reël vir die 12de Maart. Daar gaan hamburgers wees, boepensbroodjies(jafels), pannekoeke, tee en koffie, koek en terte, lekkergoed en baie ander stalletjies! Daar gaan hope pret wees vir die kinders en ‘n paar heerlike pryse om te wen, o.a. ‘n prys by die Kariega Wildreservaat ten waarde van R10 000!! Ek hoop om baie bekende gesigte daar te sien die 12de!

MTR is in Circular weg, oorkant Fig Tree Spar, julle sal dit nie kan mis nie.

oooOOOooo

JAPAN SENDING

STEPHAN VAN DER WALT

DIS WAAR ONS NOU IS

Beste Vanstadens-Gemeente

As julle dalk nog nie gehoor het nie, ek het die beroep as voltydse dosent na die RCJ se

Page 9: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

9

Kobe Gereformeerde Teologiese Kweekskool aanvaar. Diep bewus van dié groot voorreg en geleentheid vol potensiaal. Dit is vir ons duidelik dat die Here dié pad self vir ons vooruit geloop het, en dat Missie Japan se ondersteuners en die plaaslike RCJ en hierdie beroeping steun en verder wil help uitbou.  

Met dankbare harte is ons dus eerskomende Maandag oppad na Kobe. Meer as ‘n 100 bokse is gepak, en ons moes omtrent spartel tussen uitsorteer, weggee en weggooi. Maar dit was ook nodig en tydig. Ons verlaat Tokushima gemeente met hartseer en ’n gevoel van verlies, want ons het hier ons eerste treë in Japan leer gee, en is altyd gasvry omarm en gedra. Ons is diep lief vir ons susters en broers hier, daarom sal ons hulle mis… en sal in die toekoms steeds by Shikoku se gemeente betrokke te wees. Terselfdetyd is ons regtig opgewonde oor die nuwe pad wat voorlê in Kobe. Oorgange soos hierdie bring unieke geleenthede in sig, met vars verhoudinge vol potensiaal en ook ‘n nuwe leefruimte en geloofsgemeenskap om te leer ken. Ons as gesin voel bietjie soos ‘n akrobaat hoog in die lug, wat een sweefstok los om ‘n ander raak te vat. Tussen onseker én opwindend. Die ontwrigtende hang-in-die-lug het ons soms selfs bietjie oorweldig gelaat.

Maar genadiglik hang God se vangnet vol liefdestrou stewig onder ons (Psalm 94:18). Wat ‘n troos!

Ons vestiging in Kobe gaan natuurlik tyd vat, en daar lê ‘n deurmekaar week of drie voor. Daarom vra ons so bietjie geduld met ons reaksietyd op e-posse, en met nuwe nuus van die kant af. Ons waardeer en vra opnuut vir jou volgehoue gebede en meelewing hierin.

Vrede en vreugde, Stéphan,Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan (jnr.)

die

fossieledoen dit weer!!!

WARMWATERBEG SPA 2015

daar is geen salf te smeer

pyne en skete en klagtes ten spyt

altyd gereed vir ‘n stukkie jolyt

die trauma langs die pad is genoeg

Gerald en kie is moeg geswoeg

sy blou overall werk oortyd

dis net wiele omruil en gaiters en proppe

Daan se verfkarretjie te veel vir ons koppe

by Warmwaterberg is veel te doen en sien

ons gee die plekkie tien uit tien

die kranklike ou spul is spoedig in die water

om dit te aanskou is ‘n belewenis ou mater

Page 10: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

10

dis are en vette en selluliet

en fossielbene tot wie weet waar

party se die onnoembare goete roes af

maar hulle praat net pure kaf

dit swem en dit gaan te kere

vir selluliet en kieriebene voel hulle vere

die mans vertoon hul omleiding zippe

ons is verstom en hang aan hulle lippe

definitief is daar niks aan Fynbos te keer!!!

die fossiele doen dit weer!!!!

‘N BREINKANKER-

LYERMET ONBLUSBARE LEWENSVREUGDE

René van Zyl (Laurie en Yvonne van Zyl se skoondogter) is geensins ‘n vrou wat deur haar breinkanker oorskadu word nie. Haar oë blink steeds met ‘n duisend lagduiwels en sy is ver van opgee af... nog soveel om voor te leef!!!

Ek was maar 6 maande by Liberty toe ek met ongeneeslike brein kanker gediagnoseer is. Ons het letterlik oornag uitgevind, ek was nie siek nie, het geen hoofpyn of konvulsies gehad nie, inteendeel ek het blakend gesond gevoel. By ’n vriend van ons se 40ste verjaarsdag het ek vooroor geval en my kop teen ’n trap gestamp (waarvan ek niks onthou nie) en konvulsies gekry. ’n Breinskandering het gewys dat ek ’n gewas so groot soos ’n tennisbal in my brein het. Hulle sou sodra moontlik moes opereer. Sulke nuus sou enige familie se fondamente skud, maar ten spyte van dit het die Van Zyl’s so normaal en positief as moontlik aangegaan, want dit was vir hulle belangrik.

Met slegte nuus raak ek verskriklik kalm, inteendeel almal het gewag vir my om ineen te stort, maar ek het nie. Ek dink soms dat dit vir mense om my baie swaarder as vir my is. Ek is nie bang vir die dood nie, ek wil net nie ’n las word vir mense nie, my onafhanklikheid met dag tot dag take is vir my belangrik. Ek was nog nooit materialisties nie, so die siekte het nie my waardesisteem vir my verander nie

Page 11: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

11

en ek is iemand wat op so ’n manier leef dat ek regmaak met mense wat ek te na kom, so ek het nie onafgehandelde sake nie.

Vier maande na die eerste operasie in November 2011, was ek terug by die werk.

Die dokters het gereken ek het ’n 50/50 kans om weer te loop en normaal te wees. Met die verlamming moes ek alles van vooraf leer doen. Hulle het nie toe bestraling en chemoterapie gedoen nie, want dit sou nie-effektief teen die spesifieke stadium van die kanker gewees het nie. Op die oomblik kry ek wel albei.

’n Ondersteunings-netwerk is vir kankerpasiënte vreeslik belangrik en die manier hoe my se familie en vriende saamstaan… en dit maak ‘n reuse verskil.

Dit is baie belangrik vir Mario (my man) dat my persoonlikheid en nie die kanker nie my moet bly definieer. Hy is elke tree langs my.

Mense moenie hier met “ons-kry-haar-jammer-gesigte” aankom nie. Gelukkig het ek vriendinne en ’n lekker aweregse sin vir humor. Hulle gee op die oomblik vir my geskenke waarvan hulle hou, met gebruik, en teen verval datums opgeskryf, want hulle reken ek sal dit moet terug gee! Ek het werklik ’n ongelooflike ondersteuning netwerk.

Na die tweede operasie het Odette van Deventer (een van Mignon se klasmaats) en haar ouers, Elmarie en Gerrit, haar ingeneem en vir haar ’n stabiele omgewing gegee terwyl Mario baie ure by die hospitaal by my spandeer het. Dan is daar my bure, die Hüsgen’s (wat maar laas jaar September ingetrek het) wat soos familie is. Hulle vat my op die oomblik na al my doktersbesoeke toe en is ’n hawe vir my kind. My sussie, Yolande, is verseker my engel en my boetie, Andre (in Australië) is baie na aan my, al sien ons mekaar min. Met die opvolg besoek, in Mei 2015, het ons die nuus gekry dat die gewas weer groei en aggressief is, die tweede operasie is op 8 Junie gedoen. Sonder behandeling is voorspel dat sy omtrent 4 maande sou oorhê, met behandeling kan sy moontlik 18 maande, maar René het haar eie manier van tyd verleng.

“Dit het al met die aanvanklike diagnose begin, ek wou bly leef om ten minste my dogter se 16de verjaarsdag te sien, toe word dit haar matriekafskeid, nou is dit vir my om haar te sien graad vang. My familie en vriende is vir my kosbaar en anker my.”

Twee van haar beste vriendinne het haar ontmoet in Turkye vir ’n vakansie voordat sy die tweede operasie in Mei ondergaan het. “Die uitkoms van hierdie een was baie onseker, want met elke keer wat hulle opereer sny hulle ’n gedeelte van my gesonde brein ook weg. Ek wou ’n plek gaan besoek wat ek nog altyd wou en Paula in Tel-Aviv en Wilma in Klev, het gesê hulle kry my daar. Dit was ongelooflik. Die laaste deel van die vakansie het ek baie siek geword. Voor hierdie operasie was dit anders as die eerste een, ek het geweet wat kom en party dinge soos om my mooi lang hare af te skeer was hierdie keer swaarder. Ek het wel myself gepamperlang met ’n malo animo- en pedikuur voor die tyd en het waterbestande maskara aangesit al mag ek geen grimering gedra het nie. Ek wou ten minste skatlik lyk as ek daar in die ICU lê!”

Hierdie keer het sy binne 3 dae geloop.

“Die motivering was groot”, lag sy, “hulle het vir my gesê my kateter kan net uitkom as ek loop!”

“Twee weke later stap ek sonder hulp by die hospitaal uit. Daar is donker dae wanneer ek mense vermy, maar my goeies is steeds meer. Ek gaan die poorte sywaarts met ’n glas vonkelwyn in die hand ingaan en roep: Hierdie was een moewiese rit !”

‘n sinkplaatpad ?

Page 12: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

12

Kanker I called to the Lord from my narrow prison and He answered me in the

freedom of space.”

Wanneer ’n mens met kanker gediagnoseer word, gaan staan die wêreld oombliklik stil – nie net vir die pasiënt nie maar ook vir sy/ haar geliefdes , selfs vir die naby vriende. En wie van ons kan sê dat ons nog nooit geraak is deur hierdie wrede siekte nie – of dit nou jyself, ‘n gesinslid, ‘n verlangse familielid, ‘n goeie vriend of net ‘n kennis is.

Ongelukkig is dit so dat almal baie besorg is wanneer iemand met kanker gedaignoseer word, en dan weer as iemand dalk sterf – maar wat gebeur tussenin tydens die lang proses van behandeling , vasbyt , swaarkry, alleen wees?

En is dit nie jammer dat ons in die kerk vir diegene wat ‘n geliefde verloor het, in gebed intree, maar nooit hardop jubel oor die baie mense wat gesond geword het of wat die siekte daagliks oorwin en daarmee saamleef nie?

Behalwe die “begin” en ‘einde” van die proses, Het mense veral ook ondersteuning nodig in die sogenaamde “middelfases” :

By diagnose is daar gewoonlik die volgende reaksies:

Bewustheid van ons sterflikheid

‘Oorweldigende emosionele reaksies

Dit is ‘n tydperk van uiterste onsekerheid – jy wag voortdurend – vir die uitslae van die toetse, vir ‘n afspraak by die dokter, vir die mediese fonds, vir ‘n telefoonoproep

‘n Mens moet ‘n oormaat van inligting verteer - en besluite neem oor behandeling terwyl jy eintlik glad nie weet wat dit gaan behels nie .

‘n Gewillige oor is in hierdie tyd so belangrik – en moet asseblief tog nie al die Huisgenootstories vertel wat jyself en jou geliefdes rondom kanker beleef het nie, veral nie die detail van almal wat gesterf het nie . Dus: moenie raad gee nie – en... Moenie, moenie, moenie jou eie storie vertel nie!!

Wees daar, luister, stuur ‘n sms , help met praktiese dinge.

Met behandeling, tree ‘n heel nuwe proses in werking::

Jou normale program is totaal omvergegooi - .ewe skielik word jou lewe gereël deur watter dae jy behandeling kry, watter dae jy beter of slegter voel, afsprake vir bloedtoese, doktersafsprake, ens .

Vrese, wanbegrippe, prentjies in ons kop wat gevorm is deur die media , ander mense kan ‘n mens verlam ( Kan jy aan een fliek dink waarin daar ‘n kankerpasiënt was wat oorleef het ? )

Die gesin moet nuwe planne bedink om die eise van behandeling te kan hanteer – kinders moet nog steeds skool toe gaan, mense gaan steeds werk toe, gesinslede moet steeds eet, rekeninge moet steeds betaal word.

Dus: stel jouself beskikbaar om kinders te help rondry , maak vir jou vriendin/ buurvrou ‘n ete, gaan koop ‘n paar kruideniersware, help met ‘n skooltaak – praktiese hulp is van onskatbare waarde. Ek sal nooit vergeet hoeveel ‘n vriendin uit New York se onverwagse oproep een oggend 6 uur vir my beteken het tydens die verlammende behandeling nie .

‘n Mens se voorkoms verander soms drasties – haarverlies, swelling a.g.v. die behandeling, verlies van ‘n liggaamsdeel, verandering in fisiese krag – en die alewige en verlammende moegheid !

In hierdie tyd beleef ‘n mens talle teenstrydige gevoelens - dit wat veronderstel is om my beter te maak , maak my siek/beperk my ! En daar is baie dae wat ‘n mens maklik die handdoek sou kon ingooi.

Die newe effekte van behandeling is onaangename “visitors” wat ons nie regtig wil ontvang nie , maar ongelukkig dwing hulle hul aan ons op:

Page 13: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

13

‘n Vraag wat ‘n mens in hierdie tyd nie wil hoor nie, is “Hoe gaan dit? “ . Dikwels wil ‘n mens graag antwoord met : Dit gaan %$#@> .!! Vra dus liewer iets spesifiek soos – Hoe was die laaste chemo?, Hoe gaan dit deesdae in die nag? Of met die naarheid ?

Praat oor gewone goed, nie net oor die siekte nie – oor rugby, nuusgebeure ( onthou die persoon het nog steeds ‘n brein!) , kinders , taxi’s , wat ookal , en onthou ‘n grap of twee verrig wondere .

Dit is algemeen bekend dat die einde van behandeling geweldig stresvol is

Ewe skielik is die mediese span wat jou met ‘n valkoog dopgehou het, nie daar nie.

‘n Mens voel nie onmiddellik jouself nie – newe- effekte kan nog maande daarna met jou wees – en ‘n mens se natuurlike reaksie is dat die kanker terug is

Ewe skielik moet ek leer saamleef met dit wat ek verloor het/ dit wat in my liggaam verander het – dalk ‘n stoma sakkie, of verlies van smaak en reuk, seksuele veranderinge, gewigstoename of gewigsverlies , ens

Dikwels verstaan gesinslede nie dat die pasient wat behandeling voltooi het, nie dadelik sy/haar kragte terughet nie – en word onnodige eise gestel .

Onthou dat die persoon veral in hierdie tyd emosionele ondersteuning nodig het. ‘n Mens is intens bewus van elke pyn en kramp in jou liggaam en vrees dat dit kan dui op kanker – laat die persoon toe om met die dokter te gesels, deel julle vrese met mekaar – dis normaal . Moet nooit sê: Ag dis sommer niks nie ! Help die persoon om sy gedagtes besig te hou – om niks te hê om te doen nie, is ‘n allemintige euwel!

“Survivorship “

Mense voel dikwels ietwat uit pas met die res van die samelewing – so ‘n bietjie “weird “ – dit neem tyd om weer normale aktiwiteite te hervat met met ‘n veranderde liggaam en ‘n veranderde bewustheid van die lewe.

Vrees vir herhaling bly nog baie lank – en gaan waarskynlik nooit heeltemal weg nie – dit neem tyd om weer jou eie liggaam te vertrou.

‘n Mens wil ook nie altyd daaraan herinner word dat jy kanker gehad het nie - die lewe gaan aan

Herhaling van siekte :

Hierdie is dikwels ‘n fase van intense vrees – omdat jy iets van die pad ken , en omdat dit moontlik die prognose kan verander - wees geduldig met die pasient / jouself en ander

Al die praktiese reëlings moet nou weer van vooraf getref word – en ondersteuing is net so belangrik soos die eerste keer.

Terminale siekte

Dit is belanglik dat die siek persoon sover as moontlik betekenisvolle lewenskwaliteit moet hê ten spyte van die fisiese agteruitgang . Moenie bang wees om die voorgeskrewe medikasie te gebruik nie – dis bedoel om lewenskwaliteit te verhoog.

Moenie bang wees om oor moeilike sake te praat nie – dit beteken nie die persoon gee op nie, maar beteken juis dat hy/ sy verantwoordelikheid neem. Praat oor sy/ haar vrese/ wense/ drome , belangrike besluite (testament, bankrekeninge, ens ) , praat oor geloofskwessies, huil en lag saam , praat oor hoe die persoon onthou wil word, gesels oor bykomende versorging ens,

Gesinslede is dikwels oneindig uitgeput – help hulle deur soms net by die pasient te gaan sit, help met inkopies, wees sensitief

Mariana Lourens

Page 14: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

14

Artikel “Finesse” Junie 2012

Die koue mis hang laag oor die Van der Kloof-dam. Barend trek die karavaan nader aan die groot ysterhek. Ek spring uit om die hek oop te hou. My vingers is koud en vat-vat na die ysterpen. Dit glip uit my hande. Ek buk om dit op te tel. Toe voel ek ‘n harde hou teen my kop. Ek kan nie beweeg nie. Ek proe die bloed wat oor my lippe drup. Dis warm in kontras met die koue oggendlug.

Die karavaan het my teen die swaar ysterhek vasgedruk en vergruis. My ore is van my kop afgeskeur en ek het speldeprikke in my hande. My skouer is seer,my oë is skeel getrek en alles is vol bloed. Ek ken die tekens van verlamming. My suster is jare tevore in ‘n motorongeluk verlam. Ek onthou hoe sy gepraat het van speldeprikke in haar vingers. “Is dit my voorland?” wonder ek. Vrees en skrik trek deur my lyf. Maar ek weet ek mag nie bewe nie. My nek mag nie ‘n millimeter beweeg nie...

Die ambulans was nie werklik vir ernstig beseerde pasiënte toegerus nie. Daar was geen traumatoerusting nie. Barend moes my kop in sy hande hou. Doodstil hou. Heelpad Bloemfontein toe en die eerste ent op ‘n baie slegte grondpad. Ek is by my volle bewussyn en voel elke hobble en stamp. En ek hoor Barend se gebede terwyl my nek, my lewe, my toekoms, hulpeloos in sy hande lê.

Na twee uur in die amblulans vertel die X-trale die ware verhaal. Ja, my nek is gebreek. Twee sentimeter van my murg lê oop. So ‘n breuk is gewoonlik noodlottig. Die dokters flits blou X-straalplate voor my en al wat by my insink, is dat hierdie ‘n mediese wonderwerk is.

Ek onthou nie veel van my dae in die hospitaal nie. Ek was meestal onder verdowing. Ek kan wel Barend se stem onthou... hoe hy gebid en gehuil het.... hoe hy vergifnis gevra en gesmeek het dat die Here my ten volle sou genees.. Toe sê hy: “Jy sal leef. jy sal weer oorbelle dra.”

Twee weke na daardie koue dag by die Van der Kloof-dam stap ek as ‘n wonderwerk uit die hospital. Die enigste teken van die gebreekte nek is ‘n paar speldeprikke in my vingers. Ek het ‘n kunsoor... “En ek dra oorbelle”!

YELLOWWOODS PLAASSKOOL

Gretha Schoeman

NOVEMBER 2013: Yellowwoods Plaasskool, by Witteklip, word ons nuutste skool wat bedien word met die uitdeel van Bybels aan Gr 7leerders.   Die skoolhoof Me Nella Faas en personeel ontvang ons met hartlikheid. So begin ons die pad saam met die Skool loop. Die Witteklip Bybelstudie vroue besluit ook om betrokke te raak en 'n Gebedsgeleentheid word gereël vir die hele skool. Aan die einde van Desember word die skool bedien met die Woord en worsbroodjies… want honger kinders kan mos nie hoor nie!!!

In 2014 begin ons die skool se noodsaaklikste behoeftes aanspreek: Johan Rademeyer verskaf die nodige, Dennis Waspe sny die Skool se gras wanneer hul ‘n sportdag by die Skool aanbied, Johan Pretorius begin om die onderwysers se badkamer te verbeter, terwyl Gretha en Kwikkie dit verfraai. Kay Jones van die Elandsrivier Kwekery kom adviseer Thami, die onderwyser wie die Skool se groentetuin hanteer en Johan Schoeman voorsien die nodige saad.

Intussen het Kwikkie ook begin met naaldwerk klasse aan Gr 9,8,& 7 dogters - met die hulp van Charmaine Gouws & Lina Luiters. Lina het ook die vierkante met geruite "check" gereed gekry sodat die dogters kan leer ryg, soomsteek, knope aanwerk en ander aspekte van basiese

Page 15: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

15

naaldwerk. Gretha begin om knope te vervang, maar partykeer was die  hemp so gehawend dat die knoop eintlik ‘n  vermorsing was. Tog dit het gedien om die kinders se behoeftes  raak te sien en waar te neem wat in die klas gebeur.

So het ons die afgelope twee jaar betrokke gewees om die onderwysers te ondersteun en saam met hulle te bid vir die beskerming van die Skool, kinders en onderwysers. Hulle hartlikheid en dankbaarheid is oorweldigend… en het ons het tot die konklusie gekom dat die Here, onse God, self hierdie projek geïnisieer het.

Verlede jaar het ons honderd groen skooltruie deur middel van donasies uit die Bybelstudiegroep en gemeentelede, by Sumara Breifabriek op Despatch aankoop teen R20 stuk!!! Ook Laerskool Charlo en Hoërskool Westering het tweedehandse skoolklere geskenk.  Ongelukkig dra Yellowwoods Skool geel hemde, maar so is St. Albans Skool weer  geseën met die wit hemde.  Selfs die Van Stadens Blomme Reservaat se Plaasskool het van Laerskool Ankervas se klere gekry, aangesien dit blou is.

Ons missie is:  om Jesus se liefde uit te dra, onderwysers se hande te sterk vir hul groot taak en vir die kinders te wys dat die gemeenskap hul belange op die hart dra. Wanneer 'n kind 'n trui of iets ontvang, moet hy of sy 'n werkie vir die skool doen om sy dankbaarheid te  bewys.

Ons soek steeds speelgoed, kryte, boeke vir die Graad R klas. Die behoefte aan geel hemde en groen truie bly 'n prioriteit, asook fondse om die Solar-stelsel te vervang wat gesteel is… aangesien dit die elektrisiteit aan die skool voorsien. Verder word daar hulp benodig met die naaldwerkklas op 'n Woensdag oggend tussen 11:45 - 12:45. Kwikkie Pretorius 073 158 7986 of Gretha Schoeman 083 592 8699 kan gekontak word.

SPORT-ONTBYTSat. 25 Junie... met Jaco van der

Westhuizen, (oud- Blou Bul + Springbok) Alister Coetzee (Nuwe Sprinbok-afrigter) en baie ander

oud-springbokke. Die springbokke

speel die middag teen Ierland in Port Elizabeth.

Kontak Hendrik du Toit 082 4156930

D OOPSPESIALE VERSOEKE

Spesiale versoeke in verband met die doop,is tweeledig van aard. Eerstens dat ander predikante moet doop. Indien die kerkraad so ‘n versoek goedkeur, en die betrokke dominee beskikbaar is, kan dit gedurende skoolvakansies plaasvind. Die reëling is egter dat die betrokke familie self die koste van die genooide dominee wat die doop/erediens hanteer, moet dra. Ongelukkig kan gemeentelede by geen gemeente daarop aanspraak maak dat 'n ander dominee die doop kom bedien nie.... net soos wat Vanstadens-rivier se dominee nie by 'n ander gemeente kan gaan doop, op versoek van vorige lidmate van ons gemeente nie (en daar is ook sulke versoeke). Gemeentes (en eredienste) het hulle eie programme. en dit kan nie deur gemeentelede se voorkeure en versoeke bepaal word nie. Dink aan die chaos as alle lidmate wat wil doop... ewe skielik almal hulle spesiale versoeke op die tafel sit... en ander dominees wil betrek!!! 

Page 16: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

16

Die ideaal is dat doopouers deel van die hart van die gemeente moet wees... sodat dopelinge ook deel van die hart van die gemeente word... deur hulle ouers se voorbeeld. Dan bou ons ‘n gesonde gemeente en Kerk. Daar is enkele onbetrokke lidmate wat daaroor ongelukkig is... maar dit is dan soos dit is.

Tweedens: versoeke dat ‘n Doop by ‘n ander ruimte of venue as die erediens moet plaasvind. Die Kerkorde bepaal dat die doop slegs binne die erediens mag plaasvind... behalwe in “uitsonderlike gevalle”. Met uitsonderlike gevalle word bedoel... iets soos: die baba (of ander gesinslid) is sterwend en daar kan nie gewag word vir die volgende doop nie. Motivering: Die dopeling word gedoop as deel van die gemeente en word daarom binne die erediens as deel van die gemeente gedoop.

VANSTADENS

HUMORONS SOEK VANSTADENS

HUMOR VIR ONS VERJAARDAG-UITGAWE!!!

Die Kokkerot‘n Kollega van Con Potgieter (tandarts) werk met groot konsentrasie aan die nuwe burgemeester se “smart” vrou. Skielik merk hy dat ‘n kokkerot se kop met die twee voelers, teen die vrou se nek onder die borslappie uitloer. ‘n Spreekkamer is veronderstel om baie steriel en kiem- en plaagvry te wees. Die tandarts gryp toe ongemerk die kokkerot stewig vas, om dit vining uit die oog te kry. Die “smart” pasiënt gee ‘n bloestollende gil en die tandarts sit met die moesie en hare stewig vasgeknyp tussen sy duim en wysvinger!!! Edie Potgieter, Oud-gemeentelede

“Boy” op Vliegtuig

Jare gelede was vliegtuig ry die manier om by my familie te gaan kuier. Tydens so ‘n rit merk Suki, ons oudste dogter, op dat daar ‘n “boy op die vliegtuig is. Suki vra toe in haar harde hees stem, so sag as wat sy kan, of “boys’ ook mag vliegtuig ry. Waarop ek antwoord: “Dit is nie ‘n `boy` nie , maar ‘n swart oom”. Sy loer so verby my na hom en sê so hard dat hy dit kan hoor: “’n Swart oom? Mamma, maar hy lyk darem vir my baie na ‘n `boy`”. Gelukkig het hy dit ook komies gevind. Edie Potgieter oud-lidmaat

Wind uitgeval!!Willem was baie klein toe val hy eendag... en sy pa, Barend, troos hom met dié woorde: “toemaar, jy het net jou wind uitgeval!” Dadelik begin hy nog harder huil en soebat: “moet my net nie oppomp nie, moenie my oppomp nie!!!” Susan de Lange Elandsrivier

Huweliks-Chaos by FamsaJare gelede was daar nie ‘n Xhosa-sprekende maatskaplike werker by Famsa (Gesins-en Huweliksberading) beskikbaar nie. Ons was genoodsaak om van ‘n tolk gebruik te maak omdat baie van die kliënte nie Afrikaans of Engels magtig was nie. Een spesifieke oggend was die tolk siek en ek moes een baie kwaai Xhosavrou met ‘n huweliksprobleem te woord staan. Haar man was klein en beteuterd en het eers geweier om saam na die onderhoudslokaal te gaan. Uiteindelik kon ek die twee darem op ‘n manier daarin dwing – sy het al kwater en kwater geraak (al beduiende in Xhosa). Die arme mannetjie het die heeltyd net geantwoord... wanneer ek hom betrek: “I don’t know”. Mettertyd het ek ook geïrriteerd begin raak

Page 17: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

17

– hy moes darem iets weet. (Bygesë, as daar nou ‘n ding is wat my kwaad maak, is dit ‘n kliënt wat homself verskoon met “ek weet nie”).Toe die druk darem seker te veel geraak het, spring hy op, midde-in ‘n stortvoed van woorde van haar kant, met: But I’m not the husband, I’m only the taxi-driver!” Mariana Lourens Pastorie

Keer dat die koeie oor die draad spring nie

Die oggend was dit my beurt om ons twee kinders en die dominee se dogtertjie na die kleuterskool te neem. Tydens die rit ry ons verby ‘n klomp koeie en ‘n bul in die kamp langs die pad. Baie belangstellend vra die dominee se dogtertjie aan ons seun: “Wat maak die bul by die koeie in die kamp?” “Hy is daar om die koeie te dek” antwoord ons seun. “Wat is dit?” Vra die dogtertjie, maar voeg onmiddelik by; “O! Hy moet seker kyk dat die koeie nie oor die draad spring nie!” Caroline Rademeyer, Witteklip

Hoe ry ‘n mens reguit om ‘n draai?

Ons oudste wou altyd weet hoe ry ‘n mens reguit om ‘n draai... en ek kon dit net nooit verstaanbaar verduidelik nie. Tot eendag wat ons afgekom het op ‘n motor wat om ‘n draai... die afgrond ingestort het. En toe het sy gesê: “Nou verstaan ek baie goed hoe ry ‘n mens reguit om ‘n draai!!!” Elaine Terblanche Seaview

Uit die perd se bekPer geleentheid stuur iemand vir my ‘n aggressiewe boodskap: dat ek haar moet kom sien, aangesien sy dit “uit die perd se bek uit self wil hoor”. Dis net dáár waar ek my vervies en vir haar ‘n duidelike boodskap terugstuur: “ As sy weer sê ek het ‘n perd se bek, is daar groot moeilikheid!!!” Uit die Pastorie

Belangrike DatumsGHOLFDAG 19 Mei Humewood kontak Gideon de Lange 082 4414768, Fanie du Toit 071 4805208

SPORT-ONTBYT Sat. 25 Junie kontak Hendrik du Toit 082 4156930 met Jaco van der Westhuizen VERJAARDAGVIERINGE 50 Vanstadens gemeente 50 13 Oktober 50 jaar oud. Ons verjaardag-vieringe sal 5-6 November saam met die Kermis plaasvind. Kontak Ds Marius 072 2027652Kermis 5 November Kontak Gideon de Lange 082 4414768, Nicolet Gates 079 3152362

TANNIE LIEFIE SETUISGEMAAKTE FUDGESOUT EN SOET SKONS

KONTAK LIEFIE ERASMUS

041 7761396 072 6369100

KISUMUBLOMME / FLOWERS

BLOMMEKUNS LESSE / FLORAL ART LESSONSRangskikkings vir alle geleenthede

Arrangements for all occasions

KWIKKIE PRETORIUS 0731587986 / 0419555454

Page 19: Web view“Vandag gaan ek jou ‘n les leer.” “Julle is besig om ons rot en kaal te steel”, het sy gesê. Die vrees en vernedering in my hart was groot, maar

19

skoon maak en rommel wegry

onkruid besproeiing

kontak deon harris041 922 4007 - 072 890 2936

WILDERNIS TRADING

hardware motoring electrical plumbing paints tools gardening equipment

Omar Soomar 071 8678276 Ronel Opperman 076 7498867