· Web viewreis, word . toeriste. genoem. Mense mag ook van een plek na ‘n ander reis om hul...

7
HOOFSTUK 1 ONDERWERP: GASVRYHEIDSEKTORE EN BEROEPE 1. Gasvryheidsbegrippe Wat word met gasvryheid bedoel? Gasvryheid is die vriendelike en gul ontvangs en onthaal van gaste. ‘n Besoeker moet altyd met grasie ontvang word en van kos, drinkgoed en blyplek voorsien word. ‘n Besoeker moet ook met respek en vriendelikheid behandel word. Vriende en familie verskaf gewoonlik hierdie dienste gratis, maar hotelle, gastehuise en restaurante vra geld vir die dienste wat hulle aanbied. Mense wat reis sal van vervoer gebruik maak, sal akkommodasie, kos, drankies, vertmaak en dienste, wat deur die Gasvryheidsindustrie verskaf word, benodig. 1.1. Reis en vervoer Mense wat van een plek na ‘n ander vir pret en plesier reis, word toeriste genoem. Mense mag ook van een plek na ‘n ander reis om hul werk te doen. Mense mag ook vervoer gebruik as deel van vermaak gedurende hul vakansie.

Transcript of   · Web viewreis, word . toeriste. genoem. Mense mag ook van een plek na ‘n ander reis om hul...

Page 1:   · Web viewreis, word . toeriste. genoem. Mense mag ook van een plek na ‘n ander reis om hul werk te doen. Mense mag ook vervoer gebruik as deel van vermaak gedurende hul vakansie.

HOOFSTUK 1ONDERWERP: GASVRYHEIDSEKTORE EN BEROEPE1. Gasvryheidsbegrippe Wat word met gasvryheid bedoel?Gasvryheid is die vriendelike en gul ontvangs en onthaal van gaste.

‘n Besoeker moet altyd met grasie ontvang word en van kos, drinkgoed en blyplek voorsien word. ‘n Besoeker moet ook met respek en vriendelikheid behandel word.

Vriende en familie verskaf gewoonlik hierdie dienste gratis, maar hotelle, gastehuise en restaurante vra geld vir die dienste wat hulle aanbied.

Mense wat reis sal van vervoer gebruik maak, sal akkommodasie, kos, drankies, vertmaak en dienste, wat deur die Gasvryheidsindustrie verskaf word, benodig.

1.1. Reis en vervoerMense wat van een plek na ‘n ander vir pret en plesier reis, word toeriste genoem.

Mense mag ook van een plek na ‘n ander reis om hul werk te doen.

Mense mag ook vervoer gebruik as deel van vermaak gedurende hul vakansie.

Page 2:   · Web viewreis, word . toeriste. genoem. Mense mag ook van een plek na ‘n ander reis om hul werk te doen. Mense mag ook vervoer gebruik as deel van vermaak gedurende hul vakansie.

Om van dorpe na stede of na ‘n ander land te reis, mag mense van verskillende tipes vervoer gebruik maak, byvoorbeeld lug, water en landvervoer.

Landvervoer sluit spoor-, pad- en veldryvervoer (off – road) in.

1. Landvervoer

Padvervoer:

Motorkarre

Taxi’s

Busse

Motorfietse

Fietse

Veldryvervoer/

(off-road):

4x4 bakkies en

SUV’s

4x4 motorfietse en vierwielmotorfietse

Spoorvervoer:

Treine

2. Lugvervoer 3. Watervervoer

Vliegtuie

Helikopters

Passasierskepe

Motorbote

Page 3:   · Web viewreis, word . toeriste. genoem. Mense mag ook van een plek na ‘n ander reis om hul werk te doen. Mense mag ook vervoer gebruik as deel van vermaak gedurende hul vakansie.

1.2. Akkommodasie:Wanneer mense reis, hetsy vir vakansie of om hulle werk te doen, sal hulle van die huis af weg wees. Om hierdie rede sal hulle ‘n plek benodig waar hulle kan bly. Hierdie tydelike blyplek, soos deur die Gasvryheidsindustrie voorsien, word akkommodasie genoem en gaste betaal geld om daar te bly.

Akkommodasie, soos deur die Gasvryheidsindustrie voorsien, sluit die volgende in:

Hotelle, motelle, koshuise, gastehuise, bed-en ontbytinstellings(B&B’s)

Kulturele dorpies

Self–sorg chalets en woonstelle

Kampterreine

Karavaanparke

Wildsplase

Page 4:   · Web viewreis, word . toeriste. genoem. Mense mag ook van een plek na ‘n ander reis om hul werk te doen. Mense mag ook vervoer gebruik as deel van vermaak gedurende hul vakansie.

1.3 Reisigers en hulle behoeftes:Omdat mense vir verskillende redes reis, het hulle verskillende behoeftes.

Die belangrikste behoeftes van toeriste is:

1. kos en drinkgoed

2. ‘n plek om te bly

(akkommodasie)

3. vervoer

4. toeriste aantreklikhede

om te besoek

5. ontspanning/pret met familie en vriende

Dit is die taak van die gasvryheidsindustrie om kos en drinkgoed, ‘n plek om te bly, vervoer, toeriste aantreklikhede en ontspanning of pret te verskaf.

Gaste betaal met geld om hierdie behoeftes te bevredig.

Page 5:   · Web viewreis, word . toeriste. genoem. Mense mag ook van een plek na ‘n ander reis om hul werk te doen. Mense mag ook vervoer gebruik as deel van vermaak gedurende hul vakansie.

2. Die GasvryheidsindustrieGasvryheid het te make met die bevrediging van gaste se behoeftes, deur ‘n diens aan hierdie gaste te lewer. Hoe beter die diens, hoe meer mense sal die instansies besoek, wat meer geld vir die hotel of restaurant sal maak.

Om hierdie diens te kan lewer, word positiewe, goed opgeleide personeel, wat hulle werk goed kan doen, benodig. Personeel moet altyd vriendelik, behulpsaam en hardwerkend wees.

3. Gasvryheidsprodukte Gasvryheidsprodukte sluit al die items in waarvoor gaste of toeriste met hulle geld betaal.

Hierdie produkte word verkoop om die behoeftes van gaste en toeriste te bevredig.

Die produkte wat deur die gasvryheidsbedryf verkoop word sluit in:

1. kos en drinkgoed soos deur restaurante

verskaf word

2. ‘n plek om te bly soos deur hotelle en gastehuise ens.

verskaf word

(akkommodasie)

3. vervoer soos deur lugrederye, karhuur besighede en plaaslike

munisipaliteite verskaf word

4. toeriste aantreklikhede, om die nasionale erfenis en die

natuurwonders van Suid – Afrika, soos deur die plaaslike owerhede en

Page 6:   · Web viewreis, word . toeriste. genoem. Mense mag ook van een plek na ‘n ander reis om hul werk te doen. Mense mag ook vervoer gebruik as deel van vermaak gedurende hul vakansie.

munisipaliteite voorsien en onderhou word te vertoon

5. vermaaklikheid/pret met familie en vriendesoos voorsien deur

klubs, vermaaklikheidsentrums, vakansie – oorde en buitelewe

terreine

6. dienste soos deur elke instansie wat ‘n gas of toeris besoek, voorsien

word.

Voorbeelde sluit in: kelnerdienste, skoonmaakdienste sowel as alle ander gasvryheidsdienste wat deur die personeel wat in die gasvryheidsindustrie werk verskaf word.

Die gasvryheidsindustrie verskaf produkte en dienste aan alle tipes kliënte om daardeur werk aan duisende mense in stedelike en plattelandse gebiede te verskaf.