Waterkloof Marina Nuusbrief - Central Developments · 2019-02-08 · Waterkloof Marina Nuusbrief...

2
21 November 2018 Waterkloof Marina Nuusbrief Geagte voornemende koper Vordering – Waterkloof Marina aftreelandgoed Baie dankie vir u belangstelling in ons nuwe aftreeontwikkeling. Baie water het in die see geloop sedert ons in Mei 2016 ons voorneme bekend gemaak het om ‘n aftreeland- goed te ontwikkel op die grond wat ons in Waterkloof bekom het. Verskeie tydrowende prosesse moes gevolg word om goedkeurings te kry en beplanning af te handel ten einde ‘n unieke produk aan te bied wat ons voornemende kopers en die omgewing waardig is. Ons het egter nou die punt bereik waar ons prosesse vir dorpstigting afgehandel is, ons met konstruksie kon begin en waar die beplanning vir die bemarking gefinaliseer word. Indien u in die omgewing van die bouterrein woon en beweeg, sou u opmerk dat daar reeds baie werk op die terrein gedoen is (volg gerus onderaan die nuusbrief die skakel na die video wat ons vordering op die terrein toon). Die eksterne aansluitings vir munisipale dienste na die terrein (water, riolering en elektrisiteit) is afgehandel en eksterne paaie is opgegradeer volgens ons ooreenkoms met die stadsraad. Kontrakteurs is tans hard besig om die verspreidingsnetwerke vir die interne munisipale dienste van die eerste fase op terrein af te handel. Die grensmuur is reeds in aanbou en konstruksie van die leefstylsentrum het ook begin. Die skouhuise en die hekhuis behoort in Maart 2019 voltooi te wees. Waterkloof Marina Aftreelandgoed word nou ‘n werklilkheid! Ons kan nou aankondig dat bemarking aan die Waterkloof-waglys in April 2019 ‘n aanvang sal neem. U staan dus op die drumpel om u unieke aftreegeleentheid in Waterkloof Marina ‘n werklikheid te maak. Die oorweldigende belangstelling in hierdie eksklusiewe waterfront aftreelandgoed wat ons reeds van die publiek se kant af ervaar, word nou ook verder ondersteun deur die positiewe verwagtinge in die ekonomie en politiek voor die volgende algemene verkiesing. Die staatspresident se daadwerklike pogings om korrupsie en wanadministrasie aan te spreek, skep ‘n positiewe klimaat en daar is nou allerweë die verwagting dat die draaipunt in die ekonomie bereik is. In die afgelope drie jaar was daar nie ‘n meer positiewe tyd om hierdie groot projek af te skop as juis nou nie. Ons opgewondenheid en verwagtinge is groot en ons is oortuig dat die tyd nou reg is vir beide ons en die mark. Bemarkingsdatum – die regte tyd!

Transcript of Waterkloof Marina Nuusbrief - Central Developments · 2019-02-08 · Waterkloof Marina Nuusbrief...

Page 1: Waterkloof Marina Nuusbrief - Central Developments · 2019-02-08 · Waterkloof Marina Nuusbrief Geagte voornemende koper Vordering – Waterkloof Marina aftreelandgoed Baie dankie

21 November 2018

Waterkloof Marina Nuusbrief

Geagte voornemende koper

Vordering – Waterkloof Marina aftreelandgoed

Baie dankie vir u belangstelling in ons nuwe aftreeontwikkeling.

Baie water het in die see geloop sedert ons in Mei 2016 ons voorneme bekend gemaak het om ‘n aftreeland-goed te ontwikkel op die grond wat ons in Waterkloof bekom het. Verskeie tydrowende prosesse moes gevolgword om goedkeurings te kry en beplanning af te handel ten einde ‘n unieke produk aan te bied wat onsvoornemende kopers en die omgewing waardig is. Ons het egter nou die punt bereik waar ons prosessevir dorpstigting afgehandel is, ons met konstruksie kon begin en waar die beplanning vir die bemarkinggefinaliseer word.

Indien u in die omgewing van die bouterrein woon en beweeg, sou u opmerk dat daar reeds baie werk op dieterrein gedoen is (volg gerus onderaan die nuusbrief die skakel na die video wat ons vordering op die terreintoon). Die eksterne aansluitings vir munisipale dienste na die terrein (water, riolering en elektrisiteit) isafgehandel en eksterne paaie is opgegradeer volgens ons ooreenkoms met die stadsraad. Kontrakteurs istans hard besig om die verspreidingsnetwerke vir die interne munisipale dienste van die eerste fase opterrein af te handel. Die grensmuur is reeds in aanbou en konstruksie van die leefstylsentrum het ook begin.Die skouhuise en die hekhuis behoort in Maart 2019 voltooi te wees. Waterkloof Marina Aftreelandgoed wordnou ‘n werklilkheid!

Ons kan nou aankondig dat bemarking aan die Waterkloof-waglysin April 2019 ‘n aanvang sal neem. U staan dus op die drumpel om uunieke aftreegeleentheid in Waterkloof Marina ‘n werklikheid te maak.Die oorweldigende belangstelling in hierdie eksklusiewe waterfrontaftreelandgoed wat ons reeds van die publiek se kant af ervaar, wordnou ook verder ondersteun deur die positiewe verwagtinge in dieekonomie en politiek voor die volgende algemene verkiesing.

Die staatspresident se daadwerklike pogings om korrupsie en wanadministrasie aan te spreek, skep ‘npositiewe klimaat en daar is nou allerweë die verwagting dat die draaipunt in die ekonomie bereik is. In dieafgelope drie jaar was daar nie ‘n meer positiewe tyd om hierdie groot projek af te skop as juis nou nie. Onsopgewondenheid en verwagtinge is groot en ons is oortuig dat die tyd nou reg is vir beide ons en die mark.

Bemarkingsdatum – die regte tyd!

Page 2: Waterkloof Marina Nuusbrief - Central Developments · 2019-02-08 · Waterkloof Marina Nuusbrief Geagte voornemende koper Vordering – Waterkloof Marina aftreelandgoed Baie dankie

Waterkloof Marina Aftreelandgoed word ontwikkel op grond wat asWaterkloofrif X12 bekend staan. Nie net hierdie eksklusiewe adres nie,maar ook die feit dat dit as waterfront aftreelandgoed langs ‘n watermassavan ongeveer 6 hektaar in oppervlakte ontwikkel word, maak daarvan ‘nabsoluut unieke geleentheid vir die persoon wat in sy of haar aftreeleefstylwil belê.

Unieke geleentheid om in jouself te belê

Die landgoed word ontwikkel in ‘n woonbuurt waar die openbare dienste onder toesig van die plaaslikebestuurstrukture goed onderhou en bestuur word. Inwoners in die omgewing het toegang tot die land sebeste fasiliteite in terme van privaathospitale, mediese dienste, inkopiesentrums asook kultuur-, sport- enontspanningsfasiliteite. Die adres bied ook maklike toegang tot die R21, N1 en N14 hoofroetes en dit isbinne 30 minute se bereik van drie lughawens: OR Tambo, Lanseria en Wonderboom.

Waterkloof Marina aftreelandgoed word ontwikkel as ‘n aftreelandgoed met volle eiendomsreg. Dit plaas dit op‘n ander vlak as ander aftreefasiliteite wat tradisioneel as lewensregoorde ontwikkel word. Die feit dat ‘neienaar volle eienaarskap geniet, beteken dat enigiemand wat eiendom in Waterkloof Marina koop, die vollevoordeel van kapitaalgroei gaan geniet en dat die eiendom uiteindelik ook by afsterwe vererf kan word.

Die aftreelandgoed word ontwikkel deur Central Developments wat oor die afgelope dekade reeds twaalfsuksesvolle aftree-oorde in Gauteng afgelewer het. Die sukses van Central Developments se aftree-ontwikkelings is nie net toe te skryf aan die groot vraag en klein aanbod van aftree-eiendom in die mark nie.Wat die hart van die mark veral getref het, is die suksesvolle konsep van volle eiendomsreg met die fokusop ‘n gesonde, aktiewe leefstyl en die gemoedsrus van volledige ondersteuningsfasiliteite wat in dieoord beskikbaar is. Hoewel hierdie keer meer luuks en eksklusief, word Waterkloof Marina Aftreelandgoedop dieselfde suksesvolle konsep ontwikkel. Waterkloof Marina se volle eiendomsreg beteken dat eienaars dievolle voordeel van kapitaalgroei in hierdie gesogte oord sal geniet. Vanweë die eksklusiewe adres en konsepvan die landgoed beloof dit om selfs ‘n sterker kapitaalgroei te bied as die uitstekende opbrengste wat eienaarsreeds in ander aftree-ontwikkelings van Central Developments ervaar het. Volle eiendomsreg beteken ook datdie eiendom by afsterwe as ‘n goeie belegging aan erfgename oorgedra sal kan word.

Hoewel eiendom hiér sekerlik ‘n gesogte belegging sal wees, is die primêre fokus egter nie opeiendomsbelegging nie, maar op die persoon wat werklik ten opsigte van gemoedsrus en aftreeleefstylin hom- of haarself wil belê.

Hou gerus ons maandelikse nuusbriewe tot Maart 2019 dop vir verdere inligting oor Waterkloof Marina Aftree-landgoed. U kan ook oor die nuutste verwikkelinge by Waterkloof Marina op ons webblad by www.retirenow.co.za lees.

Indien u hierdie nuusbrief ontvang, is u geregistreer op die waglys. As u bewus is van familie, vriendeof kollegas wat ook graag die geleentheid sal wil benut om voor die publieke bekendstelling inWaterkloof Marina Aftreelandgoed te koop, stuur gerus die nuusbrief aan hulle sodat hulle ons kankontak om op die waglys te registreer.

Ons vertrou dat u net so opgewonde soos ons is oor die vooruitsigte vir 2019!

Kliek gerus op die foto hieronder om ‘n video te sien van ons vordering op die terrein van Waterkloof Marina!