Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood...

19
Wapadrant Gemeente Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood Die verhaal van die potlood Die verhaal van die potlood Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê aan haar kleinseun: “Ek skryf inderdaad oor jou, maar die potlood is belangriker as die woorde wat ek gebruik. Ek hoop jy sal eendag soos hierdie potlood wees”. Vol belangstelling kyk die seun na die potlood. Dit lyk nie juis uitsonderlik nie. “Dit lyk net soos enige ander potlood,” sê hy. “Dit hang af hoe jy daarna kyk. Hierdie potlood het vyf eienskappe wat, indien jy daarmee volhou, jou vir altyd in vrede met die wêreld sal stel. Een: Jy kan groot dinge vermag, maar moet nooit hand noem ons God. Hy lei ons altyd volgens Sy wil. Twee: Nou en dan moet ek ophou skryf om die rukkie ly, maar dan is hy lekker skerp. Net so moet jy ook leer om sekere pyn en verdriet te verduur, want jy het Drie: Die potlood gebruik altyd sy uitveër om foute uit te vee. Dit beteken dat om iets reg te stel wat jy gedoen op die regte pad te bly. Vier: Die belangrikste deel van die potlood is nie die hout buitekant nie, maar die grafiet aan die binnekant. Skenk dus aandag aan wat aan jou binnekant aan die gebeur is. Net so moet jy besef dat alles wat Probeer bewus bly daarvan in alles wat jy doen. Verkry by: http://paulocoelhoblog.com

Transcript of Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood...

Page 1: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

W a p a d r a n t G e m e e n t e

Maand - KrantA u g u s t u s 2 0 2 0

Die verhaal van die potloodDie verhaal van die potloodDie verhaal van die potloodDie verhaal van die potlood

deur Paulo Coelho

het? Gaan die storie oor my?”

Sy ouma hou op met skryf en sê aan haar kleinseun: “Ek

skryf inderdaad oor jou, maar die potlood is belangriker

as die woorde wat ek gebruik. Ek hoop jy sal eendag soos

hierdie potlood wees”.

Vol belangstelling kyk die seun na die potlood. Dit lyk nie

juis uitsonderlik nie. “Dit lyk net soos enige ander

potlood,” sê hy.

“Dit hang af hoe jy daarna kyk. Hierdie potlood het vyf

eienskappe wat, indien jy daarmee volhou, jou vir altyd

in vrede met die wêreld sal stel.

Een: Jy kan groot dinge vermag, maar moet nooit

hand noem ons God. Hy lei ons altyd volgens Sy wil.

Twee: Nou en dan moet ek ophou skryf om die

rukkie ly, maar dan is hy lekker skerp. Net so moet jy ook

leer om sekere pyn en verdriet te verduur, want jy het

Drie: Die potlood gebruik altyd sy uitveër om foute uit te

vee. Dit beteken dat om iets reg te stel wat jy gedoen

op die regte pad te bly.

Vier: Die belangrikste deel van die potlood is nie die hout

buitekant nie, maar die grafiet aan die binnekant. Skenk

dus aandag aan wat aan jou binnekant aan die gebeur is.

Net so moet jy besef dat alles wat

Probeer bewus bly daarvan in alles

wat jy doen.

Verkry by: http://paulocoelhoblog.com

Page 2: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

2

Dianri Britz | [email protected] |

http://www.wapadrant.co.za/poste-beskikbaar

Residentia, 'n Christelike diensorganisasie met

Landswye skemas, wat omsien na die belange en

versorging van ouer persone nooi ervare en

gemotiveerde kandidate, wat aan die onderstaande

vereistes voldoen, om aansoek te doen vir die

uitdagende posisie van:

SKEMA BESTUURDER RESIDENTIA MOOI HAWENS (WINKELSPRUIT)

1. POSVEREISTES: Die suksesvolle kandidaat moet oor inter alia die

volgende beskik:

•'n Tersiêre kwalifikasie sal as minimum vereiste dien.

• Bewese sukses in 'n bestuursrol op soortgelyke vlak.

• Ten volle rekenaarvaardig (MS Excell, MS Word, MS

Powerpoint).

• Kennis van Pastel sal dien as 'n sterk aanbeveling.

• Goeie oordeel en die vermoë om konfidensieel op te

tree.

• Bogemiddelde kommunikasievermoëns.

• Ten volle vaardig in Afrikaans en Engels en kennis van

'n addisionele taal sal as aanbeveling dien.

• Bewese kennis van funksionering volgens toepaslike

wetgewing. Spesifieke ervaring van of bewese vermoë

om kennis van wetgewing ten opsigte van bejaardesorg

te bekom.

• Kennis en ervaring van instandhouding asook

implementering en vebetering van sisteme en stelsels.

• 'n Positiewe geaardheid en ingesteldheid.

• Goeie organisasie en tydsbeplanningsvermoëns.

• Gesonde respek vir veelsydigheid en ‘n sensitiwiteit

vir ander kulture.

• Voorliefde vir bejaardesorg.

2. VERANTWOORDELIKHEDE: Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir

die hantering van inter alia die volgende uitdagings:

• Die uitleef van Residentia se Christelike beginsels in

Die uitleef van Residentia se Christelike beginsels in

die samelewing en in die werksplek.

• Bestuur van dienslewering van die skema binne perke

van wetlike vereistes en die finansiële

berotingsraamwerk.

• Begrip vir en verstaan van ouer persone en die

omskepping van verwagtinge en ooreenkomste in die

uitvoering en dienste wat aan die verwagting van

kliënte voldoen of selfs oorskry.

• Effektiewe deelname en bydrae tot skemabe-

stuurders se operasionele vergaderings.

• Bestuur van konflikterende prioriteite en verwagtinge.

• Effektiewe bestuur en motivering van Residentia se

waardevolle en gewaardeerde personeelkom-

plement.

• Deurlopende skakeling met "Care Partners" wat

familie, plaaslike rade en die gemeenskap insluit.

• Kreatiewe fondswerwing en uitbou van

gemeenskapsbetrokkenheid.

wat maatskappyvoordele insluit. Stuur u CV vir aandag

na Dianri Britz via epos [email protected].

Die sluitingsdatum is 10 Augustus 2020. (Indien u nie

kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was).

die pos, soos geadverteer, te maak nie.

Page 3: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

3

Almal se mandjieAlmal se mandjieAlmal se mandjieAlmal se mandjie

Braaihout R15/sak

Kaggelhout R50/sak

Wil jy jou kaggel aansteek teen die koue? Dalk

wil jy net graag ‘n vleisie op die rooster gooi?

Kom koop jou hout op Wapadrant se

kerkterrein. Die fondse word aangewend vir

die Neem-en-Deel-Bybelprojek.

Kontak Seni by 076 664 1793.

HUISHULP op soek na stukwerk vir 4 dae.

Joyce werk tans 1 dag per week by die kerk.

Haar werkgewer (wat haar vir 4 dae per week

in diens geneem het), verhuis Kaap toe. Indien

jy van haar dienste gebruik wil maak (dit hoef

nie al 4 dae te wees nie), kontak haar asb. by

072 923 1046.

Vir ‘n verwysing, skakel Aretha

by 082 328 1811

Aangesien ons verhuis, is die volgende

stukwerkers beskikbaar:

TUINIER beskikbaar Dinsdae en

Donderdae. Hy is baie betroubaar,

hardwerkend en pligsgetrou. Handig met

onderhoud, herstel en verfwerk. Praat

Afrikaans en werk al 11 jaar vir ons.

HUISHULP beskikbaar Maandae tot

Vrydae. Sy is ‘n christen met ‘n liefdevolle

persoonlikheid, eerlik, lojaal, hardwerkend

en pligsgetrou. Kan ook help met kosmaak

en is handig met naaldwerk. Sy was

voorheen ‘n assistent by ‘n kleuterskool en

is baie lief vir kinders. Sy praat Afrikaans

en werk al 14 jaar vir ons

Kontak Ida by 082 372 6782 of

[email protected].

Page 4: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

4

27 Julie 2020

Goeie dag almal

BAIE, BAIE, GROOT EN BESONDERSE DANKIE aan elkeen

wat 'n bydrae lewer om verligting te bring in die armoede

van ons gesinne, hoe gering ookal...... want dit is wat ons

ervaar wanneer ons kos, klere, meubels, en wat ookal die

behoefte is, aflewer. Soms staan ‘n brose mens voor jou

en op sy/haar gesig lees jy moedeloosheid, hartseer,

eensaamheid, werkloosheid, desperaatheid .......

Maar dan straal daardie selfde gesig weer met hoop en

dankbaarheid as jy daar wegry met trane van blydskap in

jou oë en jy prys die Here onophoudelik ........ Want, WEER

het GOD getrou gesorg soos Hy ons belowe. Dit is werklik

‘n voorreg om te ervaar dat daar so baie omgee-mense

soos julle is wat die belange van ons gesinne op hulle harte

dra.

Dankie vir al die mooi, die dankbaarheid en die hoop wat

julle vir ander bring. God seën elkeen ryklik!

ALGEMENE BEHOEFTELYS VAN ONS GESINNE:

Dame met ernstige longprobleme versoek graag ‘n ou

“Lazyboy” waarop sy kan slaap. Sy is permanent op

suurstof en kan nie plat lê nie.

‘n Fiets vir ‘n man om mee werk toe te ry.

Benodig baie dringend enige materiaal soos houtplanke,

sterk seile, sinke en skroewe vir ‘n gesin om ‘n

sinkvertrek te bou. Hulle het geen inkomste om

alternatiewe verblyf te soek nie.

Dame soek die volgende om artikels te maak wat sy

verkoop vir ekstra inkomste: houthangers, ou

langspeelplate, ou cd’s, wit enamelverf, houtgordyn-

ringe.

Die behoefte vir volwasse doeke raak al groter en

benodig ons dringend die volgende groottes indien

iemand dalk weet waar ons gereelde skenkings/borge

kan kry: X-Large (vrou), Large (man).

Indien daar iemand is wat ‘n jong man kan help om sy

C-graad sekuriteitsertifikaat vir ‘n motorwag te verwerf.

Die bedrag beloop R750. Hy is ook bereid om enige iets

anders te doen vir ‘n inkomste.

Ook so vra ons vir ‘n borg van R3200 vir een van ons jong

manne wat besig is met sy elektriese loopbaan en nou sy

N4 moet begin. Ten spyte van sy moeder wat ‘n paar

maande gelede oorlede is, het hy sy vorige N-kursusse

goed geslaag en werk baie hard om ‘n sukses van sy

loopbaan te maak. Hy slaag byna elke vak met ‘n

onderskeiding. (‘n Kwotasie van N-Tek is beskikbaar op

aanvraag).

Ons het heeltemal opgehou met die herwinning van

produkte maar benodig asb 375ml en/of 500ml plastiek

koeldrankbotteltjies vir sjampoe en skottelgoedseep.

Is daar iemand is wat ons kan help met potgrond,

organiese insekdoder, houers en groenteplantjies wat

ons aan die gesinne kan voorsien sodat hulle vars

groente op ‘n daaglikse basis het? En ook bietjie raad en

leiding sal baie waardeer word.

KOSBEHOEFTESOns het ongeveer 200 magies wat daagliks gevoed moet

word en benodig ons die volgende: Soja, rys, soppoeier,

lensies (rooi/bruin), mieliemeel, hawermout, suiker vir

pap, sout, margarien, grondboontjiebotter, konfyt, vars

groente, aartappels, koekmeel vir vetkoekies (in plaas van

brood), kookolie, pilchards, baked beans, pasta, badseep,

tandepasta, sjampoe, skeermesse, toiletpapier.

Baie dankie. Selfs die kleinste en geringste word opreg

waardeer.

Eljadahuis-groete

Petro

Bankbesonderhede:

Eljada Huis, Standard Bank, Montana,

Marketlink spaar, 044396058,

Bankkode 051001

Petro | [email protected] | 079 377 5711

People will forget what you said,

People will forget what you did,

But, people will never forget how

you made them feel.

Page 5: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

5

Sonder God se roeping sou Abraham God nie geken het nie. Abraham is geroep na ‘n land waarin kennis van God so

verlore geraak het dat daar erge morele en godsienstige afvalligheid plaasgevind het. God se belofte aan Abraham

was dat hy in God se land baie afstammelinge sal hê en dat hy ‘n seën sal wees vir die nasies.

Gebruik die kode om die vers te ontsyfer.

9

9145:17

God roep AbrahamGod roep AbrahamGod roep AbrahamGod roep Abraham

Page 6: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

6

Opsomming:

Junie 2020:

Totale inkomste van R809 450 vir die maand is R78 016 laer as begroot.

Bydraes en Liefdegawes ontvang is onderskeidelik R25 989 en R36 083 minder as begroot.

Totale uitgawes vir die maand het R834 280 beloop teenoor 'n begrote R829 822.

Hulpverlening binne en buite die gemeente is R36 209 hoër as begroot. (Die Kerkraad se Dagbestuur het wel

oorspanderings vir hierdie doel, met ‘n ekstra R30 000 per maand, so goedgekeur.)

Vir die maand het ons nav bogemelde 'n netto-tekort van R24 830.

Die gemeente se halfjaar finansiële stand. (Jaar tot datum - Junie 2020):

Totale inkomste vir die halfjaar van R5 266 067 is R114 513 minder as begroot.

Totale uitgawes vir die ses maande het R4 966 201 beloop teenoor 'n begrote R5 088 086.

Dit laat ons met 'n netto-surplus van R299 866.

Ons kan met dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader getuig dat die gemeente se finansies baie dieselfde stand

toon in vergelyking met die eerste 6 maande van 2019 en dat die Covid-19-pandemie waarin die land tans verkeer,

gemonitor.)

Bedryfsurplus tot op datum einde Jun. 2020: R 299 866

Dankoffer-inligting

Maand Aantal potensiële *bydraepunte

Aantal punte met geen beloofde

bydrae

Aantal punte wat beloof het maar geen

bydrae maak nie

Aantal puntewat agterstallig is

Getroue bydraers

April 2020*(1 085 )**(1 618)

37234,29%

10910.05%

1089.95%

49645,71%

Mei2020*(1 084 )**(1 616)

36934,04%

1069,78%

11810,88

49145,3%

Junie 2020*(1 084 )**(1 616)

36633,76

1019,32%

12911,90%

48845,02%

Wapadrant Finansiële SakeWapadrant Finansiële SakeWapadrant Finansiële SakeWapadrant Finansiële Sake

Tot en met einde Junie 2020

Page 7: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

7

* Bydraepunt : Getroude man en vrou = 1 bydraepunt

Belydende lidmaat in dieselfde gesin

= bydraepunt

Enkellopende belydende lidmaat =

bydraepunt

** Belydende lidmate

Hou asseblief in gedagte dat, vir die gemeente om

effektief te kan funksioneer, daar finansiële verpligtinge

is wat nagekom moet word. Dit beteken dat finansiële

bydraes vanaf die lidmate ontvang moet word waaruit

die bedryfsuitgawes gedek kan word. ‘n Deel van die

bedryfsuitgawes is o.a. ook ‘n persentasie van die

gemeente se totale inkomstestaat wat aan die

Administratiewe Buro te Potchefstroom oorbetaal

moet word. Meer volledige inligting oor hierdie ramings

kan gesien word by

http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html.

Daarom maak ons staat op elke lidmaat se

dankofferbydraes.

Indien lidmate nie oorbetalings aan die gemeente doen

nie, beteken dit die ander lidmate in die gemeente wat

wel bydraes maak, “borg” die nie-bydraende lidmate,

vir die genoemde uitgawes wat aangegaan moet word.

Moet asseblief nie die genoemde finansiële bydraes

(wat in kerkterme ook ‘n dankoffer genoem word), in

die liefdegawesakkie plaas nie, want die liefdegawes

gaan nie vir dieselfde doel nie. (Maak asb gebruik van

die dankoffervorm.)

Vir enige:

- Opgraderings

- Aanbouings

- Herstelwerk

- Nuwe ontwikkelings

- Konstruksiewerk

Kontak Henrico du Plessis by

0828779715 of

[email protected] vir ‘n gratis

kwotasie

Maniere van afdra van Dankoffer

Direkte inbetaling op kerk se bankrekening/per

internetbank of per aftrekorder by jou eie bank.

Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk

Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode

632 005. BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as

verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme

inbetaling.)

Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas

kontant/tjek in `n koevert en sit in liefdegawesakkie

of doen ‘n elektroniese oorbetaling in kerk se

bankrekening.

Debietorder: Reël met kerkkantoor by

[email protected] of volg hierdie skakel

vir vorm

http://www.wapadrant.co.za/finansieumllesake.h

tml

Nog ‘n manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal:

Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betaling

Gaan na

http://www.wapadrant.co.za/fin

ansiele-sake.html vir instruksies

Page 8: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

8

Net duskant Gharies in Namakwaland, is ‘n plek met die naam Klipfontein. Daar woon ‘n oom met die naam Gert

Rooi. Wanneer iemand vir oom Gert vra hoe dit gaan, dan antwoord hy: “In die Abba-vel! Ek is in God se abba-vel

van genade”. Oom Gert het die gebed “In die abba-vel” geïnspireer. Dit is ‘n gebed wat jou nader aan God bring.

Here, dankie vir oom Gert wat ons kon inspireer met die abba-vel van U genade.

Ek wil U dank vir die beeld van ‘n kind op die rug van sy ouer.

Daardie abba-vel wat die kind tot die ouer verbind.

Dankie dat U my sò naby hou dat ek ook aan U verbind word.

U Woord sê tog “Ek is die ware wynstok en julle is die lote”. Alles wat in die ware wynstok is, is ook in die lote.

So, as ek styf teen u rug vasgemaak is deur die abba-vel van U genade, dan kom alles wat in U is, ook na my toe.

Dankie dat ek in U abba-vel U warmte kan voel, want dit is lyf teen lyf.

Ek is so naby U dat U hitte my koue verdryf.

Dankie dat, hoe nader ek aan U kom, hoe verder word die koue in my verdryf.

Dankie dat U abba-vel van genade my toelaat om met my oor teen U rug te lê, U asemhaling te hoor.

Dit gee my die geleentheid om gesinkroniseerd met U te wees wanneer ek saam met U asemhaal.

Daar is nie iets so lekker as om na iemand se asemhaling te luister nie.

Dit doen iets aan ‘n mens se moraal en gees.

Dankie dat ek in die abba-vel styf vasgehou word dat ek nie kan beweeg nie.

Dit is ‘n dissipline van stil-sit waarmee U vir ons wil sê: “My kind, sit stil, Ek is in beheer”.

Leer my die dissipline aan van wag op U, Here, want dié wat op U wag, kry nuwe krag.

Dankie vir die dissipline wat die abba-vel vir my gee. Nie net dissipline nie, maar die abba-vel weerhou my daarvan

om voor my te sien. Dit laat toe dat U die een is wat die pad dophou. Ek hoef nie rigting te hou in ‘n wêreld wat

donker is nie, want U is my rigtingwyser.

Ek prys u Naam dat ek nie in die donker hoef te sien nie - U sien in die donker.

En, wanneer dit goed gaan met my, dan raak ek op U rug aan die slaap. Ek kan slaap, maar U is wakker - U sluimer

of slaap mos nooit nie. Ek kan doen wat ek moet doen; rus kry vir my siel, want U bewaak my.

Ek prys U vir die abba-vel van U genade.

In die abba-vel dra U die gewig- nie ek nie. Dankie dat U my dra.

Die abba-vel kan nie bestaan as ‘n dier nie gesterf het nie.

Grootste prys!

Vir my om terug te klim in U Abba-vel, moes die Lam van God sterwe.

Amen

In die In die In die In die

abba-velabba-velabba-velabba-vel

Page 9: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

9

Hoewel die grendeltyd ons daarvan mag weerhou

om mekaar te sien, wil ons mekaar steeds

ondersteun en veral vir mekaar bid. Die

Hospitaaldiensgroep wil jou steeds ondersteun in

siekte en hospitalisasie.

Ons ondersteun graag die volgende hospitale en

instansies:

PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300

LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600

KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400

WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100

EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL

MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL, JAKARANDA, UROLOGIE

KINDERBEDIENING

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL)

SENIORS - TUISBESOEK

KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKE

BRONBERG AFTREE-OORD - 086 136 4616

ANDER HOSPITALE:(Oos van N1) en (Wes van N1)

[email protected] | (012) 991 5623

Chrisante HospitaalbedieningChrisante HospitaalbedieningChrisante HospitaalbedieningChrisante Hospitaalbediening

Kontak die kerkkantoor

indien jy hospitaal toe

gaan vir enige operasie

of mediese prosedure

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected]

Page 10: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

10

BeroepenuusBeroepenuusBeroepenuusBeroepenuusBEROEPE ONTVANG:

* Proponent GJ Venter (Jonker) na GK Totiusdal

AANGEVRA NA:

GK Frankfort: Casper Andries en Lize Muller (de Villiers) en dooplidmate Cornelis Johannes, De Villiers en Casper

Andries

GK Rietvallei: Erna Susan Da Costa (Gropp)

NG Umhlanga: Louw Benjamin en Elida du Toit (Snyman) en dooplidmate Daniël Francois en Lukas Louw

Morné Conrad en Mariana Dodd (Gouws) en dooplidmate Ethan John en Aiden Jacob.

Attestate of Bewyse van lidmaatskapAttestate of Bewyse van lidmaatskapAttestate of Bewyse van lidmaatskapAttestate of Bewyse van lidmaatskap

Page 11: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

11

Julie 2020

Geagte Broeders en Susters,

Daar is baie lidmate wat steeds nie weet van die nuwe Afrikaanse Vertaling nie en ander weer wat baie vrae het

daaroor en ander wat stories gehoor het van ’n nuwe Bybel “sonder Christus in die ou testament”. Vir hierdie

rede, en baie ander, bied die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ‘n virtuele konferensie vir u aan. Baie moeite is

gedoen deur die aanbieders van elke module om hulle gedeelte met groot sorg voor te berei en aan te bied. Ons

vertrou dat dit van groot waarde sal wees vir die kenners sowel as ons, die gewone gebruikers en lesers van die

Bybel.

Kyk na die gedeeltes waarin jy meer belangstel eerste maar jy sal vind dat jy ook na die ander referate sal kyk om

sodoende ‘n volle en ingeligte prentjie te kan vorm oor die nuwe opwindende Afrikaanse Vertaling:

Die Bybel 2020

Hier is die YouTube-skakel na die konferensie: https://youtu.be/mL8JT4IVosM

Dit is so saamgestel dat jy al die video’s aaneen kan kyk of jy kan bloot op die tydslyn-glybalkie aanskuif na watter

lesing jy wil kyk. Elke lesing het ‘n ID-skyfie vooraan wat dit maklik maak om die begin van elke aanbieding te kry.

voorstel en dan begin elke spreker se aanbieding volgens die programorde.

Neem asb kennis dat die onderskeie opnames verskil omdat sprekers dit self moes opneem met die toerusting

waaroor hulle beskik het, maar dit beïnvloed geensins die kwaliteit van die inhoud van die konferensie nie.

Ons vertrou dat jy alles hieruit sal put wat nodig is om die vertaling te ag en te takseer volgens die groot sorg,

moeite, geld en goeie kontrole wat daarin gegaan het oor soveel jare. Ons glo verder dat God se Woord suiwer en

duidelik uit die nuwe vertaling geput sal word en sien met groot verwagting uit na die vrystelling wat DV beplan

word vir 29 November 2020.

Ons bid vir elke gemeente en vertrou die Here sal op Sy tyd ‘n einde bring aan die swaar tye waaraan ons

onderwerp word agv die Covid19-pandemie.

Christus-liefde

Hennie Dekker

Skakeldeputaat – Bybel

[email protected]

NS Baie dankie aan professor Bernard Combrink en sy gedugte span wat hierdie Vertaling oor meer as 10 jaar, met

groot sorg gedoen het!

Page 12: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

12

Wapadrantlidmate se verjaarsdae is

beskikbaar op die webblad. Besoek http://www.wapadrant.co.za/verjaarsdae.html

Page 13: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

13

Pastorale Sentrum Pastorale Sentrum Pastorale Sentrum Pastorale Sentrum

Vorster Combrink: | 082 872 9725 | [email protected]

BYBELSE BERADING

Bybelse Berading rus gelowiges toe om Bybelse dinamieke van verandering

in hul eie lewens en die lewens

van ander te verstaan en toe te pas

Kursus 1 - aanlyn opleiding!- afstandsonderrigkursus -- weeklikse aanlynsessies -

1ste AanlynsessieDinsdag, 04 Aug 2020

18h00 – 19h00

Kontak Marietjie Bezuidenhoud 084 501 1102

[email protected]

www.abbo.org.za

PASTORALE SENTRUM

Jou seerkry en swaarkry

is ‘n groei-geleentheid.

Die Pastorale Sentrum

wil jou graag hiermee help!

Skakel

082 872 9725

Page 14: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

14

Daar is velerlei omstandighede wat veroorsaak dat ons

Senior burgers verarm, maar dit is altyd tragies. In die

meeste gevalle het ons ou vriende doodeenvoudig net

nie iemand anders om hulp te verleen nie en moet

hulle steun op organisasies soos Mobiele Etes vir

Bejaardes.

Danksy mense wat omgee dwarsdeur Suid-Afrika,

bedien en lewer Mobiele Etes vir Bejaardes meer as 31

miljoen etes per jaar af by behoeftige bejaardes. Ons

sal dit as `n spesiale voorreg beskou om u te

verwelkom by die familie van Mobiele Etes-borge.

Ons is bly om u in kennis te stel dat Mobiele Etes

Gemeenskapsdienste gestig is in 1964 en geregistreer

is by die Suid-Afrikaanse regering as `n nie-

winsgewende organisasie. Ons registrasienommer is

070-786 NPO. Ons is ook baie trots op die feit dat

Mobiele Etes Gemeenskapsdienste geregistreer is by

die Suid-Afrikaanse regering as `n Openbare Weldaads-

Organisasie (Nommer 930032581). Sodoende sal u

bydrae tot Mobiele Etes belastingvry wees.

Ons sal dit as ‘n wonderlike voorreg beskou om u te

verwelkom by die familie van Mobiele Etes-borge.

Namens al ons vrywillige helpers en almal wat baat by

hierdie landswye diens van barmhartigheid, wens ons u

uitstekende gesondheid toe en baie geluk in die

toekoms.

Die uwe

Juan Van der Wath

Mobiele Etes vir die Bejaardes

Nasionale Openbare Betrekkinge Kantoor

Posbus 700, Meyerton,

SUID AFRIKA, 1960

Lewensondersteuning: 0860 000 700

Faks: 086 767 5019

Epos: [email protected]

www.mow.org.za

In `n verskriklike ongeluk is die 3-jarige Tammy en

5-jarige David se ouers van hulle ontneem. Die

grootste deel van die motor is platgedruk terwyl

dit onder die stilstaande sleepwa meegesleur is.

Dit was `n wonderwerk dat die kleuters oorleef

het. Die enigste familielid wat kon omsien na

Tammy en Davie was hul 78-jarige oupa, Derek.

Finansieel was dit `n geweldige stryd, maar danksy

die publiek se ondersteuning was Mobiele Etes vir

Bejaardes in staat om een liefdevolle, sukkelende

oupa en sy twee wees kleinkinders te voorsien van

warm, voedsame etes op `n gereelde basis.

Page 15: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

15

Page 16: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

16

HerwinningHerwinningHerwinningHerwinningWapadrant se herwinning is volstoom aan die gang. Die herwinnings-area (net links van die ingang na die

kerkterrein) is ingerig en gemerk. Enige van die volgende kan nou veilig herwin word:

Glas, karton, papier, skoon blikkies, gekleurde plastiekbottels, plastiekmelkbottels, deurskynende plastiek-

bottels sowel as elektroniese afval.

Page 17: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

17

Page 18: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

18

Ten bate van President Kruger Kinderhuise

Kameeldrif DamesoggendKameeldrif DamesoggendKameeldrif DamesoggendKameeldrif Damesoggend

Hierdie is ‘n vreemde anderste jaar en verg nuut dink en

ander planne maak.

‘n Eerste in agtien jaar dat ons, deur omstandighede

buite ons beheer, op 22 Augustus verhinder word om

die gesamentlike damesoggend ten bate van die

President Kruger kinderhuise te hou - ‘n hoogtepunt op

ons kalender.

Hierdie jaar is ons damesoggend “Kwarantyn-Samesyn”

Die feit is dat die President Kruger Kinderhuise die fondse

nou meer as ooit nodig het. Hulle maak so staat op die

damesoggend se inkomste, dat dit al deel is van hul

begroting. Die doel en bestaansreg van die dames-

oggend, en die gepaardgaande fondsinsameling in die

gemeentes landwyd, is om aan minderbevoorregte

kinderhuiskinders te voorsien.

En hieraan het niks verander nie. God gee steeds aan ons die vermoë om dit te kan doen.

Omdat ons alles virtueel en by wyse van insameling

sonder ‘n tee gaan doen, kan gemeentes buite Pretoria

ook hieraan deelneem. Hierdie jaar is dus vir die

gasvroue en gaste wat dit normaalweg bywoon, ’n gee-

sonder-om-te-ontvang-tee.

Ons vra julle hulp in die verband. Ons mikpunt is om

minstens R250 000.00 in te samel.

Gemeentes kan op die volgende wyse betrokke raak:

* Denkbeeldige “gasvroue” vir Kwarantyn-SamesynIdentifiseer lidmate in die gemeente wat sal bereid wees

om denkbeeldige “gasvrou” te speel en onder vriende,

familie en ander lidmate die tafelgeld van een tafel nl.

R2090.00 in te samel. Dit is 11 denkbeeldige kaartjies

@R190.00 per kaartjie (of selfs ‘n donasie van enige

bedrag).

* Virtuele Veiling:22 AugustusHier kan gemeentes hartlik meedoen. Ons gaan 4

vakansiegeleenthede virtueel opveil asook ‘n mat van

Anna Produksies. Lidmate kan ‘n bod insit op die

vakansies en die mat en dit deurstuur na Susan Fourie by

tel 0823249399.

Op 22 Augustus gaan ons ‘n virtuele veiling hou op Zoom

en sal dan by die hoogste bod wat ons reeds ontvang

het, begin met die veiling.

* Donasies uit die gemeente:

Enige bedrag is welkom! Hou in gedagte dat elke rand

iets werd is. Moenie nie bydra omdat julle dink jul bydrae

gaan te gering wees nie. Sommige gemeentes gee

R200.00, ander R1000.00 en ander selfs R10000.00.

Al sou julle gemeente in elk geval gereeld donasies aan

die kinderhuise gee, is hierdie ‘n buitengewone projek en

versoek ons julle om hulle in die ongewone tyd waar

donasies minder word, te ondersteun met ‘n ekstra

inspuiting.

Page 19: Wapadrant Gemeente Maand - Krant€¦ · Maand - Krant Augustus 2020 Die verhaal van die potlood deur Paulo Coelho het? Gaan die storie oor my?” Sy ouma hou op met skryf en sê

19

Wapadrant lidmate kan direk in ons

gemeente se bankrekening inbetaal:

Geref Kerk Wapadrant ABSA tjek 3490151957

Takkode: 632005 Verwysing: Kinderhuis.

Die groot totaal word teen

30 Augustus oorbetaal aan

Kameeldrift gemeente.

Susan Fourie | 082 324 9399 | Gereformeerde Kerk Kameeldrift

versoek ons julle om hulle in die ongewone tyd waar donasies minder word, te ondersteun met ‘n ekstra inspuiting

Die donasie moet verkieslik inbetaal wees voor of op 30 Augustus 2020 indien moontlik.

Ons is opgewonde om te sien hoe liefde, dade en rande gaan word.

Die Here seën die projek al vir soveel jaar, so mildelik. Ons glo ook dat Hy dit in hierdie jaar met sy eie uitdagings

sal doen.

Indien u enige vrae het, is u welkom om te skakel.

Dankie by voorbaat

Susan Fourie

Veilingitems:

Vleiland House – Wakkerstroom

Licorna Holiday Flats – Umhlanga

Ocean Breeze Hotel – Strand

Ronde mat vanaf Anna-produksie 1550cm