Volkspele: Resep teen ouderdomdie pret, terwyl ander eers die kat uit die boom kyk. ’n Paar...

8
Op die termynprogram van die Senior Bediening vir 12 Sep- tember staan: Tradisionele danse, volkspele. Wanneer het ons seniors laas volkspele ge- doen? Op skool, 50, 60 jaar gelede. Maar onder die entoe- siastiese leiding van ds Niekie is niks onmoontlik nie. Daar word ’n demonstrasiegroepie byme- kaar gemaak en met die leuse “wat ek vergeet het, onthou jy”, begin dinge vinnig gebeur. Ons oefen Vrydagoggend in die saal en is slaggereed vir Woensdag. Met “Aanstap Rooies” begin die oggend se jolyt en gesellige samesyn. Dan volg nog ’n hele paar soos Suikerbossie en Ek soek na my Diena. Dis grasieuse passies en tiekiedraai. Sommige ander persone kom deel ook in die pret, terwyl ander eers die kat uit die boom kyk. ’n Paar persone daag ook op met boeke oor volkspele. So dis nie die end van die storie nie. Daar is groot planne in die pyp- lyn. Wat is die gevolgtrekking vir die resep teen ouderom? Bietjie oefening, litte losmaak en jonk- heid van gees! NG Gemeente Meyerspark Oktober 2012 - Jaargang 9 Uitgawe 9 Volkspele: Resep teen ouderdom - Susan Nell Dankbaarheid is die sleutel tot ’n volheidslewe. Dit omskep wat ons het in genoeg, en méér. Dit verander ontkenning na aan- vaarding, chaos na orde, ver- warring na helderheid. Dit maak van ’n maaltyd ’n fees, van ’n huis ’n tuiste en van ’n vreem- deling ’n vriend. Dankbaarheid maak sin uit ons verlede, bring vrede vir vandag en skep ’n visie vir môre. (Melody Beattie) Uit: Die groot boek van Chris- telike Aanhalings Gelukwense aan nog ‘n senior van 90+ Op 12 Oktober word mev Rosie Rosenstrauch van Willow Estate 18, drie en negentig jaar oud. Tant Rosie stel aan ons almal ‘n wonderlike voorbeeld deur haar minsaamheid en vriendelikheid en deur haar getroue kerkbesoek. Ons wil graag aan haar Kol 1:10- 11 as seënwens gee: “Ons bid dat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God wat oor die mag en die heerlikheid beskik, julle versterk en aan julle al die krag gee om in alle omstandig- hede met geduld te volhard.” Dankbaarheid is... Alles wat ons vir die Here doen en gee, moet vol dankbaarheid wees. Op die Here se gawes, liefde, genade en seëninge moet ons reageer deur ’n dankbaar- heidslewe te leef. Uit dankbaar- heid moet jy alles gee wat die Here van jou vra: tyd, energie, dankoffers, jou daadkrag en toewyding. Ons moet onsself dissiplineer om die Here te ge- hoorsaam en dankbaarheid te bewys. (Ampie Barnard) Uit: Die groot boek van Chris- telike Aanhalings

Transcript of Volkspele: Resep teen ouderdomdie pret, terwyl ander eers die kat uit die boom kyk. ’n Paar...

Op die termynprogram van

die Senior Bediening vir 12 Sep-

tember staan: Tradisionele

danse, volkspele. Wanneer het ons seniors laas volkspele ge-

doen? Op skool, 50, 60 jaar

gelede. Maar onder die entoe-

siastiese leiding van ds Niekie is

niks onmoontlik nie. Daar word

’n demonstrasiegroepie byme-

kaar gemaak en met die leuse

“wat ek vergeet het, onthou jy”,

begin dinge vinnig gebeur. Ons

oefen Vrydagoggend in die saal

en is slaggereed vir Woensdag.

Met “Aanstap Rooies” begin

die oggend se jolyt en gesellige

samesyn. Dan volg nog ’n hele

paar soos Suikerbossie en Ek

soek na my Diena. Dis grasieuse

passies en tiekiedraai. Sommige

ander persone kom deel ook in

die pret, terwyl ander eers die

kat uit die boom kyk.

’n Paar persone daag ook op

met boeke oor volkspele. So dis

nie die end van die storie nie.

Daar is groot planne in die pyp-

lyn.

Wat is die gevolgtrekking vir

die resep teen ouderom? Bietjie

oefening, litte losmaak en jonk-

heid van gees!

NG Gemeente Meyerspark Oktober 2012 - Jaargang 9 Uitgawe 9

Volkspele: Resep teen ouderdom - Susan Nell

Dankbaarheid is die sleutel tot

’n volheidslewe. Dit omskep

wat ons het in genoeg, en méér.

Dit verander ontkenning na aan-

vaarding, chaos na orde, ver-

warring na helderheid. Dit maak

van ’n maaltyd ’n fees, van ’n

huis ’n tuiste en van ’n vreem-

deling ’n vriend. Dankbaarheid

maak sin uit ons verlede, bring

vrede vir vandag en skep ’n

visie vir môre. (Melody Beattie)

Uit: Die groot boek van Chris-telike Aanhalings

Gelukwense aan nog ‘n senior van 90+ Op 12 Oktober word mev Rosie

Rosenstrauch van Willow Estate

18, drie en negentig jaar oud.

Tant Rosie stel aan ons almal ‘n

wonderlike voorbeeld deur haar

minsaamheid en vriendelikheid

en deur haar getroue kerkbesoek.

Ons wil graag aan haar Kol 1:10-

11 as seënwens gee: “Ons bid dat

julle tot eer van die Here sal lewe

deur net te doen wat Hy verlang.

Mag julle vrugte dra deur goeie

werke en toeneem in die kennis

van God. Mag God wat oor die

mag en die heerlikheid beskik,

julle versterk en aan julle al die

krag gee om in alle omstandig-

hede met geduld te volhard.”

Dankbaarheid is... Alles wat ons vir die Here doen

en gee, moet vol dankbaarheid

wees. Op die Here se gawes,

liefde, genade en seëninge moet

ons reageer deur ’n dankbaar-

heidslewe te leef. Uit dankbaar-

heid moet jy alles gee wat die

Here van jou vra: tyd, energie,

dankoffers, jou daadkrag en

toewyding. Ons moet onsself

dissiplineer om die Here te ge-

hoorsaam en dankbaarheid te

bewys. (Ampie Barnard)

Uit: Die groot boek van Chris-telike Aanhalings

Ons gholfdag het die stoutste

verwagtinge oortref! Dit was op ‘n

sonnige Dinsdag, 11 September en

Helpende Hand, Silverton-tak, se

eerste gholfdag. 54 spelers,

waaronder 5 dames, daag by

Pretoria-Wes se gholfbaan op om

af te slaan. Agterna sê hulle, hulle

het hul gate uit geniet. Goeie

pryse is losgeslaan, waarvan

sommige duursaam, ander uiters

handig en nog ander miskien net

goeie herinneringe bied. G’n

speler het sonder ‘n prys wegge-

stap nie.

Die dinee die aand, wat vooraf

gegaan is deur ‘n veiling en toe

die prysuitdeling, was ‘n hoogte-

punt. Die Gholfklub se diens

uitstekend. Die veiling van ‘n

klompie waardevolle items is deur

‘n afslaersmaatskappy behartig.

Die hoogste prys behaal, was

R1 500 vir ‘n wit kêpie deur Ernie

Els geteken. Spelers het entoesias-

ties gebie.

Die voorsitter van die Silver-

ton-tak, Jorrie Jordaan, het in sy

bedanking, die spelers belowe dat

elke sent wat inge-samel is – nie

net die wins nie – in opleiding

ingeploeg gaan word. Die grootste

deel sal na die tak se eie

studiebeursfonds gaan, terwyl

ruim voorsiening gemaak word vir

die borg-‘n-kindprojek. Die tak

het ook ander projekte, soos die

daaglikse ontbyt aan 26 skool-

kinders op hoewe 111, Derde-

poort, die 48 huishoudings in

gebiede noord van Silverton wat

op ‘n gereelde grondslag van kos,

klere, komberse en talle ander

basiese benodigdhede voorsien

word, asook sy deelname aan die

Hoërskool FH Odendaal se

voedingskema.

Hy het gesê “daar is veral twee

groepe wat gaan baat by hierdie

gholfdag”. Die eerste is die

kinders en jongmense wat in skole

presteer en toegewyd is, maar wie

se ouers die opleiding net nie kan

bekostig nie. Vir ‘n paar van hulle

sal die gholfdag meehelp deur die

nodige geleentheid en onder-

steuning te bied om hulle verder te

bekwaam – hetsy op tegniese of

akademiese vlak. Dit sal hulle in

staat stel om uit te styg in ‘n

milieu waar vroeë skoolverlating,

ledigheid en gevolglike vroeëre

swanger- en vaderskappe reg-

streeks verantwoordelik is dat die

armoedeketting van geslag na

geslag verleng word.

“Die ander groep is julle wat

vandag deur jul deelname aan die

gholfdag meegehelp het om

stukrag te gee aan Helpende Hand

se doelstellings, naamlik ophef-

fing deur opleiding. Deur vir só

‘n saak te gee, verryk jy jou eie

lewe. En dít is blywender as die

geld in jou sak”, het hy gesê.

Ons glo die grootste sukses was

dat die Silverton-tak (wat sy

jaarlikse gholfdag betref) nou ‘n

ondersteuningsbasis het. Die

spelers het spontaan verseker dat

hulle volgende jaar weer daar sal

wees. Op hierdie basis sal ons

voortbou.

Nou sal julle seker wil weet of

die gholfdag darem ‘n winsie in

die koffers geplaas het? Ja, nadat

kostes afgetrek is, so vlakby

R13 000.

‘n Laaste woord: Dank aan

Allen Lourens, ons tak se

tesourier en vriend Wim Louw vir

hul harde werk - vir die spelers

wat hulle help werf het, en vir die

pryse beding. ‘n Spesiale dank aan

ons Hemelse Vader, van wie ons

alles ontvang!

Helpende Hand Gholfdag oortref verwagtinge

Jorrie Jordaan

Goeie Nuus 2

Wil u graag opleiding in ‘n wye

verskeidenheid van rekenaar

programme en gebruik van die

internet ontvang?

Kontak gerus vir:

Danny Kloes by 012 803 2093 of

082 571 1155

(Rabiestraat, Meyerspark).

E-Pos: [email protected]

Benodig u motor ‘n goeie diens of

kleinere herstelwerk?

Vir goeie diens en herstelwerk aan

u motor skakel:

Danny Kloes by 012 803 2093 of

082 571 1155

(Rabiestraat, Meyerspark).

E-Pos: [email protected]

Sondae kan hulle nie wag vir

die drie keer se “Amen” sing nie.

Van 09:30 af begin hulle

ongemaklik rondskuif en wanneer

die dominee nie in hulle rigting

kyk nie, loer hulle skelmpies op

hulle horlosies om te sien of die

sekondes nie vinniger wil aftik

nie. Uiteindelik kom die dominee

se “Amen” na sy preek. Wanneer

die kollekte opgeneem word, skuif

hulle na die voorpunt van die

kerkbank en begin benoud

rondloer. Is daar mense wat nou

uit die kerk uitgaan? Sê nou hulle

het vergeet?

Die mense gaan wel uit die

kerk uit en verlig sit hulle terug in

die bank. Hulle sukkel om die

slotsang gesing te kry. Die

onttrekkingsimptome en die kwyl

maak dat hulle moeilik sing. Hulle

maak maar of hulle lustig

saamsing om die dominee goed te

laat voel, maar eintlik is hulle

gedagtes om die hoek by die kerk

se kombuis.

Die “Amens” is gesing en hulle

stap rustig uit die kerk uit, maar

eintlik brand hulle om by die

kombuis se luik te kom. Buite

spreek hulle ‘n woordjie hier en

gee ‘n glimlaggie daar, maar die

algemene rigting is kombuis toe.

Daar wag die vroeë kerkverlaters

hulle agter die toonbank in. “Wat

sal dit vandag wees? Rooi,

gewoon of dalk koffie?”

So kuier die gemeente se

drinkverslaafdes saam op die

stoep voor die kombuis. Elke

Sondag na die oggenddiens.

Heerlik geselsend: “Wat dink jy

van...?” Vol omgee: “Vertel my

van ...?” Verwelkomend: “Ek sien

jy is nuut. Vanwaar...?” Vol

komplimente: “Man, jy lyk van-

dag...”

Baie dankie aan elke Sondag se

groepie wat voor die slotsang uit

die kerk uitgaan / uitstorm /

uitsluip om te gaan tee maak.

Hulle het al voor die diens die

koppies reggepak en die urn

aangeskakel. Heel dikwels is daar

so ‘n soet dingetjie saam met die

koppie troos.

Baie dankie aan elkeen wat

Sondae van hierdie bogenoemde

groepie se ywerige gasvryheid

gebruik maak en die geleentheid

benut om saam met die ander op

die stoep te gesels, om te gee, te

verwelkom, te komplimenteer,

te...

Is jy een van dié wat dalk nog

nie daar was nie. Kom maak daar

‘n draai. Alles daar is beter – die

tee, die koffie, die geselskap. As

jy jou kom kry begin jy ook

Sondae 09:30 rondskuif en

skelmpies op jou horlosie loer.

Goeie Nuus 3

Tiendemaand Dankoffer - William Mullins

Die groot drink

Die jaar verloop so vinnig dat

Oktober, volgens Leipoldt die

mooiste mooiste maand, reeds op

ons is, en ons begin al na die

einde van die jaar uitsien. Daar is

egter nog ons Rentmeesters-

verpligting wat ons aan ons

Skepper moet nakom. Ons is nie

die besitters van ons bates en

gawes nie, maar slegs die

bestuurders daarvan, en ons het

verpligtinge as Rentmeesters wat

ons moet nakom.

Oktobermaand is dan een van

daardie maande die tiende maand,

waar ons ons Rentmeesterskap

nakom, deur ’n Tiende Dankoffer

te gee. Dit is ’n geleentheid vir

elke lidmaat om vir die Here

ekstra dankie te sê vir die baie

seëninge wat ons in oorvloed

ontvang en gaan ontvang.

Die Dankoffer koevert is

aangeheg aan die Maandelikse

Goeie Nuus vir gebruik deur u

wat nog koeverte wil gebruik. Die

ander kan direkte bank inbetalings

doen. U kan dit enige tyd

gedurende Oktober, November

en/of Desember gee, soos u eie

persoonlike finansies dit toelaat.

As Christene bely ons “AAN

GOD ALLEEN AL DIE EER”.

Kom ons betoon op ‘n tasbare

wyse hierdie dankbaarheid tot ons

Here vir die uitbouing van sy

Koninkryk met ‘n tiende maand

bydrae.

Le Rouxstraat is vernoem na

wyle oom Manie le Roux wat ‘n

leidende rol gespeel het in die

dorpstigting van La Concorde en

Salieshoek. Oom Manie le Roux

het sy opleiding as elektriese in-

genieur by die Universiteit van

Michigan in die VSA deurloop en

het verskillende poste in die De-

partement van Unie-Onderwys

beklee. Met sy aftrede in 1954

was hy die Hoof van die Profes-

sionele Afdeling van die Departe-

ment van Onderwys, Kuns en

Wetenskap.

Oom Manie het eers die 4½

morge grond van La Concorde

(vandag die gebied tussen Le

Roux-, Keuning-, Watermeyer- en

Kritzingerstraat) gekoop en

daarna die aangrensende 8 morge

oos van Le Rouxstraat (die gebied

Salieshoek) wat hy in 1954 aan

wyle oom Salie Kritzinger ver-

koop het. La Concorde is in 16

erwe opgesny en op 21 Januarie

1962 as ‘n dorpsgebied gepro-

klameer. Die naam La Concorde

is ontleen aan die plaas wat deur

Simon van der Stel in 1688 aan

oom Manie se Hugenote voor-

vader, Gabriel le Roux, toegeken

is. Hierdie plaas, langs die Berg-

rivier by Paarl, is lank reeds die

hoofkwartier van die KWV.

Tant Minnie le Roux het op die

vrugbare grond van die huidige

Salieshoek angeliere gekweek wat

sy in Johannesburg en Pretoria

bemark het. Daar was egter des-

tyds baie plakkers op die aangren-

sende gebiede. Hierdie lastige

bure en hulle rondloper diere

(veral varke) het groot skade aan-

gerig in oom Manie en tant

Minnie se tuine. Oom Manie het

egter die middelste draad van die

omheining om hulle huis en tuine

geëlektrifiseer deur ‘n transforma-

tor in hulle buitekamer te in-

stalleer wat ‘n hoë elektriese span-

ning maar ‘n swak stroom aan die

draad gelewer het. Dit het enige

oortreder wat deur die draad wou

kruip, vinnig laat retireer. Die

nuus oor die “warm draad” of

“toordraad” het soos ‘n veldbrand

versprei en dit het ‘n einde ge-

bring aan die ongewenste besoeke

deur mense en hulle diere. Die

elektriese draad was ‘n baie goeie

“waghond” wat gefunksioneer het

totdat die plakkers later deur die

staat verskuif is na Vlakfontein,

tans bekend as Mamelodi.

Oom Manie het sy vakkennis

as elektriese ingenieur dus nuttig

aangewend om hulle huis en om-

gewing te beveilig lank voordat

elektriese omheinings deur enigie-

mand anders gebruik is. Tant

Minnie het ook haar kennis van

tuinmaak, handwerk en kookkuns

graag met die dames van Meyers-

park gedeel op ‘n tydstip toe daar

nog baie gesinne met klein kin-

dertjies in ons omgewing kom

woon het. Oom Manie en tant

Minnie was van die eerste inwo-

ners wat hulle in ons omgewing

gevestig het en die kanfer- en an-

der bome wat hulle destyds aange-

plant het, troon nog steeds uit bo-

kant die ander bome in ons mooi

boomryke voorstad.

Le Rouxstraat, wat die gebiede

La Concorde en Salieshoek van

mekaar skei, dra dus die nagedag-

tenis voort van oom Manie en tant

Minnie le Roux, twee besondere

pioniers wat gehelp het om

Meyerspark ‘n aangenamer en

veiliger woongebied te maak.

Goeie Nuus 4

Meyerspark se straatname - Le Rouxstraat Basie van Wyk en Frans le Roux

BOOMSLOPING

Boomsloping en snoei

van bome en struike. Verskaf ook

kaggelhout. Kontak Ernst by 083

656 4992

STIENIE NAUDé EIENDOMME

Koop en verkoop van eiendomme

Skakel Stienie Naudé (082 335

0720) (Eiendomsagent)

Lief en Leed Johnny Mollentze is die

afgelope maand oorlede. Ons

gebede en meegevoel gaan uit

na sy naasbestaandes.

Terugvoering van straatname: Manserstraat was oorspronklik

Elofstraat, maar toe Meyerspark

by Pretoria ingelyf is, is dit ver-

ander na Manserstraat om verwar-

ring te voorkom.

Goeie Nuus

Die Vrouebediening bied op

Saterdag, 27 Oktober (08:30 vir

09:00), 'n heerlike oggend vir die hele gemeente aan. Die tema is

Ougoed is HougoedOugoed is HougoedOugoed is HougoedOugoed is Hougoed en

die gedagte is dat almal wat dit

bywoon erfstukke saambring wat

prominent uitgestal en deur almal

bewonder kan word. Laat ons

dadelik sê: Tensy jy anders vra,

sal 'n "hande tuis"-beleid gevolg

word. Ons sal jou kosbare

erfstukke mooi oppas!

Die gasspreker dié oggend is

die bekende kultuurhistorikus,

Annemarie Carelson. Sy gaan

van die uitgestalde stukke

bespreek en wenke gee oor hoe

om erfstukke te versorg.

Die program sluit verder in

sang deur die Musikaners (onder

andere ons eie Rénea van Tonder

met haar engelstem), outentieke

boeremusiek deur die baie

bekende kunstenaars Stefaans

van Zyl en Nico Blom en regte-

egte boeredanse deur Ben

Raubenheimer. Weet jy nog hoe

lyk die minuet en seties?

Die verversings is – soos jy

kan verwag – eg Suid-Afrikaans

(melktert, koeksisters, Hertzog-

gies en vetkoekies).

Hierdie oggend van nostalgie,

vermaak en kosbare skatte kos net

R60 per persoon. Koop jou kaartjie sommer nou by die

kerkkantoor of by Rénea van

Tonder (012 803 0585) of

Hermien Liebenberg (012 803

6140).

Vir die pret kan jy gerus ook

met ouma se hoed, oumagrootjie

se handsak, oupa se kierie of

ouma/oupa se volle uitrusting

kom.

B R I N G A S B J O U

KOSBARE ERFSTUKKE

SAAM. ONS WIL DIT SAAM

BEWONDER EN BELOWE

OM DIT MOOI OP TE PAS.

Skryf asb ook 'n kort stukkie

oor die geskiedenis daarvan en

bring dit saam.

Voorbeelde van ougoed: � Oupa se twaksakkie, pyp, kierie, portret, Sanna en skoenlees. � Oumagrootjie se botterkarring, kolehouer, handwerkie, porse-leinkoppie, teestel, handsak, uitrusting, hoededoos en koffer. � Ou musiekinstrumente, boeke, Bybels, portrette. � Speelgoed uit toeka se dae, die ou handtelefoon, ou plaas- en kombuisgereedskap, linne, hand-gemaakte items.

� En dan is daar natuurlik ook nog

koos met die een oor!

Sien jou graag daar!

Vrouebediening - Meyerspark

Ougoed is hougoed - Hermien Liebenberg

5

Dankie Hemelse Vader vir die

geleentheid dat u ons as mense

gebruik om vir u te werk. Dankie

dat u die Almagtige is en vir ons

as die “Vat Vyf” span lei en rig

volgens u wil vir hierdie

gemeente.

Dankie aan Pierre du Plessis,

my voorganger, vir die goeie

werk wat hy gedoen het.

Dankie aan u as gemeentelede

vir die geleentheid om u te mag

dien en dat u steeds die

vrymoedigheid aan die dag sal lê

om die ”Vat Vyf” kanaal te

gebruik om u persoonlike

behoeftes/probleme/navrae aan

die betrokke leraar of ouderling

oor te dra.

Dankie dat u behulpsaam is en

gaan wees om die Here se

gemeente op te bou en uit te bou.

Dankie dat u ook behulpsaam

gaan wees om vakante diens-

werkerposte te help vul.

Dankie aan elke wyks-

ouderling en dienswerker wat so

getrou elke maand Die Goeie

Nuus aflewer en dat u bereid is

om hierdie werk te doen, ten

spyte van u omstandighede.

Dankie by voorbaat dat u my

as u leier gekies het en my met

hierdie taak sal bystaan.

Dankie dat u hierdie diens

positief benader en steeds sal

streef om dit as ‘n instrument in

die hand van die Here sal beskou

en te help uitbou.

Groete in Christus,

Arnold Scholtz (012) 803 1841 /

082 396 9335 of

[email protected]

(Vat Vyf Bedieningsleier)

Dankie van die Vat Vyf Bedieningsleier

Ons bankbesonderhede vir

direkte inbetalings:

NG Gemeente Meyerspark

Absa Bank

Rek nr 070 580 470

Tak nr 333-845 As verwysing asb: U naam en wyk nr

Goeie Nuus

Meyerspark weet hoe om fees

te vier, dit het ons weer Saterdag

1 September waargeneem en

beleef. Ons moet darem sê: die

dag het saamgespeel – dit was die

enigste sonskyn Saterdag van die

maand!

So ‘n paar veranderinge aan ‘n

ou – ou resep soos om later te

begin, het vrugte afgewerp en die

dag het baie lekker uitgedraai.

So ‘n dag gebeur nie net nie:

daar is heelwat werk wat vooraf

gedoen moet word, donasies word

gevra, helpers word gesoek,

terreinuitleg word oor en oor

bekyk, baie telefoonoproepe word

gemaak en dan breek die oggend

aan en asof vanself word die tafels

vol.

Dan begin die tweede gewag:

gaan die “kopers” opdaag. En dan

is hulle daar en hulle koop en

hulle eet en hulle kuier. Dit is mos

wat ons wou gehad het!

Daar is so baie dankies wat

gesê moet word en daar gaan

ongelukkig party nie gemeld word

nie, so vergewe ons as dit gebeur:

�Al die stalletjie sameroepers en

die assistente, baie dankie, sonder

julle kon ons nie fees hou nie.

�Al die dames van die Senior

Bediening, baie dankie.

�Die “samjoor” by die braaiers en

sy assistente, baie dankie, die

vleis was goed.

�Ons “DJ” en sy mikrofoon, baie

dankie.

�Die wat donasies gemaak het

waarsonder ons nie kan klaarkom

nie, dankie.

�Die “bloedskenkers” julle het

julle deel in bloed bygedra!

�Die leraars, kantoor amptenare,

koster en sy skoonmaak personeel

en karwagte, dankie vir julle

bydrae.

�Dan die kopers met die diep

sakke, sonder julle sou ons nie

verkope gehad nie, baie dankie.

�Die op die Feeskomitee, dankie

vir julle werk vooraf, op die dag

en ook daarna.

Kom ons klop ons self op die

skouer, sonder dat pryse verhoog

is van die 2012 vlakke het ons net

oor die R54 000 surplus tot die gemeentefondse bygevoeg. Dit

wil al lyk of die eerste Saterdag

van September ‘n instelling kan

word!

Vir die sukses van die dag: al die

eer aan ons Hemelse Vader.

Gawie Viljoen en William Mullins

Lentefees 1 September 2012

6

1. Ds Venter se versoek Ds Dirk Venter het ’n versoek

aan die kerkraad gerig vir

toestemming om in 2013 vier

maande aaneenlopende verlof te

neem met die oog op verdere

teologiese studie.

Die Radboud Universiteit in

Neder land bied hom die

geleentheid om in 2013 vir 3

maande aan verskeie Europese

Universiteite aan sy teologiese

studies te werk. Naas dié drie

maande benodig hy ook ’n

addisionele maand se verlof om

tuis afgesonderd aan sy proefskrif

te werk.

Ds Venter is reeds vir 5 jaar (2

jaar M.Th en 3 jaar Ph.D) besig

met verdere teologiese studies.

2. Die Kerkraad besluit: Op ’n buitengewone Kerk-

raadsvergadering gehou op 27

Augustus 2012, waartydens al

drie die leraars verskoon is en nie

aan die bespreking of besluit-

neming deelgeneem het nie, het

die kerkraad die volgende besluit

hieroor geneem:

2.1 Ds Venter word vier maande

aaneenlopende studieverlof vir

2013 toegestaan, onderhewig aan

die volgende voorwaardes:

(a) Twee van die vier maande

is deel van sy jaarlikse verlof en

opgehoopte langverlof waarop hy

geregtig is.

(b) Die kerkraad skenk aan ds

Venter nog twee maande se

studieverlof waarvan een maand

met volle betaling sal wees en die

tweede maand ontvang hy net die

betaling van al sy byvoordele

soos behuisingstoelaag, reistoe-

laag, pensioen bydrae, mediese

bydrae en groep versekering.

(c) Een sesde (gelykstaande

aan die twee maande) van ds

Venter se jaarlikse bonus in 2013

word nie uitbetaal nie.

(d) Geen terugbetalingsvereiste

word deur die kerkraad aan ds

Venter gestel nie.

2.2 Die kerkraad sal in sy

begroting vir 2013 fondse beskik-

baar stel om die werkslas van die

ander leraars te verlig gedurende

ds Venter se studieverlof. Die

proses sal gedurende die 2013

beplanningsessie aangespreek

word in oorleg met die onderskeie

leraars.

2.3 Die Kerkraad wens ds

Venter Gods rykste seën toe met

sy studies.

Kerkraad gee studieverlof aan ds Venter vir 2013

Bouwerk: Benodig u enige van

die volgende? Aanbouings, grens-mure, braaiareas, verbeteringe of

enige steenwerk? Ek het meer as 15

jaar ondervinding in die bou-

bedryf. Skakel Willie 082 441 3044

Lente-Ete 17 Oktober

Seniors en afgetredenes word uit-

genooi na die jaarlikse Lente-Ete,

Woensdag, 17 Oktober, 11:00 in die kerksaal.

Plaas asseblief u naam op die lys

wat in die kerkkantoor beskikbaar

is saam met ’n R10 donasie voor

Maandag 15 Oktober. ’n Kollekte sal gehou word ten

bate van Huis Silversig se inwo-

ners.

Goeie Nuus

Nie tyd om by jou gemeente se toe-

rustingsgeleenthede uit te kom nie?

Gebruik die tyd in jou motor oppad

werk toe om belangrike geestelike

waarhede te bemeester.

Slegs 12 minute elke dag, vyf dae

’n week, vir 6 weke (per reeks)

Dissipelskap (2 reekse)

Matt 28:19 Gaan dan en maak die mense my dissipels en leer

hulle om alles te onderhou wat Ek

julle beveel het….

Reeks 1 (6 CD’s)

Dissipels en –

� Geloofsekerheid

ds Jannie Pelser

� Emosionele heelheid

ds Theo Kriek;

� Dissipelskap

ds Jannie Pelser

� Voluit lewe

dr Arnoldt Smith

� Die Heilige Gees

me Suzette Pelser

� Die wêreld

ds Jaco Strydom

Reeks 2 (6 CD’s)

� Dissipels en gebed

ds Kenneth McKenzie

� Emosionele heelheid

dr Jan Botha; � Herlewing

ds Willem Badenhorst;

� Gawes van die Gees

ds Dirkie van der Spuy; � Dissipelskap x2

ds Jannie Pelser

Ook geskik vir kleingroepe.

Uiters bekostigbaar teen slegs R150 pos en verpakking ingesluit (ook op

DVD beskikbaar). Skakel 011 665

2017 (Drienie) of kyk by

www.rantendalkerk.co.za Moe-nie uitstel nie. Begin sommer dade-

lik en verwerf jou sertifikaat.

7

Nog ’n kind Isabel Ballot

St George’s hospitaal : Port

Elizabeth

sy plaas

die toegedraaide

lyfie met die beetrooi gesiggie

in my arms

vir my is

hy pragtig mooi

soos in die

voorgeboortelike droom

’n Krip : Bethlehem

Maria kyk na haar

pasgeborene

met reeds iets

van die pyn wat voorspel sou

word

“… en wat jou betref,

’n swaard sal deur

jou siel gaan.”

Mag die Here jou seën met

ongemak oor maklike

antwoorde, halwe waarhede

en oppervlakkige verhoudings

sodat jy uit die diepte van jou

hart kan leef.

Mag die Here jou seën met

w o e d e o o r o n r e g ,

onderdrukking en uitbuiting

van mense sodat jy kan werk

vir geregtigheid, vryheid en

vrede.

Mag die Here jou seën met

trane om te stort vir mense

wat pyn, verwerping, honger

en oorlog ervaar sodat jy ‘n

hand kan uitreik en hulle pyn

in blydskap kan verander.

En mag God jou seën met

genoeg dwaasheid om te glo

dat jy ‘n verskil kan maak in

hierdie wêreld, sodat jy dinge

sal kan doen wat ander mense

dink nie gedoen kan word nie.

-‘n ou Fransiskaanse seën-

Agterblad: Nuuskierig

Lees eers hierdie...

As ek kniel voor die Heer, En vir die Here sê: "Ek het so seer! O Heer U weet, ek kan net nie meer." Dan hoor ek hoe sê die liewe Heer: "Kom sit hier by my, bring jou seer, Kom sit jou las en pyn by my voete neer." As ek vandag by die Here kla, Sal ek sê: "Ek is so jammer om te pla! Maar die las word te swaar om te dra." Dan sê die liewe Heer: "Jy mag maar kla. Jy mag maar aanhou om vir my te vra! Ek sal jou wel die krag gee om jou kruis te dra." En as ek vanaand my hart leeg huil, Vir die Here vra dat my boot op kalm water seil. Vir die Here vra vir 'n hoekie om te kan skuil. Sal die Here sê: "Jy sal weer op kalm water seil. Jy mag maar jou leed op My skouer uithuil. By my is daar rus, 'n plek om te kan skuil." "Here, my hart is in 'n knoop gebind! Ek is moeg baklei teen hierdie sterk wind! Ek wil tog net weer rus en vrede vind." Die Here sê: "Jy is mos My lieflingkind. Jy is met My anker van liefde gebind! Raak stil. Raak rustig! Jy sal weer vrede vind!" Dankie my liefste Heer!!! Amen

Allemintige gedagteAllemintige gedagteAllemintige gedagteAllemintige gedagte

Proverbs 13:10 Pride only breeds quarrels, but wisdom is found in those who take advice.

PrentgrapPrentgrapPrentgrapPrentgrap

8

Lag ‘n bietjie.....Lag ‘n bietjie.....Lag ‘n bietjie.....Lag ‘n bietjie.....

’n Bejaarde pa het tydens die oorlog iewers alleen op ’n Karoodorpie ge-woon, maar hy het niemand gehad wat sy tuin vir hom kon omspit sodat hy ’n voorraad aartappelmoere kon plant wat hy present gekry het nie. Sy seun kon hom nie help nie, want hy was ’n Kaapse rebel en is deur die Engelse gevang en opgesluit. Toe skryf die ou man vir sy seun in die gevange-nis en vertel hom van sy verknorsing. Die seun het teruggeskryf: “Pa, om he-melsnaam nee, moenie die tuin laat omspit nie, dis waar ek die gewere be-grawe het!” Nog voor ligdag die volgende oggend is daar ’n dosyn Kakies (Engelse soldate) op die werf wat drie uur lank oral in die tuin dolwe op soek na die versteekte gewere. Maar hulle kry niks nie. Skoon dronkgeslaan skryf die ou man toe weer aan sy gevange seun en vra hom wat hom nou te doen staan. Waarop die seun hierdie antwoord stuur: “NOU kan Pa maar die aartappels plant!”