Vleiedag

17
South Africa’s most important wetland disappearing Vleie en moerasse Die brose habitats van plante en diere wat kwalik op ander plekke op die aarde sal aard. In Engels word dit wetlands genoem en die Nederlanders praat van ’n drasland, waar dras die betekenis van “deur en deur nat” of “moerasagtig” het. Maar wat is vleilande eintlik en waarom is dit so noodsaaklik om die aarde se kosbare vleilande sover as moontlik te bewaar?

Transcript of Vleiedag

Page 1: Vleiedag

South Africa’s most important wetland disappearing

Vleie en moerasseDie brose habitats van plante en diere wat kwalik op ander plekke op die aarde sal aard.

In Engels word dit wetlands genoem en die Nederlanders praat van ’n drasland, waar dras die betekenis van “deur en deur nat” of “moerasagtig” het. Maar wat is vleilande eintlik en waarom

is dit so noodsaaklik om die aarde se kosbare vleilande sover as moontlik te bewaar?

Page 2: Vleiedag

World Wetlands Day – 2 FEBRUARIE World Wetlands Day word gevier as ’n internasionale geleentheid op 2 Februarie elke jaar. Dit herdenk die ondertekening van die Konvensie van Vleie (Ramsar Convention) in Ramsar, Iran, in Februarie 1971.World Wetlands Day is vir die eerste keer in 1997 herdenk. World Wetlands Day 2016Die internasionale tema van World Wetlands Day 2016 is Wetlands for our future: sustainable livelihoods. Vleie speel ’n belangrike rol in die proses om die landskappe gesond en produktief te hou. Ongelukkig word die landskappe baie keer beskou as “wasteland” en meer as 64% van alle vleie het alreeds sedert 1900 verdwyn.

Page 3: Vleiedag

Wetenskaplikes het in Julie 2008 ’n groot konferensie bygewoon wat deur die Verenigde Nasies in Cuiaba, Brasilië, gereël is. Hulle het in ’n verklaring gewaarsku dat die huidige vraag na voedsel en biobrandstof die wêreld se vleilande toenemend bedreig. Al hoe meer van die habitats loop gevaar om in landbougrond omgeskep te word, is gesê, en ons huidige kennis van die omvang van die aarde se vleilande is “onaanvaarbaar”. Onder die bedrywighede wat die habitats laat agteruitgaan, is turfontginning en die oprigting van damwalle vir die opwekking van hidroëlektrisiteit. “Dit is tyd om die onskatbare waarde van vleilande vir alle spesies te erken –insluitende ons eie,” het een van die voorgangers van die konferensie gesê.

Page 4: Vleiedag

Bewaring van vleilandeVleilande is een van die mees bedreigde ekosisteme in die wêreld.Suid-Afrika het alreeds meer as die helfte van sy vleilande verloor.’n Studie in 2004 het aangetoon dat minder as een persent van die seisoenale vleilande in Suid-Afrika beskerm is.Weens die vinnige verlies en degradering van vleilande, het Suid-Afrika die Ramsar-konvensie, ’n internasionale ooreenkoms vir die beskerming van vleilande, onderteken.Dit is belangrik om vleilande te bewaar omdat mense en die natuur daarby baat:• Vleilande verbeter die gehalte van water.• Vleilande hou deurlopende watervoorsiening in stand.• Vleilande voorsien ’n habitat vir plante en diere.

Page 5: Vleiedag

Suid-Afrika se Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) beskryf ’n vleiland as “grond wat ’n oorgang vorm tussen land- en watersisteme waar die watertafel gewoonlik by of naby die bogrond is, of waar die grond periodiek met vlak water bedek is, en welke grond onder normale omstandighede tipiese plantegroei, wat tot deurdrenkte grond aangepas het, ondersteun of kan ondersteun”.

Page 6: Vleiedag

VLEILANDE is plekke waar land en water bymekaarkom. In Engels word dit wetlands genoem en die Nederlanders praat van ’n drasland, waar dras die betekenis het van “deur en deur nat” of “moerasagtig”. Die omskrywing van vleilande word vervat in die Ramsar-konvensie, oftewel die Internasionale Konvensie oor die Beskerming van Vleilande, wat in 1971 onderteken is deur afgevaardigdes wat in Ramsar byeengekom het, ’n dorp in Iran aan die kus van die Kaspiese See. Die Ramsar-konvensie bestempel vleilande as “gebiede met vleie, moerasgrond, veengrond of water, hetsy natuurlik of kunsmatig, permanent of tydelik, met staande of lopende water, brak of sout, insluitende gebiede met seewater wat met laagwater nie dieper as ses meter is nie”. Die Ramsar-konvensie, wat oorspronklik deur slegs agttien lande onderteken is, is die enigste internasionale verdrag wat ten doel het om habitat eerder as lewende spesies te bewaar. Altesame 158 lande het reeds aangesluit en onderneem om hulle by die bepalings van die Ramsar-ooreenkoms neer te lê.

Page 7: Vleiedag

Wat is ’n vleiland?Vleilande is gebiede waar land- en water-ekosisteme bymekaarkom.In ’n vleiland is die grondwatervlak by of naby die oppervlak van die grond. Die land word, hetsy tydelik of permanent, met vlak water bedek.Na gelang van hoeveel dit reën en hoeveel grondwater gebruik word (bv. water wat deur plante geabsorbeer word of deur mense met boorgate en putte gebruik word), wissel die stand van die watervlak van een jaar tot die volgende en van een seisoen tot die volgende.Die water in vleilande, soos in getyriviere, kan vars of brak wees. Getyriviere word by riviermonde gevorm: vars water uit die rivier meng met seewater wat in die getyrivier beland wanneer die gety inkom.

Rietvlei

Page 8: Vleiedag



Suid-Afrika se Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) beskryf ’n vleiland as “grond wat ’n oorgang vorm tussen land- en watersisteme waar die watertafel gewoonlik by of naby die bogrond is, of waar die grond periodiek met vlak water bedek is, en welke grond onder normale omstandighede tipiese plantegroei, wat tot deurdrenkte grond aangepas het, ondersteun of kan ondersteun”. Die Wet definieer vleilande dus in terme van drie aspekte:● hidrologie (water en die beweging daarvan in en bo-oor grond)● grondsoort (moet deurdrenk wees of die kenmerke van water-versadigde grond toon)● plantegroeitipes (plante wat van water hou).

Daar is ook drie maatstawwe waaraan ’n stuk grond moet voldoen om dit as ’n vleiland te klassifiseer: ●  ’n Hoë watertafel wat nat grondtoestande tot gevolg het. ●  Die grond moet vir lank genoeg versadig of deurdrenk wees sodat anaërobiese toestande kan ontwikkel – m.a.w. daar moet geen of baie min suurstof in die grond wees. ●  Hierdie toestand is ideaal vir waterplante (hidrofiete).

Hierdie definisie kan ons help om die omvang van ’n vleiland te bepaal, of vas te stel of ’n vleiland tans kleiner as oorspronklik is.

Page 9: Vleiedag

Daar is nou 1755 vleilande op Ramsar se Lys Vleilande van Internasionale Belang (2008). Dié van Suid-Afrika is (alfabeties):Barberspan, Blesbokspruit, De Hoopvlei, De Mond (Heuningnes-estuarium), Drakensbergpark, Kosibaai, Langebaan, Ndumo-wildtuin (in Maputaland, KwaZulu-Natal), Nylsvley-natuurtuin (naby Naboomspruit), Oranjeriviermonding, Seekoeivlei-natuurtuin, Sibhayi-meer (in Maputaland, KwaZulu-Natal), St. Lucia-sisteem, Seeskilpad-strande / koraasriwwe van Tongaland, Verlorenvallei-natuurtuin (naby Dullstroom, Mpumalanga), Verlorenvlei en die Wildernis-mere. Die Sibhayi-meer in KwaZulu-Natal is die grootste natuurlike varswatermeer in Suid-Afrika met ’n oppervlakte van 77 vk. km. Dit is ’n deel van die Groter St. Lucia-vleilandpark.

Page 10: Vleiedag

Dit is moeilik om die verskillende soorte vleilande op aarde te klassifiseer en te definieer, en in Afrikaans word vlei en moeras boonop dikwels as volstrekte sinonieme aangebied – soos ’n halfdosyn en ses. (Of vinkel en koljander, sal baie mense ook sê, die een is nes die ander!) Maar dan is daar weer ’n ander klassifikasie wat nie minder nie as dertig soorte natuurlike vleilande erken, plus nog nege mensgemaakte tipes. Daar is nietemin eenstemmigheid dat daar twee hoofsoorte is: dié in die binneland met varswater en dié aan die kus met seewater of brakwater.

Page 11: Vleiedag

Volgens ’n verdere onderskeiding word die bekendste vorms van min of meer stilstaande water – te wete vleie, moerasse, turfmoerasse en kusmere en lagunes – as volg beskryf: • VLEIE: ’n Vlei is ’n komvormige gebied met ’n geringe helling, waar die grond in die reënseisoen met water versadig is. Biesies en so meer is onder die gewoonlik digte plantegroei wat in vleie voorkom. Dit raak problematies waar mense hul huise oprig in gebiede wat eintlik seisoenale vleie is. Een só ’n gebied, word vertel, is die Kaapse Vlakte in die Kaap, waar die mense keer op keer in die wintermaande deur oorstromings geteister word.

Page 12: Vleiedag

• MOERASSE: ’n Moeras is uiters plat en die grootste gedeelte lê onder water, maar die water is in die reël bra vlak. Talle klein moddereilandjies, soms begroei met gras, is tipies van moerasse. In gebiede met duidelike reënseisoene, soos in Suid-Afrika, is vleie tydens die reënseisoen algemeen, maar moerasse is skaars. Trouens, in meer ontwikkelde streke is daar vandag selde moerasse, aangesien streng beheer deur middel van kanale en afvoerpype juis die vorming van moerasse voorkom.

Page 13: Vleiedag

TURFMOERASSE: In ’n turfmoeras vind ’n mens meestal plantemateriaal wat aan die verrot is, soseer dat die moeras sponsagtig voorkom. Die dreinering van die water is baie swak, sowel in die breedte as in die diepte.

Page 14: Vleiedag

• KUSMERE: Die eroderende aanslag van die see se branders en ’n rivier wat op sy beurt ook baie erosiemateriaal dra, kan meewerk om ’n langstrandse wal voor ’n baai te laat vorm, waardeur die baai van die see afgesny word. Voorbeelde hiervan is in Suid-Afrika te sien by die vleie van George en Knysna. Kusmere is in die reël sout en kan selfs souter as seewater wees as gevolg van verdamping. Aanvullings uit riviere, syferwater uit die see en bykomende seewater tydens springgetye sorg vir ’n nagenoeg konstante watervoorraad in die kusmeer.

Page 15: Vleiedag

LAGUNES: ’n Lagune of strandmeer is eweneens ’n stuk water aan die kus – ’n vlak meer wat deur ’n smal strokie land heeltemal of deels van die see afgesny word. Waar ’n rivier geweldig baie erosiemateriaal by sy monding neerlaat, kan dit mettertyd gebeur dat die land seewaarts verplaas word. Die rivier sny deur talle kanale in die gevormde delta en wanneer ’n kanaal deur die afsetting van erosiemateriaal versper word, word ’n lagune gevorm. Só ’n lagune kan aanvanklik nog met die see verbind wees, maar namate die see al hoe verder “terugdeins” om vir die land plek te maak, “beweeg” die lagune al hoe verder van die see af. Die lagune se water word ook ál varser, totdat dit naderhand toeslik om eers ’n moeras en dan ’n vlei te vorm. Die sogenaamde alluviale vlakte wat deur die seewaartse beweging van ’n riviervlakte ontstaan, is baie gesog as landbougrond en dan is die rivier ook nog daar vir besproeiing. Nie verniet dat baie van die ou beskawings, soos dié in die Nyl-delta in Egipte, juis op alluviale vlaktes verrys het nie.

Page 16: Vleiedag

“ MORE THAN A BILLION PEOPLE MAKE A LIVING FROM WETLANDS . . .Livelihoods from fishing, rice farming, travel, tourism, and water provision all depend on wetlands. And wetlands are vital to us in many other ways. They host a huge variety of life, protect our coastlines, provide natural sponges against river flooding, and store carbon dioxide to regulate climate change.Unfortunately, wetlands are often viewed as wasteland, and more than 64% of our wetlands have disappeared since 1900. Enabling people to make a decent living, and at the same time ensuring that wetlands can still provide their essential benefits, do not have to be conflicting goals! Help us spread awareness about the importance of wetlands. Join us for World Wetlands Day 2016 – and beyond! Here's how you can get involved “ Ramsar

Page 17: Vleiedag

Suid Afrika se Ramsar landskappe :BarberspanBlesbokspruit NatuuurreservaatDe HoopvleiDe Mond (Heuningnes-estuarium)KosibaaiLangebaanNdumo-wildtuinNtsikeni-natuurreservaatNylsvley-natuurreservaatOranjeriviermonding WetlandSeekoeivlei-natuurtuinSt Lucia-sisteemTongalandUkhahlamba-DrakensbergparkVerlorenvlei-natuurreservaatWilderness-mere