Virtuele les template - Stellenberg · skryf?” Waarin word jy getoets? • Hoe kan hierdie verse...

3
Afskop: Watter dinge is taaitoffie “challenges” vir jou: Om nie na jou maats toe te kan gaan nie Om skool te gaan by die huis Om toets te skryf Onbeperkte WIFI vir jou skoolwerk Geen sportbyeenkomste nie Jy is bang julle word siek Geen pizza aflewering nie Dink Saam: 1) Elkeen teken of skryf op ‘n stuk papier (sonder dat die ander dit sien) wat is jou top 5 gunsteling dinge om te doen, bv. fietsry, dramaklasse, teken, lees, ens. (Om dit meer pret te maak, doen dit in 3 minute.) 2) Vertel vir mekaar waarvan jy hou en hoe dit jou laat voel as jy dit doen. 3) Vertel vir mekaar iets waarvan jy niks hou nie, omdat dit jou bang of onseker maak. (Dalk kon jy nog nie met iemand daaroor praat nie.) 4) Gaan haal een voorwerp in die huis wat jou help om nie bang te wees nie. Vertel vir mekaar hoekom hierdie voorwerp jou help om rustig te wees. Luister Saam: Iemand lees 1 Petrus 1:3-11. (Sien onder die gedeelte soos dit staan in [email protected]). Petrus, wat hierdie bief in die Bybel geskryf het, was een van Jesus se dissipels. Jesus het vir hom gesê: “Jy is Petrus, die rots. Dit wat jy oor My gesê het, is die rots waarop Ek my kerk sal bou.” As iemand ‘n sterk en betroubare persoon is, sê ons so ‘n persoon is so standvastig soos ‘n rots.Tog vertel die Bybel vir ons van twee kere toe Petrus (die “rots”) baie bang en onseker was. Wat het gebeur? Lees die volgende gedeeltes om uit te vind: Matteus 14: 28-30;Lukas 22: 60-62 . Vir jonger kinders 1-Wat het jy gehoor van Fluffy in die kindermoment vanoggend? 2-Lees Matteus 14:31-33. Hoe het Jesus vir Petrus gehelp om nie meer bang te wees nie?3-Hoe kan Jesus jou help om nie bang te wees nie? Vir ouer kinders Om bang en onseker te wees is nie lekker nie. Hoe kan jy swaarkry tye anders verstaan? Lees 1 Petrus 1:6-7. Voel jy dalk dat jy besig is om “’n toets vir Jesus te skryf?” Waarin word jy getoets? Hoe kan hierdie verse jou bemoedig om Die Boodskap Petrus leer vir ons dat daar baie tye gaan kom dat ons bang en onseker sal voel. Petrus leer ook vir ons dat Jesus vir ons gesterf het aan die kruis en dat Hy baie lief is vir ons. Wanneer ons deur swaarkry tye gaan en bang en onseker voel, kan ons op God vertrou om ons te help. (Lees weer 1 Petrus 1:5). Hy het sy Heilige Gees gestuur om by ons te wees. Dit gee vir ons hoop dat God ons deur die swaarkry tye sal help soos wat Hy ook vir Petrus gehelp het. Jesus is grooter as die moeilike tye at ons beleef, dit is wat Petrus vir ons aan wil herinner. Die idee dat ons met elke moeilike tyd moet onthou hoe lief Jesus ons het en hoeveel grooter as die situasie wat ons beleef Hy is!

Transcript of Virtuele les template - Stellenberg · skryf?” Waarin word jy getoets? • Hoe kan hierdie verse...

Page 1: Virtuele les template - Stellenberg · skryf?” Waarin word jy getoets? • Hoe kan hierdie verse jou bemoedig om Die Boodskap • Petrus leer vir ons dat daar baie tye gaan kom

Afskop: Watter dinge is taaitoffie “challenges” vir jou:

• Om nie na jou maats toe te kan gaan nie • Om skool te gaan by die huis • Om toets te skryf • Onbeperkte WIFI vir jou skoolwerk • Geen sportbyeenkomste nie • Jy is bang julle word siek • Geen pizza aflewering nie

Dink Saam: 1) Elkeen teken of skryf op ‘n stuk papier

(sonder dat die ander dit sien) wat is jou top 5 gunsteling dinge om te doen, bv. fietsry, dramaklasse, teken, lees, ens. (Om dit meer pret te maak, doen dit in 3 minute.)

2) Vertel vir mekaar waarvan jy hou en hoe dit jou laat voel as jy dit doen.

3) Vertel vir mekaar iets waarvan jy niks hou nie, omdat dit jou bang of onseker maak. (Dalk kon jy nog nie met iemand daaroor praat nie.)

4) Gaan haal een voorwerp in die huis wat jou help om nie bang te wees nie. Vertel vir mekaar hoekom hierdie voorwerp jou help om rustig te wees.

Luister Saam: Iemand lees 1 Petrus 1:3-11. (Sien onder die gedeelte soos dit staan in [email protected]). Petrus, wat hierdie bief in die Bybel geskryf het, was een van Jesus se dissipels. Jesus het vir hom gesê: “Jy is Petrus, die rots. Dit wat jy oor My gesê het, is die rots waarop Ek my kerk sal bou.”

As iemand ‘n sterk en betroubare persoon is, sê ons so ‘n persoon is so standvastig soos ‘n rots.Tog vertel die Bybel vir ons van twee kere toe Petrus (die “rots”) baie bang en onseker was. Wat het gebeur? Lees die volgende gedeeltes om uit te vind:

Matteus 14: 28-30;Lukas 22: 60-62 .

Vir jonger kinders

1-Wat het jy gehoor van Fluffy in die kindermoment vanoggend? 2-Lees Matteus 14:31-33. Hoe het Jesus vir Petrus gehelp om nie meer bang te wees nie?3-Hoe kan Jesus jou help om nie bang te wees nie? Vir ouer kinders

Om bang en onseker te wees is nie lekker nie.

Hoe kan jy swaarkry tye anders verstaan? Lees 1 Petrus 1:6-7.

Voel jy dalk dat jy besig is om “’n toets vir Jesus te skryf?” Waarin word jy getoets?

• Hoe kan hierdie verse jou bemoedig om

Die Boodskap

• Petrus leer vir ons dat daar baie tye gaan kom dat ons bang en onseker sal voel. Petrus leer ook vir ons dat Jesus vir ons gesterf het aan die kruis en dat Hy baie lief is vir ons. Wanneer ons deur swaarkry tye gaan en bang en onseker voel, kan ons op God vertrou om ons te help. (Lees weer 1 Petrus 1:5). Hy het sy Heilige Gees gestuur om by ons te wees. Dit gee vir ons hoop dat God ons deur die swaarkry tye sal help soos wat Hy ook vir Petrus gehelp het.

• Jesus is grooter as die moeilike tye at ons beleef, dit is wat Petrus vir ons aan wil herinner. Die idee dat ons met elke moeilike tyd moet onthou hoe lief Jesus ons het en hoeveel grooter as die situasie wat ons beleef Hy is!

Page 2: Virtuele les template - Stellenberg · skryf?” Waarin word jy getoets? • Hoe kan hierdie verse jou bemoedig om Die Boodskap • Petrus leer vir ons dat daar baie tye gaan kom

1 PETRUS 1:3-11 ([email protected]) God doen wat Hy belowe (vers 3-5) God is Jesus Christus se Vader. Hy is darem wonderlik. Hy is so goed vir ons. Hy het ons sy kinders gemaak en God het belowe dat Hy vir ons alles gaan gee wat Hy het. God hou al die geskenke veilig by Hom. Niks kan daarmee verkeerd gaan nie. God hou sy woord. Hy het dit bewys toe Hy Jesus uit die dood opgewek het. God beskerm jou ook nou. Hy keer dat iets gebeur wat jou geestelik kan seermaak. Vertrou op Hom. Hy red jou en Hy is sterk genoeg om dit te kan doen. As Jesus weer kom, sal God wonderlike geskenke vir jou kom gee. Dit moet jou bly maak. Dinge wat nie lekker is nie? (vers 6-8) Partykeer gebeuer daar dinge wat nie vir jou lekker is nie. Dit is dan soos ‘n toets wat jy vir Jesus skryf. Jesus wil sien of jy vir Hom lief gaan bly. Moenie moed verloor nie. Kyk na goud. Mense doen baie moeite om goud mooi te kry. Hulle sit dit in ‘n warm vuur om al die vuilgoed weg te brand. Dan is die goud mooi suiwer. Met geloof is dit ook so. Swaarkry is

Doen Saam: Vir jonger kinders • Trek die buitelyne van jou hande af op karton of dik papier. • Knip elke hand uit. Vleg die vingers van die die hande in mekaar. (Sien prentjie.) • Gebruik gom om die gevlegte vingers stewig in plek te hou. • Skryf op die een hand: JESUS HOU MY HAND en op die ander hand ‘n Bybelvers soos bv. Hebreërs 13: 6 wat

sê: DIE HERE IS MY HELPER. • Sit die hande op ‘n plek waar dit jou kan herinner dat Jesus jou sal help om nie bang te voel nie.

Vir ouer kinders • Het jy geweet om ‘n liedjie te sing kan help om nie so bang of onseker te voel nie? Sing ‘n lied soos My feet

are on the Rock https://www.youtube.com/watch?v=fiLom70fBpQ kliphard. • Miskien braai julle vandag. Skryf op ‘n papiertjie dit waarin jy getoets word (iets wat nou vir jou ‘n uitdaging

is). Dink daaraan dat jou geloof, soos goud, in ‘n warm vuur is om skoon te brand. Gooi jou papiertjie in die braaivleis vuur. Vra Jesus om jou te bly herinner dat die Heilige Gees by jou is om jou te help.

Bid saam: • Gee vir almal ‘n geleentheid om vir God te se waarvoor hulle bang is. Vra vir Hom om julle te help en moed

vir julle te bring. Sê vir Hom dankie dat Jesus ons so lief gehad het dat Hy vir ons aan die kruis gesterf het en dat Hy nou altyd by ons is deur die Heilige Gees.

Page 3: Virtuele les template - Stellenberg · skryf?” Waarin word jy getoets? • Hoe kan hierdie verse jou bemoedig om Die Boodskap • Petrus leer vir ons dat daar baie tye gaan kom

soos vuur wat jou geloof mooi skoon brand. As dit dus sleg met jou gaan, moet jy nie wegdraai van die Here af nie. As Jesus weer kom, sal almal sien hoe lief jy vir die Here was. Jy het wel nie vir Jesus gesien toe Hy op aarde was nie. Dit maak nie saak nie. Julle het Hom lief en vertrou Hom. Hy het ons mos vriende met God gemaak. Dit maak ons baie bly. God se boodskap vir julle ( vers 9-11) Die boodskappers van God het lankal voorspel dat God vir julle goed gaan wees, al verdien julle dit nie. Hulle het probeer uitvind wat God presies bedoel het toe Hy gesê het dat Hy mense gaan red. Dit gaan oor Jesus. Die Heilige Gees het vooraf vir hulle gesê dat Christus moet sterf. God sal Hom daarna lewendig maak. Almal sal dan weet hoe belangrik Hy is.