taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett...

33
AMPTELIKE TALE: HUISTALE EKSAMENRIGLYNE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN IN AFRIKAANS VERTAAL DEUR: DR. H. PIETERSE [HOËRSKOOL OVERKRUIN GAUTENG TSHWANE-NOORD] GRAAD 12 2015 1 BLAAI ASSEBLIEF OM

Transcript of taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett...

Page 1: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

AMPTELIKE TALE: HUISTALE

EKSAMENRIGLYNE

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

IN AFRIKAANS VERTAAL DEUR: DR. H. PIETERSE

[HOËRSKOOL OVERKRUIN GAUTENG TSHWANE-NOORD]

GRAAD 12

2015

Hierdie riglyndokument beslaan 23 bladsye.

1BLAAI ASSEBLIEF OM

Page 2: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

INHOUDSOPGAWE Bladsy1 INLEIDING 3

Disjunktiewe en konjunktiewe ortografie in tale 3

2 DOEL 3

3 VRAESTEL 1 (TAAL IN KONTEKS)3.1 Voorblad/Dekblad 43.2 Instruksies en Inligtingsbladsy 43.3 AFDELING A: Begripstoets 53.4 AFDELING B: Opsomming 63.5 AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies 7

4 VRAESTEL 2 (LETTERKUNDE)4.1 Formaat 84.2 Struktuur van die Vraestel 94.3 Voorblad/Dekblad 94.4 Instruksies en Inligtingsbladsy 104.5 Inhoudsopgawe 114.6 Kontrolelys 124.7 Vrae 12

5 VRAESTEL 3 (SKRYF)5.1 Voorblad/Dekblad 135.2 Instruksies en inligtingsbladsy 135.3 AFDELING A: Opstel 145.4 AFDELING B: Transaksionele Teks (2x25) (50) 14

6 NASIENRUBRIEKE: HUISTAAL6.1 BYLAE A: Assesseringsrubriek: Letterkundige opstel: Poësie 166.2 BYLAE B: Assesseringsrubriek: Letterkundige opstel:

Roman/Drama17

6.3 BYLAE C: Assesseringsrubriek: Opstel 186.4 BYLAE D: Assesseringsrubriek: Transaksionele skryfwerk 20

7 TIPE VRAE EN KOGNITIEWE VLAKKE 21

8 ASSESSERING IN TALE 218.1 Kognitiewe vlakke 218.2 Tipe vrae 22

9 SLOTSOM 23

1 INLEIDING

2Blaai asseblief om

Page 3: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

DIE KABV (CAPS-dokument) vir Amptelike Tale: Huistale omlyn die aard en doel van die onderwerp Amptelike Tale: Huistaal en dien as riglyn vir die onderrig en assessering wat ten grondslag van die Seniorsertifikaat-eksamen op Huistaalvlak in graad 12 lê.

Die doel van hierdie riglyndokument is om aan te dui wat die omvang van die inhoud is, wat in graad 12 op Huistaalvlak geassesseer moet word.

Hierdie dokument moet saamgelees word met die volgende beleidsdokumente (beskikbaar by skole, distrikkantore en die webtuiste: www.education.gov.za/www.thutong.org.za:

ʼn Opsomming van vakke vir die Seniorsertifikaat-eksamen Kurrikulum en Assesseringsverklarings Beleidsdokumente met betrekking

tot al die goedgekeurde vakke Omsendbrief E27 van 2014: Voorgeskrewe letterkundetekste vir die

gewysigde Seniorsertifikaat-eksamen 2015

Disjunktiewe en konjunktiewe ortografie in Tale

Disjunktiewe ortografie Konjunktiewe ortografieEngels

AfrikaansSepediSesotho

SetswanaTshivendaXitsonga

IsiXhosaIsiNdebele

IsiZuluSiswati

2 DOEL

Die doel van hierdie riglyndokument is om inligting te verskaf aangaande die inhoud van die eksamenvraestelle vir die Seniorsertifikaat-eksamen in al 11 amptelike tale ten opsigte van:

Getal afdelings Lengte en tipe tekste wat gebruik moet word Tipe en vlak van vrae Puntetoekenning Nasienmemoranda/Assesseringsrubrieke

3Blaai asseblief om

Page 4: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

3 VRAESTEL 1 (TAAL IN KONTEKS)

FORMAAT, STRUKTUUR EN PUNTETOEKOENNING VAN DIE VRAESTEL

3.1 Voorblad/Buiteblad

Die voorblad/buiteblad van die vraestel moet die volgende inligting bevat:

Vak, vlak, vraestel en jaar Tydsduur Puntetotaal Getal bladsye

. . . HUISTAAL VRAESTEL 1

MEI/JUNIE. . . (jaartal van eksamen)

TYD: 2 UUR

PUNTE: 70

Hierdie vraestel bestaan uit . . . bladsye.

3.2 Instruksies en Inligtingsblad

1 Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:

AFDELING A: Begripstoets (30 punte)AFDELING B: Opsomming (10 punte)AFDELING C: Taal in konteks (30 punte)

2 Beantwoord AL die vrae.3 Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.4 Trek ʼn streep na elke afdeling.5 Nommer die antwoorde korrek na aanleiding van die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word.6 Laat ʼn reël na elke antwoord oop.7 Skenk deeglike aandag aan spelling en sinskonstruksie.8 Voorgestelde tydsbesteding:

AFDELING A: 50 minuteAFDELING B: 30 minuteAFDELING C: 40 minute

9 Skryf netjies en leesbaar.

3.3 AFDELING A: BEGRIPSTOETS ) 30 punte4

Blaai asseblief om

Page 5: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

HUISTAALVRAAG 1

Daar moet TWEE tekste wees ) Een prosateks en EEN visuele teks. Die visuele teks moet met die prosateks verband hou.

TekslengteTeks A (Prosa): Maksimum lengte moet onderskeidelik soos volg wees:Disjunktiewe ortografie: 700-800 woordeKonjunktiewe ortografie: 500-550 woorde

Teks B (Visueel/Grafies):Tekste is nie genregebonde niePunte: ʼn minimum van 6 en ʼn maksimum van 10 punte.Vrae moet fokus op visuele informasie in die tekste.Begrip moet binne konteks van die tekste getoets word.

OPMERKING:Daar moet: Vergelykende vrae oor die twee tekste gestel word (maksimum van

4 punte) Daar mag ʼn maksimum van TWEE “oop” vrae wees Slegs EEN meervoudige keusevraag mag gestel word

ʼn Verskeidenheid tipe vrae moet gestel word en AL die kognitiewe vlakke moet soos hieronder aangedui, betrek word.

Vlak 1 en 2: 40% van die afdeling se puntetotaalVlak 3: 40% van die afdeling se puntetotaalVlak 4 3n 5: 20% van die afdeling se puntetotaal

Neem die volgende in ag Kandidate moet Standaardtaal gebruik. Taalgebruik/Uitdrukking

moet binne konteks geskik/voldoende/gepas wees. Die volgende moet vermy word: Geen punt by “oop” vrae word vir JA/Nee of EK STEM SAAM/STEM

NIE SAAM NIE, toeken. Hier moet die motivering/bewys/rede primêr die deurslag by die puntetoekenning gee.

Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR/VALS of FEIT/MENING nie. Hier moet die motivering/bewys/rede primêr die deurslag by die puntetoe-kenning gee.

5Blaai asseblief om

Page 6: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

3.4 AFDELING B: OPSOMMING ) 10 punte

VRAAG 2Daar word van kandidate verwag om die opsomming slegs in paragraafvorm te doen. Daar mag nie verbatim aangehaal word nie.

Tekslengte:Disjunktief: ongeveer 350 woordeDie opsomming mag nie 90 woorde oorskry nie (soos in Afrikaans Huistaal).Konjunktief: 270 woordeDie opsomming mag nie 70 woorde oorskry nie (vir ánder Huistale).

NEEM KENNIS DAT: die teks wat vir die opsomming gebruik word, nié deel van die begripstoetsteks mag wees nie.Keuse van die teks en die opstel van die opsomming Die gekose teks vir die opsomming moet kandidate die geleentheid

bied om hulle vermoë om die hoofgedagtes/hoofargumente te identifiseer, te demonstreer.

Kandidate mag nie verbatim (woord vir woord) uit die gegewe teks aanhaal nie.

Kandidate moet die getal woorde tussen hakies onderaan die opsomming neerskryf.

Kandidate mag nie die opsomming van ʼn opskrif voorsien nie.

Punte word soos volg toegeken: Puntetoekenning:

o 7 punte vir 7 korrekte feite(1 punt per korrekte feit)o 3 punte vir taalgebruiko Totale punt: 10

Verspreiding van taalpunt waar die kandidaat nié verbatim aangehaal het nie:

o 1-3 korrekte feite: 1 punto 4-5 korrekte feite: 2 punteo 6-7 korrekte feite: 3 punte

Verspreiding van taalpunt waar die kandidaat verbatim aangehaal het:

o 6-7 aanhalings: geen punt vir taal nieo 1-5 aanhalings: 1 punt vir taal

NEEM KENNIS: Nasieners moet die getal woorde wat die kandidaat aangedui

het, verifieer. Geen punte word afgetrek indien die kandidaat die getal

woorde foutief aandui, of versuim om die getal woorde aan te dui nie.

Indien die getal woorde oorskry word, moet nasieners die woorde tel tot in die laaste sin waarin die limiet bereik word. Die res van die opsomming word geïgnoreer.

6Blaai asseblief om

Page 7: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

3.5 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES (moet binne konteks geassesseer word) 30 punte

Drie VRAE soos hieronder aangedui.

Die volgende aspekte moet geëksamineer word: Woordeskat en taalgebruik Sinstrukture Kritiese taalbewustheid

VRAAG 3:Een of twee advertensies (kombinasie van visuele en geskrewe/verbale

tekste): 10 punte

VRAAG 4:Een of twee spotprente/strokiesprente (een of meer raampies): 10 punte

VRAAG 5:Prosa: 10 punteMaksimum lengte:Disjunktiewe ortografie: 150-200 woorde (soos in Afrikaans).Konjunktiewe ortografie: 120-150 woorde (ander Huistale).

NEEM KENNIS:Daar moet:

Twee oop vrae in AFDELING C gestel word (een in die advertensie en een in die spotprent)

Daar moet ʼn maksimum van twee meervoudige keusevrae wees.

7Blaai asseblief om

Page 8: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

4 VRAESTEL 2 (LETTERKUNDE)

4.1 Formaat

Die vraestel bestaan uit DIRE afdelings:

AFDELING A: Poësie(30 punte)AFDELING B: Roman (25 punte)AFDELING C: Drama (25 punte)

Kandidate moet ʼn totaal van VYF vrae uit DRIE afdelings vir 80 punte beantwoord. Die vrae moet soos volg beantwoord word:

AFDELING A: POËSIE: 30 PUNTE

VRAAG 1-4: VOORBEREIDE/VOORGESKREWE GEDIGTE Vier voorgeskrewe gedigte word soos volg gevra:

VRAAG 1: opstelvraagVRAAG 2-4: Kontekstuele vrae.

PUNTE: 10 x 2 = 20

NEEM KENNIS: Kandidate moet ENIGE TWEE vrae beantwoord.

VRAAG 5: ONGESIENE GEDIG (nie uit die lys voorgeskrewe gedigte nie)

Hierdie vraag is verpligtend Dit bestaan uit kontekstuele vrae

PUNTE: 10

LENGTE VAN OPSTELVRAAG OOR POËSIEDisjunktiewe ortografie: 250-300 woorde (Afrikaans Huistaal)Konjunktiewe ortografie: 190-240 woorde (Ander Huistale)

AFDELING B: ROMAN: 25 PUNTE

VRAAG 6-11Daar is ʼn keuse tussen OPSTELVRAE en KONTEKSTUELE vraag by elke

roman.

LENGTE VAN OPSTELLEDisjunktiewe ortografie: 400-450 woorde (Afrikaans Huistaal)Konjunktiewe ortografie: 340-390 woorde (Ander Huistale)

LENGTE VAN UITTREKSEL(S) EEN uittreksel:

Disjunktiewe ortografie: ongeveer 350-450 woorde (Afrikaans Huistaal)Konjunktiewe ortografie: 200-350 woorde (Ander Huistale)

TWEE uittreksels:Disjunktiewe ortografie: ongeveer 250 woorde elk (Afrikaans Huistaal)Konjunktiewe ortografie: 175 woorde elk (Ander Huistale)

8Blaai asseblief om

Page 9: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

AFDELING C: DRAMA: 25 PUNTE

VRAAG 12-16

Daar is ʼn keuse tussen ʼn OPSTELVRAAG en ʼn KONTEKSTUELE vraag by elke drama.

LENGTE VAN OPSTELLEDisjunktiewe ortografie: 400-450 woorde (Afrikaans Huistaal)Konjunktiewe ortografie: 340-390 woorde (Ander Huistale)

LENGTE VAN UITTREKSEL(S) EEN uittreksel:

Disjunktiewe ortografie: ongeveer 350-450 woorde (Afrikaans Huistaal)Konjunktiewe ortografie: 200-350 woorde (Ander Huistale)

TWEE uittreksels:Disjunktiewe ortografie: ongeveer 250 woorde elk (Afrikaans Huistaal)Konjunktiewe ortografie: 175 woorde elk (Ander Huistale)

NEEM KENNIS: Die name van karakters/sprekers word nie getel nie. Toneelaanwysings word wel as deel van die uittreksel

beskou en word by die getal woorde ingereken.

NEEM KENNIS: Uit afdeling B en C moet kandidate ten minste EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE

vraag beantwoord. Dit is dus ontoelaatbaar om uit afdeling B en C TWEE OPSTELVRAE ÓF TWEE KONTEKSTUELE VRAE te beantwoord.

4.2 Struktuur van die VraestelDie vraestel moet uit ʼn voorblad/buiteblad, bladsy met instruksies, ʼn inhoudsopgawe, instruksies vir elke afdeling asook ʼn kontrolelys

bestaan.

4.3 Voorblad/BuitebladDie voorblad/buiteblad moet die volgende inligting bevat: Vak, vlak, vraestel en jaar Tydsduur Puntetotaal Getal bladsye

... Huistaal Vraestel 2Mei/Junie. . . (jaar van eksamen)

Punte: 80Tyd: 2½ uur

9Blaai asseblief om

Page 10: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

Hierdie vraestel bestaan uit ... bladsye.

10Blaai asseblief om

Page 11: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

4.4 Instruksies en Inligting Hierdie bladsy moet die volgende inligting bevat:1 Lees hierdie instruksies noukeurig voordat by begin om die vrae te

beantwoord. 2 Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopga- we op die volgende bladsy en merk die vrae af wat betrekking het op die tekste wat jy hierdie afgelope jaar bestudeer het. Lees daarna die afgemerkte vrae en kies dié wat jy wil beantwoord.3 Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: Poësie: (30)AFDELING B: Roman: (25)AFDELING C: Drama: (25)

4 Beantwoord altesaam VYF vrae: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en EEN uit AFDELING C. Oefen jou keuses soos volg uit:

AFDELING A: POËSIEGESIENE GEDIGTE ) Beantwoord TWEE vrae.ONGESIENE GEDIG ) VERPLIGTE vraagAFDELING B: ROMANBeantwoord EEN vraag.AFDELING C: DRAMABeantwoord EEN vraag.

5 KEUSE VAN ANTWOORDE UIT AFDELING B (ROMAN) EN C (DRAMA)o Beantwoord SLEGS vrae oor tekste wat jy bestudeer het. Beantwoord Een

OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE RAAG. o Indien jy die opstelvraag uit AFDELING B beantwoord, moet jy die

kontekstuele vraag uit AFDELING C beantwoord. Indien jy die kontekstuele vraag uit AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag uit AFDELING C beantwoord. Maak van die kontrolelys vir dié doel gebruik.

6 LENGTE VAN ANTWOORDEo Die opstelvraag oor die gedig moet binne die bestek van die volgende getal

woorde beantwoord word: Disjunkte ortografie: 250-300 woorde (Afrikaans Huistaal); Konjunkte ortografie: 190-240 woorde (Ander Huistale).

o Opstelvrae oor die ROMAN en DRAMA moet binne die bestek van die volgende getal woorde beantwoord word: Disjunkte ortografie: 400-450 woorde (Afrikaans Huistaal); Konjunkte ortografie: 300-360 woorde (Ander Huistale).

o Die lengte van antwoorde op die kontekstuele vrae word bepaal op grond van die getal punte wat die vraag tel. Kandidate moet na bondigheid in hulle antwoorde streef en mag nie van die kern van wat gevra is, afdwaal nie.

7 Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling baie noukeurig.8 Nommer jou antwoorde korrek in ooreenstemming met die nommeringstelel wat in hierdie vraestel gebruik word.9 Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.10 Voorgestelde tydsbesteding:

AFDELING A: ongeveer 40 minuteAFDELING B: ongeveer 55 minuteAFDELING C: ongeveer 55 minute.

11 Skryf netjies en leesbaar.11

Blaai asseblief om

Page 12: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

4.5 InhoudsopgaweHierdie bladsy sal kandidate help om die vrae wat hulle wil beantwoord te

kies, sonder om deur die hele vraestel te lees.

AFDELING A: POËSIEGesiene (Voorgeskrewe) Gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAGNOMMER VRAAG BLADSYNOMMER

1 (gedigtitel) Opstelvraag

2 (gedigtitel) Kontekstuele vraag

3 (gedigtitel) Kontekstuele vraag

4 (gedigtitel Kontekstuele vraagEN

Ongesiene gedig: Verpligtend5 (gedigtitel)

AFDELING B: ROMANBeantwoord EEN vraag. *6 (Roman 1 titel) Opstelvraag

7 (Roman 1 titel Kontekstuele vraag

8 (Roman 2 titel) Opstelvraag

9 (Roman 2 titel) Kontekstuele vraag

10 (Roman 3 titel) Opstelvraag

11 (Roman 3 titel) Kontekstuele vraag

AFDELING C: DRAMABeantwoord EEN vraag.*12 (Drama 1 titel) Opstelvraag

13 (Drama 1 titel) Kontekstuele vraag

14 (Drama 2 titel) Opstelvraag

15 (Drama 2 titel) Kontekstuele vraag

* NEEM KENNIS:

12Blaai asseblief om

Page 13: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

In Afdeling B en C moet EEN van die antwoorde óf ʼn OPSTELVRAAG óf ʼn KONTEKSTUELE VRAAG wees. Jy mag nie TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord nie.

4.6 Kontrolelys

ʼn Kontrolelys stel kandidate in staat om te kontroleer of hulle die regte getal vrae beantwoord het en of die korrekte keuses uitgeoefen is.

AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE BEANTWOORD

MERK AF

A: Voorgeskrewe (Gesiene) poësie

1-4 2

A: Poësie (Ongesiene gedig)

5 1

B: Roman (Opstel OF Kontekstueel)

6-11 1

C: Drama (Opstel of Kontekstueel)

12-15 1

NEEM KENNIS: Maak seker dat jy uit AFDELING B en C EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE vraag beantwoord het.

Jy mag nie TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord nie.

4.7 VRAE

ʼn Verskeidenheid tipe vrae moet op só ʼn wyse gevra word, dat Al die kognitiewe vlakke in die korrekte verhouding, soos hieronder aangedui, gedek word.

VLAK 1 en 2: 40% van die totaal per afdelingVLAK 3: 40% van die totaal per afdeling VLAK 4n en 5: 20% van die totaal per afdeling

Aspekte wat in ag geneem moet word Geen punt by “oop” vrae word vir JA/Nee of EK STEM SAAM/STEM NIE

SAAM NIE, toeken. Hier moet die motivering/bewys/rede primêr die deurslag by die puntetoekenning gee.

Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR/VALS of FEIT/MENING nie. Hier moet die motivering/bewys/rede primêr die deurslag by die puntetoekenning gee.

13Blaai asseblief om

Page 14: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

5 VRAESTEL 3 (SKRYF)

FORMAAT, STRUKTUUR EN PUNTEVERSPREIDING VAN DIE VRAESTEL

5.1 Voorblad/Buiteblad

Die voorblad/buiteblad moet die volgende inligting bevat: Vak, vlak, vraestel en jaar Tydsduur Puntetotaal Getal bladsye

... Huistaal Vraestel 3

Mei/Junie . . . (jaar van eksamen)PUNTE: 100TYD: 2½ uur

Hierdie vraestel bestaan uit ... bladsye

5.2 Instruksies en Informasie

1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:AFDELING A: Opstel: 50 punteAFDELING B: Transaksionele Tekste: 2x 25 = 50 punteNEEM KENNIS: Kandidate moet TWEE vrae uit Afdeling B

beantwoord.

2 Beantwoord EEN vraag uit AFDELING A en TWEE vrae uit AFDELING B.3 Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

4 Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.

5 Jy moet beplan, redigeer en proeflees. Die beplanning moet VOOR die opstel geskryf/aangebied word.

6 Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Dit is raadsaam om ʼn streep deur die beplanning te trek.

7 Jy word sterk aanbeveel om jou tyd soos volg te bestuur:AFDELING A: ongeveer 80 minuteAFDELING B: ongeveer 35 x 2 minute

14Blaai asseblief om

Page 15: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

8 Nommer die antwoorde in ooreenstemming met die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word.

9 Die titel/opskrif hoef nie by die voorgeskrewe getal woorde bygereken word nie.

10 Skryf netjies en leesbaar.

5.3 AFDELING A: OPSTELVRAAG 1-8Van kandidate word verwag om EEN opstel te skryf.

Lengte van opstelDisjunktiewe ortografie: 400-450 woorde (Afrikaans Huistaal)Konjunktiewe ortografie: 340-390 woorde (Ander Huistale)

Tipe opstelle wat gevra mag word

verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend, argumenterend (betogend)

Getal onderwerpe wat gevra mag wordDaar moet 8 onderwerpe wees waaruit kandidate ʼn keuse mag maak. ʼn Minimum van TWEE onderwerpe en ʼn maksimum van DRIE onderwerpe mag ʼn visuele prikkel bevat.

Punteverdeling en rubriekeOpstelle sal in ooreenstemming met die volgende kriteria geassesseer

word: KRITERIA PUNT

Inhoud en beplanning (60%) 30Taal, styl en redigering (30%) 15Struktuur (10%) 5TOTAAL 50

Vgl. BYLAE C i.v.m. die assessering van die opstel.

5.4 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTEVRAAG 9-14Kandidate moet TWEE skryfstukke uit hierdie afdeling aanbied.Lengte van teksteDisjunktiewe ortografie: 180-200 woorde (slegs inhoud; Afrikaans

Huistaal)Konjunktiewe ortografie: 100-120 woorde (slegs inhoud; Ander

Huistale)Tipe tekste wat gevra kan word(vgl. p. 82 in CAPS-dokument)

Ses onderwerpe sal uit die kategorieë hieronder gevra word.Kategorie A:Vriendskaplike brief/formele brief (versoek/aansoekbrief/besigheidsbrief/klagtebrief/simpatiebrief/gelukwensingsbrief/dankie-brief) formele of informele brief aan die pers.

15Blaai asseblief om

Page 16: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

Kategorie B:Curriculum Vitae met dekbrief/ (kombinasie kan ook gevra word)/HuldeblykKategorie C:Formele verslag/informele verslag/resensie/koerantberig/tydskrifartikel/agenda en notule van ʼn vergadering (kombinasie daarvan kan ook gevra word)Kategorie D:Formele toespraak/informele toespraak/dialoog/geskrewe onderhoud

Kandidate moet TWEE vrae uit hierdie afdeling beantwoord.Punteverdeling en rubrieke

Opstelle sal in ooreenstemming met die volgende kriteria geassesseer word:

KRITERIA PUNTInhoud, beplanning en formaat (60%) 15Taal, styl en redigering (40%) 10TOTAAL 25

Vgl. BYLAE D vir die assessering van ʼn transaksionele teks.

16Blaai asseblief om

Page 17: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

17Blaai asseblief om

Page 18: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

6.1 BYLAE A: RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG IN POËSIE

AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE LITERÊRE OPSTEL IN POËSIE: POËSIE [10 PUNTE]Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende

8-10 6-7 4-5 2-3 0-1INHOUD

Interpretasie van onderwerp.Diepte van argument, verantwoordbaarheid en insig in teks.

7 PUNTE

Diepgaande interpretasie van onderwerp) Reeks treffende argumente wat behoorlik uit die gedig gerugsteun is) Uitstekende begrip van die genre en gedig

) Toon begrip van die onderwerp en het die onderwerp goed geïnterpreteer.) Respons redelik gedetailleerd.) Enkele deeglike argumente gegee, maar nie almal ewe goed gemotiveer nie.) Begrip van genre en gedig duidelik.

) Redelike interpretasie van die onderwerp.) Enkele goeie punte ter ondersteuning van die onderwerp.) Enkele argument word ondersteun, maar bewyse nie altyd oortuigend nie.) Basiese begrip van genre en gedig.

) onbevredigende interpretasie van die onderwerp.) Byna geen punte wat die onderwerp ondersteun nie.) Onvoldoende begrip van genre en gedig.

) Geen begrip van die onderwerp nie.) Geen verwysing na die gedig nie.) Leerder het nie die genre en gedig onder die knie nie.

STRUKTUUR ENTAALGEBRUIK

Struktuur, logiese vloei en aanbieding.Taalgebruik, toon en styl gebruik in opstel.

3 PUNTE

) Samehangende struktuur) Argumente goed gestruktureer en daar is duidelike ontwikkeling.) Taalgebruik, toon en styl is volwasse, dit beïndruk en is korrek.) Grammatika, spelling en punktuasie feitlik foutvry.

) Duidelike struktuur en logiese vloei van argument.) Vloei van argument kan gevolg word.) Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek.

) Enkele bewyse van struktuur.) ʼn Goed gestruktureerde logiese vloei en samehang ontbreek in die opstel.) Geringe taalfoute; toon en styl meestal gepas.

) Struktuur toon tekens van swak beplanning.) Argumente nie logies gerangskik nie.) Taalfoute beduidend.) Toon en styl nie geskik nie.

) Struktuur swak.) Ernstige taalfoute.) Foutiewe styl.

VERSPREIDING VAN PUNTE

8-10 6-7 4-5 2-3 0-1

16BLAAI ASSEBLIEF OM

Page 19: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

LET WEL. Indien ʼn kandidaat die inhoud geheel en al ignoreer en ʼn kreatiewe opstel skryf wat niks met die inhoud van die vraag te doen het nie, word 0 vir INHOUD én STRUKTUUR EN TAAL toegeken.

6.2 BYLAE B: RUBRIEK FOR DIE NASIEN VAN DIE LETTERKUNDIGE OPSTEL

AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE LETTERKUNDIGE OPSTEL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende

INHOUD

Interpretasie van onderwerp.Diepte van argument,Verantwoordbaarheid en insig in teks

15 PUNTE

12-15 9-11 6-8 4-5 0-3) Uitsonderlike respons: 14-15.) Uitstekende respons: 12-13.) Diepgaande interpretasie van die onderwerp) Reeks treffende argumente wat behoorlik uit die gedig gerugsteun is.) Uitstekende begrip van die genre en teks

) Toon begrip van die onderwerp en het die onderwerp goed geïnterpreteer.) Respons redelik gedetailleerd.) Enkele deeglike argumente gegee, maar nie almal ewe goed gemotiveer nie.) Begrip van genre en teks duidelik

) Redelike interpretasie van die onderwerp; nie alle aspekte in detail ondersoek nie.) Enkele goeie punte ter ondersteuning van die onderwerp.) Enkele argument word ondersteun, maar bewyse nie altyd oortuigend nie.) Basiese begrip van genre en teks.

) Onbevredigende interpretasie van die onderwerp: byna geen aspekte in detail ondersoek nie.) Min punte wat die onderwerp ondersteun.) Baie min relevante argumente.) Weinig begrip van genre en teks.

) Geen begrip van die onderwerp nie.Swak poging om die vraag te beantwoord.) Argumente oortuig nie.) Leerder het nie die genre en teks onder die knie nie.

STRUKTUUR EN TAAL

Struktuur, logiese vloei en aanbieding.Taalgebruik, toon en styl in opstel gebruik

10 PUNTE

8-10 6-7 4-5 2-3 0-1) Samehangende struktuur.) Uitstekende inleiding en slot.) Argumente goed gestruktureer en daar is duidelike ontwikkeling.) Taalgebruik, toon en styl is volwasse, dit beïndruk en is korrek.

) Duidelike struktuur.) Logiese vloei van argument.) Inleiding, slot en ander paragrawe samehangend georganiseer.) Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek.

) Enkele bewyse van struktuur.) Logika en samehang is duidelik, maar met foute.) Enkele taalfoute; toon en styl meestal gepas.) Paragrafering meestal korrek.

) Struktuur toon tekens van swak beplanning.) Argumente nie logies gerangskik nie.) Taalfoute beduidend.) Toon en styl nie geskik nie.) Paragrafering foutief.

) Gebrek aan beplande struktuur belemmer vloei van argumente.) Taalfoute en foutiewe styl laat hierdie skryfstuk misluk.) Styl en toon nie geskik nie.) Paragrafering foutief.

VERSPREIDING 20-25 15-19 10-14 5-9 0-417

Blaai asseblief om

Page 20: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

VAN PUNTE

LET WEL. Indien ʼn kandidaat die inhoud geheel en al ignoreer en ʼn kreatiewe opstel skryf wat niks met die inhoud van die vraag te doen het nie, word 0 vir INHOUD én STRUKTUUR EN TAAL toegeken.6.3 BYLAE C: ASSESSERINGSRUBRIEK: OPSTEL

Hierdie rubriek moet altyd gebruik word met die nasien van die opstel (Vraestel 3, Afdeling A). Punte word van 0-50 in VYF vlakke verdeel en omskryf. By die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl word daar verder onderskei tussen ʼn Hoë vlak en Lae vlak, terwyl struktuur net op een

vlak geassesseer word.ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL ) HUISTAAL [50 PUNTE]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr OnvoldoendeINHOUD EN BEPLANNING

(Respons en idees)Organisering van idees vir beplanning; Bewustheid van doel, gehoor en konteks

30 PUNTE

28-30 22-24 16-18 10-12 4-6H

oë v

lak

) Respons is uitsonderlik/treffend en bo verwagting.) Idees is intelligent, volwasse en stem die leser tot nadenke.) Uitsonderlike organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot

) Respons is baie goed; getuig van vaardigheid.) Idees is heeltemal relevant, interessant en lewer bewys van volwassenheid.) Organisasie is baie goed en samehangend, insluitend die inleiding, liggaam en samevatting/slot.

) Respons is bevredigend.Idees is redelik samehangend en oortuigend.) Redelike organisasie en redelik samehangend, insluitend die inleiding, liggaam en samevatting/slot.

) Wisselvallige samehang in die respons.) Idees is onduidelik, nie oorspronklik nie.) Daar is min bewys van organisasie en samehang.

) Die respons is heeltemal irrelevant.) Die idees is deurmekaar en nie op die onderwerp gefokus nie.) Vaag en herhalend.) Daar is geen organisasie nie en die inhoud vertoon onsamehangend.

25-27 19-21 13-15 7-9 0-3

18Blaai asseblief om

Page 21: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

Lae

vlak

) Respons is uitmuntend, maar uitsonderlik treffende eienskappe van ʼn opstel ontbreek.) Idees is intelligent en volwasse.) Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot.

) Die respons is goed en getuig van vaardigheid.) Die idees is relevant en interessant.) Die organisasie is goed en samehangend, insluitend die inleiding, liggaam en samevatting/slot.

) Die respons is bevredigend, maar verval soms in onduidelikheid.) Die idees is redelik samehangend en oortuigend.) Daar is ʼn mate van organisasie en samehang, insluitend die inleiding, liggaam en samevatting/slot.

) Die respons is grootliks irrelevant.) Die idees begin los staan en kan verwarrend wees.) Daar is skaars ʼn bewys van organisasie en samehang.

) Geen poging is aangewend om in ooreenstemming met die onderwerp te wees nie.) Inhoud is heeltemal irrelevant en ontoepaslik.) Skryfstuk is deurmekaar en daar is geen fokuspunt nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL ) HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende

TAAL, STYL EN REDIGERING

Toon, register, styl en woordeskat is geskik vir doel/effek en konteks;Woordkeuse; Taalgebruik en konvensies, punktuasie, grammatika, spelling

14-15 11-12 8-9 5-6 0-3

Hoë

vla

k

) Toon, register, styl en woordeskat is hoogs gepas vir doel, gehoor en karakters.) Taalgebruik getuig van vertroue, indruk-wekkend.) Die toon is retories treffend en effektief.) Die grammatika en spelling is feitlik foutloos ) Knap gedaan.

) Toon, styl, register en woordeskat is baie gepas vir die doel, gehoor en konteks.) Taalgebruik is effektief en ʼn deurlopende gepaste toon word gebruik.) Grammatika en spelling is grootliks foutloos.) Baie goed gedoen.

) Toon, register, styl en woordeskat is gepas vir die doel, gehoor en konteks.) Gepaste taal word gebruik om betekenis oor te dra.) Gepaste toon word gebruik.) Retoriese middele word aangewend om betekenis te versterk.

) toon, register, styl en woordeskat is nie gepas vir die doel, gehoor en konteks nie.) Die taalgebruik is baie basies.) Die toon en woord-keuse is skaars toepas-lik. ) Baie beperkte woordeskat word gebruik.

) Die taal is onverstaanbaar.) Die toon, register, styl en woordeskat is minder gepas vir die doel, gehoor en konteks.) Die woordeskat is só beperk dat dit onmoontlik is om sin te maak.

13 10 7 4

19Blaai asseblief om

Page 22: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

15 PUNTE

Lae

vlak

) Die taalgebruik is uit-stekend en die toon is retories effektief.) Die grammatika en spelling is feitlik fout-loos.) Baie goed tot knap gedaan.

) Die taalgebruik is toepaslik en oor die algemeen effektief.) Die toon is gepas en effektief.) Enkele foute kom in die grammatika en spelling voor.) Goed gedoen.

) Voldoende taalgebruik, maar teenstrydighede word opgemerk.) Die toon is oor die algemeen gepas met ʼn beperkte gebruik van retoriese middele.

) Die taalgebruik is onvoldoende.) Daar is weinig indien enige sinsverskeidenheid.) Die woordeskat is baie beperk.

5 4 3 2 0-1STRUKTUURKenmerke van teks; Paragraaf-ontwikkeling en sinskonstruksie5 PUNTE

) Uitstekende ontwikkeling van die onderwerp.) Uitsonderlike detail.) Sinne en paragrawe is uitsonderlik gekonstru-eer.

) Logiese ontwikke-ling van details vind plaas.) Samehangend.) Sinne en paragrawe is logies en toon variasie.

) Relevante detail ontwikkel.) Sinne en paragrawe is goed gekonstrueer.) Die opstel maak nog effens sin.

) Sommige punte is geldig.) Die sinne en paragrawe is foutief.) Die opstel maak nog sin.

) Noodsaaklike punte ontbreek.) Sinne en paragrawe is foutief.) Die opstel maak nie sin nie.

PUNTVER-SPREIDING

43-50 33-40 23-30 13-20 0-10

6.4 BYLAE D: ASSESSERINGSRUBRIEK: TRANSAKSIONELE TEKS

AFDELING B: ASSESSERINGSRUBRIEK: TRANSAKSIONELE TEKS ) HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende

INHOUD, 13-15 10-12 7-9 4-6 0-3

20Blaai asseblief om

Page 23: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

BEPLANNING EN FORMAATRespons en idees; Organisering van idees vir beplanning; Doel, gehoor, kenmerke/konvensiesen konteks

15 PUNTE

) Respons uitsonderlik, bo verwagting.) Idees intelligent en volwasse.) Grondige kennis van die soort teks.) Skryfwerk behou fokus.) Samehang in inhoud en idees.) Idees is behoorlik uitgebrei met detail wat die onderwerp onder-steun.) Gepaste en akkurate formaat.

) Respons baie goed en demonstreer goeie kennis van kenmerke van die soort teks.) Behou fokus ) geen afwyking nie.) Samehang en inhoud en idees; baie goed uitgebrei met detail wat die onderwerp ondersteun.) Gepaste formaat met onbeduidende foute.

) Respons voldoende en toon voldoende kennis van kenmerke van die soort teks.) Nie heeltemal gefokus nie ) enkele afwykings.) Redelike samehang in inhoud en idees.) Sommige detail onder-steun die onderwerp.) Formaat oorwegend gepas, maar met enkele foute.

) Basiese respons toon geringe kennis van kenmerke van die soort teks.) Aanduiding van fokus, maar met afwykings.) Inhoud en idees nie altyd samehangend nie.) Min detail ondersteun die onderwerp.) Nodige reëls van formaat vaagweg toegepas.) Kritiese foute begaan.

) Respons toon geen kennis van kenmerke van die soort teks nie.) Betekenis onduidelik met groot afwyking.) Geen samehang in idees en inhoud nie.) Baie min detail ondersteun die onderwerp.) Nodige reëls van formaat word nie toegepas nie.

TAAL, STYL EN REDIGERINGToon, register, styl, doel/effek, gehoor en konteks;Taalgebruik en konvensies;Woordkeuse; Punktuasie en spelling

10 PUNTE

9-10 7-8 5-6 3-4 0-2) Toon, register, styl en woordeskat hoogs geskik vir die doel, gehoor en konteks.) Grammatika akkuraat en goed gekonsentreerd) Feitlik foutloos.

) Toon, register, styl en woordeskat baie geskik vir die doel, gehoor en konteks.) Grammatika oor die algemeen korrek en goed gekonstrueer.) Baie goeie woorde-skat.) Oorwegend foutloos.

) Toon, register, styl en woordeskat is geskik vir die doel, gehoor en konteks.) Enkele grammatika-foute.) Voldoende woordeskat) Foute belemmer nie die betekenis nie.

) Toon, register, styl en woordeskat is minder geskik vir die doel, gehoor en konteks.) Grammatika is onak-kuraat met etlike foute.) Basiese woordeskat.) Betekenis word belem-mer.

) Toon, register, styl en woordeskat stem nie ooreen met die doel, gehoor en konteks nie.) Besaai met foute en verward.) Woordeskat is nie geskik vir die doel nie.) Betekenis word ernstig belemmer.

PUNTEVERSPREIDING

22-25 17-20 12-15 7-10 0-5

21Blaai asseblief om

Page 24: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

7 TIPE VRAE EN KOGNITIEWE VLAKKE

Barrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat AL die kognitiewe vlakke betrek word soos in die voorgeskrewe verhouding hieronder aangedui:

Vlak 1 en 2: 40% van die totale puntVlak 3: 40% van die totale puntVlak 4 en 5: 20% van die totale punt

VERGELYK onderstaande tabelBarrett se Taksonomie

Vlak Omskrywing Tipe vrae1 Letterlik (informasie/inligting in die

teks)bv. Benoem die. . .; Maak ʼn lys van die. . .; Identifiseer die. . .; Beskryf die. . . ;

2 Herorganisering (analise, sintese of organisering van gegewens/informasie

bv. Som die hoofgedagtes op . . .; dui die ooreen-komste/verskille. . .

3 Afleiding (betrokkenheid by inligting/ informasie in terme van ervaring)

bv. Verduidelik die hoofge-dagte(s) . . .; Wat is die outeur/skrywer se bedoeling . . .; Wat dink jy sal gebeur as . . .

4 Evaluering (oordele m.b.t. die waarde of verdienstelikheid)

bv. Dink jy dat . . . ; Bespreek . . . krities.

5 Waardering (assesseer die impak/effek van die teks)

bv. Bespreek jou reaksie/respons op . . .; Lewer kom- mentaar oor die skrywer se taalgebruik . . .; Beoordeel . . . krities; Simpatiseer jy met die hoofkarakter?

8 ASSESSERING IN TALE

8.1 Kognitiewe Vlakke

Na aanleiding van Barrett se Taksonomie van Leesbegrip kan daar vyf kognitiewe vlakke onderskei word. In stygende volgorde van moeilikheidsgraad, staan dit soos volg bekend: Letterlik, Herrangskikking, Toepassing, Evaluering en Waardering. In Bloom se Taksonomie word ses kognitiewe vlakke onderskei, naamlik: Kennis, Begrip, Toepassing, Analise, Sintese en Evaluering.

Hoewel daar duidelike oorvleueling tussen die twee taksonomieë bestaan, word van Barrett se Taksonomie in Huistaalvraagstelling gebruik gemaak soos dit in die volgende voorbeelde duidelik na vore kom.

21BLAAI ASSEBLIEF OM

Page 25: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

8.2 Tipe Vrae

8.2.1 Kontekstuele Vrae (Taal- en Letterkundevraestel):

In Vraestel 1 word kontekstuele vrae na aanleiding van ʼn wye verskeidenheid tekste gestel en in Vraestel 2 word uittreksels uit voorgeskrewe tekste vir dié doel gebruik. Die doel daarvan is om kandidate se taalkennis/vaardighede te assesseer. Deur middel van die assessering word verder gepoog om die mate te bepaal waartoe die kandidaat insig en begrip in die voorgeskrewe inhoud van die KABV-dokument toon. Die gekompliseerdheid van die vrae hang af van die Taalvlak (Huistaal, Eerste Addisionele Taal of Tweede Addisionele Taal).

a) Letterlik:Vrae wat te doen het met inligting wat eksplisiet in die teks

voorkom. Noem (benoem) die dinge/mense/plekke/elemente/eienskappe .

. . Noem (vermeld/gee) die feite/redes/punte/aspekte/idees . . . Identifiseer die

feite/redes/aspekte/idees/eienskappe/oorsake/persone . . Maak ʼn lys van (noteer) die aspekte/eienskappe/feite/persone/

karakters . . . Beskryf die plek/persoon/karakter . . . Vertel van die gebeurtenis/insident/episode/ondervinding . . .

b)Herorganisering:Vrae wat analise, sintese of organisering van inligting behels wat eksplisiet in die teks voorkom. Maak ʼn opsomming van die hoofgedagtes

(hoofpunte)/feite/voordelenadele . . .

Groepeer die gemeenskaplike faktore/aspekte/elemente . . . Vermeld (noem/gee) die ooreenkomste/verskille . . . Gee ʼn oorsig van . . .

c) Afleiding:Vrae wat vereis dat ʼn kandidaat inligting wat eksplisiet in die teks staan, na aanleiding van sy of haar persoonlike ervaring interpreteer. Verduidelik die hoofgedagte . . . Vergelyk die idees/houdings/aksies/optrede(s) . . . Wat wil die skrywer/karakter bereik met (deur). . . Wat is die skrywer (of karakter/spreker/verteller) se bedoeling/

houding/motivering/rede . . . Verduidelik die oorsaak (gevolg) van . . . Wat verklap ʼn optrede/opmerking/houding van die verteller/

22Blaai asseblief om

Page 26: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

skrywer/karakter. . . Hoe beïnvloed die metafoor/vergelyking/beeld jou begrip

van . . . Wat dink jy sal gebeur indien . . . Waar/Onwaar-vrae Meervoudige keusevrae Invul van oop spasies (n.a.v. kontekstuele leidrade) Vrae m.b.t. visuele/grafiese geletterdheid

d)Evaluering:Vrae wat handel oor die beoordeling van waardes, houdings en oortuigings. Dit sluit in beoordeling van werklikheid, geloofwaardigheid, feite en menings, geldigheid, logika asook die gewenstheid en aanvaarbaarheid van besluite en optredes in terme van morele waardes. Dink jy dat . . . Is die skrywer se argument geldig/logies . . . Bespreek krities/lewer kritiese kommentaar op die

optrede/bedoeling/houding/implikasie . . .

Stem jy saam met die siening/standpunt/waarneming/vertolking. . . .

Is die skrywer/verteller/spreker/karakter se siening (uitspraak) na jou mening, geregverdig as hy of sy voorstel dat . . . (Motiveer jou antwoord/Gee redes vir jou antwoord).

Is die karakter se houding/optrede na jou mening regverdigbaar of aanvaarbaar? Gee ʼn rede vir jou antwoord.

Wat sê ʼn karakter se optrede/houding van hom in die konteks van universele waardes?

Bespreek die waardeoordeel wat in die teks gemaak word.

e) Waardering:Die doel van hierdie vrae is om die impak van die teks op die kandidaat te assesseer. Die vrae fokus op die kandidaat se emosionele respons op die inhoud, identifisering met karakters en reaksies op die skrywer se taalgebruik (woordkeuse en beelde). Bespreek jou reaksie op die

teks/insident/situasie/konflik/dilemma. Simpatiseer jy met die karakter? Wat sou jy doen indien jy in

dieselfde situasie was? Bespreek/lewer kommentaar oor die skrywer se taalgebruik. Bespreek die doeltreffendheid van die skrywer se styl/inleiding/

gevolgtrekking/beelde/stylfigure/literêre kunsgrepe (middele/tegnieke).

8.2.2 Die Letterkundige Opstel ʼn Letterkundige opstel veronderstel ʼn

samehangende/aaneenlopende skryfstuk van ʼn voorgeskrewe lengte oor ʼn gegewe onderwerp, stand-punt, sienswyse of tema.

23Blaai asseblief om

Page 27: taalarsenaal.yolasite.comtaalarsenaal.yolasite.com/resources/EKSAMENRIGLYNE... · Web viewBarrett se Taksonomie word op so ʼn wyse gebruik, dat. AL. die kognitiewe vlakke betrek word

Die letterkundige opstel vereis dat die kandidaat ʼn opmerking/stand-punt of sienswyse oor ʼn voorgeskrewe teks, krities moet kan verwoord/bespreek. Die letterkundige opstel kan betogend of beredenerend van aard wees en veronderstel ʼn kandidaat se persoonlike respons op, asook sy/haar betrokkenheid by ʼn voorgeskrewe teks.

9 GEVOLGTREKKINGDie doel van hierdie Eksamenriglyndokument is om die aard en omvang van assessering soos dit deur onderwysers volgens die KABV-dokument geïmplementeer behoort te word, toe te lig. Dit is aanvullend daartoe en vervang nie die KABV-dokument nie.

Deeglike, kwalitatiewe onderrig aan die hand van die KABV-dokument kan nie oorbeklemtoon word nie en is ononderhandelbaar.

24Blaai asseblief om