seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei...

25
Matteus 25:31-46 - Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd (Sondag van Christus die Koning – Feesdiens) 23 November 2014 1 Oorsig..........................................................2 1.1 Ander tekste................................................ 2 1.2 Fokusteks: Matteus 25:31-46.................................4 1.3 Vorige riglyne.............................................. 4 1.4 Eksegetiese opmerkings......................................5 1.5 Ekstra stof................................................. 5 2 Erediens........................................................5 2.1 Tema........................................................ 5 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................5 2.3 Liturgie.................................................... 5 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................6 3.1 Rus......................................................... 6 3.2 Liedere..................................................... 8 4 God praat met ons en ons luister...............................13 4.1 Familie-oomblik............................................ 13 4.2 Preekriglyn................................................ 13 5 God stuur ons om te leef.......................................18 6 Volgende erediens..............................................19 1

Transcript of seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei...

Page 1: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

Matteus 25:31-46 - Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd (Sondag van Christus die Koning – Feesdiens) 23 November 20141 Oorsig.............................................................................................................................................2

1.1 Ander tekste...........................................................................................................................2

1.2 Fokusteks: Matteus 25:31-46.................................................................................................4

1.3 Vorige riglyne..........................................................................................................................4

1.4 Eksegetiese opmerkings.........................................................................................................5

1.5 Ekstra stof...............................................................................................................................5

2 Erediens..........................................................................................................................................5

2.1 Tema.......................................................................................................................................5

2.2 PowerPoint agtergrond..........................................................................................................5

2.3 Liturgie....................................................................................................................................5

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................6

3.1 Rus..........................................................................................................................................6

3.2 Liedere....................................................................................................................................8

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................13

4.1 Familie-oomblik....................................................................................................................13

4.2 Preekriglyn............................................................................................................................13

5 God stuur ons om te leef..............................................................................................................18

6 Volgende erediens........................................................................................................................19

1

Page 2: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

1 OorsigHierdie Sondag dui die einde van die liturgiese jaar aan. Dit word feestelik gevier met die belydenis dat Jesus die Koning oor alles is. Hy word erken as die Here wat deur die jaar met ons was en wat, so bely ons, die toekoms met ons tegemoet stap tot op die dag van die voleinding.

Die Here Jesus is die koning wat ons so liefgehad het dat Hy die kruis as troon bestyg het en so vir ons die lewe as geskenk uit die hand van God verdien het. Die fees roep ons dus op om onder alle omstandighede geduldig te volhard sodat ons gereed is om die erfenis wat God vir sy kinders gereed gemaak het te ontvang. Ons vertrou daarom ons hele lewe aan die Koning toe. Hy is Koning vir ewig.

1.1 Ander teksteEsegiël 34:11-16, 20-24

Ek sal self my kleinvee se herder wees

11So sê die Here my God: “Ek sal self my kleinvee soek en na hulle omsien. 12Soos ’n herder omsien na die kleinvee wat uit sy trop verstrooi raak, so sal Ek omsien na my kleinvee en hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is op daardie donker oordeelsdag. 13Ek sal hulle tussen die ander volke uitbring, hulle bymekaarmaak uit die ander lande en hulle bring na hulle land toe. Ek sal hulle versorg op die berge van Israel, in die klowe, in al die woonplekke in die land. 14Ek sal vir hulle sorg vir goeie weiding. Hulle sal wei op die hoë berge van Israel en rustig daar in die goeie weiveld lê en herkou. Hulle sal op geil veld wei daar in die berge van Israel. 15Ek sal self my kleinvee se herder wees en hulle rustig laat lê en herkou,”sê die Here my God. 16“Ek sal dié soek wat weggeraak het, dié terugbring wat weggedwaal het, die wonde versorg van dié wat seergekry het, die swakkes help. Maar Ek sal dié wat vet en sterk geword het, uitroei. Ek sal ’n herder wees wat reg laat geskied.

17“En wat julle betref, my kleinvee,” sê die Here my God, “Ek gaan regverdig oordeel tussen skaap en skaap en tussen skape en bokke. 18Party van julle het die beste gras afgewei en boonop wat oorgebly het, vertrap. Julle het skoon water gedrink en wat oorgebly het, vuil gemaak. 19My ander skape moes die gras vreet wat deur julle vertrap is en die water drink wat deur julle vuil gemaak is.

20“Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou regverdig oordeel tussen die vet skape en die maeres. 21Julle het die swakkes met julle lywe en skouers weggestoot en hulle met julle horings gestamp totdat julle hulle weggedryf het. 22Maar Ek gaan my kleinvee red. Hulle sal nie meer uitgelewer wees as buit nie. Ek gaan regverdig oordeel tussen skaap en skaap. 23Ek gaan vir hulle net een herder aanstel, en hy sal vir hulle sorg: my dienaar Dawid. Hy sal vir hulle sorg, hy sal vir hulle ’n herder wees. 24Ek, die Here, sal hulle God wees, en my dienaar Dawid sal oor hulle regeer. Ek, die Here, het dit gesê.

2

Page 3: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

25Ek sal met hulle ’n verbond sluit wat vir hulle vrede sal bring. Ek sal die roofdiere uitroei uit die land sodat my kleinvee veilig kan wees in die weiveld en in die bosse kan slaap. 26Ek maak hulle en alles rondom my heuwel voorspoedig; Ek laat die reëns val op die regte tyd, reëns wat voorspoed sal bring. 27Die bome sal hulle vrugte lewer en die grond sy opbrengs, en my volk sal veilig wees in hulle land. Wanneer ek die juk wat op hulle gedruk het, stukkend breek en hulle red uit die mag van dié wat slawe wou maak van hulle, sal hulle besef dat ek die Here is. 28Hulle sal nie weer die buit van ander nasies word nie en nie meer deur roofdiere opgevreet word nie. Hulle sal veilig woon en vir niemand hoef bang te wees nie. 29Ek gee hulle ’n land wat beroemd sal word vir sy vrugbaarheid; hulle sal nie weer deur hongersnood geteister word nie en hulle sal nie weer deur ander nasies verneder word nie. 30Hulle sal besef dat Ek, die Here hulle God, by hulle is en dat hulle my volk Israel is,” sê die Here my God.

31“Julle is my kleinvee, julle is die volk vir wie Ek sorg, en Ek is julle God,” sê die Here my God.

Psalm 100

Dien die Here met blydskap

100 ’n Dankpsalm. Juig tot eer van die Here,

almal op aarde! 2Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! 3Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde. 4Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, 5want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.

Efesiërs 1:15-23

Paulus se gebed

15Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, 16hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, 17bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. 18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21hoog bo

3

Page 4: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

1.2 Fokusteks: Matteus 25:31-46Die profetiese rede: die laaste oordeel

31"Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei. 33Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan.

34"Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.'37Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? 38En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?'40En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.'

41"Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, 42want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.'44Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of 'n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?'45En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.'46En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe."

1.3 Vorige riglyneDaar is een vorige riglyn by leesrooster.co.za: Matteus 25_31-46.doc en een by seisoenvanluister.co.za:

Matteus 25:31-46 PowerPoint (1.041 MB) - Word (78 KB)

Sondag van Christus die Koning 23 November 2008

Die opsomming vir laasgenoemde was as volg:

4

Page 5: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

Vandag is Sondag van Christus die Koning. Hoe leef 'n kind van die Koning? Karl Rahner (Duitse teoloog) het gesê dat die nommer een rede vir ateïsme, Christene is! Hulle wat God met die mond dien, maar nie met die daad nie. Jesus roep Sy kinders op om met liefde te leef – liefde moet jou geaardheid word. Die toets wat gaan bepaal waar ons vir ewig gaan bly, is die reël waarvolgens ons nou moet leef! Laat die kinders deelneem aan 'n ‘skape en bokke' speletjie, laai 'n audio-visuele weergawe van 'n gedig af by www.nous.org.za.

1.4 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar 2013-2014 bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by www.bmedia.co.za.

Die preek hieronder maak deels gebruik van insigte en formuleringe uit in Woord en fees.

1.5 Ekstra stofJesus spoor sy dissipels aan tot barmhartigheid met die gelykenis van die skape en die bokke – 25:31-46

Die laaste gelykenis spoor die dissipels tot barmhartigheid aan deur die gelykenis as 'n beskrywing van die laaste oordeel te gebruik. Die onderskeiding tussen die skape en die bokke wentel om hulle hart vir dissipels – die geringste broers (en susters) – wat nood het: hongeriges, dorstiges, vreemdelinge, mense sonder klere, siekes, en mense in die tronk.

Die skape ontvang die ewige lewe. Die bokke die ewige straf.

Die interessante is dat Jesus hulle barmhartigheid al dan nie reken asof dit iets is wat aan Hom en vir Hom gedoen is. En dit maak sin. Jesus identifiseer met sy dissipels en eer dié wat dit ook soos Hy doen. En dit is goeie nuus vir die dissipels wat met Jesus se Hemelvaart die opdrag gaan kry om die nasies te gaan bereik met die evangelie.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrond…want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet (Matteus 25:35)

Foto: Sopkombuis, NGKPE, 2009. Geen kopiereg. Geredigeer met Picasa III.

2.3 LiturgieLiturgie gebaseer op die Handleiding vir die Erediens (2010 BybelMedia) se voorstel vir Sondag van Christus die Koning (p 355 ev)

5

Page 6: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

RUSToetrede Lied 175 en 176, VONKK 142 , F192.Votum N.a.v. Kolossense 1:13–14 Seëngroet

Lofsang Lied 223, VONKK 96 , F124Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Respons Lied 215, VONKK 158 GeloofsbelydenisRespons Lied 429, VONKK 277, F77HOORGebedSkriflesing Matteus 25:31-46Familie-oomblikPreekGebedLEEFGebedDankofferSlotsangLied 589 , F35, F57.Seën (Op 22:20-21).ResponsLied 215 Refrein, Flam 57 Refrein, VONKK 204

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetredeLied 175 en 176 Majesteit & Halleluja! U is KoningVONKK 142 Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0142F192. Die Koning Is Hier http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F192

Votum N.a.v. Kolossense 1:13–14 God het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.

Seëngroet

LofsangLied 223 Aan Jesus, Koning, al die eerVONKK 96 Wees Bly En Loof Die Heer http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0096F124. Agnus Dei http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F124

6

Page 7: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

Aankondiging van die koningskap van ChristusKolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun is die beeld van God,Leser 2: van God wat self nie gesien kan word nie.L1: Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.L2: God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan worden alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.L1: Voor alles was Hy al daar,L2: en deur Hom bly alles in stand.L1: Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk.L2: Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.L1: God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom alles met Homself te versoen.L2: Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.

ResponsLied 215 Besing die lof van Jesus saamVONKK 158 Ons Wy Onsself Aan Christus Toe http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0158

GeloofsbelydenisLiturg: Saam met die eerste volgelinge van Christus bely ons ons geloof in hom.Met Johannes die Doper:Gemeente: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!L: Met Andreas:G: Ons het die Messias gekry!L: Met Natanael:G: Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!L: Met die Samaritane:G: Ons weet dat hy waarlik die Verlosser van die wêreld i.L: Met Simon Petrus:G: U is die Christus, die Seun van die lewende God.L: Met Maria Magdalena:G: My Meester!L: Met Tomas:G: My Here en my God!L: en nou ook met die universele kerk, versprei oor alle lande, tale en kulture:G: Ek glo in God die Vader, die Almagtige...

ResponsLied 429 Die Heer regeer, Hy’t opgevaar

7

Page 8: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

VONKK 277 U is die lig wat deur die donker skyn http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0277F77. Jesus Is Die Heer Bo Alle Here http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F077

3.2 LiedereF124. Agnus Dei(RUBRIEK: Flam – lof en verwondering) Teks en musiek: Michael W Smith © 1990 Milene Music (met toestemming gebruik deur FMU)

Halleluja, hallelujawant die Heer God almagtig regeer.Halleluja, hallelujawant die Heer God almagtig regeer.Halleluja.Heilig, heiligis U Heer God almagtigwaardig is die Lam,waardig is die Lam,U is heilig, heilig.Is U Heer God almagtigwaardig is die Lam,waardig is die Lam.Amen.

F192. Die Koning Is Hier(RUBRIEK: Kruisfuur – Toetrede / Advent en Epifanie) Teks en musiek: Stass van Veuren © 2008 MAR Gospel Music Publishers

1. Ons sing hosanna, hosanna in die hoogste.Ons sing hosanna want die Koning het gekom.En Hy is hier vir ons.Ons sing hosanna want God het ingetree.Ons sing hosanna Hy’t sy lewe kom gee.Hy is hier vir ons.

Refrein:Die Koning is hier,die Koning is hier.Here Jesus U is die Koning van my lewe.Die Koning is hier,die Koning is hier.Here Jesus U is die Koning van my hart.

2. Ons sing halleluja want God is op die troon.Ons sing halleluja want die dood het verloorby die kruis van Jesus.

8

Page 9: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

Ons sing halleluja want die lig het gekom.Ons sing halleluja daar’s lewe deur Hom.Hy’t gekom vir jou en my.

Refrein:

F35. Jesus Kom Weer(RUBRIEK: Flammikidz – Wederkoms / Hoop en Voleinding) Teks en musiek: Hanneke Engelbrecht © 2005 MAR Gospel Music Publishers

1. Jesus is ons Koning, Heer,en ons weet Hy sal t’rugkeer.Soos hul Hom sien opvaar het,sal Hy kom om ons te red.

Refrein: Ja, Jesus kom weer!Ja, Jesus kom weer!Ek en jy behoort aan Hom.Ons glo dat Hy weer sal kom.

2. Jesus is ons Koning, Heer.Ek en jy behoort aan Hom.Soos hul Hom sien opvaar het,glo ons dat Hy weer sal kom.

Refrein:

VONKK 96 Wees Bly En Loof Die Heer

1. Wees bly en loof die Heer –jou Koning wat regeer!Kom bring Hom dank en eer.Kom buig jou voor Hom neer.Verhef jou stem en sing nou saam!Wees bly en prys die Heer se Naam!

2. Die Heer het opgevaar,sit aan Gods regterhand.Kyk, Hy regeer vandaaren hou sy kerk in stand.Verhef jou stem en sing nou saam!Wees bly en prys die Heer se Naam!

3. Van God se regterhandregeer die Heer met mag.

9

Page 10: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

Voor Hom sal elke kniemoet buig met groot ontsag.Verhef jou stem en sing nou saam!Wees bly en prys die Heer se Naam!

4. Wees bly en hoop op Hom –Hy kom vir seker weer.Dié Regter wat sal kom,is ook ons Redder, Heer.Verhef jou stem en sing nou saam!Wees bly en prys die Heer se Naam!

Teks: Rejoice, the Lord is King! – Charles Wesley (1707-1788); Afrikaanse teks: Jacques Louw 2009 ©Musiek: GOPSAL – George Frideric Handel (1685-1759) Kantoryverwerking: George Frideric Handel (1685-1759)© Teks: 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: Openbare besitRUBRIEK: Klassiek – Lofprysing / Hemelvaart

VONKK 142 Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer

1. Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer.Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer!Ons kom in aanbidding, buig tot in die stof.Heer, ontvang ons loflied, aan U al die lof!Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer.Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer!

2. Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig.Bring aan Hom die ere, laat ons harte juig!In ons donker harte, stuur Hy weer sy lig.Hy kom na die aarde, om ons op te rig!Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig.Bring aan Hom die ere, laat ons harte juig! Teks: Ernst Kotzé 2010 Musiek: JUDAS MACCABEUS – GF Handel 1746; harmonisasie effens gewysig 2001© Teks: 2011 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: Openbare besit RUBRIEK: Klassiek – Advent / Kersfees en Epifanie

VONKK 277 U is die lig wat deur die donker skyn

1. U is die lig wat deur die donker skyn.U is die Een wat duister laat verdwyn.Skyn in ons harte, dryf die donker uit.Skyn in ons lewens tot in ewigheid.Jesus Christus, ons glo in U,ons buig voor U neer, buig voor U neer.Jesus Christus, ons God en Heer,

10

Page 11: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

ons bring nou aan U die eer.

2. U is oorwinnaar, U’t die dood verslaan.U het as Koning uit die graf gegaan.Breek nou die bande, gooi die boeie neer.Ons is oorwinnaars saam met U, ons Heer.Jesus Christus, ons glo in U,ons buig voor U neer, buig voor U neer.Jesus Christus, ons God en Heer,ons bring nou aan U die eer.

3. U is die Bruidegom en ons u Bruid.U nooi ons vir die bruilofsmaaltyd uit.Daar klink ons lof, daar klink ons danklied uit.Ons bly by U tot in ewigheid.

Teks: Hannes van der Merwe 2014 © Melodie: HIGHLAND CATHEDRAL – Uli Rover en Michael KorbOrrelbegeleiding: Albert Troskie 2014 (Pro Deo) Musikale verryking 1en 2: Gerrit Jordaan 2014 ©© Teks, orrelbegeleiding en musikale verrykings: 2014 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)© Melodie: Church Hymnary Trust, Admin SCM-Canterbury Press Ltd. Met toestemming gebruik.RUBRIEK: Kontemporêr – Paasfees / Geloof en Vertroue / Hoop en Voleinding

VONKK 158 Ons Wy Onsself Aan Christus Toe

1. Ons wy onsself aan Christus toe,aan Hom, ons Redder, Heer. Laat Hy ons lof en eer ontvang,die Koning wat regeer.Hy het ons met sy bloed gekoopen maak van ons sy kerk.Ons wil Hom met ons gawes dien, met blydskap vir Hom werk.

2. Sy liefde, so oneindig groot,laat ons eerbiedig juig.Dit dring ons na die wêreld toe,waar ons sal moet getuig.Laat ons, gehoorsaam aan sy Woord,ook dáár betrokke raak,met omgee en deur diensbaarheid,sy liefde sigbaar maak.

3. Kom open U ons oë, Heer,vir ander in hul nood.

11

Page 12: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

Maak ons, soos U, barmhartig, Heer,waar mense vra om brood.Maar laat ons tog dié nood besef,wat in hul harte leef.Deur U alleen, die Middelaar,word sondeskuld vergeef.

Teks: Jacques Louw 2011 © Melodie: ELLACOMBE – Wurtemberg 1784; Mainz 1833Orrelbegeleiding: Tradisioneel © Teks: 2011 VONKK Uitgewers (admin BybelMedia)© Musiek: Openbare besit RUBRIEK: Klassiek – Liefde, Dankbaarheid en Diens / Barmhartigheid en Getuienis

F57. Ek Sien In My Gees (Oorwinningslied) (RUBRIEK: Flam – Hoop en Voleinding / Lof / Koninkrykstyd) Oorspronklik: Battle Hymn of the Republic (Tradisioneel)Afrikaanse vertaling: Piet Smit © 1994 MAR Gospel Music Publishers(Opgeneem op Gunsteling Lof- en Aanbiddingsliedere; asook op Suid-Afrika se 100 Gunsteling Geestelike Liedere)

1. Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer.Die Allerhoogste wat in liefde oor sy koninkryk regeer.Hy’t belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer.Hy is Koning, Hy regeer!

Refrein:Loof Hom, prys Hom! Halleluja!Hy is Koning, Hy regeer!

2. Die Here is ons Vesting wat vir altyd sal bly staan.Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan.Hy’s ons skuiling, Hy’s ons wapen, Hy het die vyand reeds verslaan.Hy is die Rots wat ewig staan.

Refrein:Loof Hom, prys Hom! Halleluja!Hy’s die Rots wat ewig staan!

3. Kom deel nou in ons loflied hef jou hande op na bo.Blaas basuine, slaan op tromme en kom dans voor God se oë.Kom leef in die oorwinning van sy Woord waarin ons glo.Want sy Woord sal ewig staan.

Refrein:Loof Hom, prys Hom! Halleluja!Want sy Woord sal ewig staan.

4. Ek glo dat Jesus Christus weer sy bruid gaan kom haal.Ek glo die Vader het al reeds die dag en uur bepaal.Ek sien al klaar die feestelike hemelbruilofsmaal

12

Page 13: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

en die tafel met ons bruilofsmaal.

F77. Jesus Is Die Heer Bo Alle Here(RUBRIEK: Flammikidz – Lof / Geloofsbelydenis) Teks en musiek: Soekie Rautenbach en Danny Anthill© Brettian Publishers (Opgeneem op Radicool Radikids vir Jesus)

1. Jesus is die Heer bo alle here,Halleluja!Hy is Koning, kroon en eer Hom!Loof Hom, Halleluja!

2. Jesus, Vredevors, eer Hom!Halleluja!Jesus, sterke God, eer Hom!Halleluja!

4 God praat met ons en ons luisterGebedSkriflesing Matteus 25:31-46

4.1 Familie-oomblikGee ’n oorsig oor die Kerkjaar en verduidelik dat vandag Sondag van Christus die Koning is.

(Koop ’n plastiek speel-kroon of tiara en sit dit op – sommer vir die pret.) Hoor by die kinders hoe hulle dink oor konings: wat doen ’n koning, hulle dink hulle moet ’n koning optree? As ons sê Jesus is Koning, wat beteken dit? Jesus wys sy koningskap deur te dien (noem voorbeelde). Die wat Jesus dien, doen dit deur soos Jesus op te tree en ander te dien: mense wat alleen is, mense wat arm is, mense wat swaarkry. Ons volg ons Koning deur soos hy op te tree: noem praktiese voorbeelde van hoe kinders ander kan dien.

4.2 PreekriglynPatricia Miller werk in 'n groot hospitaal se noodgevalle-afdeling. Sy vertel hoe haar werk haar dag vir dag minder en minder sensitief vir mense en hulle nood gemaak het. Die vermoeiende blootstelling aan mense en hulle ellende het na vyf jaar in haar pos sy tol geëis. Sy het mense soos nommers hanteer.

Tot op 'n dag toe God ingegryp en haar oë oopgemaak het.

Patricia was besig om 'n jong vrou wat 'n oordosis dwelmmiddels geneem en selfdood probeer pleeg het, in die hospitaal op te neem. Die moeder van die jong vrou het voor haar gesit. Sy was swak versorg en haar oë het leeg en moeg voorgekom. Sy is in die middel van die nag deur die polisie wakker gemaak en hospitaal toe ontbied nadat haar dogter haar eie lewe probeer neem het. Die moeder kon om een of ander rede net met 'n skor fluisterstem praat.

13

Page 14: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

"Maak tog net gou!", byt Patricia na haar omdat sy nie vinnig genoeg inligting gee nie. Ongeduldig het sy die mediese rekords voltooi en opgespring om afskrifte van die mediese lidmaatskapkaart te maak.

"Skielik voel ek hoe God my in my spore stuit", vertel sy. Sy hoor as't ware 'n stem vir haar sê: "Jy het nie eers na die vrou gekyk nie. Jy sien haar nie raak nie." Sy word oorweldig deur meegevoel vir die moeë vrou en haar dogter. "Ek het my kop laat sak en vir die Here gesê ek is jammer, ek is so jammer."

Patricia gaan sit by die ontstelde moeder en neem haar hande. Sy kyk in haar oë en voel hoe die liefde van God deur haar vloei. Met 'n nuwe klank in haar stem, sê Patricia: "Ek gee vir jou om. Moenie moed opgee nie."

Die vrou, met haar skor stem en al, begin huil toe sy haar storie vertel. Sy ly al jare weens die optrede van haar rebelse dogter, wat ook 'n enkelmoeder is. Nadat sy haar hart uitgestort het, hou die trane op en bedank sy Patricia omdat sy geluister het. "Ek, die koue een met geen gevoel vir my medemens nie", se Patricia, "ek word bedank."

"My gesindheid teenoor my medemens het daardie aand verander. God, wat die wêreld so liefgehad het dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, het die skanse wat ek om my hart gebou het, weggevee. God het na my uitgereik, en deur my na 'n vrou in nood. Dit het my lewe verander"

Om ander raak te sien

Dit is glad nie so vanselfsprekend dat ons ander werklik sal sien nie, sal sien as mense, met die pyn, vertwyfeling, ellende en nood wat hulle beleef nie.

Afstomping kan die oorsaak wees. Patricia is aan soveel nood blootgestel dat sy later net nie meer kon sien nie. Dalk was dit te veel, het dit ondraaglik geword om elke keer weer oop te wees vir die nood van ander. Mense word so maklik net nog 'n nommer, nog 'n geval, nog 'n paar velde wat jy op die rekenaarskerm voor jou moet invul.

Die haastige pas van die lewe, die oorlewingstryd waarin ons vasgevang is, die sorge van die lewe en ons natuurlike selfgerigtheid dra natuurlik ook by. Ons nood is dat ons nie meer sien nie.

Om Jesus raak te sien

Prof Dirkie Smit vertel hoe hy as kind oor die Kerstyd onrustig gevoel het (Woord teen die Lig I/6). Dit alles was aan sy Kinderbybel te danke, wat by die beskrywing van Jesus se geboorteverhaal oor Lukas 2:7b gesê het niemand wou vir Maria en Josef plek gee om te oornag nie, want hulle het nie geweet die jong vroutjie sou die moeder van die Seun van God word nie.

Wat hom gepla het, was hóé moes die mense geweet het sy is die verwagtende moeder van Jesus? Hyself het gewonder: sou hy beter gevaar het? Sou hy die moeder van Jesus, en uiteindelik Jesus self, kon herken?

Waarskynlik is dit nie regtig die punt van die Kersverhaal nie. Maar in die Evangelies is die herkenning van Jesus as Seun van God 'n baie belangrike vraag. Die Fariseërs, Skrifgeleerdes en Priesterhoofde

14

Page 15: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

kon Jesus nie herken nie. Veral rondom die tweede koms van Jesus, is om Hom te herken 'n kritiese vraag. Die toets is: is ons gereed om Hom te ontvang, verwag ons Hom, staan ons reg om Hom by sy tweede koms in te nooi en as't ware vir Hom plek te gee?

Profetiese rede

Ons teksgedeelte kom uit Jesus se profetiese rede, byna teen die einde van die Matteus-evangelie.

In die profetiese rede vertel Jesus sewe gelykenisse, sommige korter en ander langer, almal met die oproep dat ons waaksaam en gereed moet wees om Hom by sy tweede koms te ontvang. Hy vertel van die huiseienaar wat nie weet op watter uur die dief in die nag kom nie, en daarom moet waak. Dis soos die tyd van Noag, toe baie mense nie die tekens van die tye kon lees nie en onverhoeds deur die vloed oorval is.

Jesus beklemtoon baie mense sal nie gereed wees om Hom te ontvang nie. Soos die vyf onverstandige, dwase meisies wat sonder olie in hulle lampe betrap is die Jesus, die bruidegom, in die middel van die nag opdaag. Baie mense sal, soos hulle, weens die tyd, plek, manier en gedaante wat so onverwags, selfs onvanpas, so ongeleë sal wees, dat hulle verleë sal staan.

Of dit is soos 'n man met drie slawe. Hy gaan op 'n reis en gee vir elk talente waarmee hulle moet woeker. By sy terugkoms word die een arbeider onkant gevang, want hy het sy gawes begrawe. Hy word verwerp, want hy was nie waaksaam en gereed nie.

Om Jesus te verwag en te herken, daartoe word ons in die profetiese rede opgeroep. Die rede hiervoor is dat Jesus kom om te oordeel. Sy oordeel sal vryheid en geregtigheid vir sommige beteken, dié wat met die verwagting van sy koms geleef en daarvoor gereed is. Vir ander sal dit veroordeling beteken, omdat hulle op die verkeerde golflengte ingeskakel was, nie ingestel op dit wat werklik saak maak nie.

Hy kom in heerlikheid

Ons teksgedeelte begin met die publieke gesig wanneer die Seun van die Mens weer kom, en op sy koninklike troon gaan sit, gereed om te oordeel. Die koninklike troon vorm die sentrale punt in die ontvouende drama. Die Seun van die mens kom in al sy majesteit, vergesel van al sy engele, om sy plek op die troon in te neem. Dit is 'n magtige oomblik as die Seun van die mens sy plek op die troon inneem. Hy doen dit as die Een aan wie alle mag gegee is (Matt 28:18). Die Seun is Koning en Regter want die Vader het die oordeel aan Hom gegee (Joh 5:22).

By en om die troon is die indrukwekkende engeleskaar en voor die troon, verder as wat die menslike oog kan sien, na alle kante "al die nasies". Dit is onvoorstelbaar! Ja, asemrowend. Al die nasies (die ganse mensdom) is hier voor Hom byeengebring. Dit is die eerste stap in die regsproses.

Die regsproses

15

Page 16: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

Na Jesus se heerlike verskyning volg die tweede stap. 'n Proses van skeiding word voltrek. Die onoorsigtelike skare deel in twee. Soos 'n Oosterse wagter wat sy skape ken, skei die Seun/Regter die "skape" en die "bokke". Die skape beweeg oor na sy regterkant en die bokke na sy linkerkant.

Watter ingrypende gevolge hierdie verdeling meegebring het, word eers teen die einde van ons teks uitgespel. Die Skeiding wat die oordeel bring, sny egter deur alle menslike verbintenisse. Jou lidmaatskap van dit, jou bande met dat, of jou familie van oorsprong, jou aangetroude familie, of die belangrikheid van jou werk, jou status in die lewe, dit alle maak geen verskil nie.

Oordeel

Jesus spreek 'n tweërlei oordeel uit: die positiewe oor dié aan die regterkant van die Seun en die negatiewe oor die aan sy linkerkant. In die eerste geval het die persone positief teenoor die Seun opgetree (34-36) deur aan die geringstes versorging te gee, en in die tweede geval het die Seun tevergeefs op hulle gewag (42-43) deurdat hulle Hom nie in hul medemens raakgesien en bygestaan het nie.

Beide groepe reageer op die uitspraak: die eerstes met groot verbasing "Wanneer het ons . . .?" (37-39) en die tweedes met verbystering "Wanneer het ons . . . en U nie . . .?" (44).

Die geringstes

Die motivering vir die oordeel word kort en kragtig in vers 40 en 45 ten opsigte van elk van die twee groepe gegee. "Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen." En: "Vir sover julle dit ... nie gedoen het nie...."

Wie was hierdie "geringste broers"? Uit ons teks is dit duidelik dat ons hulle nie maklik met een groep mense kan identifiseer nie. Die "skape" en "bokke" in ons teks het waarskynlik gedurende hulle lewe ook nie altyd bewustelik nagedink oor wie die geringstes was nie. Vir hulle was dit doodgewoon mense wat honger is en smag na iets om te eet; mense wat dors is en smag na iets om te drink; vreemdelinge sonder huisvesting wat onderdak nodig het; mense sonder klere wat naak is; wat siek is en sorg nodig het; wat in die tronk is en deur eensaamheid en wroeging verteer word, met ander woorde, alledaagse verskynsels.

Opvallend, is hier geen aanduiding van 'n vaste sosiale groep of selfs verwantskap of geloofs-oortuiging nie. Dit is net mense in nood wat nie oor die vermoë beskik om iets aan hulle nood te doen nie. Daar is ook geen verwysing na hoe hulle in die nood beland het nie. Die harde feit is, hulle is magtelose gevangenes van hulle nood! Hoe daar ook al vir hulle sou vertel of gepreek word om darem iets self te doen om hulle probleme op te los, was daar vir hulle geen moontlikheid om self iets te doen nie. Al sulke moontlikhede was vir hulle afgesny, nie-bestaande. Hulle is volledig aangewese op iemand om hulle raak te sien en hulle in hulle bestaanskrisis te hulp te kom.

Hoe Jesus aan ons verskyn

16

Page 17: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

Hierdie gedeelte het 'n belangrike boodskap. Prof Dirkie Smit:

Ons is slegs gereed vir sy (onverwagse) kom in die tóékoms, as ons sy onverwagse komste en gestaltes in die hede herken en nóú reeds aan Hom herberg gee, vir Hom plek maak. Hy verskyn aan almal van ons, daagliks, duisende kere, in onherkenbare gestaltes, op ongeleë tye, nes destyds daarin Bethlehem en kyk of ons Hom herken en wil dien. (Woord teen die Lig I/6)

Martin Luther het by geleentheid gesê:

Die wêreld is vol van God. In alle stegies, voor jou deur, vind jy vir Christus. Moenie na die hemel gaan en sê: "Ag, as ek onse Here en God tog net kon sién, hoe sou ek Hom alle moontlike dienste bewys nie?" "As jy My wil dien," sê die Here, "moenie onder die engele na My soek nie. Ek sal in jou huis kom, jy sal my honger en behoeftig sien, maak net jou oë oop. As jy My wil liefhê, betoon liefde aan jou naaste." Ja, ons soek Hom waar Hy nie te vinde is nie. Hy het uit die hemel neergedaal ... maar ons wil daarheen opstyg!

Jesus kom elke dag na ons toe. Hy kom in soveel gedaantes en gestaltes, op ongeleë tye. Die vraag is of ons Hom sal herken in die gedaante van die geringstes en gereed sal wees. Dit is die skarnier waarop die oordeel van God draai.

Om ander werklik te sien

Mens raak so maklik verblind dat jy ander nie meer as mense raaksien nie. Maar erger nog: mens raak so maklik verblind, dat jy Jesus nie meer in die gedaante van die ander kan sien nie.

Waar die profetiese rede ons deurgaans oproep om waaksaam te wees, gereed vir Jesus se koms, help hierdie gedeelte ons verstaan hóé ons gereed moet wees. Om moet die lewenskuns aanleer om Jesus in die gestalte van die ander raak te sien. En om op ander se nood te reageer soos dit gepas is om op Jesus se teenwoordigheid te reageer.

Mag die Here ons daagliks ongemaklik maak oor ons afgestompheid en ons onvermoë om ander as mense raak te sien! Mag Hy ons oorweldig met die liefde wat die Heilige Gees in ons harte uitstort, sodat ons ander kan leer sien en dien!

Mag die ongemak oor haar afgestompheid, en die vulling met die liefde van God, wat Patricia Miller daardie dag met die vrou met die leë oë beleef het, daagliks deel van ons lewenservaring word!

Dit is die evangelie

Hierdie teks is die evangelie. Jesus maak ons nuut, sodat ons nuut kan lewe. Jesus dien ons, die geringstes, die grootste van die sondaars, sodat ons bevry kan word om ander te dien.

Hoewel die finale bestemming "ewige lewe" of "ewige straf" is, kan gelowiges nogtans aan die evangelie bly vashou. Die Regter is ons Verlosser. Hy alleen ken ons en het die beslissingsreg oor ons. Veelseggend word nie uitgespel wat die grootte van elke groep was nie! Ons hoor die "gelykenis" as waarskuwing en as les vir ons daaglikse lewe. Wees bedag op die onopgemerkte teenwoordigheid

17

Page 18: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

van Jesus waar nood en lyding is. Wie reg reageer ontvang die ewige lewe. Egter nie as loon nie maar steeds as genadegawe.

5 God stuur ons om te leefGebed

Dankoffer

SlotsangLied 589 Verheerlik aan Gods regterhandF35. Jesus Kom Weer http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F035F57. Ek Sien In My Gees (Oorwinningslied) http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F057

Seën Voorganger: Hy wat dit alles getuig, sê:

“Ja, Ek kom gou!” Gemeente: Amen! Kom, Here Jesus! Voorganger: Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.Gemeente: Amen (Op 22:20-21).

ResponsLied 215 RefreinFlam 57 RefreinVONKK 204 Mag Die Vrede Van Ons Hemelvader http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0204

1.Mag die vrede van ons Hemelvader,die genade van sy Seun, ons Heer,die gemeenskap met die Gees van Waarheidoor ons harte en verstand regeer.Refrein:Heer, ons loof U as die grote Koningwat regeer oor alles wat bestaan.Ons erken U as ons Heer en Meester,Jesus Christus, ons prys u Naam

2.Mag die vrede wat bo ons verstand is,en genade wat ons nuut laat wees,en die eenheid van geloofsgemeenskapons verbind in hart en ook in gees.Refrein:Heer, ons loof U as die grote Koning

18

Page 19: seisoenvanluister.co.zaseisoenvanluister.co.za/downloads/Matteus25_31-46.doc · Web viewAgnus Dei Aankondiging van die koningskap van Christus Kolossense 1:15–20 Leser 1: Die Seun

wat regeer oor alles wat bestaan.Ons erken U as ons Heer en Meester,Jesus Christus, ons prys u Naam.

Teks: Hannes van der Merwe 2010/2012 © Musiek: CHRISTINE – Cecilia van Tonder 2010 (Pro Deo)Kantoryverwerking: Cecilia van Tonder 2012 (Pro Deo) © 2012 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)RUBRIEK: Klassiek – Toetrede en Aanroeping / Gebede / Uitsending

6 Volgende erediensMarkus 13:24-37

Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk

Powerpoint: Wicus Wait

Preekriglyn: Danie Mouton

Proses en ekstra stof: Chris van Wyk

19