Vervaardigers van Juwele & Ewigheidsoomblike...sy het geleer hoe om pêrels te string en om...

4
Vervaardigers van Juwele & Ewigheidsoomblike VILJOEN JUWELIERS (WORCESTER) Hendrieka, of Drieka soos almal haar met deernis noem, het reeds op 8 September 2002 deel van die Viljoen Juweliers familie geword. Drieka het as poleerder by ons begin, maar sy het geleer hoe om pêrels te string en om soldeerwerk te doen. Sy het later geleer om bandjies met leer en tou te maak, om die juweliersware te rhodium plateer en sy was ook ‘n voorslag met administrasie. Na 12jaar staatmaker diens verlaat Drieka ons om kosbare tyd saam met haar kinders, Andre (6) en Melissa (15), te spandeer. Drieka sal ‘n groot leemte by Viljoen Juweliers Worcester laat en ons sal haar grappies, dansies en sprankelende persoonlikheid werklik mis. Drieka, dankie vir al jou moeite en harde werk wat jy ingesit het by Viljoen Juweliers Worcester. En in 2014 is half-edelgesteentes ‘n immergewilde keuse vir menige verbruikers en ontwerpers. Iets om egter in gedagte te hou wanneer jy ‘n steen se duursaamheid oorweeg, is HOE jy dit gaan dra. Die Duitse mineraloog, Friedrich Mohs, het in 1822 die “Mohs Scale” ontwikkel waarmee die hardheid / krapweerstand van stene aangedui word. Hou dus in gedagte dat stene in ringe heelwat houe vat. ‘n Opaalring sal veel gouer skrapies toon en verdof in vergelyking met ‘n robynring. Die eenvoudige aksie wanneer jy jou hand in jou handsak insteek kan beteken dat jou steen teen sleutels, botteltjies of harde voorwerpe stamp. Half-edelgesteentes verskaf ons soveel genot en is baie bekostigbaar vir iets van soveel waarde, maar ons moet onthou hulle blink nie net nie, hulle is ‘sensitief’ ook. Kom gesels met ons kundiges by Viljoen Juweliers Worcester en ons help jou met unieke ontwerpe vir jou stene…hanger, borsspeld, ring of oorringe? Reeds op 11 Desember 1980 het The Southeast Missourian berig dat die gebruik van half-edengesteentes die nuutste modegier is. Bulgari het toe reeds die pas aangegee met die gebruik van edelgesteentes en half-edelgesteentes in dieselfde ontwerp. Bekende ontwerpe van Bulgari was destyds sy 18 karaat goue ketting met ‘n hanger van pienk toermalyn en ametis, ‘n pêrel halsnoer geset met koraal, safiere en diamante…enige kombinasie waaraan jy moontlik kon dink. Ons groet ‘n staatmaker Hendrieka Heradien Half-edelgesteentes se ‘sensitiewe’ kant? VILJOEN JUWELIERS NUUSBRIEF #1 +27 23 347 0682 Hoogstraat 68, Worcester www.facebook.com/ViljoenJewel

Transcript of Vervaardigers van Juwele & Ewigheidsoomblike...sy het geleer hoe om pêrels te string en om...

Page 1: Vervaardigers van Juwele & Ewigheidsoomblike...sy het geleer hoe om pêrels te string en om soldeerwerk te doen. Sy het later geleer om bandjies met leer en tou te maak, om die juweliersware

Vervaardigers van Juwele &

EwigheidsoomblikeViljoen juweliers

(worCesTer)

Hendrieka, of Drieka soos almal haar met deernis noem, het reeds op 8 September 2002 deel van die Viljoen Juweliers familie geword. Drieka het as poleerder by ons begin, maar sy het geleer hoe om pêrels te string en om soldeerwerk te doen. Sy het later geleer om bandjies met leer en tou te maak, om die juweliersware te rhodium plateer en sy was ook ‘n voorslag met administrasie. Na 12jaar staatmaker diens verlaat Drieka ons om kosbare tyd saam met haar kinders, Andre (6) en Melissa (15), te spandeer. Drieka sal ‘n groot leemte by Viljoen Juweliers Worcester laat en ons sal haar grappies, dansies en sprankelende persoonlikheid werklik mis. Drieka, dankie vir al jou moeite en harde werk wat jy ingesit het by Viljoen Juweliers Worcester.

En in 2014 is half-edelgesteentes ‘n immergewilde keuse vir menige verbruikers en ontwerpers. Iets om egter in gedagte te hou wanneer jy ‘n steen se duursaamheid oorweeg, is HOE jy dit gaan dra. Die Duitse mineraloog, Friedrich Mohs, het in 1822 die “Mohs Scale” ontwikkel waarmee die hardheid / krapweerstand van stene aangedui word. Hou dus in gedagte dat stene in ringe heelwat houe vat. ‘n Opaalring sal veel gouer skrapies toon en verdof in vergelyking met ‘n robynring. Die eenvoudige aksie wanneer jy jou hand in jou handsak insteek kan beteken dat jou steen teen sleutels, botteltjies of harde voorwerpe stamp.

Half-edelgesteentes verskaf ons soveel genot en is baie bekostigbaar vir iets van soveel waarde, maar ons moet onthou hulle blink nie net nie, hulle is ‘sensitief’ ook. Kom gesels met ons kundiges by Viljoen Juweliers Worcester en ons help jou met unieke ontwerpe vir jou stene…hanger, borsspeld, ring of oorringe?

Reeds op 11 Desember 1980 het The Southeast Missourian berig dat die gebruik van half-edengesteentes die nuutste modegier is. Bulgari het toe reeds die pas aangegee met die gebruik van edelgesteentes en half-edelgesteentes in dieselfde ontwerp. Bekende ontwerpe van Bulgari was destyds sy 18 karaat goue ketting met ‘n hanger van pienk toermalyn en ametis, ‘n pêrel halsnoer geset met koraal, safiere en diamante…enige kombinasie waaraan jy moontlik kon dink.

Ons groet ‘n staatmaker Hendrieka Heradien

Half-edelgesteentes se ‘sensitiewe’ kant?

VILJOEN JUWELIERS NUUSBRIEF #1

+27 23 347 0682 Hoogstraat 68, Worcester www.facebook.com/ViljoenJewel

Page 2: Vervaardigers van Juwele & Ewigheidsoomblike...sy het geleer hoe om pêrels te string en om soldeerwerk te doen. Sy het later geleer om bandjies met leer en tou te maak, om die juweliersware

Hoe lank werk jy al by Viljoens?Sewe jaar. Waarheen sal jy graag eendag wil reis?Ek sal graag die hele Suid-Afrika wil plat toer. Wat is jou droom motor?‘n BMW M3 Hoeveel kinders het jy?Drie: Curtus 13jaar , Mandy 10jaar , McAlastair 5jaar. Wie is jou rolmodel?My oupa, hy was n baie hard werkende man wat altyd alles vir sy familie gedoen het. Wat is vir jou die slegste van jou werk?Dat mense oor die algemeen nie altyd besef dat alles nie so maklik is soos wat dit lyk nie. Vir watter dier is jy die bangste?‘n Slang, hulle het altyd die vermoë om mens te verras. Wat is jou gunsteling kos?Breyani, my ma se breyani is lekker maar as ek dit maak is dit nog lekkerder! Aan hoeveel stukke juweliersware werk jy in ‘n week?‘n Minimum van 70 stukke. Wat geniet jy die meeste van jou werk?Ek wou van st 7 af al juwelierswerk gedoen het, so elke liewe stukkie werk wat ek doen is vir my lekker.

Alli is in Porterville gebore. Hy het te Laerskool Willem Vallei en Hoërskool Porterville skoolgegaan. Alli se eerste werk was as konstruksiewerker en na slegs 3 maande het hy besluit om na Worcester te verhuis. Alli het toe by Munnik Juweliers begin as bode en het self meer oor juweliersware begin leer asook hoe om dit te vervaardig. Na slegs 4 dae het Alli self juwele begin maak. Alli het vir 5jaar by Munniks gewerk en is later by Viljoen Juweliers Worcester deur Howie Viljoen in diens geneem waar hy die kuns van juweliersherstel bemeester het.

Ek beskou Allistair as ‘n absolute spesialis in sy werk, nie net in Worcester nie maar in die land. Allistair werk nou met ‘n nuwe masjien soortgelyk aan ‘n laser en is waarskynlik ook die beste daarmee. Die nuwe moontlikhede hiermee is eindeloos. Hy kan nou sonder om ‘n halfedelgesteente te brand direk op die steen soldeer. Hy kan ‘n ring herstel sonder om ‘n pêrel of paneel te vervang! - Howie Viljoen

Allistair Fortuin

“Ek sal nooit my eerste ring vergeet wat ek gemaak het nie ...”

2

LEER ONS MENSE KEN

Allistair Fortuin

Page 3: Vervaardigers van Juwele & Ewigheidsoomblike...sy het geleer hoe om pêrels te string en om soldeerwerk te doen. Sy het later geleer om bandjies met leer en tou te maak, om die juweliersware

Hoe lank werk jy al by Viljoen Juweliers Worcester?24 jaar.

Wat is jou gunsteling juweliersware?Silwer oorkrabbers.

Wat is vir jou die moeilikste van jou werk?

Kliënte wat nie altyd verstaan nie.

Hoeveel kinders het jy?Vier: Ferrin (21), Keenan (18), Leighvale (15), Cowan (6).

Waar is jy en jou man getroud?Calvynse kerk in Worcester.

Wat is jou gunsteling kos?

Pasta.

Gee een woord wat jou die beste beskryf?Rustigheid.

Vir watter dier is jy die bangste?

‘n Hond, my nefie en niggie was gebyt toe hulle klein was en dit was aaklig om te sien.

Wat is jou gunsteling tipe musiek?

Jazz en klassieke musiek.

Hoe het jy by Viljoens Juweliers Worcester begin werk?24 jaar gelede het ek gekom vir ‘n onderhoud en toe het Mnr.Wiekus Viljoen my aangestel. Hy is nou huidiglik by

Stellenbosch en die Paarl tak.

Julene is gebore in Worcester en het hier groot geword. Sy was in Esselen Park Hoërskool en het direk na skool by Viljoen Juweliers Worcester begin werk.

“Behalwe dat Julene die herstel van horlosies beheer, het sy ongelooflike talent in die uitstal van juweliersware.” - Howie Viljoen

Julene Titus

3

LEER ONS MENSE KEN

Page 4: Vervaardigers van Juwele & Ewigheidsoomblike...sy het geleer hoe om pêrels te string en om soldeerwerk te doen. Sy het later geleer om bandjies met leer en tou te maak, om die juweliersware

Elke dag ‘n skitterende dag met

Viljoen juweliers (worCesTer)

By Viljoen Juweliers Worcester glo ons in uitsonderlike diens en net die beste kwaliteit. Ons kliënte verdien niks minder nie. Vir daardie rede gaan Viljoen Juweliers in die toekoms spesialiseer daarin om jou juwele, en slegs juwele, te graveer. Tasbare ewigheidsoomblikke is ons passie.

Geeneen kan ooit te veel hulp tuis kry nie! Wanneer die lus vir gesels en ‘n koppie koffie jou oorweldig tydens Desember, kom loer in dan poleer ons jou juwele gratis! Alle juwele op die foto’s in dié nuusbrief is by Viljoen juweliers Worcester beskikbaar. Geseënde Kersfees!

Ons klante is ons waardevolste bate en vir daardie rede gee ons graag terug aan jou en jou geliefdes.

Met die aankoop van ‘n verloofring sal die gelukkige paartjie nie minder nie as 3 geskenkbewyse ontvang. Dit beteken dat jy met jou volgende 3 aankope

15% korting by Viljoen Juweliers Worcester sal ontvang. Paartjies wat gedurende die afgelope jaar verloof geraak het, kom herinner ons asseblief daaraan en natuurlik sal julle ook dieselfde 3 geskenkbewyse ontvang! Viljoen Juweliers Worcester weet maar te goed dat julle BAIE ewigheidsoomblikke gaan vier…en hierdie is dus ‘n goeie hupstoot!

In kort ... Ons geskenk aan jou

+27 23 347 0682 Hoogstraat 68, Worcester www.facebook.com/ViljoenJewel