1academic.sun.ac.za/Academic/Agric/news/Issue8May2004.pdf · verdeling is 887 baccalaureus-, 239...

6
Uitgawe/Issue #8 NUUSBRIEF / NEWSLETTER May 2004 Stuur asseblief enige nuuswaardige Landbou en Bosbou nuusbrokkies of artikels (met of sonder foto’s) aan [email protected] . Nuusitems wat ons bereik voor of in die derde week van elke maand sal in die maandelikse nuusbrief geplaas word. Ons poog om nuusbriewe tydens die laaste week van elke maand uit te stuur en op die fakulteit se webwerf te plaas (www.sun.ac.za/agric/ ). Julle is ook welkom om die nuusbrief aan belangstellendes aan te stuur. Please send any newsworthy Agriculture and Forestry news bits or articles (with or without photo’s) to [email protected] . News items that reach us before or in the third week of each month will be included in the monthly newsletter. We aim to e-mail each month’s newsletter during the last week of each month. The newsletters will also be placed on the Faculty’s web page (www.sun.ac.za/agric/ ). You are welcome to distribute the newsletter to any interested party. Artikels/Articles Top-beurs aan student in Voedselwetenskap 1 AFMA hou studentesymposium 1 Nege graduandi by die Instituut vir Wynbiotegnologie 2 Sterilisasie van voedingsoplossings vir grondlose plantproduksie maak hergebruik van water moontlik 3 Enkele statistieke aangaande grade in bosbou 4 Nasionale Wetenskapweek 2004 (10-15 Mei) 4 NIR S uid begin in Fakulteit Landbou- en Bosbouwetenskappe 5 Kontak ons by: / Contact us: Subscribe / Unsubscribe [email protected] Nuwe nuus items / New news items [email protected] Navrae / Inquiries [email protected] Fakulteits Webwerf / Faculty Webpage http://www.sun.ac.za/agric/ Top-beurs aan student in Voedselwetenskap Die 2004 Brian Koeppen Gedenkstudiebeurs van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Voedselwetenskap en Tegnologie is toegeken aan een van ‘n Magister student van die Departement Voedselwetenskap, me Louwna-marie Gie. Hierdie is die top beurs van die SA Voedselindustrie vir "Academic Excellence". Dit is die 6de toekenning vir Stellenbosch Universiteit oor die laaste 8 jaar. AFMA hou studentesymposium AFMA (Animal Feed Manufacturers Association - Vereniging vir Veevoervervaardigers) het op 29 April weer hulle jaarlikse studentesymposium by die Veekunde Wetenskappe departement gehou. Die tema van die symposium was “The Animal Feed Industry” en alle Veekunde personeel en studente is na die geleentheid uitgenooi. Die doel van die symposium is om studente bewus te maak van die Veevoerbedryf en geleentheid te gee om kontak te maak met die privaatsektor. Persone uit die privaatsektor soos Nulaid, Bester Feed & Grain Exchange en Alltech het die studente toegespreek. Dr Ciacciariello en Dr Ferreira was die voorsitters vir die geleentheid.

Transcript of 1academic.sun.ac.za/Academic/Agric/news/Issue8May2004.pdf · verdeling is 887 baccalaureus-, 239...

Page 1: 1academic.sun.ac.za/Academic/Agric/news/Issue8May2004.pdf · verdeling is 887 baccalaureus-, 239 honneurs-, 177 magister- en 36 doktorale grade. Van ... “makliker” is om ‘n

1

������������� ���� �� �����������

������� ���������������� �������������

Uitgawe/Issue #8 NUUSBRIEF / NEWSLETTER May 2004 Stuur asseblief enige nuuswaardige Landbou en Bosbou nuusbrokkies of artikels (met of sonder foto’s) aan [email protected]. Nuusitems wat ons bereik voor of in die derde week van elke maand sal in die maandelikse nuusbrief geplaas word. Ons poog om nuusbriewe tydens die laaste week van elke maand uit te stuur en op die fakulteit se webwerf te plaas (www.sun.ac.za/agric/). Julle is ook welkom om die nuusbrief aan belangstellendes aan te stuur. Please send any newsworthy Agriculture and Forestry news bits or articles (with or without photo’s) to [email protected]. News items that reach us before or in the third week of each month will be included in the monthly newsletter. We aim to e-mail each month’s newsletter during the last week of each month. The newsletters will also be placed on the Faculty’s web page (www.sun.ac.za/agric/). You are welcome to distribute the newsletter to any interested party.

Artikels/Articles Top-beurs aan student in Voedselwetenskap 1 AFMA hou studentesymposium 1 Nege graduandi by die Instituut vir Wynbiotegnologie 2 Sterilisasie van voedingsoplossings vir grondlose plantproduksie maak hergebruik van water moontlik

3

Enkele statistieke aangaande grade in bosbou 4 Nasionale Wetenskapweek 2004 (10-15 Mei) 4 NIRSuid begin in Fakulteit Landbou- en Bosbouwetenskappe 5

Kontak ons by: / Contact us:

Subscribe / Unsubscribe [email protected] Nuwe nuus items / New news items [email protected] Navrae / Inquiries [email protected] Fakulteits Webwerf / Faculty Webpage http://www.sun.ac.za/agric/

Top-beurs aan student in Voedselwetenskap

Die 2004 Brian Koeppen Gedenkstudiebeurs van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Voedselwetenskap en Tegnologie is toegeken aan een van ‘n Magister student van die Departement Voedselwetenskap, me Louwna-marie Gie. Hierdie is die top beurs van die SA Voedselindustrie vir "Academic Excellence". Dit is die 6de toekenning vir Stellenbosch Universiteit oor die laaste 8 jaar.

AFMA hou studentesymposium

AFMA (Animal Feed Manufacturers Association - Vereniging vir Veevoervervaardigers) het op 29 April weer hulle jaarlikse studentesymposium by die Veekunde Wetenskappe departement gehou. Die tema van die symposium was “The Animal Feed Industry” en alle Veekunde personeel en studente is na die geleentheid uitgenooi. Die doel van die symposium is om studente bewus te maak van die Veevoerbedryf en geleentheid te gee om kontak te maak met die privaatsektor. Persone uit die privaatsektor soos Nulaid, Bester Feed & Grain Exchange en Alltech het die studente toegespreek. Dr Ciacciariello en Dr Ferreira was die voorsitters vir die geleentheid.

Page 2: 1academic.sun.ac.za/Academic/Agric/news/Issue8May2004.pdf · verdeling is 887 baccalaureus-, 239 honneurs-, 177 magister- en 36 doktorale grade. Van ... “makliker” is om ‘n

2

Van links na regs: Dr Manley (Voedselwetenskap), Dr Ciacciariello (Veekundige Wetenskappe), Dr Ferreira (Veekundige Wetenskappe) en Mnr Selaledi (Nulaid)

Nege graduandi by die Instituut vir Wynbiotegnologie

Die Departement Wingerd-en Wynkunde (DWW) en die Instituut vir Wynbiotegnologie (IWBT) van die Universiteit Stellenbosch het met die afgelope April 2004-gradeplegtigheid nege graduandi opgelewer. Drie van die graduandi gaan as nadoktorale genote hul navorsing voortsit, twee studente gaan onderskeidelik hul meesters- en doktorale studies aan die DWW en IWBT aanpak, terwyl vier van hulle in die wynbedryf en ander navorsingsinstansies aangestel is. Hierdie studente se navorsingsprojekte was deel van die IWBT se Wingerd- en Wynbiotegnologie-navorsingsprogram, wat fokus op die verbetering van wingerd, wyngiste en bakterieë vir omgewingsvriendelike, kwaliteitgedrewe, volhoubare en koste-effektiewe produksie van druiwe, wyn, brandewyn en ander druifgebaseerde produkte. Vir meer inligting oor die DWW en IWBT, besoek ons webwerwe by www.sun.ac.za/agric/viti_oenol en www.sun.ac.za/wine_biotechnology of kontak ons by (021) 808-3770 of [email protected]

Agter: Philip Young (PhD), Caroline Snyman (PhD), Albert Joubert (PhD), Neil Jolly (PhD), Jean-Louis de Klerk (Hons Agric). Voor: Nydia Potgieter (MSc), Jaco Franken (MSc), Reinette Champanis (Esterhuizen) (PhD), Hèléne Nieuwoudt (PhD)

Page 3: 1academic.sun.ac.za/Academic/Agric/news/Issue8May2004.pdf · verdeling is 887 baccalaureus-, 239 honneurs-, 177 magister- en 36 doktorale grade. Van ... “makliker” is om ‘n

3

Sterilisasie van voedingsoplossings vir grondlose plantproduksie maak hergebruik van water moontlik

Prof GA Agenbag, hoof van die depantement Agronomie en Mnr Jaap Boelens, wat ‘n Beeckman UV steriliseringsapparaat aan die departement geskenk het

Twee probleme mag ontwikkel waar voedingsoplossings vir grondlose plantproduksie hergebruik word. Die eerste is dat chemiese wanbalanse mag ontwikkel en die tweede is dat skadelike swamme, bakterië of virusse in die water mag akkumuleer. Chemiese wanbalanse ontwikkel waar die verhouding tussen die verskillende voedingselemente of ione oor tyd verander indien ‘n standaard voedingsresep gevolg word. Sommige ione mag dan tot toksiese vlakke opbou terwyl ander te vinnig opgebruik word. Ten einde hierdie probleem te oorkom is die kundigheid van Belgiese en Nederlandse kollegas opgesoek. Weens probleme met te veel opgeloste misstowwe in hul watergragte en riviere, was wetgewing nodig om die vrylating van verrykte afloopwater in daardie lande te verbied. Hulle beskik dus oor die kundigheid om die samestelling van voedingsoplossings in geslote sisteme (geen afloop nie) te bestuur. Die tweede probleem, naamlik om water vir hergebruik te steriliseer, word in die laaglande hoofsaaklik met UV gedoen. Weens die goeie kontak wat tussen personeel van die departement Agronomie en die Katholieke Universiteit Leuven bestaan, is kontak met ‘Beeckman’ gemaak, ‘n maatskappy wat UV sterilisasie toerusting ontwikkel het. Die besturende direkteur, Mnr Jaap Boelens, het goedgunstiglik toerusting ter waarde van R 30 000 aan die departement Agronomie geskenk wat reeds twee maande in gebruik is. Hy het op ‘n onlangse besoek aan Suid-Afrika ook Stellenbosch besoek en ‘n lesing oor waterkwaliteit by die departement Agronomie aangebied wat ook deur personeel van Akwakultuur bygewoon is. Hy is positief oor die potensiaal van hidrokultuur bedrywe in ons omgewing en het ‘n verdere toerusting-skenking ter waarde van R 25 000 vir die kweekhuiskompleks op Welgevallen beloof waarmee voedingskonstentrate bestuur kan word. Vir die eerste keer word daar nou, danksy UV sterilisasie wat die opbou van watergedraagde siektes voorkom, langtermyn voedingsproewe in ‘n geslote sisteem op Welgevallen gedoen. Die projek word deur Dr Nic Combrink (Agronomie) in samewerking met Ir. Stan Deckers van ‘Bodemkundige Dienst van België’ uitgevoer. Die resultate hiervan sal 2-3 November tydens ‘n simposium bespreek word. Navrae kan aan Dr Combrink gerig word ([email protected]).

Page 4: 1academic.sun.ac.za/Academic/Agric/news/Issue8May2004.pdf · verdeling is 887 baccalaureus-, 239 honneurs-, 177 magister- en 36 doktorale grade. Van ... “makliker” is om ‘n

4

Enkele statistieke aangaande grade in bosbou

Tydens die mees resente gradeplegtigheid verlede maand is die 1339ste graad in bosbou sedert Desember 1934 toegeken. In hierdie konteks sluit bosbou die rigtings boskunde, houtkunde en natuurbewaring, asook parke- en rekreasie administrasie in (dws grade toegeken deur die voormalige Fakulteit Bosbou). ‘n Allemintige 13 verskillende grade is hierby betrokke en die verdeling is 887 baccalaureus-, 239 honneurs-, 177 magister- en 36 doktorale grade. Van laasgenoemde was daar 9 DSc grade en die res is “alledaagse” PhD grade. Die skaarsste grade (versamelwaarde?) is die enkele M.Phil toegeken aan Brian Pierce in Maart 2000 en die enkele M (Parke en Rekreasie Administrase) toegeken aan Michael Young in Desember 1991. Slegs 6 MSc (Bosbouwetenskappe) is al ooit toegeken. Dié magistergraad word toegeken vir studente wie se voorgraadse onderbou in ‘n dissipline anders as bosbou (bv genetika of hortologie) was. Van die 6 is 5 by een gradeplegtigheid toegeken, in Desember 1998, maar dit was nie een “klasgroep” as sulks nie; toevallig het 3 van hulle ook saam die graad Honneurs BSc (Bosbouwetenskappe) in Maart 1997 ontvang. Verreweg die kleinste bydrae deur bosbou tot ‘n gradeplegtigheid was in Desember verlede jaar toe slegs 3 grade toegeken is; 1 BSc, 1 MSc en 1 MFor. Tydens die ooreenstemmende plegtigheid in 1994 is 36 grade toegeken. Oor die laaste dekade is 349 grade toegeken waarvan 29 (8%) cum laude was, en van dié was 23 (�80%) vir hoër grade. ‘n Mens kan tot die gevolgtrekking kom dat dit dus duidelik is dat dit “makliker” is om ‘n hoër graad met lof te slaag as om ‘n onderskeiding in die eerste graad te kry. Dit toon natuurlik dat slegs die beste studente materiaal deurvloei na nagraadse studie. A.g.v. die nuwe millennium (wie onthou nog die drama rondom Y2K en die “millennium bug”?) dui huidige studentenommers nie meer die eerste jaar van inskrywing aan nie. Dit sal seker interessanthede in die toekoms verdoesel. Met die ou nommers kan ‘n mens byvoorbeeld agterkom dat Lewis Silberbauer in Desember 1999 ‘n nagraadse diploma in houtkunde verwerf het; dit nadat hy in 1955 as eerstejaar geregistreer het. Daar is min mense wat na 44 jaar nog lus is vir “swot”! Die verandering in studentenommers gaan analise m.b.t. deurvloeikoerse bemoeilik. Vir die laaste 8 jaar waarvoor dit nog vasgestel kon word is 71 van die 170 eerstegrade, dws 42%, na die minimum tyd toegeken (m.a.w. die kandidate het hul B-grade ontvang tydens die Desember gradeplegtigheid vier jaar na die aanvang van hul studie). Nog 14 (8%) het tydens die daaropvolgende aanvullende gradeplegtigheid in Maart gegradueer, en het blykbaar slegs ‘n enkele hereksamen of twee gekort om te gradueer. Die ander 85, presies die helfte, het dus ten minste een jaar ekstra geneem om die eerste graad te verwerf. Lesers sal die berig onthou vanuit die mees resente gradeplegtigheid toe wyle Deidré Alias se BFor graad postuum aan haar ma toegeken is. Dit is ‘n hartseer gebeurtenis in vergelyking met die ander 1338 ontvangers van grade in die bosbou sedert die eerste in Desember 1934 aan Jacobus Steyn toegeken is. Terloops, hy was ook vir 5 jaar ingeskryf!

Nasionale Wetenskapweek 2004 (10-15 Mei)

Die Universiteit van Stellenbosch het aan die pas afgelope Nasionale Wetenskapweek te MTN ScienCentre in Canal Walk, Century City deelgeneem en was verteenwoordig deur die Fakulteite Landbou- en Bosbouwetenskappe, Natuurwetenskappe en Ingenieurswese, wat saam onder die vaandel “Science at Stellenbosch” uitgestal het. Die week was uiters geslaagd en het ten doel

Page 5: 1academic.sun.ac.za/Academic/Agric/news/Issue8May2004.pdf · verdeling is 887 baccalaureus-, 239 honneurs-, 177 magister- en 36 doktorale grade. Van ... “makliker” is om ‘n

5

gehad om wetenskap, ingenieurswese en tegnologie (SET) aan ons skoolgaande kinders bekend te stel. Ons fakulteit was deurgaans verteenwoordig deur ‘n personeellid, asook deur lede van die AFSA Komitee om landbou en landbouloopbaangeleenthede bekend te stel en het ‘n baie treffende uitstalling gehad van die landsvlag gepak deur vrugte, die wyngistingsproses, ‘n windbreekmodel en ‘n banier wat die hele voedselproduksieproses grafies uitgebeeld het. Hoewel die meerderheid skoliere jonger as verwag was, is duisende leerders nietemin bereik deur nie net ons loopbaangerigte benadering tot die week nie, maar ook deur verskeie inligtingstukke en plakkers met slagspreuke soos: “Agri-Science is… OPPORTUNITY@Stellenbosch” en “Science is… BEST@Stellenbosch”, wat aan belangstellende skoliere uitgedeel is. Die samewerking van al die betrokke personeel en AFSA-lede het bygedra daartoe dat ons een van die mees aanloklike en insiggewende stalletjies gehad het! (Francois van de Vyver van Departement Veekundige Wetenskappe het die Fakulteit se uitstalling geko-ordineer)

Skoliere geniet die Fakulteit se uitstalling by die SET week

NIRSuid begin in Fakulteit Landbou- en Bosbouwetenskappe

Naby infrarooi spektroskopie (NIRS) word toenemend in Suid-Afrika toegepas in die landbou-, voedsel-, wyn- en distilleringsindustrieë. Dit behels kwantitatiewe en kwalitatiewe ontleding van produkte tydens kwaliteitskontrole. Deur die gemeenskaplike inisiatief van Drs Marena Manley en Hélène Nieuwoudt, is ‘n nasionale Naby Infrarooi Spektroskopie groep (NIRSuid) op Dinsdag 30 Maart 2004 gestig. Dr Marena Manley (Department Voedselwetenskap) doen vir etlike jare navorsing oor die toepassing van NIRS. Sy het 9 eweknie-geëvalueerde en 6 artikels in konferensieverrigtinge gepubliseer en was betrokke by 27 konferensie-aanbiedinge, waarvan 4 as genooide spreker, met betrekking tot NIRS. Sewe NIRS MSc projekte is ook suksesvol onder haar leiding voltooi. Die projekte het toepassings soos die hardheid van koring, opbergingsvermoë van perskes en appelkose, kwantitatiewe analise van wyn en duiwelsklou, oksidasiestatus van plantaardige olies en die identifisering van wyngiste ingesluit. Marena dien tans op die raadgewende komitee van die Internasionale Raad van NIRS (ICNIRS), die raadgewende raad van die Internasionale tydskrif van NIRS (JNIRS) en is Redakteur-Afrika van die nuusbrief van die Raad van NIRS (CNIRS). Sy het gevestigde samewerkings met verskeie navorsers in die internasionale NIRS gemeenskap en het op uitnodiging deelgeneem aan twee werkswinkels by Büchi, Flawil, Switserland oor die ontwikkeling van NIRS apparate en sagteware. As gevolg hiervan is ‘n Büchi NIRLab-200 spektrofotometer tot die beskikking van Departement Voedselwetenskap gestel en ‘n driedaagse

Page 6: 1academic.sun.ac.za/Academic/Agric/news/Issue8May2004.pdf · verdeling is 887 baccalaureus-, 239 honneurs-, 177 magister- en 36 doktorale grade. Van ... “makliker” is om ‘n

6

chemometrika en NIRCal 4.21 sagteware kursus, op Büchi se onkoste, by die departement aangebied. Die departement beskik oor ‘n volledige NIRS literatuur databasis vanaf 1800 tot huidig, wat meer as 23 000 inskrywings bevat en jaarliks opgedateer word. Dr Hélène Nieuwoudt het in April 2004 haar PhD verwerf met die proefskriftitel “Glycerol and Wine”. Sy het die Foss WineScan FT120 gebruik om metodes vir die kwantifisering van gliserol in wyn te optimiseer vir vinnige en akkurate roetine bepalings, asook vir die evaluering van die fermentasieprofiele van wyngiste. Met hierdie studie is navorsing oor die toepassing van Fourier-transformasie mid-infrarooi spektroskopie (FT-IR), in druiwesap en wyn by die Instituut vir Wynbiotegnologie, Departement Wingerd- en Wynkunde, geïnisieer en gevestig. Hélène is tans verbonde aan die Chemiese Analitiese Laboratorium, IWBT waar infrarooi spektroskopie haar verantwoordelikheid is. Die doelwitte van NIRSuid is (verkort): Opleiding in NIRS deur aan lede die geleentheid te bied om hul:

�� kennis, ervaring en toepassing van NIRS en chemometrika uit te brei; �� op hoogte te bly met NIRS literatuur en chemometrika; �� vertroud te raak met die naby- en mid-infrarooi instrumentasie; en �� lesings deur spesialiste in die veld van spektroskopie by te woon.

Vorming van ‘n NIRS netwerk deur: �� samewerking tussen US departemente aktief te stimuleer sodat NIRS spektrofotometers en

kennis optimaal benut sal word; �� samewerking met nasionale en internasionale universiteite, navorsingsinstansies,

kommersiële analitiese laboratoriums en verskaffers van NIRS apparate te bevorder; en �� die uitgee van ‘n nuusbrief (Southern Vibrations).

Bevordering van navorsing deur: �� in voeling te bly met praktiese probleme in die voedsel- en wynindustrieë in Suid-Afrika.

Dienslewering deur: �� vestiging en beskikbaarstelling van fasiliteite en kennis aan die industrie; en �� aanbieding van seminare en werkswinkels.

Die US lede van die groep kom tans twee weekliks bymekaar en behalwe nagraadse studente is dr Martin Kidd van Statistiese Konsultasie Dienste ook ‘n voltydse lid van NIRSuid. NIRSuid word reeds ondersteun deur prof Fred McClure, Emeritus Professor, NC State Universiteit en hoofredakteur van “The NIR Spectrum”, nuusbrief van die CNIRS in die VSA. Persone (binne of buite die US) wat meer inligting verlang of by NIRSuid wil aansluit is welkom om Marena ([email protected], X3511) of Hélène ([email protected], X4786) te kontak óf kyk uit vir die eerste uitgawe van die nuusbrief “Southern Vibrations, wat jou op hoogte hou met die wetenskap en kuns van NIRS en sy mense”, wat binnekort beskikbaar is by www.sun.ac.za/foodsci!!

Vlnr: Eszter Trenka (Büchi, Switserland), Hélène Nieuwoudt, Mariza Botha, Kerstin Eberle (MSc in Voedelwetenskap studente) en Marena Manley tydens die NIRCal kursus.