Verbond

23
My alles vir jou . . .

Transcript of Verbond

My alles vir jou . . .

Ons sou dus kon sê dat die Bybel bestaan uit die Ou Verbond & Nuwe Verbond

Die Bybel bestaan uit 2 dele: Die Ou Testament & die Nuwe Testament . . .

“Testament” in Latyn is “Testamentum”In sy mees korrekte vorm, word dit met die woord “Verbond”vertaal

“Verbond” in Hebreeus is “Berith” en in Grieks “Diatheke”Dit beteken letterlik: “om te sny”

Die “sny” van ‘n bloedverbond behels dat daar bloedvloeiing plaasvind

In die Skrif sien ons hoe God met beelde en gelykenisse iets uit die bekende of natuurlike wêreld neem, om later ‘n geestelike betekenis daaraan te koppel. . .

Die Ou Testament is vir ons ‘n heenwysing na die nuwe TestamentDit verwys na die verlossingsplan wat God in gedagte gehad het. . .

Om die volle betekenis van die nuwe verbond te verstaan, is dit nodig om in die Ou Testament te kyk hoe verbondsluiting plaasgevind het

‘n Baie goeie voorbeeld van ‘n bloedverbond uit die Ou Testament, was tussen Dawid en Jonatan

Uit liefde vir mekaar het hulle ‘n lewenslange ooreenkoms met mekaar aangegaan

Hiermee het hul beloof om nie net na mekaar om te sien nie, maar ook vir mekaar se nageslagte verantwoordelikheid te aanvaar - 1 Sameul 18

‘n Daad waardeur twee partye in ‘n lewenslange versoeningsooreenkoms met mekaar tree

Wat is ‘n Bloedverbond?

Hierdie beginsel van ooreenstemming het groot krag in die geestesrealm . . .

• Dit mag nooit verbreek word nie • Verbreking is strafbaar met die dood. . .

Die Bloedverbond is die intiemste, Langdurigste, Ernstigste; en Heiligste van alle ooreenkomste op aarde . . .

In die Bybel se tyd het die sluiting van ‘n bloedverbond uit 9 stappe bestaan

Nêrens in die Skrif word die 9 stappe in volgorde beskryf nie

Ons vorm ‘n prentjie van die verloop van die proses deur na die verskillende voorbeelde van verbondsluiting in die Skrif te kyk . . .

Omruiling van die bo-kleed

Die prosedure van die verbondsluiting soos in die Ou Testament

1 Sam. 18:4

Daarby trek Jonatan sy mantel uit wat hy aangehad het & gee dit aan Dawid, ook sy klere, ja, selfs sy swaard & sy boog & sy gordel . . .

‘n Persoon se bo-kleed verteenwoordig sy karakter en persoonlikheidMet die omruiling van die kleed, gee die persoon homself

as waarborg dat hy met die ander persoon in ooreenkoms gaan. . .

‘n Persoon se wapens (dolk, boog en pyle, swaard) is aan sy gordel gedraMet uitruiling verseker hulle mekaar van hul sterkte en ondersteuning

Hulle onderneem om mekaar te beskerm, sou een aangeval word

Omruiling van gordel

1 Sam. 20:8 en 15

Dawid se aan Jonathan (Koning Saul se seun): “Bewys dan guns aan jou dienaar, want jy het my met jou saam in ‘n verbond van die Here gebring: As daar by my ‘n misdaad is, maak jy my self dood, waarom tog sou jy my na jou vader bring?

Jonathan aan Dawid:

Jy sal ook nimmer aan my huis jou guns onttrek nie; wanneer die Here jou vyande een vir een van die aarde af uitroei nie

Die 2 persone wat die verbond sny, stap tussen die dele deur . . .

Sny die verbond

'n Dier word in 2 dele gesny en die 2 dele word soos ‘n spieëlbeeld teenoor mekaar gestel. . .

Hiermee sê die verbondspartye aan mekaar dat hulle geen reg op hul eie lewens meer het nie Hulle neem ‘n nuwe lewe van opoffering teenoor mekaar op. . .

Indien die verbond verbreek word, kan daar met hulle gemaak word soos met die diere. . .

Genesis 15 : 10

Abram het alles vir God gebring & dit middeldeur gedeel & die helftes teenoor mekaar gele . . .

Ewige trou word aan mekaar gesweer deur die regterhandpalm of polse te sny. . .

Die bloed word gemeng.

Meng van bloed

Twee partye ruil hul name om

Hiermee ruil hulle hul outoriteit en reputasies uit

Toe God met Abram ‘n verbond gesluit het, het Hy Abram se naam verander. . .

Hy het Sy eie naam, Jehowa, by die naam van Abram gevoeg, wat toe Abraham geword het. . .

God word genoem die God van Abraham, Isak en Jakob. . .

Omruil van name

Houtskool of as word in die wond ingevryf om ‘n permanente litteken te maak.

Die littekens wat ‘n persoon dra maak dat hy ‘n gevreesde en gerespekteerde man is deur almal wat sy pad kruis

Verbondsluiting is iets wat ‘n natuurlike instink by die mens is. Daar is nie een stam in die wêreld wat nie bloedverbonde ken of sluit nie

God het ‘n verbond gesluit met Abraham en die besnydenis gegee as ‘n teken of seël (Rom. 4:11) van die verbond (Gen. 17).

Die voorwaardes van die verbond en wat dit behels, word uitgespel. Beide partye se bates en laste word uitgelees. . .

Nadat Jonatan gesterf het, het Dawid hom, op grond van sy verbond met sy pa, Dawid, oor Mefiboset , seun van Jonathan ontferm. -

- 1 Sam. 9

Maak litteken

Voorwaardes

Aan die einde van die verbondsluiting word daar brood en wyn saam geëet. Dit dien as simbool van hul deelname aan mekaar. . .

Maaltyd

‘n Gedenksteen word opgerig of ‘n boom word geplant

Abraham het ‘n verbond gesluit met Abimeleg volgens Genesis 21:33, en ‘n tamarisk geplant

Die bloed van die dier word dan daaroor gesprinkel . . .

Gedenksteen

In Genesis 3:15 het ons gesien dat God ‘n belofte maak dat Hy die verhouding weer sou herstel

Op die pad van herstel, het God eers in ‘n vertrouensverhouding gekom met AbrahamHy het Abraham ‘n groot nageslag beloof

God sluit ‘n bloedverbond met die mens

In Gen. 15 het ons gelees hoe Abraham aan God vra hoe hy sou weet dat God al die beloftes sou nakom?

God het Sy betroubaarheid bewys deur ‘n verbond met Abraham te sluit

Hierdie verbondsluiting word in Genesis 15:9-18 beskryf

Met die sondeval het daar ‘n skeiding gekom tussen God en die mens

Volgens Genesis 22:2 versoek God Abraham dat Isak geoffer moes word

God het vir Abraham sy kosbaarste besitting gevra: sy enigste seun

Volgens verbondsvoorwaardes het Abraham geweet dat dít wat God van hom sou vra, God self ook bereid was om te gee: Sy enigste Seun!

Abraham se gehoorsaamheid aan God het dit vir God moontlik gemaak om Sy enigste seun te offer!

Abraham het, namens die mensdom, aan God die reg gegee om Sy Seun te gee, sodat daar versoening tussen God en die mens bewerkstellig kon word. . .

God het egter met ‘n baie ongewone versoek na Abraham gekom

Abraham het in ‘n verbond gestaan met God Dit het geïmpliseer dat Abraham nie God se versoek kon weier nie

Dit het verder behels dat alles wat Abraham aan sy verbondsvennoot moes gee, ook deur God gegee moes word . . .

Die Israeliete wat vir 430 jaar in slawerny in Egipte was, het baie swaar gekry . . . En toe het hulle God herinner aan Sy verbond met hul voorvader Abraham:

In daardie tyd het die koning van Egipte gesterwe & die kinders van Israel het gesug & geweeklaag vanwee die slawerny & God het hulle gekerm gehoor & God het gedink aan Sy verbond met Abraham, met Isak & met Jakob & God het hulle geken . . .

Eksodus 2:23-24

Daarna het God Moses geroep om Sy volk uit te lei. . .

Abraham sou Isak offer op die berg Moria buite die ou stad Salem. . .

Dit is op feitlik dieselfde plek waar Jesus ongeveer 2000 jaar later geoffer is. . .

God het ‘n ram voorsien om in die plek van Isak geoffer te word. God het hier ‘n belangrike beginsel van plaasvervanging kom vestig: ‘n Dier is geoffer in die plek van iemand anders

Jeshua het namens die mensdom die nuwe verbond met God kom sluit.

God het Homself op wonderlike wyse aan die volk by die berg Sinaï geopenbaar (Eks. 19:18-20)

Hy het aan die volk wette gegee (Eks.20-23) en weer ‘n verbond met die hulle gesluit Eks. 24:7-8

Saam met die gee van die wette, het God ook ‘n beeld van Sy volmaakte verlossingsplan aan hulle bekendgestel

Hulle het in opdrag van God die tabernakel gebou, wat ‘n volmaakte heenwysing na Jeshua was. Jeshua is die Lam wat geoffer is om as versoening te dien tussen God en die mens. . .

Ons kan in elkeen van die 9 stappe van die verbond sien wat die voordele is wat hierdie volmaakte verbond vir ons inhou

Omruil van klede Jes. 64:6 Ons het almal geword soos ‘n onreine & al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; ons het almal verdor soos blare & ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. Jesus het ons ongeregtighede soos ‘n besoedelde kleed op Hom geneem. Jes. 61:10 Ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind & soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele Efe 4:22-23 Wat jul vorige lewenswandel betref, moet julle die oue mens afle, wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan. Word vernuwe in die gees van julle gemoed & beklee julle met die nuwe mens wat na God geskape is in ware geregtigheid & heiligheid. Kol 3:10 Le die oue mens met sy werke af & beklee jul met die nuwe mens wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper Ons beklee ons met die nuwe mens = geregtigheid en heiligheid (Kol. 3: 12-14, Gal. 3:27). Rom 13:14 = beklee met Jesus. Ons neem Sy natuur en karakter aan.

Nuwe verbond

Omruil van gordels Ons ontvang Sy krag en sterkte. Efe 3:16-17 Dat God aan julle mag gee na die rykdom van Sy heerlikheid om met krag versterk te word deur Sy Gees in die innerlike mens; sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel & gegrond isOns ontvang die krag van die Heilige Gees. Hand. 1:8. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle komOns ontvang die volle wapenrusting: Ef. 6. Eindelik my broeders, word kragtig in die Here & in die Krag van Sy sterkte.. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel

Sny die verbond Jesus het die Lam geword (Joh. 1:29) wat geoffer is. Hy het ons oortredinge op Hom geneem. Jes. 53:4-5, Rom. 4:25, 1Pet. 2:24. Jesus het die verbond namens ons gesny. Hoe maak ons dit ons s’n? Deur geloof in Jesus. (Kol. 2:9-11).

Nuwe Verbond

Deur bloed te meng, word twee lewens een. Hulle neem mekaar se natuur aan. Wanneer ons tot die verbond toetree deur wedergeboorte, word ons kinders van God: Rom. 8:15-17 “...maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!. Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is, en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus...” As kinders van God, kan ons nou ons erfenis in Christus ervaar.

Jesus noem ons Sy vriende. Joh. 15:14-15. Hy het ‘n Naam bo elke naam: Fil. 2:9-11. Jesus is verhewe bo elke mag en krag: Ef. 1:20-23. Ons word aangemoedig om Sy Naam te gebruik: Joh. 14:13, 15:15-16. Ons ontvang Sý reputasie en outoriteit (Ons kan dus in Sy Naam storms stilmaak, berge skuif, demone uitdryf, siekes genees, blindes laat sien, dowes laat hoor....). Ons word genoem, “kinders van God” Rom. 8:15-17.

Meng die bloed

Omruil van name

Die besnydenis was die teken van God se verbond met Abraham. In die Nuwe Testament word die besnydenis van die hart die teken van die verbond. Jer. 31:31-34, Eseg. 11:19-20, 36:25-28, Heb. 8:8-12, Rom. 2:29, Kol. 2:11.

Maak ‘n litteken

Jesus se verbryselde liggaam is die litteken. Ons identifiseer met Sy kruisiging en dood deur die doop. Rom. 6:6 Ons oue mens is saam gekruisig sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word & ons nie meer die sonde sou dien nieGal. 2:20, 5:24, 6:14 Die Heilige Gees is die Seël van verbond: Ef. 1:13, 4:30, 2 Kor. 1:22. God het ons verseel & die Gees as onderpand in ons harte gegee.

Ons word volkome GEREGTIG: 2 Kor 5:21 God het Jesus wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak sodat ons kan word geregtigheid van God in Christus. God kom woon in ons. 2 Kor. 6:16-18.Ek sal in hulle woon & onder hulle wandel & Ek sal hulle God wees & hulle sal vir My ‘n volk wees

Ons ontvang GENESING: Matt. 8:17, 1 Pet. 2:24.

Ons ontvang VRYHEID: Joh. 8:31-36.

My juk is lig

Voorwaardes

Ons ontvang ‘n BETER verbond met beter BELOFTES: Heb. 7:22 Jesus het die borg van ‘n beter verbond geword.

Daarom se God: As jy jou sondes belei, God is getrou & regverdig om jou van alle ongeregtighede te reining

Net voor Jesus gekruisig is, het Hy Pasga gevier saam met die dissipels (Luk. 22:7, 15-20)

Hy het by hierdie geleentheid die nagmaal ingestel. Dit is die maaltyd wat dui op die sluiting van die Nuwe Verbond. (Matt. 26:28, 1 Kor. 11:24,25)

Maaltyd

Die kruis is die gedenkpaal waaroor die bloed van Jesus uitgegiet wasDit is die simbool dat God ‘n VERBOND met die ganse mensdom gesluit het

Van die hemel se kant af is dit afgehandel. Ons het niks gedoen om dit te verdien nie. Ons hoef ook niks meer te doen om dit te verdien nie.

Ons enigste aandeel is om dit te aanvaar om die voordele daarvan te kan ervaar.

Deur aanspraak te maak op die verbond wat reeds vir ons gesluit is, kan ons in die volle voordeel van ons erfenis wandel.

Gedenksteen

Jesus het namens die mensdom hierdie verbond met God gesluit. . .