UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk...

27
AARDKLOP UNIEK AAN Aardklop Atrium Student Swem Met: Verskeie akteurs Regie: Verskeie regisseurs Vervaardiger: Theatrerocket / Aardklop-produksie Ondersteun deur: NATi. DEURnis is ’n een-tot-een, plekpesifieke teaterproduksie met ’n intieme en eksperimentele benadering. Dié unieke en grensverskuiwende ervaring behels teater tussen een akteur en een gehoorlid op ’n slag. Die projek bestaan uit verskeie tekste, elk geskryf vir ‘n spesifieke vertrek in ’n huis. ’n Toneel is ongeveer 20 minute lank en die gehoorlid beweeg na afloop van een stuk na die volgende. Dit word in pakette aangebied en een kaartjie gee ’n gehoorlid toegang tot drie stukke. Die titel, DEURnis, is ’n samevoeging van die woorde “DEUR” en “deernis”. Aan die ander kant van die deur wat lei na die toneel, kan die gehoorlid ’n stuk verwag wat met deernis en gestroopte eerlikheid verskeie emosionele en sosiale vraagstukke aanspreek. Deur: Braam van der Vyver Met: Juanita de Villiers Velts Regie: André Velts Vervaardiger: Theatrerocket Norah is ’n Puk-student wat al agt jaar swot aan ’n vierjaarkursus. Sy ken die lyflike behoeftes van die dorp se locals baie goed. Is dit wie sy regtig is, of voel sy skuldig oor verspeelde kanse en haar ouers wat die beste vir haar wil gee? Deur: Jannes Erasmus; Met: Jannes Erasmus; Regie: Johan van der Merwe en Jannes Erasmus; Vervaardiger: Theatrerocket ‘n Olimpiese swemmer in die bad voor die grootste kompetisie van sy lewe en die water raak rof... Merke. Gereed. SWEM. DEURnis een-tot-een teater Koud Deur: Henque Heymans Met: Ben Pienaar Regie: Henque Heymans Vervaardiger: Theatrerocket ’n Skoolseun met ’n geheim. Verbode liefde wat ten alle koste stilgehou moet word. Hoe lank kan mens dít wat nie mag wees nie van die wêreld weghou, voordat dit jou begin inhaal – al breek dit jou hart? Broei Deur: Corné Joubert Met: Melinda Brink Regie: Shareen Swart Vervaardiger: Theatrerocket ’n Meisie sit al dae lank en broei op ’n eier... wat sal dit wees as dit uitbroei? ’n Droom? ’n Nuwe evolusie? Die strewe om iets te laat leef wat niemand anders in glo of ondersteun nie... maar vandag is die dag! DEURnis Pakket 1 DEURnis Pakket 2 Aardklop Atrium: 3, 5, 7 Okt 09:00, 10:30, 17:30 | 4, 6 Okt 14:00, 15:30, 19:30 | R220 | 90 min | Geen o/16 (T, S, G, N, V) | Afr, Eng Aardklop Atrium: 3, 5, 7 Okt 09:00, 10:30, 17:30 | 4, 6 Okt 14:00, 15:30, 19:30 | R220 | 90 min | Geen o/16 (T, S, G, N, V) | Afr, Eng Rou Deur: Henque Heymans Met: Dewald van der Merwe Regie: Esther Rossouw Vervaardiger: Theatrerocket Jantjie se kosbaarste – en enigste – besitting is sy Gummy Bear t-hemp, al pas dit lankal nie meer vir hom nie. As ’n slagoffer van mensehandel moes hy oornag leer dat seks nie net is om jou klere uit te trek en te soen nie. Hoffe Deur: Johann Smith Met: Llewellyn Steenkamp; Regie: Johann Smith Vervaardiger: Theatrerocket Wie is die regter? Wie is die beskuldigde? En wie is Fabulous? ‘n Een-tot-een-kabaret. @ KLEINBOSCH

Transcript of UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk...

Page 1: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

AARDKLOPUNIEK AAN

Aardklop Atrium

StudentSwem

Met: Verskeie akteurs Regie: Verskeie regisseurs Vervaardiger: Theatrerocket / Aardklop-produksie Ondersteun deur: NATi. DEURnis is ’n een-tot-een, plekpesifieke teaterproduksie met ’n intieme en eksperimentele benadering. Dié unieke en grensverskuiwende ervaring behels teater tussen een akteur en een gehoorlid op ’n slag. Die projek bestaan uit verskeie tekste, elk geskryf vir ‘n spesifieke vertrek in ’n huis. ’n Toneel is ongeveer 20 minute lank en die gehoorlid beweeg na afloop van een stuk na die volgende. Dit word in pakette aangebied en een kaartjie gee ’n gehoorlid toegang tot drie stukke. Die titel, DEURnis, is ’n samevoeging van die woorde “DEUR” en “deernis”. Aan die ander kant van die deur wat lei na die toneel, kan die gehoorlid ’n stuk verwag wat met deernis en gestroopte eerlikheid verskeie emosionele en sosiale vraagstukke aanspreek.

Deur: Braam van der Vyver Met: Juanita de Villiers Velts Regie: André Velts Vervaardiger: TheatrerocketNorah is ’n Puk-student wat al agt jaar swot aan ’n vierjaarkursus. Sy ken die lyflike behoeftes van die dorp se locals baie goed. Is dit wie sy regtig is, of voel sy skuldig oor verspeelde kanse en haar ouers wat die beste vir haar wil gee?

Deur: Jannes Erasmus; Met: Jannes Erasmus; Regie: Johan van der Merwe en Jannes Erasmus; Vervaardiger: Theatrerocket‘n Olimpiese swemmer in die bad voor die grootste kompetisie van sy lewe en die water raak rof... Merke. Gereed. SWEM.

DEURnis een-tot-een teater

KoudDeur: Henque Heymans Met: Ben Pienaar Regie: Henque Heymans Vervaardiger: Theatrerocket’n Skoolseun met ’n geheim. Verbode liefde wat ten alle koste stilgehou moet word. Hoe lank kan mens dít wat nie mag wees nie van die wêreld weghou, voordat dit jou begin inhaal – al breek dit jou hart?

BroeiDeur: Corné Joubert Met: Melinda Brink Regie: Shareen Swart Vervaardiger: Theatrerocket’n Meisie sit al dae lank en broei op ’n eier... wat sal dit wees as dit uitbroei? ’n Droom? ’n Nuwe evolusie? Die strewe om iets te laat leef wat niemand anders in glo of ondersteun nie... maar vandag is die dag!

DEURnis Pakket 1 DEURnis Pakket 2

Aardklop Atrium: 3, 5, 7 Okt 09:00, 10:30, 17:30 | 4, 6 Okt 14:00, 15:30, 19:30 | R220 | 90 min | Geen o/16 (T, S, G, N, V) | Afr, Eng

Aardklop Atrium: 3, 5, 7 Okt 09:00, 10:30, 17:30 | 4, 6 Okt 14:00, 15:30, 19:30 | R220 | 90 min | Geen o/16 (T, S, G, N, V) | Afr, Eng

RouDeur: Henque Heymans Met: Dewald van der Merwe Regie: Esther Rossouw Vervaardiger: TheatrerocketJantjie se kosbaarste – en enigste – besitting is sy Gummy Bear t-hemp, al pas dit lankal nie meer vir hom nie. As ’n slagoffer van mensehandel moes hy oornag leer dat seks nie net is om jou klere uit te trek en te soen nie.

HoffeDeur: Johann Smith Met: Llewellyn Steenkamp; Regie: Johann Smith Vervaardiger: TheatrerocketWie is die regter? Wie is die beskuldigde? En wie is Fabulous? ‘n Een-tot-een-kabaret.

@ KLEINBOSCH

Page 2: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

sit graag die saal vol

Splinterster

Toets / Test

Vry

Winkelpop

Met: Kobus Kotze, Pieter Lombaard, Johan Jack Smith en Franco Prinsloo Regie: Pieter Lombaard en Kobus Kotze Musiek: Franco Prinsloo en Jaco Mans Musiekregie: Franco Prinsloo Vervaardiger: Binary Film WorksSplinterster kan as gemengde-media-installasieteater beskryf word. Die titel verwys na die wetenskaplike bewering dat alle mense produkte is van ’n ontploffende ster miljoene jare gelede. Uit daardie ontploffende ster het die mensdom ontstaan. Ons het ontaard in versplinterde weergawes van ons eie werklikheid, identiteit, geheue en menswees. Die stuk spreek stedelike verval, menslike vervreemding en die geheime tussen mense wat naby mekaar leef aan. Digkuns, musiek, skilderkuns, film en fotografie kombineer om ’n interdissiplinêre stuk te skep.InstallasieteaterAardklop Atrium: 3 Okt, 5 Okt, 6 Okt 12:00, 15:00, 18:00 | 4 Okt, 7 Okt 12:00, 15:00 | R125 | 50 min | Geen o/16 (T, S, N, V) | Afr

Deur: Johann Smith Met: Roche van Blerk / Renos Spanoudes Regie: Johann Smith Vervaardiger: TheatrerocketOnderwys is ’n roeping. Jy offer op. Jy motiveer. Soms kom ’n kind met hope potensiaal oor jou pad. Maar as jy die toets faal, het dit verrykende gevolge.

Deur: Johann Smith Met: Zander de Beer Regie: Johann Smith Vervaardiger: TheatrerocketVan kleins af droom hy van Hollywood en Broadway, van High School Musical en Idols. Nooit, ooit in sy wildste drome of angswekkendste nagmerries sou hy kon dink dat hy so gekonfronteer sou word deur die genadelose brutaliteit van ’n buitelandse regering nie.

Deur: Braam van der Vyver Met: Tiaan Slabbert Regie: Johan van der Merwe en Ben Pienaar; Vervaardiger: TheatrerocketDoon is nie die skerpste potlood in die pakkie nie. Sy eensaamheid dryf hom in die arms van Nina, ’n winkelpop, wat hy by sy werk steel. Soos sy ma gesê het: Mooi babas is nie altyd bedoel vir mooi liefde nie.

DEURnis Pakket 3 DEURnis Pakket 4

Aardklop Atrium: 3, 5, 7 Okt 14:00, 15:30, 19:30 | 4, 6 Okt 09:00, 10:30, 17:30 | R220 | 90 min | Geen o/16 (T, S, G, N, V) | Afr, Eng

Aardklop Atrium: 3, 5, 7 Okt 14:00, 15:30, 19:30 | 4, 6 Okt 09:00, 10:30, 17:30 | R220 | 90 min | Geen o/16 (T, S, G, N, V) | Afr, Eng

HomeBy: Aneshree Paul With: Aneshree Paul Directing: Aneshree Paul/ Stephanie Gericke Producer: TheatrerocketHome unravels and confronts ideas of sexuality, gender and identity that can be altered due to dramatic experiences.

Anders

Bang

Deur: Henque Heymans Met: Èmil Haarhoff Regie: Jannes Erasmus Vervaardiger: TheatrerocketFanie verskyn skielik van nêrens. Hy lyk ietwat kêns en verward. Sy grootste wens is om in te pas, maar jy is die een met die drie wense.

Deur: Shareen Swart Met: Elani Dekker Regie: Shareen Swart Vervaardiger: Theatrerocket’n Jong bruid kry koue voete oomblikke voor haar groot dag. Bang spreek die nuwe generasie se vrees aan vir langtermynverbintenisse. Moet sy... of nie?

Page 3: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n platform vir die uitbou van kuns en kultuur onder die jeug. Daar is ses Centurion Akademie Pronk Podium produksies (drie tienerproduksies en drie studente produksies) wat sal optree by vanjaar se fees. Optree volgordes en tye sal bepaal word sodra al die finaliste van Eldo-toneelfees en Noordheuwel-toneelfees bekend gemaak is.NWU RootsPronk Podium 1: 5 Okt 09:30Pronk Podium 2: 5 Okt 12:00Pronk Podium 3: 5 Okt 15:00R60 | 90 min | Gesin | Afr, Eng

Die Aardklop Lang Tafel

PG: ‘n Lewe vol...

Centurion Akademie Pronk Podium

Moontlik gemaak deur Pick n Pay Vanderhoffpark Terug op aandrang van die publiek! Kom vir die eerste keer of kom vir die hoeveelste keer – jy kan nie die fees afsluit sonder die feestelikheid nie. Onder die rustige skadu van reuse plataanbome – ’n lang tafel smaakvol gedek en versier, terwyl ’n heerlike vyfgangmaaltyd aan jou bedien word. Die prys sluit drinkgoed in. Bring jou familie en/of vriende en kom beleef iets besonders!NWU Potchefstroomkampus, Lover’s Lane: 8 Okt 12:15 | R350 | Gesin

Met: Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Coenie de Villiers, Frank Opperman, Christo Davids, Milan Murray, Pierre Breytenbach, Anna Davel, Pietman Geldenhuys, Alexa Strachan, Laurinda Hofmeyr (klavier), Rixi Roman (baskitaar) David Klassen (perkussie) en prof. Hans du Plessis Vervaardiger: Aardklop. Ondersteun deur: KunsStigDr P.G. du Plessis, bekroonde dramaturg, draaiboek- en romanskrywer, storie-verteller, twakprater, gemoedelike kwaadstoker van formaat en volks-ikoon, is oorlede op 7 Junie 2017. Van Suid-Afrika se voorste kunstenaars kom bymekaar om die werk en lewe van hierdie grootgees te vier. Hy het ons lewens, en die Afrikaanse kultuurskat verryk; en sý lewe was eweneens vol… Opgedra aan die liefde van sy lewe, Marie du Plessis, met dank dat jy hom met ons gedeel het. Beeld/Netwerk24 Ouditorium: 7 Okt 18:00 | R140 | 75 min | Gesin | Afr

AARDKLOPUNIEK AAN

Page 4: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

fees na #hartelus

Proppe

Soetlief en die Ondier: ‘n Whisky-sprokie slegs vir Grootmense

Bemeester Brandewyn en (Sjokolade) Bone

Vonkelwyn Verrassings

Taxi Teater

Reis saam Chris Koch, die bekende Afrikaanse whisky-kenner, deur die sprokie van Soetlief en die donker, aardse Ondier. Kom proe ’n handvol Skotse enkelmoutwhiskies en leer meer van die herkoms en verskillende karaktertrekke wat elke whisky uniek maak. Vind uit waarvan jy hou in hierdie lighartige aanbieding terwyl jy vermaak word deur Chris Koch - soos net hy kan.Hierdie ervaring sal ’n paar whiskies soos ’n towerspreuk ontsluit vir jou palet. Vinnig spring met kaartjie aankope want hierdie vertoning verkoop altyd vroeg uit!Roots Restaurant: 3 Okt 16:00 | 4 Okt 16:00 | 5 Okt 16:00 | 6 Okt 12:00, 16:00 | 7 Okt 12:00, 16:00 | R160 | 60 min | Geen o/18 (A, T) | Afr

’n Taxi trippie na twee kief uithangplekke in Promosa en Ikageng. Fees-gangers kry die unieke geleentheid om saam met locals te makietie op ’n regte township toer. ’n Lucky packet van kuns, musiek, sang en dans word opgedis deur plaaslike talent uit die Aardklop Ontwikkelingspro-gram, terwyl jy kan weglê aan tradisionele lekkernye en drinkgoed.Vertrek vanaf Pendeldiensstasie, h/v Esselen & Presidentstrate3 Okt - 7 Okt 12h00 en 15h00 | R80 | 120-150 min | OB

Moontlik gemaak deur: DistellBrandewyn is gesofistikeerd en verkrygbaar in ’n verskeidenheid variëteite, elk met unieke subtiele nuanses. Daar word selfs na sekere brandewyne verwys as eaux-de-vie – water van die lewe! Sjokolade kan kortom beskryf word as die kortpad na geluk! Wanneer Brandewyn, cognac en sjokolade hande vat kom ’n ongekende proe-ervaring na vore!Hierdie kombinasie beloof om jou op ’n onvergeetlike tongtoer te neem! Kom ontdek die verborge kontraste, kompleksiteite en geheime en deel in ’n onvergeetlike smaaksensasie!Roots Restaurant: 5 Okt 14:00 | 6 Okt 14:00 | 7 Okt 14:00, 16:00 | R160 | 60 min | Geen o/18 (A) | Afr, Eng

Moontlik gemaak deur: DistellDie ‘huwelik’ tussen Nougat en vonkelwyn is voorwaar ’n vreugdevolle okkasie. Vonkelwyn word nie verniet beskryf as ‘bottled poetry’ nie en in kombinasie met Nougat se dekadente lekkerte, sorg dit vir ’n simfonie van geure op jou tong.Kom vier die unieke handevat van smake in ’n praktiese proe avontuur. Die werkswinkel kombineer van die beste Suid-Afrikaanse vonkelwyn met ’n verskeidenheid Nougat en lekkernye…jy mag dit nie misloop nie!Roots Restaurant: 5 Okt 12:00 | 6 Okt 12:00 | 7 Okt 12:00, 14:00 | R160 | 60 min | Geen o/18 (A) | Afr

fees na #hartelus

Page 5: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

TONEELDrama

Foto: Robert A Hamblin

Deur: Reza de Wet Met: Antoinette Kellermann, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam, Edwin van der Walt Regie, ontwerp en vertaling: Marthinus Basson Oorspronklike werk: Breathing In Beligtingsontwerp: Chris Pienaar Verhoogbestuurder: Mariska Meyer Assistentverhoogbestuurder: Rynhardt van Blerk Vervaardiger: Kunste Onbeperk. ’n NATi / Feesteforum-produksieEen donker, stormagtige aand gedurende die laaste bitter dae van die Suid-Afrikaanse oorlog, in ’n uitgebrande skuur van ’n plaas lê ’n gewonde Boeregeneraal wat versorg word deur Anna, ’n kruiedokter van uitsonderlike magte. Haar aantreklike, maar bloedlose dogter, Annie, is ook besig om te veg vir haar lewe, maar het veel meer nodig as haar ma se konkoksies. Die generaal se dapper en getroue adjudant, gebrei deur die slagveld en die afgryse van oorlog, staan nou voor ’n verskriklike keuse en ’n nuwe onnoembare gevaar.In ’n wêreld waar mans, in die naam van patriotisme lewens en landskappe vernietig, moet vroue meer subtiele en misterieuse metodes ontwikkel om te oorleef. De Wet verweef digterlik en kragtig ’n verhaal van liefde in ’n tyd van vernietiging, wat die alledaagse omskep in die uitsonderlike. Beeld/Netwerk24 Ouditorium: 3 Okt 10:00 | 4 Okt 15:00 | 5 Okt 10:00 | 6 Okt 09:30 | 130 min met pouse | R140 | Geen o/18 (S, G, N) | Afr

Asem

Die reuk van appelsGegrond op die roman van: Mark Behr Met: Gideon Lombard Verwerk deur: Johann Smith Regie: Lara Bye Verhoogbestuurder: Philip Rademeyer Beligtingsontwerp: Kosie Smit Klankontwerp: Gideon Lombard Vervaardiger: Theatrerocket (Rudi Sadler en Johan van der Merwe) Die lewe is snaaks, mooi, kosbaar, onverstaanbaar en vreeslik. Dit is die somer van 1973. Apartheid floreer te midde van toenemende kritiek vanuit internasionale gemeenskappe teenoor Suid-Afrika. Onrus broei op die Angolese grens. In die Kaap is die elfjarige Marnus besig om te leer wat menswees en manwees beteken. ’n Skokkende ontdekking breek deur die oppervlak van sy alledaagse bestaan om alles onherroeplik te verander. Vanaf daardie beslissende oomblik sal die reuk van appels bly kleef aan alles wat Marnus raak. Gegrond op Mark Behr se veelbekroonde en opspraakwekkende roman wat beskryf word as ’n baken in die Afrikaanse letterkunde.Gideon Lombard ontvang vir sy rol die Kanna-toekenning vir Beste Akteur by KKNK 2017.Rapport C6 Opvoedkunde: 3 Okt 13:00 | 4 Okt 16:00 | 5 Okt 13:00 | 6 Okt 20:00 | 7 Okt 09:30 | 90 min | R110 | Geen o/16 OB (T, S, G, N, V) | Afr

Foto: Lumico

John Jacobs: Generaal De la ReyMet: John Jacobs Regie, stelontwerp: John Jacobs Verhoogbestuur: John Jacobs, Maretha de Kock Vervaardiger: John Jacobs, Maretha de KockDie gruwel van wat alle oorloë is word deur mumiekmeester John Jacobs in Suid-Afrikaanse konteks vertolk in hierdie debuutwerk.  Opoffering, eensaamheid, verlies, maar bowenal: oorlewing.  Jacobs is in 2016 benoem in die kategorie: Aardklop/ATKV Mees Grondverskuiwende werk.MimiekNWU Roots: 3 Okt 20:00 | 4 Okt 17:00 | 7 Okt 20:00 | 60 min | R120 | Gesin | Afr

Page 6: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

Melk & Vleis

Foto: Nardus Engelbrecht

Deur: Marina Albertyn Gebaseer op: Euripides se Medea Met: Illse Roos, Paul du Toit, Nomkhita Bavuma en Sesethu Zamxaka Regie: Marthinus Basson Stelontwerp: Marthinus Basson Verhoogbestuur: Danielle Louw Vervaardiger: Chris Pienaar. ‘n Aarklop-produksie Moontlik gemaak deur: KunsStig.Dis 1996. ’n Onafhanklike vrou los haar werk as aktuaris in die stad nadat sy verlief raak op ’n sjarmante jong boer. Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap en wend haar vernuf aan om sy familieplaas in die Oos-Kaap van gewisse ondergang te red. Nadat hulle met moeite deur in vitro ’n erfgenaam vir die plaas skep, begin die ongemaklike weefwerk wat hul verbind geleidelik uitrafel. En wanneer haar man haar verraai? Hell hath no fury like – ’n boervrou. MELK & VLEIS is ’n opwindende debuutwerk wat ’n nuwe stem aankondig in die Afrikaanse dramaliteratuur.Weet-en-Sweet: 3 Okt 15:00 | 4 Okt 20:00 | 5 Okt 20:00 | 6 Okt 12:00 | 7 Okt 20:00 | 80 min | R130 | Geen o/12 (T) | Afr

tog só dramaties

Martelsang

Foto: Robert A Hamblin

Oorspronklike teks: Ariel Dorfman Afrikaanse vertaling: Saartjie Botha Met: Sandi Schultz, Zane Meas, Stian Bam Regie: Christo Davids Stelontwerp, tegniese regisseur: Johan Hendriksz Verhoogbestuur: Mariska Meyer Vervaardiger: Johan Hendriksz (Pitch Promotions). ’n US-Woordfees-produksieHoe doen ’n mens bestekopname van pyn wat jy al jare lank met jou saamdra in ’n land waar onregte van bewind tot bewind oorgedra word? ’n Vrou word skielik gekonfronteer met iemand wat sy vermoed haar jare gelede by herhaling leed aangedoen het en wat die koers van haar lewe bepaald verander het. ’n Sweer bars oop. Sy hou haar eie waarheid- en versoeningskommissie. Sy maak die reëls. Martelsang is die Afrikaanse verwerking van Ariel Dorfman se Death and the Maiden.ATKV Boys High: 3 Okt 16:00 | 4 Okt 20:00 | 5 Okt 16:00 | 6 Okt 20:00 | 7 Okt 13:00 | 90 min | R120 | Geen o/16 (T, S, G) | Afr

MoedertaalMet: Sandra Prinsloo Teks, vervaardiger en regie: Nico Scheepers Verhoogbestuurder: Liesel Harris-KrugerNá die ongelooflike sukses van Die naaimasjien en Oskar en die pienk tannie keer Sandra Prinsloo terug in haar derde solovertoning, Moedertaal, ’n hartroerende verhaal van deernis, liefde en Afrikaans. Uit die pen van Nico Scheepers.kykNET Gimmies: 3 Okt 16:00 | 4 Okt 13:00 | 5 Okt 20:00 | 6 Okt 09:30 | R135 | 65 min | Geen o/12 (T) | Afr

Page 7: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

Pa maak vir my ’n vlieër, Pa

Weerkaats

Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran

Deur: Chris Barnard Met: Sandra Prinsloo, Waldemar Schultz, Wilhelm van der Walt Regie, stel- en beligtingsontwerp: Albert Maritz Kostuum: Elrina Marais Stel, tegniese- en rekwisietemeester: Gaerin Hauptfleisch Klankontwerp: Josh Prinsloo Vervaardiger: Allie se Produksies CC, namens Innibos Moontlik gemaak deur: NATi & Innibos.Sandra Prinsloo wen ’n Kanna vir Ma in Pa maak vir my ‘n vlieër, Pa. Gehore is vreemd en ernstig aangedaan deur hierdie absurde teaterteks – internasionaal gereken – van Chris Barnard. Die verruklike huldeblyk spog ook met Waldemar Schultz en Wilhelm van der Walt. Org versorg sy sieklike moeder. In die eng ruimte van ’n beknopte woonstel ontvou ’n verhaal van skuld, liefde en verwyt. En hoekom is die dreigende besoek van ’n gas so vreesaanjaend?Weet-en-Sweet: 4 Okt 10:00 | 5 Okt 11:00 | 6 Okt 20:00 | 7 Okt 10:00 | R125 | 120 min | Geen o/10 (D) | Afr

Deur: Retief Scholtz Met: Milan Murray Regie: Philip Rademeyer Verhoogbestuur: Lize van Rooyen Vervaardiger: Milan MurrayLuka staan op Kaapstad se onvoltooide brug. Sy was al baie hier. Nog nooit om te spring nie. Meestal om te dink en soms om te teken. Sy dink oor die vrou met die tattoo. Onthou vaagweg die een met die lang, bruin vlegsel. Luka wonder of haar aura saam met haar mangels uitgehaal is toe sy 9 was, en of Tretchikoff se Chinese Girl gelukkig was. Sy wonder oor spyt. Wat gebeur as die einde duidelik was aan die begin, maar halfpad onduidelik begin raak het? Nes die brug, dink Luka.ATKV Boys High: 3 Okt 09:00 | 4 Okt 16:00 | 5 Okt 13:00 | 6 Okt 13:00 | R120 | 60 min | OB | Afr

Deur: Éric-Emmanuel Schmitt Met: Dawid Minnaar Oorspronklike titel: Monsieur Ibrahim et les Fleurs du Coran Regie: Philip Rademeyer Stelontwerp: Philip Rademeyer Beligtingsontwerp: Philip Rademeyer Verhoogbestuur: Ameera Conrad Vertaling: Naomi Morgan Vervaardiger: Kunste Onbeperk en Suid-Oosterfees Moontlik gemaak deur: NATi, die Franse Instituut in Suid-Afrika (IFAS) en KunsStig (Aardklop-speelvak).Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran speel af in ’n Joodse kwartier in Parys in die 1960’s, waar die gekwelde Joodse seun Moses (of Momo) ’n onwaarskynlike vriend in ’n eensame Moslem-winkeleienaar, Monsieur Ibrahim, vind. Momo se skreeusnaakse, maar tog hartverskeurende, storie begin wanneer hy sy maagdelikheid in ’n bordeel op 11 verloor. Ibrahim is ’n toevlug vir Momo, gee hom raad en leer die vroegryp seun geleidelik dat daar meer in die lewe as prostitusie is en om kruideniersware te steel. Wanneer Momo se pa – ’n passiewe, aggressiewe prokureur wat sy seun verwaarloos – verdwyn en dood gevind word, neem Ibrahim die weeskind aan. Die twee besluit om ’n reis deur Europa na Monsieur Ibrahim se geboorteplek te onderneem, wat hulle by die belangrikste kruispad in hul lewens bring. Soos die snaakse en voortreflike verhaal ontvou, wys dit hoe die belangrikste lesse oor lewe en dood geleer word wanneer ons dit die minste verwag.Rapport C6 Opvoedkunde: 3 Okt 16:30 | 4 Okt 09:30 | 5 Okt 16:30 | 6 Okt 13:00 | 7 Okt 13:00 | R120 | 90 min | OB | Afr

Foto: Robert A Hamblin

Drama

Page 8: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

fees na #hartelus

WinterboomDeur: Wessel Pretorius Met: Cintaine Schutte, Susanne Beyers, Jaco Nothnagel Regie, stelontwerp: Marí Borstlap Verhoogbestuurder: Lize van Rooyen Vervaardiger: Jaco Nothnagel Moontlik gemaak deur: AK21Gerda Harmse (Susanne Beyers) en haar seun, Marius (Jaco Nothnagel), is besig om hulle herehuis op die plaas WINTERBOOM, op te pak, want Gerda trek eersdaags Somerset-Wes toe om af te tree. Marius het items wat hulle nie kan saamneem nie op die internet geadverteer om te verkoop. Ané Volschenk (Cintaine Schutte) daag op om Gerda se trourok te besigtig, maar laat val ook dat sy informasie het wat Gerda al vir 30 jaar probeer geheim hou.ATKV Boys High: 3 Okt 20:00 | 4 Okt 09:00 | 5 Okt 09:00 | 6 Okt 16:00 | 7 Okt 20:00 | R140 | 80 min | Geen o/13 (T, V) | Afr

Weerklink van ’n wanklank / Echo of a noise

Met: Pieter-Dirk Uys Vervaardiger: PD Uys Productions CC Moontlik gemaak deur: Evita se PerronDié memoires van Pieter-Dirk Uys het begin as ’n solo-opvoering net vir een aand by 2015 se Nasionale Kunsfees in Grahamstad as The Echo of a Noise. In die maande daarna, waar die stuk ook al opgevoer is, is dit staande toegejuig en het dit groot lof van resensente gekry. Pieter-Dirk Uys vind in sy sewentigplus-jaar die moed om die storie agter die stories te vertel, ’n persoonlike kaleidoskoop van ’n lewe vol gelag en gesag. Sy familie in Pinelands, met ma Helga en pa Hannes, met hul liefde, musiek en disipline. Ook oumas en huishulpe, en die nimlike Sophia Loren! Almal het sy lewenssiening help vorm tot die later spartelings met sensuur en die Nasionale Party-kaskenades tydens sy grootworddekades in ons plaaslike teater. Nou, in Afrikaans, is Weerklink van ’n wanklank die naaste aan sy lewenspad, waar sy ander moedertaal van Duits saam met sy vader se Afrikaans, afgewissel met skool-Engels en teatersnelskrif, sy alfabet van dialoog en beskrywing saamsmelt in hierdie viering van Suid-Afrikaner-wees deur lief en lied, soet en suur.

Foto: Stefan Hurter

Rapport C6 Opvoedkunde: Weerklink van ’n wanklank: 6 Okt 16:00 | 7 Okt 20:00 | Echo of a noise: 7 Okt 16:00 | R135 | 105 min | OB | Weerklink van ’n wanklank (Afr) | Echo of a noise (Eng)

Page 9: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

Half leegDeur: Tara Notcutt Met: Cintaine Schutte Vertaler: Amy Jephta Vervaardiger: Tara Notcutt namens The Pink Couch. ‘n Aardklop/ Vrystaat Kunstefees produksie. Ondersteun deur: NATiDis 02:00. Die kroegman het laaste rondtes geroep. Die Romantikus sit in ’n donker hoek, roer haar whiskey met ’n strooitjie, hou die deur fyn dop. Sy's maar net ’n meisie wat in ’n kroeg sit en wag. Wag vir iets wat, besef sy, dalk nie gaan kom nie... Terwyl sy wag, besin sy oor die aand, die aand wat haar tot by hierdie punt gelei het: die verskriklike bachelorette, die ander vrou, en die besef dat die man van haar drome dalk nie alles is wat hy sê hy is nie. Half leeg gooi ’n blik op liefde, whiskey en goeie musiek; dis ’n skerp en snydende kyk na mans, vroue en eensaamheid.TragikomedieATKV Boys High: 3 Okt 13:00 | 5 Okt 20:00 | 6 Okt 09:00 | 7 Okt 09:00 | R120 | 60 min | Geen o/16 (T, S) | Afr

TONEELDrama

ManneDeur: Chris Vorster Met: Chris Vorster, Hennie Jacobs, Hannes Brümmer, Theodore Jantjies, Francois Lensley en Deon Coetzee Teks, regie: Chris Vorster Beligtingsontwerp: Christiaan Ballot Klankontwerp: Riaan Rademan Vervaardiger: GZ Produksies Ondersteun deur: Nati.’n Aardklop-produksie.’n Spul vriende herenig vir ’n jagnaweek. Met geraamtes in die kas en wraak op die brein stap vyf manne die boendoes binne... slegs vier keer terug. Nou word die koring van die kaf geskei... die manne van die muise... die jagters van die prooi. “Ja manne, alles is snaaks tot iemand seerkry... dan is dit nie meer snaaks nie... dan is dit skreeusnaaks.” Verlede jaar het julle gelag saam met die Ooms, vanjaar kan julle naels byt saam met die Manne. Beter waarde vir jou geld as ’n tros piesangs... gewaarborg! TragikomediekykNET Gimmies: 3 Okt 20:00 | 4 Okt 09:30 | 5 Okt 16:00 | 6 Okt 13:00 | 7 Okt 09:30, 16:00 | R135 | 80 min | Geen o/14 (T) | Afr

Geheime TaalMet: Lizz Meiring Regie: Lizz Meiring Stelontwerp, spesiale rekwisiete: Nicholas de Klerk Tegniese regisseur, verhoogbestuurder: Yvette Hanekom Beligtingsontwerp: Kosie Smit, Yvette Hanekom, Ruan Nel Vervaardiger: Artist Warehouse CC’n Nuwe solostuk uit die pen van Lizz Meiring wat vanjaar 33 jaar in die vermaaklikheidsbedryf vier. Die unieke, uiters oorspronklike tragikomedie was onder die topverkopers by die KKNK en Vrystaat Kunstefees en is met staande ovasies begroet. Geheime Taal is ’n warmhartige, snaakse en soms skuinsweg hartseer verhaal van Frieda, ’n amusante, beduiwelde oujongnooi-bloemis wat ’n geheimetaal praat – die eeue oue geheimetaal van blomme en plante. Maar Frieda, die bloemis, het ’n verskuilde rede vir haar eksentrisiteit – verwag ’n onverwagse storie en karakterwendings wat jou asem wegslaan. Dit is nie net ’n produksie vir vrouens nie. Vanuit vorige speelvakke blyk dit hul mans, wat halsstarrig saamgesleep is, geniet dit net soveel soos die vroue.TragikomedieRapport C6 Opvoedkunde: 3 Okt 20:00 | 4 Okt 13:00 | 5 Okt 20:00 | 6 Okt 09:30 | R125 | 75 min | Geen o/14 (T, I) | Afr

Foto: Pixel Pro Photography

Page 10: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

fees na #hartelus

Ag, kom ek val sommer met die Holm in die huisBy Aardklop met ondersteuning van Kimleigh ChemicalsDeur: Chris Vorster & Marion Holm Met: Marion Holm Regie: Chris Vorster Vervaardiger: HandymindsDit is Marion Holm en Chris Vorster se negende haas wat hulle uit die hoed ruk (en geen haas is beseer tydens die proses van uitruk en op die planke bring nie). Dit is Holm se 14de solovertoning en hierdie keer praat sy vir ’n slag nie net bog nie, nee-heeee, hierdie keer gesels sy oor die feit dat geen mens se lewe immuun is teen pyn nie, maak nie saak hoe ryk of mooi of maer jy is nie. Sy klets oor prettighede soos siektes, ouderdom, swaarkry en leed – sonder enige lewenservaring, maar met baie humor. Hierdie mag dalk die meeste wees wat jy nog ooit gelag het oor swaarkry en swaar wees. Soos gewoonlik is Holm se daaglikse doen en late die onderwerp, inhoud en oorsaak van die grap (alle grappe is tuisgebak en ten koste van haarself). As jy voel die druk van die moderne samelewing word vir jou te veel, is hierdie vertoning vir jou – jy sal uitstap en baie beter voel oor jou swaar lewe. (As jy dit geniet om teneergedruk te wees, is hierdie dalk nie die produksie vir jou nie).Totius Saal: 3 Okt 09:30 | 4 Okt 13:00 | 6 Okt 20:00 | 7 Okt 16:00 | R120 | 70 min | Gesin | Afr

Komedie

Dowwe Wicus en Dolla van der MerweDeur: Wicus van der Merwe, Jurgen Human & Margit Meyer-Rödenbeck Met: Wicus van der Merwe, Margit Meyer-Rödenbeck Vervaardiger: Arena ProduksiehuisWeg met die dwepers, die boepens-knolle, die moaners en die groaners. Weg met die poeierholle, die hoitie-toitie-skeelooganties, die Martie Martelgatte en die Jannie Jammerballe. Weg met die oorgenuansieerde suutjiespoep-polities-korrektes met hul brabbeltaal-diepsinnighede. Is jy moeg vir jou man se lang gesig wat lyk soos ’n bok wat afdraand kyk? Lyk jou vrou al meer soos haar paspoortfoto? Dan is dit tyd om ’n kaartjie vir hulle te koop na hierdie showtjie.WEES GEWAARSKU: Jy moet lag dat die trane rol, anders spuit ons jou met Doom.Totius Saal: 3 Okt 12:30 | 4 Okt 16:00 | 5 Okt 20:00 | 6 Okt 09:30 | R135 | 60 min | Gesin | Afr

Foto: Light Lounge Studio - Nelis Engelbrecht

Klara Maas se Hart is Gebreek, ensomeer: Die Vloeistoftrilogie

Deur: Wessel Pretorius Met: Wessel Pretorius, David Viviers Regie: Wessel Pretorius Verhoogbestuurder: Dara Beth Vervaardiger: Wessel PretoriusTwee reisende spelers, ’n verteller en handlanger (afgewater uit die Commedia dell’arte-kader), skets drie verhale: die biografie van ’n traan, ’n liefdesdriehoek tussen matador, mantel en bul en ’n legendariese nag van passie. Wessel Pretorius en David Viviers keer terug met Klara Maas se hart is gebreek, plus twee nuwe verhale wat saam ’n trilogie oor lewensiklusse van drie hard-”vogtige” helde, vorm. Die eerste van dié drie verhale is as deel van die KKNK se eerste Uitkampteater-projek in 2016 met die Kanna vir beste debuutwerk bekroon. Die vollengte-produksie is benoem vir vier Kanna-toekennings. Dit is ’n klein inspuiting vir die verbeelding wat die hart warmer laat klop en die mondhoeke lig.Rapport C6 Opvoedkunde: 3 Okt 09:30 | 4 Okt 20:00 | 5 Okt 09:30 | R110 | 65 min | Geen o/10 OB (I) | Afr

Page 11: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

TONEELKomedie

Mike en MavisDeur: Wessel Pretorius Met: Elize Cawood, Wilson Dunster Regie: Gerrit SchoonhovenMavis Kellerman, ’n weduwee wat haarself afgesluit het vir die wêreld, ontvang eendag ’n uitnodiging in die pos vir die opening van ’n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente.  Die eienaar, Mike Lewis, is ’n eksentrieke jongkêrel met ’n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te oorwin en bevind haarself aan die ontvangkant van ’n vryery in haar herfsjare wat afspeel oor ’n reeks romantiese afsprake. Wat sy egter nie weet nie is dat sy en Mike ’n geskiedenis deel wat lank voor die uitnodiging begin het. ’n Romantiese komedie met ’n knop in die keel. Totius Saal: 3 Okt 16:00 | 4 Okt 20:00 | 5 Okt 10:00 | 6 Okt 13:00 | 7 Okt 10:00 | R125 | 60 min | Gesin | Afr, Eng

KoöperasiestoriesGebaseer op: P.G. du Plessis se verhale Deur: Alexa Strachan Met: Chris van Niekerk, Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Wessel Pretorius en Carel Nel Regie: Sandra Prinsloo Ontwerp: Juanita Ferreira Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp Vervaardiger: Margit Meyer-Rödenbeck en Alexa Strachan Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, Atterbury Trust, NATi, Tygervalleisentrum, Dairy Exchange en Hollywood Costumes Mediavennote: RSG en HuisgenootBurgemeester Genis is beswaard. Diep beswaard. Daar is mense wat sonder eer aan die volgende plaaslike verkiesing deelneem, die dorpsbestuur is in wanorde en die regering is net daar vir sekere mense om hulle sakke te vul… Ná uitverkoopte optredes landswyd, sluit ons die jaar by Aardklop af. Die bekende stories speel af in ’n klein dorpie, in ’n vorige era, maar ons herken onsself in die skynheiligheid, geskinder en onderlinge twis van die geliefde karakters. Dis volksteater op sy beste: vol lag en ’n bietjie traan.In liefde en met dankbaarheid opgedra aan P.G. du Plessis. Beeld/Netwerk24 Ouditorium: 3 Okt 16:00, 20:00 | 4 Okt 10:00 | 6 Okt 15:00 | 7 Okt 09:30 | R130 | 75 min | OB | Afr

Los asseblief ‘n boodskapDeur: Louis Roux Met: Simoné Nortmann, Ilana Cilliers Regie: Maude Sandham Stelontwerp: Stefan Benadé Musiek: Marius van Wyk Storie: Louis Roux, Ernst Cilliers Vervaardiger: Louis RouxDit gaan nie baie goed met Nina van Zyl nie. Haar popsterloopbaan het altwee voete in die graf, sy’t al vir ses jaar writer’s block, en nou het haar ex die vermetelheid om kanker te kry. Classic Dirk. Sy vat die langpad van Johannesburg na Kaapstad, dorp tot dorp. Miskien kan sy Dirk een laaste keer sien. En miskien kry sy ’n paar gigs. Kom saam met Nina op hierdie tragikomiese avontuur deur ’n surrealistiese Suid-Afrika.Weet-en-Sweet: 3 Okt 10:00 | 4 Okt 15:00 | 5 Okt 16:00 | 6 Okt 16:00 | 7 Okt 15:00 | R120 | 70 min | Geen o/13 (T, G) | Afr

Page 12: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

fees na #hartelus

Nêrens, Noord-KaapMet: Albert Pretorius, De Klerk Oelofse, Geon Nel Teks, vervaardiger en regie: Nico ScheepersDie verhaal van drie broers en ’n weggooi-dorpie ver in die Noord-Kaap. Dié skreeusnaakse en hartroerende produksie is ’n vennoot van die trefferstuk Amper Vrystaat.kykNET Gimmies: 3 Okt 13:00 | 4 Okt 20:00 | 5 Okt 09:30 | 6 Okt 16:00 | 7 Okt 13:00 | R125 | 70 min | Geen o/16 (T) | Afr

Sê My Naam Soos ‘n Starbucks KnaapDeur: Wessel Pretorius Met: Je-Ani Swiegelaar Regie, stelontwerp: Gerrit Schoonhoven Verhoogbestuurder: E-Andri Swiegelaar Vervaardiger: Gerrit Schoonhoven en Je-ani Swiegelaar Annetjie “Vleis”de Vries sit op die lughawe en wag vir haar vlug na Amsterdam. Sy het nou genoeg gehad van haar lewe as die oudste van dertien kinders – wie sy alleen moet oppas, aangesien haar suiplap-pa net mooi bôggerol omgee. Met haar troetel-marmot aan haar sy wil sy ’n nuwe blaadjie omslaan in Europa en haarself bietjie begin eerste plaas. Laat Annetjie jou meer vertel oor haar beste vriend Sarel Meintjies, haar rampspoedige matriekafskeid en die Starbucks-kelner wat haar hart omgedop het. ’n Eenvrouvertoning met hart, murg en artisan-koffe..KykNET Gimmies: 3 Okt 09:30 | 4 Okt 16:00 | 5 Okt 13:00 | 6 Okt 20:00 7 Okt 20:00 | R125 | 60 min | Geen o/13 (T) | Afr

StrooijonkerDeur: Louw Venter Met: De Klerk Oelofse Regie: Louw Venter & Rob van Vuuren Stelontwerp: Rocco Pool Vervaardiger: De Klerk Oelofse Moontlik gemaak deur: Die Aleit Groep en Four CousinsStrooijonker is ’n desperate poging deur Lukas Basson om ’n strooijonkertoespraak by sy beste vriend, Jean Voster, se troue te maak. Maar Lukas is nog al die jare verlief op Jean se bruid, Cheryl Lieberman, ’n ou skoolvriendin. Die kombinasie van hoë emosie en gratis vonkelwyn is net een te veel vir dié stomme man. Hy raak gou die pad byster en voor hy kan keer, bevind Lukas hom kniediep in die Vosters, die Liebermans en sy eie vuil wasgoed – ten aanskoue van die ganse geskokte trougeselskap. Dit is ’n skreeusnaakse en hartroerende komedie, wat die gehoor uitnooi om deel te wees van die drama, en die kollig skyn op die onrealistiese eise wat ons aan onsself by sulke geleenthede stel. Roots Intieme Teater: 4 Okt 13:00 | 6 Okt 19:00 | 7 Okt 10:00 | R100 | 60 min | Geen o/14 (T) | Afr

Page 13: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

Wie’s jou pappa?Met: Hannes Brümmer Regie: Neels Clasen Stelontwerp: Neels Clasen Vervaardiger: Maaskaas Produksies en GZ ProduksiesMet die getrippel van klein voetjies kom reuse-groot skoene om te vul! Die komediant en akteur Hannes Brümmer ondersoek in sy tweede volwaardige Skerpskerts-solovertoning die impak van ouerskap op ’n voormalige punk in plakkies, wat nou ’n tuisbly-pappa in pantoffels is. Met ’n siniese blik en sy tong ferm in die kies word daar nie doekies omgedraai oor die vrese, vreugdes en verantwoordelikhede van pa-wees nie.NWU Roots: 5 Okt 21:00 | 6 Okt 18:00 | R110 | 60 min | Geen o/14 (T) | Afr

Komedie

VoksbesitDeur: Schalk Bezuidenhout Met: Schalk Bezuidenhout Regie, tegniese regisseur, verhoogbestuurder: Schalk Bezuidenhout Vervaardiger: Erns GrundlingDie krulkop-komediant met sy truitjies en skerp tong keer vanjaar terug na Aardklop met sy nuwe solovertoning, Voksbesit. Of hy nou besig is om meisies op Die kliek te lei na romantiese uitstappies, die geliefde Danny vertolk in Hotel of vlymskerp waarnemings deel in Jou nuusminuut, een ding is ’n feit: Schalk Bezuidenhout laat mense skaterlag. Kom kyk hoe hy die draak steek met homself, onsself en al wat heilige koei is na die slagpale lei. Bespreek gou, die kaartjies gaan vlieg nog voor jy kan sê: “My goeie voksbesit!”NWU Roots: 6 Okt 20:00 | R120, R80 (studente) | 80 min | Geen o/14 (T) | Afr

Met: Casper de Vries, Schalk Bezuidenhout, Hannes Brümmer Regie: Casper de Vries Tegniese regisseur, verhoogbestuur, vervaardiger: Erns GrundlingDrie Afrikaanse komediante uit drie generasies, in wat beloof om Aardklop se stand-up-hoogtepunt te wees. Casper de Vries is reeds drie dekades bedrywig in Afrikaanse komedie op die verhoog en TV. Schalk Bezuidenhout is een van Suid-Afrika se topkomediante en blink ook uit as akteur en TV-aanbieder. Hannes Brümmer is ’n akteur en komediant en is veral bekend vir sy energieke optredes en improvisasie. Feesgangers kan uitsien na ’n nuwe manier van stand-up en histeriese improvisasie met al drie komediante saam op een verhoog. Bespreek gou, want 3-in-1 gaan vinniger uitverkoop as pannekoek op ’n kerkbasaar!Beeld/Netwerk24 Ouditorium: 7 Okt 21:00 | R130, R80 (studente) | 80 min | Geen o/14 (T) | Afr

Foto: Alet Pretorius

3-in-1 met Casper, Schalk en Hannes

TONEEL

Page 14: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

TONEELKinderteater

Helené Bester en Kristi Kat – Op die PlaasMet: Helené Bester, Quintin van Biljon, Righard van Jaarsveld Regie, stelontwerp: Quintin van Biljon Musiek: Roché Victor, Helené Bester Vervaardiger: Helené Bester, Quintin van Biljon en Roché Victor Kostuums: Julene Rokebrand Kom dans saam met Kristi Kat! Helené Bester – bekende sangeres – besoek saam met Kristi Kat ’n plaas! Kristi Kat (Righard van Jaarsveld) was nog nooit tussen ander diere of op ’n plaas nie. Kinders se verbeelding word aangegryp deur hierdie kat se verwondering oor plaasdiere en die natuur. Helené Bester sing van haar eie nuutskeppings onder andere “Gras, blommetjies en bome”. Lekker nuutverwerkte liedjies vanuit die FAK gesing, bv “Hasie” – Al Debbo, “Die gezoem van die bye” – Des en Dawn Lindberg, “Kesie” en “Oupa se Ford”. Kom luister na die briljante musiekregisseur Roché Victor se verwerkings!NWU Roots: 6 Okt 09:30 | 7 Okt 11:30 | R70 | 45 min | Gesin | Afr

Jakkals en Wolf

John Jacobs - Stoute Kabouter

Met: Dúlinda Taljaard-Pieters, Rudolph Basson, Pieter Erasmus  Verwerk en vervaardig deur: EnterActive Productions Afrikaanse kinders is al geslagte lank versot op Jakkals en Wolf se manewales! EnterActive Produksies het besluit om al hierdie geliefde, nostalgiese stories splinternuwe lewe op die verhoog te gee.Arme Wolf! Waar hy ook al kom, probeer die skelm Jakkals hom ’n streep trek. Jakkals is alewig besig om vir Wolf óf te fnuik met eetgoed óf om seker te maak Wolf kom sleg tweede. Maar Wolf se kwaai ma het ’n slim plan! Saam met Wolf help sy ma hom om vir Jakkals behoorlik sy moses te laat teë kom! Die hare waai behoorlik – en saam beleef Jakkals en Wolf allerhande skreeusnaakse avonture. Jakkals en Wolf beloof om die kindwees weer in jou wakker te maak!NWU Roots: 3 Okt 14:00 | 6 Okt 11:30 | R80 | 50 min | Gesin | Afr

Met: John Jacobs, Edrien Erasmus Regie, musiek en vervaardiger: John Jacobs Verhoogbestuurder: Maretha de KockJohn vertel kortverhale deur mimiek en neem kinders na ’n vebeeldingswêreld. Hy vertolk die karakter van ’n stoute seun wat nie wil leer of luister nie. John kry dit reg om in ’n kort tydjie die kinders deur ’n string emosies te vat met interaktiewe deelname. Hierdie mimiek meester het internasionale gehore al laat skater en spog met ’n Suid-Afrikaanse goue medalje in mimiek.MimiekNWU Roots: 3 Okt 09:30 | 4 Okt 11:30 | 5 Okt 14:00 | 7 Okt 09:30 | R70 | 45 min | Gesin | Afr

Page 15: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

fees na #hartelus

Skottels

Zoemba

Gebaseer op: Storieboeke geskryf deur Maryke Erlank Deur: Sarien Taylor Met: Sarien Taylor, Maryke Erlank Regie: Franciska van der Merwe Vervaardiger: ADK (Akademie vir Dramakuns)Skottels is gebasseer op die ware avonture van ’n klein grootoor- weggooihondjie van Potchefstroom. Kom ontmoet vir Skottels, wat nou aangeneem is, en die ander lawwe hondemaats wat die lewe baie interessant maak. Wees gereed vir pret, dans en alle ander lekker manewales. Kom leer Skottels se liedjie en kom geniet die musiek.NWU Roots: 3 Okt 11:30 | 4 Okt 14:00 | R70 | 45 min | Gesin | Afr

Deur: EnterActive Productions Met: Matatho Mampa, Pieter Erasmus, Rudolph Basson Musiek: Connie Friedmann Choreografie: Joubert Jonker. Zoemba is ’n renostertjie sonder ’n mamma, maar hy het twee baie oulike maatjies wat bitter lief is vir hom. Zoemba is vreeslik spesiaal, hy is die ENIGSTE renostertjie wat ’n reënbooghorinkie het! Saam geniet Zoemba, Yipper en Doolie groot avonture vol hope pret en plesier. Kom kyk wat die stroper se agterbakse planne is en of Zoemba, Yipper en Doolie hom gaan oorwin.Hierdie vertoning bestaan uit stories en liedjies en Zoemba geniet dit so om saam met die maatjies te sing en dans! Saam leer ons meer van groen lewe, dierebewaring, hoe om die natuur op te pas, energie en water te bespaar en ons aarde te beskerm! NWU Roots: 4 Okt 09:30 | 7 Okt 14:00 | R80 | 50 min | Gesin | Afr

Page 16: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

MUSIEK3 van die Bestes, 20 jaar later

Afri-Frans Reünie Konsert

40 Vingers

Met: Danie Niehaus, Mathys Roets, Kevin Leo Orkes: Matthys Maree, David Klassen, Rixi Roman, Mauriz Lotz Musiekregie, verwerking: Matthys Maree Vervaardiger: Matthys Maree Moontlik gemaak deur: Atterbury Trust en Guardian Peak Uit ’n musikale skatkis van 20 jaar word ou liedjies afgestof en nuwes aangedurf in ’n vertoning deur een van Suid-Afrika se mees deurwinterde sanggroepe, Drie van die Bestes. Onder die musikale baton van die immergewilde Matthys Maree, bygestaan deur van die land se voorste musikante, word ritme en metrum uit verskeie genres opgetower en beloof die vertoning om emosies aan te raak en spore van verlange en vreugde te laat. Met die lawwer gees van Kevin Leo en Danie Niehaus, in bedwang gehou deur die meer getemperde gees van Mathys Roets, wag ’n versnit van lag en goeie musiek op feesgangers van alle ouderdomme en sluit dit boonop ’n akoestiese verrassing of twee in. Kom deel in die drie goeie vriende se viering van bykans twintig jaar saam in die musiekbedryf!Beeld/Netwerk24 Ouditorium: 5 Okt 20:00 | R160 / R130 | 70 min | Gesin | Afr

Met: Myra Maud, Mathys Roets, Anna Davel, Chris van Niekerk Orkes: Matthys Maree, David Klassen, Rixi Roman, Mauritz Lotz Regie, musiekregie: Matthys Maree Vertaler: Naomi Morgan Bindingsteks: Chris van Niekerk Vervaardiger: Matthys Maree Moontlik gemaak deur: Atterbury Trust en Guardian PeakKom herleef die skoonheid van ons gewildste Afrikaanse musiek op die verhoog tydens die enigste vertoning vanjaar van Afri-Frans: Die Reünie Konsert. Myra Maud – die pragtige stem agter Afri-Frans word vergesel op die verhoog deur Mathys Roets en Anna Davel. Bindingsteks deur Chris van Niekerk. Ons reis deur die wêreld en terug met die tydlose musiek van Afri-Frans, moenie hierdie enkele vertoning misloop nie! Beeld/Netwerk24 Ouditorium: 5 Okt 16:00 | R160 / R130 | 70 min | Gesin | Afr, Fra

Met: Charl du Plessis, Elna van der Merwe, Albie van Schalkwyk, Pieter Grobler Musiekregie: Charl du Plessis Vervaardiger: Charl du Plessis40 Vingers is ’n fees van viervoudige klaviermusiek wat in elke musiekliefhebber se smaak val. Nuwe verwerkings van die wêreld se gunsteling klassieke, pop, jazz en rockmusiek vul die ganse klawerbord in ’n geveg van elmboë. Die 40 vingers bestaan uit die 8 talentvolle hande van pianiste Charl du Plessis, Pieter Grobler, Elna van der Merwe en Albie van Schalkwyk. Met meer as 450 000 kykers was hierdie vertoning ’n aanlyn sensasie en die eerste produksie om op Tafelberg te weerklink. 40 Vingers beloof om klavierentoesiaste van alle ouderdomme te trakteer.kykNET Konservatorium: 6 Okt 20:00 | 7 Okt 09:30, 15:00 | R140 | 70 min | Gesin

Musiek

Page 17: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

lus vir al daai Jazz

Beautiful Beautiful Hymns 2

Die ding van ‘n liedjie

Amanda Strydom – So onner deur die maan

Catharina, The Untamed Pure

Moontlik gemaak deur: Kimleigh ChemicalsMet: Rocco de Villiers (klavier), Lizelle le Roux (viool), Robert Mitchley (kitare), Noxolo Hlatswayo (sang) Musiek: Rocco de Villiers Vervaardiger: Rocco Rocco MusicNá die sukses van die eerste Beautiful Beautiful Hymns is Rocco en sy span terug met die opvolg. Met klavier, viool, kitare en ’n sanger verkwik die musiek weereens in ’n konsert van hoop met die melodieë soos “Wat ’n Vriend het ons in Jesus”, “Amen”, “Hallelujah” van Annelie van Rooyen en Leonard Cohen, “When the Saints go marching in”, “Somerskersfees”, “Gebed” van Koos du Plessis, “Mary’s Boy Child”en “Pie Jesu”. Positiewe musiek, positiewe energie!NG Kerk Miederpark: 4 Okt 19:00 | 5 Okt 10:30 | R140 | 90 min | Gesin | Afr, Eng

Met: Danie Niehaus, Pietman Geldenhuys Die ding van ’n liedjie herbesoek die manier waarop folk, country en popmusiek van verskillende eras ons as Suid-Afrikaners se skryfstyl en denkwyses beïnvloed het. Dié musikante wys hul vermoë om te komponeer én hul diverse talent met stemme en verskillende style en genres musiek.Die Blou Hond Renault Elgro: 6 Okt 17:30 | 7 Okt 12:30 | R130 | 70 min | Gesin | Afr, Eng

Met: Amanda Strydom en Coenraad Rall (klavier) Regie: Amanda Strydom Musiek: Amanda Strydom, Stef Bos, Cat Stevens, Jacques Brel Musiekregie: Coenraad Rall Vervaardiger: Amanda StrydomAmanda Strydom lewer in So onner deur die maan kommentaar oor verskeie sosiale kwessies. Sy sing liedjies van haar albums wat sy selde op die verhoog sing, maar vandag meer relevant as ooit tevore is. Ilza Roggeband skryf in haar resensie in Krit, KKNK 2017: ”Sy kan met musiek werklik met jou praat sonder dat dit ooit voel of sy preek. Sy is nou maar eenmaal in ‘n klas van haar eie.” Strydom word begelei deur die briljante Coenraad Rall.kykNET Konservatorium: 4 Okt 12:30 | 5 Okt 17:30 | 6 Okt 15:00 | 7 Okt 20:00 | R130 | 70 min | Gesin | Afr, Eng, Frans, Vlaams

With: Mitha Catharina LubbeCatharina makes her appearance on stage at Aardklop 2017 with her debut album The Untamed Pure. The production is filled with original music which opens a new dynamic in the South African music industry. The Untamed Pure is a promising performance with talented musicians. The music and lyrics, composed and written by Mitha Catharina Lubbe, is an inner reflection of the artist. The Untamed Pure is an album with various influences, from contemporary styles to classical music.Roots Intieme Teater: 5 Oct 09:30 | 6 Oct 13:00 | 7 Oct 19:00 | R110 | 70 min | Family | Eng

Page 18: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

MusiekDie Stellenbosch Universiteitskoor

Ekstravaklassiek!

Die Woordenaars

Met: Stellenbosch Universiteitskoor onder leiding van André van der Merwe Vervaardiger: US Woordfees’n Seldsame geleentheid om die wêreld se beste amateurkoor in Potchefstroom in aksie te sien. Die US Koor beklee reeds die afgelope 5 jaar die nommer 1 posisie volgens die interkultuur-ranglys, en het in 2016 tydens die Wêreldkoorspele in Sochi, Rusland, al die kategorieë waarin hulle deelgeneem het, gewen. Die koor is ook verlede jaar aangewys as algehele wenner van Varsity Sing asook as die kykers-gunsteling. Vir hierdie uitvoering sing die koor gewyde werke, asook gunstelinge van o.a. Die Heuwels Fantasties en Tracy Chapman.NG Kerk Miederpark: 3 Okt 19:00 | R120 | 70 min | Gesin | Verskeie tale

Met: Chris Chameleon en rockorkes, Nasionale Jeugkoor en Kamerorkes, Steffi le Roux Regie: Nasionale Koorakademie en Produksies Musiek: Misa Criolla van Ariel Ramírez sowel as Chris Chameleon Musiek Musiekregie: Niekie van der Walt Vervaardiger: Nasionale Koorakademie en Produksies Promotor: Starr VeldsmanKom beleef ’n klankextravaganza wat afskop met die Misa Criolla, vertolk deur Chris Chameleon en die Nasionale Jeugkoor. Dit word gevolg deur gunstelingliedjies wat vir hoendervleis-oomblikke gaan sorg. Die chameleonagtige stem, tesame met Steffi le Roux en simfoniese instrumentaliste, sal sorg vir ’n hoogtepunt van hierdie jaar se fees.Beeld/Netwerk24 Ouditorium: 7 Okt 14:00 | R150 | 75 min | Gesin | Afr, Spaans, Eng

Met: Stef Bos, Koos van der Merwe, Jo Black, Herman Kleinhans, Danie du Toit (Spoegwolf) Orkes: Matthys Maree, David Klassen, Rixi Roman, Mauritz Lotz Musiekregie: Matthys Maree Vervaardiger: Matthys Maree Moontlik gemaak deur: Atterbury Trust en Guardian Peak Hierdie top Woordenaars span vir ’n eerste keer kragte saam. Kom beleef die samebindende krag van musiek, liriek en sosiale kommentaar van ons land se top sanger-digters, of te wel poets. Vanaf die tydlose musiek van Stef Bos en Koos van der Merwe, tot die hedendaagse musiek van Herman Kleinhans, Spoegwolf en Jo Black, beloof hierdie vertoning om jou te herinner hoekom Afrikaans veilig is in die pen van skrywers en “rockers”! Beeld/Netwerk24 Ouditorium: 6 Okt 20:00 | R160 / R130 | 70 min | OB | Afr

Page 19: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

fees na #hartelus

Jak de Priester – 15 Jaar met klavier en kitaar

Herman Kleinhans in Kamer 4

Joshua na die Reën

Met: Jak de Priester, Altus Muller (kitaar); Heinrich Pelser (kitaar) In 2017 is dit 15 jaar sedert Jak de Priester sy debuut met Sally Williams Nougat gemaak het. Sedertdien het hy nege albums, ’n kinderalbum en -DVD en twee boeke uitgereik, verskeie temawysies vir televisie geskryf en gesing en die gewilde TV-reeks Reis na gister aangebied. Hierdie produksie is ’n viering van sy lang loopbaan met musiek van sy nuwe album, 15.Die Blou Hond Renault Elgro: 3 Okt 15:00 | 4 Okt 17:30 | 5 Okt 12:00 | R130 | 90 min | Gesin | Afr

Met: Herman Kleinhans Herman Kleinhans van TWEE-faam reik 13 treffende komposisies op sy solo-album Kamer 4 uit. Die liedjies word gekenmerk deur musikale gestrooptheid; rou en eerlik. Die skoonheid van die klankvarsheid pronk juis in die eenvoud van die styl.Dit is ’n persoonlike, romantiese album; met ’n universele boodskap oor die liefde se skakerings; oor die vlinders van verliefdheid; die ekstase van romanse; tussendeur soms ontnugtering en afskeid, maar uiteindelik die besef van toewyding, spontane oorgawe en tevredenheid. Tussen die albumverrassings is Herman en die rymkletser Churchil Naudé se liedjie Dis tyd, wat as kykNET se nuwe temalied dien.Herman lewer ’n akoestiese weergawe van die album wat gehore van vooraf op sy warm stem verlief maak.Roots Intieme Teater 5 Okt 18:00 | 6 Okt 10:00 | 7 Okt 13:00 | R100 | 60 min | OB | Afr

Met: Joshua na die Reën en orkes: Heinrich Berner (elektriese kitaar), Gerhard Bienedell (baskitaar), Jean de Villiers (dromme), Raziela Grey (viool) Vervaardiger: Jacques de VilliersJoshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014 die Afrikaanse musiekbedryf kom verower het. Vier Ghoema-musiektoekennings vir onder andere Beste Kontemporêre Album, ’n Woordfees-toekenning, ’n SAMA-toekenning, en temaliedjies vir verskeie flieks, televisieprogramme en -veldtogte, was maar net die begin van ’n suksesvolle loopbaan wat baie vinnig vlam gevat het.Hoendervleismooi is die perfekte woord om Joshua na die Reën, op die verhoog, op te som.kykNET Konservatorium: 5 Okt 20:00 | 6 Okt 17:30 | 7 Okt 17:30 | R130 | 90 min | Gesin | Afr

Page 20: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

MusiekKoos van der Merwe - Droom Martha Droom

Mathys Roets sing Leonard Cohen

Met: Koos van der Merwe en Matthys Maree Musiekregie: Matthys Maree Lirieke: Koos van der Merwe ’n Produksie met musiek van Koos van der Merwe se nuwe album met dieselfde titel. In Droom Martha Droom kry jy Koos se kenmerkende poëtiese aanslag, maar verwag ook ‘n paar verrassende energieke en stomende liedjies soos “Katoen”, “Vat aan my” en “Hart van Afrikaans”. Die musikale regisseur van die album is Matthys Maree, wat ook die musikale brein agter Koos se vorige twee albums, Leonard Cohen in Afrikaans en Tamboerynman was. In hierdie produksie word Koos se nuwe digbundel, Nagverse, ook bekend gestel. Koos bring sy kenmerkende, effe melancholiese dog vlymskerp humoristiese blik op die lewe en die liefde met meestal liedjies uit sy eie pen, maar ook ’n laaste huldeblyk aan Leonard Cohen met Take This Waltz (in Afrikaans). Twee van Jaques Brel se heel grootste skeppings vorm ook deel van hierdie uiters keurige en diepsinnige repertoire. Die eerste vertonings van Droom Martha Droom is staande toegejuig. Moenie hierdie vertoning misloop nie!Roots Intieme Teater: 3 Okt 16:00 | 4 Okt 16:00 | 5 Okt 12:00 | R130 | 80 min | OB | Afr

Met: Mathys Roets, Matthys MareeIn 2016 is die groot musiekgees Leonard Cohen oorlede, maar as Mathys Roets dit kan verhelp, sal sy stem nooit stil word nie.Leonard Cohen se onvergeetlike lirieke sal altyd in sy bewonderaars se harte leef, en Mathys Roets laat weer op sy besonderse manier aan sy asemrowende musiek reg geskied.Kom vier Cohen se kuns en laat Mathys, soos altyd saam met die pianis Matthys Maree, jou meevoer met sielvolle vertolkings van geliefde melodieë soos “Hallelujah”, “Suzanne”, “I’m Your Man”, “If it be Your Will”, “Famous Blue Raincoat” en “Dance Me to the End of Love”.Die Blou Hond Renault Elgro: 3 Okt 12:30 | 4 Okt 12:30 | 5 Okt 09:30 | R130 | 70 min | Gesin | Afr, Eng

Laurika Rauch met Loki Rothman: BlouMet: Laurika Rauch en Loki Rothman Regie, musiekregie: Laurika Rauch en Loki Rothman Laurika en Loki se samewerking het met die herskepping van Laurika se ikoniese treffer, “Blou”, as ’n duet vir haar nuutste album, Die reis, begin. Loki is reeds bekend en geliefd - nie net as begeleier nie, maar ook as solokunstenaar in eie reg. Sy virtuose perkussiewe kitaartegniek is verstommend om te beleef en sy aanslag en stem, gekombineer met Laurika se stem en unieke vertolkingsvermoë, maak hierdie vertoning ‘n buitengewone musiekervaring.Beeld/Netwerk24 Ouditorium: 4 Okt 20:00 | R160 / R140 | 80 min | Gesin | Afr

Page 21: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

fees na #hartelus

Radio Kalahari Orkes

Ses Snare – Tuisgemaak

Met: Ian Roberts, Barry Steenkamp, Alicia van Dyk, Friso Woudstra, Bradley Cooper, Wynand DafelRKO se musiek kom van ’n diep gewortelde plek, wat Ghoema-, Latynse en Africana-musiek aanneem en enigiets anders wat langs die grondpad te vinde is. Die woorde is egter ferm in die hede. RKO is vereer met die FAK se Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek op 20 April 2017.Op akoestiese instrumente wat amper so oud is soos hul leuse tower hulle eiesoortige op met viool, trekklavier, kitare, pedaalstaal, dobro, trompette, kontrabas en gazoos.Die Blou Hond Renault Elgro: 5 Okt 20:00 | 6 Okt 12:30 | 7 Okt 17:00 R130 | 60 min | OB | Afr

Met: Blackie Swart, Leon Ecroignard, Pieter Smith, MD Greyling, Peter Hoven, Rick Swart Regie: Ensemble Vervaardiger: GZ ProduksiesTuisgemaak is ’n splinternuwe Snare-produksie met musiek deur Suid-Afrikaanse kunstenaars wat plaaslik sowel as op die wêreldverhoog sukses behaal het.

Daar is musiek van Johnny Clegg, Ballyhoo, Mango Groove, Arno Carstens, Ladysmith Black Mambazo, éVoid, Karen Zoid en Johannes Kerkorrel om net ’n paar te noem. Die musiek kry die spesiale en unieke Ses Snare-behandeling met verwerkings vir ses stemme en kitare, hope kitaarsolo’s en interessante harmonieë.Die Blou Hond Renault Elgro: 6 Okt 20:00| 7 Okt 10:00 | R130 | 75 min | OB | Afr, Eng

SpoegwolfMet: Spoegwolf - Danie du Toit, Chris von Wielligh, Moskou du Toit, Albert van der Merwe Die storie kan nou vertel word van die begin tot die einde – en ons doen dit in die middel van die wêreld: Aardklop. Spoegwolf is ’n Afrikaanse musiekgroep van die Paarl, Suid-Afrika wat in Februarie 2012 gestig is. Van hulle treffers is “Loerie”, “Lenie Blou”, “Bittermaan” en “Somerset-Wes”. Spoegwolf kom oor die water en oor die pas om Die Donker Toring uiteindelik te laat hoor aan wie wil hoor.Die Blou Hond Renault Elgro: 6 Okt 15:00 | 7 Okt 20:00 | R120 / R80 (studente) | 70 min | OB | Afr, Eng

On the Road Again A Cowboy, a Lady, a Rocker, a Pop Star and a Funny Man

By: Billy Forrest en Dalene Genis With: Billy Forrest, Dalene Genis, Dennis East, Jody Wayne, Eddie Eckstein Producer: Billy Forrest and Dalene GenisThe legends are still very popular in South Africa. With the “COWBOY” Billy Forrest, one of the best known country legends in South Africa, the“ROCKER” Dennis East, considered to be the most successful rock artist around, the ‘FUNNY MAN” Eddie Eckstein who forever represents humor on stage, upcoming artist, the “LADY” Dalene Genis singing songs from an era where people sang along to every tune and the “POP STAR” Jody Wayne, the eternal teenager, this production offers the complete family show.Die Blou Hond Renault Elgro: 3 Oct 19:00 | 4 Oct 10:00 | 5 Oct 15:30 | R100 | 80 min | OB | Afr, Eng

Foto: Henry Engelbrecht

Page 22: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

MUSIEKMusiekteater

Ir(RAS)sioneel

Oor/Een/Stem

Met: Des-Lee McKenzie, Lise-Marie Richardson, Stephan Bezuidenhout Regie: Des-Lee McKenzie Musiekregie: Stephan Bezuidenhout Ondersteun deur: NATiNá meer as twee dekades van demokrasie in Suid-Afrika, word bestek geneem van ons Reënboognasie. En dit word gou duidelik: Bo blink, onder stink. Diversiteit kan ons immers nog meer van mekaar vervreem. Die draak word gesteek met kwessies wat handel van velverbleiking tot transformasie in sport.Roots Intieme Teater: 3 Okt 13:00 | 4 Okt 10:00 | 5 Okt 20:30 | 6 Okt 16:00 | 7 Okt 16:00 | R100 | 70 min | Geen o/16 (T, V) | Afr, Eng

Met: Coenie de Villiers, Hemelbesem, Yoma Vervaardiger: CDV Market Ideation Taal en kultuur - musiek en woorde - generasies en gekskeer word in hierdie pot saamgeroer in ’n heerlike mengsel van musiek, hiphop en Afrikaans soos min. Hemelbesem, Yoma en musieklegende Coenie de Villiers, verskuif grense in hierdie heerlike en uitdagende aanbieding wat uitwys wat ons gemeen het, en ons verskille vir eers wegpak.kykNET Konservatorium: 3 Okt 20:00 | 5 Okt 15:00 | 6 Okt 12:30 | R140 | 60 min | Gesin

LandskapMet: Anna Davel, Laurinda Hofmeyr, Lizanne Barnard, Leon Gropp. Begelei deur Schalk Joubert en Kevin Gibson Vervaardiger, regie: Anna Davel Digitale filmontwerp: Rudi Silbermann Musiekregie: Lizanne Barnard en Laurinda Hofmeyr Moontlik gemaak deur: Revlon en Rooi Rose Landskap vier digkuns ég aan ons land en sy mense, met toonsettings van o.a. Ingrid Jonker, NP van Wyk Louw en Eugène Marais. Uiteenlopende verhale word vertel: Fanie Olivier se Last Grave at Dimbaza (’n verhaal van die Oos-Kaap), die Khoi-gedig Nuwe maan, ’n Griekwa-psalm, ’n Boerneef-gedig, en klassieke Afrikaans soos Huisie by die see; die keer met ’n nuwe Afrika-ritme. Die sielvolle produksie het die Woordtrofee-toekenning vir Beste Woordkunsproduksie tydens die 2017 US Woordfees in Stellenbosch gewen. WoordkunskykNET Konservatorium: 3 Okt 17:30 | 4 Okt 15:00 | 6 Okt 09:30 | 7 Okt 12:30 | R130 | 75 min | Gesin | Afr

Page 23: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

fees na #hartelus

Rooidag – NP van Wyk Louw getoonset en gesing

Met: Leon Gropp (Sang en kitaar), Coenraad Rall (Klavier), Jardus Smith (Perkussie), Liesel Harris-Kruger (Tjello en Sang) Regie: Anna Davel Musiek, musiekregie: Leon Gropp Buiten die trefkrag van sy woorde in die gedig- en prosavorm, is dit Louw se intellektuele nalatenskap wat relevant bly. In Rooidag word o.a. die temas van verganklikheid, liefde en hoop in sy skrywes ondersoek en musikaal vertolk deur Leon Gropp (voorheen van die kitaarduo CH2). Gedigtoonsettings sluit in “Grense”, “Daar is geen woord”, “Rooidag”, “Gebed” en “Ons liefde is ’n uur se ydelheid.”Roots Intieme Teater: 3 Okt 10:00 | 4 Okt 19:00 | 5 Okt 15:00 | R120 | 70 min | Gesin | Afr

Piekniek by Mpande (née Dingaan)Deur: Louis Roux en die geselskap Met: Nicol Holm, Nomathamsanqa Baba, Ludwig Binge, Ilana Cilliers, Karli Heine, Marlo Minnaar en Pierre Theron Regie, stelontwerp, beligtingsontwerp: Wolf Britz Kostuumontwerp: Izel van der Merwe Verhoogbestuur: Danielle Louw Musiek, musiekregie: Jose Dias Vervaardiger: US Woordfees.’n NATi / Feesteforum-produksieIn 1988 stik die Afrikaanse establishment in hulle koffe oor die opspraakwekkende kabaret Piekniek by Dingaan, ’n seminale protesstuk wat die Afrikaanse kunstelandskap ingrypend verander het. Heilige koeie is geslag; bloed het gevloei. Alternatiewe Afrikaanse musiek kry vlerke met die Voëlvry-beweging, terwyl die musikante landwyd op kampusse verbied is. Verwoerd se kleinkinders wys ’n dik, vet middelvinger vir die safaripak-en-grysskoen-brigade en die tannies met die gedoende hare – dit is die naasste wat wit Suid-Afrika nog aan sex, drugs and rock ‘n’ roll gekom het. Vandag is Suid-Afrika ’n ander land. Of is dit? Bloed vloei steeds. Heilige koeie wei dikgevreet en onverstood in die groen-groen land van KwaZulu-Natal. Kom luister na die nuwe generasie se protes terwyl dit klippe reën.Totius Saal: 3 Okt 20:00 | 4 Okt 10:00 | 5 Okt 14:00 | 6 Okt 16:00 | 7 Okt 13:00 | R100 / R50 (studente) | 90 min | Geen o/16 (T, S, D, V) | Afr, Eng, Xhosa

Page 24: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

STOK

Stef Bos – Kern

Met: Jahn Beukes, Leon Ecroignard, Hennie Jacobs Regie, stelontwerp, tegniese ontwerp: Ensemble Vervaardiger: STOK Manne en GZ ProduksiesSTOK is per ongeluk gebore. Tydens en as gevolg van 'n nagmerrie tegniese repetiese vir ’n ander toneelstuk, het die berugte STOK sedert 2003 die welverdiende reputasie vir lag-tot-jy-huil-teater, musiek uit die boonste rakke, en chaos op (en van) die verhoog verwerf. Beroemd vir die feit dat hulle op bykans elk van die menige kunstefeeste waar hulle al landwyd voor volgepakte sale opgetree het, altyd benoem word vir "Beste Produksie op die Fees" en dan altyd net-net tweede kom. Hulle ego is nietemin steeds relatief ongeskonde en met nuwe ywer, en op aandrang van die Aardklop Feeskomitee, keer die manne ná die sukses van Stok, Stok Voort en Alles op ’n Stok terug met die legendariese, heel eerste, Stok. Bal en al. Die meeste pret wat jy met jou klere aan kan hê. NWU Roots: 3 Okt 17:00 | 4 Okt 20:00 | 5 Okt 18:00 | R120 | 70 min | Gesin | Afr

Met: Stef Bos Regie: Nel Kooiman Stelontwerp: Johannes van Essen Tegniese regisseur: Nel Kooiman Musiek, musiekregie: Stef Bos Vervaardiger: Stef BosStef Bos soek na die KERN van alles. Hy weet hy gaan dit nooit vind nie, maar hy bly soek in woorde en liedjies en gedigte en stories. Die een keer is hy skreeusnaaks, dan kry jy skielik hoendervleis, maar dit is lewenseg, soos die boek van Murray Janson wat sy lewe verander het. Die titel van die boek is Waar kom ek vandaan? En dis nou presies die vraag wat jy moet stel om by die KERN uit te kom.kykNET Konservatorium: 3 Okt 14:30 | 4 Okt 20:00 | 5 Okt 09:30 | R150 | 80 min | Gesin | Afr, Ned

Musiekteater

MUSIEK

Quis Eratas

Quis

Quis UT?

STOK

"Quis Abbysus Erat Ut"

Sorry man, can we put "Abbysus Erat" in the bottom scroll? So "Quis" top left scroll, "Abbysus Erat" in the bottom scroll and "Ut?" (with the question mark) top right scroll.I promise I'll buy beer for a weekend!

Page 25: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

fees na #hartelus

Journey to a new world

In/Between: ’Till China and Africa Meet

KleinKuns: KunsLied

By: NWU Puk – Symphony Orchestra With: North-West Children’s Choir, NCA North-West Youth Choir, Molen Kórus, Thembinkosi Magagula (soprano) Conductor: André OosthuizenThe NWU Puk Symphony Orchestra presents Journey to a new world. In this concert, the listener will be taken on a musical journey to the most magical and wonderful places. The programme is inspired by some of the most beautiful film music ever written. We start off in Jurassic Park, next we get on board the Titanic and following this tranquil beauty is the excitement and power of the Game of Thrones. We end our journey with the legendary music from Star Wars!Beeld/Netwerk24 Ouditorium: 8 Oct 14:30 | R90 | 80 min | Family

Deur: Franco Prinlsoo, Pieter Bezuidenhout & Jessica Ng Met: Jessica Ng (sopraan), Ching Man Ho Judy (harp) Komponiste: Franco Prinsloo en Pieter Bezuidenhout Regie: Franco Prinsloo en Jessica Ng Musiek, musiekregie: Franco Prinsloo en Pieter Bezuidenhout Ontwerp en video-installasies: Sokkuan Tye Kostuumontwerp: Chloei Hue Vervaardiger: Franco PrinslooOos en Suid verenig in hierdie eiesoortige uitvoering. Die Hongkongse sopraan en harpspeler; Jessica Ng en Judy Ho; span kragte saam met Suid-Afrikaanse komponiste Franco Prinsloo en Pieter Bezuidenhout om ’n unieke kontemporêr-klassieke ervaring na Aardklop te bring. Hierdie multidissiplinêre internasionale samewerking tussen twee uiteenlopende kulture stel nuwe Afrikaanse, Kantonese en Franse kunsmusiek ten toon. Die Singapoerse kunstenaar Sokkuan Tye was verantwoordelik vir die indrukwekkende kostuums en videoprojeksies.Ná uitverkoopte speelvlakke in Hong Kong en Singapoer kan Suid-Afrikaners ook hierdie grensverskuiwinde werk beleef. kykNET Konservatorium: 3 Okt 09:30 | 4 Okt 17:30 | R100 | 60 min | Gesin | Afr, Eng, Fra, Kantonees

Met: Linette van der Merwe, Chris Mostert, Deidre Blignaut Regie: Franco Prinsloo Musiek: Franco Prinsloo Vervaardiger: Franco Prinsloo Ander komponiste: Stephen Eyssen, S. Le Roux Marais, L. Faul, Arnold van WykIn hierdie uitvoering van uitsluitlik Afrikaanse liedere kom twee wêrelde bymekaar uit: Ons Afrikaanse kunsliedskat, die liedere wat ons almal ken en lief het, en nuutgekomponeerde kunsliedere deur Franco Prinsloo wat ’n vars blik op ’n ou kunsvorm bied. Prinsloo se toeganklike liedere sluit Philip de Vos se speelse versameling tekste “Daar’s bitterals in die heuningwals” in en W.E.G. Louw se “Drie nokturnes”. Hierdie nostalgiese, vars, dinamiese toonsetting is ’n huldeblyk aan S. Le Roux Marais. NG Kerk Miederpark: 6 Okt 19:00 | 7 Okt 11:00 | R120 | 55 min | Gesin | Afr

Klassiek

Page 26: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

RSG “Dis Opera”: Gunsteling musiek uit die Opera

Met: Konservatoriumkoor en soliste van die Skool van Musiek, NWU, met vertellings deur Wouter de Wet van RSG Dis opera Regie: Antoinette Olivier, Conroy Cupido, Santisa Viljoen Moontlik gemaak deur: RSGHierdie program bestaan uit ’n koor-, solo- en ensemble- repertorium uit gewilde operas van onder andere Verdi, Mozart, Puccini, Mascagni. Dit word aangebied deur die Konservatoriumkoor en uitstekende soliste met klavierbegeleiding. Al die sangers is tans sangstudente by die NWU, Skool van Musiek. Die musiek word aanmekaar geweef met interessanthede vertel deur Wouter de Wet van RSG se Dis opera. NG Kerk Miederpark: 5 Okt 19:00 | 6 Okt 11:00 | R120 | 70 min | Gesin | Ita, Duits, Fra

Pret en plesier vir viool en klavier

Stemme Vir Môre

Met: Piet Koornhof (viool), Tinus Botha (klavier)In die feestelike gees van Aardklop bied Piet Koornhof en Tinus Botha ’n program van lighartige, strelende en prettige klassieke musiek: danse, van die makabere tot die vurige, afgewissel met die skertsende en humoreske, en selfs ’n musikale novelle of twee. Komponiste van die Verre Noorde tot Doer Onder wys dat ligter emosies ewe tuis is in klassieke musiek as die meer ernstige en diepsinnige. Musiek van Sibelius, Bennett, Benjamin, Rautavaara, Saint-Saëns, Svendsen en Falla.kykNET Konservatorium: 3 Okt 12:00 | 4 Okt 09:30 | 5 Okt 12:30 | R110 | 60 min | Gesin | Afr, Eng

Met: Noluvuyiso Mpofu (sopraan), Bongani Kubheka (bas-bariton), Charl du Plessis (klavier) Musiekregie: Charl du Plessis Vervaardiger: AardklopDie blinkste jong operasterre, Noluvuyiso (Vuvu) Mpofu en Bongani Kubheka, sluit by pianis Charl du Plessis aan vir ’n program van operagunstelinge. Met internasionale rolle en pryse op elk se kerfstok reis hulle na Aardklop vir ’n vertoning van voorste musiek vir liefhebbers van die stem. Charl du Plessis se programsamestelling bestaan uit geliefde melodieë uit barok- en klassieke opera soos Xerxes en Le nozze di Figaro. Die groot arias uit die Romantiese skatkis waaronder Rigoletto, Carmen en La Traviata word ook gehoor. Die bekendste duette sluit die program af en sorg vir ’n luisterlafenis. NG Kerk Miederperk: 6 Okt 13:30 | 7 Okt 13:30 | R140 | 60 min | Gesin | Afr, Eng

Klassiek

Page 27: UNIEK AAN AARDKLOP · Studente produksies is moontlik gemaak deur ATKV. Centurion Akademie Pronk Podium is Aardklop se splinternuwe tiener- en studenteprojek! Hiermee bied ons ’n

fees na #hartelus

Vivaldi se Vier SeisoeneMet: Schalk Joubert (baskitaar en voordrag), Petrus de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavier) Vertaling van lirieke (Ita na Afr): Dr. Dawid de Villiers Musiek: Antonio Vivaldi Musiekregie: Petrus de Beer Vervaardiger: Petrus de Beer Vivaldi het sy Vier seisoene in 1723 vir ’n strykorkes gekomponeer. Dié tydlose meesterstuk is saam met vier gedigte gepubliseer en daar word vermoed dat Vivaldi self die verse geskryf het. Nou het hierdie drie musikante die Vivaldi-werk op ’n unieke manier verwerk, sonder die bystand van ’n orkes. Die sonnette is spesiaal deur dr. Dawid de Villiers uit Italiaans in Afrikaans vertaal, word deur Joubert voorgedra en bind die vier musikale seisoene saam. Kom reis deur die jaargetye met woord en musiek.NG Kerk Miederpark: 4 Okt 11:00 | 5 Okt 13:30 | 6 Okt 16:00 | R125 | 70 min | Gesin | Afr

Wits TrioMet: Zanta Hofmeyr (viool), Maciej Lacny (tjello), Malcolm Nay (klavier) Musiek: Schubert en Piazzolla Vervaardiger: Wits TrioDie Wits Trio speel werke van Schubert en Piazzolla. Hulle sorg die afgelope vyf jaar vir groot opwinding met hul optredes landwyd. “Vurige passie, intense meelewing en virtuose aanslag” is die trant waarin hul optredes dikwels beskryf word. Gehore kan uitsien na ’n uitvoering van Schubert se Trio in B-mol majeur en die Vier seisoene van Astor Piazzolla.NG Kerk Miederpark: 4 Okt 14:00 | 5 Okt 16:00 | R130 | R100 (O/16 en pensioenarisse) | 75 min | Gesin