Subnuus - Maart07

28
IFLA 2007 Ons neem afskeid... Nuwe studente- assistente VB Spanbou Uitstalling by Africana Boeke April 2007 Vol. 27(1) SUBNUUS In hierdie uitgawe:

Transcript of Subnuus - Maart07

Page 1: Subnuus - Maart07

• IFLA 2007 • Ons neem afskeid... • Nuwe studente-

assistente • VB Spanbou • Uitstalling by

Africana • Boeke

Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2007 Vol. 27(1)

SUBNUUS

In hierdie uitgawe:

Page 2: Subnuus - Maart07

Uiteindelik die eerste uitgawe van 2007… Die jaar het met ’n groot slag weggespring en dit voel nie vir my of dit ooit rustiger gaan raak nie. Indien almal só voel oor hul werk op die oomblik, dink ek almal het nou eers ’n goeie blaaskans nodig. Dus, skop jou skoene uit (indien kliënte jou nie kan sien nie…) en lees eers ’n bietjie Subnuus. Miskien is dit verkeerde raad indien jy dit nodig het om opgekikker te word. Tydens die werk aan hierdie uitgawe het ek soms uiters de-pressief begin voel oor die aantal kollegas wat ons verlaat. Mense wat groot gate agterlaat. Letterlik (vir diegene wie se poste nie gevul gaan word nie) en figuurlik. Dit laat ’n mens wonder waarheen vorentoe… Mense wat altyd net die positiewe in alles kon sien, is nie meer met ons nie, mense soos Johan, Berta en Mara, net om ’n paar name te noem. Hulle was wel vir ons almal ’n goeie voorbeeld en ek hoop maar net ons kry dit reg om hier en daar iets van hierdie voorbeelde te volg. Hierdie uitgawe fokus op personeel, aangesien daar so baie veran-derings was met personeel wat afgetree het, maar ons sê ook welkom aan die studente-assistente wat by die vakbibliotekarisse begin werk het. ’n Fokus op DLC Cleaning gee ook ’n bietjie meer inligting oor dié span vroue wat ons Biblioteek skoon hou. Baie dankie vir almal se in-sette vir hierdie uitgawe. Dankie ook aan die redaksielede wat baie moeite doen om hierdie artikels te versamel. Voorspoed vir al die uitdagings wat voorlê in 2007! Marié

Redakteursbrief

SUBNUUS

INHOUD

Redakteursbrief 2

Het jy geweet? 3

Hoofartikel:

IFLA WLIC in South Africa deur Ellen R Tise 4

Personeel: 6

Personeel wat kursusse voltooi het 6

Ons neem afskeid: Anli van Santen 8

Berta Els 9

Johan Mouton 12

Leana Erens en Gerbregta Gericke 14

Mara Visser 16

Welkom aan ons studente-assistente vir 2007 18

Personeelbrokkies VB spanbou 2007 22

Die LAND CLAIMS COURT steek kleim af in die JS Gericke 23

Skoon met DLC Cleaning 23

Kuns en boeke

Kunsuitstalling in Africana deur Mimi Seyffert 24

Protea filmteater in die Neelsie 25

Boeke 26

Fotobeeld van Biblioteekweek 28

Vanessa Williams 9

Cathy Carolus 8

Redaksielede: Ivan Jacbos, Marleen van Wyk (fotograaf), Susanne Botha, Marié Roux (red.),

Carine Tymbios

Page 3: Subnuus - Maart07

3 Vol. 27(1)

HET JY GEWEET?

deur die Akademie en wat baie populêr by die publiek is. Die kursus dek algemene aspekte soos wynetiket, wynproe vaardighede, die geskiedenis van wyn in Suid-Afrika, wingerdkunde en wynkunde, maar dit dek ook spesifieke aspekte soos bemarking, wyntoerisme, wyne van die wêreld en “matching food and wine”. ’n Belangrike deel van die kursus is praktiese wynproe vaardighede en ons het gedurende die twee dae ongeveer 15 verskillende wyne geproe en ontleed. Deelnemers kry ’n sertifikaat as die kursus suksesvol voltooi word. Eksaminering bestaan uit ’n geskrewe eksamen en ’n formele werkstuk oor ’n wynlandgoed van jou keuse (ek het myne oor Overgaauw Wynlandgoed gedoen). Die kursus is die eerste in ’n reeks. Volgende is die sertifikaatkursus en dan volg die diplomakursus met die Meesterskursus wat laaste kom. Dit vat egter jare om op die Meestersvlak te kom en gebeur nie sommer oornag nie. Daar lê dus nog heelwat jare van wyndrink, ekskuus wynproe, voor my deur.

Bibliotekarisse is van die mees kreatiewe, interessantste en nuuskierigste mense onder die son. Maar ook soos verkleurmannetjies wat maar skugter is en nie sommer hul veelkleurigheid aan almal vertoon nie! Wie het byvoorbeeld geweet dat Hanlie Strydom in haar ander lewe (buite Landbou/BibTannie) ’n kranige fietsryer is… en dat Niel Mostert besig is om sy wynproe vaardighede te verbeter?

Hanlie en die Argus Hoekom doen ek dit aan myself? Hier gaan ek alweer Sondag 11 Maart op my fiets klim vir ’n m a r t e l i n g - e n - s t r y d - o m - oorlewing-sessie van 109 km op my fiets! Wanneer mens ’n huis deel met twee manne wat gek is oor fietsry het jy een van 2 keuses: bly by die huis en word ‘n fietsweduwee OF gaan ry saam. Ek het laasgenoemde opsie gekies. Veral ook omdat my fietsrymanne my so bederf in die proses: my fiets word vir my gewas, op- en afgelaai waar nodig, eetgoed aangedra en by die eindpunt word ek ingewag deur 2 bekommerde gesigte. Watter vrou sal nou teen sulke bederf kan weerstand bied? Ek het al 4 Argusse voltooi en na elke afklim (afval!) by die eindpunt gesê: NOOIT WEER NIE...! Net om maar volgende jaar weer dou voor dag tussen duisende ander fietsryers aan te meld vir die tog. Die eerste groep spring al om 6:15 weg en die laaste groep eers om 10:30. Die wenner word gewoonlik al aangekondig nog voor ek weggespring het! Van almal wat die Argus in 2006 voltooi het was slegs 18% vroue. My slegste ervarings met die Argus was al baie erg wind (soos hy net in die Kaap kan waai!) en in 2004 se Argus het my een kontaklens langs die pad uitgeval en is ek met een oog

teen Chappies af! Nie aan te beveel nie! Humor langs die pad is daar baie, met ondersteuners wat sitkamermeubels uitdra om heeldag buite te kuier en aan te moedig. Verlede jaar het my seun vir hom ’n matras saamgeneem en ’n lekker middagslapie ingepas op die sypaadjie terwyl hy wag vir sy ma wat 5 ure neem om die Argus te voltooi! Vanjaar is dus my 5 de Argus (EN LAASTE!) Interessante feite oor die Argus: • Die oudste deelnemer vir

2007 is 86 jaar • Die van wat die meeste

voorkom is Botha • Die verversingspunte word

voorsien van : - 50 000 liter Powerade - 160 000 liter Coca-Cola - 100 000 liter water - 50 000 kg ys - 450 000 papier glase Niel Mostert en die wynakademie Ek het in Januariemaand begin met ’n reeks kursusse by die Kaapse Wyn Akademie. Die eerste kursus was inleidend van aard en heet “Front of House”. Dit is spesifiek gemik op mense en personeel wat binne die industrie met kliënte werk, bv. op wynplase. Die kursus is meer gevorderd as die tradisionele “Introduction to Wine” wat al vir donkiejare aangebied word

Page 4: Subnuus - Maart07

As most of you probably know, the IFLA World Library and Information Congress (WLIC) will be held in Durban from 19-23 August this year. It is the first time that this prestigious international conference will be held in Southern Africa – only the second time in Africa in its almost 80 year history. It is a great honour for the library and information sector of South Africa to host this conference on behalf of IFLA. The theme of the conference is “Libraries for the future: Progress, Development and Partnerships”. A kaleidoscope of activities and events will take place during the 5-day conference, preceded by several satellite meetings in Cape Town, Johannesburg, Pretoria and Durban. Approximately 20 of our staff members will be fortunate to attend some of the satellite meetings and the main conference. My involvement in the planning of the IFLA WLIC started in 2002 in my capacity as the then LIASA President. I chaired the LIASA-IFLA Bid Committee who was responsible for organizing a site-visit for the IFLA delegation in June 2002 and the compilation of the Bidbook which was submitted to the IFLA Governing Board in July 2002.

The announcement that LIASA won the bid to host the 2007 WLIC was made at the Glasgow Conference in August 2002. In the acceptance letter to LIASA, the Secretary General at the time, Ross Shimmon wrote “I am sure that you gathered from the excitement when the decision was announced by Ingrid Parent that it was a popular choice. The excitement is building already!” Soon after this LIASA set up a National Committee of which I became the chair. The first meeting of this committee was held on 25 March 2003. The first two years of the work of the committee consisted mainly of appointing members to the committee, designing the logo, selecting a theme, promotion and sponsorship recruitment.

The next two years (2004-2005) the committee worked on the first announcement, more promotion at other conferences, sponsorship and so on. In 2006 the final announcement was produced which inc luded information on the preliminary

Themes of sessions

♦ Copyright and other legal matters ♦ FAIFE with health and bioscience

libraries ♦ IFLA-CDNL Alliance for bibliographic

standards ♦ Preservation and conservation ♦ UNIMARC ♦ Quality issues discussion group ♦ New professionals discussion group ♦ Agricultural libraries discussion

group ♦ LIS education in developing

countries discussion group ♦ Access to information network—

Africa discussion group ♦ Women, information and libraries

discussion group ♦ E-learning discussion group ♦ National libraries ♦ National libraries with bibliography

and classification and indexing ♦ National libraries with ICABS and

information technology ♦ Academic and research libraries with

information literacy ♦ Academic and research libraries with

management and marketing ♦ Library and research services for

parliaments ♦ Government libraries ♦ Social sciences libraries ♦ Geography and map libraries ♦ Science and technologies libraries ♦ Health and biosciences libraries ♦ Art libraries ♦ Genealogy and local history with

audiovisual and multimedia ♦ Law libraries ♦ Division of libraries serving the

general public ♦ Libraries for children and young

adults

4 SUBNUUS

HOOFARTIKELHOOFARTIKEL IFLA WLIC in South Africa Ellen R. Tise

programme, l ibrary visits, pre-conferences, tours, etc. A formal invitation was extended to the IFLA community at the 2006 WLIC in Seoul.

At present, the pressure is mounting, but it is also exciting to see how things are falling into place. We are all looking forward to a vibrant, successful World Library and Information Congress in Durban and to we lcome our international colleagues to a unique African experience.

Lib

rari

es

for

the f

utu

re:

Pro

gre

ss,

D

evelo

pm

en

t an

d P

art

ners

hip

s

Page 5: Subnuus - Maart07

5 Vol. 27(1)

HOOFARTIKELHOOFARTIKEL

Satellite meetings

♦ IT and research in African University libraries (17 August, Durban) ♦ Library frontiers: disasters, emergency preparedness and emerging diseases (18 August,

Durban) ♦ Innovative multicultural library services for all, with special reference to literacy, learning and

linguistic diversity (15-17 August, Pretoria) ♦ Best practices of lessons learned (17 August, Durban) ♦ Handling serials and other continuing resources (15-16 August) ♦ Mold, pests and dusts: preservation policies and management (Pre-conference, Durban) ♦ 7th Northumbria International Conference on Performance Measurement in Libraries and

Information Services: Quality assurance and outcomes assessment in libraries and information services (13-16 August, Spier Hotel and Conference Centre)

♦ Managing technologies and library automated systems in developing countries: open source vs commercial options (14-16 August, Dakar, Senegal)

♦ Continuing professional development: pathways to leadership in the Library and Information World (14-16 August, Johannesburg)

♦ African Libraries for the future (Pre-conference, Durban) ♦ Developing the library into a learning centre (Gaborone, Botswana) ♦ Libraries in the struggle against corruption (16-17 August, Goethe Institute, Johannesburg) ♦ Library service for print disabled people: a tool for literacy (14-15 August, LJB Institute,

Grahamstown) ♦ Parliamentary libraries and research services of the future of partnerships for change (Pre-

conference, Parliament, Cape Town)

Page 6: Subnuus - Maart07

6

Celeste Lindoor Plus program 2006 Nuwe werk en nou die geleentheid om te studeer. Wat ’n voorreg! Dit was die begin van nuwe uitdagings en geleenthede. Met die eerste klasbywoning was ek senuweeagtig en onseker oor die pad vorentoe. Daar het ek nuwe kollegas ontmoet en goeie verhoudings is opgebou. Met die nuwe werk, opleiding wat ek moes ontvang, klasbywoning en take wat ingehandig moes word, het dit nogal op ’n tyd ’n bietjie woes gegaan. Ek het lus gekry om alles net so te laat vaar, maar met my uithouvermoë en die nodige ondersteuning het ek voortgegaan. Ek kan regtig sê dit was die moeite werd en ek het so baie geleer - goed waarvan ek net gehoor het en nooit regtig die nodige kennis gehad het of die nodige belangstelling getoon het nie. In Desember het ek eksamen afgelê en dit was ‘n reuse sukses. Dit is alles te danke aan almal wat betrokke was by my, hulle ondersteuning en bystand.

Yusuf Ras Diploma in Biblioteek– en Inligtingkunde Ek het in 2001 by die destydse TSA begin met my studies en met die samesmelting tussen die instansies is alles nou onder die vaandel van UNISA. Na soveel jare se harde werk en min slaap het ek uiteindelik nou my kwalifikasie. Die afgelope paar jaar het ek nie net baie geleer oor die beroep self nie, maar ook baie van myself as mens. Vandaar die verdere studies. Die kursus is baie verfrissend en leersaam. Dit gee ’n mens die nodige insig om anders te kyk na sekere aspekte van jou werk, en ook om by te bly by die vinnige pas van veranderinge in ons beroep. Die kursus laat jou ook toe om te groei en met nuwe idees vorendag te kom. Ja en so terloops het ek mos tussen al die “swottings” PA geword, en soos julle weet was/is/sal dit maar altyd moelik gaan met ’n klein mensie in die huis. Nee ek kla nie, want dit was alles die moeite werd. As ek nou sit en terug dink wonder ek nog

steeds hoe ek dit reggekry het, maar dit kon net gebeur het deur te glo en te hoop. Ek wil graag al my kollegas by die werk en dan by name (Elda, Beulah, Susan, Christa en Essie) bedank vir julle volgehoue ondersteuning en mooi woorde. En dan laastens wil ek my vrou bedank vir haar toewyding, ondersteuning en bystand. Baie dankie.

Naomi Visser Nagraadse Diploma in Vertaling Die NDV is ’n eenjarige diplomakursus wat deur die Departement Afrikaans en Nederlands aangebied word. Om vir die kursus te kwalifiseer, moet ’n mens ’n graad hê (maak nie saak of dit in tale of ingenieurswese of ekonomie of wat ookal is nie) en ’n toelatingseksamen aflê. Ek het reeds in September 2000 die eksamen suksesvol afgelê, maar eers in 2004 die moed bymekaar geskraap om tog in te skryf. Die feit dat ek halfdag werk en dat ek die kursus oor twee jaar kon doen, het baie gehelp, want dis nogal ’n vol kursus. Die verskillende vakke is Vertaalteorie; Praktiese vertaling (Afrikaans/Engels en Engels/Afrikaans); Leksikografie (waarvan ek die minste gehou het – seker omdat ek nie die besoekende Deense professor se Engels kon verstaan nie); Redigeerteorie; Praktiese redigering (Afrikaans en Engels) en Tolkteorie (wat baie interessant was, maar waar ek definitief besef het ek sal nooit ’n tolk wil of kan wees nie). Dan was daar ook lesings in Ekonomie, Regte, Joernalistiek, Geneeskunde en Meganika deur dosente van ander departemente om ons kennis en woordeskat van die betrokke vakgebiede uit te brei. Vir my wat nie baie van leer hou nie was dit die ideale kursus, want ons het baie min toetse geskryf en glad nie eksamen nie! Dis ’n praktiese kursus wat deurlopend geassesseer word – elke stukkie huiswerk wat jy doen word gemerk en tel uiteindelik vir jou finale punt. Dit was ’n heerlike twee jaar en ek is reeds besig om die kennis wat ek opgedoen het toe te pas in my tweede lewe as vryskutvertaler. Maar ek is ook baie bly dis verby…

Baie geluk aan die volgende personeel wat studies/kursusse voltooi het:

SUBNUUS

PERSONEELPERSONEEL

Page 7: Subnuus - Maart07

Vol. 27(1) 7

Tracy Britz B Phil in Inligting en Kennisbestuur Baie geluk aan Tracy vir die ontvangs van dié graad Desember, 2006.

Monika Minnaar Xhosa 111 Belangrike elemente in die aanleer van ’n taal is die bestudering van sy grammatika en die lees en verstaan van sy letterkunde. Ek was bevoorreg om my die afgelope drie jaar te kon verdiep in Xhosa se gesofistikeerde taalkunde en kennis te kon opdoen van sy ryke literatuur. E.M. Mbobo se kortverhale “Ndibuzeni amatyala”, H.E. Mothlabane se drama, “Iinkunzi ezimbini” en gedigte deur bekende skrywers, soos J.J.R. Jolobe, is tydens interessante klasse behandel. Die waarde van Xhosa tydskrifte is beklemtoon deur die begripstoetse wat, gebaseer op artikels uit “BONA”, gedoen is. Kultuur vorm ’n inherente deel van alle taalgroepe. A.C. Jordan se roman “The wrath of the ancestors” (oorspronklik, “Ingqumbo yeminyanya”) sowel as R.L. Peteni se roman “Hill of fools”, wat op sy beurt in Xhosa vertaal is, is voorbeelde van letterkundige werke met die Xhosas se tradisies as tema. Verdere vertalings vanuit Engels na Xhosa sluit Nelson Mandela se “Long walk to freedom” (“Indlela ende eya enkululekweni”), Chinua Achebe se “Things fall apart (“Lwadilik’udonga”) en André P. Brink se “Dry white season” (“Umqwebedu”) in. Ek sluit af met ’n aanhaling uit Zolile Calana se “Xhosa proverbs”: Ukusa akufike kabini ukuvusa umntu. Dawn does not come twice to awaken anyone. Take advantage of opportunities the first time they appear.” (p. 49) Nomvuyo (Monika Minnaar)

“Die afgelope

paar jaar het

ek nie net baie

geleer oor die

beroep self nie,

maar ook baie

van myself as

mens.”

PERSONEELPERSONEEL

Vol. 27(1)

Page 8: Subnuus - Maart07

8

PERSONEELPERSONEEL

SUBNUUS

Ek het so ’n bietjie meer as 2 jaar gelede by Interlenings ingestap en op daardie stadium was ons net 2 mans en 6 dames en aangesien ek nie iemand is wat baie praat nie, het dit maar swaar gegaan aan die begin, maar Anli is iemand wat jou baie gemaklik laat voel of dit nou werk of nie-werk verwant was. Ek het haar ervaar as iemand wat baie omgee vir haar kollegas en selfs hul families en altyd bereid is om te help waar sy kan. Ek wens haar en haar familie alles van die beste toe en sterkte vir hul nuwe uitdagings en omgewing. Riaan Moses Anli leer ek ken by Reserwe as iemand met ’n lekker humorsin. Baie keer kon ons net deur na ’n student te kyk agterkom wie BBibl swot. Anli natuurlik die een wat beter as ek agterkom wie die BBibl studente is. Dan was daar nog Hykie Berg die dramastudent - Reserwe was nooit dieselfde wanneer Hykie die ingang betree het nie. Jare daarna vind ek en Anli mekaar weer by Interlenings. Sy merk op dat ek in die begin van haar diensjare by die biblioteek opleiding aan haar verskaf het, en nou voordat sy weggaan lei sy my weer op. Al wat ek kan sê, daai Anli is ’n wakker vrou, met wakker idees, ’n uitstekende ma en iemand vol planne en dan sommer nog hope pret ook. Lindall Adams Wat ek by Anli raakgesien en bewonder het, is hoe sy haar lewe tot in die fynste besonderheid bestuur het – sonder om dit te verloor wanneer sy ’n vinnige aanpassing moes maak! Haar verhoudings met ander mense was ook iets om te aanskou. Sy het noukeurig tyd en aandag aan ander mense gegee – van gesin en vriende tot werk en kennisse - elk op sy eie vlak.

Sy was ’n raakvatter soos min, met geweldige kreatiwiteit wanneer ’n probleem opgeduik het. Die vrou en fleur het sy ook nooit afgeskeep nie – partymaal te midde van moeilike omstandighede. Dit was vir my ’n voorreg om saam met jou te gewerk het, Anli! Voorspoed vorentoe! Paula Conradie Anli, dit was ’n voorreg om met jou saam te werk. Dit was goeie tye en jy het altyd ’n oor gehad om na probleme te luister. Dan het jy altyd raad gehad en oplossings gevind. Jy het ook ’n goeie sin vir humor en is baie spesiaal. Ons mis jou met al jou raad, maar ons gun jou ook die geluk. Lekker ma en huisvrou wees. Martha Swartz

ONS NEEM AFSKEID...

Anli van Santen

Vriendelike mense laat altyd meer as ’n leë lessenaar agter wanneer hulle die diens van die JS Gericke-biblioteek verlaat. So het daar met Cathy Carolus se aanvaarding van ’n betrekking by ’n klerewinkel op Stellenbosch ’n groot leemte by die katalogiseerafdeling ontstaan. Behalwe dat Cathy met haar borrelende geaardheid en haar vrolike gesig menige triestige oggend in ’n sonskyndag verander het, het sy tydens teetye ons lekker laat lag met haar humoristiese manier om staaltjies te vertel.Ek mis vir Cathy langs my in die katalogiseerafdeling, maar wens haar en haar familie net die beste toe. Monika Minnaar Om anders te wees as wat omstandighede of die noodlot dikteer — dit is Cathy. Sy is bereid om

Cathy Carolus

Vanessa Williams en Cathy Carolus

Page 9: Subnuus - Maart07

9 Vol. 27(1)

Vanessa Williams

PERSONEELPERSONEEL

Berta Els

Daar is soms dinge in die lewe wat ’n mens weet onvermydelik is, maar met die volstruisbenadering van kop-in-die-sand-druk, probeer vermy. Vir my is dit reeds sedert verlede jaar die wete dat Berta ons hierdie jaar gaan verlaat. Berta se besluit laasjaar om ’n nuwe rigting met haar lewe in te slaan en vroeg uit die diens

van die biblioteek te tree, was ’n skok, maar tog iets wat ek verwag het, want sy het dikwels gepraat oor die dinge wat sy nog graag sou wou doen. Ek weet egter dat sy hierdie besluit baie goed deurdink het en nie ligtelik geneem het nie. Nogtans was dit ’n vreemde gedagte dat Berta ons binnekort sou verlaat en iets waaraan ek nie te veel wou dink totdat dit werklik sou gebeur nie. Maar nou het die tyd tog wel aangebreek … Weens haar man, Gerrit, se werk as siviele ingenieur moes hulle tussen die sewentiger- en negentigerjare dikwels verhuis, maar elke paar jaar het hulle weer vir ’n tyd lank teruggekeer na Stellenbosch. Berta het gevolglik verskeie werksverbintenisse met die Biblioteek- en Inligtingsdiens gehad – die eerste was in 1975, daarna weer vir ’n paar jaar in die 1980’s (beide hierdie werksperiodes was by die destydse Landboubiblioteek) en dan natuurlik die huidige een wat in 1993 begin het. Inaggenome al hierdie werksperiodes was Berta dus vir ’n totaal van meer as 20 jaar verbonde aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens. Dit is ’n lang tyd en dit maak die groet net soveel moeiliker. Ek het Berta al in die 1980’s leer ken, maar dit was eers vanaf 1993 en veral dan die afgelope paar jaar met ons noue samewerking in die seniorbestuurspan dat ons werksverbintenis verdiep het en ek haar as

sonskyn in ander se lewens te bring en daardeur word die las van swaarkry vir haar ligter gemaak. Sy is alleen broodwinner, versorgende hand van haar man, sy is liefdevolle moeder en kollega by uitnemendheid. Sy was net aan ons “geleen” vir ‘n gedeelte van haar werksdag, maar sy het so deel van ons geword dat ‘n mens gevoel het dat sy aan ons behoort. Ons het aan haar lippe gehang wanneer sy tydens teetyd een of ander humoristiese staaltjie oor haar man en kinders vertel het (soos net sy dit kon doen). So het sy ook soms die hartseer gedeel wat sy moes deurmaak. Veral die keer toe haar seuntjie een of ander skoonmaakmiddel ingeneem het. Die dag toe ons van haar moes afskeid neem was almal baie hartseer. Dié wie nie openlik trane gestort het nie, het met moeite hul trane weggesluk. Ons het Cathy se weggaan baie moeilik aanvaar, omdat ons haar omstandighede geken het en ons die kantoor nie sonder haar kon voorstel nie. Sy het diep in ons harte gekruip en ‘n onuitwisbare indruk op ons gemaak.

Ons is egter seker dat Cathy ‘n groot aanwins in haar nuwe werkplek is. Want werk kán Cathy. En van die klappe van die lewe kén Cathy. En inspireer dit kán sy. Ek het so baie by haar geleer. Ek mis haar. Sheila Keet Vanessa, dankie vir die vyf jaar wat ons saam gewerk het. Ek mis jou baie. Jy is ’n mens op wie mens altyd kon staatmaak en jy was ook altyd dieselfde. Dankie vir jou vriendelikheid. Ons wens jou alles van die beste toe vir die toekoms. Theresa Botha

Page 10: Subnuus - Maart07

mens en kollega goed leer ken het. Dis onvermydelik dat ’n mens in ’n relatief klein bestuursgroep talle hoeke en kante, asook die optredes en reaksies in ’n verskeidenheid omstandighede van iemand leer ken. Berta is ’n kreatiewe denker – sy sal nie sommer ’n probleem stel sonder om ook praktiese voorstelle vir moontlike oplossings daarmee saam te gee nie. Haar intellek, insig, fyn waarnemingsvermoë en skerp analitiese brein, ervaring en besondere kundigheid oor ’n breë spektrum van operasionele en bestuursfunksies en haar toewyding tot haar beroep, die biblioteek en sy rol binne die universiteitsopset, en veral ook sy personeel, het van Berta ’n waardevolle en gewaardeerde personeel- en bestuurslid van die biblioteek gemaak; iemand wat moeilik vervangbaar is. Maar daar is ook Berta die mens. Die stylvolle, goedversorgde vrou wat ’n ware mens mens is. Haar vriendelikheid en hoflikheid teenoor, en medemenslikheid, betrokkenheid en empatie met almal om haar is welbekend. Haar oop hart en hand, gekombineer met ’n simpatieke maar gebalanseerde uitkyk en die vermoë om ’n saak van alle kante te kan bekyk, het altyd personeel na haar aangetrek vir ondersteuning, hulp en raad. Ek en Berta het in 2001 saam as groentjies by die seniorbestuurspan aangesluit. Skielik is die vroulike komponent van die span aansienlik vergroot (daar voor was Elsa Taylor die enigste vroulike lid) en, ek vermoed, het ons wyse van doen, dink en redeneer ’n heel ander dimensie aan hierdie voorheen oorwegend manlike bastion gegee. Dit het maar aanpassings aan beide die vroulike en die manlike kant gekos om die nuwe mengsel te laat werk en omdat ons twee nuut was, het ons dikwels op mekaar gesteun. Oor die jare het ons baie goeie maar ook soms baie moeilike tye saam beleef en as kollega en mens het Berta vir my baie beteken. Ons het uitstekend saamgewerk en mekaar goed aangevul. Ons het gereeld as klankbord vir mekaar gedien en projekte waarvoor ons gesamentlik verant-woordelik was, was altyd ’n plesier om aan te werk, want sy is iemand op wie ’n mens altyd kan staatmaak om haar deel ten volle by te dra en onder die moeilikste omstandighede saam deur te byt tot die bitter einde. Ons het mekaar se swak- en sterkpunte oor die laaste paar jaar deeglik leer ken en presies geweet waar ons met mekaar staan. Na 16:30 saans was dikwels ons tyd vir retrospeksie en gesels oor werksake en probleme - heel gereeld innerlik versterk met eksotiese sjokolade uit haar onuitputlike bron in die middellaai van haar lessenaar - en in die proses het ons baie bymekaar geleer, soms beter

perspektief oor sake gekry en sommer van frustrasies ook ontslae geraak. Maar ons het ook baie “fun” saam gehad. Dikwels te midde van ’n groot taak wat onder enorme druk afgehandel moes word, het ons ook van ons snaaksste oomblikke beleef; waarskynlik omdat ons albei humor as ’n goeie katalisator vir spanning en druk beskou. Ons het mekaar se geselskap geniet en kon gesels oor “frivolous” goed soos klere en juwele, maar ook oor ernstiger dinge wat ons na aan die hart lê; ons het baie grappies gedeel en lekker saam gelag. Ek gaan Berta mis – haar lag uit die kantoor langsaan en haar teenwoordigheid as ek daar verbystap, haar gereelde oggendgroet, “Hallo, en hoe gaan dit vanmôre?”, die blomme of ander gebaar as sy sien ek voel af, haar vermoë om detail te onthou (ek is ouer en vergeet nou al makliker) en sommer net die band wat ’n mens opbou as jy vir ’n lang tyd soos twee karperde saamdraf. Ek weet daar is baie ander wat haar ook sal mis en ek meen dat ek met sekerheid kan sê dat Berta vir almal van ons een van daardie mense is wat ’n onuitwisbare merk by die biblioteek gemaak het en ’n leemte gaan laat wat moeilik gevul sal word. Tot weersiens vriendin en kollega! Mag die nuwe paadjie wat jy gaan bewandel interessante afdraaie inhou wat vir jou groot vervulling sal meebring. Elda Nolte As jong student besig met indiensopleiding word ek voorgestel aan Berta by Interlenings. Gou het ek besef hierdie is ’n stylvolle, warm persoon. Altyd bereid om te hoor hoe dit met jou gaan. Jare later word Berta die afdelingshoof by Bronverskaffing, met nog steeds ’n glimlag en hoe gaan dit vandag as haar “trademark”. Voorspoed met al die avonture vorentoe op jou pad. Lindall Adams As ek aan Berta dink, dink ek aan ’n klomp energie wat brand om te ontbrand! Sy beskik ook oor geweldige selfbeheersing. Bo alles staan haar diensingesteldheid egter uit. Die kombinasie van bogenoemde maak dat sy gebruikers (én personeel) gereeld verstom deur op enige versoek dádelik te spring met ’n gesindheid van: “Hoe hoog?” en “Dit sal vir my ’n plesier wees!”… En dan is sy nog mooi en slim ook!! ’n Wonderlike nuwe lewensfase vir jou, Berta! Dit was ’n voorreg om saam met jou te werk. Paula Conradie

10 SUBNUUS

PERSONEELPERSONEEL

Page 11: Subnuus - Maart07

11

hang nie. Jy kon altyd ’n antwoord verwag. Ons sal haar altyd onthou as ’n interessante mens met ’n verstommende wye kennis oor biblioteeksake en ook in die algemeen. Haar warm, nederige, vriendelike medemenslikheid en waardering vir elke individu se insette het van haar ’n natuurlike leier gemaak, ’n ware rolmodel met baie gretige volgelinge. Ons neem afskeid van Alberta, maar die vrug wat uit hierdie perskebloeisel ontwikkel het laat sy na. Dankie Berta, saam met Eric Clapton sing ons die Alberta blues. Bestelafdeling. Om van Berta afskeid te neem is nie maklik nie. Sy was vir vier jaar deel van ons afdeling se lief en leed en het haarself volledig ingegrawe (en ingeleef!) in al ons werksaamhede en probleme. Ons gaan die insig wat sy openbaar het in die tydskrifte- en e-bronne omgewing baie mis. Ons het altyd gevoel dat ons op Berta kon staatmaak om ons by te staan met haar vriendelike behulpsaamheid, geduld en wysheid. Ons sal haar altyd onthou vir haar belangstelling, meelewing en die geesdrif waarmee sy alles aangepak het. Sy was vir ons nie net ’n wonderlike baas nie, maar ook ’n vriendin. Berta, ons weet jy sal ’n sukses maak van enigiets wat jy beplan vorentoe. Sterkte en voorspoed! Tydskrifte- en E-bronne Afdeling Berta beskik oor daardie wonderlike kombinasie om werklik ’n mens mens te wees en terselfdertyd ’n taak optimaal te kan verrig. Dit en haar baie, baie ander talente het haar ’n gewilde en voortreflike kollega gemaak. Die US verloor ’n uiters bekwame werknemer! Ek het net aangename herinneringe van al die jare wat ons paaie saam geloop het. Ek en al die kollegas in die Katalogiseer-afdeling sal Berta baie mis, maar wens haar ’n vervullende en voorspoedige nuwe lewenservaring toe. Ons weet sy sal, waar sy haar ook al bevind, ’n positiewe bydrae maak. Ons hoop sy geniet dit! Marianna Kritzinger

Daar is ’n hele paar dinge waaraan jy onmiddellik dink wanneer Berta se naam genoem word. Binne die eerste paar dae wat sy by Interlenings die nuwe hoof was, het ons almal geweet hier het ons met ’n besondere persoon te doen, iemand wat professioneel is, iemand wat empatie het, iemand wat ’n ongelooflike hoë werktrots het, iemand met ervaring, maar bo dit alles ook iemand wat ’n lewenslange vriendin sal wees. Baie tyd het intussen verloop. Vir ’n tyd lank het ons nog saam in Bronverskaffing gewerk. Wat vir my uitstaan van daardie dae was dat sy altyd tyd gehad het vir almal en dat sy ’n mentor vir almal kon wees. Wanneer ’n mens boeke oor leierskap lees, sien mens al die eienskappe van ’n goeie leier glashelder in Berta se manier van leiding gee aan haar personeel. Dankie Berta, dit was op sigself seker een van die beste dinge wat ek by jou geleer het. Nie dat dit altyd maklik is om na te volg nie... Nog iets wat vir my uitstaan omtrent Berta, is dat ’n mens altyd kan staat maak op haar. Sy is een van die mees hardwerkende mense wat ek ken en daar is nie iets soos uitstel en/of afstel by haar nie. Al beteken dit dat sy deurnag moet werk. So gebeur dit dan ook dikwels dat sy dinge op haarself neem waarvoor ander nie kans sien nie. Waar sy die tyd gekry het hiervoor weet ek werklikwaar nie. Daarom gun ek haar ’n baie welverdiende ruskans. Maar kennende Berta gaan sy beslis ook nie vir lank stilsit nie… Dankie vir jou vriendskap Berta en alles wat jy vir almal beteken het hier. Jou leë stoel by vergaderings en in jou kantoor gaan ’n groot leemte laat. Jy gaan nog groot dinge in jou lewe bereik, dis net jammer die Biblioteekdiens gaan nie baat vind daarby nie. Sukses vorentoe! Marié Roux ’n Profeet word nooit in sy eie land geprys nie, maar ’n ikoon wel. Berta is ons eie ikoon. Nie ’n ikoon waarop jy verskeie kere moet klik, en as jou bandwydte oornag gesteel is, jy maar geduldig moet wag nie. Hierdie ikoon gryp die dag en sommer ’n stuk van die nag by, want sy wil elke dag só bitter graag hê. Berta kon ’n oplossing vir elke probleem vind en daarom is sy ’n probleem-oplosser van formaat. Saam met ’n gedugte span het sy die Alephbul by die horings gepak, van hier tot in Jerusalem en terug. Wanneer sy met ’n lêer onder die blad en haar “high polfaais” op pad was, het sy nooit ’n probleem of ’n vraag laat versand of in die lug laat

Vol. 27(1)

PERSONEELPERSONEEL

Page 12: Subnuus - Maart07

Omdat die mans in die Biblioteek verreweg in die minderheid is, het ons maar die geneigdheid om by geleentheid, soos in die teekamer, laer te trek om die geselsies te gesels wat mans nou maar doen. Op ’n stadium was daar darem tog ’n redelike groepie van hierdie bedreigde spesie bymekaar, en omdat ek nog altyd redelik goed met somme was, het ek heel vroeg besef dat my tydgenote soos Hennie Viljoen, Max Von Dürckheim, Matthew Syphus, Henri Wirth en Johan Mouton almal ouer as ek is en dat daar ’n dag gaan aanbreek wanneer hulle gaan weg wees, en ek alleen gaan agterbly. Dit was nie ’n lekker gedagte nie, en dit het natuurlik nou ’n realiteit geword met Johan se aftrede einde Maart. Ek het Johan reeds by konferensies en ander beroepsverwante byeenkomste ontmoet voor hy na Stellenbosch verhuis het, maar dit is natuurlik veral sedert 1 Julie 1986, toe hy hier diens aanvaar het, dat ek hom beter leer ken het, aanvanklik as kollega, en mettertyd as goeie vriend. Ek en hy en Hennie Viljoen het vir jare lank elke middag ons broodjies saam geëet in die teekamer tydens middagete. Later het ons op ’n gereelde basis, veral op ’n Vrydag, die broodjie afgewissel met ’n pizza, eers by Mama Roma, en later by Gino’s. Sedert Hennie se aftrede het ek en Johan alleen ons broodjies geëet en darem weer ’n paar keer saam met Hennie ’n pizza geëet. Ek hoop ons sal kan voortgaan met die gebruik na Johan se aftrede, want dit gaan sleg wees om voortaan my broodjie alleen te eet. In terme van sy werk as E-Bibliotekaris het Johan oor ’n lang periode baie waardevolle ervaring opgedoen en sy weggaan gaan ’n groot leemte op die gebied laat. Hy is natuurlik in 1986 aangestel om “Eksterne rekenaarmatige inligtingsdienste” op die kampus te ontwikkel. Dit het op daardie stadium nog veral “online searching” op die databasisse van verskaffers soos Dialog behels. Danksy sy ervaring daarmee by die Vrystaatse Universiteit het dit egter vinnig ontwikkel en was Stellenbosch redelik gou op die voorpunt wat dit betref. Hy was dan ook vir ’n lang tyd die hoof van die Vakbibliotekarisafdeling en die feit dat hy steeds na hulle sosiale funksies genooi word, wys net watter impak hy op die mense daar gehad het. As ek aan Johan dink, dan kom ’n klomp fasette oor hom na vore: Eerstens die feit dat hy ’n uiters lojale en regtig sommer net nice mens is. Indien hy oor ’n periode van meer as 20 jaar een vyand hier gemaak het, sal ek uiters verbaas wees. Die een

eienskap van hom wat werklik uitstaan is die feit dat hy nooit iets slegs van iemand anders te sê het nie. Hy het het ook geen verskuilde agendas nie: “What you see is what you get.” Hy was soms ietwat verstrooid, maar dit is maar net ’n kenmerk van hoogs intelligente persone. Hy het ’n mens dan ook altyd verbaas met sy wye algemene kennis en hy kan nogal met gesag en onderhoudend oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe gesels. Hy is egter nie net intelligent nie, maar ook wys, en ek het heelwat lewenswaarhede by hom geleer. Hy is baie lief vir reis, veral na vreemde bestemmings, en hy is ook baie lief vir lekker kos, en as hy die twee kan kombineer is hy in sy element. Hy kan egter ook baie lekker gesels oor minder belangrike goed soos sport en motors en in dié verband was hy ’n ware sielsgenoot. Hy het ook ’n baie goeie humorsin en dit was baie lekker om sommer net by hom te kon instap om ’n grappie te deel. Johan, ons almal, maar veral ek, gaan jou geweldig mis. Baie dankie vir alles wat jy vir ons beteken het. Ek hoop die tyd wat nou aanbreek gaan vir jou en Sarie net een groot vreugde, met baie min stres wees. Dag ou grote... Johan Engelbrecht Johan het in die winter van 1986 van Bloemfontein na Stellenbosch verhuis om die pos as vakbibliotekaris vir Natuurwetenskap en Landbouwetenskap te beklee. Gedurende die bietjie meer as twintig jaar wat hy in die JS Gericke biblioteek gewerk het, het die rekenaar-monster die inligtingswêreld begin verswelg. Met sy vermoë om eerstens nie te skrik vir enige nuwe tegnologie nie en sy rustige manier om ons

12

PERSONEELPERSONEEL

SUBNUUS

Totsiens aan Johan Mouton alias Sakkie of Johan M

Page 13: Subnuus - Maart07

13 Vol. 27(1)

geluk met wonderlike spanmaats by Landbou- en Natuurwetenskappe het begin met Johan. Baie gelag. Baie stories gehoor van "In Bloeffontein (die M het verdwyn as hy vinnig praat) het ons dit so en so gedoen". Natuurlik ook met hom as touleier die hele inligtingverskaffingrevolusie deurgemaak. Beslis e e n v a n d i e Persoonlikhede in my professionele lewe! Miriam Terblanche Wie ookal besluit het om vir JM (Johan Mouton) hier aan te stel, het my lewe vir ewig verander. JM is sekerlik die niceste mens wat ek nog ooit ontmoet het en met permissie gesê ook die vriendelikste baas ooit. Jy het vir hom perform nie omdat jy bang was nie, maar omdat jy bang was jy stel hom teleur. Hy het nooit nee gesê as jy hulp gevra het nie - en het NOOIT maar nooit iets negatiefs oor iemand by die werk gesê nie. Ek en Johan het lank saam rugby op Nuweland gaan kyk (dis toe die WP nog iets beteken het) en dis die een plek waar ek hom al hoor vloek het, maar nou ja dit oor rabie of soos hy ook sou sê, voe ball. Dankie Johan. Dis selde dat ek kan sê dat ek nog nooit vir iemand by die werk oor al die jare kon kwaad raak nie - jy kan nie vir Johan kwaad word nie, dis onmoontlik. Dis vir my ’n absolute trots en plesier om te kan sê jy is ’n vriend en nie net ‘n kollega nie en jy het my geleer om geduldiger te wees en te kyk na beide kante van ’n saak voor ek goedsmoeds my mond oopmaak. Ongelukkig is die artikel se original op papier en nié op die rekenaarskerm nie - smesse en e-posse kan nie traankolle reproduce nie. Geniet jou aftrede Johan. Ek gaan jou besadigde vaderlike advies ontsaglik mis (nog ’n traanbel...) Groete Niel Hendriksz

PERSONEELPERSONEEL

almal mak te maak vir alle nuwe tegnologie kan hy seker vandag tereg trots voel op wat hy reggekry het. Selfs Niel wat eers soos ’n steeks donkie vasgesteek het as die woord rekenaar net genoem word, praat v a n d a g m e t g r o o t entoesiasme van sy rekenaar by die huis. Hy was vir die tegnologiese ontwikkeling van ’n baie groot groep mense binne die biblioteek verantwoordelik. Van DOSstelsels, Windows programme soos MS Word, Frontpage en nog baie meer. Ek dink veral aan die tyd wat hy die vb’s moes touwys maak om intydse senutergende soektogte te doen op Dialog en STN. Dit was ook gedurende hierdie tyd wat die elektroniese databasisse die meer tradisionele tydskrifindekse begin vervang het en wat later via die internet beskikbaar geraak het. Hy moes ons paai toe doemprofete wou insinueer dat die internet die vb’s en databasisse se rolle gaan vervang. Johan was deur alles altyd net ’n oproep ver of as die nood baie hoog is ’n paar treë weg. Hy het gelukkig die begrip en die nodige agtergrond gehad wat verstaan het wat ons bedoel het as ons met gebrekkige woordeskat die huidige tegniese probleem aan hom probeer verduidelik het. Behoede ons van al die nuwe tegnologiese monsters wat die jong kinders van vandag aan die uitdink is en wat ons sonder Johan sal moet aandurf. As ek so kyk na die foto’s hier langsaan sê dit vir my net een ding. Hier is ’n mens wat sy werk so geniet het dat hy dit en die mense deel gemaak het van sy lewe en sover die oog kan sien elke oomblik terdeë geniet het. Elbie van Wyk Daar is so baie wat ek oor Johan sou kon sê. Die eerste jare wat ek by Dienspunt 2 en hy by 1 was, sou ek seker nie sonder hom oorleef het nie. Een wonderlike ding omtrent hom is dat ’n mens vir hom kon kwaad word (omdat hy so vinnig verdwyn het en omdat hy nooit kon glo dat ek koud kry nie en omdat hy nooit kon nee sê as iemand sy hulp nodig het nie en... en...) en hy kon met sy laggie alles dadelik ontlont. Sy klomp vroue-kollegas het so op hom gesteun dat ek een keer vir hom gesê het ek wens hom dit toe as hy in die hemel kom dat daar geen vrouens naby hom is nie, toe sê hy nooit, hy is dan so lief vir vroumense! My groot

Page 14: Subnuus - Maart07

14

PERSONEELPERSONEEL

Einde Maart neem ons afskeid van twee DAMES. Ja, ek skryf dit in hoofletters, want alhoewel nie met die blessing van die queen nie, is dit wat hulle is - bloubloed dames. Dit is hoe ek Leana en Gerbregta sal onthou. Dit is die blywende indruk wat hulle op my en my gesin gemaak het. Daar is klein, fyn karaktertrekke wat die uniekheid van ons karakter bepaal. Dinge soos die sagtheid van ons antwoorde, die opregtheid van ons belangstelling in ander, die meelewing met ander se nood en pyn, die bedagsame verneem na ander se welstand, die nooit sleg praat van ander, die keurige versorging van die self, die behulpsaamheid en die nederigheid. Subtiele dinge wat ’n fyn satynkleed weef van die mense wat ons is, die mense wat ander sien ons is. Hierdie is ’n fyn kleed van skakerings wat julle altyd gedra het. Hiermee het julle my, en ek dink vele ander geïnspireer om die mense te word wat ons kan wees. Gerbregta en ek het toevallig op dieselfde dag in katalogisering begin werk. Oor die jare heen kon ek baie op haar hulp staatmaak. Ook Leana het my sonder om ongeduldig te raak voortdurend gehelp. Op ’n meer persoonlike vlak het Leana my verras toe sy onselfsugtig die lekkerste poeding vir my dogter se 21ste verjaardag gemaak het. (Die familie praat nou nog daarvan).

Erens (sonder die kappie) Leana, langs die see wag vir jou ’n plekkie, so ook vir jou Gerbregta. Mooi sonskynweer en horisonne wag. Groete! Sheila Keet 1. Albei regte dames. 2. Albei pragtige vrouens. 3. Albei opregte vriendinne. 4 Albei met ’n heerlike humorsin. 5. Albei staatmakers in die kantoor met inte- griteit en toewyding. 6. Albei gaan ’n groot leemte laat in ons daaglikse doene en late. GENIET JULLE VRYHEID! Marie de Goede Hoe beskryf ’n mens twee mense, wat kop en skouers uitstaan wat pligsgetrouheid, toege-wydheid en persoonlike afgerondheid betref? Wat Gerbregta betref, kan ek net sê dat ’n mens nie vir ’n beter werks”buurvrou” kan vra nie. Dankie, Gerbregta ! Dis onder andere deur jou toe-doen dat ek die afgelope jare met oorgawe kon katalogiseer. Ek hoop van harte dat die nuwe fase in jou lewe verrykend sal wees. Leana het vir my so ’n goeie voorbeeld gestel, wat veral die katalogisering van Afrikatale se biblioteek-materiaal betref, dat ek net hoop dat ek in haar

Leana Erens en Gerbregta Gericke

Leana Erens

Gerbregta Gericke

SUBNUUS

Page 15: Subnuus - Maart07

SUBNUUS 15

voetspore kan volg. Geniet die aftrede, Leana. Par-tykeer wens ’n mens jy was self al daar. Alles van die beste aan twee baie besondere biblioteekdames! Monika Minnaar Vanuit die "Gat" na die lig het hulle baie verrig. Deur vele jare het net die hare gryser geword. Maar deur dik en dun (eintlik meer dun vir hulle twee) bly hulle getrou aan hierdie ou gebou -- die JSG - en gee en gee en gee hulle baie talente (so spaar ons die sente), want hulle werk met ywer -- ’n voorbeeld vir hierdie skrywer. Mag die jare vorentoe vol vreugde, vrede en voorspoed wees! Anna Ackerman Ek het ’n hele paar jaar saam met hierdie twee dames gewerk en dit was vir my ’n ongelooflike voorreg! Hulle is twee unieke mense by wie ek baie kon leer en glo my, hierdie kennis sal ek vir altyd saam die toekoms in kan dra. Vir Gerbregta gaan ons gelukkig nog sien maar vir Leana sal ek baie mis! Leana, geniet elke oomblik van jou vryheid voren-toe en moet ons nie vergeet nie, né! Mooi en my allerbeste wense vergesel jou en jou gesin se pad vorentoe! Willemien Aucamp Die afdeling gaan net nie dieselfde wees sonder Leana en Gerbregta nie. In die jare wat ons saam-gewerk het, het ek baie by albei van hulle geleer! Hul liefde vir die natuur, opregte belangstelling in elkeen van ons se lief en leed, en hul positiewe ingesteldheid teenoor die lewe het van hulle nie net wonderlike kollegas gemaak nie, maar ook kosbare vriendinne. Dankie Gerbregta en Leana vir al die lekker tye saam, ek gaan julle baie mis. Geniet al die nuwe uitdagings en vreugdes wat oor julle pad kom. Joy Labuschagne

Gerbregta en Leana - twee ware dames by uitstek! Julle was nie net fantastiese kollegas nie, maar ook opregte vriendinne. Ons het baie lekker saam gewerk, saam gelag, en lief en leed gedeel. Ek sal julle baie mis, maar gun julle die aftrede. Anna Kennedy Gerbregta Gericke Gerbregta het haar loopbaan by die US Biblioteek-diens met ’n ad-hoc pos in die Retrospektiewe af-deling van die Katalogiseerafdeling in 1988 begin. Toe die Retrospektiewe afdeling in September 1998 gesluit is, het sy by GISA gaan werk. Toe daar ’n halfdag pos in die Katalogiseerafdeling beskikbaar geraak het is sy in ’n permanente halfdag hoed-anigheid aangestel vanaf 1 Oktober 2000. In die omtrent 17 jaar wat Gerbregta vir die Biblio-teekdiens gewerk het, was sy ’n absolute staat-maker. Haar opregtheid en waardestelsel blyk duidelik uit haar omgang met mense en ook in die uitvoering van haar werk. Met Gerbregta se aftrede verloor die Universiteit ’n uitnemende werknemer en die Katalogiseerafdeling sal haar kennis en ervaring baie mis. Gelukkig sal ons nog tot die einde van 2007 haar ervaring kan aanwend in ’n retrospektiewe projek waarby sy be-trokke gaan wees. Ons hoop dat die nuwe fase in haar lewe ook veel vreugde sal inhou. Leana Erens Leana het haar loopbaan by die US Biblioteekdiens begin in ’n ad-hoc pos vir die Retrospektiewe af-deling van die Katalogiseerafdeling op 1 November 1987. Op 1 Maart 1996 is sy in ’n permanente half-dag Katalogiseerpos aangestel en van Julie 2002 in ’n voldag hoedanigheid, ’n totaal van meer as 18 jaar. Deur al hierdie jare was Leana ’n groot aan-wins vir die US Biblioteekdiens en met haar aan-gename geaardheid en uitstekende kennis en werk-setiek sal haar aftrede ’n groot verlies vir die Univer-siteit beteken. Vir haar kollegas in die Katalogiseerafdeling sal dit nie net ’n leemte laat van ’n kundige katalo-giseerder nie maar ook van ’n merkwaardige mens wat met haar voorbeeld en menseverhoudings al-mal se respek en vriendskap geniet. Ons beste en mooiste wense vergesel haar met hier-die nuwe fase in haar lewe! Marianna Kritzinger

PERSONEELPERSONEEL

Vol. 27(1)

Page 16: Subnuus - Maart07

16 SUBNUUS

My en Mara se werkspaadjies het gekruis aan die begin van 2003. Sy was verantwoordelik vir diens-lewering aan Afstandstudente en ek was die nuwe hoof van die Vakbibliotekarisafdeling. Ek dink Mara het my gedurende 2003 meeste van die tyd weggewens! As ek en Hilda nie besig was om te karring aan die finansiële administrasie van die afstandstudente nie, was dit die statistiek wat ver-ander moes word. Sy moes Excel vinng leer en nuwe statistiekvorms waarop die hele Biblioteek-diens se afstandstudentedienslewering ingevul moes word, baasraak. Ons het baie saam kopge-krap en met Mara se deeglike kennis van die prosedures nodig om goeie diens aan afstandstu-dente te verseker, is ons vandag op ’n punt waar die afstandstudentedienspunt op ge-oliede wiele loop. Mara het sistematies al die veranderinge baasgeraak en deurentyd ‘n goeie omkeertyd aan haar Afstandstudente verseker. As kontakpersoon vir Afstandstudente het Mara gereeld komplimente en dankies van allerlei aard gekry. Die opmerking van ’n kliënt dat sy dalk mag stadig praat, maar sy is baie “cool”, staan vir my uit bo al die ander! Om “cool” te wees is sekerlik die toppunt van OK wees in die studente se oë. Die “cool” tannie maak ongelukkig klaar by ons aan die einde van Maart 2007. Die Stellenbosch Academy of Design and Photography het egter nie die geleentheid laat verbygaan om haar op te raap nie en Mara gaan nou vir hulle ‘n “cool” biblioteka-resse wees. Mara ons is saam met jou bly oor die opwindende nuwe uitdaging. Ons gaan jou en jou positiewe gesindheid, humorsin, lus vir die lewe en gemak-like glimlag baie mis. Gelukkig sal ons nog kontak behou en hoor graag van al die ervaringe by jou nuwe werkplek en ook van die lekker plekke waar-heen jy getoer het of beplan om te toer. Delene Pretorius Beste Mara Niemand het met ’n groter glimlag kliënte na my gestuur nie. Ja Mara, by tye kon ek jou glimlag hoor rek wanneer jy die afstandstudente na my gestuur het. Al wat jou glimlag groter kon kry, was die teetydklok. Ek gaan jou chocolate uitdeelsessies besonder mis, maar ek vertrou dat jy jou opvolger deeglik oor hierdie instelling ingelig het. Niks bou goeie kollega verhoudings soos ’n goeie chocolate nie en ons professionele verhouding het ’n goeie fondament gehad. En nou verlaat jy ons. En nog voor jy kan sê

“teetyd”, het jy al ’n ander job gekry. Mag jy baie chocolates van jou kollegas ontvang en indien jy verlang, is jy meer as welkom om dit met Diens-punt 9 te kom deel. Have fun! Pieter du Plessis Mara en my paaie het minder gereeld en heel-wat later begin kruis as waarskynlik met die meeste van haar ander kollegas. Nietemin, dit is ’n voorreg om ook deel te kan wees van ’n af-skeidsboodskap aan jou. Met al die vele skuiwe binne die vb geledere verhuis ek van dienspunt 10 na Kamer 2003 in Oktober 2006. Die verskuiwing bring mee dat ek deel word van ’n geleerde en wyse gemeen-skap dames, byna aan die einde van hul US dienstermyn. As jongeling in hul midde moes ek ook my tyd en plek ken om nie onnodig op hul tone te trap nie. Onnodig om te sê die voort-varendheid van die jeug het my ook vele be-noude oomblikke besorg. ’n Onlangse voorval tydens ons vloervergadering is ’n klassieke voor-beeld van boundaries oorskry… “Mara hoe het jou onderhoud afgeloop?” ’n Ordentlike skrob-bering het gevolg tot groot plesier van die res van die kollegas. Mara nou waaraan sal ek jou onthou? Eerstens jou presiesheid, fyn beplanning en goeie or-ganisasievermoë. Alles is op sy plek en jou lessenaar was ten alle tye ordelik. ’n Afstandstu-

PERSONEELPERSONEEL Mara - die “cool” Afstandstudent-tannie

Page 17: Subnuus - Maart07

17 Vol. 27(1)

PERSONEELPERSONEEL

dent kon nie waag om jou op te stry nie, die do-kumentasie en bewyse was altyd gereed om die teendeel te bewys. Jou lekker gesels met teetye en uitstappies. Enige toergids sou sy geld ordentlik verdien met jou in die groep. Jou liefde vir jou familie en die trots waarmee jy jou kinders se lief en leed met ons kon deel... Mareli se matriekafskeidsfoto’s, Irene se teleurstelling met haar werkspermit in Ierland en vele ander. Die verbasing toe Jesse onder andere ’n baba-stoeltjie van Mareli erf om mee te kan speel en jou raad met die pyne van kindersiektes en groot-maak. Jou grappies tydens vloervergaderings het byge-dra tot ’n gemaklike atmosfeer en dan natuurlik ook... “mense, ek kry weer ’n groep Boland kol-lege studente, wie van julle sal kan help?” Met ’n sware gemoed het die meeste van ons ons kant gebring en die troosprys was dat ons deeglik voor-berei en toegerus is met wat nodig is om die rondleiding ordentlik te doen. Wel, ek het gewonder hoe jy die uittog weer na die oopvloer sou hanteer, met al die dokumentasie en die ewige steurnisse van studente wat hulp nodig het. Na 3 maande was die nuwe eienaar van dienspunt 10 netjies “ingesettle” en die Kollege studente het geweet waar om hulle bibliotekaris op te spoor. Soos vele ander veranderinge die afgelope paar jaar het dit jou ook nie afgeskrik nie en ek is dus vol vertroue dat die nuwe uitdagings vir die toe-koms ook vir jou die lewe interessant sal hou. Alles wat mooi is vorentoe!! Joanne Arendse Waar moet ek begin met Mara - miskien by die faded swart en wit foto van die 30 personeel van die US Biblioteekdiens wat in die teekamer hang met George Vrede Marais in die middel. Nou kyk as jy dán al hier gewerk het, dan is jy al laáánk hier. Die res op die foto is of in ouetehuise of dood so hels bells Mara how do you do it? Sy is by uit-stappies altyd die voorbok vir sports en avontuur en sedert sy na die onderste punt op die vloer geskuif is, nog steeds een van die eerste drie in die teekamer - sy stap baie vinnig selfs sonder haar loopring. Om die een of ander rede het dit nog altyd so uitgewerk dat ek en Mara altyd oorkant mekaar gesit het by uitetes en teetye - behalwe een rampspoedige en memorable aand

by my huis toe Elda oorkant haar gaan sit het… Die oorkant sittery was altyd vir my ’n groot ple-sier omdat sy so ’n fantastiese humorsin en sto-rievertelvermoë het. Ek gaan jou stories baie mis en al die grappies en staaltjies oor die hond en jou oorsese dogter en aag sommer alles. Mara, dit was fun om saam met jou te werk en ek is so bly dat jy die jobbie as kunsbibliotekaris gekry het by die Academy, want nou sal jy voortaan nog steeds vir my kan kom besoek en skakel… o hel nee liewer nie skakel nie… die van ons wat haar rolspel van telefoongebruik meegemaak het sal dit vir altyd onthou - sekerlik die beste amateurvertoning wat ek nog ooit beleef het. If all else fails Mara, jy is vir baie van ons ’n voorbeeld om vas te byt en die goeie in die lewe te geniet al is dit soms nie so maklik nie. Ek hoop jou “nuwe” loopbaan gaan vir jou baie plesier gee - die ryke ver-skeidenheid van die kunsgemeenskap sal gedy onder jou humor en positiewe uitkyk op die lewe. Bye en hallo, nuwe kollega Niel Hendriksz

“En nog voor

jy kan sê “teetyd”, het

jy al ’n ander job

gekry…”

“Ek gaan jou

chocolate

uitdeelsessies

besonder mis…”

Page 18: Subnuus - Maart07

18 SUBNUUS

PERSONEELPERSONEEL

My naam is Janine Davids en ek is tans ’n nagraadse student in opvoedkunde (NOS- Nagraadse Onderwys Sertifikaat). Ek studeer onderwys,want ek wil graag die kennis wat ek opgedoen het, aan ander oordra. Ek is baie toegewyd aan my studies en geniet dit terdeë. Dit is vir my verskriklik lekker om by die biblioteek te werk aangesien ek so baie interessante mense ontmoet. Dit is ook vir my uiters bevredigend om ander te kan help en ek leer ook baie van die ander studente. Ek's versot op lees en as ek ’n kansie kry gaan stap ek ver ente. Ek hou ook daarvan om tyd met my familie en vriende te spandeer. Ek kom van Wellington net buite Paarl. Ek is ook tans die hoofstudent van Lobelia (Universiteit woonstel) en op die oomblik hou dit my ook besig! Janine Davids

Dag sê!

My naam is Milla van Zyl en ek groet uit Pretoria. Ek’s huidiglik besig met ’n honneurs in Politieke Wetenskap. Vir my was al daai Geografie dosente nog al die jare verkeerd, die wêreld draai nie om pole nie maar om Politieke Wetenskap en Reis. Nog op sy beste as mens die twee kan kombineer soos ek al die geluk gehad het om te kon doen deur Chile toe te gaan en te gaan sien waar Allende en Pinochet en al hul genote hul dinge gedoen het. Ek was al rond en bont in Suider Afrika en in Europa en vaar die einde van die jaar (as die studies nou gaan soos hulle moet) Suid-oos Asië in. Ek is gek oor werk in die biblioteek, want dit omring my met my gunsteling mense, boeke. Milla van Zyl

Wat ’n voorreg om deel te wees van die biblioteek se ratkas! Graag stel ek myself voor aan die vriendelike mense werksaam onder die Rooiplein. Ek is huidiglik ’n honneursstudent in Kuns-geskiedenis, en my belangstelling is spesifiek hoe Afrikaner identiteit verbeeld word in kontemporêre visuele kultuur. Ek was baie dankbaar om hierdie werk te kry, aangesien ek graag my vlerke wil sprei oorsee na my studies. Oorspronklik is ek van Nelspruit, Mpumalanga, maar die Kaap het my reeds 6 jaar betower. Ek woon ook in Stellenbosch en is bevoorreg om my tweelingbroer ook steeds op kampus te hê. Ek is mal oor mense, lief vir uitdagings en sien uit na, ek is seker, ’n jaar vol van beide! Tabita Swanepoel Hello Almal, Ek is Lindie Korf (ja, in die laerskool was my bynaam

Welkom aan ons studente-assistente

Janine Davids

Milla van Zyl

Tabita Swanepoel

Page 19: Subnuus - Maart07

19 Vol. 27(1)

Lindie Byekorf). Ek is in Pretoria gebore terwyl die Jakaranda’s geblom het, het my laerskooljare op ‘n klein dorpie in die Magaliesberge, genaamd Hartbeespoortdam, deurgebring, en was sedert my hoërskooljare in Johannesburg. Ek het al my vorige studies by die Universiteit van Johannesburg (die ou RAU) voltooi en het verlede jaar in Stellenbosch aangekom vir (hopelik) die laaste deel van my studies. Ek stry tans die goeie stryd om my mooi, ronde Transvaalse uitspraak te behou! Ek is ingeskryf vir my doktorsgraad in geskiedenis – en dus praat ek geskiedenis, slaap ek geskiedenis, eet ek geskiedenis en so aan en so voorts. My onderwerp handel oor Dr. D.F. Malan – en daarom is ek beslis op die regte plek! Tot dusver geniet ek my werk in die biblioteek geweldig – dit is heerlik om die wonderwêreld van navorsing met ander te kan deel en ek raak omtrent nog meer opgewonde as die studente wanneer ons dit regkry om ’n obskure bron op te spoor! Dit is ook lekker om saam met ’n groep uiters professionele mense te kan werk en ek sien uit daarna om nog baie hierdie jaar te leer. Lindie Korf

Salut! My name is Jessica Moll, born and bred in the local wine and cheese town of Paarl. I like the colour cobalt blue, the crunchy skin of roast chicken and the company of educated individuals. I am currently doing an honours course in art history because I find the aesthetic lifestyle which individuals ascribe to fascinating. I dislike car alarms while I am sleeping, wasps in tropical heat and people who have no tolerance for other cultures. I belong to a choral society in Stellenbosch because I was raised in a musical household and regard music as one of the few things in life which give it meaning. Ek koester woorde soos 'skemerkelkie' en 'kotelet' en voel dat dit baie belangrik is om vir my medemens, veral in Stellenbosch en Suid Afrika, vaardighede in meer as een taal te benut. In short, I believe that knowledge can be used to empower individuals, that this knowledge resides in narratives which shape our lives and that it is a privilege to work in the library which houses these. Also, snowdrops in winter are my favourite flowers. Jessica Moll

Hallo, my naam is Dora Scott, ek doen ’n Mphil in Erfenisstudie en Kultuurtoerisme. Ek is ’n boorling van Pretoria. Ek hou daarvan om te kyk en te dink, en ek is altyd verbaas as openbare figure my ’n rat voor die oë probeer draai, want hulle kry dit gewoonlik nie eers half-behoorlik reg nie. Ek behoort nie aan organisasies nie (behalwe die bib), omdat ek baie bang is vir die groepsmentaliteit op Stellenbosch en op ander plekke, en ek glo in individuele denke. As jy my soek, sal jy my in ’n kunsgallery of agter ’n boek kry, of besig om na musiek te luister. Anders is ek besig om êrens ongewoon en eksoties te rinkink en te fuif, baie keer saam met my vriendin Jessica, wat altyd lus is om in

PERSONEELPERSONEEL

Lindie Korf

Jessica Moll

Dora Scott

Page 20: Subnuus - Maart07

20 SUBNUUS

PERSONEELPERSONEEL

die pret te deel. Ek dink almal moet koerante lees, al is die inhoud nie altyd akkuraat nie. Daarom werk ek vir die biblioteek, sodat ek die onkundiges kan help om die regte inligting te kry. Dankie vir die geleentheid! Dora Scott

Hallo! My naam is Hanlie Myburgh en ek kom van Brackenfell. Op die oomblik is ek besig met my BA in Geesteswetenskappe wat ek baie interessant vind. Ek kry aan die einde van die jaar uiteindelik my graad, alhoewel ek nog nie heeltemal seker is wat ek eendag wil doen nie. Ek glo darem ek is al ’n stappie nader daaraan om uit te vind. My werk by die biblioteek het my laat besef hoe student-georiënteerd die universiteit is, en daarom is ek baie bly dat ek besluit het om by Stellenbosch te kom studeer. ’n Bietjie meer inligting oor myself: Ek verjaar in September (dit maak my ’n Virgo), ek geniet dit om "art films" te kyk, ek speel graag kaart en doen blokkiesraaisels, en ja, ek hou van boeke en goeie wyn! Baie dankie vir al die personeel wat my so welkom laat voel, ek is seker ons gaan nog lekker saam werk. Hanlie Myburgh Hi there! My name is Roderick Donald. I come from Bloubergstrand and at the moment I am doing an Mphil in Aquaculture. Simply put, aquaculture is farming in water. I am working specifically with rainbow trout and have spent a lot of time at Jonkershoek, another beautiful part of Stellenbosch! I am crazy about the sea, and love spending time in it! People are also important to me and I hope that I can make a difference here in the library. Roderick Donald

Hi there! I am Marlene Mahokoto and this is my 2nd year at the JSG. And what can I say - "so far so good!!". Working here is quite a challenge because you get so many different enquiries, which are not related at all to books. But, you need to handle each one with care because like we were taught - "we are the friendly faces of this institution". My roots are in Namibia, Walvisbay and most of my family are living there. However, I also have family in the Eastern Cape now. So when it is holiday time, my husband and I literally travel from East to West!! And it has been fun so far. May 2007 be a year of "great service" for each one of us at the library. Marlene Mahokoto

Hanlie Myburgh

Roderick Donald

Marlene Mahokoto

Page 21: Subnuus - Maart07

21 Vol. 27(1)

Hallo aan al die Biblioteek personeel. Ek en Jacobus het besluit om eerder hierdie stukkie saam te doen aangesien almal so lekker met ons spot (Ja, Niel dit is nou jy en Marleen). Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om sommer vir almal baie dankie te sê vir die wonderlike jaar wat ons verlede jaar gehad het. Ons het soooooó baie van julle geleer, ondersteuning gekry, vriendskappe gekweek en lekker saam gelag. Ons kon nie wag om terug te kom van vakansie af nie, ons het julle almal sommer baie gemis. Ek hoop dat hierdie jaar net so lekker sal wees en ek wil net weer dankie sê dat julle ons so vinnig deel van die biblioteekspan gemaak het. Help asseblief die nuwelinge, en as hul die helfte van die raad kry, wat ons gekry het, sal hulle ’n wonderlike span maak. Voorspoed vir die res van 2007 en onthou; julle is besig met ongelooflike werk en al voel dit nie altyd so nie, dit word opreg waardeer. Carlien & Jacobus

PERSONEELPERSONEEL

Jacobus van Eeden Carlien van Blerk

Page 22: Subnuus - Maart07

22 SUBNUUS

PERSONEELBROKKIESPERSONEELBROKKIES

Eish… dit raak nogal ’n challenge om elke jaar die vorige marteling te oortref of selfs gedeeltelik na te volg. Proeflopies is deur die “komiteelede” in Desember gedoen (komitee = Marleen en moi as meeloper) en dit was warm en belowend. Die bespreking van ’n eetplek was ’n uitmergeling aangesien die tentakels van die “World Cup 2010” wyer strek as wat mens aldag besef. V & A staan deesdae vir v… off Afrikaans-sprekendes ons kyk net na overseas besoekers. Nou ja, toe kies ons maar die Pannekoekplek - klink toe nogal Afrikaans met so ’n titel, né? Die oggend was mooi, die wegspring vroeg en die stadsverkeer absoluut belaglik. Eindelik kom ons almal weer bymekaar by die eetplek onder moewiese groen sambrellas en ons verwelkom ook weer vir ’n getannde Annemarie - sy sit deesdae mos buite met haar laptop oppie lawn en lag vir ons… Na die brekfis bestel is begin die fun… ’n huge skip van die Angolese/Namibiese diamantbedryf probeer die droogdok binnevaar met gemengde sukses. Die groen sambrellas het obviously vir die idioot van ’n piloot soos branders gelyk, want hy mis sy draai en sny my boerebrekfis byna in twee met sy boeg. Dis heel fun en my brekfis vergete, terwyl ek droom van ’n moontlike aftrede job as piloot aangesien dit blykbaar deur halfblinde mense gedoen kan word - daar’s hoop! Eindelik is die skip geberg en die koue brekfis ook en op ’n drafstap volg ons

vir moeder Marleen na die next stop - die topless bus. Ons stap deur die V & A eetplekke wat byna dolleeg is en maak snedige aanmerkings - dis great fun. Die topless bus is toe nie wat ek gedink en gehoop het dit was nie - dit verwys toe na die feit dat dit dakloos is en nie na die kleredrag van die passasiers nie - damn! Ek het nou werklik gedenk ons het eindelik die jackpot van spanbousessies gestrike. Live in hope. Die trippie was sonnig en ontspannend en by die kabelstasie het ons afgeklim en noodgedwonge keppies en water gekoop. Toe verder oor Kloofnek en na Kampsbaai waar ons toe weer opgeklim en die ware topless en bottomless deel van die toer beleef het. Roomys is geëet en ek het dit gepass, daar was genoeg ander ... tonele om oor te kwyl. Back on the bus tot by die Waterfront waar ons in groepe verdeel het. Sommige is huistoe ander het by Quay 4 uitgeëet en gesien hoe ’n enormous passasierskip vasmeer. Dit was werklik ’n rustige en baie ontspannende uitstappie wat veral by die minder adventurieuse deel van ons groepie byval gevind het. Weer eens het almal oorleef, so ons maak nou maar staat op die natuurlike oorsake van verandering en aftrede om ons getalle af te bring. Miskien 2008 vir Vanstadensrivierbrug of miskien ’n tik-kursus.

VB Spanbou 2007 Niel Hendriksz

“Die groen

sambrellas het

obviously vir die

idioot van ’n

piloot soos

branders gelyk,

want hy mis sy

draai en sny my

boerebrekfis

byna in twee

met sy boeg”

Page 23: Subnuus - Maart07

Die LAND CLAIMS COURT steek ’n kleim af in die JSG. Prof Juanita Pienaar van die Dept Privaatreg en Romeinse reg is verlede jaar as regter by die Grondeise Hof (Land Claims Court) aangestel. In Novembermaand het sy op versoek drie assistente van die Hof vir ’n daglange regsnavorsings-opleiding na die JS Gericke Biblioteek gestuur. Die assistente, almal gekwalifiseerde regsgeleerdes, was van oraloor in Suid-Afrika afkomstig. Ons het ge-JUTASTAT, grondeise-sake gesoek en tussendeur gekuier en bande gesmee. Hulle was geïnspireer deur ons elektro-niese bronne en wou dadelik die beur-sie-houers van die hof gaan bekeer. Sowat ’n maand later vra prof Pienaar of een van die regters ook die oplei-ding kan kom doen. Volgens die regter het die assistente se navorsing- “skills” merkbaar verbeter en sy wou kom kyk wat ons het en doen. Aan die einde van Februarie was dit my voorreg om regter Meer en haar nuwe assistent op te lei. Vir myself en die Biblioteekdiens, was dit ’n unieke geleentheid tot gemeen-skapsdiens en uitbreiding van kontak met die regsberoep. Melinda Heese

Van vroeg 2007 is daar ’n verandering opgemerk in die biblioteek. ’n Span skoonmakers (netjies uitgedos in blou uniforms) is daagliks van soggens 7 uur op te merk agter stofsuiers, stoffers, dweile en emmertjies water. Die oulike span (1 man, 5 vrouens) van DLC Cleaning het van 2007 begin om soggens tussen 7 en 11 die JS Gericke Biblioteek skoon te maak. By nadere ondersoek het ons die storie agter die storie gekry. DLC Cleaning staan onder die leierskap van Diana Lochner, Annemarie Kruger en Lynette Robb. Hulle idee was om werk te skep en hulle het 6 werklose persone uit Kayamandi gewerf en begin oplei – van persoonlike higiëne, gepaste kleredag, werksetiek, gebruik van apparate tot by die standaard van skoonmaak. Die span is tans ten volle opgelei en put baie trots en werksbevrediging uit hulle oggendtaak. Diana se ideaal is egter steeds om ook vir hierdie mense meer werk te kan genereer sodat hulle die volle dag met verskillende projekte besig kan wees. Hulle maak tans hoofsaaklik staat op “word of mouth” bemarking, maar hou duimvas vir meer projekte op kampus. In antwoord op die vraag: “Wat is jul grootste uitdaging?” was die antwoord NIE wat ek verwag het nie. Hul grootste uitdaging het ’n kulturele agtergrond. Die Xhosa-spannetjie is baie uitbundige en vrolike mense en vind dit geweldig stremmend en selfs spanningsvol om so doodstil te moet werk. Dit druis lynreg in teen hulle spontane aard (maar hulle kry dit baie goed reg). Die tweede groot uitdaging is om vinnig genoeg die stofsuiery af te handel met so min moontlik steuring vir die biblioteek-gebruikers. Aangesien die hele biblioteek binne bestek van 4 ure skoon moet kom, verg dit geweldige vinnige werk. Gereeld sien ons hoe Diana self inspring en saam met die span werk. Die resultaat van hierdie span se werk is duidelik sigbaar. ’n Wonderlike skoon biblioteek en aangesien soveel van ons personeel vroue is, word die detail opgemerk en hoog waardeer. Baie dankie vir julle wonderlike diens! Carine Tymbios

23

PERSONEELBROKKIESPERSONEELBROKKIES

Skoon met DLC Cleaning

Vol. 27(1)

Agter van links na regs: Judith, Lindiwe, Siswe, Wesi, Diana Voor: Soleka, Lindie

Page 24: Subnuus - Maart07

24

Dit is duidelik dat daar ongelooflik baie werk in die kunswerke ingegaan het, beide dinkwerk en fisiese arbeid. Dit het my opgeval dat om hierdie fassinerende werk ten volle te kan waardeer, ’n mens maar die wit handskoentjies moes aantrek en jouself ten minste ’n uur gun om die werk in diepte te bestudeer en elke item fisies aan te raak. Uit die kommentaar wat in die besoekersboek neergeskryf is, blyk dit asof die uitstalling ’n sukses was. Een spesifieke kommentaar wat my opgeval het en ek seker is die kunstenares sou verbly het, was die een persoon wat geskryf het “Now I know I’m also a book”.

Black Boxes, deur Anne Graaf (Emslie) Hierdie kunsuitstalling was vanaf 1 – 28 Februarie uitgestal in Africana, op versoek van die Departement Visuele Kunste. Dit het omtrént baie belang-stelling gelok én heel interessante kommentaar. Die uitstalling het deel gevorm van Me Emslie se M-Studie en het 10 “boeke” uitgebeeld. Vir enigiemand wat gedink het ’n boek is ’n ding van papier met bladsye en ’n rugkant, dink weer. Hier het ons van rokke tot porselein tot gordyne gehad! Die titel was reeds verwarrend vir sommiges, soos een student toe vir my vra “is dit nou soos die black boxes in vliegtuie?”. Wel, jy kan kuns interpreteer soos jy wil, maar nee, ek dink nie dis daai black boxes nie! Drie tafels was met swart doeke gedek en daarop is die tien dele van die uitstalling uitgestal. Een van die interessantstes was The dress diaries. Dit beeld vyf swart rokke uit wat die kunstenaar by spesifieke geleenthede aangehad het. Die rokke word dan die ekwivalent van bladsye in ’n dagboek, nog ’n manier om herinneringe vas te vang. Die een stuk wat by verre die meeste aandag getrek het en ook die middelpunt was, was getiteld The Curtain parchment: ten years in a garage box and a month in a library. Die kunstenaar het dit beskryf as ’n “boek in wording” en sou van tyd tot tyd tydens die uitstalling fragmente van geskrewe teks daarop aanbring. Dis was nou die ‘month in a library’ deel. Wat die 10 jaar in die garage betref, wel dit het beslis sy merk(e) gelaat en het baie, soms ongewenste, kommentaar van studente uitgelok. Van die ander stukke wat aandag getrek het was A small web of grief – 8 kortverhale letterlik en figuurlik aanmekaar vasgewerk in die vorm van ’n web, en dan ook Paper stones – stories geskryf op ’n materiaal wat lyk soos papier, maar eintlik ’n tipe porselein klei is.

SUBNUUS

Kunsuitstalling in Africana Mimi Seyffert

“Now I

know

I’m also a

book”

Page 25: Subnuus - Maart07

Onthou om die Protea-filmteater se program dop te hou, want daar is films vir alle smake - onlangs is byvoor-beeld sulke uiteenlopende films soos AN INCONVENIENT TRUTH (’n Oscar-wenner), CASINO ROYALE en THE SE-CRET LIFE OF WORDS vertoon. Die teater is van Maandag tot Saterdag oop en gewoonlik word twee films vier keer per dag vertoon. (Soms is daar vier films per week wat om die beurt vertoon word.) Die eerste vertoning begin om 12:00 en die laaste om 19:45 en teen slegs R15.00 per kaart-jie kan ’n mens ’n uitdagende, opwin-dende of sussende film selfs twee keer gaan sien. Daar is niks wat met die donker teater en groot doek kan meeding om die regte atmosfeer vir ontvlugting en ontspanning te skep nie! Vreemdtalige films word dikwels vertoon en het altyd Engelse onderskrifte - dis heerlik ver-ruimend om hierdie films te sien wat andersins nooit op Stellenbosch ver-toon word nie. Ondersteun dus asb. die goedgeleë Protea-teater, want daar is al weer sprake van ’n moontlike sluiting van dié wonderlike fasiliteit. Films wat bin-nekort vertoon gaan word, is SYRIAN BRIDE, BABEL en VOLVER. Anneke Schaafsma Al het ek die afgelope tyd min tyd ge-had vir fliek, weet ek nie of Stellen-bosch meer dieselfde sal wees as die Neelsie se Protea filmteater gaan sluit nie. Van my beste film-herinneringe speel af in hierdie teater. Onlangs het ek en ’n paar vriende ge-sels oor die groot voorreg om in Stel-lenbosch te kan woon (natuurlik is daar ook nadele… maar meer spesi-fiek oor die kwessie van kultuur). ’n Voorbeeld hiervan is die dvd-winkels wat meestal ook goeie kunsfilms het om uit te neem. Ander wat in klein dorpies of selfs voorstede soos Dur-banville woon, moet maar tevrede wees met die mainstream dvd’s. Dan is daar al die ander kulturele geleent-hede, die Woordfees, kunsuitstallings, klassieke musiekuitvoerings in die

Endler, dramateaters, Dorpstraat-teater, net om ’n paar te noem. En dan is daar die Neelsie se filmteater! Hierdie teater voorsien aan die hele omgewing (vanaf sover soos Welling-ton, Franschhoek, Paarl, Somerset-Wes, Strand en selfs Caledon) se kunsfilmbehoeftes. Ek weet van mense uit al hierdie dorpe wat eerder Stellenbosch toe ry om ’n goeie film te kyk, as om al die pad Kaapstad toe te ry (so af en toe is dit natuurlik ook ’n lekker uitstappie). Met die eienaars van die Protea film-teater het ons elkeen wat gereeld daar kom, ook al ’n spesiale vriendskap. Hulle ken ook seker al elkeen se film-smaak! Ek wil vir hulle spesiaal dankie sê vir die wonderlike films wat uit-gekies word. Twee films wat ek die afgelope paar maande gesien het, wat my altyd sal bybly, is THE TIGER AND THE SNOW en THE WEDDING DRESS en nou onlangs ook BABEL. Elkeen is baie besonders op sy eie manier. THE WEDDING DRESS is ’n hartseer Italiaanse ver-haal oor ’n meisie wat verkrag word net voor haar huwelik. THE TIGER AND THE SNOW is ’n sprokiesagtige (of dis hoe ek dit ervaar het) verhaal van deursettingsvermoë en liefde. BABEL bestaan uit ’n paar verhale wat almal op een of ander manier by mekaar aanskakel en in al die verhale speel ’n gebrek aan kommunikasie ’n rol. Dit is ’n aangrypende film met baie goeie toneelspel. Kom ons hoop dié teater sal nog lank saam met ons op Stellenbosch wees, met eienaars wat altyd ’n kunsfilm of twee sal inpas. Marié Roux

25

FILMSFILMS Protea filmteater in die Neelsie

Vol. 27(1)

Page 26: Subnuus - Maart07

SUBNUUS 26

tussen musiek en die liefde… Veel meer kan ek nie onthou wat hy gesê het nie, ek weet net ek was gefassineerd… die vonkel in sy oog en sy “andersheid”! Wel, nou, byna ’n jaar nadat sy roman verskyn het, kon ek dit uiteindelik in die hande kry om te lees. Die lang wag oor en oor die moeite werd. Die hooftema van die roman is “stalking”. ’n Nuwe wet daarteen is in Nederland uitgereik, artikel 285b. Die hoofkarakter Sebastiaan begin uitgaan met ’n ontkleedanseres en wanneer sy die verhouding verbreek, sukkel hy om afstand van haar te kry. Sy kla hom dan aan van “stalking”. Hy het ook ’n verhouding met ’n skoolmeisie wat klavier neem by hom. Op hierdie vlak van die verhaal, word daar ’n parallel getrek met die lewe van Scarlatti. Daar word in die roman gesuggereer dat Scarlatti ’n verhouding gehad het met ’n baie jong meisie vir wie hy les gegee het. Die roman word as volg beskryf in ’n resensie: “Art. 285b is een virtuoze tragikomedie over onschuld en ervaring, dubbellevens, pianomuziek en pornografie, hoop en heimwee, misdaad en misverstand.” Na die lees van Artikel 285b verlang ek weer na Europa. Met ons briefwisseling het ek en Christiaan ook gesels oor ons gedeelde liefde vir Italië. My gunsteling plekke in Rome, was ook syne. En hy skryf daaroor en beskryf dit pragtig in die laaste deel van die roman wanneer Sebastiaan Rome besoek: Trastevere en Campo dei Fiori. As inwoner van Leiden, skryf hy ook deurlopend oor Leiden, die “Academie-stadje”, waarna Sebastiaan verwys. Christiaan Weijts het die Anton Wachter prys ontvang vir beste debuutroman in Nederland (2006). Hy was ook genomineer vir die AKO literatuurprys, ’n prys wat deur top Nederlandse skrywers gewen word. Onlangs was hy ook op die kortlys vir die Gouden Uil literatuurprys, ’n Belgiese prys vir die beste Nederlandse roman. Hy het ook die Max Pam prys vir 2006 gewen. Weijts het toekennings en nominasies ontvang nie slegs vir beste debuut nie, maar vir die beste roman van die jaar en daarmee word hy in een asem genoem saam met groot name soos Hella Haasse en Anton Grunberg. Baie geluk Christiaan, dit is wel verdiend! Marié Roux

Art. 285b - Christiaan Weijts Wie vraagt naar schuld, zal deze moeten vinden in het noodlot, niet in zijn dwaling. Heet het dwaling als een man verdwaalt? “Metamorphosen “ van Ovidius. Christiaan Weijts. Ek het nou jou debuut roman gelees. Artikel 285b staan op my klavier, omdat ek die fuga van Scarlatti wat ten slotte gedruk is in die roman, probeer speel het, net nadat ek die laaste woorde van die roman gelees het. Maar sal nog ’n bietjie moet oefen… My hart voel vol musiek en weemoed vir alle verlore liefdes. Ek dink aan die korres-pondensie met jou ’n jaar of wat gelede, hoe vars en nuut dit was om met ’n man oor klaviermusiek te kon gesels. Jy het in daardie tyd vir my reeds vertel hoe baie jy van Scarlatti se sonates hou. Dit voel soos gister wat ek begeesterd gaan klavier speel het in die Muziekschool op die Raapenburggracht in Leiden (ook waar die hoofkarakter van die roman, Sebastiaan, les gee) net nadat ek ’n onderhoud met Christiaan Weijts bygewoon het tydens die bekendstelling van sy eerste boek, Sluitingstijd. Dié boek is ’n bundel van rubrieke wat hy oor ’n tydperk geskryf het vir Mare, die universiteitsblad van Leiden. ’n Handjievol mense het die bekendstelling bygewoon, meestal sy vriende, het dit geblyk. Ek het tussen ’n groepie mense gesit wat almal mekaar geken het, en het duidelik uitgestaan as buitestaander. Reeds hier (in 2003) het hy vertel dat hy deur ’n uitgewer genader is om ’n roman te skryf. Hy’t voorspel dat die roman sal handel oor die verband

BOEKEBOEKE

Don’t tell Mummy - Toni Maguire Baie van julle het seker al Dis ek, Anna deur Elbie Lötter gelees. Nou is daar ook Don’t tell Mummy wat amper nog meer ontstellend is. In hierdie boek met die subtitel A true story of the ultimate be-trayal vertel Toni Maguire hoe sy vanaf sesjarige ouderdom deur haar eie pa seksueel misbruik is en hoe haar ma niks daaraan ge-doen het nie. Toe sy op veertien swanger geraak het en haar pa tronk toe gestuur is, het die mishandeling wel opgehou, maar dit was geensins die einde van Toni se ellende nie. Na ’n aborsie het sy by die dood omgedraai, is deur familie en vriende verwerp en het probeer selfmoord pleeg. Op ’n manier het sy tog oorleef en oorwin. Toni se verhaal speel af in die vyftigerjare in Ierland, maar deesdae verdeel sy haar tyd tussen Norfolk en Kaapstad. Carine Tymbios

SUBNUUS

Page 27: Subnuus - Maart07

27

BOEKEBOEKE The Memory of Running - Ron McLarty Almal weet bibliotekaresses hou van boeke en lees baie. Reg? Verkeerd! Ons hou dalk baie van boeke, maar baie lees is iets wat ons almal van droom en laas gedoen het toe ons baie klein en jonk was (in daardie volgorde). Vir iemand wat deesdae sukkel om Die Tygerburger klaar gelees te kry binne een week (al die interessante advertensies!), was dit dus ’n redelike skok vir my sisteem om die boek Memory of Running sommer in een sitting klaar te lees. Die boek het my gefassineer reg van die eerste paragraaf (my persoonlike toets vir ’n goeie boek). Die boek loop oor van interessante karakters en handel oor ’n disfunksionele gesin (nog ’n persoonlike gunsteling) met die seun Smithson “Smithy” Ide as hoofkarakter. Hy is ’n 43-jarige dronkaard, oorgewig, sonder vriende, ’n kettingroker, fabriekswerker by ’n speelgoedfabriek in Rhode Island, woon nog by sy ouers in die huis - met ander woorde - ’n groot VERLOORDER. Binne die bestek van een week (en binne die eerste hoofstuk) verloor Smithy sy geliefde bejaarde ouers in ’n motorongeluk en ontvang ook die berig dat sy emosioneel-versteurde suster (wat reeds ’n paar jaar gelede vermis geraak het) se lyk by ’n lykshuis in Los Angeles opgespoor is. Smithy het nog altyd vas geglo sy geliefde suster Bethany sal weer haar verskyning maak. Sonder om twee keer te dink, klim hy op sy stokou Raleigh fiets (nog uit sy jeugjare) om Bethany te gaan haal en terug te bring huis toe. Met net die klere aan sy lyf en sonder geld, begin sy epiese reis wat hom dwarsoor Amerika neem. Op sy trapfiets reis hy deur oa New York, St Louis, Denver en Phoenix - en beleef hy beide die goeie en slegte eienskappe van die mensdom. In die proses ondergaan hyself ook ’n innerlike reis. Al die kinderherinneringe aan sy suster en haar wroegings met haar geestesversteurdheid spook by hom. Die leser word geneem op ’n reis van ’n gesin wat swaar gebuk gegaan het aan hul verskeurdheid: hul liefde vir hulle dogter aan die een kant en hulle onmag om haar te bevry van die waansin wat haar lewe vernietig.

Smithy ontmoet mense wat hom weer sy menswaardigheid help terugkry: hy word nie net fisies fiks en gesond nie (val ponde af!), maar leer ook die liefde ken - liefde wat hy nie gedink het ooit vir hom beskore is nie... Die komiese, dikwels hartseer verhaal van Smithson Ide word op ’n menslike, humoristiese wyse vertel sonder dat die karakter ooit pateties of eenvoudig voorgestel word. Lesers wat hou van aweregse, menslike karakters en ook hou van al Anne Tyler se boeke sal beslis hierdie debuut van Ron Mclarty in die hande moet kry. O ja, en sorg dat die strykgoed op datum is: jy sal nie graag onderbreek wil word nie. Ilse Morrison Istanbul: memories and the city - Orhan Pamuk In ‘n reisbylae van Die Burger skryf die verslaggeefster dat sy na die lees van hierdie boek, besluit het om Istanbul te besoek. Sy is toe in 2006 alleen daarheen en dit was vir haar ’n wonderlike ervaring. Dit is waarom ek nou besig is om Istanbul: memories and the city te lees, al is daar nie vir my nie ’n besoek aan Istanbul in die vooruitsig nie! Die verhaal van Pamuk se lewe in verbondenheid met sy omgewing word ’n wonderlike kunswerk. Die verval van die stad met herehuise langs die Bosforus-seestraat wat geraamtes is uit ’n vorige era toe daar met grasie en deftigheid geleef is, vind weerklank in die lewe van die skrywer wat grootword in ’n gesin wat ook dreig om te disintegreer. Die melankolie van die karakter in die stad en sy mense word beklemtoon, maar die verhaal is nie neerdrukkend nie. Die stad is die klankbord wat Pamuk gebruik om sin te maak van sy lewe. Dis visueel ook ’n mooi boek met 206 swart en wit foto’s in die teks gedruk, wat soos vensters is waardeur die leser kyk na die stad en die Pamuk-familie. Orhan Pamuk het in 2006 die Nobelprys vir letterkunde ontvang. Van sy ander romans is Snow en My name is Red. Susanne Botha

Vol. 27(1)

Page 28: Subnuus - Maart07

BIBLIOTEEKWEEK 2007 IN BEELD