Stad in die mis
description
Transcript of Stad in die mis
![Page 1: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/1.jpg)
Stad in die mis
DJ Opperman
Bl 162
![Page 2: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/2.jpg)
STAD IN DIE MIS
1. Met gespanne spier2. loop ek deur die mis3. want om my sluip in dier4. onder wit duisternis;5. ek hoor hom knor en in oop mote6. waggel sy pilare-pote7. en sy kantelende rug metaal;8. op hoeke van die strate blink9. sy oë bloedbelope,10. en met sy hap sluit staal op staal.
![Page 3: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/3.jpg)
Stad in die mis City in the mist
sluip prowl
wit duisternis fog
mote valleys
knor growl
waggel stagger
kantelende rug tilted back
bloedbelope oë bloodshot eyes
hap bite
staal steel
spier muscle
pilare pillars
WOORDESKAT
![Page 4: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/4.jpg)
![Page 5: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/5.jpg)
![Page 6: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/6.jpg)
EERSTE AFDELING: vanaf 1-4 Stad word uitgebeeld as dier.
• Die spreker is versigtig vir die dinge om hom. Hy is gespanne. • Die spreker loop maar die dier sluip.• Inversie: vir beklemtoning.
• Dit voel vir die spreker asof ‘n dier hom bekruip.• Onder wit duisternis – paradoks – duisternis is donker.• Die dier is ‘n metafoor vir die stad.• Enjambement
![Page 7: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/7.jpg)
TWEEDE AFDELINGvan vers: 5-7 - beskrywing van die dier
• Mote- plekke of valleie tussen berge. In gedig verwys dit na die strate tussen geboue.
• Die pilare pote is die hoofweë - metafoor• Die kantelende rug metaal is die sinkdakke
van die geboue – metafoor• Kantelende – skewe soos die skewe dakke
van fabrieke • Knor – dit is die geluide wat die verkeer maak
en die ander stadsgeraas.
![Page 9: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/9.jpg)
DERDE AFDELING : Reëls 8-10 – nader beskrywing – rooi oog; kake
• Bloedbelope oë verwys na die verkeersligte – metafoor
• Die dier hap – verwys na die hysbakke waarin mense klim om na die verskillende vloere van die geboue en woonstelle te gaan. Die deure sluk die mense in wanneer die deure toeklap.
![Page 10: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/10.jpg)
![Page 11: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/11.jpg)
Die reëls is kort en afgemete, soos iemand wat doelgerig stap.Dit dra by tot die spanning.
Die ‘dier’ kom al hoe nader.Eers word hy weggesteek in die mis en dan later sien ons hoe hy waggel, hoe sy bloedbelope oë lyk en dan hoe hy “hap” of byt.
Die spreker neem dinge waar deur middel van sy sintuie:Sig – hy sien die waggelpote en oë van die dier.Gehoor – hy hoor die knor geluide van die dier.
Daar is progressie in die gedig.
![Page 12: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/12.jpg)
Tema van die gedig
• Die stad hou ‘n bedreiging in vir die mense in die stad.
• Dit is ‘n wrede monster wat die weerlose mens wil vernietig.
![Page 13: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/13.jpg)
Rymskema
• Let op dat die rymwoorde betekenisgewys ook by mekaar pas
• Spier – dier
• Metaal – staal
• Mis - duisternis
![Page 14: Stad in die mis](https://reader033.fdocument.pub/reader033/viewer/2022061411/568144d3550346895db19bc3/html5/thumbnails/14.jpg)
BRONNE: VlymskerpTripple H BronneGuidelinesVersjoernaalLetterkunde studiegids Prente: GOOGLE
E Cronje
Hoërskool KAMPSBAAI