Slimboek Graad 3 - Skoleondersteuningsentrum2 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum Liewe Ouer...
Transcript of Slimboek Graad 3 - Skoleondersteuningsentrum2 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum Liewe Ouer...
-
1 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
Slimboek Graad 3
Week 1
My naam: ____________________________________
Mamma/Pappa se naam:_______________________
-
2 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
Liewe Ouer
• Hierdie boekie is so saamgestel dat jou kind slegs ‘n paar minute per dag besig gaan wees.
• Daar is vir elke dag skriftelike- en grootmotoriese aktiwiteite ingesluit. Die werk kan deur die loop van die dag gedoen word.
• Van hierdie aktiwiteite vereis dat u as ouer die opdrag sal gee en toesig sal hou terwyl hy/sy dit doen.
• U kind moet soveel as moontlik buite speel en slegs ‘n kort tydjie ‘n skriftelike aktiwiteit doen. Dit sal help dat u kind geen onderrigtyd sal verloor tydens die drie weke van ekstra skoolvakansie.
• Hierdie aktiwiteite begin eers op 31 Maart 2020. Hierdie is week 1.
• Moet asseblief nie op een dag al die aktiwiteite doen nie. Ons wil u kind help en nie ontmoedig nie.
• Elke week het sigwoorde en leeskaarte . Volg die program vir elke dag.
• Ons doel is om leerders die vaardigheid aan te leer om verantwoordelikheid vir sy/haar eie leer te aanvaar.
• Moet asseblief ook nie negatiewe opmerkings oor sy/haar skool, onderwyser of die besluit dat skole toe is, in u kind se teenwoordigheid maak nie.
Geniet hierdie kosbare tyd saam met u kind. Hulle word so vinnig groot. Koop die tyd saam met u hom/haar uit.
-
3 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
Sigwoorde
1. aan 2. af 3. agt 4. al 5. ag 6. alleen 7. alles 8. amper 9. altyd 10. almal 11. ander 12. as 13. baadjie 14. bad 15. baie 16. bedank 17. begin 18. beste 19. beter 20. bietjie 21. blou 22. bly 23. bring 24. brood 25. daar 26. daardie 27. daarvan 28. dag 29. dan 30. die 31. dikwels 32. dink 33. dis 34. dit 35. doen 36. drie 37. drink 38. dra 39. dus 40. en 41. eers 42. eet 43. eie 44. ek 45. enige 46. familie 47. gaan 48. gee 49. gee 50. geel
-
4 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
Skrifkaart 1
/b /b /b /b
B /b B /b
/blare
Babsie B rits /bou /die /brug.
Skrifkaart 2
/a /a /a
A /a A /a
D /d D /d
Danie en Anna dra al die appels na die
dam.
-
5 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
Dinsdag 31 Maart
2. Leesstuk
My beste vriend
Pieta is ‘n lekker maat.
Hy is selde nors of kwaad.
Niemand maak my hart so bly
as hy wat nooit met my baklei.
Hierdie vriend sal glad nie kla
as ek en ander sy hulp mag vra.
Hy glimlag mooi as hy my sien;
ek dink dis meer as wat ek verdien.
Ek en Pieta doen alles saam
by hom voel ek nie klein of skaam.
Op hom kan ek vas vertrou
om my as beste maat te hou.
-
6 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
3. Lees sigwoorde nr. 1 - 18 (bl. 3)
4. Doen Skrifkaart 1 (bl. 3)
5. Fynmotories
• Vat een wasgoedpennetjie en druk dit oop. Maak beurte met elke vinger.
• Gebruik klei om letters te vorm en woorde lopende skrif te “skryf” (kleiresep, bl. 19)
6. Grootmotories
• Spring met jou springtou of enige tou 10 keer met albei bene en 10 keer op ’n ander manier.
• Gooi en vang ’n bal 30 keer. Netbalbal of rugbybal. Saam met ’n ouer.
• Kyk na hierdie oulike video vir idees. “Copy en paste dit in Google” https://www.facebook.com/1301580306/videos/10222203460937759
7. Telaktiwiteite
• Tel vorentoe en terug in ene van 400 – 450
• Tel enige voorwerpe in huis.
8. Kies die regte getalnaam vir die volgende getalle
123 _____ a honderd vyf en twintig 125 _____ b tweehonderd en agt 231 _____ c driehonderd en elf 208 _____ d honderd drie en twintig 311 _____ e tweehonderd een en dertig
-
7 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
9. Hoofrekene
10. Skryf die digitale tyd onder elke horlosie neer.
1. 5 meer as 13 is _________________ 5 minder as 13 is ______________________
2. 10 meer as 25 is ________________ 10 minder as 25 is _____________________
3. 15 meer as 30 is _______________ 15 minder as 30 is _____________________
4. 11 meer as 110 is _________________ 11 minder as 110 is _______________________
5. 30 meer as 165 is _______________ 30 minder as 165 is _____________________
-
8 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
Woensdag 1 April
• Lees die volgende instruksies hard en duidelik vir jou kind.
• Elke instruksie word net een keer gegee.
• U kind gebruik die prent om die instruksies te voltooi. Die kind kan ook self die instruksies lees.
Instruksies:
1. Daar is drie vissies in die dam.
2. Die boom aan die linkerkant het twee appels in.
3. ‘n Kat sit op die bankie.
4. Onder die regterkantste boom groei daar vier blommetjies.
5. Maak ‘n sirkel om die wurm.
6. Kleur die besie rooi in.
7. Die dogtertjie het ‘n tas in haar hand.
8. Agter die dogtertjie sit ‘n hasie.
9. Die voël wat bo-oor die dammetjie vlieg is geel.
10. Onder die bankie groei lang groen grasse.
-
9 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
2. Skryf die -er woord by die prent in lopende skrif
______________ _______________ ________________
______________ ________________ ________________
3. Skryf -er aan die einde van die woord:
werk_____ wint_____
emm_____ wat_____
sond_____ donk_____
4. Telaktiwiteite
• Tel in veelvoude van 10 vanaf 360 tot 500 en terug
5. Skryf getalname
• Gebruik ’n witbordpen en skryf die volgende getalname teen ’n vensterruit. 110, 146, 289, 268, 286, 312, 404, 472, 499, 377
(Mamma, moet nie skrik. Dit vee maklik af. Dit is nodig sodat jou kind sy borsspiere sterk maak en sodat hy voorgrond-agtergrond persepsie kan inoefen)
-
10 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
6.
Grootmotories
• Spring op een been van die hek tot by die voordeur. Spring nou op die ander been ook.
• Speel tennis met opgeblaasde ballon. Hy kan met of sonder maat dit doen.
1. 8 meer as 108 is ________________ 8 minder as 108 is ______________________
2. 13 meer as 126 is ________________ 13 minder as 126 is _____________________
3. 20 meer as 179 is _______________ 20 minder as 179 is _____________________
4. 23 meer as 203 is _______________ 23 minder as 203 is _______________________
5. 50 meer as 270 is _______________ 50 minder as 270 is _____________________
H T E H T E E T H E T H
-
11 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
Donderdag 2 April
1. Skryf die -el woorde reg
elfwa_______________
elwets______________
eltek_______________
2. Skryf die-el woorde by die prentjie
__________ ____________ ___________
______________ _____________
Onderstreep die korrekte woord.
My ouma (gewel / hekel) ‘n mooi kombers.
In die winter dra ek ‘n (gewel / stewel).
Dit (wemel / bedel) van die mense by die rugbywedstryd.
Draai die (deksel / gordel) van die bottel styf toe.
-
12 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
3. Skryf die nommer van die sin in die regte wolk.
a. Oom Dirk en tannie San is bly om die kinders te sien. b. Hulle sal langs die pad stop om padkos tee et. c. Die kinders geniet dit om vir die diere kos te gee. d. Niemand wou huis toe gaan nie. e. Almal was baie moeg na die lang reis.
3. Lees sigwoorde nr. 19 -34 (bl. 3)
4. Doen Skrifkaart 2 (bl. 4)
Teenwoordige tyd
Verlede tyd
Toekomende tyd
-
13 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
5. Fynmotories
• Neem witbordpen en skryf teen venster of skuifdeur. Vee af met droë lap.
• Vat een wasgoedpennetjie en druk dit oop. Maak beurte met elke vinger.
6. Grootmotories
• Doen kraploop binnehuis of buite.
• Speel neussokker op gras of mat. Moet bal met neus stamp tot by “doelhok”
• Laat kind oefen om met besem te vee. Wys hom/haar.
7. Lees die leesstuk hardop voor
San en die kraai
San lê op haar bed en lees. Sy gaap en vinnig is San in droomland. San droom sy sit op ‘n groot kraai se rug. Hulle swaai en draai en vlieg na Mosselbaai.
Daar ver onder in die baai sien San ‘n kwaai haai. “Ek is bly, ek is nie sy ma, want dan sou ek hom moes paai.” sê San vir kraai. Die kraai swaai en draai, hulle vlieg oor die kaai. Die kraai land op die kaai. San sien hoe hulle koring op ‘n vragskip laai.
Die kraai eet heerlik aan ‘n taai vrug. San klim weer op kraai se rug en weg is hulle. Oor die kaai waar hulle koring laai. Oor die kwaai haai wat San nie wil paai. San waai vir die haai.
“San!” roep ma. San skrik wakker. Dit was darem ‘n lekker droom, dink San.
8. Telaktiwiteite
• Tel in ene vanaf 649 tot 700 en terug.
9. Voltooi , =
271 ______ 281 473 ______ 273 363 ______ 363
500 ______ 430 182 ______ 128 456 ______564
-
14 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
10. Vul die volgende tabel in
362 366 370
373 377 378
382 384 390
391 393 396 398
Watter getal kom voor 376?
_________
Watter getal kom na 365?
_________
Watter getal kom na 389?
_________
Watter getal kom voor 361?
_________
394 is tussen ______ en ______
6 meer as 365 is
_________
8 minder as 399 is
_________
2 meer as 391 is
_________
10 minder as 300 is
_________
11. Skryf die volgende getalle van groot na klein
387 390 365 373 400
______________________________________________
-
15 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
Vrydag 3 April 1. Voltooi die woord deur -er of -el by te voeg. Maak ook ’n sin daarmee.
sleut___
hong___
mind ___
stew___
wat ___
-
16 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
2. Lees sigwoorde nr. 35 - 50 (bl. 3)
3. Luister na ’n storie op hierdie webblad. www.luistervinkstories.co.za. Vra vir jou kind vrae oor die storie.
• Wie is die karakters?
• Maak die boek jou bly/bang/opgewonde/hartseer. Laat hy/sy vertel.
• Hoeveel mense is in die storie?
• Vertel die storie vinnig vir jou boetie of sussie. (Let op na volgorde van gebeure. Hy/sy moet dit in die regte
volgorde vertel. Weerhou jou daarvan om in te val indien hy/sy dit verkeerd oorvertel.) Doen dit meer
gereeld indien jou kind nie volgorde kan onthou nie.
4. Lees die leesstuk
ONS LAND SUID-AFRIKA Dink aan sonskyn, lieflike strande, vriendelike mense en hope kultuur. Dan het jy reg geraai. Ons praat van die reënboognasie Suid-Afrika. Suid-Afrika is geleë aan die suidpunt van die Afrika kontinent. Suid-Afrika spog met nege provinsies en elf amptelike tale, waarvan Afrikaans die derde meeste gepraat word. Suid-Afrika het ook baie goeie sportspanne. Die Springbokke is ons nasionale rugbyspan en die Proteas is ons nasionale krieketspan. Die natuurskoon is uit die boonste rakke. Suid-Afrika spog met die groot vyf, naamlik die leeu, renoster, jagluiperd, buffel en olifant. Ons het baie nasionale parke wat hierdie wild beskerm, soos die Krugerwildtuin en ook Dinokeng Natuurreservaat. Dit is ‘n voorreg om in hierdie pragtige land te woon.
5. Grootmotories en taalontwikkeling
• Bou hindernisbaan met stoele, bankies enige voorwerp sodat kind onderdeur, bo-oor en bo-op tou bv. kan loop.
• Bou ’n tent in die huis met lakens/komberse in sitkamer of slaapkamer. Lees vir jou kind ’n boek binne-in die “tent”. Maak of julle kamp en sing liedjies om die “vuur”.
• Laat jou kind vir jou ’n storie vertel. Moedig goeie taalgebruik aan. Korrigeer hom/haar indien hy Engelse woorde tussen-in gebruik bv. “Dit was “awesome”, Mamma” Jy sal sê: “ O, so jy sê dit was ongelooflik gewees!” Moet nooit sê:” Nee, dit is verkeerd mens sê....”
• Probeer om vir ’n tyd in die dag ’n tweede taal te praat soos Engels.
http://www.luistervinkstories.co.za/?fbclid=IwAR2m6UYO7JKxu0Yaa2JqkgOp9-cHKu3Q8rcmiFfvdK_4Mi_bhiC4YfDhlnQ
-
17 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
6. Doen die volgende somme en kleur die prent dan volgens die antwoorde in.
Onthou: Skryf die getalsinne wat vertikaal staan in horisontale formaat. Bv. moet lees 7 + 8 =
-
18 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
7. Kyk na die prent en skryf die ranggetal in woorde van die dier.
As die koei nr. 19 is, hoeveelste is;
• die vark? _________________________________
• die bok? __________________________________
• die haan? _________________________________
As die perd nr. 31 is, hoeveelste is;
• die hond? _________________________________
• die donkie? _______________________________
• die hen? __________________________________
• die kat? __________________________________
8. Dui die tyd aan
-
19 Graad 3 Week 1 ©Skoleondersteuningsentrum
Kleiresep
500 ml koekmeel
200 ml sout
30 ml kremetart
Plaas alles in ’n kastrol en voeg by:
500 ml water
30 ml olie
Bietjie kleursel en geursel
Metode
• Roer oor hitte tot klonte begin vorm.
• Voer rolbewegings met houtlepel uit tot alle klammigheid geabsorbeer is.
• Dit lyk soos ’n groot gemors, maar hou net aan totdat ’n bol gevorm word.
• Haal uit pot. Pasop dit is baie warm!
• Knie dit soos brooddeeg totdat dit afgekoel en elasties is.
• Laat dit heeltemal afkoel totdat dit in ’n sakkie en in ’n plastiekbak gebêre kan word.
• Moet nie in yskas plaas nie.
• Dit hou lank in plastiekbak, indien dit lugdig geseël word.