SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en...

14
Jy gaan in die volgende paar jaar meer leer van die verlede. Jy gaan daaroor lees, jy gaan daaroor skryf en daaroor dink! Indien jy die verlede wil verstaan, moet jy die volgende drie vaardighede baie goed kan gebruik: LEES, SKRYF en DINK. Die webwerf se oefeninge gaan jou juis help om die drie vaardighede verder te ontwikkel. SLEUTEL

Transcript of SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en...

Page 1: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

Jy gaan in die volgende paar jaar meer leer van die verlede. Jy gaan daaroor lees, jy gaan daaroor skryf en daaroor dink! Indien jy die verlede wil verstaan, moet jy die volgende drie vaardighede baie goed kan gebruik: LEES, SKRYF en DINK. Die webwerf se oefeninge gaan jou juis help om die drie vaardighede verder te ontwikkel.

SLEUTEL

Page 2: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

2

WAT IS GESKIEDENIS?

Daar is twee moontlike antwoorde.

* In die eerste plek word die term gebruik om te verduidelik dat tyd verby is ---

dit is dan die verlede. ‘‘Ek het gister krieket gespeel.’’

* Ons praat van ‘‘Die vakansie was baie aangenaam, maar is nou deel van ons

verlede’’ , of ‘‘Gedurende die Steentydperk het mense rotstekeninge gemaak’’

of ‘‘My oupa was ’n matroos in die oorlog gewees.’’

Baie belangrik: Geskiedenis is dit wat plaasgevind het, d.w.s. dit is alles wat

gebeur het voor die oomblik wat ons hier lees. Voor Nou!

Die woord GESKIEDENIS verduidelik die tyd wat verby is – die VERLEDE. “ “Ek het gister krieket gespeel.” GESKIEDENIS is dus iets wat alreeds plaasgevind het. Alles wat gebeur het voor hierdie oomblik. Die historiese gebeurtenisse, Nagwag van Rembrandt en die Oceanos het plaasgevind EN ek KAN niks daaraan doen of verander nie al hou ek nie eers daarvan nie. Ons kan dit ook nie weer laat plaasvind nie. MAAR die manier oor hoe ONS daarna kyk en daaroor praat, kan verander. Dit kan veroorsaak dat ons die verlede verskillend gaan INTERPRETEER. Geskiedkundiges beweer dat Geskiedenis uit die volgende drie dinge bestaan:

Page 3: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

3

1. Geskiedenis is ’n “groot” /omvattende vak. Alles wat tot nou toe gebeur het, is deel daarvan. 2. Tweedens IS geskiedenis ’n boeiende vak. Ons stel almal belang in mense. Geskiedenis vertel ons van sommige van die interessante mense van die verlede. Ook jou eie geskiedenis is deel daarvan. 3. Derdens is dit so dat geskiedenis ’n belangrike vak is. Die bestudering van geskiedenis is om deur middel van ’n vergelyking tussen die hede en die verlede ontdekkingswerk te doen. Ons kan op dié manier uitvind waar die mens vandaan kom en wat langs die pad met hom gebeur het. Indien ons kan verstaan waarvandaan ons kom, kan ons miskien makliker sien in watter rigting ons moet beweeg. ’n Studie van die verlede kan ons dus help om die toekoms te verstaan.

GOEIE DEFINISIE VAN WAT GESKIDENIS IS: Dit is die aktiewe ondersoek, interpretasie, verslaggewing en beoordeling van dit wat in die verlede met die mense gebeur het.

Page 4: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

4

Pedagogiek – Hoe om GESKIEDENIS te hanteer In geskiedenis IS dit krities dat jy nie net ’n klomp feite moet leer nie!!!! MAAR dat jy die vermoë ontwikkel om histories te dink en om self die inhoude so te verpak dat jy inhoude beter sal kan verstaan.

Kennis vermeerder teen ’n ontstellende spoed. Leerlinge moet daarom die vaardighede aanleer wat hulle sal help om massas data te kan beoordeel, asook verder hul vaardighede inspan om bronne kreatief en krities, asook hul geïntegreerde denke te gebruik om data te assimileer, sorteer en inligtingspatrone te skep. Wanneer verstaan jy regtig ... * As jy nuwe voorbeelde en getuienisse kan vind * Veralgemening * Pas en gebruik nuwe kennis in ’n nuwe situasie * Interpreteer en verskaf betekenis * Bekyk ’n probleem vanaf verskillende standpunte * Bied ’n onderwerp aan vanuit nuwe kante * Toon empatie Dit is ’n paradoks in ons onderwysstelsel dat ’n leerling ’n A-simbool kan behaal MAAR nie ’n beginsel, konsep, of ’n idee kan verstaan nie. “A person who understands something is capable of going beyond the information given.” Jerome Bruner

Page 5: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

5

“The frameworks of meaning almost work like Velcro—facts can go back and re-attach. And the facts become more memorable because they have a purpose and a context.” Carol Ann Tomlinson

Die nuutste navorsing oor die brein toon duidelik aan dat om die inhoude te organiseer in konseptuele raamwerke, baie groter oordrag verseker. Volgens How people learn (National Research Council, 2000), is een van die belangrikste kernfaktore waarmee “beginners” van “eksperts” onderskei kan word, die vermoë om gedeeltes van inhoude rondom BIG IDEAS te organiseer. Hierdie vermoë laat toe dat leerlinge baie meer inligting kan herroep, maar ook baie beter nuwe kennis “op die korrekte plek in jou brein kan plaas”.

GESKIEDENIS is definitief nie net ’n memorisering van ’n klomp feite, datums en name nie. As dít geskiedenis was, sou jy net Wikipedia daarvoor kon inspan, MAAR geskiedenis is meer as dit, want dit moet jou leer om krities te dink, navorsing te laat doen en om akademiese argumente te kan hanteer.

Page 6: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

6

Die studie van geskiedenis maak gebruik van ’n verskeidenheid van spesifieke vaardighede. Om die verlede beter te verstaan, gebruik ons ’n paar spesiale “ lense”, soos kleurlense, om spesifieke aspekte te belig. Die vak GESKIEDENIS word bestudeer met behulp van ’n verskeidenheid van prosesse, vaardighede en konsepte, wat toelaat dat die studente ’n breër en dieper begrip van mense, plekke en situasies kan ontwikkel. Die toepassing van sulke konsepte in historiese kennis laat toe dat individue krities kan dink.

Om bekwaamheid in nuwe en ander historiese vaardighede te bereik, moet die fasiliteerders toesien dat die onderstaande op ’n deurlopende basis verstaan en toegepas word: 1. Moet die konteks van die inhoud verstaan en ken. 2. Moet die bronne waarmee gewerk word, verstaan. 3. Moet verstaan dat billike/eerlike vrae gevra moet word en dat dit nie partydige vrae is nie. 4. Die relevantheid van die vrae is altyd baie belangrik.

Page 7: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

7

Om beter te beplan sodat ons die inhoude beter kan verstaan, word wêreldwyd gepoog om die kennisstruktuur van die vak GESKIEDENIS meer effektief te orden. Ons gebruik daarom van hierdie beplanning om die verlede “makliker” en selfs meer aangenaam te maak. GESKIEDENIS se drie LEERUITKOMSTE

HISTORIESE ONDERSOEK Kennis en begrip kan slegs bestaan/geskep word indien die gebeure van die verlede deeglik en effektief nagevors word.

HISTORIESE INTERPRETASIE Indien daar korrek en effektief tydens die ondersoek van bronne gesoek en beoordeel word, kan die gebeure verstaanbaar gemaak word.

HISTORIESE KENNIS + BEGRIP Sonder Kennis is daar geen Begrip nie.

1. Kommunikeer alle inligting 2. Vra historiese vrae 3. Skryf inligting korrek neer wat d.m.v. navorsing bekom is

4. Maak afleidings vanaf/vanuit historiese bronne 5. Bewus wees van meer as een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan

8. Verstaan die korrekte historiese taal en konsepte 9. Plaas verhaal en

artefakte/ verhaal/ gebeurtenis in volgorde 10. Verskaf redes waarom ’n historiese gebeurtenis plaasgevind het 11. Onderskei tussen verskille in verskillende tydperke

Page 8: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

8

Differensiasie Ons almal beskik oor verskillende vermoëns en belangstellings, daarom moet onderrig so beplan word dat hierdie behoeftes van die leerders op ’n deurlopende basis aangespreek word. Om bostaande te laat plaasvind – makliker en meer effektief te laat plaasvind – gebruik ons die taksonomie van BLOOM. RS Bloom het in 1956 die voortou geneem in die proses van formulering van ’n klassifikasie van opvoedkundige aktiwiteite en doelstellings. Drie domeine van opvoedkundige aktiwiteite is deur hom en sy span geïdentifiseer, nl.:

KOGNITIEF – Sluit kennis en die ontwikkeling van intellektuele gesindhede en vaardighede in

AFFEKTIEF – Waardes, moreel en emosies PSIGOMOTORIES – Fisiese ontwikkeling, fyn en groot motoriese vaardighede Bloom en sy span het ’n hiërargie van opvoedkundige doelstellings geformuleer, maar ook die kognitiewe doelstellings in onderafdelings verdeel wat wissel van die eenvoudigste optrede tot en met die ingewikkeldste. Die taksonomie (hiërargie] van Bloom is ’n direkte produk van sy tyd. Gedurende die vyftigerjare was die Behavioristiese siening van Skinner ’n baie belangrike denkrigting in die wêreld. Die denkrigting het geglo dat niks geleer kan word as dit nie fisies waargeneem kan word nie. Daarom is Bloom se werk, op die gedrag, afgestem. In ’n poging om progressiewe leer hieraan te skakel, is die 8 vlakke van Bloom verwerk na 4. Dit is net meer hanteerbaar. Elkeen van die vier vlakke word duidelik omskryf. Die vier vlakke impliseer dat daar van vlak 1 na vlak 4 beweeg sal word.

Page 9: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

9

Vlakke : Lesaanbieding en Assessering

SO

EK

, NO

EM

,

LE

ER

1. Leerder kry ’n spesifieke opdrag om uit te voer. 2. Leerder soek spesifieke voorbeelde in getuienisse/bronne. 3. Leerder soek meer as een voorbeeld. 4. Dit wat die leerder vind, moet dan mondelings/skriftelik verslag oor gedoen word.

BE

SK

RY

F

EN

DR

A O

OR

1. Leerder moet dit wat gevind word, presies beskryf. 2. Alle gevraagde detail moet weergegee word. 3. Die aksie kan skriftelik/mondelings of beeldend wees.

VE

RD

UID

EL

IK

1. Leerder moet die gebeurtenis in die korrekte konteks plaas. 2. Relevante oorsake en gevolge moet gegee word. 3. Skriftelik/mondeling kan gebruik word.

EIE

OO

RD

EE

L

1. Onderskei tussen feite en menings. 2. Spreek ’n oordeel uit. 3. Verskaf redes vir jou antwoord.

Die oorspronklike taksonomie is die afgelope 20 jaar aangepas by die onderrig van Geskiedenis en verdeel in VIER verskillende vlakke . Die vier vlakke is: 1. SOEK, NOEM EN LEER 2. BESKRYF EN DRA OOR 3. VERDUIDELIK 4. EIE OORDEEL

Alle beginsels wat deur Bloom ontwikkel is, pas daarby aan.

Page 10: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

10

HISTORIESE LEERLYN

Doelstellings bepaal wat leerlinge moet leer en verstaan, MAAR dit skryf nie presies voor wat ’n enkele leerling op ’n bepaalde oomblik in sy skoolloopbaan moet ken en kan doen nie. Die leerplan of kurrikulum omskryf die doelstellings, asook die endterme wat leerlinge vir die vak Geskiedenis moet bereik. Die Onderwysdepartement bepaal die doelstellings wat leerlinge per jaar [leerjaar] moet bereik. MAAR niemand help jou om die inhoude makliker vir jou te maak nie. Die doelstellings van die Onderwys-departement MOET onderverdeel word in tussenstappe – Dit is ’n LEERLYN.

’n LEERLYN is ’n konstruktiewe en logiese opeenvolging van aktiwiteite.

1. ’n Leerlyn bou JOU begrip en konsepte op deur die volgorde van die leerlyn te volg. Jou leerprosesse word dus deurlopend geanaliseer. 2. ’n Leerlyn word gebruik om jou van ’n makliker vlak na meer ingewikkelder vlakke te laat beweeg om sodoende beter begrip van die verlede te ontwikkel. 3. ’n Leerlyn is ’n beredeneerde opbou van doelstellings, vaardighede en inhoud na spesifieke einddoele.

Page 11: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

11

4. ’n Leerlyn moet so ontwikkel word om samehang en kontinuïteit deur al die verskillende leerjare te verskaf. 5. ’n Leerlyn verskaf wat jy presies moet behandel; in ’n groep of as ’n individu.

6. Dit bepaal en/of dui aan watter werk/vaardigheid jy moet kan hanteer alvorens die volgende stap gevolg kan word. 7. Leerlinge se vlak kan baie verskil, asook skole kan met mekaar verskil.

Page 12: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

12

8. Onderwysers/fasiliteerders moet die vaardighede op die wyse aanbied.

9. Die leerlyn sal invloed hê op die ordening van tyd, kompleksiteit, temas, konsepte, onderwerpe, die leerlingontwikkeling, didaktiese beplanning en ’n kombinasie van al die genoemde aspekte. 10. Om met die leerlyn te werk, is veral ’n baie goeie wyse om verskillende vlakke / leerjare vorm te gee MAAR ’n leerlyn is skakels soos ’n ketting aanmekaar.

11. Die verskillende vaardighede/aksies van die leerlyn kan in afsonderlike lesse plaasvind. 12. Die leerlyn help die onderwyser/fasiliteerder om die leerlinge se leerproses te ondersteun.

Page 13: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

13

13. Die leerlyn moet voldoen aan die volgende beginsels: * Spesifiek: die doel is baie duidelik * Meetbaar: die aksie moet gemeet kan word en betroubaar geobserveer kan word * Aanvaarbaar: die leerlinge moet dit verstaan * Realisties: die doel moet (75% tot 80%) haalbaar wees * Tydgebonde: dit het passende tydsperspektief ingebou

Hierdie GESKIEDENIS Leerlyn verskaf rigting aan JOU om die vak Geskiedenis makliker en beter te bestudeer.

JUNIOR LEERLYN

1. Bekom inligting vanuit historiese bronne wat deur die onderwyser verskaf word [prente, foto’s, artefakte, mense]

SENIOR LEERLYN

5. Kan bladsyverwysings gebruik

Page 14: SLEUTEL - Afrikanergeskiedenis€¦ · een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan 8. Verstaan die

14

VAARDIGHEDE

Klaskameraksie – oefening

Klaskameraksie – assessering

Media – Fasiliteerders en kinders

Basis van die Filosofiese benadering

1. Inisieer selfgerigte leer * Stel uitdagings wat verbind is met/gebou is op lewenswerklike situasies * Stel die leeruitkomste duidelik aan die leerlinge 2. Stel ’n verskeidenheid kreatiewe uitdagings * Stel en fasiliteer ’n verskeidenheid van oplossings vir dieselfde probleem * Verfyn die moontlike oplossings waar nodig 3. Verdiep begrip * Gebruik scaffolding-tegnieke om op die verskillende leeraksies te reflekteer * Verbreed begrip na lewenswerklike konsepte sodat nuwe kennis geskep kan word

4. Stel die leerling bloot aan nuwe kennis, konsepte en begrippe * Ondersoek nodige kennisbronne om die uitdaging op te los * Skep geleenthede om die probleem/uitdaging te analiseer en om die kennis te “scaffold” * Soek eie oplossings vir die uitdaging

5. Moniteer die leervlakke * Gebruik formatiewe assessering [klein gestruktureerde aktiwiteite om vordering te toon] * Gereelde gestruktureerde terugvoering aan die leerling en fasiliteerder 6. Pas kennis toe en evalueer dit dan * Gereelde formele opdragte en toetse * Uitgebreide toepassings word gebruik