Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar....

11
Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 8 (Verwerking van materiale) – Breinkaart Kopiereg @ www.summariessa.co.za Meng materiale wat verhard nadat dit gemeng is. Mengsel stol. Nuttige eienskap want ons kan mengsel in sekere vorm stol. Meng bietjie water met vastestof = pasta. Pasta is ‘n stywe mengsel van ‘n vaste stof en ‘n vloeistof. Meng bietjie water met meel – kry taai pasta wat gebruik kan word as gom. Meng sement met water – loperige mengsel wat hard word as dit stol. Sementmengsels kan in hol, ronde en vierkantige pilare gevorm word. Kan gebruik word in bou van strukture soos silo’s en kragstasies. Meng sand, gruis en sement met water – vorm beton wat baie sterk is. Word vir die bou van paaie, fondasies en pilare in raamstrukture van hoë geboue gebruik. Kan met ysterstawe versterk word vir die bou van damwalle en brûe. Gips - ‘n wit, poeieragtige stof verander in ‘n sagte, vormbare pasta wanneer dit met water gemeng word. Baie hard en sterk wanneer dit stol. Kan ornamente of beelde maak van sagte gips wat in vorms gegiet word en gelos word om droog en hard te word. Kan geverf word. Net soos gips. Gebruik om krake in mure te vul. Meng met water om sagte paste te vorm wat in gate en krake gedruk kan word. Baie hard en sterk wanneer dit droog is. Ryp mielies se sade is baie hard. Sade word tot mieliemeel gemaal. Mieliemeel word gekook om pap te maak wat beter smaak en makliker verteer. Melk, room en suiker – meng en vries om roomys te vorm. Jelliepoeier – mengsel van suiker, vrugtegeur en gelatien. Gelatien los in warm water op – raak solied as dit afkoel. Jellie word in enige mengsel gebruik om terte, poedings of lekkergoed te maak. Klei en bakstene – gemaak deur te meng, dan mengsel te droog of bak. Klei – klein, gladde stukkies gebreekte klip – absorbeer water. As water met klei gemeng word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed dat klei kraak wanneer water verdamp terwyl dit droog word in die son. Klei word met die hand of in vorms tot bakstene gevorm. Klein klipdeeltjies word met fyn steenkoolstof en water gemeng. Steenkoolstof help hitte eweredig versprei tydens bakproses. Masjiene pers nat kleimengsel saam in vorm van bakstene. Word in oonde teen 600 - 900°C gebak. Oonde verwerk materiaal deur dit te droog, bak of verbrand. Son nie warm genoeg om water te laat verdamp. Klei is hard en waterbestand, maar bros. O8 – Verwerking van Materiale Kombineer materiale Meng ‘n vastestof en vloeistof tot ‘n pasta Meng en stol Sement Beton Gips Polyfilla Meng en kook Meng en verkoel Meng, droog en bak Bakstene - landelik Bakstene - industrieël

Transcript of Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar....

Page 1: Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed

Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 8 (Verwerking van materiale) – Breinkaart Kopiereg @ www.summariessa.co.za

Meng materiale wat verhard nadat dit gemeng is.

Mengsel stol.

Nuttige eienskap want ons kan mengsel in sekere

vorm stol.

Meng bietjie water met

vastestof = pasta.

Pasta is ‘n stywe mengsel

van ‘n vaste stof en ‘n

vloeistof.

Meng bietjie water met meel

– kry taai pasta wat gebruik

kan word as gom.

Meng sement met water – loperige mengsel wat

hard word as dit stol.

Sementmengsels kan in hol, ronde en vierkantige

pilare gevorm word.

Kan gebruik word in bou van strukture soos silo’s en

kragstasies.

Meng sand, gruis en sement met water – vorm

beton wat baie sterk is.

Word vir die bou van paaie, fondasies en pilare in

raamstrukture van hoë geboue gebruik.

Kan met ysterstawe versterk word vir die bou van

damwalle en brûe.

Gips - ‘n wit, poeieragtige stof verander in ‘n sagte,

vormbare pasta wanneer dit met water gemeng

word.

Baie hard en sterk wanneer dit stol.

Kan ornamente of beelde maak van sagte gips wat

in vorms gegiet word en gelos word om droog en

hard te word.

Kan geverf word.

Net soos gips.

Gebruik om krake in

mure te vul.

Meng met water om

sagte paste te vorm wat

in gate en krake gedruk

kan word.

Baie hard en sterk

wanneer dit droog is.

Ryp mielies se sade is baie hard.

Sade word tot mieliemeel gemaal.

Mieliemeel word gekook om pap te

maak wat beter smaak en makliker

verteer.

Melk, room en suiker – meng en vries om roomys te vorm.

Jelliepoeier – mengsel van suiker, vrugtegeur en gelatien.

Gelatien los in warm water op – raak solied as dit afkoel.

Jellie word in enige mengsel gebruik om terte, poedings of

lekkergoed te maak.

Klei en bakstene – gemaak

deur te meng, dan mengsel

te droog of bak.

Klei – klein, gladde stukkies

gebreekte klip – absorbeer

water.

As water met klei gemeng

word – raak klei sag,

klewerig en vormbaar.

Bakstene op klein skaal.

Strooi, droë gras of

dieremis word met klei

gemeng – verhoed dat klei

kraak wanneer water

verdamp terwyl dit droog

word in die son.

Klei word met die hand of

in vorms tot bakstene

gevorm.

Klein klipdeeltjies word met fyn

steenkoolstof en water gemeng.

Steenkoolstof help hitte eweredig

versprei tydens bakproses.

Masjiene pers nat kleimengsel saam in

vorm van bakstene.

Word in oonde teen 600 - 900°C gebak.

Oonde verwerk materiaal deur dit te

droog, bak of verbrand.

Son nie warm genoeg om water te laat

verdamp. Klei is hard en waterbestand,

maar bros.

O8 –

Verwerking van

Materiale

Kombineer materiale

Meng ‘n vastestof en

vloeistof tot ‘n pasta

Meng en stol

Sement

Beton

Gips

Polyfilla

Meng en kook

Meng en verkoel

Meng, droog en bak Bakstene - landelik Bakstene - industrieël

Page 2: Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 1

8.1 Kombineer materiale8.1 Kombineer materiale8.1 Kombineer materiale8.1 Kombineer materiale (bl. (bl. (bl. (bl. 86868686----94949494) ) ) )

Sleutelbegrippe:

Meng is die proses waardeur verskillende materiale saamgevoeg word.

Materiale kan verwerk word om nuwe materiale of produkte te maak.

Die verwerking sluit meng, stol, kook, verkoeling, uitdroging en bak in.

Die eienskappe van nuwe materiale of produkte kan verskil van die

eienskappe van die grondstowwe wat gebruik is om die produk te maak.

Ons kan versterkende materiale by mengsels voeg, of dit tot sterk, hol

pilare vorm.

Sleutelwoorde:

Proses Verander op verskillende

maniere om nuwe materiale of

produkte met nuwe eienskappe

te kry.

Kombineer Om te meng of saam te voeg.

Produkte Iets nuuts en nuttig wat uit ‘n

proses voortkom.

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 2

Mengsel Iets wat gemaak word deur goed

saam te meng.

Sement ‘n Produk wat uit klei en

kalksteen gemaak word, wat

verhard as dit met water gemeng

word.

Beton ‘n Mengsel van sand, gruis,

sement en water.

Gips ‘n Wit poeier wat vinnig in ‘n

harde vaste stof verander

wanneer dit met water gemeng

word.

Versterk Met bykomende materiaal

versterk.

Page 3: Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 3

Pasta ‘n Dik mengsel van ‘n vastestof

en ‘n vloeistof.

Bestanddele Die lys van grondstowwe wat

gekies word om die mengsel te

vorm.

Landelik Ver van groot, moderne stede

waar mense leef van wat in die

natuur beskikbaar is.

Oond ‘n Oond of hoogoond wat gebruik

word om materiale te verwerk

deur dit te verbrand, bak of

droog.

Industrieel Waar produkte op groot skaal

deur masjiene vervaardig word.

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 4

Waterbestand Absorbeer nie water nie, maar

water kan deur klein gaatjies

sypel.

Bros ‘n Item wat maklik breek of

afskerf wanneer dit nie versigtig

hanteer word nie.

Oplos Meng heeltemal met water.

Ons kombineer materiale wanneer ons hulle op ‘n sekere manier saamvoeg.

Ons kry baie ander nuttige produkte uit die verwerking van grondstowwe.

Kartonbokse word uit dennebome gemaak. Hierdie bokse word dan gebruik

om goed te verpak en te vervoer.

Seisoengebonde vrugte, soos perskes, kan verwerk word deur dit in stroop

te kook, sodat ons regdeur die jaar ingemaakte perskes kan eet.

Materiale kan verwerk word deur dit te meng en laat stol, kook, verkoel of

uitdroog om ‘n nuwe materiaal te skep.

Page 4: Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 5

Meng en stol

Ons meng soms sekere materiale wat verhard nadat dit gemeng is.

Ons sê dat die mengsel stol.

Hierdie eienskap is nuttig, omdat ons die mengsel kan vorm sodat dit in ‘n

sekere vorm stol.

Sement

Wanneer sement met water gemeng

word, is die mengsel loperig, maar dit

raak hard wanneer dit stol.

Sementmengsels kan in hol, ronde en

vierkantige pilare gevorm word, wat

gebruik kan word vir die bou van

strukture soos silo’s en kragstasies.

Beton

Wanneer ons sand, gruis en sement met

water meng, kombineer die materiale

en vorm beton, ‘n baie sterk materiaal.

Beton word vir die bou van paaie,

fondasies en pilare in raamstrukture

van hoë geboue gebruik.

Dit kan met ysterstawe versterk word

vir die bou van damwalle en brûe.

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 6

Gips

Gips is ‘n wit, poeieragtige stof wat in

‘n sagte, vormbare pasta verander

wanneer dit met water gemeng word.

Wanneer die mengsel stol, word dit

baie hard en sterk.

Ons kan ornamente of beelde van

sagte gips maak wat in ‘n vorm gegiet

en gelos word om droog en hard te

word.

Dit kan dan geverf word.

Polyfilla

Net soos gips.

Word gebruik om krake in mure te vul.

Wanneer dit met water meng, word dit ‘n

sagte, vormbare pasta wat in gate of

krake ingedruk kan word.

As dit droog is, is dit baie hard en sterk.

Meng ‘n vastestof en ‘n vloeistof tot ‘n pasta

As ons ‘n bietjie water met ‘n

vastestof meng, kry ons ‘n pasta.

‘n Pasta is ‘n stywe mengsel van ‘n

vaste stof en ‘n vloeistof.

Wanneer ons bietjie water met meel

meng, kry ons ‘n taai pasta wat as gom

gebruik kan word.

Page 5: Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 7

Meng en kook

Wanneer mielies ryp is, is hulle

sade baie hard.

Die sade kan tot mieliemeel

gemaal word.

Ons eet nie rou mieliemeel nie –

ons kook dit om pap te maak wat

beter smaak en makliker verteer.

Meng en verkoel

Melk, room en suiker kan gemeng

en in die vrieskas geplaas word

om roomys te maak.

Jelliepoeier is ‘n mengsel van

suiker, vrugtegeur en gelatien, ‘n

stof wat in die gewrigte van diere

voorkom.

Gelatien los in warm water op en

raak solied wanneer dit afkoel.

Jellie kan in enige mengsel gebruik word om terte, poedings, of lekkergoed

te maak.

Meng, droog en bak

Klei en bakstene word gemaak deur dit te meng, en dan die mengsel te

droog of te bak.

Klei is klein, gladde stukkies gebreekte klip wat water absorbeer.

Wanneer water met die klei gemeng word, raak die klei sag, klewerig en

vormbaar.

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 8

Bakstene maak in landelike gebiede

In landelike gebiede word bakstene

op klein skaal gemaak.

Strooi, droë gras of dieremis word

met klei gemeng om die deeltjies

bymekaar te hou wanneer dit in die

son droog word.

Dit verhoed dat die klei kraak

wanneer die water verdamp.

Klei kan met die hand of in vorms

tot bakstene gevorm word.

Industriële (grootskaalse) baksteenmakery

Klein klipdeeltjies word met baie

fyn steenkoolstof en water gemeng.

Steenkoolstof help om die hitte

eweredig deur die bakstene te

versprei wanneer hulle gebak word.

Masjiene pers die nat kleimengsel

in die vorm van bakstene saam,

waarna dit in baie warm oonde teen

600 tot 900 °C gebak word.

Oonde verwerk materiaal deur dit te droog, te bak of te verbrand.

Klei raak hard wanneer al die water daarin verdamp teen 500 °C.

Die hitte van die son is nie warm genoeg om al die water in die klei te laat

verdamp nie.

Gebakte klei is hard en waterbestand, maar bros.

Verskillende baktemperature sal bakstene ligter of donkerder maak.

Page 6: Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 9

Opsomming van die samevoeging en verwerking van

grondstowwe

Die samevoeging van materiale kan as vloeidiagramme aangetoon word.

Vloeidiagramme toon watter grondstowwe gemeng word, watter prosesse

plaasvind en watter produkte vervaardig word.

Die produkte is nuttig en vir ‘n sekere doel gemaak.

Gips +

watermeng stol Ornament

Polyfilla

+ watermeng pasta

Vul

krakestol

Sementpoeier + sand + water + gruis

meng Beton

Meel +

watermeng pasta Gom

Klei +

kalksteenhitte maal Sement

Mieliemeel +

water + soutmeng kook Pap

Jelliepoeier + warm

waterverkoeling Soliede jellie

Klei vorm

blokke

droog uit in

lug

Verhit

sterkbakstene

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 10

Aktiwiteit 1: Toets wat jy reeds oor die verwerking van materiale

weet (Bl 85)

1. Bestudeer die grondstowwe wat ons meng om ‘n koek te bak.

a) Maak ‘n lys van die materiale.

Eiers, melk, suiker, koekmeel, bakpoeier, margarien of botter.

b) Watter van die grondstowwe is vaste stowwe?

Eiers, suiker, koekmeel, bakpoeier, margarien of botter.

c) Skryf woorde neer om elke materiaal te beskryf.

Eiers is solied met ‘n harde, bros dop. Binne-in die eier is ‘n loperige

eiergeel en ‘n wit, jellieagtige vloeistof. Die suiker is klein korreltjies of

kristalle. Koekmeel is fyn, wit poeier. Margarien of botter is geel en hard.

Bakpoeier is soos ‘n poeier. Melk is ‘n wit, loperige, koue vloeistof.

d) Beskryf die eienskappe van die deeg wanneer die grondstowwe gemeng is.

Deeg is loperig en lyk nie soos enige van die grondstowwe nie.

e) Beskryf die eienskappe van ‘n koek.

Dit is solied en sponserig met klein gaatjies daarin en dit smaak baie

lekker. Die koek ruik ook lekker en voel sag. Dit neem die vorm van die pan

waarin dit gebak is aan en lyk nie loperig soos die deeg nie.

f) Wat verander die

deeg na ‘n koek?

Bak dit teen ‘n hoë

temperatuur.

g) Watter bestandeel

laat die koek meer

rys as die deeg?

Die bakpoeier.

Page 7: Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 11

Aktiwiteit 2: Maak gom met meel en water (Bl 88)

As ons ‘n bietjie water met ‘n vastestof meng, kry ons ‘n pasta. ‘n Pasta is ‘n

stywe mengsel van ‘n vaste stof en ‘n vloeistof. Wanneer ‘n bietjie water met

meel gemeng word, raak dit ‘n taai pasta wat as gom gebruik kan word.

2. Sien Bladsy 88 vir instruksies.

3. Skryf in jou werkboek hoe die meel voel en lyk.

Koekmeel is ‘n fyn, wit poeier wat sag voel.

4. Beskryf die mengsel.

Wanneer ons meel en water meng, absorbeer die meel die water en word nat.

5. Skryf neer hoe die pasta voel.

Die pasta voel taai.

6. Plak die prent in jou werkboek.

7. Skryf ‘n paragraaf waarin jy die gom wat jy gemaak het, beoordeel.

a. Is dit taai genoeg om jou prent op sy plek te hou?

b. Het dit jou prent bederf? Waarom?

c. Hoe kan jy jou gom verbeter?

Voorbeelde van antwoorde vir 7 a-c:

My pasta was te styf, dit het klonte meel in gehad wat nie goed gemeng

is nie.

Die gom was te loperig, daar was te veel water in die pasta.

Die gom het my prentjie bederf want die prentjie het die water

geabsorbeer.

Ons moes seker maak die poeier is behoorlik gemeng en dat daar nie

te veel water in die mengsel was nie.

Ons kan die gom in ons take gebruik om voorwerpe uit papier of

karton te maak.

d. Dink jy jou gom sal sterk genoeg wees om ‘n gebreekte plastiekspeelding

reg te maak? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

Nee, want die plastiek sal nie die gom absorbeer nie en daarom sal die

stukkies nie vasplak nie.

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 12

Aktiwiteit 3: Ondersoek die eienskappe van bestandele voor dit

gemeng en na dit gekook is (Bl 89)

1. Sien Bladsy 89 vir instruksies.

a. Proe elke materiaal. Kies die woord wat die smaak die beste beskryf: soet;

sout; bitter; suur; geen.

b. Skryf die kleur van elke materiaal neer.

c. Bestudeer en bevoel elke materiaal. Kies vir elkeen die woord wat die

tekstuur die beste beskryf: glad; fyn; grof; sag; hard.

d. Voeg ‘n knippie van elke materiaal by ‘n klein bietjie water en skud of roer

die mengsel; kies die woord wat die beste beskryf wat gebeur: los op of

meng heeltemal; sink; niks.

2. Beskryf die eienskappe van die pap wat die onderwyser vir jou gegee het.

Die pap is glad, smaak souterig en swel omdat dit die water absorbeer. Ons

kan nie meer die water, sout of mieliemeel afsonderlik sien nie.

3. Vergelyk die eienskappe van die bestandele met dié van die pap.

Ons kan nie meer die verskillende grondstowwe sien nie. Die mieliemeel het

growwe korrels gehad, geen smaak gehad nie en was droog; die water was

nat en loperig en het geen smaak gehad nie; die sout was droog, het souterig

gesmaak en was korrelrig. Die pap het ‘n effense soutsmaak gehad. Dit het

anders as die afsonderlike

grondstowwe gesmaak. Dit

was dikker as water en dit

was glad.

Naam van

materiaal

Smaak Kleur Tekstuur Voeg by water

Mieliemeel Bitter / Geen Wit Grof Sink

Water Geen Kleurloos Glad Meng volledig

Sout Souterig Wit Fyn Los op

Page 8: Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 13

Aktiwiteit 4: Meng en verkoel om jellie te maak (Bl 90)

Sien Bladsy 90 vir instruksies.

1. Beskryf die eienskappe van die jelliepoeier deur jou sintuie van smaak, reuk,

sig en gevoel te gebruik.

Die jelliepoeier smaak soet, dit ruik soos vrugte, dit lyk en voel soos

suikerkorrels. Dit is rooi/groen/geel (afhangende van die geur).

2. Beskryf wat met die jelliepoeier gebeur. Is dit nog ‘n eienskap van

jelliepoeier?

Die jelliepoeier los in die water op, of meng volledig met die water. Ja, dit is ‘n

eienskap van die jelliepoeier dat dit in water kan oplos. Dit sink nie na die

bodem toe nie.

3. Verduidelik hoe die mengsel verskil van die bestandele waarmee dit gemaak

is.

Ons kan nie meer die jelliepoeier sien nie, die water het nou ‘n kleur en is

volledige gemeng met die jellie.

4. Verduidelik hoe die mengsel lyk as dit koud is. Is dit steeds loperig?

Die jellie neem die vorm van die bak aan, dit is nie meer loperig nie. Dit het

gestol.

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 14

Aktiwiteit 5: Skryf oor meng, droog en bak (Bl 91)

1. Skryf vyf sinne oor die eienskappe van nat klei en hoe prosesse soos om dit

te bak of te droog, songedroogde modderstene en gebakte kleibakstene

verander.

Klei absorbeer water om nat te word. Nat klei is buigsaam en ons kan dit met

ons hande in ‘n vorm maak. Ons kan dit in blokke vorm om modderstene te

maak. Nat klei is taai en word hard wanneer die water in die son uitdroog.

Mense meng gras en strooi met die klei om sterk bakstene te maak. Ons kry

sterker bakstene as die klei gebak word om baie droog te word. Die hitte van

die oond laat al die water in die klei verdamp en die bakstene word baie hard

en sterk.

Page 9: Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 15

Aktiwiteit 6: Lees vloeidiagramme (Bl 93)

1. Lees die volgende vloeidiagramme:

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 16

2. Skryf ‘n sin waarin jy die grondstowwe, die prosesse en die produkte vir elke

vloeidiagram noem.

Gips wat met water gemeng is, sal in ‘n gietvorm stol;

Pollyfilla wat met water gemeng is, vorm ‘n pasta wat krake sal opvul

wanneer dit stol;

Sementpoeier, sand, water en gruis word gemeng om beton te maak;

Koekmeel en water kan in ‘n pasta gemeng word wat ons as gom kan

gebruik;

Mieliemeel, water en sout kan gemeng en gekook word om pap te maak;

Jelliepoeier en water kan gemeng word en afgekoel word om soliede jellie

te maak;

Klei kan in blokke gevorm word, in die lug uitgedroog en verhit word om

sterk bakstene te vorm.

3. Skryf waaroor die produk in elke vloeidiagram gebruik word.

Gips kan gebruik word om ornamente te maak om ‘n tuin te versier, dit

word gebruik om gebreekte ledemate op so ‘n manier te bedek dat die

bene kan genees en herstel nadat dit gebreek is;

Pollyfilla kan krake of gate in mure opvul;

Beton word gebruik om plaveiselblokke, paaie, pilare en waterpype te maak;

Gom kan gebruik word om verskillende stukke papier of karton aan mekaar

te plak;

Pap kan geëet word;

Jellie kan geëet word;

Bakstene word gebruik om mee te bou.

Page 10: Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 17

Hersiening van Onderwerp 8 (Bl 94)

Pas die woorde in Kolom A by die regte betekenis in Kolom B

A B

1. Kombineer a. Iets nuuts en nuttig wat die resultaat van ‘n proses is

2. Proses b. Iets wat gemaak word deur goed te meng

3. Produk c. Op verskillende maniere verander om nuwe

materiale of produkte met nuwe eienskappe te kry

4. Sement d. ‘n Produk uit klei en kalksteen wat verhard wanneer

dit met water gemeng word

5. Gips e. ‘n Wit poeier wat vinnig ‘n harde vaste stof raak

wanneer dit met water gemeng word

6. Mengsel f. ‘n Mengsel van sand, gruis, sement en water

7. Beton g. Om te meng of saam te voeg

1. Bestudeer die foto’s en beantwoord die vrae:

a) Kyk na figuur 7 op bl 91.

Wat is die verskil tussen die bakstene in A en B? (4)

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 18

b) Waarom dink jy is daar so ‘n verskil? (2)

2. Bestudeer die bostaande vloeidiagram.Verduidelik:

a) Watter grondstowwe gemeng word.

____________________________________________________________

b) Watter proses plaasvind.

____________________________________________________________

c) Watter produk geskep word.

____________________________________________________________

d) Skryf oor die gebruike van die produk. (5)

Sementpoeier + sand

+ water + gruismeng Beton

Page 11: Sement O8 – Beton Verwerking van Materiale · word – raak klei sag, klewerig en vormbaar. Bakstene op klein skaal. Strooi, droë gras of dieremis word met klei gemeng – verhoed

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 19

Hersiening van Onderwerp 8 (Bl 94) (MEMO)

Pas die woorde in Kolom A by die regte betekenis in Kolom B

A B

1. Kombineer a. Iets nuuts en nuttig wat die resultaat van ‘n proses is

2. Proses b. Iets wat gemaak word deur goed te meng

3. Produk c. Op verskillende maniere verander om nuwe

materiale of produkte met nuwe eienskappe te kry

4. Sement d. ‘n Produk uit klei en kalksteen wat verhard wanneer

dit met water gemeng word

5. Gips e. ‘n Wit poeier wat vinnig ‘n harde vaste stof raak

wanneer dit met water gemeng word

6. Mengsel f. ‘n Mengsel van sand, gruis, sement en water

7. Beton g. Om te meng of saam te voeg

1. Bestudeer die foto’s en beantwoord die vrae:

a. Kyk na figuur 7 op bl 91.

Wat is die verskil tussen die bakstene in A en B? (4)

Die modderstene is geërodeer, die kleistene is sterker en het hulle vorm behou.

c) Waarom dink jy is daar so ‘n verskil? (2)

Die modderstene is in die son uitgedroog en die kleibakstene is in ‘n oond

gebak.

Onderwerp 8: Verwerking van materiale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O8 Opsommings Platinum 20

2. Bestudeer die bostaande vloeidiagram.Verduidelik:

a. Watter grondstowwe gemeng word.

Sementpoeier, water, gruis.

b. Watter proses plaasvind.

Meng en stol.

c. Watter produk geskep word.

Beton.

d. Skryf oor die gebruike van die produk. (5)

Beton word gebruik om sterk strukture soos damme te bou of om plaveisel te

maak.

Sementpoeier + sand

+ water + gruismeng Beton