SchoemieBeeld - lghs.co.za · Vir enige inligting of nuusflitse wat u wil deurgee, kontak gerus vir...
Transcript of SchoemieBeeld - lghs.co.za · Vir enige inligting of nuusflitse wat u wil deurgee, kontak gerus vir...
1
LAERSKOOL GENERAAL HENDRIK SCHOEMAN Kwartaal 1 nr. 7
6 Maart 2017
SchoemieBeeld GHS Prestige Redenaars Wenners!
Vanaf Dinsdag 28 Februarie tot Donderdag 2 Maart het ons leerders aan die Prestige GHS redenaarskompetisie
deelgeeneem en uitstekende toesprake gelewer. Ons sê baie geluk aan die volgende leerders wat deurdring na
die ATKV redenaars wat gehou word in Mei 2017 in Wolmaransstad:
Gr 1, 2 en 3 top 6 wenners:
Van links na regs: Ruan Holthausen (gr. 3), Leané Gouws (gr. 3),
Micke Cornelius (gr. 3), Chanel Fourie (gr. 3), Charmoné Pienaar (gr.
3), Tamarin du Toit (Beste spreker in Gr. 2), Suné Russouw (gr. 3).
Voor: Dené van der Merwe (Beste spreker in Gr. 1)
Gr 4 en 5 top 6 wenners:
Van links na regs: Justin Grobler (gr. 4), Menike van den Berg (gr. 5),
Minante Jonker (gr. 4), Isabel Kruger (gr. 5), Zanté van der Merwe
(gr. 4) en Josh Robertson (gr. 4).
Gr 6 en 7 top 6 wenners:
Agter: Mienke Janse van Rensburg (gr. 7), Anke Nell (gr. 7) en Gus-
tav Kruger (gr. 7).
Voor: Romé van Druten (gr. 6), Olga Wichman (gr. 6) en Antoinette
Robertson (gr. 6).
Agter links: Franco Dippenaar, Nelis
Strauss,
Waldo Roos, CF Delport, Bea
Pretorius,
Salmon Pienaar, Menike van den
Berg.
Voor: Brendan van der Merwe en
André Olivier.
Bojanala Streek Atletiekspan
Die volgende atlete is gekies om deel te wees van die Bojanala streek atletiekspan. Hierdie atlete
gaan dan aan die Noordwes atletiekkampioenskappe deelneem op 10 Maart 2017 in Potchefstroom.
2
Gr. R Atletiekdag:
Op die 3de Maart 2017 het Schoemieland die Gr. R atletiekdag aangebied en kleuters het
op ‘n spelende wyse aan Mini-atletiek deelgeneem. Dit was ’n lekker pretdag waar kleuters
saam met hul families kon ontspan. Verskeie kleuterskole in ons omgewing soos PLG Hart-
beespoort Academy, Laerskool Sanddrift en Plaasvoetjies Kleuterskool het deelgeneem en
die dag sommer baie spesiaal gemaak. Die leerders het aan kreatiewe items deel geneem.
Items het die volgende ingesluit: 60m naellope, mini-hekkies, gewigstoot met netbal balle,
spiesgooi met sponspiese, skopfietsresies, langafstande asook verspring in die sandput.
Elke kleuter het ‘n medalje vir deelname gekry en die dag beoog om kleuters die liefde vir
atletiek te bevorder.
Fliek aand! Vrydag 10 Maart 2017
R20 per fliek
1ste Fliek: Ozzy— Fast & Furry (14h00 - 15h30)
2de Fliek: The secret life of pets (16h00 - 17h30)
Bring jou kombers, kussing en geld vir die snoepie saam.
3
NUUSBLAD Epos: [email protected]
Tel: 012 - 253 1011/33
Faks: 012 - 253 1171
Web: www. shoemies.co.za
Vir enige inligting of nuusflitse wat u wil
deurgee, kontak gerus vir Surika Steyn.
E-pos: [email protected]
Schoemie van die week!
Baie geluk aan ons leerders wat vir week 6 gekies is as Schoemie van die
week! Dit is ‘n pragtige prestasie. Hou so aan.
Agter: Ivan Joubert (Gr. 5), Nathan Teaque
(Gr. 7), Xander Botha (Gr. 6), Milla
Enthoven (Gr. 4) en Leané Gouws (Gr. 3)
Voor: Jeandré Vermeulen (Gr. 2), Nadia
Rothmann (Gr. 1) en Sunéll Kruger (Gr. R).
Dandré Allers speel pragtig gholf!
Baie geluk aan Dandré Allers, ‘n gr. R leerder van ons skool, wat ‘n
2de plek behaal het toe hy die afgelope naweek deelgeneem het aan
die Noordwes Guppy Gholf kampioenskappe.
Dandré ons as Schoemies is baie trots op jou en weet sommer dat jy
nog baie gholfkampioenskappe gaan wen in die toekoms.
Hengelkampioene
Romé en Emile van Druten het
deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse
kampioenskappe in hengel en het ‘n alge-
hele 3de plek verower.
Romé het ook onlangs deelgeneem in die
Ontwikkelingspan afdeling en het daar ‘n
eerste plek gekry.
Baie geluk julle!
4
Schoemies se Judokampioene
Baie geluk aan die volgende leerders wat medaljes verwerf
het by die Judo Champion of Champions:
Links: Hardus Ferreira (Brons), Ethan Verkuyl (Brons),
Quwin Alexander (Goud), Adriaan Olivier (Silwer) en
Ivan Ferreira (Brons).
Die grondslagfase het ‘n uitstappie onderneem na die
Brooklyn teater op die 22ste Februarie. Die leerders het
gaan kyk na die opvoering van “Jan en die Boon-
tjierank”. Opgewonde gesiggies het die oggend gereed
gemaak vir hul uitstappie en met hul terugkoms kon
hulle nie uitgepraat raak oor wat hul ervaar het nie. Dit
is ‘n ervaring wat hul lank sal onthou!
Hier is ‘n paar foto’s van ons maats by die uitstappie.