Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die...

30
Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Transcript of Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die...

Page 1: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Rom 14:13-23Fokus: Rom 14:13-15

Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e)

November 2013

Page 2: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Ps-vooraf Ps 18: 14, 20

Ontmoetingsdiens.

Votum.

“Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons

hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Amen

Seëngroet

Gemeente van ons Here Jesus:

“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,

en die Here Jesus Christus

deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”

Amen.

Lofprysing – Ps 33: 1, 2

Geloofsbelydenis

Verootmoediging en Versoeningsdiens.

Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.

Psalm na die wet – Ps 38: 1, 8, 17

2

Page 3: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Gebed om skuldbelydenis en verligting.

Psalm na gebed – Ps 40: 4

3

Page 4: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Woorddiens.

Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Rom 14:13-23

(sê iets oor reeks uit Romeine 14-15)

Psalm as antwoord op die Woord na verklaring en toepassing – Ps 119:

59, 60

Ons fokus op vers 13-15 (lees dit)

Skrifverklaring

Inleiding

Geliefdes wanneer vers 13 sê:

“besluit dít liewer,

om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie”

dan kom Paulus by ‘n nuwe saak1 in Rom 14-15.

Opmerking

En in Rom 14-15 gaan’it mos oor’ie belangrikheid

van eenheid tussen gelowiges

en hoe ons verskille hanteer.

En nou gaan ons tema vanoggend uit vers 13 se woorde kom.

Dit gaan wees:

Moenie ‘n struikelblok wees nie.**************

Terugblik

Maar kom ons kyk net gou eers

hoe ons hier aangekom het.

A. Nou Paulus sê in Rom 14:1

en hy sê dit in Rom 15:7 weer

1 Μηκετι οὖν αλληλους κρινωμεν (10a) – Met οὖν maak Paulus ‘n gevolgtrek uit die voorafgaande (Greek grammer beyond basics bl 673; Greijdanus se Rom komm vol 2 bl 600). Op grand van wat Paulus nou geleer het in vers 3-9 en die verwysing na die regbank van Christus in vers 10-12, kom Paulus nou tot die gevolgtrekkende (οὖν) opdragte in vers 13. Hierdie opdragte is waaroor dit nou gaan handel in vers 13-23 (Greijdanus se Rom komm vol 2 bl 600; Ridderbos se Rom komm bl 310; Moo se Rom komm bl 850; Jonker se Riom komm bl 182).

4

Page 5: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

dat ons mekaar moet aanneem

soos Christus ons ook aangeneem het …” 2

So begin gelowiges hulle verskille oplos.

Dis waar’it begin. Nêrens anders nie.

Opmerking3

En natuurlik is daar grense.

Paulus sê beslis nie hier

dat alles maar aanvaarbaar moet wees nie.

Opmerking

Net verder aan in Rom 16:17 sien mens’it al klaar.

En dan het mens nog nie eers die res

van Paulus se briewe gelees nie.

En in Rom 14:1-12 kon ons al heelwat hieroor leer.

En ons sal vandag in die verklaring van veral vers 14-15

weer daaraan raak.

*************

Maar goed: Ek dink die belangrike les

wat Paulus in Rom 14-15 leer

is dat wanneer gelowiges verskille het

die oplossing begin by ons wat mekaar aanneem

soos Christus ons aangeneem het.

En Paulus sê’it reg aan die begin in Rom 14:1

*************

B. Maar juis daarom is die opdragte in vers 3 so belangrik.

Die opdragte van:

• Moenie mekaar in liefdelose hoogmoed verag nie.

• En moenie mekaar met julle selfuitgedinkte reëls veroordeel nie. 2 Vgl Rom 14,1&15,7.docx3 Vgl Rom 14,1&15,7.docx; Rom 14,1-2&5.docx

5

Page 6: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Verduidelik4

Want die moment wanneer ons so met mekaar maak

Kom’aar net mooi niks nie van:

‘neem mekaar aan

soos Christus julle aan geneem het.’

Daarom dat die opdrag in vers 5 ook so baie belangrik is.

Vers 5 waar Paulus sê:

“Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig word.”

van wat reg is.

Met ‘n vry gewete

wat nie met veragting en veroordeling gedwing word nie.5

**************

C.6 Maar daarmee saam moet ons dan net nie die maatstaf

van hoe ons oortuig word vergeet nie.

Vers 6-9 se maatstaf

wat net mooi niks te doen het met hoe ek oor iets voel nie.

Maar alles te doen het met:

leef vir die Here Jesus in my ganse lewe.

Verduidelik7

Want wanneer ek al meer oortuig word met hierdie maatstaf

gaan ek al meer ophou

om met my eiewillige reëls te oordeel.

En ek gaan al meer ophou

om in liefdeloosheid ander te verag.

Want vir die Here lewe beteken:

ek dien my broeder en suster in liefde

soos Jesus ons lief gehad het. 4 Vgl Rom 14,3-4.docx5 Vgl Rom 14,5-9.docx6 Vgl Rom 14,5-9.docx7 Vgl Rom 14,5-9.docx

6

Page 7: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Want so het Jesus ons Here ons beveel.

En dan? Wel dan neem ons mekaar aan.

En ons word al meer verenig

in die wil van ons Here.

Opmerking

En hieroor kon ons heelwat leer

vanuit Rom 14:1-2&5 en Rom 14:3-4 en Rom 14:5-9 en Rom 14:10-12.

****************

Terug by vandag

Maar nou’s ons vandag by Rom 14:13 waar Paulus sê:

“besluit dít liewer,

om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.”

En wat Paulus hier sê

is net so belangrik vir ware eenheid tussen gelowiges

as alles wat vers 1-12 sê.

En daarom gaan ons nou meer hieroor leer.

En dan’s ons tema:

Moenie ‘n struikelblok wees nie.

En dan gaan ons stilstaan by

• Die opdrag self in vers 13

• Die situasie waarin dit uitgeleef moet word in vers 14

• Hoe ‘n struikelblok veroorsaak word in vers 15

• Hoe ernstig dit is in vers 15

• En die les vir ons vandag.

***************

1. So kom ons begin by vers 13 se opdrag waar Paulus sê:

“maar besluit dít liewer,

om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.”

7

Page 8: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Opmerking

En nou’sier drie goed wat ons moet raaksien.

A. Die eerste is dat Paulus hier spesifiek praat

met die sterkes in die geloof

in die kerk in Rome.

Bewys8

En dis veral vers 15

waar’it gaan oor kos wat dit wys.

Want vers 15 vertel van gelowiges

wat met hulle kos hulle broeder grief en ten gronde rig.

En dit alles vat ons terug by vers 2

en die sterkes wat alles eet

en die swakkes wat net groente eet

en vir wie dit ‘n probleem is as die sterkes alles eet.

So Rom 14 se konteks wys ons

dat Paulus in vers 13 veral met die sterkes in die geloof praat.

B. Maar nou’sie vraag:

Wat’s hierdie hindernis en struikelblok

wat die sterkes voor hulle swak broeders en susters kan lê.

En dis die tweede ding

wat ons moet raaksien by vers 13 se opdrag.

8 Vgl ook Moo se Rom komm bl 850-851; TDNT vol 3 bl 797, vol 4 bl 66-67; Wilson se Rom komm bl 224; Rom 14,1-12-struktuur.docx.

8

Page 9: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Verduidelik9

Nou dis beslis nie iets

soos ‘n klip of ‘n baksteen nie.

Nee hierdie hindernis of struikelblok van vers 13 is verskriklik.

• Want dis iets wat skade maak in jou verhouding met die HERE.

• Dis iets wat die vaste vertroue van jou geloof los skud

en jou laat twyfel.

• Dis iets wat jou laat sonde doen.

• Dis selfs iets wat jou vir ewig in die hel kan laat verlore gaan.

Opmerking10

En as ons by vers 23 kom

sal ons nog meer hieroor leer.

*************

C. Maar wat nou belangrik is

Opmerking

En dis’ie derde ding

wat ons moet raaksien in vers 13.

is dat Paulus vir die sterkes in die geloof

en ook vir ons elkeen sê:

‘Neem ‘n baie besliste besluit11 om dit geheel nie te doen nie.’

9 προσκομμα het die betekenis van ‘’n aanstoot’/ ‘struikelblok’/ ‘oortreding’/ hindernis in die geloofsuitlewing/ geestelike verwoesting (Baljon bl 834-835; NIDNTT vol 2 bl 705; TDNT vol 6 bl 747). Dis iets wat my broeder in sy geloof en uitlewing van geloof skok, hinder en aan die wankel bring ... laat sondig en selfs heeltemal kan verwoes en laat verlore gaan – TDNT vol 6 bl 753 voetnoot 51 wys daarop dat προσκομμα en απολλυμι (15c) sinoniem is. Dis ‘n verkragting van sy gewete (Baljon bl 834-835; NIDNTT vol 2 bl 706; Ridderbos, Paulus, bl 327). ἢ σκανδαλον het die betekenis van ‘of ‘n struikeling’. Dit is iets wat jou laat sondig. Dit verbreek jou verhouding/eenheid met die kerk en met Christus (Baljon bl 886-887; NIDNTT vol 2 bl 710; TDNT vol 7 bl 355; Ridderbos, Paulus, bl 327). Dis hierdie σκανδαλον en προσκομμα wat απολλυμι in 15c veroorsaak (TDNT vol 7 bl 356).

10 Vgl Haldane se Rom komm bl 602 11 κρινατε = aor imperat akt2de pers mv van κρινω, met hier met die spesifieke betekenis van ‘julle moet

besluit’ (Baljon bl 539; NIDNTT vol 2 bl 362, 364; Ridderbos se Rom komm bl 310).9

Page 10: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Toepassing

Ja Paulus roep in vers 13 elkeen van ons baie ernstig op

om ‘n vaste besluit te neem.

En hierdie besluit is:

Ek wil nie vir enige broeder of suster van my

‘n hindernis of ‘n struikelblok wees nie.

*************

Selfondersoek

So doen ons dit op hierdie oomblik biddend geliefdes?

Onthou as Paulus hier skryf

dan’sit die Woord van ons Here!

Dis Woord van Christus deur sy apostel wat sê:

Neem nou ‘n besluit

om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.

Want dis skrikwekkend om dit te doen.

Bewys

Jesus het eenmaal in Luk 17:2 gesê:

“Dit is beter vir hom as ‘n meulsteen aan sy nek gehang

en hy in die see gegooi word,

as dat hy (iemand) ... sou laat struikel.”

So geliefdes kom ons bid

dat die HERE op hierdie oomblik deur sy Gees in ons sal werk

sodat ons hierdie besluit van vers 13 sal neem.

***************

Oorgang

Maar goed:

Kom ons gaan eers weer terug na die teks toe.

10

Page 11: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Paulus het nou in vers 13 die opdrag gegee

dat die sterkes in die geloof

maar ook ons almal

moet besluit om nie ‘n hindernis of struikelblok te wees nie.

Maar as ons nou van vers 13 na vers 14 gaan

dan kry ons die konteks of die situasie

waarbinne die sterkes in Rome nou hulle besluit moet uitleef.

2. En nou’s ons by ons tweede punt

waar’it gaan oor die situasie

waarbinne vers 13 se besluit geleef moet word.

En Paulus vertel daarvan in vers 14:

“Ek weet en is oortuig in die Here Jesus

dat niks op sigself onrein is nie,

maar hy wat reken dat iets onrein is,

vir hom is dit onrein.”

Opmerking

En dadelik sien ons in hierdie situasie twee kante

of twee werklikhede.

A. Kom ons kyk na die eerste een.

Dis waar Paulus sê: “Ek weet en is oortuig in die Here Jesus

dat niks op sigself onrein is nie ...”

Verduidelik

So hoor u wat sê Paulus. Hy sê:

“Ek weet en is oortuig

ja ek het regtig vaste geloof-sekerheid gekry12

in die Here Jesus ...” 12 Vgl TDNT vol 6 bl 3; NIDNTT vol 1 bl 591

11

Page 12: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Of ons kan ook sê:

by Jesus of ingelyf in Jesus13 wat ook die Here is.

So hoor u waar Paulus weet

en waar Paulus oortuig geraak het

“dat niks op sigself onrein is nie ...”

Dis by die Here Jesus! Ingelyf in Hom.

***************

En hoe is dit dat Paulus so by en in Jesus kan wees?

Verduidelik

Wel deur die geloof.14 Dis deur’ie geloof

dat die Gees ons aan die Here Jesus bind

of in die Here Jesus inlyf.15

En dis deur’ie Gees

dat die Here Jesus by ons en in ons bly.

Bewys

So leer Paulus bv in Rom 6:1-5

en Rom 8:9 en 1Kor 12:13 en Efes 3:17.

***************

Maar weet u:

Nou’sit wanneer Paulus in vers 14 baie spesifiek sê

dat hy in die Here Jesus is dat ons ook agterkom

waarom Paulus oortuig is “dat niks op sigself onrein is nie ...”

13 Dit kan wees dat εν κυριω ιησου hier wys op die Agent – Dus: ‘ek is oortuig deur die Here Jesus’. εν + dat as agent is egter iets wat baie raar is. Tog lyk dit asof ek hier met die regte vereistes te doen het – perf pas + εν + dat (Greek grammer beyond basics bl 373-374). Wat meer waarskynlik is, is dat Paulus hier sê dat hy, ingelyf in Christus (1Kor 12:13) en onder heerskappy van die Here Christus, nou in hierdie gemeenskap met die Here oortuig is (NIDNTT vol 3 bl 1191; TDNT vol 2 bl 542;l Jonker se Romkomm bl 183).

14 Sondag 7 v/a 20-2115 Sondag 20

12

Page 13: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Opmerking

Want hoor mooi:

Paulus sê nie in vers 14

dat hy bv in Christus is nie.

Nee! Paulus sê: ‘Ek is in die Here Jesus.’

En nou’sit hierdie ding dat Paulus in vers 14 spesifiek sê

dat hy in die Here Jesus is wat ons ook wys

waarom hy nou oortuig is “dat niks op sigself onrein is nie ...”

Verduidelik

Want as Paulus vir Jesus Here noem

dan erken Paulus die waarheid

waaroor Petrus op Pinksterdag in Hand 2 gepreek het

en toe in Hand 2:36 gesê het:

“Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet

dat God Hom Here ... gemaak het,

hierdie Jesus wat julle gekruisig het.”16

En as Jesus nou Here is

dan is Hy nou op die oomblik

Here aan die regterhand van God die Vader

vanwaar Hy nou as Here heers.

Bewys

Ps 110 sê dit bv vir ons.17

En dit beteken net een ding:

En dit is dat as Jesus nou Here is

en aan die regterhand van God regeer 16 Wanneer Paulus praat van εν κυριω lê die klem veral op Christus as Koning en Heerser (Floor,

Perspektiewe op die prediking van Paulus, bl 70). Dus, in gemeenskap, deur die geloof (Sondag 7 v/a 20), met sy Koning is Paulus beweeg tot sy oortuiging. εν κυριω wys my ook duidelik op die bedeling waarin ons nou staan. Ons is nou in die bedeling waarin Christus heers as Koning ... Die nuwe tyd het nou aangebreek (Hand 2:36) (Floor, Perspektiewe op die prediking van Paulus, bl 70).

17 Hand 2:33-3413

Page 14: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

dan het die nuwe-tyd

van die Messiaanse Koninkryk van God aangebreek.

Die wonderlike tyd

waaroor die profete geprofeteer het.

Die tyd waarin die HERE sy volk verlos

en sy vyande vernietig.

En die Here Jesus die volheid

van die vrede van die Koninkryk laat kom.

***************

Nou die boek Hebreërs noem hierdie tyd

waarin Jesus nou Here is die tyd van die herstelling.

En dan sê Heb 9:10

dat al die OT rein-en-onrein-wette

en die offer-wette en die priester-wette

en die wette oor besnydenis

in hierdie nuwe tyd van die Koninkryk

ja in die tyd van die herstelling

ophou.

Want dit was alles net “‘n beeld (of ‘n skadu of ‘n heenwysing)

met die oog op die teenwoordige tyd” sê Heb 9:9.

Ja Christus het aan die kruis al hierdie dinge vervul.18

*************

En nou’sie wonder dat Paulus

saam met al Jesus se ware gelowiges

deur die geloof in die Here Jesus kan wees.

En by Jesus oortuig word dat Hy die Here is

18 Efes 2:15; Kol 2:16-1714

Page 15: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

wat die tyd van die Koninkryk laat aanbreek

die tyd waarin ons oortuig kan wees

“dat niks (meer) op sigself onrein is nie ...”

Soos Paulus in vers 14 sê.

****************

So dis’ie eerste kant die eerste werklikheid

in die situasie daar in die kerk in Rome.

Toepassing

En dis wonderlik!

Want dis ook ‘n werklikheid vir ons.

Dis ‘n werklikheid wat sê:

Niemand het meer nodig

om die OT-rein-en-onrein wette na te kom nie.

Niemand het ook meer nodig

om die offer-wette na te kom nie.

En hoekom nie?

Wel omdat Jesus ons vryheid in sy Koninkryk gegee.

Ja die OT-rein-en-onrein-wette

en die OT-offer-wette geld nie meer nie.

Nee! Nou geld Christus se wet van vryheid.19

*****************

Voorbeelde

I Daarom dat Paulus die swakkes in vers 3 gewaarsku het

om nie te oordeel met hulle eet-net-groente reël nie.

Hulle mag nie. Want Christus het vryheid beveel.

*************

II20 Daarom dat Paulus in Galisië geweier het

19 Vgl Calvyn, Die Institusie van die Christelike Godsdiens, boek 3 hfst 19, par 8, 14; Cark, What do Presbyterians believe?, bl 188-190 20 Vgl Calvyn, Die Institusie van die Christelike Godsdiens, boek 3 hfst 19, par 11-12

15

Page 16: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

dat Titus besny moes word

toe daar valse broeders was

wat daarop aangedring het.

Ons lees daarvan in Gal 2:3-4.

En hoekom?

Wel omdat Christus vryheid beveel het.

**************

III21 Daarom dat Luther gelowiges in sy tyd

in sy boekie ‘die vryheid van die christen’ oproep

om baie dapper en kragtig te stry teen die Pous

en sy kardinale en biskoppe en priesters

met hulle wette waar Christus vryheid beveel.

**************

So dis’ie een werklikheid die een kant

van die situasie in vers 14.

Christus gee en beveel vryheid.

Daarom dat Paulus sê:

“Ek weet en is oortuig in die Here Jesus

dat niks op sigself onrein is nie”

***************B. Maar nou’saar ook ‘n tweede werklikheid ‘n tweede kant.

Paulus vertel daarvan in die laaste deel van vers 14.

Hy sê: “maar hy wat reken (of: nog oortuig is22)

dat iets onrein is, vir hom is dit onrein.”

Verduidelik

Nou hierdie ouens is die selfde ouens

van wie Paulus in vers 2 vertel

dat hulle net groente eet

21 Vgl Luther, De vrijheid van den Christen, in Luthers werken, bl 16722 τω λογιζομενω = praes part akt in die datief van λογιζομαι, met die betekenis van ‘vir die een wat

meen/ glo/ van die oordeel is/ hou vir/ werklik oortuig is’ (Baljon bl 566; TDNT vol4 bl 284,289).

16

Page 17: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

en swak is in die geloof.

Dis hulle so’t ons nou al geleer

wat werklik gelowig was

maar nog net nie die geloofskennis-en-oortuiging gehad het

dat Christus ons vryheid gegee het nie.

**************

Maar dadelik moet ons by sê

dat hierdie swakkes in die geloof nie was

soos daardie valse broedres

van wie Paulus praat in Gal 2:3-4 nie.

De swakkes in die geloof was ook nie

soos die Pous met sy hordes wette

waar Christus vryheid beveel het.

Bewys

Nee! As hulle so was

sou Paulus baie ernstig teen hulle geskryf het.

Soos bv in sy brief aan die Galasiërs en Kolossense.

Maar nou was dit nie so met hierdie swakkes in die geloof nie.

Verduidelik

Nee! Hulle het geglo dat Christus alleen Verlosser is

en dat Christus alleen ons Here is.

Hulle wou regtig ook nie hulle eie moets en moenies maak

waar Christus vryheid beveel het nie.

Maar vir een of ander rede

heel waarskynlik omdat hulle Joodse gelowiges was23

met hulle opvoeding in die OT-rein-en-onrein-wette

23 Vgl Rom 14,1&15,1.docx17

Page 18: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

was dit vir hulle net baie moeilik

om daarvan afskeid te neem.

**************

En dit is die situasie.

Aan die eenkant is daar die werklikheid van Jesus

wat met sy bloed vryheid gee en as Here vryheid beveel.

Maar aan die anderkant

is daar die werklikheid van opregte gelowiges

wat nog net nie daardie geloofskennis-en-oortuiging het nie.

En daarom ook nie alles eet nie.

Oorgang

En nou’sit in hierdie situasie dat Paulus in vers 13

vir die sterkes in die geloof

wat die geloofs-kennis-enoortuiging het van die vryheid in Christus

sê: “besluit dít liewer,

om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.”

Maar nou’sie vraag:

Hoe gaan’it nou gebeur

dat hulle ‘n hindernis en ‘n struikelblok gaan wees.

Ja hoe gaan hulle skade maak aan die swakkes se geloof?

Hoe gaan hulle daardie vaste vertroue

van die swakkes los skud?

Hoe gaan hulle veroorsaak dat die swakkes struikel

en sonde doen?

18

Page 19: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

3. En nou’sit met hierdie vrae24

dat ons by ons derde punt kom

wat gaan oor hoe die sterkes in die geloof in Rome

in hierdie situasie ‘n struikelblok kan wees.

En Paulus gee die antwoord

as ons van vers 14 na vers 15 gaan waar hy sê:

“Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word,

dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie.”

En net hier wys Paulus ons

hoe ons vir ons broeders en susters ‘n struikelblok is.

Verduidelik25

Want as Paulus in vers 15 praat oor die sterkes

wat met hulle kos hulle swak broeders en susters grief

dan’s grief ‘n woord wat praat van regtig hartseer wees.

En dit omdat jou verhouding met die HERE nie meer reg is nie

soos dit moet wees nie.

Ja dis die hartseer

24 ει δε δια βρωμα … Wat is die funksie van δε? Ek dink dat Paulus met δε oorgaan van vers 14, waarin hy die situasie geskets het waarin vers 13 se opdragte tot die nie stel van σκανδαλον en προσκομμα, uitgeleef moet word, na die spesifieke toepassing en verduideliking van vers 13 se opdragte (Greek grammer beyond basics bl 674; Calvyn se Rom komm bl 505). Ek sou δε dan vertaal het met ‘nou’ (Greek grammer beyond basics bl 674). Dus: ‘laat ons dus nie langer mekaar oordeel nie. Maar julle moet liewer dit besluit, naamlik dat julle nie vir die broeder ‘n aanstoot en struikelblok stel nie. Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks as gevolg van dit self onrein is nie. Daar is egter ‘n uitsondering: vir hom wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein. Nou dan: as jy ...’

25 λυπειται = praes ind pas van λυπεω, met die betekenis van ‘hy gegrief word’/ ‘verdrietig gemaak word’/’pyn toegedien word’. Dit gaan hier veral daaroor dat ek met my uitlewing van die vryheid wat Christus gebring het my broeder/suster hartseer maak en hulle blydskap wegneem (Baljon bl 572; NIDNTT vol 2 bl 419; TDNT vol 4 bl 320). Greijdanus se Rom komm vol 2 bl 604 wys my daarop dat hierdie hartseer egter baie ernstig is. Want ek hier met ‘n spesifieke vorm of uitwerking van σκανδαλον en προσκομμα te doen – dit waarteen Paulus in vers 13 ‘n opdrag gee ... Dis ‘n hartseer agv ‘n verkragting van my gewete, en die krisis in my verhouding met die HERE (vgl ook Lange se Rom komm bl 420; Ridderbos se Rom komm bl 311; Moo se Rom komm bl 854). Veral omdat λυπεω ivm απολλυμι (15c) staan (Moo se Rom komm bl 854) is hierdie hartseer baie baie ernstig. Want απολλυμι gaan daaroor om ewig verlore te gaan in die hel – vgl Rom 2:12; 1Kor 1:18; 15:18; 2Kor 2:15; 4:3; 2Tes 2:10 (NIDNTT vol 1 bl 464, Moo se Rom komm bl 854 vgl ook voetnoot 28). Met απολλυμι is daar ook ‘n baie sterk verband na σκανδαλον en προσκομμα – vgl Woordstudie by προσκομμα en σκανδαλον. Ek het dus hier ‘n praktiese voorbeeld van hoe daar in vers 14 se konteks ‘n σκανδαλον en προσκομμα vir my broeder gestel word. Dit kan gebeur deur my uitlewing van die vryheid wat Christus gebring het.

19

Page 20: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

omdat die vaste vertroue net ne meer daar is nie.

Dis hartseer

omdat daar gestruikel is oor ‘n struikelblok.

**************

So sien u hoe’s’ie sterkes ‘n struikelblok?

Hulle was ‘n struikelblok toe hulle die vryheid

wat Christus vir hulle gegee het volheid uitgeleef het

en toe by die kerk se saam-eet-geleentheid

oesters en vark-spek geëet het

terwyl dit vir hulle swak broeders en susters

wat net groente geëet het

‘n reuse gewetens-probleem was.

En waar het die probleem in gekom?

Wel Paulus sê dit in vers 15.

Hy sê: “Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word,

dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie.”

Ja dit was die probleem.

Die sterkes het nie

in ooreenstemming26 met ons Here se gebod

van liefde geleef nie.

Verduidelik

En wat Paulus sê beteken

dat die sterkes hulle vryheid in Christus uitgeleef het.

Maar nie hulle volle vryheid nie.

En hoekom nie?

Wel Omdat Christus ons nie net vrygemaak het

van die OT-rein-en-onrein-wette nie.

26 κατα αγαπην - κατα + akk dui hier op die standaard of reël of wet waar volgens of in ooreenstemming waarmee (Greek grammer beyond basics bl 377; Greidanus se Rom komm vol 2 bl 604). Dus: ‘volgens liefde’/ ‘in ooreenstemming met liefde’.

20

Page 21: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Nee! Die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het

is net soveel oneindig ryker en groter en dieper en wonderliker.

Want toe Christus op Golgota dit uitgeskreeu het met:

‘My God My God waarom verlaat U My?’

het Christus ons met sy baie kosbare bloed

losgekoop en bevry uit Sonde se Slawerny.27

Sodat Paulus in Rom 6:18 kan sê:

“en, vrygemaak van die sonde,

het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.” 28

**************

En wat is hierdie geregtigheid?

Wel dis ‘n lewe in lyn met ons Here se gebod.29

En in Joh 15:12 sê ons Here Jesus:

“Dit is my gebod,

dat julle mekaar moet liefhê net

soos Ek julle liefgehad het.”

Bevinding

Sien dit geliefdes? Is dit nie wonderlik nie.

Christus het ons vrygemaak van die sonde

sodat ons weer vir die geregtigheid kan leef

en weer kan begin lief hê.

Daarom dat Paulus ook

as hy in Gal 5:13 praat oor ons vryheid sê:30

“julle is tot vryheid geroep, broeders;

gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie,

maar dien mekaar deur die liefde.”

****************27 Vgl Ridderbos, Paulus bl 325, 326, 32728 Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith, bl 65829 Vgl Ridderbos, Paulus, bl 287; Floor, Die Evangelie van die KK, bl 4730 Vgl Ridderbos, Paulus bl 325, 326, 327

21

Page 22: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

En hierdie vryheid is so anders as Sonde se slawerny.

Want toe ek nog vasgevang was

in my ou sondige verdorwe natuur

was ek totaal selfgesentreerd.

Ek het gehaat en was haatlik

sê Paulus in Tit 3:3.

Maar Jesus kom maak ons vry van hierdie slawerny

om weer te kan begin lief hê soos Hy

met ‘n totaal selfopofferende liefde.

***************

En dan word hierdie vryheid om weer lief te hê

die ding wat ons totale dink en doen bepaal en bestuur.

Verduidelik31

So die sterkes in die geloof in die kerk in Rome

moes gaan dink het en toe vir hulself gesê het:

‘Maar hoor hier.

Hierdie broeders en susters van ons is nie

soos die Fariseërs nie.

Hulle is ook nie soos daardie valse-broeders in Galasië nie.

Hulle is ook nie soos die Pous en sy kardinale nie.

Hulle is ook nie soos een of ander sinode

wat eiewillige wette op ons wil af forseer

waar Christus vryheid beveel nie.

Hulle verwag ook nie van ons

om iets soos homoseksualisme

wat ons Here duidelik verbied

goed te praat nie.

31 Vgl Ladd, A NT theology bl 523; Ridderbos, Paulus bl 327.22

Page 23: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

So wat sal ons doen?

Wel ons moet dat die vryheid om lief te hê

rigting gee aan ons vryheid om alles te kan eet.

En dan sal ons by die gemeente-ete ‘n lekker groente-slaai eet.

En by dit alles: Ons is mos vry om alles te kan eet.

En groente is mos deel van alles.’32

En dan? Wel dan gaan daar vrede kom.

Ons gaan mekaar kan aanneem.

Ons gaan selfs Bybelstudie kan doen

oor wat die vryheid van Christus alles beteken.

***************

Maar nou het die sterkes in die geloof dit nie gedoen nie.

Hulle self het nie nog nie die volle geloofskennis gehad

oor hoe Christus ons vrygemaak het nie.

En toe? Wel toe word hulle struikelblokke

omdat hulle net een deel van die vryheid

wat Christus beveel uitgeleef het.

4. En dis erg. En dis ons vierde punt.

Ja dis baie erg.

Want kyk net

wat sê Paulus in die laaste deel van vers 15.

Hy sê: “Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig

vir wie Christus gesterf het nie.”

Verduidelik

En as Paulus sê dat jy jou broeder of suster

vir wie Christus gesterf het

met jou alles-eet ten gronde rig 32 Vgl Calvyn, Die Institusie van die Christelike Godsdiens, boek 3 hfst 19, par 10.

23

Page 24: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

dan’s dit ‘n verskriklike woord.

Want ten gronde rig

beteken ook om verlore te laat gaan tot in die hel.33

So wat Paulus met vers 15 se laaste deel sê is:

‘luister, moet tog nie die sonde doen

om nie julle hele dink-en-doen

te laat bepaal en bestuur met die vryheid

om weer lief te kan hê nie.

Want so kan jy iemand vir wie Christus gesterf het

verlore laat gaan in die hel!!’

Verduidelik34

En dadelik moet ons sê

dat so iets nooit kan gebeur nie.

Christus het nie een druppeltjie bloed verniet laat vloei nie.

Bewys

I In Mat 1:21 bv leer ons duidelik

dat Christus die een is

“wat sy (uitverkore)volk van hulle sondes sal verlos.”

En hier staan hier nie dat Christus gekom het

om dit te probeer nie.

Nee! Christus het gekom om sy volk te verlos.

En dan doen Christus dit kragtig effektief

in Goddelike almag.

33 Vgl NIDNTT vol 1 bl 464, Moo se Rom komm bl 854 vgl ook voetnoot 2834 Vgl Reymond, A New systematic theology of the Christian faith, bl 679-680, 698-699; Camenga&Hanko,

Saven by grace, bl 105-107; Wilson se Rom komm bl 22524

Page 25: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

II Daarom dat Christus in Joh 10:27-28 sê:

“My skape luister na my stem,

en Ek ken hulle, en hulle volg My.

En Ek gee hulle die ewige lewe,

en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie,

en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.”

En dan praat Chritus verder in Joh 10:29

en dan sê Christus:

“My Vader wat hulle aan My gegee het (in die uitverkiesing35),

is groter as almal;

en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.”

III En in Rom 8:30 praat Paulus-self oor hierdie wonder

en dan sê Hy:

“en die wat (God) vantevore verordineer (of uitverkies) het,

dié het Hy ook geroep;

en die wat Hy geroep het,

dié het Hy ook geregverdig;

en die wat Hy geregverdig het,

dié het Hy ook verheerlik.”

Opmerking36

Hoor u dit? het Hy ook verheerlik.

Ja dit staan so vas

dat elkeen vir wie God uitverkies het

en geroep het

en in die kruisdood van Christus geregverdig het

ook op die nuwe aarde verheerlik sal word.

ja dit staan so vas

dat Paulus in die verlede tyd daaroor praat.

35 DL 1:736 Vgl Reformation study Bible bl 1627

25

Page 26: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

So asof dit al klaar gebeur het.

So geliefdes as Paulus in vers 15 se laaste deel sê

dat ek met my liefdelose optrede iemand

vir wie Christus gesterf het kan laat verlore gaan

dan praat Paulus nie oor iets wat regtig kan gebeur nie.

Nee! Hy praat oor my.

Verduidelik37

I Oor my skrikwekkende liefdelose gesindheid.

II Hy praat oor my skrikwekkende blindheid

waarin ek net een deel van Christus se bevrydingswerk wil raaksien.

Ja net daardie deel

wat my vryheid gee van die OT-rein-en-onrein-wette

en vryheid gee van elke wet wat mense die kerk wil invoer

wat Christus nooit ooit beveel het nie.

III Ja Paulus praat oor my

wat die heeltyd met bloedige ywer stry

teen elke greintjie eiewilligheid.

Ja Paulus praat oor my

wat elke mensgemaakte gebod

met wortel en tak uit die kerk wil uitroei.

Iets wat op sigself wonderlik goed is.

Penehas38 en Elia39 en Christus40 self

het dit ook op ‘n stadium gedoen.37 Vgl Haldane se Rom komm bl 60338 Num 2539 1Kon 1840 Joh 2

26

Page 27: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Maar wat verskriklik sondig is

is as ek blind bly vir die volheid van die vryheid

waarmee Christus ons vry gemaak het.

Ja as ek blind bly vir die vryheid

om weer lief te kan begin hê

soos Christus ons lief gehad het.

Want as ek so blind bly

dan word ek ‘n struikelblok.

Dan bly ek ‘n liefdelose mens

vir wie dit min skeel dat my broeder of suster

uiteindelik in die vlamme van hel opeindig.

Ja dan sit ek eintlik nog vas gevang in die slawerny

van die Sonde en die Dood.

Dan’s ek nog so totaal anders as Christus.

Want Christus het ons kom bevry

om lief te hê soos Hy.

En Hy het so lief gehad

dat Hy aan die kruis in die hel in was

vir daardie broeder van my

wat ek in liefdeloosheid die hel in wil stuur.

****************

Slot

5. So geliefdes wat sê dit vir ons

in ons hier-en-nou lewe?

Opmerking

En nou’s ons by ons vyfde punt

27

Page 28: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

waarmee ons gaan afsluit.

Weet u: Dit sê so ontsettend baie.

Dit sê: “besluit dít liewer,

om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.”

Soos Paulus in vers 13 onderrig het.

Dit sê: ‘wandel in ooreenkomstig ons Here se gebod van liefde’

Soos Paulus onderrig in vers 15.

En dan moet dit ons op ons knieë bring met trane

en lippe wat smeek:

‘Ag Here vergewe ons!

En Here laat ons tog deur U Gees deel

in die volheid van U vryheid.

Ja Here maak ons vry

om te leef volgens U gebod van:

“julle moet mekaar liefhê

net soos Ek julle liefgehad het.”41

En Here laat hierdie vryheid

om weer lief te begin hê

ons totale alles bepaal en bestuur

in die kerk van Daspoort.’

Ja geliefdes dit

wat die Gees ons hier in Rom 14:13-15 leer

moet ons bring by dit wat Martin Luther een maal verstaan het

toe hy gesê het:42

“’n christen is volkome vry, heer oor alles,

41 Joh 15:1242 Luther, De vrijheid van een christen, In Luthers werken, bl 136.

28

Page 29: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

en aan niemand onderworpe nie.

Maar tegelyk (agv die vryheid om weer te begin lief hê)

is ‘n christen ‘n dienskneg van almal,

onderworpe aan almal.”

Amen.

AntwoorddiensPsalm as antwoord op die Woord – Ps 119: 59, 60

Gebed

29

Page 30: Rom 14:1-9 - Gereformeerde Kerk Daspoort 14,13-15.pdf · Rom 14:13-23 Fokus: Rom 14:13-15 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (e) November 2013

Barmhartigheidsdiens

Psalm tydens kollekte : Ps 145: 8, 9, 11, 12

Slotpsalm : Ps 146: 5, 6, 7, 8

Wegstuurseën.

Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

“Die genade van die Here Jesus Christus

en die liefde van God

en die gemeenskap van die Heilige Gees

sy met julle almal!

Amen.

30