RANTSOENBROSJURE VIR VARKEepol.co.za/wp-content/uploads/2018/06/A17212-RCL-Pig...• Voer 2...
Transcript of RANTSOENBROSJURE VIR VARKEepol.co.za/wp-content/uploads/2018/06/A17212-RCL-Pig...• Voer 2...
RANTSOENBROSJURE VIR VARKE
1
Vir enige varkboer is die optimale
vet-tot-vleisverhouding belangrik
aangesien dit die gehalte van die
vleisgraad en derhalwe winsgewendheid
bepaal. Al ons rantsoene is wetenskaplik
geformuleer om varke van perfek-
gebalanseerde voer te voorsien wat
daartoe bydra dat boere die optimale
maervleispersentasie kan behaal.
Die optimale vet-tot-vleisverhouding –
dis die perfekte balans.
ONS FOKUS
• Aanvulling van sog se melk gedurende
die eerste week na geboorte.
• Vrugbaarheid.
• Optimale spier- en beenontwikkeling.
• Optimale vet-tot-vleisverhouding.
• Voerdoeltreffendheid.
• Voedingsgebalanseerde voer vir die
verskillende klasse varke.
• Volgehoue gehalte.
SLEUTELVOERWENKE
• Verskaf altyd genoeg vars, koel water.
Swak watervoorraad kan die groeitempo
van varke vertraag en voerinname van
lakterende sôe laat afneem, wat tot ‘n
afname in kondisie sowel as
melkproduksie, kan lei.
• Voer kruipvoer vanaf 10 dae oud tot ’n
week na speen.
• Maak seker die kruipvoer is
ontoeganklik vir die sog.
• Hou die sog se kondisie dop; voer
volgens liggaamskondisie gedurende
die eerste 30 dae van dragtigheid om
embriomortaliteit te minimaliseer.
• Daar word aanbeveel dat sôe ’n
volledige dieet gedurende laktasie
ontvang om maksimum melkproduksie
te verseker. Lae voerinname sal
gewigstoename van die werpsel en
daaropvolgend ook
reproduksieprestasie, laat afneem.
• Voer droë sog dienooreenkomstig sodat
sy teen die korrekte gewig jong.
• Voer varkbere die sog-en-beerdieet. Die
daaglikse hoeveelheid voer moet
volgens die seisoenverskille, kondisie
en werkslading van die beer aangepas
en verander word.
Groeiende varke: Voer vir prestasie
2
Die dragtige sog moet 2-3 weke voor jong
ontwurm word om die moontlikheid dat sy wurms
aan die pasgebore varkies sal oordra, te
verminder. Bestuur is veral deurslaggewend
gedurende die eerste 72 uur na geboorte,
aangesien die meeste verliese aan varkies
gedurende hierdie tydperk plaasvind.
Die eerste agt ure na geboorte is deurslaggewend
en kan bepaal watter varkies die optimale
speengewig bereik of vrek. Pasgebore varkies vrek
dikwels weens kouestres, gevolglik moet
addisionele verhitting verskaf word. Die kruiparea
moet teen 28 ºC gehou word en die
kamertemperatuur teen 21-23 ºC. Klein varkies
moet ook aangemoedig word om binne 45 minute
na geboorte, kolostrum in te neem. Die gedrag
van die varkies sal aandui of hul gemaklik is.
Individuele varkies moet binne 24 uur na geboorte
vir identifiserings- en rekorddoeleindes gemerk
word en tande geknip en sterte afgesny word.
Varkies wat die eerste paar dae oorleef, se
liggaamsgewig verdubbel gedurende elke
daaropvolgende week, vir ten minste die eerste
drie weke. Sogmelk bevat nie voldoende
voedingstowwe om na 21 dae vinnige groei van ’n
jong varkie te handhaaf nie; gevolglik moet
kruipvoer voor speen aan die werpsel verskaf
word. Klein varkies sal normaalweg rondom
10 dae oud in kruipvoer belangstel. Behoorlike
voerveranderinge is noodsaaklik om aggressie en
kou aan sterte te minimaliseer, asook om optimale
groei te verseker.
DIE SOGENDE VARKIE
3
GROEIENDE VARKETeoretiese vergelyking van gewig volgens ouderdom, voerinname per dag, bykomende voerinname en
voeromsetverhoudingsdata vir groeiende varke..
OUDERDOM (DAE)
Lewende gewig (kg)
Voer per dag
(kg)
Bykomende voerinname
(kg)
VOV (KG)
56 18
Speenvark63 22 1.0 7.0 1.75
70 26 1.2 15.4 1.92
77 30 1.4 25.2 2.10
Vleisvark
84 35 1.6 36.4 2.14
91 40 1.8 49.0 2.23
98 45 2.0 63.0 2.33
105 50 2.2 78.4 2.45
112 55 2.4 95.2 2.57
119 61 2.6 113.4 2.64
126 67 2.8 133.0 2.71
133 73 3.0 154.0 2.80Spekvark
Ons beveel aan dat die Vleisvarkvoer (Porker ration)
deurlopend gebruik word indien varke slegs tot 90 kg lewende gewig grootgemaak word. Indien swaarder varke (>90 kg) grootgemaak word,
gebruik dan die Spekvarkvoer (Baconer ration) soos
voorgeskryf..
140 79 3.2 176.4 2.89
147 85 3.4 200.2 2.99
154 91 3.6 225.4 3.09
161 97 3.8 252.0 3.19
168 103 4.0 280.0 3.29
4
Voerkoste en sogproduktiwiteit is die twee
belangrikste veranderlikes in die varkbedryf.
Alhoewel dragtigheids- en laktasiediëte ongeveer
16% van die voergebruik in die jong-tot-
afrondproses verteenwoordig, is dit noodsaaklik
dat hierdie diëte korrek volgens die
produktiwiteitsvlak van die trop geformuleer word
en die regte hoeveelhede gevoer word.
Die droë tydperk is die tydsinterval vanaf speen
tot jong waartydens die sog onproduktief is.
Doeltreffende bestuur van sôe gedurende
dragtigheid en laktasie en vanaf speen tot dekking
dra daartoe by dat sôe so gou moontlik na speen
paar.
Behoorlike beervoeding en -bestuur is nodig voor
en tydens die paarseisoen. Dit sluit in voeding,
hokke, gesondheid en dienskapasiteit. Indien
goeie bestuurspraktyke agterweë bly, is die
prestasie van ’n beer dikwels teleurstellend.
SOG EN BEER
5
VOEDINGSTABELFORMAAT PRODUK Wet 36/1947
Reg. Nr. DIERSOORT VOERRIGLYN
Volv
oerr
ants
oene
Sow and Boar 140 V8857
Sog• Voer droë sôe 2 kg/dag in die somer en 2.5 kg/dag in die winter.• Hierdie is slegs ’n riglyn aangesien sommige sôe ’n bietjie meer
gevoer moet word as hulle gedurende laktasie gewig verloor het.
Beer
• Voer bere 2 kg/dag in die somer en 2.5 kg/dag in die winter.• Indien die beer hard werk, of na gelang van sy kondisie, moet die
hoeveelheid voer dienooreenkomstig verhoog word.• Maak seker dat die beer nie oorvoed word nie, aangesien hy lui
sal word.
Econo Lac-tating Sow V17930 Sog
Na jonghok toe• Voer 2 kg/sog/dag tot twee dae na jong.• Verhoog daarna die hoeveelheid voer geleidelik oor die volgende
sewe dae.• Teen die einde van die sewe dae, behoort die sog 2.5 kg/dag plus
0.5 kg vir elke varkie per dag te eet.• Voer sôe twee keer per dag (die helfte in die oggend en die helfte
smiddae).• Hierdie is slegs ’n riglyn – kyk na sog se kondisie, dus wanneer
sôe maer is, verhoog die hoeveelheid voer en indien oorgewig, verminder die hoeveelheid.
Econo Pig Creep 190 V4964 Sogende
varkie
• Voer die varkies varkkruipvoer vanaf 10 dae oud tot een week na speen.
• Die gemiddelde inname oor die tydperk sal 1 kg/varkie wees.• Maak seker voerkrippe word daagliks skoongemaak en met vars
kruipvoer gevul.• Maak seker daar is ten alle tye skoon, vars water beskikbaar.
Econo Pig Weaner 180 V4963 Speenvark
• Voer die speenvark vanaf speen tot by 10 weke oud of 30 kg lewende massa.
• Die gemiddelde inname oor die tydperk moet 15 kg wees.• Maak seker voerkrippe word daagliks skoongemaak en met vars
kruipvoer gevul.• Maak seker daar is ten alle tye skoon, vars water beskikbaar.
Econo Pig Porker 155 V5587 Vleisvark
• Voer vleisvark vanaf 10 weke oud tot en met 70 kg lewende massa. Dit behoort ongeveer 65 dae te neem.
• Die gemiddelde inname oor hierdie tydperk moet 137 kg wees.• Maak seker voerkrippe word daagliks skoongemaak en met vars
kruipvoer gevul.• Maak seker daar is ten alle tye skoon, vars water beskikbaar.
Econo Pig Finisher 156 V8844 Spekvark
• Voer die afrondingsrantsoen vanaf 70 kg lewende massa tot en met slag.
• Maak seker voerkrippe word daagliks skoongemaak en met vars kruipvoer gevul.
• Maak seker daar is ten alle tye skoon, vars water beskikbaar.
Kons
entr
ate
Farmix Pig Weaner 310 V7670 Speenvark • Sien sak vir menginstruksies.
• Voer soos met Econo Pig Weaner 180 hierbo.
Farmix Pork-er 340 V22904 Vleisvark • Sien sak vir menginstruksies.
• Voer soos met Econo Pig Porker 155 hierbo.
Farmix Sow and Boar 230
V22902 Sog en Beer• Sien sak vir menginstruksies.• Voer soos met Sow and Boar 140 hierbo.
6
7
www.rclfoods.com RCL FOODS HOOFKANTOOR, TIEN THE BOULEVARD, WESTWAY KANTOORPARK, WESTVILLE, 3629POSBUS 2734, WESTWAY KANTOORPARK, 3635REG NO 1966/004972/06
EPOL Berlin
Posbus 17, Berlin, Suid-Afrika, 5660
Tel: +27(0)43 685-2111 Faks: +27(0)43 685-2114
www.epol.co.za
EPOL Pietermaritzburg
Posbus 1299, Pietermaritzburg, Suid-Afrika, 3200
Tel: +27(0)33 387-2460 Faks: +27(0)33 387-4779
www.epol.co.za
EPOL Pretoria-Wes
Posbus 19096, Pretoria-Wes, Suid-Afrika, 0117
Tel: +27(0)12 386-0469 Faks: +27(0)12 386-2147
www.epol.co.za
EPOL Rustenburg
Posbus 82318, Rustenburg, Suid-Afrika, 0300
Tel: +27(0)14 538-2832 Faks: +27(0)14 538-1865
www.epol.co.za
EPOL Worcester
Posbus 105, Worcester, Suid-Afrika, 6850
Tel: +27(0)23 346-6400 Faks: +27(0)23 346-6464
www.epol.co.za
EPOL PIETERMARITZBURG VERPAKKINGSDEPOT
Willowtonweg 17, Pietermaritzburg, Suid-Afrika, 3200
Tel: +27(0)33 387-2460 Faks: +27(0)33 387-4779
www.epol.co.za
NOVEMBER 2017
A17
212