projek word deur twee Franse nagraadse studente, Marine Drouilly en dr. Marion Tafani, ......

7
LANDBOU Wat boere nog nie oor bobbejane, jakkalse weet nie Deur Tisha Steyn 16 Junie 2017 15:28 Voorlopige bevindings van ’n navorsingsprojek oor die ekologie van jakkalse, rooikatte en bobbejane op kleinveeplase in die Karoo is onlangs met belanghebbendes in die Klein-Karoo gedeel. Ag gee my ’n soentjie, toe... ’n Bobbejaan, met ’n bek vol geel stuifmeel is in die navorsingsprojek in die Sentraal-Karoo op ’n veldkamera vasgevang. Foto’s: Verskaf Die projek word deur twee Franse nagraadse studente, Marine Drouilly en dr. Marion Tafani, behartig.

Transcript of projek word deur twee Franse nagraadse studente, Marine Drouilly en dr. Marion Tafani, ......

Page 1: projek word deur twee Franse nagraadse studente, Marine Drouilly en dr. Marion Tafani, ... Deelnemende boere moes onder meer aandui watter roofdiere op hul plaas ... · Web view · 2017-6-18

LANDBOU

Wat boere nog nie oor bobbejane, jakkalse weet nieDeur Tisha Steyn 16 Junie 2017 15:28

Voorlopige bevindings van ’n navorsingsprojek oor die ekologie van jakkalse, rooikatte en bobbejane op kleinveeplase in die Karoo is onlangs met belanghebbendes in die Klein-Karoo gedeel.    

Ag gee my ’n soentjie, toe... ’n Bobbejaan, met ’n bek vol geel stuifmeel is in die navorsingsprojek in die Sentraal-Karoo op ’n veldkamera vasgevang. Foto’s: Verskaf

Die projek word deur twee Franse nagraadse studente, Marine Drouilly en dr. Marion Tafani, behartig.Drouilly fokus die afgelope drie jaar op die ekologie van jakkalse en rooikatte, en Tafani die afgelope jaar op dié van bobbejane. Die doel is om dié drie roofdierspesies se impak op kleinvee op plase in ’n gebied van sowat

Page 2: projek word deur twee Franse nagraadse studente, Marine Drouilly en dr. Marion Tafani, ... Deelnemende boere moes onder meer aandui watter roofdiere op hul plaas ... · Web view · 2017-6-18

200 000 ha in die Koup in die Sentraal-Karoo te bepaal. Drouilly gebruik CapeNature se Anysberg-natuurreservaat as ’n kontrolegebied.’n Aanbieding oor die voorlopige bevindings van die Karoo-roofdierprojek is onlangs op die Gouritz-biosfeerreservaat (Gouritz Cluster Biosphere Reserve – GCBR) se maandvergadering op die Oudtshoorn-proefplaas gedoen.Die navorsers werk onder die toesig van prof. Justin O’Riain, ’n gedragsekoloog verbonde aan die Universiteit van Kaapstad.Jakkalse en rooikatteTalle veldkameras wat in ’n ruitpatroon van 2 km opgestel is om die biodiversiteit (soogdiere en grondvoëls) vas te stel, word vir Drouilly se navorsing ingespan. ’n Aantal diere is ook toegerus met liggewig-GPS-halsbande wat elke uur ’n sein uitstuur.Rooikatte word met aas in vanghokke gevang, maar sagte slagysters word vir die uitgeslape jakkalse gebruik. Die jakkalse en rooikatte se mis word ook versamel en ontleed.Volgens die navorsers was die vraelyste wat boere moes invul, ’n baie belangrike inligtingsbron. Deelnemende boere moes onder meer aandui watter roofdiere op hul plaas voorkom, hoe lank die diere al daar voorkom, hoeveel skade die roofdiere aan kleinvee aanrig én hoe roofdiergetalle beheer word.Die GPS-data het gewys dat rooijakkalse oor ’n groter gebied rondbeweeg as wat voorheen vermoed is. Hulle loopgebied kan oor verskeie plase strek en dis veral groter op plase as in bewaringsgebiede.Jakkalsdraad wat nie in stand gehou word nie, stuit nie die jakkalse nie. Dit lyk darem asof rooikatte lugtig vir elektriese heinings is. Die loopgebied van dié twee spesies kan oorvleuel.“Die ontleding van jakkalsmis op plekke waar die diere volgens die GPS-aanduidings voorkom, dui daarop dat hulle meer skape en lammers vreet. Dit is waarskynlik omdat dié diere, wat in groot getalle voorkom, maklike prooi is. In die bewaringsgebied vreet hulle hoofsaaklik klein soogdiere soos knaagdiere en bessies, en is ook aasvreters,” sê Drouilly.

Page 3: projek word deur twee Franse nagraadse studente, Marine Drouilly en dr. Marion Tafani, ... Deelnemende boere moes onder meer aandui watter roofdiere op hul plaas ... · Web view · 2017-6-18

DIE GPS-DATA HET GEWYS DAT ROOIJAKKALSE OOR ’N GROTER GEBIED RONDBEWEEG AS WAT VOORHEEN VERMOED IS. Rooikatte verkies natuurlike prooi – veral dassies. Maar as die skape en lammers bymekaargetel word, maak kleinvee die grootste deel van hul diëte uit. Hulle vang ook klein bokspesies.Só moet jy maakDrouilly het bevind dat die wildspesies wat op plase voorkom, nie baie verskil van dié wat in ’n bewaringsgebied is nie.“Dit is belangrik dat daar nie groot karnivore op plase voorkom nie, want die groter karnivore (soos luiperds) beperk die bevolking van kleiner roofdiere deur hulle te vang, en tweedens af te skrik en só te verwilder.”Uit haar misontledings kon sy bepaal dat jakkalse en rooikatte taamlik kleinvee op plase in die Koup vreet. “Dit is egter bemoedigend dat jakkalse in die Anysberg-natuurreservaat selde buite die reservaat rondloop. As hulle dit wel doen, is daar min bewyse in hul mis dat hulle skape of lammers gevreet het. Dit beteken dat bewaringsgebiede nie noodwendig bydra tot die roofdierprobleem nie: Die mis van die roofdiere wat daar voorkom, toon dat hulle natuurlike prooi verkies.”Sy meen dit is beslis waar dat veeverliese ’n groot uitdaging vir boere is, en dat die hulp van die nasionale en provinsiale regering, sowel as private instansies, nodig is om veeverliese te verminder. Dít, sonder om ’n nadelige uitwerking op die voorkoms van wild en wildgetalle te hê.Haar navorsing sluit nie metodes vir veeverliesbekamping in nie, maar sy is van mening dit kan tweërlei gedoen word:

Deur vee teen roofdiere te beskerm met behulp van onder meer honde en elektriese heinings wat deeglik in stand gehou word; en

Deur die natuurlike spesies toe te laat om te vermeerder deur oorbeweiding te voorkom.

“As die veld toegelaat word om te herstel, sal dit kos en beskerming bied aan natuurlike prooispesies wat die jakkalse en rooikatte in elk geval verkies.”

Page 4: projek word deur twee Franse nagraadse studente, Marine Drouilly en dr. Marion Tafani, ... Deelnemende boere moes onder meer aandui watter roofdiere op hul plaas ... · Web view · 2017-6-18

Bobbejaan se kindTafani het haar navorsing gefokus op die skade wat bobbejane aan skape en veral lammers aanrig. Boere in die gebied het bobbejane in hul vraelyste as die derde belangrikste roofdiere naas jakkalse en rooikatte geïdentifiseer.

Page 6: projek word deur twee Franse nagraadse studente, Marine Drouilly en dr. Marion Tafani, ... Deelnemende boere moes onder meer aandui watter roofdiere op hul plaas ... · Web view · 2017-6-18

Navorsing in aksie: Marine Drouilly, een van die navorsers wat ’n navorsingsprojek oor roofdiere op kleinveeplase in die Karoo doen, teken inligting aan oor ’n lam wat op ’n plaas doodgebyt is.

Luidens dié vraelyste word daar al sedert die vroeë 2000’s hier op plase probleme met bobbejane ondervind. Dit het egter sewe jaar gelede skerp toegeneem. Tafani het die bobbejane se diëte en bewegings op plase met onderskeidelik ontledings van haar-isotope en GPS-halsbande probeer bepaal.“Ons weet nie veel van bobbejane se ekologie en gewoontes in hierdie halfwoestyngebied waar hoofsaaklik met kleinvee geboer word nie. Bobbejane pas by enige landskap aan, maar in hierdie dor gebied word hulle waarskynlik gedwing om nader aan plase te beweeg waar hulle toegang tot water en kos kry wat die boer aan die vee verskaf,” sê Tafani.Sy monitor die bewegings van vyf bobbejaantroppe van tussen 14 en 30 diere in die gebied. Sy het bevind hul loopgebiede oorvleuel selde. Sy vermoed die bobbejane versamel kos in die droë seisoen by veesuipings, waar die boere naas water ook ekstra voeding soos mielies aan hul kleinvee verskaf.Bobbejane vreet hoofsaaklik gras, blare, doringboompeule, bessies en insekte, maar sal beslis nie ’n bek vol mielies kan weerstaan nie. Tafani glo wanneer bobbejane klein bokkies of skaaplammers vang, is dit opportunistiese gedrag – veral gedurende lamtyd wanneer die lammers volop is. Die bobbejane vang die lam, ruk die maag oop en rol die vel weg om die melk in die lam se maag te drink.Al die bobbejane in ’n trop vreet egter nie vleis nie, het sy voorlopig bevind. Die meeste ontledings wat sy gedoen het, dui op ’n vegetariese dieet.Net een volwasse mannetjie se proteïenvlakke was só hoog dat dit met die vreet van vleis verband kan hou – en dié karnallie is inderwaarheid op heterdaad betrap! Tafani meen die enkele volwasse bobbejaanmannetjies wat lammers vang, vang net ’n lam as hulle ander voorkeurkossoorte opraak.Tans maak sommige boere tot 100 bobbejane per jaar van kant. Volgens wetgewing mag twee bobbejane per dag geskiet word, en ’n permit is nodig om hulle te vang. Dit is egter duur om bobbejaangetalle op hierdie manier te

Page 7: projek word deur twee Franse nagraadse studente, Marine Drouilly en dr. Marion Tafani, ... Deelnemende boere moes onder meer aandui watter roofdiere op hul plaas ... · Web view · 2017-6-18

beheer, en omdat dit klaarblyklik net ’n paar sondaars is wat lammers vang, is dit noodsaaklik dat nog navorsing gedoen word.“Daar is steeds meer vrae as antwoorde. Hopelik is hierdie navorsing die eerste tree in die regte rigting om die probleme wat bobbejane vir boere veroorsaak, beter te verstaan en ’n volhoubare oplossing te vind,” sluit Tafani af.