Popster op die planke!opster op die planke! · 2018-07-12 · Wild is wilder as wild 7 Dans, dans...

8
Wild is wilder as wild 7 Dans, dans dans! 5 Wynand Claassen gesels rugby 4 Die ABO in volkleur 3 Woensdag 11 Julie 2018 Gratis Huis Koos, UV-kampus [email protected] 083 269 5343 #kunstefees Minimum: 5°C Maksimum: 19 °C Piet Smith (Sole Proprietor) e-mail: [email protected] +27 82 456 8372 Mobile: +27 12 993 2720 Tel. www.peppermills.co.za Web: alexander.peter.smith1st Skype: 25 Helderkruin Crescent Woodhill 0076 | | Pretoria South Africa P.O. Box 66338 | | Woodhill 0076 Pretoria South Africa | | | X1UJJPLW-VB110718 X1UPN1AR-VB110718 Van TV- en grootskerm tot die verhoog: Simoné Nortmann het naam gemaak in die TV-reeks Hotel en in die fliek Vir die voëls. En nou maak sy hier in Bloemfontein op die verhoog naam in haar eenvrouvertoning Los asseblief ’n Boodskap, oor hoe kommersieel sangers soms word om gewild te wees. Lees meer op bl. 2. Foto: CONRAD BORNMAN Popster op die planke! P o p s t e r o p d i e p l a n k e !

Transcript of Popster op die planke!opster op die planke! · 2018-07-12 · Wild is wilder as wild 7 Dans, dans...

Page 1: Popster op die planke!opster op die planke! · 2018-07-12 · Wild is wilder as wild 7 Dans, dans dans! 5 Wynand Claassen gesels rugby 4 Die ABO in volkleur 3 Woensdag 11 Julie 2018

Wild is wilder as wild 7

Dans,dansdans! 5

Wynand Claassen gesels rugby 4

Die ABO in volkleur 3

Woensdag 11 Julie 2018 Gratis

Huis Koos,UV-kampus [email protected] 083 269 5343 #kunstefeesMinimum: 5°C

Maksimum: 19 °C

Piet Smith(Sole Proprietor)

e-mail: [email protected]+27 82 456 8372Mobile:

+27 12 993 2720Tel.www.peppermills.co.zaWeb:alexander.peter.smith1stSkype:

25 Helderkruin Crescent Woodhill 0076| |Pretoria South Africa P.O. Box 66338| |Woodhill 0076 Pretoria South Africa| | |

X1UJJPLW-VB110718

X1UPN1AR-VB110718

Van TV- en grootskerm tot die verhoog: Simoné Nortmann het naam gemaak in die TV-reeks Hotel en in die fliek Vir die voëls. En nou maak sy hier in Bloemfontein op die verhoog naam in haar eenvrouvertoning Los asseblief ’n Boodskap, oor hoe kommersieel sangers soms word om gewild te wees. Lees meer op bl. 2. Foto: CONRAD BORNMAN

Popster op die planke!Popster op die planke!

Page 2: Popster op die planke!opster op die planke! · 2018-07-12 · Wild is wilder as wild 7 Dans, dans dans! 5 Wynand Claassen gesels rugby 4 Die ABO in volkleur 3 Woensdag 11 Julie 2018

2 SpesialeProjekte Woensdag 11 Julie 2018

GEENKEY-VB110718

Ruan Bruwer

Tien feeste. Eers die Volksblad-kunstefees. Toe die Vryfees en later die Vrystaat Kunstefees. Elke jaar ’n gebeurtenis om na uit te sien.

Tien jaar se stories soek, on-derhoude doen, berigte skryf. Gratis vertonings kyk. Met be-kendes in die vermaaklikheids-bedryf werk en hulle ’n klein bietjie leer ken.

Soveel onderhoude. Soveel stories. By uitstek aangename ervarings.

Daar was Al Debbo se dood in 2011 en ’n onderhoud met sy jongste seun wat enkele ure ná sy dood ’n uitdagende rol in ’n toneelstuk moes aanpak.

’n Ontmoeting in 2010 dank-sy Stronk tussen Arende se

skrywer, Paul C Venter, en twee van die hoofspelers, Susanne Bey-ers en Ian Roberts, wat hy meer as ’n dekade laas gesien het.

Die ontwrigting van Liewe Hek-sie: Flower Power in die Sand du Plessis-teater (2015).

Lize Beekman se emosionele vertoning kort ná haar lewens-maat se dood in 2012.

Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade wat in stikdonkerte ná ’n kragonderbreking moes voort-gaan (2015).

’n Rit van die lughawe tot in die stad saam met Koos Kombuis wat nie ’n enkele woord gepraat het nie (2009).

Die onthulling van Chris Cha-meleon en sy nou verloofde se liefdesverhouding in 2015.

Die besef van die impak van teater op ’n mens se lewe met

Dinsdae by Morrie (2010).Amor van der Westhuy-

zen se openhartige gesprek oor haar ma, Joey Haar-hoff, wat haar as kind “ver-niel” het (2016).

Die voorreg om in 2013 vir Sandra Prinsloo ’n saamryge-leentheid op die kampus te gee (het selde al so stadig oor spoed-hobbels soos daardie dag gery).

Eerste jaar (2008) as rou joerna-lis wat ná ’n berig oor Margit Meyer-Rödenbeck ’n paar regstel-lings moes doen.

En die jaar 2012 se berig oor ’n dramaturg en regisseur se ou lief-de wat my en Vicus Bürger, daar-die jaar se Stronk-redakteur, ’n behoorlike uittrapsessie besorg het.

Akteurs wat altyd bereid was om te gesels of tot ’n opgestelde fo-

to in te stem en te glimlag.Soveel stories. Te veel om te

onthou. Soveel ervarings. So-veel herinneringe. Meestal goed. Gaan dit mis. Vroeg in Julie op die Kovsie-kampus. Akteurs, regisseurs en Stronk-kollegas wat kennisse en later vriende geword het, soos Mar-git en die liewe Izellie met die pragtige glimlag van Tonder.

My laaste kunstefees as joer-nalis. Tyd om aan te beweeg. Dit was lekker. Dankie.

Tien uit tien vir 10 lekker feeste ’N POT VOL STRONK

RedakteurCharles Smith

VerslaggewersCheréne Pienaar

Ruan BruwerIzelle van Tonder

Anja van der Merwe Sharlene AgenbagTheuns du Buisson

FotograafConrad Bornman

Mlungisi Louw

ProduksieDirk Kok

Maricelle Botha

AdvertensiesRouxnette McKeating

0514047600

Die span

Izelle van Tonder

“Toe ek klein was het ek op KFC se toonbanke gesing en ge-dans vir ’n ekstra sappie of ’n ekstra hoendertjie, so ek dink binne in my is daar ’n pop-ster.”

So som Simoné Nortmann, die nuwe liefling van Suid-Afri-kaanse gehore, die ooreenkom-ste op wat daar is tussen haar en haar nuutste karakter, die blonde Afrikaanse popster Ni-na van Zyl.

Simoné is ’n bekende gesig op televisie, in die reeks Hotel, en het ook die silwerskerm naam gemaak met haar skitter-vertoning in Vir die voëls.

Onlangs het sy ook teater by haar lang lys van vaardighede gevoeg met haar eenvrouverto-

ning Los asseblief ’n Boodskap wat hier op vanjaar se fees op die planke is.

En as ’n mens kyk na al die vurige vrouens wat Simoné al vertolk het, insluitend Irma Humpel in Vir die Voëls en Ja-nie in die fliek Wonderlus, kan mens sommer klaar verwag dat Nina van Zyl, die borrelende, gewese en gevalle 90’s-popster sekerlik ook die naam gaan wees wat vanjaar se fees op ho-rings neem.

Los asseblief ’n Boodskap steek die draak met hoe kom-mersieel sangers partykeer raak om gewild te wees.

Verder raak dit aan die tema dat Suid-Afrikaners baie keer popsterre ophemel en dan uit die samelewing skuif sodra hulle ’n voetjie verkeerd sit.

Dit is vanselfsprekend dat hierdie druk om perfek te wees ook bestaan vir ander beken-des, maar dit blyk Simoné weet presies wie sy is en waar-voor sy staan.

“Maar partykeer moet ek vergeet wie Simoné is, want Si-moné is baie meer reserved as byvoorbeeld Nina. Ek doen nie eintlik sulke goed nie. Dit vat van jou om eintlik bietjie jou naam met ’n plank te slaan.

Maar as ek heeltyd bang was oor wat mense van my gaan dink en sê, sou ek nie sulke goed kon doen nie. So daar is ’n tipe vryheid wat saam met dit kom om die gevoel af te skud”.

Tog is Simoné se unieke ma-nier om haar karakter te word ook juis dit wat maak dat oud en jonk aanklank vind by haar karakters.

Om verder voor te berei vir die karakter van Nina (en ook sommer omdat sy ’n “closet 90’s-pop aanhanger is”) het Si-moné en haar regisseur, Maude Sandham, op die langpad na feeste soos Innibos liedjies van die Spice Girls, Britney Spears en Backstreet Boys geluister.

En daar lê nog baie lang paaie vir Simoné voor, met haar Art of Acting-werkswin-

kels wat goed op dreef is, sowel as die fliek, Stroomop, wat later vanjaar vrygestel word.

Suid-Afrika sal nie sommer vinnig kan vergeet van hierdie groenoog skoonheid nie.

“Ek kan in elk geval nie wis-kunde doen nie, so ek moet hierdie doen!” skerts sy.

Maar as ’n mens so na hier-die jong aktrise kyk, is dit dui-delik dat haar kop reg aange-skroef is en dat dit in elk geval nie nodig sal wees om sommer gou weer haar brood in ’n KFC of wiskundeklas te verdien nie.

) Los asseblief ’n Boodskap wys vandag om 14:30, 13 Julie om 20:00 en 14 Julie om 10:00 in die André Huguenet-teater. Kaartjies kos R120 by Compu-ticket.

TV + silwerskerm + teaterEn in haar kop is die veelsydige aktrise Simoné Nortmann ’n popster ook

Simoné Nort-mannFoto: CONRAD BORNMAN

‘‘Maar partykeer moet ek vergeet wie Simoné is . . .

Page 3: Popster op die planke!opster op die planke! · 2018-07-12 · Wild is wilder as wild 7 Dans, dans dans! 5 Wynand Claassen gesels rugby 4 Die ABO in volkleur 3 Woensdag 11 Julie 2018

3Woensdag 11 Julie 2018 SpesialeProjekte

GEENKEY-VB110718

Bo: Op ’n bespreking van nuwe boeke oor die Anglo-Boereoorlog was, van links, dr. Arnold van Dyk, ABO-versamelaar en gespreksleier, Dané Swanepoel, opvoedkundige, en Johan van Zyl, adjunkdirekteur, van die Oorlogmuseum in Bloemfontein, wat saam aan die boek 100 objekte uit die Anglo-Boereoorlog gewerk het, en Nico Moolman, skrywer van Utrecht, met sy jongste boek Dankie, Generaal – Op die spoor van ’n oorlogspeurder. Foto: CHARLES SMITH

Die Anglo-Boereoorlog in kleur Met navorsing en kleurfoto’s werp “oorlogspeurder” nuwe lig op ABO

Links: ’n Foto uit die Anglo-Boereoorlog (ABO) wat spesiaal vir Nico Mool-man se boek Dankie, Generaal – Op die spoor van ’n oorlogspeurder inge-kleur is. Dit is van Engelse soldate by die voorraaddepot op Ladysmith met een soldaat wat speels onder deur ’n perd loer.

Charles Smith

Die oorlogspeurder.Só word Nico Moolman, skrywer

van boeke oor die Anglo-Boereoorlog (ABO), in sy jongste boek voorgestel.

In Dankie, Generaal – Op die spoor van ’n oorlogspeurder het hy honderde foto’s uit die ABO uitgesnuffel, herwin en laat inkleur. Die resultaat is foto’s van Boere- en Britse soldate en vroue en kinders wat lyk of dit onlangs ge-neem is.

Dit sluit foto’s van genl. Jan Smuts en pres. M.T. Steyn in. Die treffende fo-to van drie generasies Boerekrygers met hul mausers en bandoliere is so ’n foto wat hier ’n nuwe lewe kry.

In ’n foto soos Boer Officers (1900) is elke stukkie detail soos die grys in hul baarde, die blink horlosiekettings en die kleur van hul dasse en serpe baie duidelik.

Moolman het ook onthul dat Emily Hobhouse se oë nie dieselfde kleur was nie. Om die detail soos dit reg te kry, het baie navorsing geverg.

Hy vertel hoe hy die ou negatiewe wat soms ’n eeu gelê het en “soos ou si-gare” gelyk het, se foto’s afgedruk het. Sy vrou, Naomie, het dit eers lank in haar hand gehou en dan het hy dit in twee glasplate ingevoer en met ’n spe-siale skandeerder ingeskandeer.

Hy gebruik Windows 95 om met die foto’s te werk, want die latere sagtewa-re kan dit nie doen nie. Hy span Photo-shop in om net die krapmerke en bar-sies op die foto’s uit te haal en nie om die foto’s te verander nie.

Moolman, skrywer van The Boer Whore, het ook in sy jongste boek die

eerste keer ’n foto van die hoofkarak-ter, Susan Nell, geplaas. Sy is in die konsentrasiekamp in Winburg deur Britse offisiere verkrag en vir dood ag-tergelaat.

’n Sotho-egpaar het haar in ’n grot buite die dorp gesond gedokter en sy het later ’n beroemde sielkundige ge-word wat oorlogslagoffers in WO1 en WO2 behandel het. Sy sou twee van haar verkragters later opspoor.

Moolman het op die bespreking van sy boek gesê die storie van die ABO word deur net die foto’s van ’n ster-wende Lizzy van Zyl in die Bloemfon-teinse konsentrasiekamp en van die dooie Engelse soldate op Spioenkop vertel. Daar is veel meer foto’s as dit.

Hy het voorbeelde van die soge-naamde “war money” gewys. Dit is die knope van Britse offisiere se uniforms wat platgeslaan en blink gevryf is. Die Britte het dit gebruik om vir prostitu-sie met swart vroue te betaal. Die vroue het gedink hulle kry Kruger-muntstukke.

Dané Swanepoel, opvoedkundige van die Oorlogmuseum in Bloemfon-tein, het gesê die boek 100 Objekte uit die Anglo-Boereoorlog is “soos ’n mu-seum in ’n boek”.

Een van die objekte in die boek is Japie Berg se skroefie wat hy op 3-jari-ge ouderdom vir sy ma in die konsen-trasiekamp gegee het kort voor sy dood. Hy wou hê sy ma moet dit vir sy pa gee om hul plaas te herbou as hy uit die oorlog terugkeer.

Johan van Zyl, adjunkdirekteur van die museum, het gesê die boek is pas in Engeland vrygestel en doen baie goed.

Page 4: Popster op die planke!opster op die planke! · 2018-07-12 · Wild is wilder as wild 7 Dans, dans dans! 5 Wynand Claassen gesels rugby 4 Die ABO in volkleur 3 Woensdag 11 Julie 2018

4 SpesialeProjekte Woensdag 11 Julie 2018

GEENKEY-VB110718

Cheréne Pienaar

Die hunkering na broederskap, ’n ma se seerste verlies en grondbe-sit is van die temas wat in Klippe wat val oopgebreek word.

Wilhelm van der Walt, ’n be-kroonde akteur en gebore Vrysta-ter, is vir die fees terug in sy tuis-stad om Kannetjie in Klippe wat val te speel.

Hy is opgewonde oor hierdie rol van hom in een van vier Philip Rademeyer-toneelstukke wat van-jaar feesgangers aan die praat het.

Dié stuk, wat handel oor ’n ver-standelik gestremde man wat in ’n hondehuis op ’n afgeleë plaas woon, het die debuutproduksie op die US Woordfees se WoordTRO-fees gewen. Wilhelm is ook be-noem vir sy rol as beste manlike byspeler in Liewer, ’n aanpassing van die Britse dramaturg Patrick Marber se Closer.

Wilhelm grynslag as hy praat oor sy baard wat moes waai vir The Borrow Pit, ’n Engelse stuk wat verlede week op die planke op die Nasionale Kunstefees in Gra-hamstad was en einde November in die Kaap te sien sal wees.

“Ek het Kannetjie op die Woordfees met ’n baard gespeel, wat soveel help met sy beeld van verwaarlosing.”

As Ty in 7de Laan het sy gelaat ook gewissel tussen baard en skoongesig, maar met elke karak-ter wat hy speel, laat hy teater-gangers ver verby sy gesig kyk.

“Verbeel jou maar vanaand ek

agtergrond is ’n soort Kain-en-Abel-storie.

Die naam van die stuk verwys na meteore.

Wilhelm sê: “My karakter het ’n verskriklike fassinasie met die sterre en meteore wat skiet, en dit verwys na daai klippe wat afval aarde toe.”

Om met Philip te werk is vir hom ’n groot lekkerte.

“Dit is absoluut wonderlik. Hy gee jou vryheid om te voel vir sy karakter, en dan lei hy jou nou-keurig. Hy het ’n baie goeie intuï-sie vir menslike emosie.”

Hoewel Wilhelm reeds langer as ’n dekade in die Kaap woon, het hy steeds baie mense hier.

“Ek het my vlug uitgestel tot Sondag, want ek moet ook nog by familie uitkom.”

Hy verlang na TV, maar teater bly sy eerste liefde.

“Ek sal nie omgee om hom (Ty) weer te speel nie. Ek hoor die helfte van die akteurs is in die tronk. Ty is in vir moord, so hy sal seker daar begin.”

Maar hy verkies teater.“Jy het vier weke om die ka-

rakter te ontdek en te leef. Dit raak ’n mens baie meer.”

Tans is hy veral opgewonde oor Reza de Wet se Mis waaraan hulle volgende werk, en ook ’n landwye toer met die ATKV se tienertoneel-beoordeling in Au-gustus.

“Daarna is ek weer werkloos,” lag hy.) kykNET-Scaena, vandag om 17:00, R130, 85 min.

Die gebore Vrystater en bekroonde akteur Wilhelm van der Walt, wat Kannetjie speel in Klippe wat val. Foto: CHERÉNE PIENAAR

Ruan Bruwer

Al is dit reeds 37 jaar ná daardie berugte Springbok-toer na Nieu-Seeland in 1981, maak dít steeds ’n groot deel uit van ’n gesprek met Wynand Claassen.

So was dit ook gister op die Vrystaat Kunstefees waar Claas-sen een van die gespreksgenote was om onder meer oor sy twee boeke, More Than Just Rugby en Kaalvoetklong tot rugbytoks, te praat.

Die Bokke se betogertoer gryp steeds die verbeelding aan. Claas-sen was die Springbokkaptein. Spelers het vir hul lewe gevrees en wedstryde is afgelas.

’n Gehoorlid wou by Claassen weet of hy nou terugskouend dink die toer moes voortgegaan het ná die skeuring wat dit in Nieu-Seelande families veroor-saak het.

“Die toer was belangrik. Dit het

Suid-Afrikaners se oë begin oop-maak en het verandering bespoe-dig. Die toer het ook positiewe ge-volge vir die Maori’s in Nieu-See-land gehad,” sê Claassen.

Claassen sê prontuit Suid-Afri-kaanse rugby is in troebel waters. “Ek weet nie hoe ons dit gaan re-gruk nie. Ons hele struktuur het in duie gestort. Vroeër kon ouens wat nie Cravenweek gespeel het nie nog by ’n universiteit of klub ontwikkel. Dit gebeur nie meer. Te veel spelers gaan verlore.

“Almal blameer die swak rand vir die uittog van spelers, maar die feit van die saak is spelers sien daar is nie vir hulle geleent-hede nie.”

Wessel Oosthuizen, ’n bekende sportfotograaf wat meer as 1 000 van sy eie gunstelingrugbyfoto’s saam met dié van ander fotogra-we in die boek Portrait of Rugby in 2015 heruitgegee het, sê sport-fotografie het aansienlik veran-

der sedert die eerste wedstryd wat hy in 1962 afgeneem het. Hy was saam met Claassen een van die sprekers.

“Deesdae móét fotograwe met goeie foto’s terugkom, want dis so maklik. Die kamera doen alles vir jou, hy moet nog net vir jou koffie maak. Ek het destyds nog met ’n 200 mm-lens begin. Ons moes toentertyd badkamers in hotelle as donkerkamers ge-bruik.”

Volgens Oosthuizen is sy be-roemde foto van Frik du Preez wat die All Black Chris Laidlaw met ’n vuishou platduik, die foto wat sekerlik die meeste herge-bruik is. “Daai foto word oral in mense se kroeë uitgestal. Wan-neer ek vir hulle vra of hulle weet wie die foto geneem het, weet hulle nie. Ek kon ’n miljoe-nêr gewees het indien ek geld ge-kry het vir al die herdrukke daar-van.”

‘SA rugby is in troebel waters . . .’

Wynand Claassen, oud-Springbok-kaptein, en die bekende fotograaf, Wessel Oosthuizen. Foto: RUAN BRUWER

het ’n groot baard.”Die gehoor se verbeelding is in-

derdaad soos klei in die hande van Kannetjie en Abrie (Dean John Smith) se seepgladde vertol-king van 31-jariges wat daarna kinders van nege jaar is en dan weer tieners van 15 jaar.

“Ons speel drie ouderdomme, en Dean speel dan nog die twee ma’s ook. Ek speel net Kannetjie. Hy het met geboorte te min suur-

stof gehad en is dus ’n bietjie sta-dig.”

Met die uitstap ná die vertoning sê Pierre Rousseau: “Dis rof, rof, rof.”

Nog ’n teaterganger sê: “As Kannetjie daai lyne so op die ein-de uitgooi . . . jô.”

Net soos Wild, die ander stuk wat Philip nie net regisseer nie, maar ook self geskryf het, tref Klippe wat val teatergangers diep.

Philip het met susters grootge-word en nog altyd gewonder hoe dit is om ’n broer te hê. Dit is die inspirasie vir Klippe wat val. Die

‘‘My karakter het ’n verskriklike fassinasie met die sterre en meteore wat skiet, en dit verwys na daai klippe wat afval aarde toe.

Bloemfontein se Kannetjie boei in ‘Klippe wat val’Bekroonde Wilhelm van der Walt in sy tuisstad op die verhoog

Page 5: Popster op die planke!opster op die planke! · 2018-07-12 · Wild is wilder as wild 7 Dans, dans dans! 5 Wynand Claassen gesels rugby 4 Die ABO in volkleur 3 Woensdag 11 Julie 2018

5Woensdag 11 Julie 2018 SpesialeProjekte

X1UPPUE5-VB110718

GEENKEY-VB110718

Anja van der Merwe

Die samesmelting van ’n men-gelmoes van wêrelde op een verhoog . . .

Dit is hoe die Vrynge-pro-duksie Bliss beskryf kan word. Ané Pretorius en haar dan-sers, wat gewone beroepe be-oefen, stel met hul produksie vir seker die standaarde hoog vir ander in die plaaslike Bloemfonteinse dansbedryf.

Die inspirasie vir die Bliss dansproduksie – deel van die Vrygne-inisiatief – is die ro-man Flowers for Algernon deur Daniel Keys wat handel oor ’n verstandelike gestremde man wie se ouers nie sy ge-stremdheid kan aanvaar nie. Die dansproduksie is ’n direk-te interpretasie van die hoof-karakter se ontdekking van die werklikheid, en in die pro-ses die versinnebeelding van

ander wêrelde. Hierdie wêrel-de wissel van die konserwatie-we tot die taboe en die vraag ontstaan: “Wil jy in hierdie toestand van normaliteit voortleef?”

Jy in die gehoor kan dalk vra: Waar kom hierdie talent-volle dansers vandaan?

Wat hierdie produksie uniek maak as is die feit dat die dan-sers hulle diverse rolle as moe-ders, studente, werknemers of entrepreneurs verruil om hul gedeelde passie uit te leef: Dans.

Claude Brent, wat die hoof-karakter vertolk, werk bedags by die MediClinic Bloemfon-tein. Ané, die vervaardiger en choreograaf van die produksie, is ’n heeltydse student.

Ané sê die danskultuur in die Rosestad kry heeltemal te min ondersteuning. Mense on-derskat ook die talent in

Bloemfontein.Sy bieg sy het self mense on-

derskat en het aanvanklik nie gedink sy sal goeie dansers vir die produksie kry nie.

“Mense ondersteun vinnig ’n internasionale produksie, maar hulle kan ook meer plaaslike produksies begin by-woon, want hulle is net so ta-lentvol.”

Vrynge is ’n fantastiese plat-form vir hierdie opkomende kunstenaars wat nie die hulp-bronne het om self so ’n pro-duksie van die grond af te kry nie.

“Die beste ding van Vrynge is dat ons plaaslike kunste-naars mekaar ook kan onder-steun.”

Jy kan Bliss vandag om 19:30 in die UV-pluimbalsaal (Vrynge Farm) gaan kyk, of Vrydag om 16:30.

Hulle kán dans, dans, dans!Bloemfontein-dansers wys hul danspassie(s) op die fees se Vrynge-verhoog

Plaaslike talent! Bloemfontein se Bliss-dansers wys hul danspassie. Foto: JUAN PINNICK

Izelle van Tonder

“Mamma, gaan ek die tandemuis sien?” vra Skyla Kotzee (2) bekommerd by gis-teroggend se #VsLitfees-storieuur.

Mamma Rozanne paai dat dit nie van-dag die tandemuis se beurt is nie, maar die bekroonde skrywer Fanie Viljoen s’n wat vir die jonspan stories gaan ver-tel en oor sy boeke gaan gesels.

Die #VsLitfees-storieuur is deel van die Vrystaat Kunstefees se Litfees. Elke oggend kuier ’n ander skrywer saam met die kinders.

“Wie’s dit?” vra Skyla met ’n skril stemmetjie toe sy vir Fanie sien. Toe hy haar optel vir ’n foto sien ’n mens net tandjies en klink ’n luidkeelse “cheeeee-se” op toe mamma die kamera se knop-pie druk.

Die 9-jarige Elzanne Cloete is ’n groot Fanie Viljoen-aanhanger. Sy weet pre-sies wie Fanie is. Met haar lang bruin hare sit sy tjoepstil met haar nuutste boek, Fanie se 13 spookstories, in haar hande. Fanie het dit vir haar geteken en ’n mens kan sien haar fyn vingertjies brand om te begin blaai.

Elzanne het al die pad van Delports-hoop af gekom om vir Fanie op die fees te sien.

Fanie vertel van die karakter Hein in sy boek Plons, van Monsterrugby en Kaptein Verdwyn. Maar dis Slym, die wurm van Fanie se Slym-reeks, se ont-moetings met Paddarotti en Juffrou Plat Anna, wat die meeste aandag trek. Die kinders is vasgenael.

En toe Fanie papiere uitdeel sodat al-mal saam hulle eie Slym-karakter kan teken, is selfs klein Skyla gewen.

Fanie stap rond tussen die woelige ly-fies wat druk besig is om wurms te te-ken en hy deel komplimente uit.

“Wat teken jy? Ook ’n Slym?” wil Fa-nie by Skyla weet.

“Ietsie” antwoord die selfvoldane kleuter.

Ná die storieuur stap die kleinspan elkeen trots met hulle kunswerke uit. Party se Slym-karaktertjies lyk beter as ander s’n, maar almal van hulle én hul mammas se dag is deur Oom Fanie Vil-joen lekker gemaak.

) Die Storieuur word tot Vrydag elke oggend om 11:00 by die ATKV-Boeke-oa-se (tent) gehou.

‘Dis mos Oom Fanie wat die boeke skryf!’

Fanie Viljoen. Foto: CONRAD BORNMAN

Page 6: Popster op die planke!opster op die planke! · 2018-07-12 · Wild is wilder as wild 7 Dans, dans dans! 5 Wynand Claassen gesels rugby 4 Die ABO in volkleur 3 Woensdag 11 Julie 2018

6 SpesialeProjekte Woensdag 11 Julie 2018

GEENKEY-VB110718

Chris Chameleon se geniale lirie-ke en stemgebruik tesame met die briljante komposisies deur CH2.

Volgens Chris is hierdie pro-duksie ’n veel groter uitdaging want hulle moes mekaar in die musiek vind.

Chris het drie van CH2 se wer-ke in liedere omskep deur teks en sangmelodie daarvoor te skep.

Dit was vir hom ’n plesierige proses wat hom geïnspireer het om nog meer sulke werke te skep.

“Elke lied is ’n verrassingspak-kie. Ek weet nie wat hulle met my werk gaan doen nie en hulle weet nie wat ek gaan doen nie, en so verras ons mekaar gedu-rig.”

CH3 met Chris Chameleon &

CH2 wys vandag om 16:00 en mô-re om 13:30 in die Kopanong-Kov-siekerk.

En dan maak Chris Vrydag (19:30) en Saterdag (10:00) in die Kopanong-Kovsiekerk boo!tiful musiek in sy Chris Chameleon in ’n Boo!tiful geraas.

Hierdie produksie bestaan uit bekende werke wat Chris die af-gelope 21 jaar lank al uitvoer.

Die uitdaging was om 21 jaar se rock ’n roll bondig genoeg saam te vat sodat dit in ’n enkele produksie inpas, sê hy.

Soos baie ander Vrystaters ge-niet Chris die pap, vleis en kai-ings op die fees.

In November trou hy en Da-niella in die Vrystaat. Dit is vir hom die mooiste plek op aarde en daarom trou hulle hier.

Flennie die Snare, met toonsettings van Boerneef se werke, is een van drie produksies waarin Chris Chameleon optree. Van links is Da-niella Deysel, Chris en Anna Davel. Foto: CONRAD BORNMAN

Ruan Bruwer

Om ’n dronk karakter te speel was makliker as wat De Klerk Oelofse hom voorgestel het.

Ná meer as ’n jaar wat die eenmanstuk Strooijonker gede-buteer het en dit steeds in aan-vraag is, is Oelofse al geoefen om die besope Lukas Basson met oortuiging te vertolk.

In die stuk moet Lukas ’n strooijonkerstoespraak by sy beste vriend se troue maak, maar is die kombinasie van hoë emosie en gratis vonkel-wyn een te veel.

“Die gehoor kry geborgde Four Cousins-vonkelwyn en ek gaan ook deur twee bottels, wat darem alkoholvry is. Louw (Venter, skrywer en re-gisseur) en Rob (Van Vuuren, mede-regisseur) se idee was dat die gehoor later moet be-gin wonder of dit nou die ka-rakter of ek self is wat so ge-kletter is.

“Hulle gee my nogal baie vryheid met die karakter om

soms extreme te gaan of om vir myself te lag soos dronk men-se mos maar doen,” sê Oelofse.

Die stuk verskil van ’n kon-vensionele toneelstuk aange-sien Oelofse hom letterlik tus-sen die gehoorlede bevind en daar in elke vertoning vier ge-hoorlede (die bruidspaar en hulle ouers) gekies word wat medespelers word.

“Ons wil hê die ervaring moet baie soortgelyk as by ’n troue wees, daarom dat ek nie op ’n verhoog is en die gehoor eenkant nie. Ek groet hulle soos hulle ingestap kom.”

Oelofse (29) het in 2007 as eerstejaardramastudent die Engelse en oorspronklike weergawe van Strooijonker (The Best Man’s Speech deur Venter) by Grahamstad saam met sy pa gekyk.

“My pa het gesê dis die tipe vertoning wat ek eendag moet aanpak. Louw het dit spesiaal vir my in Afrikaans vertaal. Rob was Louw se regisseur destyds.”

Oelofse is sedert 2012 ’n in-stelling op die Vrystaat Kun-stefees met jaarliks een of twee produksies waarin hy verskyn het. Onder hulle is Woza Andries, Waterpas, Hond se gedagte en Nêrens, Noord-Kaap.

“Hierdie is my gunsteling-fees, want hier speel ’n mens in teaters en hier is so ’n groot verskeidenheid.

“Dis amazing.”Hy sê hy is gelukkig om

heelwat televisiewerk met tea-ter te kan kombineer.

Van sy onlangse televisie-verskynings is in Hotel II, Sa-rah se geheim en Die Boekklub.

“Dis nogal interessant; die jong mense herken my as Boer Jaap in Hotel, die tannies as Lourens in Die Boekklub en die ooms as in Tyrone in Sa-rah se geheim.

“Ons begin in September aan die derde reeks van Hotel verfilm.”) Downstage. Vandag om 13:30 en Saterdag om 19:30.

Die strooijonker is dronk

De Klerk Oelofse in die eenmanstuk Strooijonker. Foto: CONRAD BORNMAN

Anja van der Merwe

Chris Chameleon is lief vir die Vrystaat en die Vrystaat Kunste-fees is gaande oor hom.

Hy keer graag jaarliks terug na dié fees met die “koue weer” en “warm gehore”.

Vanjaar wys die verkleurman-netjie behoorlik sy verskillende kleure en veelsydigheid in drie produksies.

En dit verg goeie boorberei-ding en tydsbestuur.

Flennie die Snare wys vandag om 10:00 en môre om 20:00 in die Sand du Plessis-teater, waar Chris die geleentheid kry om saam met Anna Davel, Johny Klein asook sy eie geliefde, Da-niella Deysel, te werk.

“Ek en Anna het in die verlede al saamgewerk aan die rolprent Suurlemoen. Sy is veel ondeun-der as wat sy lyk en ook ’n bitter snaakse mens. Ons is dol oor haar”.

Chris sê Johny is ’n uitsteken-de akteur en sy dele in Flennie die Snare is van die heel beste en snaakste.

Flennie die Snare word gelei deur Frans Swart wat ook die teks versorg het. Jaconell Mou-ton het die musiekverwerkings behartig.

Chris sê: “Ek moes slegs twee liedere komponeer en verder my woorde en die ander liedere leer. Dit was eintlik redelik maklik en groot pret. Ek is al jare lank ’n akteur en woorde leer kom mak-lik.”

Die produksie CH3 met Chris Chameleon & CH2, is enig in sy soort met die kombinasie van

Boo!tiful in Bloemfontein

Page 7: Popster op die planke!opster op die planke! · 2018-07-12 · Wild is wilder as wild 7 Dans, dans dans! 5 Wynand Claassen gesels rugby 4 Die ABO in volkleur 3 Woensdag 11 Julie 2018

7Woensdag 11 Julie 2018 SpesialeProjekte

GEENKEY-VB110718

Tinarie Loots Van Wyk in Wild, Philip Rademeyer se teaterstuk Foto: MLUNGISI LOUW

‘Wild’ klim diep onder ’n mens se vel inCheréne Pienaar

Een teaterganger het Maandagmiddag uitgestap terwyl die res van die half-volgepakte Wynand Mouton-teater vasgenael gekyk het hoe ’n man ’n hond-vrou in ’n hok probeer mens maak.

Die eerste vertoning van Wild het uiteenlopende reaksie ontlok.

Philip Rademeyer se waagstuk met Tinarie Van Wyk Loots gaan oor ’n vrou sonder identiteit.

Van Wyk Loots het vroeër vanjaar die prys as beste aktrise vir haar rol in Wild by die kykNET-Fiëstas gewen. Albert Pretorius is benoem vir beste akteur vir sy rol as die polisieman.

Dié stuk, waarin ’n hond-vrou in ’n hok op die verhoog is, daag teatergan-gers uit met die vraag: Wat maak mens méns?

“My vriendin langs my bly sê; dis ’n pot str*nt, dis ’n pot str*nt,” maar dit het my aandag gevang, sê ’n omge-krapte Liesl Ebersohn, wat tien minu-te voor die einde van die stuk, uitge-stap het. Sy was deurentyd “verskrik-lik op haar senuwees” en het besluit om uit te stap toe daar ’n ongure wen-

ding was. Die vriendin het agtergebly tot die einde toe.

Wynand Kotze (25) van Stellenbosch meen dis ’n nuwe soort teater en be-doel om uit te daag en moeilike vrae te vra.

“Tinarie word net beter. Dit is ’n nuwe tipe storie en Bloem se gehoor is baie meer konserwatief as die Kaap s’n, so kom ons kyk” het hy net voor die ligte verdoof is gesê.

Barenda te Brugge wil dit wéér sien. “Ek is absoluut sprakeloos. Dit was

eenvoudig ongelooflik. Ek dink ek wil dit weer gaan kyk want ek is bang ek het iets gemis. Dit was net so treffend, dit het jou geboei van die begin tot die einde.

“Ek het nie gevoel dit raak vir my te veel nie, glad nie. Die verwagting het so opgebou; wat gaan die einde wees! Dit was 150% amazing.”

Dit is duidelik hierdie vertoning het baie mense diep geraak.

) Wild wys vandag om 13:30 en môre om 17:00. Kaartjies kos R130 per persoon en dit het ’n ouderdomsbeper-king van 18 vir taal, naaktheid en ge-weld. Dit is 85 min lank en wys by die Wynand Mouton-teater.-teater.

Theuns du Buisson

Die wêreldbekende kunstenaar Diane Victor stal ’n versame-ling treffende werke van die laaste 15 jaar uit.

Dit is nie juis ’n retrospek-tiewe uitstalling is nie, maar eerder ’n retroflektiewe uitstal-ling omdat dit ’n blik lewer op ’n gedeelte van haar loopbaan, sê sy.

Vandaar die naam van die uitstalling: littleHistory – a re-troflection Diane Victor.

In haar drukkuns en tekenin-ge met as, rook en ink lewer sy skerp kommentaar op die he-dendaagse samelewing. Ander werke vang weer haar persoon-like stryd teen ’n oorerflike niersiekte vas. Hiervoor ge-bruik sy veral die krokodil as ’n simbool vir ons irrasionele vrese. Sy sê die krokodil is op vele maniere relevant vir so ’n vergelyking. Die deel van ons brein wat met die van reptiele ooreenstem, is verantwoordelik vir primitiewe gevoelens soos

wêreld uitgedra. Dit is ook ’n manier om hier-

die pyn te verwerk. “Om dit te onthou is ’n ma-

nier om daarmee saam te leef. Deur dit te teken, kan ek my-self daarvan suiwer. Al wat ek vir hierdie mense kan doen, is om daarop kommentaar te le-wer en dit te dokumenteer.”

Sy gebruik die voorbeeld van

haar kunswerk Give a Woman Enough Ribbon. Dit handel oor ’n MIV-positiewe vrou wat so erg verwerp is deur haar ge-meenskap dat sy haar vier kin-ders versmoor en haarself daarna opgehang het.

“Vyf lewens is verloor, maar dit was slegs drie lyntjies in die koerant werd.”

Die Disasters of Peace-reeks

vrees. Ander diere wat sy as

simbole gebruik, sluit renosters, perde, hiënas leeus en haaie in. Vir haar is die idee dat dit die dierlikheid van men-se moet uitbeeld.

Victor is sedert 2001 besig met die Disasters of Peace-reeks. Die titel dui op ’n parallel met Goya se Disasters of War.

In hierdie reeks ets sy klei-nerige beelde, almal dieselfde grootte, wat ontstellende ge-beurtenisse uitbeeld. Hierin kan ’n mens gebrekkige nuus-dekking betreur, en mense be-wus maak van die ongelooflike hartseer wat in die wêreld be-staan. Baie van die kunswerke vergestalt juis beelde wat ’n mens eerder in ’n oorlog sou verwag as in ’n “land met ’n wonderlike grondwet in vre-destyd.”

Omdat hierdie werke gedruk word, word die boodskap van pyn verewig en aan die hele

is oorspronklik bedoel om net uit 38 werke te bestaan. Dit le-wer steeds kommentaar met ’n oop einde en “ongelukkig gaan dit steeds aan.”

Diane sê korporatiewe instel-lings koop dikwels van haar werke. Dan word dit buite kon-teks uitgestal en dit lok soms vreeslike kritiek uit.

Een keer is daar byvoorbeeld gevra dat alle werke wat man-like naaktheid bevat, verwyder moet word. Die beelde wat kin-dermishandeling uitbeeld, was egter nie ’n probleem nie.

Die belangrikste vir Victor is dat haar werke mense se denke verander, selfs al moet dit hul-le kwaad maak.

Diane wil denke veranderRetroflektiewe eerder as retrospektiewe uitstalling

Diane Victor by haar werk Better the Devil You Know.Foto: THEUNS

DU BUISSON

‘‘Om dit te onhou is ’n manier om daarmee saam te leef. Deur dit te teken, kan ek myself daarvan suiwer. — DIANE VICTOR

Page 8: Popster op die planke!opster op die planke! · 2018-07-12 · Wild is wilder as wild 7 Dans, dans dans! 5 Wynand Claassen gesels rugby 4 Die ABO in volkleur 3 Woensdag 11 Julie 2018

8 SpesialeProjekte Woensdag 11 Julie 2018

GEENKEY-VB110718

Theuns du Buisson

Die hantering van vlugtelinge en asielsoekers is tans wêreldwyd ’n vraagstuk.

Die Belgiese skrywer Dimitri Verhulst het reeds in 2001 ’n be-langstelling in die lot van hierdie mense ontwikkel.

“Daar was te min beddens vir die asielsoekers. Meeste van hul-le was op daardie stadium van Oos-Europa, maar daar was ook mense van Afrika. Veral vroue wat ontsnap het van seksuele misbruik.”

Boonop was die regse anti-im-migrasiebeweging aan die groei en volgens Verhulst kon ’n mens die haat teenoor immigrante aanvoel.

Verhulst het besluit om by ’n asielsentrum te gaan woon om te sien hoe hierdie mense behandel word. Hulle is daar voorberei om Belge te word, terwyl dit nog nie seker was dat hul verblyfpermit-te goedgekeur sou word nie.

Arthur Umbgrove, die skrywer van Wat we weten, het ook ’n asielsentrum besoek. Van daar het hy drie broers van Sirië in hul poging om te vernederlands gevolg. Sy roman is op hul ver-haal gegrond. Hy het oorspronk-lik die sentrum besoek om uit te vind wat sy mening oor die vlug-telinge is. Daarmee saam het hy ook met mense gesels wat heftig teen immigrasie gekant is.

Toe Jaap Scholten, die ge-spreksleier, se vraag oor hoekom hulle so ’n ernstige saak in fiksie vergestalt het, was albei skry-wers dit eens dat fiksie die enig-ste manier is om met hierdie mense te assosieer.

Verhulst vertel dat hierdie mense se leefwêreld fiktief is, omdat hulle stories moet versin om aan die lewe te bly.

Umbgrove beaam dit en vertel dat hy hofsake volg waarin men-se dikwels herhaaldelik teen die uitslae van hul asielaansoeke ap-pelleer.

“As iemand sê hy is homosek-sueel moet ’n regter dit kan be-vestig. Hoekom sou so ’n mens dit dan nie in sy eerste aansoek noem nie? ’n Mens moet wonder hoe desperaat iemand is om so ’n storie op te maak.”

Iets wat vir Verhulst skokkend is, is die rassisme wat tussen vlugtelinggroepe bestaan. In Bel-

giese vlugtelingkampe is daar veral spanning tussen mense van Tsjetsjnië en swart Afrikane.

“Mens is kwaad oor die Belge so rassisties is, maar binne die asielgemeenskap gaan dit veel erger.”

Scholten, wat in Hongarye woon, is dit eens met Umbgrove en Verhulst dat die probleem nie

in Europa opgelos kan word nie, maar in die mense se lande van herkoms.

Verhulst, wat ten gunste daar-van is dat alle grense oopgestel word, beklemtoon die feit dat die meeste Siriese immigrante nie in Europa wil wees nie, maar daar-van droom om na ’n vreedsame Sirië terug te keer.

‘Immigrante is selde tuis’Twee skrywers vertel van hul ervaringe in asielsentrums

Jaap Scholten, Arthur Umbgrove en Dimitri Verhulst in gesprek. Foto: CONRAD BORNMAN

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan in sy ge-spreksreeks op die Vrystaat-se Kunstefees die allerbe-langrike tema van grond-hervorming aanpak.

Die gespreksreeks word môre op die kampus aange-bied.

Die UV sê grondhervor-ming is ’n onderwerp van nasionale belang, en daar-om het ’n hoëronderwysin-stelling die verantwoorde-likheid om tot die openbare diskoers by te dra.

Die UV streef daarna om debatte te voer wat die po-tensiaal het om die koers van die onderwerp te veran-der.

Prof. Francis Petersen, rek-tor, sal die verwelkoming doen waarna grondhervorming en menseregte die agtergrond sal vorm van die temas wat deur die paneel aangedurf gaan word.

Temas rakende menseregte en die Grondwet, grondrestitu-sie, grondhervorming op kom-munuale grond onder die be-stuur van tradisionele leiers asook die moontlike impak van onteiening sonder vergoe-ding sal onder die loep kom.

Prof. Philippe Burger, waar-nemende dekaan van die fakul-teit ekonomiese en bestuurs-wetenskappe, sal die inleiding lewer met die gesprek van die paneel wat grondhervorming

en georganiseerde landbou on-der die loep sal neem.

Modelle van suksesvolle grondhervorming, en die vraag of herverdeling sonder vergoeding moontlik is al dan nie, sal ter sprake kom.

’n Derde paneel sal op grond-hervorming en voedselsekuri-teit fokus.

Prof. Danie Vermeulen, de-kaan van die fakulteit natuur- en landbouwetenskappe, sal ’n wye reeks kwessies aanraak, onder meer hoe dit die plaasli-ke en internasionale banksek-tor sal raak.) Die gesprekreeks word in eksamenlokaal 4 langs die Cal-lie Human-sentrum gehou. Dit begin om 09:15.

Grondhervorming onder loep op UV-gesprekreeks

Prof. Francis Petersen is een van die sprekers op die Universiteit van die Vrystaat se gespreksreeks op vanjaar se kunstefees................................................................................................................Foto: DEON RAATH