PO Box 182 - lovetheworldmissions.comlovetheworldmissions.com/newsletters/Des 09.doc · Web...

6
PO Box 182 Shakawe Botswana Mobile no: 717 56 173 e-mail address: [email protected] [email protected] National Registration no: MA 79/2008 DESEMBER 09 Groetnis vanuit Ngamiland. Met ‘n hart van dankbaarheid vir dit wat die Here vir ons almal gedoen het besef ons dat die jaar so vinnig verby gevlieg het. Net so snel ons lewens ook teen ‘n vinnige tempo verby en as jy na die kinders kyk wat groot geword het, besef ons ook dat daar nog so baie is om nog te doen en die tyd eintlik min is. Almal van ons het in 2009 verskillende en gereelde uitdaagings gehad maar ons kan saamstem dat die Here ons deur alles gedra het. Hy is so goed vir ons. 1Pet 1:24 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, Ons moet egter nie negatief hierna verwys nie, maar liewer soek wat ons nog vir die Koningkryk kan beteken. Elkeen het ‘n doel en ons moet net inbeweeg in die wil van die Here en doen wat jou hand vind om te doen. Hy sal

Transcript of PO Box 182 - lovetheworldmissions.comlovetheworldmissions.com/newsletters/Des 09.doc · Web...

PO Box 182 Shakawe Botswana Mobile no: 717 56 173

e-mail address: [email protected] [email protected]

National Registration no: MA 79/2008

DESEMBER 09 Groetnis vanuit Ngamiland.

Met ‘n hart van dankbaarheid vir dit wat die Here vir ons almal gedoen het besef ons dat die jaar so vinnig verby gevlieg het.Net so snel ons lewens ook teen ‘n vinnige tempo verby en as jy na die kinders kyk wat groot geword het, besef ons ook dat daar nog so baie is om nog te doen en die tyd eintlik min is.Almal van ons het in 2009 verskillende en gereelde uitdaagings gehad maar ons kan saamstem dat die Here ons deur alles gedra het. Hy is so goed vir ons. 1Pet 1:24 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,

Ons moet egter nie negatief hierna verwys nie, maar liewer soek wat ons nog vir die Koningkryk kan beteken.Elkeen het ‘n doel en ons moet net inbeweeg in die wil van die Here en doen wat jou hand vind om te doen. Hy sal jou lei want die Woord leer ons: Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte. Ps 107:30

NaaldwerkMet die naaldwerk het dit die jaar baie goed gegaan. Die vroue het uit laslappies vir hulle elk ‘n romp gemaak. Hulle moes wat blokkies sny en met die hand aan mekaar werk. Die leerskool was baie goed want hulle het gesien en geleer mens het groot lap nodig nie en jy kan met klein stukkies lap iets moois maak. My tema vir die jaar met die vroue was:” Elkeen van ons is deel van God se Koningkryk en deel van een liggaam, wat verskillende funksies in sy Koningkryk verrig.” Hulle het dit gesien met die verskillende lappies wat nie dieselfde lyk of voel nie en pragtige rompe het daaruit gevloei. 1 Kor 12:12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en

al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. (tot en met vers 24)

Elke Dinsdag is ‘n belewenis saam met die kindertjies wat Sy Woord net vat en hul eie maak. Ek besef elke keer meer en meer wat Jesus se hart was toe Hy die kindertjies nader geroep het, so teer en vol liefde.Die kindertjies is more se grootmense en dit wat ons in hulle bele sal hulle hul stand in Jesus laat besef en die groepsdruk asook van grootmense sal nie vir hulle te veel wees dat hulle sal swig nie. My tema met hulle was jy is kosbaar en waardevol vir Hom en Hy is vir jou oneindig baie lief. Jy moet luister na Sy stem en dat jy enige tyd na Hom kan kom. Hy is nooit te besig nie en sal altyd na jou luister. Bid ook vir Monica die Kleuterskoolonderwyseres. Sy is ‘n dierbare kind van

God, maar kry baie swaar onder die Village se mense (sy is van Zimbabwe) Sy is verplig om in die oggend ontbyt, 11uur ‘n snack, goeie middagete en dan weer 15:00 weer ‘n snacks te gee. Hulle betaal haar nie en wil alles verniet vir die kinders hê. Die kinders kom vuil en onversorg van die huise af. Kleuters word soms nie na 16:00 kom haal nie en dan moet Monica die ouers soek wat dan meeste van die tyd by die plaaslike kroeg is en soms heeltemal onder die invloed van drank is. Sy neem gereeld ssulke kinders in haar huis vir die nag en versorg hulle daar verder. Mat 19:14 Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

‘n Pastorspaartjie wat die vyand verniel hetOns het net pas opgestaan en maak onsself nog reg vir die dag. Toe ek uitgaan staan daar ‘n jong paartjie en die jongman begin bitterlik huil. So erg dat ek vermoed het dat iemand moontlik oorlede is. Dit was toe ‘n jong pastoorspaartjie en die jong pastoor het agterdogtig geraak en sy vrou met owerspel betrap. Hulle is van ‘n ander village en het op die vooraand gestaan van ‘n nuwe begin in ‘n volgende village. Sy was duidelik ongemaklik en hy platgeslaan. Na intense berading kon hy sy weg oopsien om haar te vergewe en ons vertrou dat daar nie weer ‘n oop deur vir die vyand sal kom nie.

Sepopa se ‘sendingbaba’Einde Oktober het WTA hulle jaarlikse opleidingsweek op Sepopa aangebied met ‘n total van ongeveer 35 mense. Een van die sendelinge se vroutjie was 8 maande swanger en was duidelik ongemaklik. Hulle het meer as 120 km slegte grondpad met ‘n Cruiser bakkie gery en dan ongeveer 100km teerpad. Die Donderdagnag het haar water gebreek en die volgende oggend was daar duidelik groot vout. Ewensiëel het hulle met haar na die ‘hospitaal’ op Gumare gejaag en terwyl hulle haar in die hospital instoot het sy geboorte gegee aan ‘n seuntjie. Hulle moes die seuntjie dringend Gaberone toe vlieg maar dit was ontsettend duur. Kwotasies het gewarieer vanaf R300 000.00 en die laagste was R 97 077.00. Binne dieselfde dag het die Here die vondse voorsien maar die probleem was dat die weer nie geskik was om te vlieg nie. Talle mense het ingetree en toe gebeur ‘n wonderwerk. Dries, die sendeling het aan Jana, sy dogtertjie van ongeveer 3 jaar, die situasie na die beste van sy vermoë verduidelik. Sy bid toe en vra; Jesus maak die wolkies oop sodat hulle my boetie hospital toe kan vat. U God, maak asb die storm op die see stil dat my boetie mooi kan asem kry, amen. Binne enkele minute klaar die weer so op dat hulle veilig Gaborone toe kon vlieg. Die kleinding is nou 100% en sterk mooi aan.

Nuwe Sending basisDie nuwe sendingbasis op Sepopa vorder goed. Die staalstruktuur vir die stoor is al voltooi en nou vertrou ons die Here vir die vloer en mure. Ons vertrou die Here ook dat die huisie teen Meimaand voltooi sal wees. Bid asb saam met ons vir die saak.

Die bedieningDie Here het die bediening die jaar besonders geseën. Vir ons was een van die grootste gebeure die kerk op Tobere wat selfstandig geword het. Daar is nog baie werk hier nodig maar ons loof die Here vir die groei.

Talle mensies het hulle harte die jaar vir Jesus gegee. Dit is nie altyd moontlik om die getal effektief deur te gee want ‘n groot hoeveelhied die kinders in die skole kom vanuit die streek. Twee van die bekeerlinge gaan Januariie 2010 Bybelskool toe en dit is regtig ‘n riem onder die hart.

Norman, een van die Hoofmanne se seun waaarvan ons vroër berig het, was ook ‘n hoogtepunt. Hy het Jesus aangeneem ‘n dag voor hy oorlede is.So is daar talle gevalle en as jy terug kyk besef jy net weer hoe groot ons Here is.

Ons vertrou die Here vir werkers. Die area is so groot en daar is te min werkers.Iemand het ons onlangs genader en gevra of ons nie asseblief Jesus na hulle village kan bring nie. Die village is ongeveer 98 km vanaf Sepopa. Ek moes vinnig dink om hom reg te antwoord en het eerlik nie geweet wat om te sê nie. Die waarheid is dat dit nie prakties haarbaar is nie. Jou hart gaan so uit na die mense want hulle vra na Jesus en daar is net soveel ure in ‘n dag. Bid asb saam met ons hieroor.

‘n Plaaslike gemeentelid vra hulp.Een van ons ouer gemeentelede op Sepopa is besig om met die middele wat hy het, donkiekarre te bou. Hy noem dit ‘schotsh carts’.(ek dink hy bedoel Scotscarts)Hy verrig wondere met dit wat hy tot sy beskiking het maar ek moet steeds vir hom gate boor ens. Op ‘n dag kom hy na my en vra of ek nie vir hom kan help om ‘n kragopwekker te koop nie want hy wil graag ‘n boor ens hê om sy werk te vergemaklik. Na ‘n lang gesprek het hom oorreed om eerder aansoek te doen vir 220v huiskrag en dan die saak aan te pak. Hy het ingestem om nog 2 karretjies te bou en om van sy beeste te vrkoop.Hy het onlangs vir my gesê dat hy reeds die beeste verkoop het en ek sien die karretjie is ook amper klaar. Is daar iemand wat ons met die volgende items kan help? Ek benodig ‘n ‘bench vice, klein weldertjie, elekt, boor en ‘grinder’ en dan ‘n paar boorpunte. Ek weet die broer is ernstig om sy besigheidjie meer effektief te maak en sal dankbaar wees indien ons hom kan help. Die man se lewe het gedraai nadat

die Here hom gehelp het om sy lewe en huweliksprobleme op te los. Kort daarna is hy ook gedoop.

LesothoOns het die jaar se werk afgesluit met ‘n uitreik na Simonkong in die hartjie van Lesotho. Dit het ons die hele middag geneem om 160 km met klein bakkie af te lê.Die Here het mense gedoop met Sy Gees en daar het mooi genesings en bevrydings plaasgevind. Dit was ‘n leersame en effektiewe uitreik en ons bid dat die hospitaal- en dierekliniekprojek vinnig gestalte sal vind...

If you ever get so hungry for God that you are in pursuit of Him, He will do things for you that He won’t do for anybody else.Tommy Tenney (The God Chasers)

Laat elkeen van ons gebede vir die nuwe jaar wees: Father, I pray that a spirit of spiritual ‘violence’ will grip our hearts, that You will turn us into warriors of worship, I pray that we will not stop until we break through the heavens, until there’s a crack in the heavenlies, until there is an open heaven. Our land, cities and nation need You, Lord. We need You Lord. We dont want eny carpet of crumbs. Send us Your Hot Bread from Heaven, send us the manna of Your Presence. Lord please stir up firestorm of hungry in us.Lord help us and let the Glory of Your Light bright enough to be seen from a distance in our life. In you name. Amen

Ons groet u in Jesus se kosbare Liefde vir die oujaar en met ‘n gebed van, en met ‘n honger vir Sy Brood van lewe vir die nuwejaar.Jesus seen elkeen van julle. Leon en AnnetjieSepopa, Ngamiland, Botswana