Plantstories No 12 Plicosepalus undulatus (Semiparasiet op ...
Transcript of Plantstories No 12 Plicosepalus undulatus (Semiparasiet op ...
![Page 1: Plantstories No 12 Plicosepalus undulatus (Semiparasiet op ...](https://reader030.fdocument.pub/reader030/viewer/2022012515/618f6500660b103f1b6039b7/html5/thumbnails/1.jpg)
Soos in elke jaar kan ons nou in Oktober weer die oranjekleurige
pragtige blomme van die semiparasiet Plicosepalus undulatus bo in
baie kameeldoringbome sien. Hulle lyk baie na Plicosepalus
kalachariensis, wat meer oos voorkom in die Kalahari.
In die RSA verskyn Plicosepalus kalachariensis en P. undulatus albei
op die rooi lys van bedreigde spesies. Hier by ons in die omgewing
(noordoos van Okahandja) kom hulle redelik volop voor veral op
Acacia erioloba, maar ook op Acacia karroo en A. reficiens
(basterkameelboom).
Interessant is, hoe die takke teen die gasheer se takke vasklou, dit
lyk of hulle saamgroei. Die eindstukke van die takke van Plicosepalus
undulatus hang af.
Plicosepalus undulatus
E:Acacia mistletoe A:voëlent D: Mistel
Plicosepalus undulatus verkies kameeldoringbome as gasheer Die takke vol blomme is geneig om af te hang
takke groei by die verdikkings vas aan die gasheer
Gebruike: 'n Ekstrak van hierdie plant kan teen lumbago (Hexenschuss) gebruik word. Die Himbas bespoedig met 'n middel gebrou van hierdie plant die afkom van die nageboorte by koeie na kalwing. Ek het Boesmanmeisies gesien wat die blommetjies op 'n ring gesteek as oorbelletjies dra, dit lyk pragtig. Die houtrose wat daar ontstaan, waar 'n semiparasiet gesit het, word as dekor op straat en by kwekerye soms te koop aangebied. Inligtingsbronne: Wildflowers of the Central Highlands
www.kyffhauser.co.za/Plants3/Plicosepalus/Index.htm redlist.sanbi.org/redcat.php Alex Dreyer (dankie)
Oktober 2016