Opskrif:...
Transcript of Opskrif:...
Opskrif: Akkerboupraktyke
Vraag: Ek is nuwe saaiboer en sou graag ‘n oorsig wou verkry hoe om te werk te gaan
om mielies suksesvol te verbou.
Antwoord:
Akkerboupraktyke.
Inleiding.
In hierdie hoofstuk word gepoog om begrippe en terme te verduidelik en die rol wat dit
op die gewas of kultivar het. Die doel is nie om ʼn akkerbou handleiding daar te stel vir
algemene gebruik nie. Dit bring mee dat daar baie onderwerpe slegs kortliks behandel sal
word.
1. Grond.
Grond is die basis van plantproduksie. Vanuit ‘n gewaskeuse en kultivar oogpunt speel
die opbrengspotensiaal van die grond die belangrikste rol. Ander eienskappe soos
wortelontwikkeling, voeding, bewerkbaarheid, ens sal binne ʼn gewas baie soortgelyk
wees. Sekere kultivars het wel die vermoë om stremming, byvoorbeeld ʼn lae pH, beter te
hanteer as ander. Sulke eienskappe sal eerder as ʼn kultivar spesifieke eienskap beskou
word, wat ʼn verkoopsvoordeel sal wees.
Baie gronde is vroeër in Suid Afrika geklassifiseer volgens die Binomiese
Grondklassifikasie Sisteem (rooi boek), wat in 1991 uitgebrei is na die Taksonomiese
Sisteem ( blou boek). Beide klassifikasie sisteme is gebaseer op waarneembare
eienskappe wat in die veld toegepas kan word. ʼn Grondprofiel bestaan uit verskillende
horisonte, elk met onderskeidende eienskappe. Die opeenvolging van die horisonte
bepaal die grondvorm, wat die eenheid is waarmee meestal gewerk en gekommunikeer
word. In die Taksonomiese sisteem het daar nuwe grondvorms bygekom, maar die ou
grondvorms bly dieselfde. Die grondvorm is vernoem na die plek waar die grondvorm die
eerste keer beskryf is en het dus geen spesifieke betekenis nie. Die doel van klassifikasie
is die identifisering en benaming van gronde. Baie mense is geneig om grondklassifikasie
te wil gebruik as ʼn gebruiksklassifikasie, bv om grondpotensiaal aan ʼn grondvorm te wil
koppel. Dit is baie gevaarlik en kan totaal foutief wees. Byvoorbeeld ʼn Avalon is ʼn
ortiese A, met ʼn geelbruin apedale B, wat onderlê word deur sagte plintiet. Dit is van die
beste saaigrond as die sagte plintiet diep is(>120cm) en die B-horison nie ʼn te hoë klei-
inhoud het nie. ʼn Vlak Avalon van 50cm diep met ʼn klei-inhoud van 40% sal egter ʼn baie
swak saaigrond wees.
ʼn Term of eienskap wat algemeen gebruik word is die tekstuur van grond. Boere het elk
ook ʼn eie beskrywing soos swaar of lig, leem ens, wat nie noodwendig korrek is nie.
Tekstuur is die samestelling van die verskillende grootte deeltjies, nl. die sand, slik en
klei. Die verkillende tekstuurklasse word in fig. 1 uiteengesit. Die sand en slik bestaan
hoofsaaklik silika deeltjies. Die kleifraksie is die fynste en bestaan uit kleiminerale, wat
die eienskappe van die grond grootliks bepaal. Kleideeltjies bevat ʼn negatiewe lading,
wat voedingstowwe bind. Die hoeveelheid en tipe kleimineraal bepaal die hoeveelheid
negatiewe lading ( katioon uitruilkapasiteit) asook eienskappe soos swel en krimping.
Laasgenoemde gee aanleiding tot ander eienskappe, byvoorbeeld struktuurvorming.
Figuur 1. Tekstuurklasse
2. Opbrengspotensiaal.
Die opbrengspotensiaal van ʼn grond is die vermoë van die grond om aan die
waterbehoefte van die plant te voldoen, wat tot die verwagte opbrengs sal lei.
Gewasproduksie in Suid Afrika geskied hoofsaaklik in semi-ariede omgewings en dus
speel water ʼn oorheersende rol in produksie. Die waterhouvermoë van grond word bepaal
deur die diepte en klei-inhoud van die grond. Die eerste berekening van grondpotensiaal
is deur Crafford en Knott opgestel as volg:
Grondpotensiaal (kg/ha) = Gemiddelde reënval (mm) x gronddiepte (cm)
12.8
Daar moet ʼn faktor gebruik word om die realisasie wat die boer oor die lang termyn kan
afhaal, te bereken. Crafford en Nott het ʼn faktor van 0,8 gebruik. Met die genetiese
vordering wat reeds gemaak is, behoort die faktor nou naby een te wees. ʼn Aanpassing
kan ook vir die bestuursvermoë van die boer gedoen word.
Gronddiepte is dus van kardinale belang. Dit is juis hier waar baie die fout maak om nie
driedimensioneel aan grond te dink nie, maar op slegs dit wat op die oppervlak
waargeneem kan word, afleidings te maak.
Die infiltrasievermoë van die grond speel ʼn belangrike rol in die effektiwiteit van
reënval. Die infiltrasievermoë word beïnvloed deur die eienskappe van die grond en van
die oppervlaktoestand, wat grootliks deur bewerking bepaal word. ʼn Los, of geploegde
oppervlak en lande met volop stoppels wat afloop beperk, sal die beste infiltrasie hê. Die
meeste gronde in Wes-Transvaal en die Vrystaat is deur windgewaaide sande gevorm,
wat daartoe lei dat die deeltjies goed gesorteer is, wat die infiltrasie verlaag en veroorsaak
dat die gronde baie maklik ʼn kors vorm. So kors beperk nie net infiltrasie nie, maar gee
ook dat die gronde meer gevoelig is vir winderosie.
3. Plantestand en rywydte.
Plantestand is gekoppel aan die potensiaal en rywydte. In die algemeen sal die
plantestand verhoog en die rywydtes nouer word soos die potensiaal hoër word. Die
plantestand domineer egter rywydte. Ter verduideliking: In ʼn droë jaar sal die laer stande
beter vaar, met wye rye die beste, maar die lae stand op nou rye sal steeds beter doen as ʼn
hoë stand op wye rye. In hoë potensiaal toestande sal net die omgekeerde geld, dus hoe
nouer die rye en hoër die stand, hoe beter die opbrengs.
Die mielie kompenseer egter in ʼn groot mate vir stand. In die weste waar wye rye en ʼn
lae stand algemeen is, is die koppe groter en die meerkoppigheid baie meer as in die
ooste waar hoë stande aangeplant word. Onder besproeiing word baie hoë stande
aangeplant en elke plant sal slegs ʼn klein koppie dra, met steeds ʼn hoë opbrengs. Die
grafiek vir potensiaal teenoor stand is baie meer afgeplat as wat die meeste boere dink. ʼn
Opbrengs van 8t/ha is heeltemal moontlik met 15 000 plante/ha op 2,3m rye, met ʼn
meerkoppige baster.
Die afstand wat die plante uitmekaar is in die ry, speel ʼn groot rol in die
plantontwikkeling. Hoe verder die plante gespasieer is, hoe minder is die aanvanklike
plantkompetisie en hoe beter sal die plant na saailing ontwikkel. ʼn Mooier en weliger
plant met meer spruite sal ontwikkel. Die wortels sal ook die grondvolume baie goed vul.
Sodra die tussenplantspasiëring afkom, begin die plante met mekaar kompeteer. Die jong
plante sal nie so welig wees nie en spruite word onderdruk. Meerkoppigheid en
kopgrootte sal ook onderdruk word met meer plantkompetisie, wat uiteindelik die oes kan
benadeel. Die kleinste plantspasiëring wat aanbeveel word is 17cm vir sub-tropiese
kultivars en 12cm vir ultra-kort kultivars.
Rywydtes word bepaal deur die potensiaal, onkruidbeheer en meganisasie op die plaas. In
die droër dele (weste) is die algemene rywydte 2,3m, met 1,5m rye algemeen in die wes-
vrystaat en 0,9m rye algemeen in die ooste. Die benutting van grondvolume en
beskikbare water speel hierin ʼn groot rol. In wye rye is die plantkompetisie hoër, met
aanvanklike kleiner en minder welige plante. Dit verminder waterverbruik en soos die
seisoen vorder, vind wortelontwikkeling tussen die rye plaas waar daar nog water
beskikbaar is. Die mielies kan dan verder ontwikkel met die beskikbare water en langer
oorleef in droogtes. In nou rye is die plantontwikkeling beter en word die grondvolume
baie effektiewer benut. Plante kan dus beter produseer en verhoogde opbrengs gee. Indien
die reën wegbly en die water in die profiel is reeds benut, sal droogteskade baie vinniger
en erger intree.
Die voor en nadele van verskillende rywydtes:
2,3m rye
Voordele Nadele
Goeie grondwaterverbruik deur seisoen Plantestand beperk tot 22 000
Laer onkruidbeheerkoste Moeilike spoorverkeer
Kan laat in seisoen skoffel Nie alle beskikbare water word opgebruik
nie
Kan laat in seisoen met trekker insekte
beheer
Laat onkruide ontkiem
Plant vinniger Boere geneig om te laat nog te skoffel
Beter onkruidbeheer
Kan maklik met enkelry sleepstropers
stroop.
Goeie droogte-oorlewing
Minder spruite
Kan laat addisionele topbemesting gee
Keer wind maklik
1,5m rye
Voordele Nadele
Maklike spoorverkeer Kan nie laat in mielies ry, wat onkruid en
insekbeheer bemoeilik.
Ideale ry en plantspasiëring in weste Moeilike onkruidbeheer
Goeie grondwaterverbruik deur seisoen Oorskadu nie, wat onkruidopkoms steeds
toelaat
Goeie droogte-oorlewing Meer spruite by lae stande
Tussenplantspasiëring groot Spesiale implemente nodig om later in rye
te werk
Plant stadiger
0,9m rye
Voordele Nadele
Volle benutting van profiel Benut grondwater vroeg baie effektief
Beter plantontwikkeling Swak droogte oorlewing
Oorskadu, wat onkruidontkieming beperk Geen laat onkruidbeheer/ bewerking
Minder spruite Algehele en duur onkruidbeheer
Kan hoë stand hanteer Plant stadig
Totale benutting van grondvolume en
grondvog
Laat bespuitings slegs met spesiale
toerusting moontlik of as trekkerbane
oopgelos word
Gronde wat kors vorm, kan nie losgemaak
word nie
4. Werking van planters.
Die uitmeetmeganismes van planters werk hoofsaaklik op drie beginsels, nl.: plaat, vinger
of lugdruk. Elk se beginsel, voor en nadele sal kortliks behandel word.
4.1. Plaatplanters.
Plaatplanter meet die pitte uit deur ʼn plaat wat deur die planterwiel aangedryf word. Die
saad gaan lê in die plaat, beweeg in die rondte tot by die opening en val dan in saadbuis
tot in die grond. Om te verseker dat slegs een pit op ʼn slag geneem word, is daar ʼn
skraper wat op die plaat loop om ander pitte af te keer en ʼn tikker, wat die pit help
uitdruk uit die gat. Vir elke pitgrootte is ʼn ander plaat nodig, asook vir plat en ronde sade.
By die Massey Ferguson planters kan die basisplaat omgedraai word, om tussen plat en
rond te onderskei.
Met elke kultivar en soms selfs saadlotte, moet seker gemaak word dat die pitte reg in die
plaat pas. Die kultivars verskil geneties t.o.v. die tipe pit, bv ʼn ronde pit (CRN 3505) of ʼn
lang pit (CRN 3549). So sal dieselfde pitklas baie verskil tussen kultivars. Swak
gegradeerde saad gee baie probleme, omdat daar dan moeilik gekies kan word tussen
pitte wat dubbel geneem word en groot pitte wat vassit. Laasgenoemde lei daartoe dat die
plaat verstop, wat tot ʼn drastiese afname in stand lei. Tensy die boer ʼn wye reeks plate
het, sal daar deur die boer aangedring word op ʼn spesifieke pitklas.
Plaatplanters werk normaalweg die beste as die plaat stadig roteer. Seker modelle het
meer gate om die spoed af te bring. As daar te vinnig geplant word, sal dit tot meer
standprobleme lei.
4.2. Vingerplanters.
Vingerplanters het ʼn ronde skyf met veerbelaaide vingers wat vertikaal in die saadbak
roteer. Die vinger maak oop en knyp die saad onder in bak vas en beweeg na bo waar die
saad regoor die opening in die saadbuis gelos word. Om te verseker dat een pit op ʼn slag
opgetel word, is daar ʼn borsel wat saad afborsel en ook ʼn knik in die drapad, wat ʼn ekstra
pit laat uitval. Soos wat die basisplaat (papbord) slyt, versag die knik en sal baie makliker
twee pitte op ʼn slag geplant word.
Die grootste voordeel van vingerplanters is dat enige pitgrootte gehanteer kan word en
selfs swak of ongegradeerde saad ook geplant kan word. Groot en dun plat sade asook
klein plat pitte word makliker dubbel opgetel. Daarom sal baie boere aandring op ronde
sade, alhoewel die planter ander saadgroottes kan hanteer.
In ʼn studie om die invloed van pitgrootte vas te stel is 5kg van elke saadgrootte geplant
en word die hoeveelheid geplant uitgedruk as persentasie van die aantal pitte wat
neergesit moes wees. Geen onderskeid is egter getref tussen oop gapings en dubbel pitte
nie. Die resultate word in fig 2 aangedui. Daaruit kan gesien word dat alle pitklasse
plantbaar is. Die klein, of baie plat pitte sal die meeste dubbel opgetel word.
Figuur 2. Plantbaarheid van verskillende saadgroottes met ’n John Deere vingerplanter
(Du Toit 1999).
4.3. Lugdruk.
Hier kan twee tipes planters onderskei word, nl. vakuum en positiewe lugdruk.
Vakuumplanters.
Vakuum word verskaf met ʼn pomp wat hidroulies of met die kragaftakker aangedryf
word. Die vakuum suig die pit vas deur ʼn gaatjie in die plaat. Die pit word in die saadbak
opgetel, vasgehou en regoor die saadbuis sny die vakuum af sodat die pit in die saadbuis
val. Borsels borsel die ekstra pit af sodat net een pit op ʼn slag vasgesuig word. Plate met
verskillende groottes gate word vir verskillende sade gebruik en die sterkte van die
vakuum moet gestel word om slegs een pit op ʼn slag op te tel. Die voordeel van
vakuumplanters is dat bykans alle gewasse daarmee geplant kan word, veral gewasse met
sagte sade. Die regte plaat en vakuumverstelling moet egter gebruik word. Alle pitklasse
kan ook geplant word, maar kleiner ronde pitte is die gewildste. Swak gegradeerde saad
word nie goed gehanteer nie.
Positiewe lugdruk.
85
90
95
100
105
110
115
% G
ep
lan
t
OngeklasGraan 5R
Graan 4R
4R (VSA) 6P 5P 4P
4P (VSA) 4P 5P
Positiewe lugdruk word in die saadbak geskep, wat die saad in ʼn plaat met holtes laat
vloei, wat die saad optel en tot regoor die saadbuis gelei, waar die lugdruk afsny en die
saad in die saadbuis val. ʼn Borsel vee die ekstra saad af sodat net een saad op ʼn slag
opgetel word. Verskillende plate is nodig vir verskillende gewasse en ook vir groot en
klein mieliepitte. Klein pitte en sojabone word uitstekend geplant.
5. Plantproses.
Om ʼn suksesvolle stand daar te stel moet aan ʼn paar beginsels voldoen word. Eerstens
moet die land skoon wees van onkruide. Dit word meestal verkry deur die land meganies
skoon te maak, wat terselfdertyd die land gelykmaak. Alternatiewelik kan dit ook deur
voorplantbespuiting met Roundup gedoen word. Tweedens moet die saad in nat grond
geplaas word en die pit goed vasgedruk word, sodat die pit goed kontak maak met die
grond om water uit die grond op te neem. Hoe dieper geplant word en hoe droër die
grond, hoe harder moet die drukwiel druk om die pit mooi vas te druk. Dit is praktyk in
droër dele om weer los grond oor die planterspoor te krap met krappers of ʼn ketting wat
gesleep word. Dit help dat die grond nie vinnig tot op die pit uitdroog nie. Daar moet
gewaak word dat die pit dan nie te diep lê nie.
5.1. Plantdiepte.
Die belangrikste is dat die pit in nat grond moet lê en dit lank genoeg nat moet bly om nie
te stik nie. In natter streke en swaarder gronde word daar normaalweg vlakker geplant, so
ongeveer 3 tot 5cm. In die droër dele en sandgronde word normaalweg tussen 5 en 8cm
diep geplant. Indien die grond te droog word om te plant, word baie maal agter die vog
aangeplant. Dit is dan beter om die droë grond voor weg te vat, as wat net dieper geplant
word. Die maksimum plantdiepte is ongeveer 10 tot 12 cm. Die voordeel van vlak plant
is dat die plantjie gouer uit die grond kom, minder aan onkruiddoders blootgestel is en
makliker uitkom as swaar reën na plant, voor opkoms voorkom. Diep plant verseker dat
die pit nie droog gewaai word deur warm winde nie en beter ontkieming in moeilike
vogtoestande.
6. Opkoms van saad.
Die kieming van saad begin met die opname van water uit die grond. Die kiemwortel
verskyn eerste en daarna die koleoptiel. Die koleoptiel groei boontoe. Indien dit na onder
uit die pit kom, sal dit met ʼn boog draai en dan opgroei. Die kiemwortel groei af en begin
dadelik vertak en haarwortels vorm om water en voedingstowwe op te neem. Die
koleoptiel verleng tot ongeveer 4 tot 5cm lank en daarna verleng die monokotiel. Sodra
die koleoptiel bo die grond uitkom, maak die koleoptiel oop en die eerste twee blare
verskyn. Die koleoptiel se punt is hard en kan deur harde grond druk, maar sodra die
blare verskyn, verloor die plant sy vermoë om deur die grond te druk en kan los kluite
kwalik weggedruk word. Die eerste vyf blare groei vanuit die koleoptiel en daarna kom al
die blare uit die groeipunt. Die groeipunt is die eerste ses blare onder die grond, aan die
onderkant van die koleoptiel, waarna dit uitgroei soos die plant groter word. Die
sekondêre wortels groei ook van die aanhegting tussen die koleoptiel en monokotiel uit.
Die punt waar sekondêre wortels uitkom, word dus nie beïnvloed deur plantdiepte nie.
7. Die groei en ontwikkeling van die mielie.
Die mielieplant groei aanvanklik stadig en later baie vinniger. Die groeipunt bly tot
ongeveer die 6-blaarstadium onder die grond, daarna groei dit vinnig in die plant op na
die kelk. Solank die groeipunt onder die oppervlakte is, sal beskadiging of verwydering
van blare (hael, afvreet deur vee, ryp) min skade aanrig. Die plantjie groei weer uit.
Versuiping kan egter die plantjie laat vrek. Sodra die groeipunt bo die grond is, sal
beskadiging van die plant oesverliese veroorsaak. Versuiping sal dan baie beter hanteer
kan word.
In figuur 3 word die ontwikkeling van die mielieplant uiteengesit. Dit is gebaseer op die
beskrywing van Hanway, 1966 en Aldrich & Leng, 1966. Huidig gebruik verskillende
maatskappye, soos versekeringmaatskappye, ander kodes en stadiumbeskrywings. Sien
Pannar DVD of skyfiereeks wat dit baie mooi beskryf.
7.1. Spruite.
Spruite wissel baie tussen kultivars en jaar tot jaar, wat deur baie boere as ʼn probleem
gesien word. Spuite word deur die volgende faktore gestimuleer:
1. Koue nagte;
2. Gunstige groeitoestande; en
3. Genetiese verskille.
Gunstige groeitoestande sal enige faktor soos lae stand, hoë stikstofbemesting,
ploeglande, ens insluit. Spruite laat die plant weliger voorkom en bevorder watergebruik.
In gunstige omstandighede dra dit egter ook koppe en verleng dit die bestuiwingstydperk,
aangesien die spruit normaalweg vyf tot tien dae later in die saad kom. Proewe wat
gedoen is, waar die spruite uitgebreek is, het nie tot opbrengsverhoging gelei nie. Onder
stremming sal die spruit eerste afgespeen word.
Figuur 3 Vegetatiewe en reproduktiewe ontwikkeling van die mielie (Mielierekenaar).
7.2. Pluimkoppies.
Pluimkoppies kom in sekere jare of met sekere plantdatums algemeen voor op die spruite.
Normaalweg word die graan deur insekte en die weer en wind vernietig, maar dit kan in
gunstige jare tot die graan in die stropertenk bydra. Aangesien die pitte blootgestel is, is
die meeste pitte dan gevlek en dra dit by tot swakker graad. Baie boere wonder of die
koppe uitgebreek moet word. Die voerwaarde van die koppies is naastenby die
arbeidskoste. Indien die stroper ʼn fyn pitjiesif het, word die meeste graan van die
pluimkoppies uitgesif en is dit glad nie ʼn probleem vir gradering nie.
Pluimkoppies word deur wisselende hormone tydens die aanleg van die pluim in die
groeipunt veroorsaak. Die pluim wissel dan tussen manlik en vroulik. Die wisseling in
hormoonvlakke word deur omgewingsfaktore beïnvloed en kon nog nie vasgestel word
nie. Sekere teorieë wil hê dat indien die ontwikkeling van die pluim op die spruit en die
kop op die hoofstam saamval, die hormone van die hoofstam domineer en vroulike
ontwikkeling op die spruit gee. Wisseling van dag tot dag word ook baie gesien, waar die
pluim ʼn stukkie vroulik is en dan weer manlik is. Sekere genetika is ook meer geneig om
pluimkoppies te maak, maar in sekere omstandighede maak selfs kultivars wat nie
bekend daarvoor is nie, dit ook baie. Daar kan niks aan die situasie gedoen word nie.
8. Hitte-eenhede.
Die begrip hitte-eenhede of warmte-eenhede is ontwikkel om die groei van die
mielieplant beter te beskryf by verskillende omgewingsfaktore. Die dryfkrag wat die
tempo van groei en ontwikkeling bepaal is die hitte en sonenergie wat die plant
onderskep. Baie boere sal jou vra, van plant oor hoeveel dae gaan die kultivar blom?
Iets wat jy nooit ʼn vaste antwoord op het nie. Die blomdatum tussen die ooste en weste,
vroeg en laat plant kan tot meer as twee weke verskil, vir dieselfde kultivar.
Hitte-eenhede word as volg bereken:
Hitte-eenhede = ( Maksimum temp. – Min temp.) - 10
2
Die faktor van tien verskil tussen gewasse. Dit is die temperatuur waar die fisiologiese
prosesse tot ʼn stilstand kom, wat vir ʼn mielie 10°C is. Vir grasse is dit laer. Indien dit
baie warm word en die plante verwelk, kan die fisiologiese prosesse ook nie normaal
funksioneer nie. Daar bestaan nie duidelike riglyne waar die temperatuur skeiding moet
wees nie, want lugvog speel ook ʼn rol. Baie wetenskaplikes bepaal dat die
dagtemperatuur op ʼn maksimum van 32 geneem moet word, ander sê die afsnypunt is 28.
In droë dele is 28 waarskynlik meer korrek en in humiede toestande sal 32 beter wees.
Die temperatuur waarby die mielie toedraai sal bepaal waar die afsnypunt is. Indien die
maksimum dagtemperatuur dus bo 32 is, word slegs 32 gebruik in die berekening.
Hierdeur word die blomdatum en dae tot fisiologies ryp beter bereken. In die saamdragids
word elke kultivar se HE aangedui tot blom en fisiologies ryp, asook ʼn tabel met
gemiddelde HE van ʼn aantal lokaliteite. Seisoene kan nog steeds verskil en so berekening
bly slegs ʼn aanduiding.
9. Bewerking.
Primêre bewerking.
Die doel van primêre bewerking is om die grond los te maak vir goeie wortelindringing
en goeie waterinfiltrasie. Terselfdertyd word onkruide ook beheer en plantreste word
ingewerk of bo-op die grond gelaat vir wind- en watererosiebeheer.
Primêre bewerking kan d.m.v. ʼn ploeg, beitelploeg of skeurploeg gedoen word. Elk het
sy voor en nadele, maar as die bewerking reg uitgevoer word, is almal effektief. Hoe
vroeër die bewerking uitgevoer kan word na stroop, hoe beter. Vog word beter oorgedra
en die infiltrasie van lentereëns is beter, wat meer beskikbare water gee met plant. Indien
die grond met ʼn skeurploeg bewerk word (rip), is dit baie belangrik dat die grond weer na
die bewerking geseël word. Dit voorkom dat die hele profiel uitdroog. Baie boere sleep
ook ʼn eg of kluitroller agter die ploeg om die grond te seël. Dit is nodig tydens
somerploeg, maar met winterploeg kan winderosie ʼn kopseer raak en is dit in baie gevalle
beter om die kluite te behou.
Die diepte van bewerking word deur die klei-inhoud bepaal. Hoe laer die klei-inhoud,
hoe dieper moet bewerk word.
Omdat diesel baie duur geword het, is dit beter om slegs gedeeltes van die land primêr te
bewerk en dat met spoorverkeer op die harde grond te ry en in die los grond te plant. ʼn
Groot brandstofbesparing word bewerkstellig en produktiwiteit word verhoog, maar dit
stel sy eie eise om die bewerkings korrek uit te voer. Dit is ʼn stelsel wat goed gevestig is
op sandgronde waar net op die ry gerip word, maar kan ook na ander gronde uitgebrei
word, waar nie noodwendig diep gewerk word nie.
Die bewerking van grond wat te nat is, verhoog die kanse vir ʼn smeerlaag of verdigting.
Aan die ander kant sal grond wat te droog is, baie hoë trekkrag vereis, brandstofkoste
verhoog en kluite breek.
Verdigting.
Grondverdigting kom algemeen in sandgronde voor waar te min swellende kleie
voorkom om die kompaksie van die implement of trekker op te hef. Dit akkumuleer en na
ʼn aantal jare is die grond so verdig dat wortelindringing nie meer kan plaasvind nie.
Twee tipes verdigtings kom algemeen voor, nl. ʼn ploegblad en smeerlaag.
ʼn Ploegblad is waar die trekker telkens die grond in die voor kompakteer tydens ploeg.
Die aksie van die skaar in die grond druk ook die grond na onder vas, soos dit deur die
grond getrek word. Dieselfde gebeur met ʼn beitelploeg. Hierdie aksies bou op deur vier
tot agt jaar en lei tot ʼn sone van ongeveer 50mm dik, wat verdig raak en beperk later alle
wortelontwikkeling. Dit is in baie gevalle duidelik sigbaar deurdat dit ook ʼn donker kleur
kry van organiese materiaal wat ophoop.
ʼn Smeerlaag word verkry waar daar met ʼn skaarimplement in te nat grond gewerk word.
Dit kan met ʼn ploeg, saadbedimplement of selfs met ʼn planter voorkom. Die skaar smeer
die grond soos ʼn pleistertroffel en sodra dit uitdroog, verhard die grond sodat geen
wortels daardeur kan groei nie.
Die simptome van ʼn ploegblad is nie altyd duidelik nie. Dit lyk soos stikstoftekorte in nat
jare, onegaligheid van die mielies en baie gou droogtestremming tydens warm droë
toestande. Die enigste metode om te bepaal is om profielgate te grawe en
wortelontwikkeling fisies te bepaal of met ʼn penetrometer. Laasgenoemde is die
akkuraatste en sal presies aandui of dit gedeeltelik of heeltemal beperkend is.
Die opbreek van ʼn blad behels dat dieper gewerk word as die blad en dat die hele blad
opgebreek moet word. Die V-patroon waarmee tande werk, die diepte en spasiëring van
die tande en tipe skaar sal ʼn rol speel. Daar moet agter die implement ʼn gat gegrawe
word om te bepaal of die bewerking aan die verwagtings voldoen. Die grond moet direk
daarna geseël word met ʼn kluitroller, eg of ander bewerking om te verseker dat die
profiel nie heeltemal uitdroog nie.
Saadbed.
Voor plant is dit belangrik om ʼn goeie saadbed te maak. Die grond moet fyn gewerk
word en skoon van onkruide wees, sodat die planter die saad egalig in nat grond kan
plaas. Die beste implement is ʼn fyn tandimplement met rollers, harkies of ʼn eg agteraan.
ʼn Dubbelskotteleg (dis) en eenrigting word soms gebruik. Dit is effektief om onkruide uit
te werk, maar gee ʼn swak saadbed en verdig die grond
Roleg
Indien reën val na plant, voor opkoms is dit belangrik om die grondkors te breek met ʼn
roleg. Die tydigheid van bewerking is krities. Daar moet gerol word voordat die plante
begin omkrul. ʼn Verdere voordeel van rol is dat dit klein onkruide beheer, onkruiddoder
effektiwiteit verhoog en wind keer. Indien ʼn ligte bui val en baie hoë temperature
voorkom, is dit nodig om te rol om deurlugting te verbeter en sodoende die temperatuur
in die bogrond te verlaag. Die hoë grondtemperatuur kan die plante ook laat oopgaan
onder die grond.
Windskade.
Windskade kom maklik voor in die saailingstadium as harde reën geval het en sterk
winde waai. Die eerste manier om wind te keer sal d.m.v. ʼn roleg wees, wat net die grond
weer los maak. Tweedens kan geskoffel word. Om die oppervlak wat bewerk word te
vergroot, word baie keer alternatiewe rye geskoffel. In sandgronde met ernstige
waaiprobleme help dit later net om ʼn ploegvoor in die ry te trek. Belangrik is om nat
grond na bo te bring wat dan uitdroog en hard word, wat nie verder waai nie.
Skoffel.
ʼn Skoffelbewerking word sleg gedoen om onkruid in die ry te beheer en die grondkors
weer los te maak. Dit sal egter die onkruiddoderwerking van die meeste middels stop en
indien reën voorkom, sal nuwe onkruide weer ontkiem. Daar moet al hoe vlakker
geskoffel word, hoe ouer die mielies word. Die mieliewortels groei van die basis af
ondertoe in ʼn piramiede vorm. Met elke skoffelaksie word wortels beskadig en gebreek.
Sodra die mielie na die reproduktiewe fase oorgaan, word nuwe wortels nie meer gevorm
nie, en vind verdere groei net in vertakking en haarwortels plaas. Dit maak die mielie dus
baie vatbaar vir wortelskade. Die vestiging van siektes, soos diplodia wortelvrot vind ook
maklik plaas en word eers sigbaar ʼn paar weke later as plante vroeg begin afsterf. Dit is
dus belangrik om nie meer te skoffel na die pluime begin verskyn nie. Indien laat
onkruide voorkom, kan daar eers weer geskoffel word na die mielie fisiologies ryp is.
10. Bemesting.
Bemesting is ʼn omvattende onderwerp met baie detail wat in ag geneem moet word
tydens ʼn aanbeveling. Aangesien ons vanaf ʼn saadkant nie betrokke wil raak in
bemestingsaanbevelings nie, gaan slegs algemene beginsels gehanteer word.
Die basis van goeie bemestingsaanbeveling is ʼn grondontleding. Dit is van kardinale
belang dat die grondmonster verteenwoordigend van die land moet wees. In die ontleding
word uiteindelik slegs ʼn teelepel grond gebruik. Indien dit nie verteenwoordigend is nie,
word vanuit ʼn verkeerde basis gewerk.
Die drie hoof voedingstowwe wat tydens bemesting hanteer word is Stikstof (N), Fosfor
(P) en Kalium (K). Daarmee saam moet die grondsuurheid of algemene vrugbaarheid
soos bepaal deur die pH korrek wees. ʼn Te lae pH beteken dat die grond suur is, wat lei
tot vaslegging van voedingstowwe en uiteindelik vry Aluminium, wat wortelgroei
beperk. ʼn Te hoë pH dui op alkaliese toestande. Kalsium en magnesium sal as vry kalk
presipiteer en die beskikbaarheid van voedingstowwe word onderdruk. Dit is egter nie
baie nadelig nie, totdat ʼn pH van bo 8,5 voorkom, wat op ʼn brak grond dui en tot groot
fisiese probleme lei. Die ideaal is ʼn effens suur grond met ʼn pH(water) van 6 tot 6,5,
waar die meeste voedingstowwe optimaal beskikbaar is met die beste mikrobiologiese
aktiwiteit in die grond.
Stikstof.
Stikstof stimuleer die plant om te groei, aangesien dit deel is van proteïne. Plante met
voldoende stikstof sal mooi donker groen wees en welig groei. Stikstof in die grond is die
mees beweeglikste voedingstof en kan baie maklik loog. Die plant neem stikstof op
vanuit die nitraat vorm op, wat oplosbaar is en maklik kan beweeg. Ander bronne van
stikstof soos ureum en ammonium moet dus in die grond omgeskakel word na nitraat.
Onder normale toestande in nat grond is dit ʼn proses wat maklik in ʼn dag of drie deur die
mikro-organismes gedoen word. Onder nat (versadigde) koue toestande kan dit egter ʼn
probleem wees en bou nitriete op, wat toksies kan raak en die plante laat vergeel.
Bronne van stikstof.
Drie bronne van stikstof word algemeen gebruik, nl. ammoniumnitraat, ammoniumsulfaat
en ureum. Ammoniumnitraat kan nie suiwer gebruik word nie, behalwe in lae vloeibare
konsentrasies. Dit word algemeen as kalksteenammoniumnitraat (KAN28) bemark. Dit is
die stikstofbron wat die vinnigste werk, op die oppervlak toegedien kan word en die beste
onder risiko toestande toegedien kan word, maar is gewoonlik van die duurste produkte.
Ammoniumsulfaat kom in kristalvorm voor, wat veroorsaak dat dit makliker
kwaliteitsprobleme skep. Dit is ook die bron wat die grond die meeste versuur en word
baie in hoë pH toestande gebruik. Ureum is gewoonlik die goedkoopste bron. Dit is
wateroplosbaar wat dit geskik vir toediening deur die water maak. Omdat dit oplosbaar
is, kan dit maklik loog in die grond met baie reën net na toediening. Ureum het ʼn hoë
soutindeks, wat gee dat dit maklik brandskade kan veroorsaak. Vervlugtiging vind plaas
indien dit by baie hoë pH vlakke gebruik word en as dit bo-op die grond gestrooi word en
dit lank lê voordat dit reën.
Fosfor
Fosfor is nodig vir proteiënsintese, d.w.s. tydens alle groei prosesse in die plant. Fosfor
beweeg nie in die grond nie, daarom is die P-status baie belangrik. Natuurlike veld sal
minder as 5mgkgˉ¹ ontleed. Lande word met addisionele fosfor opgebou om ʼn goeie
status te hê. ʼn Goeie pH is nodig vir die fosfor om beskikbaar te wees vir plante. Meestal
word alle fosfor met planttyd toegedien.
Kalium.
Kalium speel ʼn meer indirekte rol in plantvoeding, deurdat dit bydrae tot beter
siekteverdraagsaamheid en kwaliteit. Die meeste gronde bevat voldoende kalium en is dit
nie nodig om te bemes nie. Die tempo van vrystelling kan egter onder besproeiing te laag
daal, daarom is dit goed om altyd onder besproeiing wel kalium toe te dien. Die K-status
moet bepaal word en die pH, sowel as verhouding tot ander katione bepaal die
beskikbaarheid van kalium. Kalium: magnesium antagonisme kan maklik voorkom as die
elemente nie in balans is nie. Die plant sal egter die voedingstowwe opneem, ongeag of
dit in die bo of ondergrond beskikbaar is. Baie gronde se kalium en magnesium verskil
tussen die bo- en ondergrond.
11. Besproeiing.
Die potensiaal van gewasse verhoog dramaties met besproeiing. Verhoogde insette
tesame met duur kapitaaltoerusting maak dit dus belangrik om die beste opbrengste te
behaal. Kultivarkeuse speel ʼn groot rol en moet in samewerking met bestuur en
akkerboupraktyke geskied. Hoofsaaklik drie bestuurspraktyke kan oorweeg word.
Hoë potensiaal dubbeloes stelsel.
Die maksimum opbrengste van 12t/ha en hoër word verwag en tegelykertyd wil daar elke
winter ook koring geplant word. Ultra kort basters (corn belt genetika) teen hoë
populasies van 80 000 tot 100 000 word hier algemeen aanbeveel. Dit vereis baie goeie
bestuur t.o.v. skedulering, bemesting, siekte en insektebeheer.
Medium tot hoë potensiaal.
Goeie opbrengste van 10 tot 12 t/ha word verwag. ʼn Winterseisoen word nie vereis nie,
of daar kan vroeg geplant word. Medium subtropiese basters met ʼn stand van 50 000 tot
65 000 plante/ha word aanbeveel. Goeie bestuur moet steeds toegepas word, maar
stremming kan beter hanteer word.
Lae tot medium potensiaal.
Opbrengste van 8 tot 10 t/ha word verwag. Dit is gewoonlik op lande waar daar nie
voldoende water is nie, die stelsel te min water gee, grondprobleme soos verbrakking
voorkom of bestuur nie voldoende is nie. Medium subtropiese basters teen ʼn stand van
35 000 tot 45 000 plante/ha word aanbeveel.
Almal wil die hoogste opbrengs behaal, maar dit realiseer nie altyd nie. Dit is beter om
die stelsel se tekortkominge te besef, vir ʼn laer potensiaal te mik en steeds wins te maak,
as om hoog te mik en ʼn verlies te maak omdat dit nie moontlik is nie.
12. Skedulering.
Skedulering is die vermoë om die regte hoeveelheid water op die regte tydstip vir
verbruik deur die plant toe te dien. Die waterhouvermoë van die grond, stelsel se
lewering en verbruik van die plant sal ʼn rol speel. Indien die grond versadig is en
vrywater dreineer, is die grond by veldkapasiteit. Die plant sal water onttrek totdat die
kapillêre spanning te hoog raak, wat verwelkpunt genoem word. Die water tussen die
twee vlakke is beskikbaar vir die plant.
Skedulering geskied deur baie boere volgens gevoel, wat baie onakkuraat is. Verskeie
wetenskaplike metodes en modelle bestaan. Die metode wat die maklikste in die praktyk
werk is die bepaling van beskikbare water in die profiel op ʼn gereelde basis en
besproeiing geskied om die profiel nat te hou. Verskeie metodes bestaan om grondvog te
meet, soos tensiometers, neutron vogmeters en ander elektroniese buise. Die belangrikste
is dat lesings gereeld geneem moet word en tendense vasgestel word.
13. Onkruidbeheer
Onkruidbeheer is van kardinale belang, veral gedurende die eerste ses weke van die
gewas. Onkruide kompeteer met die gewas vir vog en voedingstowwe, wat voorkom
moet word. Onkruide kan meganies deur bewerking, chemies of met ʼn kombinasie van
beide beheer word. Hoe kleiner die onkruid is as dit beheer word, hoe makliker word dit
gedood en minder skade word aangerig. Chemiese onkruiddoders kan verdeel word in
selektiewe en nie-selektiewe middels.
Selektiewe middels sal slegs sekere onkruide beheer. Die fisiologie van grasse en
breëblare verskil, sodat die meeste selektiewe middels op een van die groepe geregistreer
is. So kan grasse goed beheer word in breëblaar gewasse en breëblaaronkruide in
grasgewasse. Beveiligers wat meer gewasspesifiek is, maak dat grasdoders in
grasgewasse soos mielies gebruik kan word. Die kanse vir gewasskade is egter hoër in
ongunstige klimaattoestande. Mengsels van breëblaardoders en grasdoders word
algemeen gebruik om goeie onkruidbeheer te gee.
Nie-selektiewe onkruiddoders is middels wat alle plante beheer. Dit kan via
grondwerking wees of slegs deur blaaropname. Laasgenoemde sal slegs plante wat
raakgespuit is, dood. ʼn Bekende nie-selektiewe middel is Roundup. Middels soos
Roundup is ook sistemies, d.w.s. die aktiewe bestanddeel word getranslokeer na alle dele
van die plant, sodat die hele plant vrek. Ander middels soos parakwat is nie sistemies nie,
d.w.s. slegs die blare wat raakgespuit word vrek.
Inligting verskaf deur: Magda du Toit, Kommunikasie Bestuurder, Monsanto Suid
Afrika. (www.monsato.co.za)