Op pad Nov 08

23
Joël 2 Jou gids tot die reis! Trauma: Hoe cope jy? 3 Hoop in die tronk 4 Ware verhoudinge... 5 Die steenkoolsak 6 Waarom bid? 7 Wanneer bedieninge hande vat... 8 Mannebediening reik uit in Botswana 9 Pa-en-seun-paintball-dag 10 Omgeegroep staaltjies 12 African's recreation: Uganda 13 Uitreik op ons voorstoep 15 Getuienis 17 Boekresensies 18 C hristene van oor die hele Suid- Afrika en uit alle sfere van die samelewing het op Woensdag 15 Oktober in Pretoria saamgetrek om hulle namens die kerk en die land voor God te verootmoedig. Hierdie byeenkoms wat Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk gereël het, in samewerking met ander gebedsnetwerke het volgens God se opdrag in Joël 2 plaasgevind. Elkeen teenwoordig het persoonlik belydenis van skuld voor God gedoen. Die genade van God vir sondige mense wat niks verdien nie, het soos ‘n sagte wolk oor die byeenkoms gehang. Daarna het almal teenwoordig skuld- belydenis namens die kerk gedoen. God het geantwoord met Op. 3:8: “Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het ‘n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.” Suid-Afrika verkeer tans in ‘n ernstige situasie wat betref korrupsie, die toe- name in geweldsmisdaad, armoede, ‘n tekort aan geskoolde arbeid, MIV/ vigs, verbrokkeling van gesinne, die wettiging van aborsie en homosek- suele huwelike asook die groeiende onsekerheid oor volgende jaar se algemene verkiesing. Die byeenkoms het die volgende gebed vir ons land gebid: november 2008 vervolg op bladsy 2 Lees binne... Op pad Op pad Solemn Assembly-byeenkoms deur Stella Keyter 15 Volke verenig in gebed voor God Blaas die ramshoring in Sion, bepaal ’n dag om te vas, roep die gemeente bymekaar. Roep die volk op, reinig die gemeente, laat die leiers bymekaarkom.

Transcript of Op pad Nov 08

Page 1: Op pad Nov 08

Joël 2

Jou gids tot die reis!

Trauma: Hoe cope jy? 3

Hoop in die tronk 4

Ware verhoudinge... 5

Die steenkoolsak 6

Waarom bid? 7

Wanneer bedieninge hande vat... 8

Mannebediening reik uit

in Botswana 9

Pa-en-seun-paintball-dag 10

Omgeegroep staaltjies 12

African's recreation: Uganda 13

Uitreik op ons voorstoep 15

Getuienis 17

Boekresensies 18

Christene van oor die hele Suid-Afrika en uit alle sfere van die samelewing het op Woensdag

15 Oktober in Pretoria saamgetrek om hulle namens die kerk en die land voor God te verootmoedig.

Hierdie byeenkoms wat Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk gereël het, in samewerking met ander gebedsnetwerke het volgens God se opdrag in Joël 2 plaasgevind. Elkeen teenwoordig het persoonlik belydenis van skuld voor God gedoen. Die genade van God vir sondige mense wat niks verdien nie, het soos ‘n sagte wolk oor die byeenkoms gehang.

Daarna het almal teenwoordig skuld-belydenis namens die kerk gedoen.

God het geantwoord met Op. 3:8:

“Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek

het ‘n deur voor julle oopgesluit en

niemand kan dit weer toesluit nie. Ek

weet dat julle min krag het, en tog het

julle aan my boodskap vasgehou en

My nie verloën nie.”

Suid-Afrika verkeer tans in ‘n ernstige

situasie wat betref korrupsie, die toe-

name in geweldsmisdaad, armoede,

‘n tekort aan geskoolde arbeid, MIV/

vigs, verbrokkeling van gesinne, die

wettiging van aborsie en homosek-

suele huwelike asook die groeiende

onsekerheid oor volgende jaar se

algemene verkiesing.

Die byeenkoms het die volgende

gebed vir ons land gebid:

november

2008

vervolg op bladsy 2

Lees binne...

Op padOp pad

Solemn Assembly-byeenkoms

deur Stella Keyter

15 Volke verenig

in gebed voor God

Blaas die ramshoring in Sion, bepaal ’n dag om te vas, roep die gemeente bymekaar. Roep die volk op, reinig die gemeente, laat die leiers bymekaarkom.

Page 2: Op pad Nov 08

W A T R O E R D I E R E D A K S I E ?

op pad | november 20082

Diana

“O Lord our God, who transferred

us from the kingdom of darkness to the kingdom of Jesus with a mighty hand, and have made a name for Yourself, we have sinned, we have done wickedly. O Lord, according to all your righteous acts, let your anger and your wrath turn away from South Africa, because for our sins, and for the iniquities of our fathers, we have become a byword among all who are around us. Now therefore, O our God, listen to our prayers and our pleas for mercy, and for your own sake, O Lord, make your face shine upon us.”

Verteenwoordigers van die 15 et-niese groepe van Suid-Afrika is na vore geroep en daar is ingetree vir elkeen van die groepe. Die Here het dit so duidelik gemaak dat ons almal gelyk voor Hom is en dat Hy elke nasie geroep het om sy Naam te verkondig. Daar is ook om vergifnis gevra vir die onlangse aanvalle op buitelanders in ons midde.

Die byeenkoms is afgesluit met gebede vir die wêreld volgens Hand. 17:26–28: “Uit een mens het Hy

15 Volke verenig in gebed voor God vervolg vanaf bl 1

al die nasies gemaak. Hy het hulle

gemaak om oor die hele aarde te

woon. Hy het bepaal hoe lank hulle

sal bestaan en waar hulle sal woon.

God het hulle gemaak om Hom te

soek, al sou hulle ook moes rond-

tas om Hom te vind. Hy is nie ver

van enigeen van ons af nie, want

deur Hom lewe ons, beweeg ons en

bestaan ons.”

Ons loof God dat Hy nooit ver van

ons af is nie.

• Redakteur Diana Rabie, tel nr (012)

997 8018 of [email protected]

• Sub-redakteurs Cilliers Willers & Marinda Bruwer

Sendingredakteur Marésa Maree

• Jeug Koördineerder Chidleen Heymans

Teologiese adviseur Dolf Kruger

Admin Felicia Lategan

• Bladuitleg en advertensies

Adri Pepler, tel nr (012) 997 8019

of [email protected]

• •

Redaksie

November is gewoonlik een van die maande wat teen ’n ongekende spoed verbyvlieg.

Mens moet gedurende dié maand ‘n wavrag werk klaarmaak - alles wat jy wil klaarkry voor die einde van die jaar en alles waarby jy al vir ’n ruk lank nie kon uitkom nie!

Ek beleef altyd in November ge-mengde gevoelens. ’n Groot opge-wondenheid oor die vakansie wat voorlê (die kere wat ek wel so gelukkig was om te kon weggaan in Desember) en ’n redelike gespannenheid oor alles wat nog gedoen moet word voor die heuglike dag aanbreek. Dis dikwels die wonderlike vooruitsig van ’n welkome wegbreek wat jou die nodige woema gee vir die laaste maand en ’n half se honderde take en vakan-sievoorbereidings.

En voor jy jou kom kry is dit al weer Kersfees!

Ons leef ’n baie besige lewe in ’n land wat gebuk gaan onder verskeie moei-likhede, maar nogtans het ons só baie om voor dankbaar te wees. Marésa Maree vertel op bl 14 van die lande waar Christene vervolg word. Bid saam met ander Christene van 9-16 November vir die vervolgde kerk. Lees ook van verskeie projekte waar ons bedieninge en lidmate uitreik na ander wat minder het as ons - mense hier naby ons of op verafgeleë plekke soos

die Mannebediening se uitreik na Botswana en die ongeloof-like verhale wat Maxie-hulle in Uganda gehoor het.

Ek besef net weer hoe bevoorreg ons is om in Moreletapark Gemeente te wees.

Hier is soveel geleenthede om na behoeftiges uit te reik en soveel kursusse en geleen-thede om te leer hóé om te getuig en ander te help en ons het sulke spesiale eredienste. Ek en jy moet net besluit wan-neer en waarheen ons gaan en dit doen!. Ons het nie meer ’n verskoning nie, ons moet net tyd maak en Jesus wees vir die mense rondom ons!

Baie sterkte vir al die dinge waarmee jy besig is in Novem-ber, mag die Here jou sommer nuwe krag en lewenslus gee!

Page 3: Op pad Nov 08

3op pad | november 2008

Talle van ons is deesdae die

slagoffers van trauma. Dit

neem tydelik die keuse uit ons

hande, maar ons kan tog kies om

nie in gevangenskap te leef nie maar

om daardeur te groei in die vryheid

van Jesus Christus.

In ‘n lewensgevaarlike situasie gaan

ons liggame in ‘n stresreaksie.

Adrenalien word vrygestel, sodat

jy kan veg of vlug. Die simpatiese

senuweestel sluit die spysvertering-

stelsel af en energie gaan na die

spiere toe. Jou hartklop versnel om

suurstofryke bloed te voorsien. Die

aggressie-emosie word geaktiveer,

maar sonder ‘n uitlaatklep het dit ‘n

vernietigende effek op jou liggaam

en jou verhoudinge.

Ons is na God se beeld gemaak -

gees, siel en liggaam. Trauma moet

in al hierdie dimensies hanteer word.

Fisiese oefening, tuinmaak en iets

kreatiefs kan help om van die adre-

nalien ontslae te raak.

In die sielsdimensie moet jy so gou

moontlik van die destruktiewe emo-

sies en denke ontslae raak. Moenie

die emosies onderdruk, misken of

vergeestelik nie. Vul jouself met

opbouende denke en emosies. Ledig

eers die koppie vol seer, haat, skuld

HOE

COPE JY?

rauma:

deur Marietjie du Toit

en kwesbaarheid, soos ons sien in

die voorbeeld van Jesus in Getse-

mané. Praat met iemand wat jy kan

vertrou oor die emosies wat jy beleef,

of gaan klop aan by ‘n trauma-

berader.

In die geestesdimensie is daar vrae

soos: “Waarom gebeur dit met my

- is God dan nie in beheer nie?”

Onthou, ons leef in ‘n gebroke

wêreld, maar is nie van hierdie

wêreld nie. Dood en lewe is in God

se hande. Vertel God van jou vrae en

hoe jy teenoor Hom voel. God gee

ons nie ‘n gees van vreesagtigheid

nie. Die beste teenvoeter vir vrees

is geloof. Leef jou posisie in Jesus

Christus. Maak God se beloftes jou

eie en leef dit daagliks.

‘n Deel van oorwinning is om te

vergewe. Spreek die oortreder vry

en spreek ook jouself vry van al die

emosies van angs, haat, aggressie of

skuldgevoelens. Neem die vryspraak,

vrede, vreugde, liefde en lewe in

Jesus Christus as jou eie.

Vir hulp, kontak Alta by die Onder-

steuningsentrum: (012) 997 6651 of

[email protected].

• Marietjie du Toit is ’n kliniese

sielkundige en mentor en hoof van

die trauma afdeling by die

Ondersteuningsentrum.

Page 4: Op pad Nov 08

op pad |november 20084

Die pikswart vloere blink,

maar is tog leweloos. Die

meeste van die mure is vaal,

so half gryserig en verder lyk dit of

alles verder beige is. Dis 'n vaal,

eentonige, vervelige prentjie. Dis die

tronk.

Met my heldergroen hemp staan

ek soos 'n seer oog uit. Die helder

kleure bots met alles daarbinne. Ek

voel of ek uitstaan en gesien word.

Dis gelukkig presies wat ek wil hê.

Almal kyk na hierdie vreemde man

met die groen hemp.

Ek wil met die kleure van my klere

hoop indra. Ek wil met die helder

kleure sê daar is vryheid in die

lewe. Eintlik wil ek uitskreeu dat jou

gesindheid kleurvol en positief kan

wees ten spyte van die swart en grys

en beige om jou. Daar is waaragtig

hoop!

Niemand kan jou gesindheid en hart

swart verf nie - net jy kan. Niemand

kan jou bui grys kleur nie - net jy

kan. Niemand kan die keuse maak

van watter kleur jy jou binnekant wil

hê nie. Dis jou keuse alleen. Selfs

met die vaal tronkbeddens en tronk-

kos kan jy kies hoe jy voel. Die lewe

is 'n keuse!

Ek kuier lekker by my “gashere” in

die tronk. Ons praat oor die kos

in die tronk en McDonalds daar

buite. Ons gesels oor brood en bot-

ter en jam. Daar is soveel mede-

gevangenes wat minder as hulle het.

Soveel van hulle kry nooit besoeke

nie. Soveel van hulle het geen voor-

uitsigte as hulle daar gaan uitstap

nie.

Ons praat oor die lewe, die Here

en hoop. Ons praat oor keuses en

die bewaring van jou hart en ge-

sindheid. Hulle bou my op. Ek word

gelig. Ja, ek met die helder groen

hemp word aangeraak deur hulle

wat leef in die beige, grys en vaal

tronk.

Dis helder groen in hulle hart en dis

al wat vir my saak maak.

Hoop in die tronk

deur Johan Smith

Die twee-jaar sertifikaatkursus leer jou om berading vanuit ‘n sterk Bybelse konteks te doen. Met hierdie sertifikaat kan jy aansoek doen

as Leke-Berader by o.a. Die Raad van Beraders (Council for Councellors)

G e a f f i l i e e r b y N o o r d We s U n i v e r s i t e i t ( P o t c h e f s t r o o m )

Navrae Alta: 012 997 6651 / [email protected] - Marietjie: 082 673 5223 / [email protected]

Wil jy berading doen maar voel nie bevoeg nie?

beradingbera

ding

K U R S U S in Bybelse berading

Page 5: Op pad Nov 08

5op pad | november 2008

… begin sowaar by my.

Dié gedagte

het my laat

dink aan

ons gemeente se

reuse-aksie: Every

member a minister

op pad na 10 mil-

joen mense vir die

koninkryk!

Ek het gewonder:

Hoe, waar, wie,

wanneer? Toe

kom wys Vader hoe

groot Hy dink en hoe

maklik Hy enigiemand,

reg onder jou neus, kan

plaas. Dis ons wat blind is,

te besig is en vergeet om op

te kyk.

By ‘n huis in ons kompleks merk ons

eendag rook uitborrel – ‘n foutiewe

stoof se skuld. Die eienaar, ‘n

pragtige vrou, staar verstom toe sy

eindelik arriveer. By haar, ‘n pragtige

krulkop seuntjie (3 jaar) en ‘n ses

weke oue babatjie.

Ek het aangebied om na die

kindertjies om te sien, wyl die rook

bedaar. Spontaan het trane oor haar

wange gerol. “Hierdie week is alles

net te veel...” Op my vraag of haar

man op pad is, antwoord sy eerlik:

“Daar is niemand nie... Ek is alleen

en het pas weer begin werk, dis

nogal dol”.

Hierdie is ‘n enkel-mamma, wat

altyd vriendelik glimlag. Was dit nie

vir die rookseine nie, sou niemand

weet van haar nie.

Ons het vriende geword,

want sien, ek was ook

só ‘n mamma, ek

verstaan goed. So

weet Vader presies

wie om oor my

pad te bring. Sy

het ‘n hart van

goud en twee

prag-gesiggies.

Jesus het haar

lief soos vir my en

sy hand koester

hulle drie-eenheid.

Laat die kindertjies

na my toe kom…

Sy het dit nie breed nie,

maar kan getuig dat die

Here goed is en in alles voor-

sien. Ek doen doodgewone goed:

‘n rit na die dagsorg of soms ‘n

eetdingetjie.

Maak net oop jou oë, dit hoef nie

geld te kos nie. Liefde en beskik-

baarheid verskuif berge en in hierdie

geval glo ek, is ‘n berg van verwer-

ping en oordeel omgespit.

Moenie net stap nie, stop gereeld.

Jesus het by baie mense gestop. Dis

hoe mens verhoudinge in liefde bou.

Ons almal dors daarna.

verhoudingeWare

verhoudinge…

deur Felicia Lategan

Page 6: Op pad Nov 08

op pad | november 20086

Romeine 10:8

'n Ou man het iewers in die berge gebly saam met sy klein-

seun. Oupa se gewoonte was om elke oggend dou voor dag op te staan, die ou koolstoof aan die brand te kry, dan vat hy sy ou gehawende Bybel en gaan sit in die lekker warm kombuis by die tafel en lees uit die Bybel. Die kleinseun het Oupa nageboots en ook soggens by die kombuistafel gaan sit en lees.

Maar iets het die knapie baie gepla: "Ek probeer die Bybel lees soos Oupa, maar ek verstaan nie wat ek lees nie, en netnou het ek alweer alles vergeet.”

Oupa het diep gedink en toe sien hy 'n leë steenkoolsak, al pikswart gevlek van die roet wat langs die stoof lê. "Boetie, gaan haal vir Oupa 'n sak vol water in die stroompie hier onder".

Gretig om Oupa te plesier, spring die knaap daar weg met sy goiingsak en laat vat af stroompie toe. Met die sak oor sy skouer hardloop hy terug huis toe na Oupa wat sukkel om nie uit te bars van die lag nie. Natuurlik was die sak leeg gelek teen die tyd dat hy by Oupa aankom.

"Ai man!", sug Oupa, "jy sal maar weer moet probeer jong!", en daarmee suiker die knapie weer af riviertjie toe met sy sak.

Hierdie slag hardloop die outjie terug met die sak water so vinnig as wat sy beentjies hom kan dra, maar steeds is dit verniet, want natúúrlik is die sak weer leeg met sy aankoms. "Nee Oupa,"blaas hy uitasem, "dis onmoont-lik - hierdie sak lek!" en daarmee gooi hy die sak eenkant en gaan gryp 'n emmer.

"Nee Boetie", keer Oupa hom, "ek wil nie 'n emmer water hê nie, ek wil 'n sák water hê! Toe jong, jy kan dit mos doen!" Die seun het lankal besef dat hy besig is met 'n gejaag na wind, maar

hardloop met sy lekkende vrag so vin-nig as wat hy maar kan na Oupa toe.

"Nee Oupa, dit werk nie!", huil-sê die outjie moedeloos.

"Dink jy rêrig dat daar niks gebeur het nie?", vra Oupa, "kyk dan 'n slaggie na die sak.”

Hy besef skielik dat die sak nou skoon is - al die steenkoolstof is uitgewas!

"Boetie", sê Oupa, "as jy die Bybel lees, verstaan jy dalk nie alles wat jy lees nie, en vergeet baie daarvan,

Dit gaan ook so met kerkbesoek. 'n Mens gaan nie kerk toe om net die preek te onthou nie. Maak 'n punt daarvan om die wonderlike samesyn van medegelowiges te koester, en gee jou hele wese oor om van binne vernuwe te word deur die besondere teenwoordigheid van God in die erediens. Bedoel elke woord wat jy sê wanneer jy sing en drink die heiligheid wat jy daar ervaar in. Dan maak dit nie meer saak as jy nie die preek so mooi kan onthou nie.

Dieselfde geld vir die Bybel: Wanneer jy daarin lees, laat die Heilige Gees toe om jou siel en hart aan te raak sodat elke woord vir jou 'n wonderlike belewenis kan word, sodat dit jou van binne af kan vernuwe.

DIE Steenkoolsak

maar terwyl jy lees

gebeur iets met jou.

Jou binnekant word

verander - jy word

as't ware skoonge-

was van binne.

"...Naby

jou

is die

woord,

in jou

mond

en in jou

hart. Dit

is die

woord

van die

geloof

wat ons

verkon-

dig" Rom

eine

10:8

Page 7: Op pad Nov 08

7op pad | november 2008

Al ooit gewonder of gebed regtig werk? Dit is nogal ‘n strikvraag. As jy sou sê: ”Ja,

dit werk,” dan weet jy dat jy by tye ernstig vir iets gebid het en dat dinge anders uitgedraai het. As jy sou sê: “Nee, dit werk nie,” klink jy darem baie ongelowig en weet jy tog ook voor jou siel dat jy al vir God goed gevra het en dat dit dan, soos jy gevra het uitgewerk het.

Miskien moet ons heeltemal anders oor gebed dink. Miskien moet ons eerder sê dat gebed in die eerste plek oor God gaan en nie oor ons

Waaroor gaan kerkwees regtig? Gaan dit oor wonderlike eredienste of betrokkenheid in die gemeenskap, of oor ‘n mooi gebou? Die hart van kerkwees is om God te

verheerlik. Kerkwees gaan oor God.

Die 24/7-gebedskamer is omskep om baie meer op God te fokus as op onsself. Vir die grootste gedeelte van die dag word God aanbid, net omdat Hy God is. Daar word baie tyd aan dank en lofprysing spandeer. Vir vier ure van die dag lees ons net die Woord. Daar word ook tyd gegee aan intersessie. So, die 24/7-gebedskamer is nou toeganklik vir énige gelowige. Jy hoef nie ’n intersessor of ‘n "swart-belt bidder" te wees om deel te neem aan die aanbidding van God nie. As jy nie kan bid nie, neem ’n halfuur gleuf en kom lees net God se Woord hardop. Dit beloof om ’n lewensveranderende ervaring te wees.

Vir meer inligting, kontak Susan Foord by 082 903 0095 of e-pos: [email protected]

Op 22 September 2008 het ons gemeente

se gebed “Ops-kamer” begin funksion-

eer. Die ops- kamer word tussen 08:00

en 16:00 deur vrywilligers en personeellede be-

man. Hierdie mense sit gereed om vir dringende

gebedsversoeke te bid. Indien jy enige gebedsver-

soek het kan jy dit via e-pos na pray@moreleta.

co.za of per SMS na 076 351 8383 stuur.

Die persoon aan diens sal dadelik vir jou intree

en vir jou terug laat weet dat daar vir jou gebid

is. Maak gebruik van die geleentheid en maak dit

ook so wyd as moontlik bekend.

Indien jy as vrywilliger in die Ops-kamer wil diens

doen, kontak vir Elna by 012 997 8115 of

[email protected].

nie. God het dit immers aan ons gegee, Hy het dit uitgedink, nie ons nie. God wil graag hê dat ons meer tyd met Hom moet spandeer. Ge-durende hierdie tyd van saamwees “wys Hy ons sy hart” en “hoor Hy ons hart”. Jy leer immers net iemand beter ken as jy tyd saam met ’n per-soon spandeer.

Een van die grootste voorregte wat God ons gun is om vir ander mense te kan bid. Dit is nogal voordelig, want as jy met God oor iemand praat, baat jy tog self ook geweldig baie daarby, want al vra jy namens

iemand anders, is dit tog jy wat in God se teenwoordigheid kom. Ons behoort eintlik elke geleentheid om in God se teenwoordigheid te kom aan te gryp.

So, gebed is nie ’n “nuuskonferensie” of jou daaglikse inligtingsessie of kla-sessie by God nie. Nee, gebed is vir God kosbaar en belangrik, want ons lees in Op. 8:3 dat Hy al die gebede van die gelowiges in ’n groot bak opvang en dat Hy dit voor Hom laat bring net voor die einde van die wêreld. Doen moeite om tyd saam met God te spandeer, dit is die moeite werd.

bedieninge @moreleta

d e u r Peet Grobbelaar

Waarom bid?

Die “Ops-kamer” is volstoom aan die gang

24/7-gebedskamer krynuwe baadjie

Page 8: Op pad Nov 08

op pad | november 20088

Kina Hutton en Mariaan Kruger

bied elke Maandagoggend

om 09:00 ’n naaldwerkgroep

vir vroue uit Nelmapius, Mamelodi,

Hammanskraal, die plakkerskamp

en huishulpe van Moreletapark

aan. Hier in die grootsaal leer hulle

klere maak om selfonderhoudend te

word.

Kina-hulle is reeds vier jaar besig

met hierdie opheffingswerk en het

gevoel dat die dames ook besig-

heidsvaardighede moes leer.

Sonia le Roux, ’n sendeling van

Moreletapark, het die roeping gekry

om minderbevoorregtes, hoër-

skoolkinders, eienaars van mikrobe-

sighede en ander in besigheidsbe-

ginsels op te lei.

Kina se groep was so dankbaar. Hulle het vir die

eerste keer besef daar is meer in besigheid as

net koop en verkoop. Beplanning, voorsiene en

onvoorsiene uitgawes, vraag en aanbod, bemar-

king, onderhandelingsvaardighede met die sluit

van kontrakte en noukeurige boekhouding van

alle uitgawes en inkomste is van groot belang.

Hierdie model is gebaseer op ‘n bordspel wat

hulle die beginsels leer deur aksie-onderrig en

praktiese demonstrasie. Die model is eg Suid-Afri-

kaans en word ook in 70 ander lande vir entre-

preneurs aangebied.

Ons gee mense weer hoop te midde van hulle

omstandighede. Terselfdertyd gee Sonia aan el-

keen ‘n boekie van Every Home for Christ met die

evangelie en hoe om vir Jesus te kies.

Vir meer besonderhede kontak Sonia le Roux by

072 505 3368 of [email protected].

Wanneer bedieninge

hande vat...

deur Sonia le Roux

... dan jubel die koninkryk want ‘n arm het sy hand gekry!

Page 9: Op pad Nov 08

Kort uitreike waarby ons

gesinne betrek verander

heelwat lewens. In plaas van

brand-name klere is kinders

nou tevrede met ‘n goedkoper item

en sal eerder klere skenk as om dit

weg te gooi.

Drie dae voor die uitreik van 3 tot 5

Oktober het ons ‘n inligtingsessie vir

spanlede gehou. Daar was ‘n groot

tekort op ons begroting wat die sen-

deling se finansiële nood sou verlig

en kospakkies, Bybels en geestelike

literatuur sou verskaf. Ons het dit met

die span gedeel tydens hierdie sessie.

Die dag net voor ons vertrek het ie-

mand ’n bedrag geskenk – nog meer

as die tekort! Prys die Here daarvoor!

Ons het ook groot guns by die

grenspos ondervind toe die doeane-

beamptes ons op die naam in Afri-

kaans groet: “Welkom ons ambas-

sadeurs van die Here. Please pray

for rain again - last time when you

prayed, we were blessed abundantly

with rain”.

Ons het Vrydagmiddag in Mahalapye

by die sendingstasie van Richard en

Liz Monks aangekom. Vrydagaand

het ons die Jesus-film aan 150

mense op die sokkerveld vertoon. ‘n

Spanlid het agterna gevra: “As hulle

so tevrede kan wees met so min,

hoekom is ons so ontevrede in ons

oorvloed?”

By Sephari werk suster Francis met

‘n groep van 120 vigswesies. Die

16 tot 45 jariges is reeds byna deur

vigs uitgewis. Tydens gebed het dit

duidelik geword dat daar heksery en

voorvaderaanbidding betrokke was.

Onvergewensgesindheid, haat en

woede was ook van die gebedsver-

soeke.

Saterdagaand het ons die

sendelinge met ‘n formele

ete trakteer en ’n boodskap

oor die koning, priester en

profeet-beginsel gebring.

Sondagoggend het die

groep by die sendingstasie

bymekaar gekom waar ons

eie past. Stephen Temeki die

Woord bedien het. Gebede

het opgegaan vir ‘n kerkge-

bou, asook vir reën in die

versengende droogte.

Nog ’n wonderwerk het ge-

beur toe ons voor die uitreik

vir Toyota SA gevra het om

vir ons ’n voertuig te leen vir

die uitreik. Dit was teen hul

beleid, maar toe ons verdu-

idelik waaroor dit gaan en

dat dit vir vier mense is wat

op ’n uitreik gaan, het hulle

vir ons ’n luukse Fortuner

4x4 geleen met ’n vol tenk

petrol! Toe ons die voertuig

terugneem was die werkne-

mers baie geinteresseerd in

die uitreikgebeure en het vir

foto’s gevra vir hulle ver-

toonlokaal.

Die oes is groot, maar die

arbeiders min.

Kom gerus volgende keer

saam wanneer ons weer

uitreik Botswana toe of vind

uit hoe jy betrokke kan raak.

Navrae: Michal Grob-

belaar by 082 783 7469,

[email protected]

of besoek die Mannebedien-

ing by toonbank 3 na die

oggend- of jeugdiens by

Woodlands.

Mannebediening reik uit in

Botswana

Die oes

is groot,

maar die

arbeiders

min.

deur

Michal Grobbelaar en

Charmaine Vermeulen

9op pad | november 2008

Page 10: Op pad Nov 08

op pad | november 200810

Pa’s en seuns het mekaar op 20 September kom aanvat in die Paintball Arena. Die doel van

die dag was om pa’s en seuns die geleentheid te gee om prettig saam tyd te spandeer.

Ons het hulle in vier groepe opgedeel: Pa’s met seuns in die ou-derdomsgroepe 6 tot 8 jaar, 9 tot 13 jaar, 14 tot 17 jaar en ’n ope groep.

Die dag was ‘n groot sukses en hope pret. Die Mannebediening het ook die dag ondersteun. Seuns het die kans gekry om hul pa’s bietjie by te kom met die verfballe. Ons moet egter bieg dat die pa’s se weermag-ervaring hulle die oorhand gegee

d e u r Rassie Fourie

Pa-en-seun

het. Die grootste bloukol het die meeste aandag geniet!

Die weersomstandighede het ver-swak nader aan die einde van die dag. Die wind op die hoogte by die Woodlandssentrum het die “arena” uit sy penne uit geskeur en ons moes die laaste twee wedstryde sonder die arena voltooi.

Tussendeur het almal ook lekker saam worsbroodjies gebraai en die dag was ‘n wonderlike geleentheid om saam te kuier en verhoudings te bou. Ons beplan weer so ‘n dag vir aanstaande jaar.

Baie dankie aan almal wat kom deelneem het!

-paintball -dag

KersdiensteKe

rsdien

steKom geniet die besonderse drama, 'Die Tjello' op

Sondag 30 November om 09:00 in die Woodlandssentrum.

'n Spesiale jeug Kersdiens vind ook om 17:30 plaas. Bring jou kinders en tieners, of kom self as jy van 'n lewendige aanbiddingstyl hou. Kom ervaar Kersfees met drama, musiek en 'n spesiale Kersboodskap! Nooi gerus vriende, familielede, kollegas en mense wat nie 'n plek van aanbidding het nie saam. Navrae: 012 997 8000 of [email protected]

Page 11: Op pad Nov 08

11op pad |november 2008

Die woorde van ‘n lied wat ek tydens my skooljare by ’n ATKV-kompetisie gesing het,

het by die laaste Omgeegroepleier-opleiding vir my nuwe betekenis gekry:

“Set my hands upon the

plough, my feet upon the

sod

Turn my face towards the

East and praise be to God.

Every year the rains do

fall, the seeds they stir and

spring,

Every year the spreading

trees shelter birds that sing.

From the shelter of my heart,

Father drive out sin.

Let the little birds of faith

come and nest therein.

God has made His Son to

shine on both you and me.

God who took away my eyes

that my soul might see.”

(Onbekend)

Met hierdie woorde wat Hy opnuut op my hart druk, besef ek net weer-eens dat, alhoewel Moreletapark Ge-meente meer as 20 jaar in die pad af is, daar nog groot landerye vir ons wag waarvoor Hy ons tot aksie roep.

Met die onlangse omgeegroepleier-opleidingservaring was daar soos altyd ‘n groot bederf vir elkeen van die 20 mense wat die geleentheid bygewoon het. Die simboliek van 20 mense wat die opleiding bygewoon het in die maand waarop Moreleta 20 jaar gelede met 20 vrywilligers begin het, gaan beslis nie onge-merk verby nie. Terselfdertyd is dit asof God al hierdie “mylpale” laat saamloop om ons almal te herinner daaraan dat, alhoewel Moreletapark beslis trots kan wees op sy geskie-denis as ‘n omgeegemeente, daar nog baie werk vir elkeen van ons voorlê – 10 miljoen mense se werk.

Hierdie groot taak, net soos jou roeping as omgeegroepleier, is te groot om in ons eie krag aan te pak. Maar dit is juis met hierdie besef van hoe klein elkeen van ons is dat ons bewus word van ons absolute afhanklikheid van Hom. Dit is net op hierdie punt in die kursus waar die Gees keer op keer getrou opdaag en lewens verander.

Hy verwag dat ons elkeen van ons ons verlede agter ons moet los en

vorentoe kyk, dat ons ons menslike struikelings, struwelinge en skuldge-voelens by sy voete kom neerlê sodat Hy ons opnuut kan skoonwas met sy oorvloedige liefde. Hierdie onbeskryf-like groot liefde is weer prakties ge-demonstreer met die groot seën wat Hy tydens die sessie oor ‘Dienende leierskap’ oor elkeen van die 20 kursusgangers uitgestort het. Hy het opgedaag om ‘n persoonlike bood-skap van vrede, liefde en rustigheid vir elkeen te gee.

My wens is dat elke leser die warmte van God se teenwoordigheid soos die eerste strale van die oggendson sal ervaar. Dat elkeen elke dag om sy wil sal vra en sal oorgaan tot aksie deur jou hand aan die ploeg te slaan. Dat die bome van sy beskerming vir julle skadu sal gee in die tye wat die wêreld se dinge bietjie druk. Dat julle deur sy Gees die moed sal hê om sy liefde met iemand te deel, en dat julle blind sal word vir die mensgemaakte struikelblokke en verskonings en geleenthede sal raaksien en aangryp om sy naam groot te maak. Alle lof kom Hom toe!

Vir meer inligting oor die lewens-veranderende omgeegroepleier-opleidingservaring, kontak gerus vir Karus: (012) 997 8045 of Connie: (012) 997 8064 of besoek die web-werf by www.moreleta.org.

20 Jaar, 20 mense, groot landerye

Persoonlike getuienis deur Eugene Stavast

Page 12: Op pad Nov 08

Omgee

op pad |novemeber 200812

deur Richard Chinner

E k onthou nog hoe oom

Fred Nelson vertel het hoe

hy die weerstand teen ve-

randering in sy groep, wat uit senior

burgers bestaan het, afgebreek het.

Hulle was stoere NG Kerk lidmate

wat nie hande wou ophef nie. Op ’n

stadium tydens lofprysing het oom

Fred die musiek gestop en gevra of

die groep hul regterhand in die lug

kan steek. So ook met die linker-

hand. Toe almal se hande in die lug

was, het hy gesê: “Hou dit net daar

terwyl ons die volgende lied sing.”

Ek en Dirkie [ds Dirkie van der

Spuy] het lank terug onafhanklik

van mekaar ons pinkies in dieselfde

week beseer – ek tydens ’n spanbou

by die werk en Dirkie in ’n poging

om ’n tennisbal te vang. Die bese-

rings was pynlik en ons kon dit nie

wegsteek nie. Omgeegroepleiers het

ons toegedraaide pinkies vreemd

gevind. Dirkie het gespot dat ons

’n “verbond” gesluit het waarvan ‘n

toegedraaide pinkie die teken was.

Hy het dit egter gou reggestel, maar

nie voordat ’n paar mense lekker

daaroor gelag het nie.

Naas ons troudag het ek die groot-

ste liefde en omgee in die omgee-

groepbediening ervaar. Daar was ’n

tyd toe ek ernstig siek was vanweë

’n hartklep-defek. Mense het vir my

gebid en my bemoedig uit die Skrif.

’n Tweede groot pluspunt van

omgeegroepe is die feit dat jy aan-

spreeklik gehou word vir jou keuses

deur mense wat vir jou omgee. Jy

besef ook dat jy nie met ander kan

praat as jou eie lewe en verhouding

met die Here nie reg is nie.

Dis ook die plek waar die Here in

besonder werk, soos die wonder-

werke van vroue wat gesukkel het

om swanger te raak wie se lewens

verander is na voorbidding tydens ’n

nagmaal in die omgeegroep. Dan

ook familielede wat tot bekering

gekom het en verligting van chron-

iese pyn na gebed.

Omgeegroepe het my ook lank

die geleentheid gebied om gawes

waarmee die Here my vertrou het

te gebruik om vir ander tot seën te

wees. As jy ander dien, dan ontvang

jy dikwels soveel terug.

Omgeegroepe bring geestelike groei.

Daar is min dinge wat my soveel

versterk en energie gee as om te sien

hoe die Here ’n persoon "omdop" en

’n dissipelskappad met hom/haar

begin loop. Dikwels het mense voor

ons oë verander, van onseker skaam

mense wat miskien ’n bietjie vorm-

godsdiens bedryf het, tot uitgesproke,

doelgerigte leiers. Dit is ’n groot

voorreg om ’n rol in daardie meta-

morfose te speel.

Omgeegroepe het my kinders oor

die jare van wonderlike rolmodelle

en my van besondere vriende voor-

sien. Dit het ons dikwels in aanraking

gebring met interessante mense met

’n ander agtergrond, temperament of

gawes. Ons het nie alleen met hierdie

mense deur die bediening in aanra-

king gekom nie, maar hulle het ware

vriende geword.

bedieninge@moreleta

Omgeegroep-staaltjies

Page 13: Op pad Nov 08

13op pad | november 2008

Op-die-sendingpad

“Africa cannot be fixed… it

must be recreated, by her

own people…” – from

Erwin McManus’ book, Wide Awake.

A group of nine people from our

congregation recently attended the

second Watoto, Hope for Africa’s

Children Conference held in Kampa-

la, Uganda. Our group consisted of

Rev. Hendrik Saayman and his wife

Jurita, three members of personnel,

Johan Grobler from Vastfontein and

two members of our congregation

who is also involved at Vastfontein.

The stories of Uganda’s people

remain with me. The young boys tell

of their abduction, how they were

forced to become soldiers and kill

their own families. The girls talk

about how they became wives to the

Lord’s Resistance Army (LRA) soldiers

and were used as sex objects at the

fragile ages of eight, ten or twelve.

I listen to a young man explaining

how they cut off his fingers, his lips

and his ears to make an example

out of him. Another young woman’s

nose was cut off and she tells how

she is trying to live a normal life with

her children she had with her LRA

husband. It is beyond belief, beyond

understanding – how can such things

still be happening today?

Shining through the pain and an-

guish are other stories, of the most

graceful forgiveness. These people

have suffered so much, they have

lost so much – yet they are ready to

forgive those who caused all their

pain. They are ready to move on…

they are ready to become free, to

move from the nightmares, to dream

again. Somehow, they have found

that the only way for that to happen

is to forgive – forgiveness sets them

free from their pain.

A journalist wrote a documentary,

and her last question to Ugandans

was: “What is more important – five

men to stand trial at the international

criminal court, charged with war

crimes, or lasting peace if there is

amnesty for them and they come out

of the bush?”

Most of the Ugandans responded:

“Forgive them, so we can have

peace.” and “Set them free, so that

we can be free.” Could this be the

kind of love that Jesus was talking

about when he said we were to love

our enemies?

Africa’s recreation -

deur Maxie van der Merwe

Watoto has built homes for over 1

700 orphaned children. They have

a “baby Watoto” that cares for 84

babies and they are building a new

500-bed children’s hospital. Watoto

also hosts some of the best schools

and vocational schools. During the

conference, we had lunch with a

house mother and the eight children

she cares for. These children truly

have hope and a future now.

One of the boys who came to Watoto

as an orphan, grew up, went to study

social work and is now one of the

social workers employed by Watoto

to rescue other vulnerable children.

Yes, we saw the faces of the former

child soldiers, of those abused wom-

en. We were amazed and surprised

– all these faces wore a true, honest,

authentic smile. All their stories were

told, not because of the tragedies,

but because of the hope, freedom,

love

Uganda

Page 14: Op pad Nov 08

d a n g e r

op pad |november 200814

Word Christene nog in 2008 vervolg omdat hulle in Jesus glo?

Vir ons is dit so algemeen om nie net een nie, maar 'n paar Bybels te besit en self te besluit waar en wanneer ons daaruit wil lees.

Dit is deel van ons weeklikse pro-gram om op ‘n Sondagoggend en vreesloos kerk toe te gaan en daarna saam te kuier.

‘n EEIII of Jesus-film uitreik is van die geleenthede waaruit ons kan kies wanneer ons vir ander openlik van Jesus wil vertel.

Daar is Christelike boekwinkels, be-radingskole en omgeegroepe vryelik beskikbaar waardeur ons geestelik kan groei.

Vir Christene in lande soos: Noord Korea, Saoedi Arabië, Iran, Somalië,

Maldives, Jemen, Bhoetan, Vietnam, Laos en Afganistan is dit onwettig om ‘n Bybel te besit, as ‘n groep gelowiges bymekaar te kom of om vir ander van Jesus te vertel.

Vir “oortredings” soos hierdie, word hulle daagliks dopgehou, ontvoer, toegesluit, gemartel of wreed in die openbaar teregge-stel.

Bid vir ons broers en susters wat gevangenes is en mishandel word, asof jy sélf ‘n gevangene is en mishandel word - Heb 13:2.

Broer Andrew* het gesê: “Mens kan nie vir herlewing vir een helfte van die liggaam bid, terwyl mens vergeet van die ander helfte wat ly onder beperkings, nie”.

* Broer Andrew is die stigter van Geopende Deure, ’n sendingor-ganisasie wat werk vir die vervolgde kerk en hul lidmate onder-steun.

Bid saam met Christene wêreldwyd vir ons broers en susters in nood tydens die Internasionale Dae van Gebed vir die Vervolgde kerk vanaf 9-16 November.

Vir meer inligting en gebedsversoeke: www.idop.org of www.persecution.com

Bid ook vir die VERVOLGERS: www.atfp.org

Internasionale dae van GEBED vir die vervolgde

kerk

• Religion without the Holy Spirit

• Christianity without Christ

• Forgiveness without Repentance

• Salvation without Regeneration

• Politics without God

• Heaven without Hell

9 – 16 NOVEMBER 2008

the chief d a n g e r of the

20th century will be:

- William Booth, stigter van die Salvation Army

Page 15: Op pad Nov 08

15op pad | november 2008

Met die onlangse gemeente-uitreik op Sondag 21 September kon ons ook die-

gene op ons voorstoep bereik – die plakkers reg langs die Woodlands-sentrum.

Ons het ’n paar verskillende uitreik-aksies in een gehad:

• Hannes Snyman se Clinics4Jesus het met sy mobiele kliniek ’n merk-bare verskil gemaak.

• Cross of Hope van Tersia en Alvar Olivier het die lemoene voorsien wat ons as aanknopingspunt vir ’n gesprek met iemand gebruik het.

Hulle hou gewoonlik Sondag-uitreike met ’n veld erediens en ook rommel opruimingsaksies. On-geveer 180 daklose mense woon die eredienste elke week by. Kos word vir die opruimingswerk geruil.

• Verder het ons gesien hoe Colin en Denise Dredge se Tswelopele Step-by-Step-projek werk om die dakloses op te lei. Met die Sondag-uitreike se velddiens en veldskool word onder meer Engelse klasse en lewensvaardighede aangebied. Net onder die 200 mense woon dit per week by en hulle word met kos beloon.

• Die gemeente het evangelisasie boekies in Tswana en Engels voor-sien om lidmate te help om met die mense oor die evangelie te praat.

• Ons het verder gesien hoe maklik dit is om in ’n taal te getuig wat jy nie eers ken nie. Jannie Davel het demonstreer hoe hy Megavoice Bybels uitdeel waarna die dakloses

kan luister. [Megavoice is amper soos ’n radiotjie waarop jy na die hele Bybel kan luister. - Red] Hy getuig van vele bekerings wat so geskied.

Die boodskap van die dag het ’n Christelike perspektief op die situasie bepleit: Jesus se groot gebod is: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Mat 22:37-40). Dan lees ons verder dat ons tegemoetkomend teenoor vreemdes moet optree (Mat 25:34-46). Die groot opdrag wat Jesus vir ons gelaat het is: “Maak dissipels van al die nasies” (Mat 28:19).

Ons weet dat daar onwettige immi-grante ook is, maar daar is geen wet wat ons verbied om God se Woord onder hulle te versprei nie. Ons president het ons versoek om die uitlanders by te staan toe die xenofo-biese krisis uitgebreek het.

Die voedsel wat geruil word vir klasbywoning of opruimingswerk voorsien in die basiese behoefte en help om misdaad te voorkom. Die belangrike aspek bly egter om “ewige voedsel” te voorsien wat die mense saam met hulle kan neem wanneer hulle terugkeer na hul geboorteland.

Die Tshwane munisipaliteit is tans in gesprek met verskeie partye om volhoubare oplos-sings te probeer beding. Bid asseblief vir hierdie proses en vir die beste oplossing.

Vir meer inligting, kontak Alvar Olivier by 078 802 8542 of [email protected].

bedieninge@moreleta

Uitreik op ons voorstoepdeur Alvar Olivier, Christelike Gemeenskapsdiens

Page 16: Op pad Nov 08

op pad | november 200816

“Laat jul lig so skyn voor die mense…”

Die boodskap op die swartbord

Ons as God se kinders

is almal geroep om ge-

tuies vir Hom te wees.

As iemand ‘n spesiale, kreatiewe

manier vind om presies dít te doen, word soveel mense positief daardeur

geraak.

Op my daaglikse wandeling deur ons woonbuurt, loop ek telkens verby ‘n

pragtige huis in een van die mooiste, vreedsaamste hoekies op my roete

waar ek elke keer stilstaan om twee skrifgedeeltes te lees wat Vader elke

dag vir een van sy dogters gee, om ander daardeur te seën.

Liz Myburgh sê sy het eendag in haar biblioteek deur die takke van die

eikebome wat die huis omring sit en uitkyk, toe sy ervaar het die Here

praat met haar om ‘n boodskap van Hom aan mense te gee, so in die

verbyloop op pad na die rivier toe. Sy het begin om daagliks ‘n woord

wat sy in haar stiltetyd kry, op weerskante van ‘n klein swartbord te skryf.

Sy plaas dit in haar tuin op die draai van die pad, vir almal om te lees.

Elke dag is die boodskappe vars en nuut en elke dag word mense daar-

deur geraak. Hierdie getuienis vir haar Skepper vereis toegewydheid en

fyn beplanning. Wanneer sy nie tuis is nie, sorg haar huishulp, ook ‘n kind

van die Here, dat daar steeds elke dag ‘n nuwe Skrifgedeelte is om te

bemoedig of te vermaan.

By navraag het ek uitgevind dat Liz ‘n lid van ons gemeente is, ‘n vrou

met baie talente. Sy is ‘n deeltydse berader by Moreleta, en is tans besig

om ‘n boek te skryf: Watering your soul (for women). Die ‘for men’-

gedeelte is nog in wording.

Baie mense gee terugvoer oor hoe die boodskappe hul raak, inspireer,

bemoedig en laat nadink.

Hoe verfrissend om iemand te ontmoet wat so onbeskaamd haar ge-

tuienis uitleef!

D E U R Sonnika van Staden

Page 17: Op pad Nov 08

17op pad | november 2008

getuienisgetuienisUitreik-getuienisse

deur die Van der Poel gesin

Ons gesin, Juan, Ester,

Christine (19) en Lourens

(16) was op Sondag 21

September op ons eerste regte

uitreik. Ons is baie lief vir die Here

en het al vir mense van Christus

vertel, maar was nog nooit op 'n

georganiseerde uitreik soos daardie

Sondag nie.

Ons het die Laudium

Charisma-gemeente

besoek saam met Sonia

le Roux. Dit was won-

derlik om in die erediens

saam met ‘n verskeiden-

heid mense – wit, swart,

Indiër – God te aanbid.

Ons het onmiddellik

tuisgevoel. Ons kon

die Heilige Gees daar

aanvoel en ons het God

daar sien werk. Ek dink

wat ons daar besef het, is

dat alle mense dieselfde

is, al verskil ons taal, ras

en kultuur; ons almal het

God lief, ons soek Hom

en ons is afhanklik van sy

teenwoordigheid in ons lewe.

Na die erediens het ons saam met

die lidmate van die gemeente geëet

en na sommige se getuienisse ge-

luister. Dit het ons lewens so aange-

raak. Ons het altyd gedink alle

Indiërs is Moslems of Hindoes – en

daar hoor ons hoe praat ’n Indiër-

vrou van hierdie God wat sy net

so liefhet soos ons!

Die gemeente se pastoor het

ons daarna na ’n Hindoe-tempel

geneem. Ons was eers skrik-

kerig, maar toe ons eers binne

is en luister na die pastoor se

getuienis, en ons sien die beelde

wat die mense aanbid, het ons

besef dat dit wat

hulle aanbid, leeg

en dood is. As 'n

mens voor daardie

beelde staan, voel

jy die Lewende

God binne-in jou

en jy weet as God

jou na Hom toe

getrek het, kan

niks ooit weer sy

plek inneem nie.

Ons kinders het

dieselfde geestelike

belewenis gehad.

Hierdie uitreik het

ons geloof won-

derlik versterk.

Volgende jaar gaan ons beslis

weer. Die Here het ons bewus

gemaak van verlore siele in die

wêreld. Ons bid nou vir die eerste

keer met passie vir die Moslems

en Hindoes in ons land.

Dankie dat julle dit moontlik ge-

maak het vir ons om te gaan.

Magriet Smit was geïnspireer om dié

besonderse gedig te skryf na

Die Sluier is Gelig-vrouekonferensie

wat in 9 Augustus 2008

plaasgevind het.

Suiwer syuit die smeltoond van u genade

ontwaak ek Heer,

ragfyn vingers van silwer en plati-

num gesmee tot ‘n vlegsel – robuus

verweef in die borswering van u

liefde staan ek naak – gelouter

my siel uitgedop op die kliptafel

van u ewige belofte

‘n lampie van geloof word aang-

esteek, kniel ek geklee in suiwer sy

die sluier is gelig!

Page 18: Op pad Nov 08

op pad | november 200818

b o e k r e s e n s i e s

Hierdie dagstukkieboek se aanvullende titel doen sy belofte gestand vir die jonger

generasie. Met die gejaagde en hoë-druk lewe kan kinders maklik hulle stilte- en fokustyd afskeep.

Karlien se dagstukkie in lekker-lees, gewone Afrikaans, kan oor ‘n koffie-breek ’n waardevolle fokustyd in jou dag bring. Hierdie stiltetydboek vir tieners en studente word ook deur baie volwassenes gebruik.

Karlien Roos skryf die volgende oor haar boek:

“Ek is ‘n vryskut-joernalis. Nadat ons eie kinders uit die huis is, het die Here my gelei om my passie vir jong-mense in boekvorm uit te leef. Dis ‘n opregte poging om God se gedagtes aan ons jongmense bekend te maak, en hulle uit die Woord te bemagtig

boekresensies Gryp hierdie dag -

’n daaglikse kickstart vir jong gelowiges

deur Karlien Roos

Rese

nsi

e d

eur F

elicia

Lat

egan

lag'n slaglag'n slagS

arie vertel dat toe sy en haar kleindogter deur 'n tydskrif blaai en op 'n foto afkom van 'n skouerlose bloesie, sê die kleinding. "Ouma, jy moet vir my ook so bloesie maak sonder handvatsels."

Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees. Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe: "Oupa, het die Here vir oupa gemaak?" "Ja, my ding," antwoord hy, "dit was sommer al lank gelede."

"Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag. "Ja, my skat, maar dit was sommer net nou die dag" antwoord oupa weer. Terwyl sy weer oor albei se gesigte voel, sê sy "Hy raak al beter en beter, nè oupa?!"

Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem. Hy leun oor na sy ma toe en sê: " Moenie vir my betaal nie ek is nog onder ses!"

om hul jeug in Christus ten volle te geniet. Ten spyte van baie aanslae kan ons kinders steeds geborge voel in die versekering dat God altyd

dieselfde is en dat sy beloftes van ‘n

lewe in oorvloed en ‘n mooi toekoms

vir hulle ook geld.

Jesaja 59 se einde sê so duidelik vir

ons dat die Woord wat God in groot-

ouers en ouers se harte en monde

geplaas het, nooit uit die monde van

ons kinders en kleinkinders sal ver-

dwyn nie – prys die Here!

God vra gehoorsaamheid en liefde,

en in gemaklike skryfstyl wou ek dit

vir hulle in hierdie boek leer – sonder

om te raas, maar ook sonder om

doekies om te draai."

Gryp hierdie dag is verkrygbaar by

Shekinah Boekwinkel teen R86.

Page 19: Op pad Nov 08

Sel: 082 893 1028 E-pos: [email protected]

Spesialiseer in die verkoop van:

• Huise • Duette • Meenthuise

in Moreletapark

“Quality is our priority”

New Houses

CONTACT

Naas du Plessis 072 349 4095 • [email protected]

www.ndb-projects.co.za5

PLAAGBEHEERTermiet spesialiste

Alle plae/ alle areas

Geregistreer by die SA

Plaagbeheer vereniging.

Skakel ons by

083 296 7486

073 946 6772

19op pad | november 2008

• Drie slaapkamers (slaap 8)• Ten volle toegeruste kombuis (skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër)

• Twee badkamers• Eetkamer• Speelkamer met pool tafel en nog vele meer.

Kontak Adri 082 320 6434

Periwinkle

Luukse vakansiehuis in die

hartjie van die Tuinroete, Sedgefield

"Christian Home of pre-loved cars"

VIR JOU VOLGENDE MOTOR:

www.inspectacarmenlyn.co.za

of

012 - 361 2206R1 000 is joune - stuur vir ons

'n klient en ons gee jou R1 000

as die transaksie suksesvol is.

Jannie

Neethling082 824 1377

InspectaCar Menlynhoek van Lois- en

Balilaan,

Newlands

FBW & Associates

arbeidspraktisyns, hanteer alle arbeidsverhoudinge

/ arbeidsregsake vir jou.

Kontak asb.

Frans Wilders

082 896 2872faks: 012 996 1918

SKUBA IN DIE MALDIVES

Kry 'n groep vriende bymekaar

of kom alleen vir 'n week van onvergeetlike skuba in helder, warm seewater

@ R20 000 p.p

( 3 etes & 3 duike p.d

en retoer vliegkaartjie

ingesluit.)

www.oceanicvision.co.za

[email protected]

Sielkundige Dienste

Dr Helena Niedinger

Voorsien psigoterapie en ondersteunende terapie vir:

• Angstigheid• Depressie

• Verhoudings- en huweliksprobleme

•Verslawing aan alkohol/dwelms/dobbel/

Pornografie • Eetversteurings

• Selfbeeldprobleme • Ouerleiding vir ouers

t.o.v. hantering van kinders • Spelterapie vir

kinders met emosionele probleme

Kontak: 083 260 6099/997 4880

• ’n Hondesalon met ‘n verskil.• Elke hond het sy EIE skoon handdoek!• Kontrakte vir op- en aflaai.• Alle personeel opgelei - 13 jaar ondervinding.• Spesiale aanbiedinge regdeur die jaar.

ICDL Rekenaarkursus(Internasionaal erken)

Kontak: Ria & Marelize van WyngaardTel: (012) 993-0315 • Sel: 076 809 9955

Di-Vr: 07:30 -16:00. Sa: 07:00 -13:00. Ma: Gesluit

Primula Sentrum 869 Rubensteinrylaan

MORELETAPARK

Konsepte van IT

Windows XP ● MS Word

MS Excel ● MS PowerPoint

MS Access ● MS Outlook

Internet Explorer

BESTE PRYS

Corrie: 072 235 8089

[email protected]

Kieskeurige enkellopende

CHRISTENE!

Ontmoet die liefde van jou lewe!

EENSAAM?

Skakel Lenie by TOP PARTNERS082 491 7845 of 012 993 2524

E-pos: [email protected]

Page 20: Op pad Nov 08

op pad | november 200820

• 24-uur Sekuriteit & Toegangsbeheer• Siekeboeg, Tuindienste, Sitkamer/Biblioteek• 2 & 3 slaapkamers, 1 & 2 badkamers, 1 & 2 motorhuis• Verskeidenheid planne om van te kies• Nuwe deeltitelontwikkeling• Oordragkostes ingesluit

R 780 000 – R1 075 000Okkupasie: Vanaf 1 Augustus 2009

Duplex woonstel te huur

gedurende Des/Jan.

3 slaapkamers,

2 badkamers,

slaap maksimum 6 persone.

R950 per dag.

Kontak Marita

082 507 8782

Umhlanga Rocks Bougainvillea Aftree-Oord-Montana Te Koop/ Te Huur

Lynette

079 704 1962

Catharina

082 820 4437

Vakansie woning te huur

Jongensfontein - Weskaap

Slaap 5-6 persone. Binne loopafstand van strand.

Walvisse te sien vanaf stoep.

Beskikbaar Nov 08 - Des 08. R1100 per dag binne seisoen.

R600 buite seisoen. Skakel Rina

082 683 7198

RENT AHOUSESITTER

072 902 0937

Dubbel geriewe en

eie badkamer in Moreletapark.

Geleë naby hospitale (Pretoria-Oos & Kloof) en Moreleta Gemeente (Rubenstein & Woodlandssentrums). Veilige parkering. Nie-rokers. R230 (enkel) p.p.p. n met ligte ontbyt ingesluit.

Die Ideale Geskenk!

Slegs

R79-95

Gryp die dag‘N Lekkerlees STILTETYD-boek

vir tieners & studente

Have:

Pets, Gardens

to look after?

(Already occupying houses in Moreleta Park,

725 Jacques Str, for reference 083 289 9015)

Going on

Holiday?

Bestel by 083 254 7291/ 011 366-1804 [email protected]. - Karlien Roos

365 Inspirerende

dagstukkies metskrifverwysings.

Teach your Domestic worker to cook

HEALTY FAMILY MEALS

* Low Fat * Low GI

8 Week course, once a week from 08:30 – 10:30

Phone Este (Registered Dietician)

@ 082 653 7343

Oornag kamer beskikbaar

Kontak 076 111 1180

Vakansie verhuring Wes-KaapIdeale vakansieverblyf vir groot familie/vriende. Geleë op 'n 40ha plaas tussen

Stilbaai en Jongensfontein, onoortreflike see uitsig.

Geen tv of selfoon opvangs. Hoofhuis is 20 m vanaf hoogwatermerk. Gesogte hengelplek.

Hoofhuis: slaap 5. Woonstel: slaap 3.

Woonstel: slaap 2. Kontak Pam Golding Eiendomme

Stilbaai 028 7541797 / Barry 082 771 0242.

KONTAKDs Willem of

MarisaBadenhorst

012 997 8015 /076 037 7071

Paasfees in Israel!Kom toer saam na Israel, Sinaï,

Jordanië en Egipte.

25 Maart - 4 April 2009

VAKANTE POS VIR

KINDERSIELKUNDIGE BESKIKBAAR IN RUSTENBURG

Verlang 'n gekwalifiseerde sielkundige met verkieslik toepas-

like ondervinding van ± 3jaar wat in kinders vanaf 0 maande tot en met ongeveer 14 jaar spesialiseer.

Terapeutiese veld dek die volgende:Ontwikkelings-evaluering

Skoolgereedheids-evalueringBaba- en moederterapie

Emosionele kinderterapie (spelterapie)Konsultasie aan ouers

Goeie kennis van ADD/ADHD

Aanvangsdatum is Jan 2009. Dit is in `n reeds baie bekende en gevestigde Sielkundige praktyk.

Kontak: 014-533 0701 van Ma tot Do (08:00 -15:00)

Beleef die onbeskryflike passiespel in Oberammergau &

5 ander Europese lande. Plek beperk.

Toerleiers:Ds Willem of Marisa Badenhorst

012 997 8115 (w) /

076 037 7071/ 012 997 2811

Passiespel 2010

Page 21: Op pad Nov 08
Page 22: Op pad Nov 08
Page 23: Op pad Nov 08