Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy...

12
Ontsluit die deur Gered, geroep en gestuur Ontmoet vir Anand Arya, ‘n jong teologiese student van ‘n klein dorpie, Banagama, in die provinsie Bihar, Indië. Sy ma het 11 jaar gelede dodelik siek geword >>> media Bybel

Transcript of Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy...

Page 1: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

Ontsluit die deur

Gered, geroep en gestuurOntmoet vir Anand Arya, ‘n jong teologiese student van ‘n klein dorpie, Banagama, in die provinsie Bihar, Indië. Sy ma het 11 jaar gelede dodelik siek geword >>>

mediaBybel

Page 2: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

<<< as gevolg van borskanker. Dokters het gewonder of hulle moes opereer omdat hulle nie veel hoop vir haar gehad het nie. Die operasie is wel gedoen en was ‘n sukses.

Anand glo dat haar genesing ‘n antwoord op gebed was en dit het sy geloof versterk. Sy ouers kan nie uitgepraat raak oor Jesus Christus en sy wonderwerkende krag van genesing nie.

Hierdie gebeure het Anand se geloof versterk en hy het ná sy skoolopleiding by die plaaslike dominee gaan aanmeld vir dienswerk. Dié het hom na die Nehemia Bybelkollege vir opleiding verwys.

In 2018 sal hy sy teologiese opleiding voltooi en as hulp-pastor na sy tuisgemeente terugkeer. Saam met Anand is reeds meer as 1 000 pastore opgelei.

Anand Arya

Indië vir Jesus!

Biblecor India onder leiding van pastoor

Sam Selva Raj versprei die evangelie vanuit Chennai oor die hele Indië en

hanteer elke dag honderde briewe. Sedert 2010 funksioneer hier ’n Bybelskool danksy Bybel-Media (BYBEL-MEDIA) se ondersteuning. Jaarliks maak BYBEL-MEDIA ’n groot finansiële bydrae vir die werk in Indië. Die verbintenis tussen Bybelkor en Biblecor India is reeds 32 jaar oud.

BYBEL-MEDIA se verbintenis met Indië maak só ’n verskil: Byna 2 000 klein huisgemeentes word

op die een of ander wyse verbind met die werk van Biblecor India. By talle Biblecor India-sentrums word mense in die Christelike geloof ingelei deur die Biblecor-boekie New Life.

’n Gratis korrespondensiekursus New Life for you word elke jaar aan tienduisende mense in Indië gestuur. ’n Aandkursus deur Nehemia Bible Institute India word vir werkende persone aangebied. Nehemia Bible Institute India gee jaarliks gratis teologiese opleiding aan 20 jong manne wat as hulp-pastore ná hul opleiding begin werk.

Indië se bevolking is 1,2 biljoen mense en slegs 2,5% word amptelik as Christene erken. Kerkleiers reken egter dat die persentasie groter is, maar dat mense bang is om dit in die openbaar te erken vanweë die regering se negatiewe houding teenoor die Christelike kerk.

Pastoor Sam Selva Raj en ds Leon Venter

Page 3: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

“Ons was bevoorreg om baie Indiese Christene te besoek in hul huise waar klein gemeentes bymekaarkom. Ons was beïndruk om te sien hoe kinders deelneem aan die eredienste en Bybelverse uit hul kop

leer. Ons het beleef hoe goed die Indiese Christene se Bybelkennis is, hoe gretig hulle aan die eredienste deelneem, hoe toegewyd baie Indiese Christenvroue, pastore en lidmate aan die evangelie is en hoe groot die erkenning vir pastoor Sam Selva Raj en sy werk in Indië is.”

Só sê bestuurders van Bybel-Media wat van 19 Mei tot 2 Junie 2018 Indië besoek het. Hulle was ds Leon Venter (Uitvoerende Hoof), dr Hennie van Deventer (Bedieninge), ds Strydom Bruwer (Fondswerwing) en ds Danie Mouton (Voorsitter: Bybel-Media-direksie). Hulle het die werk van Biblecor India onder leiding van pastoor Sam Selva Raj in, onder meer, Chennai gaan beleef.

Dié manne was bevoorreg om gesprek te voer met Anand en ander jong teologiese studente en was diep geraak deur hul roepingsverhale.

“Ons het teruggekeer, diep onder die indruk van waarmee God besig is.” Christene is ’n klein minderheid. Dit word al hoe moeiliker om die evangelie openlik te verkondig vanweë die regering se vyandigheid. Verder is die toewyding van die Indiese Christene uiters bemoedigend en was dit vir hulle ’n inspirasie.

Die werk van Biblecor India brei steeds uit deur vennootskappe met klein gemeentes oor die hele Indië heen. Soli Deo Gloria!

“Ons sien God werk in Indië”

Page 4: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

Die Nehemia Bybelinstituut (NBI) voorsien praktiese opleiding aan leiers van ’n groot verskeidenheid kerke wat aktief in die

bediening staan, maar nie voorheen teologiese opleiding ontvang het nie. Die instituut fokus op vaardighede vir leierskap en bediening.

Die opleiding voorsien ook al hoe meer in die behoefte van gemeenteleiers binne gevestigde kerke waar gemeentes nie meer voltydse opgeleide leraars kan bekostig nie.

Byna 7 000 studente is jaarliks ingeskryf, tot so ver as in Indië. Die kursus is in verskeie tale beskikbaar.

Vanaf 2016 vorm die Sokhanya-Bybelskool ook deel van dié bediening. Die Bybelskool sal voorsiening maak vir leerders wat ’n laer leervlak verkies.

In die afgelope drie jaar het daar ‘n nuwe deur oopgegaan wat ons baie opgewonde maak. Dr Schalk

van Wyk, ‘n afgetrede dominee van die NG Kerk, het beleef dat die Here hom roep om by die opleiding van kerkleiers in Pakistan betrokke te raak. Van die leiers het op Facebook met Schalk kontak gemaak en hom gevra om hulle asseblief te help met opleiding.

Hy het hulle in Khanewal, Pakistan, gaan ontmoet. Die nood het hom aangegryp en met baie gebede is die Timothy College einde 2016 amptelik in Pakistan geregistreer. Die opleiding het Januarie 2017 begin.

Nehemia is méér as net ’n profeet in die Bybel

Schalk sê ja vir die Here!

Van vreemdeling tot biskop in 15 jaar

Dr Schalk van Wyk en dr Andries Cilliers met studente in Khanewal

Page 5: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

Van vreemdeling tot biskop in 15 jaar

Biskop William Motshabi

‘n kleinood bewaar, en wys trots vir ons die sertifikaat wat op 27 Februarie 2002 aan hom toegeken is.

Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus om leiding te neem en die biskop van my kerk te word.” Sy getuienis het nou ’n nuwe geslag geïnspireer om ’n NBI-Bybelskool in Francistown te begin.

Die NBI se vennootskappe laat ’n voetspoor wat reeds baie wyd deur Afrika loop. Behalwe die lande op ons voorstoep,

soos Lesotho en Swaziland, word die kursus ook gebruik deur vennote in Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Zambië, Malawi, Angola en Madagaskar.

’n Enkele groep in Nigerië het ook al die kursus voltooi. En in ’n paar ander lande is ons besig om vennootskappe te ontwikkel, soos Kenia, Tanzanië, Kongo, Ghana, Togo, Kameroen en Senegal (veral deur Hope for Africa Mission).

Tydens ‘n NBI-toer in 2017 deur Botswana, Zambië, Malawi, Mosambiek en Zimbabwe,

ontmoet personeel van BYBEL-MEDIA vir biskop William Motshabi van Francistown, Botswana. Hy het die NBI-kursus lank gelede gedoen terwyl hy in Suid-Afrika gewerk het. Hy kom daardie dag by die byeenkoms aan met sy gehawende NBI-werkboek van toentertyd, wat hy steeds soos

Page 6: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

Dít is wat LiG, BYBEL-MEDIA se glanstydskrif, in mense se lewe doen:

“Hallo, Francine,” sê die vreemde stem in die gehoorbuis. Ek sit agter my lessenaar. Dit is ’n doodgewone dag op kantoor. Maar die vrou begin haar storie vertel – en die dag kry ’n heel ander kleur.

Sy vertel: “Ek was deel van ’n sindikaat wat shoplifting in malls gedoen het.” ’n Oomblik lank kan my brein nie die woorde kleinkry nie. Shoplifting? Soos in diefstal?

Maar sy praat verder: “Een van die items wat ek gesteel het, was ’n LiG-tydskrif. Hulle het my gearresteer. Ek bel jou uit die tronk uit.” Ek luister sonder om behoorlik asem te haal. “Ek het jou redakteursbrief gelees.”

Sy begin snik. Ek sukkel om haar woorde te hoor. “Vir die eerste keer in my lewe het ek besef dat God vir my lief is. Dat ek ook die ewige lewe kan hê. Ek glo nou in Jesus.” Die hoendervel slaan oor my hele lyf uit.

Haar stem is nou vaster, duideliker: “Ek weet dat ek die gevolge van my dade moet dra. Maar ek weet ook dat God by my is.” Te gou is die gesprek verby. Daar is nog soveel vrae wat ek haar wil vra. Al wat ek kan uitkry, is ’n dankie. Dankie dat sy haar storie met my gedeel het. Dankie dat sy my seën met die vreugde wat sy gevind het in die nuwe lewe wat sy nou saam met Jesus leef.

Nog publikasiesBybelkor, Jeugfokus, Mema, LiG en Kerkbode is van die handelsname wat deel van BYBEL-MEDIA se publikasies en e-media uitmaak. Bybelkor gee veral Bybelstudies, hulpmiddels vir gemeentes en enkele teologiese boeke en kategeseprodukte (Jeugfokus) vir kinders en jongmense uit.

Daar is vele getuienisse van die geestelike impak wat hierdie produkte oor jare heen in mense se lewe gemaak het.

“Ek glo nou ...”

Page 7: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

Robin Spengler is al baie jare lank ‘n getroue vennoot van BYBEL-MEDIA se gevangenebediening. Toe die moontlikheid ontstaan het om die Nehemia Bybelkursus in gevangenisse aan te bied, was Robin vuur en

vlam om as fasiliteerder vir die kursus op te tree.

Die eerste groep van agt NBI-studente is onlangs by die Drakenstein Korrektiewe Dienste in Wellington geregistreer. Die studente is noukeurig uitgesoek deur die owerhede by die sentrum en is almal in die maksimum-sekuriteit-afdeling. Dit beteken hulle is almal langtermyn-gevangenes wat nie gou vrygelaat of na

‘n ander gevangenis verskuif sal word nie. Daarom kan hulle die hele kursus, wat waarskynlik twee of drie jaar sal kos om te voltooi, klaarmaak.

Toe Robin die kursus aan die hoof van die maksimum-sekuriteit-gevangenis, adjunk-direkteur Jan Kotze, gaan voorlê het vir goedkeuring, het daar ‘n wonderlike ding gebeur. Die hoof het na die NBI se prospektus gekyk en daar en dan besluit dat Jan en sy vrou, Charmaine, ook die kursus wil doen. Hulle het toe inderdaad ingeskryf.

Byna 9 000 gevangenes doen jaarliks Bybelstudiekursusse met die hulp van Bybelkor-gidse. Dié kursusse se toetse word by Bybel-Media nagesien. Suksesvolle studente ontvang ’n sertifikaat.

Hoof van gevangenis word Bybelstudent

Publikasies vir geestelike groeiBybelkor fokus op Bybelstudies wat as ’n kursus deur selgroepe, kleingroepe of individue gedoen kan word. Daar is ook ’n verskeidenheid geestelike en teologiese boeke. Die doel van al hierdie publikasies is om gelowiges te help om geestelik te groei en vir bediening toegerus te word.

In samewerking met die Sinodale Taakspan vir Kategese word daar deurlopend kategeseprodukte ontwikkel. Die materiaal voorsien in die behoeftes van verskillende soorte kategeseprogramme en ‘n verskeidenheid ouderdomsgroepe.

Adjunk-direkteur Jan J Kotze

(bevelvoerder maksimum

sekuriteit-afdeling: Drakenstein gevangenis)

Page 8: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

Mema is die afdeling in die BYBEL-MEDIA-groep wat video’s, kortfilms en klankgrepe maak.

Mema het die afgelope tyd onder meer daarop gefokus om die musiekaanbod van die Liedboek-toepassing (app) uit te brei. Waar dié toepassing in die verlede slegs Liedboek-liedere ingesluit het, word FLAM-liedere (Afrikaanse kontemporêre kerkmusiek) nou bygevoeg.

Ons dink digitaal

Die nuwe Kerkmusiek-toepassing het die vermoë om die akkoorde van FLAM-liedere te vertoon. Dit beteken gemeentemusikante kan die toepassing vir begeleiding tydens eredienste gebruik, eerder as om die bladmusiek op papier te druk. ‘n Addisionele voordeel is dat liedere binne ‘n oomblik na ‘n ander toonaard getransponeer kan word – ‘n groot voordeel vir musikante.

Gemeentes wat reeds ‘n geldige MRL-lisensie het, kry outomaties toegang tot al die funksies van die nuwe Kerkmusiek-toepassing.

Besoek apps.bybelmedia.org.za vir meer inligting.

Sing vir die Here!Lidmate het verskillende spiritualiteitsbehoeftes en aanbiddingstyle. Liedboek, VONKK en FLAM voorsien elk op sy eie manier daarin. Nuwe klassieke en meer informele kerkmusiek word voortdurend ontwikkel en deur webwerwe versprei.

Page 9: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

Bybel-Media Handel is die eenstop- Christelike boekwinkel waar al ons produkte telefonies of elektronies beskikbaar is – sonder posgeld! Besoek BYBEL-MEDIA by: http://eshop.bybelmedia.org.za/

FondswerwingBybel-Media – as niewinsgewende organisasie – is grotendeels van donasies en erflatings afhanklik om al bogenoemde dienste te kan lewer. BYBEL-MEDIA se bediening is afhanklik van die steun van duisende donateurs.

Die fondswerwingsdepartement ontvang geld deur:

• Debietorder-bydraes van individue en sakeondernemings

• Bydraes deur poswerwingsprojekte in gemeenskappe

• Spesiale projekte gerig op kleiner groepe

• Deurkollektes en bydraes van gemeentes

• Erflatings

Bybel-Media Handel

Page 10: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

Indien u Bybel-Media deur middel van ‘n debietorder wil ondersteun, kontak ons. Wanneer u besluit om BYBEL-MEDIA te ondersteun, help u ons om:

• die Bybelse boodskap in verskeie tale deur multimedia-produkte aan mense van alle kerke te lewer

• jaarliks aan duisende gevangenes gratis Bybelstudiegidse beskikbaar te stel

• minderbevoorregtes van gratis of gesubsidieerde Bybelstudiegidse en ander hulpmiddels te voorsien

• geestelike leiers en gelowiges vir hulle dienswerk in die Here se koninkryk toe te rus

• ‘n verskeidenheid jeug- en gesinsgerigte produkte beskikbaar te hê.

Jaarliks word minstens R13 miljoen benodig om al die bostaande dienste te lewer.

Bemaking aan Bybel-MediaDeur ‘n bemaking in u testament aan Bybel-Media, maak u voorsiening dat u waardevolle ondersteuning kan voortgaan as u nie meer self daar is om bydraes te gee nie. Enige bedrag geld of bate as bemaking aan Bybel-Media is vrygestel van boedelbelasting. Sodoende word die belastinglas op u boedel verlig en waardevolle koninkryksdiens kan met die erflating verrig word.

Om met u finansiële bydraes ‘n verskil te maak in ‘n ander se lewe, is ‘n voorreg. Dit bied nie net die geleentheid om ander se lewe te verryk nie, maar ook om self verryk te word deur u welwillendheid. Die evangelieskrywer, Lukas, onderstreep hierdie gedagte in Handelinge 20:35c wanneer hy sê: “Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.”

Baie dankie vir elke donateur se welwillendheid, meelewing en bydraes. Dit herinner aan die woorde van Winston Churchill: “Ons maak ‘n bestaan deur wat ons ontvang, maar ons maak ‘n lewe deur wat ons gee.”

Wil u ’n bedieningsvennoot van Bybel-Media word? Só kan ons die Bybel deur die media vir miljoene mense ontsluit.

Ondersteuning aan

Page 11: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

My persoonlike besonderhede:Bybel-Media-nommer (indien beskikbaar): ………………………………………..……………………

Titel (Mnr/Mev/Mej): Voorletters: ………………….…… Van: …………………………………………

Posadres: …………………………………..…………………………………………………….……….

Poskode : ………………………….……

Geboortedatum: ……………..… / …….………..……… / 19 ……………………(vir gelukwensing)

Telefoon: Huis: ……………………………Werk: ...………..……………………………………………

Selfoon: ………………..……..… E-pos: …………………………………………………..……………

My bankbesonderhede:Naam van bank: ………………………..………...Naam van tak: …………………………..………….

Taknommer: ………………………..………….…………………………………………………………

Rekeningnommer: ………….……………………………………… Tipe rekening: Tjek Spaar

Naam van rekeningnommer: ………………………….………………………………………………..……………………………………………………………………………………………………………

Bedrag per maand: R50 R100 R200 of R ……………………. (merk in blokkie met X)

My/Ons ooreenkoms:Verhoog die bedrag jaarliks met ………..….…………… %

Hierdie magtiging kan deur my/ons gekanselleer word deur u skriftelik dertig (30) dae kennis te gee, maar ek/ons verstaan dat ek/ons nie op ’n terugbetaling van bedrae geregtig is wat u onttrek het terwyl dié magtiging van krag was indien sodanige bedrae regtens aan u verskuldig was nie. Die ontvangs van hierdie opdrag deur u word as ontvangs daarvan deur my/ons bank (soos die geval mag wees) geag.

OORDRAG:Ek/Ons erken dat die party wat hiermee gemagtig is om die trekking(s) teenoor my/ons rekening te behartig, geen van sy/hulle regte aan ’n derde party mag afstaan of sedeer sonder my/ons skriftelike toestemming wat vooraf verkry is nie, en dat ek/ons geen van my/ons verpligtinge ingevolge hierdie magtiging aan ’n derde party mag delegeer sonder die skriftelike toestemming wat vooraf van die gemagtigde party verkry is nie.

Onderteken te : ………………………………………………………………………………………….

op …………..………… dag …………………………………… maand …………………… jaar.

…………………………………………………………

Handtekening

Bydraes vir NBI is volgens Artikel 18A Vrystelling belasting aftrekbaar

Page 12: Ontsluit die Bybelmediafondswerwing.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/5/2018/0… · Hy getuig: “Die kursus het my lewe en my bediening verander en verryk! Dit het my toegerus

KontaKBesonderhedee-pos [email protected] 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIAFaks 021 873 0832Posadres Bybel-Media Handel Privaatsak X5 Wellington 7654Webwerf www.bybelmedia.org.za

Jou vennoot in geloof en bedieningBybel-Media is ’n diensarm van die Algemene Sinode. Dit is in die hart van die kerk gebore tot voordeel van die bedienaars en lidmate van die kerk en vir God se koninkryk.

Bybel-Media is ’n eg Suider-Afrikaanse organisasie sonder winsoogmerk om gemeentes en lidmate te help in hulle bediening en geloofsgroei. Daarom is ons leuse: Jou vennoot in geloof en bediening.

Waar het dit alles begin?In 1969 het dr Johan van der Merwe, rektor van die Hugenote Kollege op Wellington, by die Kaapse Sinode van die NG Kerk gepleit vir R10 000 om ’n Bybelkorrespondensiekursus aan die kollege in te stel. Die sinode het eers kopgegee nadat ds Jan Lange óók ’n pleidooi gelewer het. Dit het gelei tot die ontstaan van Bybelkor in 1971. In 1972 het die eerste kursus van Bybelkor, Só glo ek (oor die Twaalf Artikels), met sowat 8 000 inskrywings, die lig gesien. Twaalf jaar later is “Bybelkor 1 miljoen” gevier toe die miljoenste kursusboek versprei is van ’n reeks kursusse wat toe reeds die dertigtal bereik het. In 1980 is Bybelkor omskep in ’n afsonderlike maatskappy sonder winsoogmerk. Bybelkor as oorhoofse naam is met Bybel-Media vervang.

• DIREKTE INBETALING Ek betaal die bedrag van R ..................... direk in op Bybel-Media se rekeningnommer 405 118 1699 by ABSA Bank, Wellington, taknommer 632 005. Datum ......................... NB!

• Ek pos die bankstrokie saam met hierdie donasiestrokie aan Bybel-Media, Privaatsak X5, Wellington, 7654 óf faks albei na 021 864 8264

• e-pos die elektroniese inbetalingsbewys na [email protected]*Gebruik asb u selfoonnommer as verwysing: