ONTHOU Onthou ONS HOOP God se IN CHRISTUS trou Ons...

32
www.gksa.org.za/Tydskriſte/vroueblad-inteken NOV 2013 ONTHOU ONS HOOP IN CHRISTUS Lag saam in die woonkamer Ons onthou... die Vrouemonument 100 jaar! Onthou God se trou

Transcript of ONTHOU Onthou ONS HOOP God se IN CHRISTUS trou Ons...

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

NO

V 2

01

3

ONTHOUONS HOOP

IN CHRISTUS

Lag saam in die woonkamer

Ons onthou... die Vrouemonument

100 jaar!

Onthou God se trou

2 VROUEBLAD November 2013 JAARGANG 68 NOMMER 6

GEREELD3 Redakteursbrief4 Briewe5 Ds. Sê my

IN-DIEPTE

6 Onthou God se trou8 Onthou God se verlossing10 Onthou ons hoop in Christus

LEEFDINGE12 Stof tot dankbaarheid 14 Teks & Vers: Onthou om te onthou15 Teks & Vers: Dagboek16 Bybelse berading17 Boekeblad18 Ons onthou... die Vrouemonument 100 jaar21 Ons onthou... uit Rensche se dagboek22 Woord-wys uit Wakkerstroom: Lag saam in die woonkamer24 As die akkerboom kon praat25 Ontmoet die manne agter Lens op die Bybel 26 Gemeente-Mosaïek: Damestee 28 Gemeente-Mosaïek: Saamtrekstreke 201429 Gemeente-Mosaïek: Saamtrek: Tema & Bybelstudie30 Hartskatte November 201331 Lees in Desember 2013/Januarie 201431 Lens op die Bybel 32 Kaleidoskoop November 2013

Redaksionele InligtingRedaksiekommissie:Cobie Steyn (redaktrise)Griet Swanepoel (assistent-redaktrise)Marlette van Rooyen (sekretaresse)Karien Brink (bladuitleg)Annelize FourieProf. Ben de KlerkAnnatjie du PlessisPosadres:Die Redakteur: Die VrouebladPosbus 178, Lydenburg 1120Faks: Die Vroueblad 086 714 6157E-pos adres: Cobie Steyn, [email protected]: www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-intekenNavrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers:Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, [email protected]: Dr. Wymie du Plessis, Tel (018) 297 3987Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSAIntekengeld:Self afhaal by Administratiewe Buro: R 111Elektroniese intekening: R 111Groepintekeninge: R 174Individuele intekeninge: R R193(Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.)Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 XMenings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

Gee ‘n Kersgeskenk wat heeljaar hou!Teken vir jou ma, jou dogter of vriendin in

op ons blad.

ANDER PUBLIKASIES VAN DIE GKSA:• Die Kerkblad

• Die Slingervel (Laerskoolkinders)• Die Kruispad (tieners en jongmense)

Bestel by: (018) 297 3986

8

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

NO

V 2

01

3

ONTHOUONS HOOP

IN CHRISTUS

Lag saam in die woonkamer

Ons onthou... die Vrouemonument

100 jaar!

Onthou God se trou

3VROUEBLAD November 2013

REDAKTEURSBRIEF

ONSONTHOU...

Liewe geloofsvriendinne, “Onthou jy nog vir tannie Kotie?”“Onthou jy nog die dag toe ons...”

Menige gesprekke (dikwels tussen familie of vriendinne wat mekaar lank nie gesien het nie) begin met hierdie frase: “Onthou jy nog?”

Toe ʼn geloofsvriend my nader en vra of ons onthou dat die Vrouemonument in Bloemfontein hierdie jaar 100 jaar oud is, besef ek daar is onthou en onthou. Daar is die lekker onthou: Jou gelukkige kindertyd, jou huweliksdag, ʼn lekker

vakansie. Maar daar is ook die onthou van swaarkrytye: Die oorlog en plaashuise wat tot op die grond toe afgebrand is, kinders en vrouens wat soos beeste vervoer

is, wat uitgehonger en siek, later in kampe gesterf het. So het elkeen van ons in ons persoonlike lewens ook die swaarkry-onthou van my pa of ma (of beide) se sterfdag, my baba wat ek verloor het, dié dag toe ek geskei is, of toe ek my kind

gegroet het wat oorsee vertrek het. En kyk ons na die Bybelse geskiedenis, sien ons ook hoedat die volk Israel

dikwels vergeet het van God se trou en hoedat konings, priesters en profete hulle weer moes herinner aan God se trou. In die Bybel, en veral in die Nuwe

Testament, word ons heelwat kere herinner dat ons moet onthou wat ons eers was – sondig en verlore – maar dat ons nou in Christus gered is.

In hierdie uitgawe gesels ons oor onthou: dat gelowiges God se trou en sy verlossing wat Hy deur Jesus Christus aan ons geskenk het, moet onthou. Daar is die swaarkry-onthou van ʼn geliefde tannie se begrafnis en die nostalgiese onthou

van die akkerboom. Daar is die seerkry-onthou van die Anglo-Boereoorlog. Baie dankie aan Ilsabé Spoelstra wat deur ʼn persoonlike besoek aan die

Vrouemonument ons weer laat onthou. Ilsabé het ook op ʼn dagboek van Rensche, ʼn Gereformeerde lidmaat van

Reddersburg van destyds, afgekom en daaruit vir ons aangrypende aanhalings, eintlik persoonlike geloofsbelydenisse, aangestuur. Terwyl ek daardeur gewerk

het, het ek gewonder: Sou ek onder daardie haglike omstandighede ooit só sterk in die geloof kon bly? Wat soos ʼn paal bo water staan wanneer ʼn mens deur die

aanhalings lees is dat Rensche in haar grootste nood onthou het van God se trou: “Ek sal vertel, Heer, van u trou

en altyd sal ek dit onthou.My tong sal onvermoeid U grootmaak” (Psalm 35: 5; reëls 4-6 – berymd).

Groete in Christus

Cobie SteynNS: BRIEWEBLAD: Stuur ʼn SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)...

of e-pos jou brief aan [email protected] of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in die vakansie-uitgawe (Des. 2013/Jan 2014) se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 18 November 2013 bereik.

(Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in

Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)

Ons is op Facebook:Gereformeerde

Vroueblad.Gaan Like ons!

“Ons wil steeds elke moreen elke aand u trou,u liefde bly onthou

met harp en lier en kore” (Psalm 92: 1;

reëls 5-8 – berymd)

JAMMER, ONS FOUT!* Verlede maand, Oktober

2013, het ons per abuis aangedui dat die tydskrifnr. 4

is - dit moes 5 gewees het. * Ons vra Dr. Trudie

Grobbelaar, ons Bybelse berader, en die lesers om

verskoning dat ons nie haar kontakbesonderhede in

Oktober gepubliseer het nie.

Foto: Stephané Fotografie,Lydenburg.

4 VROUEBLAD November 2013

Die wenboek, geborg deur CUM-boeke isDie Belofte deur Kim & Krickitt Carpenter

briewe

Beste redaksie,

Die vraag “Onthou jy nog?” maak baie herinneringe in my los en kort voor lank loop jy op al die paadjies van die verlede. Natuurlik is daar dinge wat jy liewers nie wil onthou nie, maar dan is daar soveel herinneringe wat jy koester, want dit maak jou hart sommer warm klop hier in jou binneste.

Ek onthou menige sonsak-skemer-aande op die plaas. Almal wat uit verskillende rigtings aankom huis toe en my pa en my ma wat mekaar vashou en woordeloos vir mekaar kyk en jy weet hulle is werklik lief vir mekaar. Hulle opgewondenheid oor die eerste somerreën, die eerste lammertjies wat aangekom het en ’n diep dankbaarheid wanneer hulle in gebed en sang die Here loof en dank vir sy seën oor hulle en hulle kinders.

Ek onthou die lekker reuke wat uit die kombuis kom as ma brood of beskuit gebak het en die plaasbotter wat in ’n oogwink wegsmelt in die korsie wat sy vir my afgesny het.

Om gelukkig groot te kon word en te kon leer wat opregte liefde is en dankbaar te wees vir alles wat ’n mens het, is sekerlik van die mooiste herinneringe wat jy met jou saamdra en aan jou kinders wil oordra.

Groete en seën met die mooi werk wat julle doen.

Tanja Boshof

Middag Cobie,

As ‘n deurdrenkte natuurmens wil ek jou en die redaksie gelukwens met jul Stilte-uitgawe van September 2013. ‘n Bate wat vandag veral nie na waarde geskat word om jou geloofskrag te slyp nie.

Met die Bybel ryk aan inhoud rakende bome se bydrae tot die intensiteit van ‘n geloofsbelewenis soos stilte, en Die Gereformeerde Vroueblad wat graag boomsimboliek plaas, heg ek hierby ‘n bydrae rakende die vyeboom as binnekamer-ikoon vir jou aan – miskien vir ‘n maand waar Bybelse bome in Christene se leefwêreld toegelig word ?

As ou skrywer tot Die Kerkblad (die nuutste Mei 2013 oor die Romantiek van ‘n afskaaltyd ...), verlustig ek my graag oor aspekte rakende geloof en die wetenskap.

Vriendelike groete

Pieter (Peet) van der Walt(Beste Pieter, baie dankie vir die terugvoer. Die redaksie skenk graag aandag aan jou versoek om te kyk na die simboliek van bome in die Bybel – Red.)

SMS’e: • TheaRademanoor“Woordekonomie”(Die

Gereformeerde Vroueblad, Oktober 2013, p. 3) – my moeder het my geleer dat stilbly ook ‘n antwoord is, die tong kan giftig wees! Die Gees help jou om ook te kan swyg! – Winnie Tromp.

LESERS:Die tema vir Desember 2013 / Januarie 2014 is IMMANUEL...God met ons. Wat dink jy wanneer jy hierdie woorde hoor? Skryf vir ons ‘n brief of ‘n epos (nie langer as 200 woorde nie) of stuur ‘n sms! Sluitingsdatum vir korrespondensie: 18 November 2013.

Ons Facebookvriende sê: • Baie dankie vir die uitstekende

uitgawe van Oktober. Ek het dit van voor tot agter deurgelees en baie geniet. Ek hou baie van die vraerubriek waarmee julle begin het – Ansie du Plessis (Secunda).

• Lees van Vroueblad ’n moet! – Susan Pienaar.

5VROUEBLAD November 2013

Om

te

ve

ras

of

te b

eg

raw

e ..

.

Christus se liggaam het na sy opstanding die letsels van die spykers in

sy hande en die spies in sy sy

gewys.

lesers vraPr

of.

Ben

de

Kle

rk

Glo gereformeerdes vandag nog dat ons eerder begrawe moet word? Ek twyfel. Sover ek kon vasstel was daar in die jare veertig/vyftig van die vorige eeu ‘n sinodebesluit wat lidmate aangemoedig het om liewer na die dood begrawe te word as om veras te word. Die besluit word egter nie vandag afgedwing nie.My antwoord op die keuse tussen verassing en begrafnis sal nie wees dat verassing verkeerd en begrafnis reg is nie. My antwoord sal wees: Ek verkies begrafnis eerder as verassing. Iemand wat vooraf versoek of in die testament bepaal het dat hy of sy veras moet word, se keuse kan nie as sonde beskou word nie, veral nie dat dit ‘n soort sonde is wat na die dood van so ‘n persoon sy of haar lewe saam met Christus kan beïnvloed nie. God het die mag om uit stof of uit as ‘n verheerlikte liggaam op te wek. Die redes waarom mense in die verlede en vandag verassing verkies, het dikwels met die volgende aspekte te doen: higiëniese en finansiële oorwegings, ter wille van tekort aan ruimte weens digter bevolking (veral in lande met groot bevolkings en kleiner oppervlaktes) en dan is daar selfs ‘n argument wat sê dat verassing verkies behoort te word omdat verassing die liggaam vinniger laat vergaan as wat dit deur begrawe die geval is.

Die geskiedenis van verassing tel teen verassing binne die Christelike gemeenskap. In die tyd van Christus se lewe op aarde het net heidenvolke hulle mense laat veras. Die vyande van Christus het dikwels in die loop van die Kerkgeskiedenis die liggame van martelare verbrand en dan hulle as oor ‘n wye gebied gestrooi.Bygeleentheidisdanuitgeroep:“Laatonskyk of hulle ooit sal herleef en hulle God hulle sal kanreduitonshande”.InRuslandhet‘nleierdievolgende uitspraak gemaak by die ingebruikneming vandieeerstekrematorium:“Diemenswathomself

laat veras bewys daarmee dat hy gebreek het met die Christelike geloof van die liggaamlike opstanding”.Hoewelverassingeerderuitnie-Christelike kringe as gebruik gevestig was, kan dit nie as deurslaggewende argument gebruik word om verassing te verbied nie. Kersfees was voorheen ook ‘n heidense fees. Baie gelowiges sterf ‘n vlammedood en daarmee word nie veronderstel dat hulle nie ‘n verheerlikte liggaam by die wederkoms sal kry nie.

Waarom verkies ek begrafnis bo verassing? Begrafnis was in die Ou- en Nuwe Testament die wyse waarop mense na die dood hanteer is. Die vlammedood was die straf van Akan nadat hy by die verowering van Jerigo goed gesteel het, wat aan God gewy was (Jos. 7:25). Dink maar aan Lasarus en die jongman wat Jesus opgewek het. Ons bely dat Christus moes sterf en moes begrawe word (Kategismus vraag en antwoord 41). Sy liggaam het na sy opstanding die letsels van die spykers in sy hande en die spies in sy sy gewys. Sy opstanding in sigbare en herkenbare liggaamlike vorm maak sy verskyning in ‘n verheerlikte liggaam aan sy volgelinge duidelik.

In 1 Kor. 15 word vir die begrafnis die vergelyking van saad wat gesaai word, gebruik. Die saad word in die aarde gesaai in die verwagting dat dit sal groei, al moet die saadkorrel self in die grond sterf. Uit die sterwende korrel kom die lewe:“Soisditmetdieopstandingvandiedooies. Wat gesaai word, is verganklik en word in

onverganklikheidopgewek”(vers42).Die opstanding van die liggaam is nie van begrafnis afhanklik nie, want dit is die almagtige God wat opwek, wat aan sy kinders (hoe ook al hulle gesterf of daarna met hulle liggame gebeur het) ‘n onverganklike liggaam gee. Tog word begrafnis in 1 Kor. 15 simbolies van die opstanding van die liggaam gebruik.

Elkeen van ons moet biddende voor die Here besluit wat sy of haar keuse

sal wees wat met sy of haar lewelose liggaam moet gebeur. Ons weet dat die lewe nie eindig by die uitblaas van die asem uit ons liggame nie. Ons dood is deur die sterwe van Christus, wat die ewige dood in ons plek gesterf het, ‘n afsterwe van sonde (wat ‘n wonderlike wete!) en ‘n deurgang na die lewe saam met Christus, ‘n heerlikheid wat ons gaan verras!

Stuur jou vrae aan Ben na: Epos: [email protected], SMS: 072 183 1083Slakkepos: Posbus 20764 Noordbrug 2522.

6 VROUEBLAD November 2013

in diepte

Deur Deur Dr. AmAnDA Du Plessis(FAkulteit teologie: nWu, PotcheFstroom)

Onthou GodDie vakansietyd lê al en loer op die horison. Die besig-wees en gejaagdheid van elke dag se

roetine laat ons verlangend uitsien na hierdie spesiale kuier- en bederftyd wat voorlê. Wanneer al die “hoe gaan dit” en “wat is nuus” gesprekke verby is, begin die “onthou jy nog”. Lekker word daar teruggedink en almal wil nog iets en nóg iets onthou. Die koffiekan moet ‘n paar

keer hervul word tydens dié onthou-jy-gesprekke. En die glimlagte op elkeen se gesig is uiteindelik maar net ‘n uitdrukking van die innerlike vrede en rus. Van bekendheid. Van ‘n ek-

behoort-gevoel. Van ‘n plek van veiligheid en koestering.

se trou

7VROUEBLAD November 2013

in diepte

ie volk van Israel moes onthouOns lees in 1 Kron. 15 en 16 van die volk Israel se

feesviering toe die ark na Jerusalem gebring is. Hierdie keer is daar egter ʼn verskil van die gebeure in 1 Kron. 13 toe Ussa gesterf het. Dawid erken dat hulle die eerste keer oormoedig was en nie eers noukeurig vasgestel het hoe God wil hê die ark hanteer moet word nie, en daarom het hy die voorskrifte rondom die vervoer van die ark gaan oplees. Hy sorg dat die ark hierdie keer deur die Leviete gedra word, soos die Here dit voorgeskryf het (Num. 4:15). Die priesters het hulleself gereinig volgens die voorskrifte van die wet (Num. 8:5-7), ook die tempelsangers is beveel om stelling in te neem saam met die priesters en die Leviete. In hierdie gedeelte word Dawid uitgebeeld as die priester wat leiding neem. In ʼn mantel van fyn linne geklee, bring hy offers – soos die priesters – en spreek hy die seën oor die volk uit.

Wanneer die ark teruggebring word na Jerusalem, vier die volk fees. Dit was ʼn aangeleentheid van vreugde en Dawid gee aan die sangers ʼn voorbeeld van die soort lofliedere wat hulle moes sing (1 Kron. 16:8-22). Die lied gaan veral oor die posisie van die volk Israel, die geskiedenis en alles wat met Israel gebeur het. Hierin word God se almag, sy trou en sy grootheid besing.

Dawid moedig die volk aan om te onthou (1 Kron. 16:15):

“Onthou, sy verbond is vir altyd, die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het…”

1 Kron. 16:7-22 se woorde word vervat in Ps. 105:1-15 en in die res van hierdie Psalm, dink Dawid terug na God se troue onderhouding van

die volk deur al die eeue. Die volk moet God voortdurend loof en prys, want deur hulle liedere en lofprysing vertoon Israel die karakter van ʼn ware Godsvolk.

Vandag se kinders van God moet onthouVandag, ongeveer 2500 jaar na hierdie gebeure, moet die volk van God steeds onthou. Die Woord van God is so duidelik om God as’t ware aan ons voor te stel. Ons leer God ken in die bladsye van die Bybel en in sy handelinge deur al die eeue.

“Onthou, sy verbond is vir altyd, die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het…”

Ons, as kinders van God, kan steeds vashou aan die verbond en aan God se belofte, omdat God getrou is in Homself. God is betroubaar (Deut. 7:9; Heb. 10:23). Hy is vol liefde en trou (Ps. 86:15). Sy trou is groot (Klaag. 3:23) en Hy sal getrou bly (2 Tim. 2:13).

Spurgeon het gesê: “God said it, I believe it and that settles it.” Dit moet ons hartsgesindheid wees: God het gesê en ek glo in Hom met my hele hart en wese. Hoekom kan ons so onvoorwaardelik glo? Omdat God getrou in al sy handelinge was en is. Alles wat God doen, staan vas (Ps. 33:4; 111:7-8). God is getrou aan sy verbond (Ps. 78:24-28; 105:8) en Hy hou al sy beloftes (Gen. 21:1-2; 1 Kon. 8:20; Hand. 13:23,32-33). Al God se beloftes is in Jesus Christus vervul (2 Kor. 1:18,20).

God is getrou in sy verhouding met ons, in sy liefde vir ons (Ps. 89:25; 143:1) en daarom help Hy ons (1 Kor. 10:13) en beskerm Hy ons (Ps. 91:4; 2 Tess. 3:3). God is getrou om ons te vergewe elke keer as ons Hom vra en

ons sondes bely (1 Joh. 1:9). God se Woord is betroubaar (2 Sam. 7:28; Ps. 19:7; Op. 21:5).

Jy moet onthouOnthou jy daardie keer toe jy bang was? Toe jy alleen was? Toe jy gedink het niemand gee om nie? Toe jy wou opgee?

Word weer stil en onthou: God is getrou. Dit was en is Hy wat jou altyd bewaar (Ps. 31:24; Spr. 2:8). Dit is Hy wat oor jou lewe waak (Ps. 97:10). Dit is Hy – God – wat jou seën (Deut. 11:13-15), wat jou beloon (Matt. 25:21-23), wat jou nooit ooit nie sal vergeet nie (Ps. 37:28) en wat jou vashou in sy hand (Joh. 10:28-29).

“Onthou, sy verbond is vir altyd, die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het…”

God is nie ʼn mens dat Hy sal jok nie (Num. 23:19) – sou Hy iets sê en dit nie doen nie? ʼn Duisend maal nee. God IS getrou. Hy is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid (Heb. 13:8).

Wat ʼn wonderlike troos is God se trou nie! Dogter van God, onthou en hou vas daaraan terwyl jy ʼn loflied tot eer van God sing (Ps. 105-1:1 en 15):

Loof, loof die Heer van alle here!Verhoog sy naam en gee Hom ere,

en bring sover daar volke is, sy dade in gedagtenis;

en spreek met aandag en ontsagvan al sy wonders, dag aan dag.

Die Heer wat van geen wankel weet nie,sal nimmer sy verbond vergeet nie;

al sy beloftes bly van kragtot in die duisendste geslag.

Verbond met Abraham, sy vrind,bevestig Hy van kind tot kind.

D

8 VROUEBLAD November 2013

in diepte

I

Hoe lekker is dit nie omna ’n film te gaan kyk waarin

iemand wat ‘n baie slegte lewe gelei het, omdraai, haar eie

identiteit ontdek en tot haar volle potensiaal ontwikkel nie.

As die regisseur weet wat hyof sy doen, is so ‘n rolprent

gewoonlik ‘n lokettreffer!

n Efesiërs 2 wys Paulus as’t ware vir die lidmate van die gemeente in Efese so ʼn film. Hy sê vir hulle: Só het julle lewens eers

gelyk voordat julle die Here leer ken het, en kyk hoe lyk julle lewens nou. Paulus praat met die Efesiërs en wys hulle op hulle lewensverhaal. Dan sê hy ook verder dat hulle – hy en sy mede-apostels, dieselfde lewensverhaal het. Hierdie verhaal bestaan uit twee dele: Die verlede, hoe dit vroeër was

en hoe dit nou lyk. Dood word hier teenoor die lewe gestel. Paulus sê die lidmate van Efese was dood en nou lewe hulle – dit is ook jou lewensverhaal.

En die verloop van hierdie verhaal is onherroeplik verander deur God wat jou uitgekies het en jou lewe in Jesus Christus geheel en al verander het.

Jou lewensverhaal vroeër... Wat het die lewens van die mense van Efese bepaal? Hulle het hulle lewens

laat lei deur die duiwel, hulle eie sondige begeertes en gedagtes. Hulle het toegegee aan die wêreld, die Satan en hulle eie begeertes. Hulle eie sondige

self en hulle eie gedagtes het geboorte gegee aan verkeerde optredes. Die uiteinde van alles was dat hulle lewens verrot was.

Hierdie lewenswyse, wat uit hulle sondige natuur gebore is, is gelyk aan die dood. So skilder Paulus die doodsdeel van die lidmate van Efese se

lewensverhaal. Hy sê vir hulle: “Hou dan in gedagte wat julle vroeër was...” (Ef. 2: 11) – of kortom kan ons sê Paulus sê vir hulle: Onthou wat julle vroeër

was. Hulle was heidene van geboorte af (Ef. 2:11); hulle is onbesnedenes genoem deur die Jode van daardie tyd (Ef. 2:11); hulle was ... sonder Christus

(Ef. 2: 12)... ver van God af (Ef. 2: 12)... sonder hoop en sonder God in die wêreld (Ef. 2: 12).

As ek bely dat ek in God Drie-enig glo, is hierdie verhaal wat Paulus vertel ook my lewensverhaal. Uit myself is ek tog nie in staat om uit hierdie dood

van die sonde op te kan staan nie. Ons bely tog dat ons in sonde ontvang en gebore word, selfs al is ons as kinders gedoop en het ons alreeds van kleinsaf

deel aan die verbond. Daarom moet ook elkeen van ons onthou wat ons vroeër was!

Onthou God se

verlossingDEUR DS. ABEL STEYN (GK LYDENBURG)

9VROUEBLAD November 2013

in diepte

Jou lewensverhaal nou...“Maar nou...” (Ef. 2: 13) begin Paulus die wending in die lewensverhaal van die Efesiërs. En dan hoor ons die heerlikheid van die ontwikkeling wat daar in hulle lewens plaasgevind het: Een met Christus Jesus; naby Christus deur sy bloed – Christus ís hulle vrede (Ef. 2: 13-14). Nou is hulle deel van die “nuwe mensheid” (Ef. 2: 15) en versoen met die Jode en “tot een liggaam verenig” (Ef. 2: 16).

... een met Christus... Hy is die Hoof van die liggaam en as kind van God beleef jy as gelowige die innige gemeenskap met jou Hoof, Christus en met medegelowiges – jou broers en jou susters in die Here.

... naby Christus deur sy bloed... Christus het die grense tussen mense kom afbreek deur sy kruisdood en sy bloedstorting. So het Hy versoening kom bewerk. In Hom het die koninkryk van die hemel naby gekom. So kon heidene en Jode in Christus bymekaar uitkom. So kom gelowiges uit alle oorde vandag in Christus bymekaar uit. Ons kan sê ʼn sterker band as bloedbande tussen familielede bind ons aan mekaar vas – die bloedband in Jesus Christus.

... Christus is hulle vrede (en ook ons vrede!)... Christus bring balans in die lewe van die gelowige. Daar is nou deur Jesus Christus harmonie tussen God en die mens. Soos ʼn orkes waarvan die instrumente op mekaar ingestem is, word gelowiges in Christus op Hom en op mekaar ingestem. God se vrede vat grond in elke gelowige se lewe.

Daarom: Onthou...Hoor hoe eggo hierdie woorde van Paulus ook vir jou: Onthou dat jy vroeër verlore was vanweë die sonde, maar nou het die Here jou uit genade en liefde gered. Die Here self kom skep lewe uit die dood. Dieselfde krag waarmee God Jesus laat opstaan uit die dood laat opvaar na die hemel en laat sit aan sy regterhand is dieselfde krag waarmee God lewe opwek uit die dood. Herskepping.

Ons word lewend saam met Christus. Die ommekeer wat God deur Jesus Christus in die lewe van die sondaar bewerk, is ’n wonderwerk. Dink aan Dawid in die doodloopstraat van sonde. Dink aan die Efesiërs, aan Paulus-hulle, aan jouself en sien raak hoedat God jou lewe verander en vernuwe deur sy Seun. Onthou waar jy vroeër was – en waar jy nou is! Van dood na die lewe in Christus!

Onthou God se

verlossingDEUR DS. ABEL STEYN (GK LYDENBURG)

in diepte

10 VROUEBLAD November 2013

Onthou ons hoop in

ChristusDEUR ANKIE DE KLERK

ierdie vers dra ’n kragtige boodskap oor. Dit gee hoop vir elke mens wat al met die krisisse van hierdie

aardse bestaan te make gehad het. Hierdie hoop is nie gegrond op iets wat ons self moet probeer waar maak en bewerkstellig deur doelwitte na te streef en ideale te bereik nie. Nee, dit is ten volle gebaseer op Jesus Christus se dood én veral, sy opstanding uit die dood. Die hoop is ’n verwagting wat geld vir ons tydelike bestaan in hierdie bedeling, maar dit oorspan verder ook die dood en strek tot in die ewige bestaan, na die dood, in die hiernamaals.

Bemoediging Paulus skryf vir Timoteus om hom moed in te praat terwyl hy allerhande teenstand ervaar in sy bediening. Die werklikheid van Jesus se dood en ook sy fisieke opstanding uit die dood is kernfeite van die geloof wat in Timoteus se tyd aangeval is, maar ook deur die eeue en selfs vandag deur mense bevraagteken word. Soos

Paulus tereg sê in een van sy ander briewe (1 Kor. 15), het die geloof sonder inhoud geword as ons nie glo dat Christus werklik gesterf het en weer lewendig geword het nie (v. 14). Verder is ons, in Paulus se woorde “die bejammerenswaardigste van alle mense” (v. 19) as ons nie glo dat Jesus opgestaan het en lééf nie. As ons nie glo dat Jesus opgestaan het en leef nie, is ons bestaan dan basies betekenisloos en raak ons vasgevang in hierdie lewe op ’n aarde wat meer en meer tekens wys van algehele verval.

Daarom dring Paulus by Timoteus aan en ook by jou, terwyl jy hier lees, om altyd te onthou: • JesusChristusis’nnakomelingvan

Dawid – Hy is dus ’n mens soos ek en jy;

• JesusChristuswasdood–Hyhetdie volle lading van mý straf tot die dood toe gedra;

• JesusChristusísopgewekuitdiedood – Hy het werklik die dood oorwin en die lewe tot in ewigheid verwerf;

• Ditisdieessensievandieevangelie,die blye boodskap, die goeie nuus vir alle mense!

Wat beteken dit nou prakties as ons hierdie dinge altyd onthou? Dit móét mos ’n effek op my lewe hê, want daarin is ’n wonderlike geskenk toegedraai soos met ’n spesiale verpakking:

...’n nakomeling van DawidMy geloof in Jesus die Messias uit die nageslag van Dawid impliseer dat God sy beloftes hou oor honderde jare heen. Ek kan God dus ook volkome vertrou om sy beloftes wat Hy in sy Woord aan my maak, na te kom. Wanneer ek Hom aanroep, sál Hy hoor en help. Hy is ook in beheer en ek kan dus gerus wees dat wat ookal met my en my geliefdes gebeur, die hoogtepunte en ook die swaarkrydinge, deur sy bestuur tot my opbou sal dien – al kan ek self geen sin daaruit maak nie.

...uit die dood...Om te onthou dat Jesus vir my sonde en gebroke verhouding met God

“onthou AltYD DAt Jesus christus, ’n nAkomeling VAn DAWiD, uit Die DooD oPgeWek is. Dit is Die

eVAngelie WAt ek VerkonDig ” (2 tim. 2: 8).

H

in diepte

11VROUEBLAD November 2013

versoening gedoen het en die skuld weggeneem het, maak my ’n bevryde, huppelende kind van God. Ek kan waarlik weet dat Hy onvoorwaardelik my Beskermer is en dat niks my kan skei van sy liefde nie! Mag ek dus elke dag my doen en late voor Hom blootlê en bely wat my weggetrek het van sy wil, vergifnis vra en weer opstaan en aan sy hand verder gaan. So kan ek positief leef vanuit my verlossing en sy doel met my uitleef.

...opgewek isEk kan onthou dat ek hoop in Christus se opstanding, wat ’n voorloper is van my eie opstanding tot die ewige lewe – hoop soos Job wat sê: “Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer! Selfs nadat hierdie siekte my vel weggevreet het, sal ek nog lewe en God sien. Ek sal Hom sien, met my eie oë sal ek Hom sien, Hom en niemand anders nie. Ek smag daarna met my hele lewe” (Job 19: 25 e.v.). Dan het ek mos ’n hemelse verwagting en ’n permanente blyplek by God wat vir my voorlê. Die ewigheid in sy teenwoordigheid begin alreeds in hierdie lewe wanneer ek elke dag as ’n wedergebore kind van God lewe. Geliefdes wat gelowiges was en reeds oorlede is, is daar by die Here en dit troos my dat hulle geen pyn of leed meer hoef te verduur nie.

Dit is die evangelie wat ek verkondigHierdie hoop wat uitsluitlik gebou is op die verlossingswerk van Jesus Christus, is die boodskap wat ek met enigeen kan deel wat soek na die ware fondament vir sy of haar bestaan. Net die geloof dat Hy in jou plek die volle lading van God se vergelding deurgegaan het en oor die dood getriomfeer het, verander ’n mens se bestaan radikaal. Dit eindig dan nie meer by ’n hopie grond in die begraafplaas of ’n houer vol as by die krematorium nie, maar loop uit op ’n skouspel van dié wat hulle klere gewas het in die bloed van die Lam en wat Hom voortdurend loof en prys en dien (Op. 7: 9 e.v.).

12 VROUEBLAD November 2013

leefdinge

DEUR GRIET SWANEPOEL

Stoftotnadenke

13VROUEBLAD November 2013

leefdinge

DEUR GRIET SWANEPOEL

Stoftotnadenke

Dis stof. Dis droog. Dis Oktober. Dis ‘n vergete dorp

Dis ‘n hele Wes-Transvaal in rou. y gedagtes dwarrel saam met die stofwolke.

Ons groot familie het so min geword noudat ons my tannie Dou moet begrawe hier op Sannieshof.

Ek sou haar darem nog graag weer een keer wou hoor lag, so uitbundig en vrolik. Haar oë sien blink oor ʼn oulike grappie of ʼn interessante storie. Sy sou dan haar hande saam slaan en “Genasies!” uitroep. As dit dan vir haar oulik was, sou jou storie dan deur die hele familie versprei – gouer as vandag se SMS’e. Sy was lief om vars nuus vir almal te vertel.

Sy was baie lief vir haar familie Sy was haar hele lewe ʼn grade-juffrou eers hier op Sannieshof en later in Klerksdorp.

Sy het nooit getrou nie, sy was ons familie se onopgeëiste juweel. As jy haar vra oor die liefde, dan het sy net gesê: “Ek was verlief en verlore!”

Daarna het jy nie verder uitgevra nie, want dit was altyd pret om by haar te kuier. Sy was anders as ʼn ma. By haar kon jy maar koek of lekkergoed eet en later kos eet as jy lus voel daarvoor. Ons kleinkinders se grootste bate was die tyd wat sy gehad het vir almal. Sy was ons almal se juffrou, ʼn omgee-tannie. Sy was ook iemand wat nooit ʼn kans laat verby gegaan het om jou te vertel van haar geloof nie. Sy het haar Bybel goed geken en daarom het ons geweet dat haar waarskuwings oor die vreeslike gevare van die bose wêreld waar moet wees. In my gedagtes as

kind was die bose wêreld dan iewers noord van Potchefstroom.

Ons kleinkinders staan bymekaar. Nie almal kon kom nie, maar ons wat daar is, deel ʼn goue verlede. Jy hoor maar hoe almal vertel van haar geskenke: ʼn Fiets, ʼn skaakstel, ʼn horlosie, ʼn geldjie. Almal se lewe het sy aangeraak. Sy het daarvan gehou om skonsies te maak as jy kom kuier. As jy aan die deur klop, staan die gebak daar gereed, onder die net, vir jou.

Ek kyk na die omgewing en dink terug daaraan soos ek dit as die kind van destyds onthou: Daar was plaasskole, vol kerkgeboue en min winkels. Jy het gelewe uit die oorvloed van die grond en verder geleer om ʼn plan te maak as iets breek . Ons het niks geweet van al die stad se grênd goed nie. Dit was ʼn tyd waar min goed in die kerk verander het en as jy iets gekoop het, moes dit vir altyd kon hou. Selfs jou skoolklere van standerd 6 moes hou tot matriek. Die grootste geskenk was die reën. Daaroor het almal gejubel. Na ʼn goeie bui het die telefone nie ophou lui nie. En jy het van kleinsaf geweet dit is ʼn geskenk wat geen mens kan gee nie, net die Here alleen. Daarom moet jy daarvoor bid. Ek het my totale afhanklikheid van die Here op daardie plaas geleer.

Tannie Dou het nie gehou van ʼn nat grondpad nie. Sy het ook altyd geglo sy het niks verkeerd gedoen as ʼn verkeerskonstabel haar aftrek nie. Al was sy oor ʼn sperstreep met al die wiele. Sy kon ewe verbaas vra: “ Watse

snaakse kar steek dáár uit tussen die bome?” en dan eers later besef dit is die verkeerskonstabel wat daar staan en wag het dat iemand meer as tagtig in ʼn 60-kilometersone ry.

Tannie Dou het swaar gekry met al die veranderings in die kerk. Sy het nog die Ou Vertaling gelees en gesing uit die Totiuspsalms. Dit het haar gedwing om te soek vir ʼn geestelike hawe binne die kerkverband. Sy – wat so lief was vir haar kerk en haar belydenis – moes maar weer hier op Sannieshof haar laaste rus kom vind.

Die omgewing se mense lyk afgetakel. Moeg geveg teen die droogte. ʼn Eens groot gemeente vol groot gesinne het weggekwyn. Daar is nou minder as 100 lidmate en meeste van hulle is bejaard. Die dorp lyk so sonder drome toe ons na die begraafplaas toe ry.

“Ai, die stof,” kla iemand, “as dit tog net wil reën!”

Ds. Kobus de Kock roep ons bymekaar daar rondom die graf van tannie Dou. Dit was die mooiste wat die geloofsbelydenis vir my nog ooit geklink het.

Ek sien nie meer die stof nie. Ek sien die erfenis van ʼn gelowige vrou.

Tot siens, tannie Dou.

M

Dis geloof...Dis vergewing...Dis ‘n hemel vol heerlikheid...Dis ‘n ewige lewe...

14 VROUEBLAD November 2013

teks & vers

DEURMARLETTE VAN ROOyEN

En net soos ek partykeer vergeet om te onthou, onthou ek ook sonder om te vergeet. En sekere dinge is so moeilik om te vergeet. Ek onthou gereeld hoe iemand my te na gekom het – al het ek daardie persoon al vergewe, kan ek tog net nie vergeet nie! Ek onthou ook so maklik dinge wat ek aangevang het wat ek eerder wens ek kan net vergeet.

En as dit so deurmekaar gaan, is ek so dankbaar dat God nooit vergeet om sy beloftes te onthou nie, en ook nooit die sondes onthou wat Hy reeds vergeet het nie.

Deut. 4: 31: Die Here julle God is ‘n genadige God. Hy sal julle nie in die steek laat of om die lewe bring nie. Hy sal nie die verbond vergeet wat Hy met ‘n eed aan julle voorvaders bevestig het nie.

Laat ons met ontsag Hom noem,

in ons lied die Here roem

Luisterryk, vol majesteit

is sy groot barmhartigheid.

Al sy dade word onthou;

Hy’s standvastig in sy trou.

Laat ons met ontsag Hom noem,

in ons lied die Here roemPsalm 111:2 (berymd)

Mense sal nie noodwendig onthou wat jy gesê of gedoen het nie, maar onthou hoe jy

hulle laat voel het – Maya Angelou.

Ek vergeet nie sommer iets nie, maar partykeer onthou ek net nie! Daarom moet ek onthou om te onthou. Ek moet onthou om te onthou om my vriendin te bel op haar verjaarsdag. Ek moet onthou om te onthou om die rekening te betaal. Ek moet onthou om te onthou om die boek saam te neem.

Maar partykeer vergeet ek om te onthou. Ek het ander dag vergeet om te onthou om my kar se sleutels uit die aansluiter te haal. Toe ek vier ure later by my kar kom, kon ek nie onthou wat ek met die sleutels gedoen het nie, en waar ek die sleutels vergeet het nie. Ek het vergeet om te onthou om die water- en elektrisiteitslesings te neem en in te stuur, en ek het vergeet om te onthou om my man te herinner om iemand te bel.

Onthouom te

Onthou

teks & vers

15VROUEBLAD November 2013

Onthou God se Verbond1 Kron. 16:15: Onthou, sy verbond is vir altyd, die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het. Onthou om God te Dien

Ps. 27:8: Ek onthou wat U gesê het:“JullemoetMykomdien!”Ek is hier om U te dien, Here.

Onthou om te GeeHand. 20:35: Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.”Maandag Dinsdag

Vrydag

Onthou om Dankbaar te WeesPred. 11: 8: As ‘n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees. Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is. Alles kom tot niks.

Onthou jy lewe vir GodRom. 6:11: Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.

Sondag

Onthou God se NaamJes. 26:13: Behalwe U, Here ons God, het ander konings oor ons geregeer, maar ons wil net ú Naam onthou.

Onthou God se VoorskrifteMal. 4:4: Onthou die wet van my dienaar Moses, die voorskrifte en die bepalings wat Ek aan hom by Horeb gegee het vir die hele Israel.

D agboek

Teks & vers

Woensdag

Saterdag

Donderdag

leefdinge

As tagtigjarige woon ek nou al tien jaar alleen in ’n aftreeoord en is baie eensaam. My gehoor het baie agteruitgegaan, selfs my gehoorapparaat is nie meer effektief nie. Ook my sig het al so verswak, dat ek slegs met ’n vergrootglas kan lees. Dit beteken dat ek nie meer musiek of radio kan luister, televisie kan kyk of motor bestuur nie. Ek voel benoud tussen groepe mense en voel al hoe meer buite beheer en uitgelewer aan ander se genade. Watter sin is daar nog vir my in hierdie lewe? Lena.Liewe Tannie,

Jou lewe kan nog baie sinvol wees, want of jy bewus is daarvan of nie, jou voorbeeld kan ander positief beïnvloed. Al leef ons in ’n stukkende wêreld waar oudword dikwels gepaard gaan met fisieke lyding, omdat ons kragte en energie afneem, hoef ons geestelik nooit moedeloos te word nie. Ons moet saam met Paulus kan sê: Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly (2 Kor. 4:16-17).

Wat jou eensaamheid betref, moet jy onthou, jy is selfs te midde van jou uiters moeilike omstandighede nooit alleen nie. Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie (Rom. 8:38-39). Hy het immers in elke opsig aan ons gelyk geword en het medelye met ons swaarkry (Heb. 2:17-18; 4:15). Daarom sit Hy aan die regterhand van God en pleit vir elkeen van ons (Rom. 8:34).

Jesus het verder belowe dat God die Heilige Gees vir ewig by ons sal wees as ons Trooster (Joh. 14:16-18). Jy moet gevolglik alles in die stryd werp om steeds Geesvervuld te lewe. Kom ons probeer net ’n klein stukkie van wat ’n Geesvervulde lewe volgens Gal. 5:22-23 vir ons denke impliseer, verstaan:

• Liefde:OmGodboallesenandersoosjouselflieftehê(Matt.22:37-39).• Vreugde:OmaltydblyteweesindieHere(Fil.4:4).• Vrede:OmopdievredevanGodwatalleverstandtebowegaan,tefokus(Fil.

4:6-7). • Geduld:OmdeurgeloofengedulddeeltekryaanalleswatGodbeloofhet(Heb.

6:12). • Vriendelikheid:Omaltydvriendelikenmetgoeiesmaaktepraat(Kol.4:6).• Goedhartigheid:Omdiegoeietevoorskyntebringuitdieoorvloedgoeiedinge

inonshart(Matt.12:35).• Getrouheid:OmgetrouteblyaandieHere(Fil.4:1).• Nederigheid:Omvolmedelyeennederigtewees(1Pet.3:8).• Selfbeheersing:Omnieoptegeenie,maargevultewordmetkragenliefdeen

selfbeheersing” (2 Tim. 1:7).

Meerprakties:Probeersteedsgemeentelikeaksiesbywoon.Medegelowigesvormdie beste ondersteuningsbasis in moeilike tye. Laat ander toe om jou te help.

Maakditjoudoelomnogiemandindieaftreeoordtesoekwateensaamisenoorreed haar om daagliks saam met jou te gaan stap. Die uitkom, saamwees en oefening sal wondere verrig vir julle albei.

Bybelseberading

As jy voel jybegin negatief

raak, werk dit teë deur onmiddellik vir ander in nood

te bid. Onthou, die gebed van ’n

regverdige het groot krag(Jak. 5:16).

16

Deur Dr. Trudie Grobbelaar

VROUEBLAD November 2013

Stuur jou vrae aanTrudie Grobbelaar: SMS: 084 589 5965

Epos-adres:[email protected]

Landlyn: (012) 653 7521Slakkeposadres:

Posbus 11309Wierdapark-Suid, 0057

17VROUEBLAD November 2013

leefdinge

Trauma – die meedoënlose vyand.Praktiese riglyne vir Pastorale begeleiding deur Wentzel CoetzerPopulêr-wetenskaplike boek

Boekeblad

Resensent: Annamie Odendaal

Ek het nog ‘n boek van Potchefstroom Teologiese Publikasies (PTP) ontvang. Elke PTP-publikasie wat ek tot dusver gelees het, kon ek maklik verstaan en was vir my persoonlik opbouend en ter sake. So ook hierdie boek oor trauma.

Prof. Coetzer spreek pastorale beraders aan, maar eintlik is elkeen van ons as vriendinne en susters in die geloof tog ook beraders. Daar is groot dele van die boek wat dus ook as toerusting dien vir elkeen van ons wat ‘n geskokte vriendin of gesin moet bystaan na ‘n groot motorongeluk, ernstige siekte, sterfgeval of nog een van die vlaag rooftogte, plaasmoorde, kapings en ander geweldsmisdade wat ons land teister. Iemand wat self trauma beleef het, kan die boek ook met vrug lees as deel van hul genesing.

Wat gebeur wanneer ‘n persoon trauma beleef? Die vraag word sistematies en verstaanbaar beantwoord en help die leser om getraumatiseerdes beter te verstaan en hulle dan effektief te kan ondersteun. Post-traumatiese stresversteuring word ook bespreek: Hoekom die normale helingsproses na trauma kan ontspoor en waaraan ’n mens kan sien dat ‘n persoon so seer gekry het dat spesiale hulp nodig is.

Die skrywer kyk na alles wat met ’n persoon gebeur tydens en na trauma. Wat in die liggaam gebeur, het ‘n groot invloed op die verstand en op die siel, en omgekeerd. Trauma ontwrig die immuniteitstelsel en kan jou letterlik siek maak. Daar is ‘n lang lys moontlike siektetoestande en almal word kortliks bespreek.

Hoe verwerk ’n mens trauma? Faktore wat die genesingsproses kan ondersteun, word bespreek met baie praktiese raad daarby. Ten slotte wys prof. Coetzer hoe ons onself kan voorberei op moontlike trauma. Hierdie afdeling is sommer ook goeie raad vir ‘n gesonde lewenswyse in die algemeen.

Die boek verval soms in ’n tipies onpersoonlike handboek-styl en ander kere is van die beskrywings so algemeen dat dit niksseggend raak.

Tog bly dit ’n waardevolle hulpmiddel vir enigeen wat graag diensbaar en sensitief wil wees teenoor mense naby hulle wat seergekry het en hulp nodig het. Koop sommer een vir jou ouderling en predikant ook.

Die boek is beskikbaar teen R 180-00 per eksemplaar en kan bestel word by Petro Kroeze 018-2973986/7 of [email protected].

leefdinge

18 VROUEBLAD November 2013

Ons onthou...Die Vrouemonument

100 jaarDeur ilsAbé sPoelstrA

Vir die eerste keer sedert my kinderdae stap ek as volwasse vrou en ma van kinders oor die gronde van die Vrouemonument (Bloemfontein) wat vanjaar 100 jaar

bestaan. Ek is ’n bevoorregte nasaat van die geslagte wat stil op die terrein in beeld en beton vasgevang is... ek is hier om terug te dink aan wat ons moeders van 100 jaar gelede

deurgemaak het... ek is hier om te onthou....

leefdinge

Ons onthou...Die Vrouemonument

100 jaar

By die trappe is uitgegraveer: “AAN ONS HELDINNEN EN LIEVE KINDEREN. Uw wil geschiede”. Hierdie min woorde verwys na die altesaam 4 182 vroue en 22 074 kinders wat deur ontbering die aardse lewe ontsê is. Daar is ook 1500 meesal bejaarde mans en 14 154 swart mense in die kampe dood.

Soveel kinders (meer as 22 000) in 2 jaar ... hoekom en hoe kan so iets gebeur? Die beleid van “verskroeide aarde” is in werking gestel toe Brittanje se verliese hand uitruk en die Boere nie tot oorgawe gedwing kon word nie. Hoe groot kan ’n land se gierigheid vir goud en groter grondgebied dan wees om ’n weermag teen vroue en kinders aan te wend?

Boere se plase is afgebrand, gesaaides en veestapels is vernietig en alles wat oor geslagte opgebou is, is afgebreek. In ’n poging om die Boere se moraal te breek, is vroue, kinders en weerlose bejaardes weggeruk en in ongeveer vyftig konsentrasiekampe aangehou. Gevangenes is van die verwoeste plase af per ossewa, trollie of trein weggevoer – gewoonlik in oop steenkool- of beeswaens

sonder enige sanitêre geriewe – of hulle is te voet aangedryf. Lord Alfred Milner se uitdrukking: Hulle het “higgledy-piggledy” beweeg. ’n Totaal van 161 000 weerlose mense waarvan 41 910 (26%) binne 2 jaar sou omkom is sogenaamd “vir hul eie beskerming” aangehou.

Die kampe is so ondoeltreffend georganiseer en bestuur dat hulle spoedig regoor die wêreld berug geraak het. Kampe was in die oop veld totdat tente verskaf is en soms het barakke blyplek verskaf. Omdat daar nie genoeg komberse, klere en ander beskerming was nie, en dikwels nie beddens en matrasse nie, is die geïnterneerdes, aan die uiterste ontberings blootgestel. Bloemfontein se konsentrasiekamp was waar die huidige Bybelhuis te Tempe en Spitskop is. Ek kan my indink hoe ontsaglik koud dit in die winter in ’n tent moes wees vir siek vroue en klein kindertjies. Die klein kindertjies is juis die ergste getref.

Daar was hopeloos te min kos; die kos wat daar was, veral vleis, suiker en meel, was aanvanklik van ’n swak gehalte. Rensche van der Walt – ’n lidmaat van die Gereformeerde Kerk in Reddersburg, het geprotesteer: “Julle het my 100 vet hamels gevat en nou moet ons vrot vleis eet!”

Die eerste wat indruk maak is die beeld van die boerekryger op sy perd wat vertrek vanaf sy vrou met die baba in haar arms. Die plaat vertel alles : “Afskeid 11/10/1899”.

Die begin van die Boere-oorlog ...Die volgende wat my tref is die somber verhaal van sterftes van vroue en kinders wat aangebring is op marmerstene aan weerskante van die laan wat oploop na die verdiepings hoë gedenknaald wat bekend staan as die Nasionale Vrouemonument. Op elke steen, wat ’n konsentrasiekamp verteenwoordig, is ʼn aangrypende teksvers aangehaal... ’n teken van die geloof van die mense wat hier gesterf het, maar ook oorleef het... Saam met die teksvers is daar die kil syfers van honderdtalle en selfs duisendtal vroue en kinders wat in elke kamp in minder as 2 jaar omgekom het.

<

hester hAttingh, skilDer VAn hierDie skilDerY, Vertel: • Deur die geskiedenis van ons land was die Afrikanervrou nog altyd die ruggraat van die gesin.• Dink aan die Groot Trek hoe hulle kaalvoet oor die Drakensberge gestap het.• Tydens die Anglo Boere oorlog was dit die vrou wat die mans se moraal hoog gehou het en hulle emosioneel en fisiek ondersteun het. • So het hulle ook in die haglikste omstandighede hul geloof behou enuit die as opgestaan.• Die Afrikanervrou het die vaandel van die Christelike geloof uitgedra en na die Lig beweeg.• Dit is wat my geïnspireer het met die skilder van hierdie skildery: Van die donker na die Lig... ONOORWONNE!

19VROUEBLAD November 2013

20 VROUEBLAD November 2013

leefdinge

Boonop was daar geen groente, vrugte en ander noodsaaklike kosse nie. Gevolglik het die gevangenes, veral die kindertjies, binne maande tot geraamtes uitgeteer. Vanweë swak sanitasie het siektes, veral masels, in 1901 in die kampe uitgebreek. Aan die gebrek aan mediese sorg was daar onrusbarend baie sterftes.

Rensche skryf in haar dagboek: “….om wy zullen dien dagen van Augustus en Septer van 1901 nooit vergeten en October en November en December, die vier maanden was ons meer dood als leeven. O, wy zien nu nog de menig lyken alken morgen en meddag begraven en al de kenderen van 7 jaar af.”

Die vraag kom onwillekeurig op: Hoe het die geestelike lewe van die mense daar uitgesien?

Uit baie dagboeke lei ’n mens af dat die boere diep gelowige mense was en hul Christelike geloof het ’n sentrale rol gespeel regdeur die oorlog. En tog is daar ook tekens dat desperaatheid en moedeloosheid ingetree het….. Die jong dominee Luckhoff vertel in sy dagboek hoe moeilik dit vir hom was om kinders te begelei wat sterwe. Hy beskryf een van hulle – Lenie – se laaste oomblikke:

Haar mammie praat: “Lenie, Lenie, Lenie, mij kind, jou mammie is hier

bij jou, en Jezus ook hier om jou hand te hou – moenie bang wees nie, mij kind.”

Ds. Luckhoff skryf dat sy onder haar moeë ooglede na hulle gekyk het; ’n groot traan het gebiggel uit haar linkeroog. Dit het vir ’n oomblik geblink soos ’n diamant en toe die besitting geword van haar ma wat met smart vervul was. Hulle was stil. Stadig het haar ooglede oopgegaan, hulle het in die helder blou gekyk. Wyer, wyer en wyer het hulle geword. Die pupille het verflou; stadig en saggies het die ooglede tot rus gekom – tot rus inderdaad – haar gees het hulle verlaat – perfekte vrede...

Lenie is die volgende dag begrawe… en nog drie ander kindertjies; en terwyl Ds. Luckhoff daardie aand saamsing en bid met die kinders, sterf ook klein Lena Steyn.

Hy skryf toe in sy dagboek: “En so het hierdie drie dogtertjies gegaan na Jesus; ag wat het van ons gebede en versugtinge geword?”

Rensche se dagboek getuig van haar geloof: “Maar ons klagen niet want de Heere Jezus heef dertig jaar op de aarde een vreemdeling gewees en heef gezeg: Die een deceipel van my wil wees zoo neem my kruis op en volg my. Zoo moog ik niet kermen als ik myn kruis moet opneem.”

Sy skryf ook: “5 October was my treerigste dag wat ik in de Camp gehat heef, dien ik nimmer of nooit zal vergeeten. Waarop ik moet psalm 118:9 uit roep: De Heer wou my wel hard kastyden maar storten my niet in de doodverzachte vaderlyk myn lyden en redde my uit alle noot.”

’n Kosbare stukkie “geloofstroos” kom uit die boekie Vroueverdriet, wat geskryf is deur my skoonpa – Bouke Spoelstra – se oumagrootjie Petro Johanna van der Walt (néé Olivier). Haar 17-jarige dogter was reeds siek met koors toe sy in ’n oop treintrok vervoer is na Merebank se konsentrasiekamp. Daar is sy in ’n koue bad gesit om die koors te behandel.

Sy het baie sieker geword en het so ’n verskriklike lyding gehad dat haar begeerte was om liewer te sterf. Sy het Psalm 118:12 geprewel en met die volgende woorde het sy gesterf: “Og Here geef heil op hierdie dag… ek geloof, ek geloof, ek geloof ”.

Toe Petro Johanna na die oorlog (1902) weer op die plaas aankom, was daar niks oor nie. Haar woorde uit 1 Samuel 7: “Eben-haeser. Tot hiertoe het die Here ons gehelp.”

Fotos:Jan & Ilsabé Spoelstra

21VROUEBLAD November 2013

leefdinge

Ons onthou... ... uit Rensche se dagboek. Rensche, ’n lidmaat van Die Gereformeerde Kerk Reddersburg, het hierdie dagboek gehou terwyl sy in ’n konsentrasiekamp was tydens die Anglo-Boereoorlog. Dagboek, p. 76: “ Wat de lieve Heere aan ons daan is wel gedaan. Want de Heer is groot een heerluyk God een Koning die het zaligste lot. Alles die op aarde leef beef onder de wil en beschermde hand dus Heere. Wat de Heere doen is en zyn wil behaagen. Het diepst van aardryks in gewand het hoogs geberg is in zyn hand. Van booven de aarde tot ook zoo diep mensch het ook moog bevat tot ook het hoogs geberg, zyn ook onder de wil des Heeren, aan dien hy dit ook toe geschink heef dien zal het beert is al gehoorzaam op zyn sinken. Zoo zyn het ook met de gene die de Heere roep tot de eeuwoge wooning die moet spoedig gaan, want de hooge berge als de Heere ook tot hun wink zal zy hun oude staanplaats moeten verlaaten, zoo moet ons maar zwygen over de gene die hun reis voleindig hat en over ons self treeren, want ons weeten niet waar en hoe ons ook nog moet vaaren voor ons ons reis vol eindig het. Waaken en bidden moeten wy op dien weg gaan. Zoo gy zyn stem dan heeden hoort verhard u niet maar laat u leiden. Geloof zyn heil en troosryk woort. Onze leeven wort op wonderlyke wyze beproef.”

Dagboek, p. 77: “Maar zy allen zyn geduldig onder die Kastydende hand dus Heeren want de Heere

kastyd de gene die hy lief heef”. “Zo zien ik dat de leeven ver kort wort door zwaar maar wy klaagen niet, want dit doen de wil dus Heeren. De Heer heef

gegeven, de Heere heef genomen, de naam dus

Here zy geloof”

Dagboek, 77: “Dog wy klaagen niet, want wat de Heere doen is

welgedaan” ;Dagboek 58: “Ons werp al onze bekommernis op de Heere. Hy zal het voor ons maaken”.

Dagboek 59: “Maar de Lieve Heere heef toen nog een ander doel met ons die ons niet weeten. Ons dink toen ons weg. Maar de Heere bestier ons gang”;

Dagboek 60: “Maar Ik troosde my maar weder met Ps. 25:6. Deze woorden:

God zal zelf leidman weezen, leerem hoe zijn

wandelen moet.”

Dagboek, 80: “Maar ik hoop ons zal niet altroos verstooten wort de dag breek aan dat ons weder zal verlos worden van ons treerigheid. Dan zullen ons getroos worden van al ons droefheid.”

briewe

22 VROUEBLAD November 2013

leefdinge

DEUR WILBRIE EN ANNELIZE FOURIE

WOORD-WYS UIT WAKKERSTROOM

23VROUEBLAD November 2013

leefdinge

Lag saam indie woonkamerJulle verhouding is ’n huis, ’n huis waar jy en jou man saam met Christus woon. En soos uiteengesit in verlede maand se uitgawe, wil God saam met jul in elke moontlike “verhoudings-vertrek”, woon. Hy leef saam met julle in jul verhouding se woonkamer, in die slaapkamer, in die kombuis. In elk van hierdie vertrekke leef en dink julle anders, tree julle anders op en is julle verhouding anders!Die WoonkamerAs jy woonkamer lees, kleur elkeen sy eie prentjie in sy kop in. Jy dink aan jou ouerhuis se woonkamer, jou ouma se woonkamer (die een met die baie foto’s op die kaggel), júlle woonkamer. Van al hierdie verskillende woonkamers is een ding seker: Dit is moontlik die vertrek waar daar die meeste geleef word. Waar die gesin die meeste van die tyd sit, lê, ontspan, lees of doen net wat lekker is. In ons verhoudings is die alledaagse lewe, die opstaan, vinnige geselsies, klaarmaak voor werk, kosmaak, die “woonkamer” van verhoudings. Die woonkamer is die vertrek van ons verhouding wat die gemoedstoestand van res van die vertrekke bepaal. Hoe lyk jou woonkamer?

Maak dit vir hom lekker!Dit is nou maar so, in ’n verhouding bepaal die vrou die atmosfeer in die ‘huis’. Mans kan daardie atmosfeer die vinnigste beïnvloed, positief of negatief. Die sleutel tot kalmte en vreugde lê grotendeels voor ons deur as die vrou in die huis. Daarom is dit so belangrik om doelbewus die alledaagse lewe so lekker en gemaklik te maak vir jou lewensmaat. Dis dikwels ’n keuse van vreugde bo voorkeur, van verhouding bou, bo ek-en-my-eie-behoeftes. Natuurlik is dit elkeen se verantwoordelikheid om die lewe vir mekaar aangenaam te maak, maar kom ons wees eerlik – as Eva die geleentheid skep sal Adam blom!

Ons kan en moet die Here vra om ons te help om hierdie alledaagse lewe

van ons opbouend te hou. Die lewe bestaan uit minute, ure en dae, nie net uit naweke en vakansies nie. Al beteken dit jy moet soms goed in die alledaagse lewe doen wat hom sal gelukkig maak, soos om saam by daardie vriend te gaan kuier van wie se vrou jy glad nie hou nie…

Maak die woonkamer, ’n plek waar hy, jy en julle net lekker kan ontspan en kan leef!

Fokus op mekaarWat slurp julle tyd daagliks op? Dit is belangrik om daagliks te fokus op die groei en positiewe energie van die verhouding. Baie paartjies sê later in hul huwelik dat hulle eintlik net pêlle is, die intieme verhouding is weg! Dit gebeur as mense saam bly, maar nie saam lééf nie – elkeen fokus net op sy eie goed.

Televisie is seker een van die grootste sondebokke of dalk net die mees opvallende een. Dit steel kosbare verhoudingstyd sonder om ’n oog te knip. Elke aand. Baie keer dink paartjies na ’n fliek of omnibus van sepies dat hulle ’n heerlike aand saam gehad het. Ons het dan lekker gelag? Maar het julle sáám gelag? Dit is belangrik om jul eie storie te leef, nie iemand anders se storie nie. Die Here heg soveel waarde aan verhoudings en aan jou spesifieke storie wat julle saam as gelowiges vir Hom skryf.

As jul in die kar ry, moenie net altyd radio luister nie, praat, kuier, soos toe julle nog verlief was! Vra mekaar uit oor die ander een se drome, ideale

en verwagtings. Dis nog nie te laat om weer smoorverlief te raak nie (en smoorverlief te bly nie!). Inteendeel, as julle op mekaar begin fokus, mekaar belangstellend uitvra oor hoe elkeen se dag was en werklik weet wat in jou man se lewe aangaan, kan jul selfs weer die skoolkinders laat skaamkry oor hoe verlief julle is.

Wat jy wil hê is nie noodwendig wat hy wil hê nie…Jy probeer ewe rustig boek lees, dan ewe skielik, “tjang, tjong tjang” – jou man oefen kitaar, en hy kan nie régtig speel nie, maar hy hou die instrument al soos Bon Jovi vas! So gaan dit elke dag in die huis. Elkeen doen sy eie ding. En soms, heeltemal reg, wil jy nie hê hy moet iets saam met jou doen nie. Geniet dan die ek-tyd terdeë. Gun dit vir mekaar.

Verstaan as hy nie altyd wil doen wat jy wil doen nie: Hy wil draf, jy wil net stap. Hy wil braai vanaand, jy is lus vir ’n kersligete. Dis een ding om te weet julle het verskillende behoeftes, dis ’n ander ding om dit te besef. Skep die ruimte in jul ‘woonkamer’ sodat elkeen kan sit, lê, kitaar speel , boeklees soos hy of jy wil. En as julle nie tot ’n besluit kan kom wat julle moet doen nie, speel Tjing-tjong-tja en verloor of wen dan met ’n glimlag. Julle tyd saam is baie belangriker as dat jou boek klaar kom…

As die akkerboomkon praat...

VROUEBLAD November 201324

leefdinge

Ek maak my oë toe en ek sien weer die groot ou akkerboom op die plaas. Die groot ou akkerboom (die perdeboom, deur die kinders so gedoop omdat daar soveel perdebye in was) waar die seuns op vyf karretjies gespeel, op vyftien gevry en op vyf en twintig gebraai het. Niks wou onder die ou boom groei nie, so... die speelterrein vir die maak

van plase en paaie het braak gelê.

DEUR ANNATJIE DU PLESSIS

Ek onthou die lekker mooi kombuis waar kleinsus van kleins af op die kassies gesit het terwyl ma kos maak of koekbak. Ek onthou die verjaarsdagkoeke wat daar geskape is.: “Ek wil vanjaar ‘n Fiat trekkerkoek hê” of “’n Helikopter asseblief, Ma!” Bestellings is dan in hierdie kombuis “gebou” – nie ‘n plat koek waaruit ‘n trekker gesny of waarop ‘n trekker versier is nie, nee, driedimensionele koeke. ‘n Regte oranje Fiat trekker wat op sy wiele staan (nou wel met tientalle sosatiestokkies deurkruis om regop te bly, maar die Fiat kon staan – net nie ry nie). En ek onthou Sussa se Liewe Heksiekoek, wat uitgehol is, met ‘n regte heksiepop binne in sodat die maatjies verras kon wees wanneer die koek gesny word.

Maar met die loop van die jare het ma waargeneem dat die koek selde geëet word, na al die lekkers en skyfies, en word daar besluit om vanjaar se treinkoek van brood te maak, wat tog makliker sny en plak (aangesien niemand dit tog gaan eet nie). Maar helaas, dis toe net die jaar wat die kroos besluit die trein lyk baie lekker, en waar sal hulle in elk geval weer die kans kry om ‘n trein op te eet? Heerlik is daar gesmul aan die brood met versiersuiker en later het die mammas kom kla dat die kinders nie meer brood met botter en konfyt wil hê nie, hulle wil brood met versiersuiker hê.

Nog lank voor die knielengte-broeke van vandag in die mode was, het my telgies hulle denimpies se knieë deurgekruip agter karretjies en trekkers aan op hulle plase onder die akkerboom.

Uit nood gebore en weens ‘n gebrek aan geld, het ma besluit die broeke word net bokant die gat (dis nou die gat op die knie) afgesny en omgesoom. En wat gebeur? Die maatjies se mammas wil almal weet waar ek daardie knielengte broekies gekoop het – hulle kinders wil nou ook sulkes hê.

Op ’n dag kom vra my oudste waarom die maatjie in die dorp ‘n swembad het en hulle nie.

“My kind, die arme dorpskinders het nie ‘n land vol mielies nie, al wat hulle ouers kan bekostig is ‘n swembad. Gelukkig kan ons mielies bekostig – ‘n hele land vol, en as ons wil swem is daar mos ‘n baie groot en lang rivier.” En doodtevrede het hierdie plaasjapies diep in hulle harte geweet hoe bevoorreg hulle is om mielies te hê, want wie het dan ‘n swembad nodig as jy mielies het?

So het hierdie krosie baie vreugde beleef met die gespeel onder die akkerboom. Vandag is hulle groot. Elk met sy eie kinders. En toe die tweede seun nou die dag bieg dat sy klein Katherine kinders by die skool byt, spreek ouma haar aan:

“My skat, jy moenie mense byt nie. Jy is nie ‘n krokodil nie. Waarom byt jy die kinders?”

En die tweejarige se antwoord: “Omdat ek ‘n leeu is”.

En ek weet: Jy hoef nie ‘n krokodil te wees om mense te byt nie, jy moet net jou antwoord reg hê.

25VROUEBLAD November 2013

As die akkerboomkon praat...leefdinge

Die ontstaan van Lens op die Bybel het voortgevloei uit die kameraadskap van vier predikante in Centurion. Dii Willie Kotze (Rooihuiskraal), Gerrit Kruger (Centurion), Christo Swanepoel (Lyttelton) en Awie Verhoef (Wierdapark) hou gereeld elke Woensdagoggend, vergadering. Terwyl daar ʼn koppie koffie gedrink word, bespreek hulle weekliks teologiese vrae, doen saam Bybelstudie, wissel gedagtes uit oor hulle preke en antwoord saam op vrae van lidmate. Tydens een van hierdie vergaderings het hulle besef dat daar ʼn behoefte by lidmate bestaan dat hulle alledaagse vrae oor die Bybel beantwoord sal word. Om die werkslading te verdeel en ook om samehorigheid tussen gemeentes te versterk, het die vier manne besluit om Lens op die Bybel die lig te laat sien. Hierdie rubriek word weekliks deur een van die vier predikante geskryf wat dan in al vier gemeentes se nuusbriewe gepubliseer word. Die rubriek het groot byval gevind onder lidmate en daarom het die redaksie ds. Swanepoel se voorstel aanvaar dat ons dit ook nou in die Vroueblad publiseer. Die vier predikante het ingewillig om voortaan maandeliks ʼn rubriek vir die Vroueblad ook te skryf en ons stel hulle graag aan al die lesers bekend.

DEUR GRIET SWANEPOEL

Lens opdie Bybel

Ontmoet die manne agter ...

Ds. Awie Verhoef, Geref. KerkWierdapark

Ds. Willem Kotze, Geref. KerkRooihuiskraal

Ds. Gerrit Kruger, Geref. Kerk

Centurion

Ds. Christo Swanepoel, Geref. Kerk

Lyttelton.

 

ʼn Rubriek, Lens op die Bybel, is nou nuut in die Vroueblad. Ons het sedert September 2013 hierdie rubriek gepubliseer. Ontmoet die vier manne wat verantwoordelik is vir hierdie gereelde rubriek.

26 VROUEBLAD November 2013

leefdinge

Saamtrekstreke 2014Koördineerder: Wymie du Plessis

[email protected], Bus 20004, Noordbrug, 2522, 018 297 3986, 083 575 5786

Streek en gemeente

Kontakpersoon en eposadres Posadres Tel. Nr Selfoonnr.

Boland: StellenboschSpreker: Benna Cloete

Renate Rhö[email protected]

Posbus 12003, Die Boord, 7613

Bosveld: HartbeespoortSpreker: Annette Combrink

Cecilia van [email protected]

Posbus 1108, Ifafi, 0260 081 043 5709

Hoëveld:Middelburg, TvlSpreker: Dr. SF Kruger

Ansu [email protected]

Posbus 116, Middelburg, 1050 013 243 3907 072 125 5862

Kameeldoring:Uitschot

Lulu [email protected]

Posbus 24, Vermaas, 2727

Laeveld: LydenburgSpreker: Annamie Odendaal

Cobie [email protected]

Posbus 178, Lydenburg, 1120 013 235 2457 082 555 9586

Limpopo: NaboomspruitSpreker:Dr. Ilse de Beer

Hantie van der [email protected]

Posbus 702, Naboomspruit, 0560 014 743 3414 076 152 8707

Namibië: Okahandja Martie de [email protected]

Posbus 668, Okahandja 00264 62 50 1303

Natal: VryheidSpreker: Prof. Kobus van der Walt

Rina [email protected]

Posbus 303, Vryheid, 3100 034 980 1256 071 609 3626

Noord-Kaap: Kathu en OlifantshoekSpreker: Prof. Fika van Rensburg

Renske van der [email protected]

Posbus 252, Kathu, 8446 053 723 1425 084 701 1860

Noord-Vrystaat: Welkom-NoordSpreker: Me. Hannelie Yates

Marthie van der [email protected]

Posbus 66510, Riebeeckstad, 9469

072 336 4266

Oos-Kaap: Middelburg KP

Karen [email protected]

Posbus 11, Middelburg, 5900 049 842 1262 084 767 5802

Oosrand: SpringsSpreker: Me. Gerrie Jordaan

Ansie Fouché[email protected]

Posbus 209, Welgedag, Springs, 1512

011 733 1513 082 921 9154

Pretoria: LytteltonSpreker: Hettie Britz

Griet [email protected]

Posbus 14043, Lyttelton, 0140 012 664 2195 083 263 7641

Sentraalwes:VentersdorpSpreker: Prof. Gert Breed

Karen [email protected]

Posbus 97, Ventersdorp, 2710

Suid Gauteng: BrackenhofSpreker: Dr. NIB van der Walt

Brenda van [email protected]

011 867 5896 072 285 5887

Suid-Kaap: EdenSpreker: Dr. Stella Potgieter

Sanet Naudé[email protected]

044 533 0142 083 411 1501

Suid-Vrystaat: Bloemfontein-NoordSpreker: GP van Rheede van Oudtshoorn

Ester [email protected]

Posbus 28182, Danhof, 9310 051 436 2932 082 410 7447

Suidwes Gauteng: LindenSpreker: Mev. Kona Brown

Cynthia [email protected]

Posbus 44289, Linden, 2104 011 888 5735

27VROUEBLAD November 2013

brieweleefdinge

SAAMTREK 2014Datum: Saterdag 8 Maart 2014Tema: Vrou, bedien genade, liefde en hoop in die Suid-Afrika van vandag.Op Saterdag 8 Maart 2014 kom die susters van die Gereformeerde Kerke dwarsoor die land in streke byeen met een doel voor oë: om geestelik toegerus te word vir die lewe en om dan ook uit te gaan en die Here aan ander te gaan bedien. Sterkte aan al die gasvrouens wat gereed maak vir die tweede Saterdag van Maart 2014. Mag al julle reëlings geseënd wees. Onthou die goue reël: as die gaste kan sê dat hulle Christelike gasvryheid beleef het, geestelike toerusting gekry het en toegerus is om uit te gaan om ander te gaan bedien, was die dag geslaagd, ongeag die klein dingetjies wat dalk kan skeefloop. Met die oog op hierdie toerustingsgeleentheid bied ons die vierde van 6 Bybelstudies aan wat die susters as enkelinge of groepe kan deurwerk. In die eerste twee Bybelstudies het ons gefokus op genade; in hierdie Bybelstudie fokus ons, soos verlede maand, nogmaals op die liefde en in die laaste twee Bybelstudies (Desember 2013/Januarie 2014 en Februarie 2014) gesels ons saam oor die Christelike hoop.

BYBELSTUDIE (4): ‘N VROU UIT DIE BYBEL WAT LIEFDE PRAKTIES BEDIEN HET.OPGESTEL DEUR DS. ALWYN TREDOUX (GK KEMPTONPARK) Bybelstudie: Anna: Luk. 2:36-38

Gemeente-Mosaïek

Sewe is ‘n mooi Bybelse getal. Lees die drie versies en probeer sewe dinge raaksien wat vir ons van Anna vertel word. Dis maklik!1. Feitevraag: Hoe oud was Anna? Dus: Wanneer word vrouens te oud om liefde te bedien?2. Feitevraag: Hoe lank was Anna getroud en hoe lank is sy al ‘n weduwee? Dus: Kan net getroude vrouens liefde bedien?3. Wat word vertel van Anna se liefdesdade vir God?4. Is gebed net liefde tot God?5. Hoe bedien jy jou liefde in die Suid-Afrika van vandag deur jou gebedslewe?6. Waarom kon Anna die Kindjie in die tempel kry?7. Hoe dink jy oor die verhouding tussen God se genade en die mens se verantwoordelikheid?8. Hoe bedien Anna haar liefde vir mense in vers 38?9. Hoe bedien jy jou liefde in die Suid-Afrika van vandag deur “oor die Kindjie te praat met almal”?

28 VROUEBLAD November 2013

leefdinge

Dit was die elfde jaar wat die Gereformeerde Kerk Kameeldrift hulle Damestee ten bate van die President Kruger-kinderhuise op

Saterdag, 24 Augustus, in die saal van St. Mary’s Diocensan School for Girls, in Pretoria aangebied het.

Die saal Lindie Strydom Griet Swanepoel oorhandig R5000.00 namens die Vroueblad

aan Susan Fourie, organiseerder van Kameeldrift Damestee.

DEUR GRIET SWANEPOEL

Dié glansryke damestee is ʼn dag waarna dames baie uitsien. Dit word alreeds vroeg in die jaar op almal se kalenders aangeteken en gemeentes woeker om soveel tafels as moontlik te bespreek. Dit is ʼn gesamentlike uitreik-aksie onder die flinke organisasie van me. Susan Fourie en haar span.

Vanjaar se tema was “Seisoene”. Dit was ʼn wonderlike tema waarmee die dames hulle vroulikheid en kreatiwiteit kon uitbeeld. Daar was sowat 720 gaste wat aan 60 kleurryke tafels gesit het.

Lindie Strydom, bekende aktrise, TV-aanbieder en organiseerder by Helpende

Hand, was die spreker met haar tema: “Elke Sarie Marais (en Piet Pompies) kan ʼn verskil maak”. Sy het daarin geslaag om aan die gaste hoop te bring. Sy borrel van opgewondenheid oor die uitdagings van die land. Haar lewensverhaal kon die gaste bemoedig asook inspireer om uit te reik, te dien en te glo.

Nianell was die gaskunstenaar van die oggend. Sy het haar bewys as ʼn wêreldklas sanger wat ook as ʼn vokale gimnas beskou word omdat sy so gemaklik deur vier oktawe kan gly met haar unieke stem. Sy is ook ʼn musiekterapeut wat glo in die helende krag van musiek en sy het dit ook aan die gehoor gedemonstreer.

Die dag was voorwaar vir al die gaste ʼn luisterryke geleentheid.

Volgens me. Susan Fourie, organiseerder van die dag is die wins van 2013, ʼn bedrag van R69 600. Dit is ook moontlik gemaak deur donasies, vrywillige bydraekoeverte en ʼn R 5000-donasie van Die Gereformeerde Vroueblad.

Die projek is ook verder uitgebrei en sowat R 61 900 is vir skryfbehoeftes ingesamel. Dertig gemeentes het daaraan deelgeneem en die Gereformeerde Kerk Die Bult het R50 000 van hulle Aardklop inkomste aan die projek afgestaan.

Glans en swier virelke Sarie Marais

29VROUEBLAD November 2013

leefdinge

Wilbrie Fourie in aksie as seremoniemeester

Nianell gaskunstenaar by die Damestee.

Annelize Fourie, ons eie Woord-wys uit Wakkerstroomvrou vertel: Of ek nou van Potchefstroom moes ry, of Wakkerstroom: Hierdie Damesoggend was al vroeg in die jaar op my kalender ingeskryf – en hierdie jaar het ek sommer tientalle ander jonger dames gesien wat dieselfde plan gehad het. Dis my vierde keer wat ek die geleentheid bywoon en ek wil dit vir niks misloop nie! Om ’n gasvrou te wees, beteken ek kan my tafel mooi dek, my gaste met lekkernye bederf en verlore kuiers inwerk. Een van die hoogtepunte is die voorbereidings: Die oproepe om vir mammas, sussies en vriendinne te nooi, die tema van jou tafel… die eetgoed.. en dan, die oggend se opgewondenheid en ʼn gevoel van verwagting en asem ophou by elke gasvrou. Om net elke jaar wééreens verras te word. Die oggend lyk altyd anders, maar die emosies bly altyd dieselfde – dít laat my jaar na jaar terugkom. Boonop slaan die gasspreker en kunstenaar altyd jou asem weg, én die seremoniemeester – mý man! Dis ʼn dag wat veel dieper strek as net die vermaak. So ʼn klomp vroue wat saamwerk aan ʼn groter doel, is vervullend: Dit laat jou vol van dankbaarheid en nederigheid. My tafel is reeds vir volgende jaar bespreek. Sien jou volgende jaar daar!

Wilbrie Fourie, ons Woord-wys uit Wakkerstroomman sê: Kyk, om op ʼn Saterdagoggend gereed te maak vir ʼn damesoggend terwyl al my vriende regmaak vir braai en rugby kyk voel aanvanklik so ’n bietjie vreemd... Maar ek moet eerlik wees, ek sal menige wedstryd misloop om die oggend by te woon! Van vroeg af voel jy sommer die opgewondenheid van elke vrou wat haar tafel dek – sy moet uithaal en wys, haar vriendinne is amper op pad. En so begin die oggend, die tafels kreun onder die lekkernye en die dames hang letterlik aan die kunstenaars se lippe. Die oggend het weer van uitstaande gehalte getuig. Die lekkerste deel vir my is wanneer daardie groot bedrae geld oorbetaal word aan die kinderhuis en ’n mens sommer kan sien dat elke dame in die gehoor vir ʼn oomblik soos ʼn ma van daardie kinders voel en dat sy weet sy het bygedra om hulle te help versorg. Nianell het verskeie emosies by die vrouens opgeroep en mense laat lag en handeklap, maar ook laat tuur oor die saal, asof hulle iewers in die Vrystaat droom. Al wat ek kan sê is: Die datum is reeds weer op my rugby almanak van volgende jaar gemerk en ek mis die wedstryd, ek bedoel oggend, vir niks nie!

30 VROUEBLAD November 2013

Toe

on

tho

u e

k ..

.

slotwoord

As ek so na die berigte van korrupsie, haatspraak en wanbestuur op ons nuuskanale kyk, dan kook my bloed en allerhande woeste gedagtes vul my protesterende Skotse-Ierse- Afrikanerhart. Weer gisteraand het ek gevoel hoe my bloeddruk styg, my wange gloei en allerhande Middeleeuse gedagtes my kop vul. Die hoeveelste politieke figuur het weereens onbeskaamd die hoeveelste oortreding begaan. Tussen my Middeleeuse wraakgedagtes deur sluip daar, onwillekeurig, ‘n skaduwee van redelike denke deur. Diep uit die ver newels van my verlede, duik ‘n ietsie op wat ek oor tant Siena Kruger, vrou van die ou president gelees het. As diep gelowige het die merkwaardige vroutjie haar Bybel goed geken. ’n Mens kon dit ook sien in haar optrede teenoor haar land se onderdrukkers tydens die oorlog. Toe die Britse soldate Pretoria inneem en die offisier aan haar deur in Kerkstraat klop om haar te verwittig dat Pretoria nou amptelik in Britse hande is, sien sy dat hy en sy manskappe in ‘n redelik gehawende toestand is. In haar spens het sy sakkies beskuit gereed gehou en wanneer die offisiere van die boeremagte kom verslag doen, het sy, ewe moederlik, die voorraad uitgedeel. Toe sy sien hoe gehawend en uitgeput die Engelse soldate lyk, laat haal sy die kosbare voorraad en gee dit toe aan hulle.

“Jymoetookjouvyandliefhê”wasdiestil, goeie vrou se verduideliking. Stil, maar sterk in geloof, het sy haar man in die swaar oorlogstyd ondersteun en die vyand met die Here se liefde bedien. Dit is nie net gedagtes aan tant Siena wat my my kop in skaamte laat sak nie. Moses het destyds al sy weerbarstige enontrouevolkvermaan:“Dinkaandiedae lank verby, onthou die jare van die voorgeslagte”(Deut.32:7).Insoveelplekke in die Bybel moes die leiers van God se uitverkore volk hulle vermaan: Onthou, dink aan die verlede! En elke keer moes die ontroue volk erken dat Hy altyd daar was met sy troue sorg, leiding en vergifnis. Wat het deur die eeue verander? Vir ons in hierdie mooi, maar swaarkry-land, geld al die vermanings van ouds en lees die Bybel soms soos ‘n plaaslike nuusberig. Steeds bly God in beheer – al vergeet gelowiges dit so maklik.In God se nanag wakkerlêtye, onthou ’n mens sy hand in jou en jou gesin se lewe. Daar is in elkeen se lewe tye van bitter seer, kommer, selfs vrees, maar deur sy genade kom ’n mens daardeur: die rowers het nie geskiet nie; sy het nie – na die verkragting – die dodelike virus opgedoen nie; jy het antwoorde gehad vir moeilike, diep tiener vrae; daar het ‘n oplossing gekom vir die geld- of huweliksprobleem. Onthou jy? Onthou dan sy krag, sy almag, sy ewigheid en sy genade deur al die eeue heen. Hy was daar toe vrouens en kinders gely het in konsentrasiekampe, maar Hy is ook nou hier by jou en my. Die jaar loop al afdraande – Kersfees, die Groot Onthoutyd, loer al vir ons. Tussen familievreugdes en nostalgiese herinneringe, onthou wat Kersfees werklik beteken. Onthou, nietige mens, Christus is wonderbaarlik gebore, maar daar het sy pad van lyding reeds begin. Die Kind het ‘n Man geword wat gely en gesterwe het, sodat ek as nuwe mens saam met Hom die dood kon oorwin. In Hom lewe ons!Ons mag omkyk – maar nie soos Lot se vrou wat in verknogtheid aan die aardse dinge bly omkyk het nie. Ons moet omkyk na die kruis en onthou! Die voordurende herinnering aan die verlossing in Jesus Christus moet dien as ons aansporing vir ‘nnuwelewe:“OnthoualtyddatJesusChristus, ’n nakomeling van Dawid, uit die doodopgewekis”(2Tim.2:8a).DieselfdeDawid wat in sy loflied die volk herinner het:“Onthou,syverbondisviraltyd”(1 Kron. 16: 15).

Toe sy sien hoe gehawend en uitgeput die Engelse soldate lyk, laat haal sy die kosbare voorraad en gee dit toe aan hulle.

31VROUEBLAD November 2013

TEKEN IN OPDIE VROUEBLAD

DIE INTEKENGELD VIR DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD:

VROUEBLAD (SELF AFHAAL BY ADMIN BURO,POSGELD UITGESLUIT): R111.00

ELEKTRONIESE INTEKENING: R111.00

VROUEBLAD (IN GROEP NA DIE GEMEENTE,POSGELD INGESLUIT): R174.00

VROUEBLAD (WORD GESTUUR, POSGELD INGESLUIT): R193.00

HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 JULIE 2013 TOT 30 JUNIE 2014.KONTAK ANGIE MOKOBI OF PETRO KROEZE BY DIE ADMINISTRATIEWE BURO INDIEN U ENIGE NAVRAE HET: TELEFOON: 018 297 3987, E-POS: [email protected]

JOU BESONDERHEDE1. Voltooi jou intekenvorm.

2. Betaal jou geld in by:

Bankbesonderhede: Absa; Takkode: 632-005

Rekeningnommer: 670140040

Rekeningnaam: Admin Buro

BAIE BELANGRIK: Jou verwysing: VB gevolg deur jou naam

(Die Buro sal voortaan vir jou dan ‘n rekeningnommer toeken

wat jy daarna as verwysing moet gebruik)

3. Faks BEIDE jou INTEKENVORM & BEWYS VAN BETALING NA:

018 293 1042; of e-pos aan [email protected] of pos aan:

Die Administratiewe Buro

Afdeling Publikasies

Posbus 20008

Noordbrug 2522

Tel (018) 297 3987

Faks 018 293 1042

Stuur asseblief aan:

Naam

Adres

Poskode

Tel.

E-pos

Stuur asseblief rekening aan:

Naam

Adres

Poskode

Tel.

E-pos

Desember 2013 / Januarie 2014in Die Gereformeerde

Vroueblad•...en hulle sal Hom Immanuel noem

• Waar is Jesus se tuiste?• God met ons... in 2014

• Jesus met ons... tot die voleinding van die wêreld

Immanuel...God met ons!

Lens opdie Bybel

Het gelowiges werklik opgestaan toe Jesus gesterf het? Deur Ds. Gerrit KrugerIn Matteus lees ons van die vyf bonatuurlike tekens wat plaasgevind het die oomblik toe Jesus gesterf het: • Dievoorhangselvandietempelhetmiddeldeur

geskeur.• Dieaardehetgeskud.• Dierotsehetuitmekaargebars.• Graftehetoopgegaan.• Baiegelowigeswatdoodwas,isopgewek.Was hierdie opwekking van’n klompie gelowiges, die eerste opstanding? Ons lees tog nêrens van ’n ander opstanding nie buiten Jesus Christus se opstanding en dan die opstanding met die wederkoms.Daar is verskillende verklarings vir hierdie Skrif-gedeelte. Volgens Hendriksen, (‘n Skrifgetroue en behoudende Bybelverklaarder):• Wasdit’nregteopstanding,maarop’nbaieklein

skaal;• DuiditopdiegeweldigebetekenisvanJesusse

dood;• HetdieopstandelingedieoomblikvanJesusse

dood opgestaan, maar eers NA Jesus Christus se opstanding in Jerusalem aan verskeie mense verskyn. Waar hulle was vanaf Vrydagmiddag drieuur (toe Jesus gesterf het) tot en met Sondag-oggend weet ons nie, net soos ons nie weet waar Jesus was tussen sy verskynings na sy opstanding nie. Waarskynlik het hulle in die begraafplase gebly.

• Ditblykduidelikdathierdieopgestanegelowigesnie weer gesterf het nie. Heel moontlik het God hulle nadat hulle verskyn het en hulle werk klaar gemaak het, met liggaam en siel na die hemel geneem het, presies hoe en waar, openbaar die Bybel nie.

• Hierdietekenshetalmalprofetiesebetekenis.Ditwys duidelik vir ons dat Jesus se opstanding die waarborg is van ons opstanding (HK Son. 17, 1 Kor. 15).

Deur hierdie tekens sien ons die geweldige betekenis van Jesus se dood en opstanding.

32 VROUEBLAD November 2013

NOVEMBER 2013DS. CHRISTO SWANEPOEL (GK LYTTELTON)

Een van die gawes wat God aan die mens gee, is die vermoë om te kan onthou. Ons kan al die goeie dinge en die seëninge wat ons uit die Here se hand ontvang het, in

herinnering roep. Dit is egter ook waar dat die mens sy sonde onthou. Dawid sê dit bly altyd deur voor my. ‘n Swak punt by die mens is dat ons kan vergeet om te onthou, maar ons kan nie onthou om te vergeet nie. Die wonderlike van God se genade is egter dat Hy ons sondes vergeet asof ons dit nooit gedoen het nie. Dit noem ons vergifnis, om Christus

ontwil. Hier volg ‘n versameling beroemde spreuke wat die gedagte van onthou op verskeie vlakke laat ontvou.

Daar is niks nuuts in die wêreldgeskiedenis nie, behalwe die stukkies geskiedenis wat jy nie kan onthou nie – Harry S. Truman.Voor ek saans gaan slaap gee ek al my bekommernis van die dag aan God oor. Hy gaan tog die hele nag wakker wees – Mary Crowley. ‘n Leuenaar moet ‘n goeie geheue hê – Quintillianus. Ware berou kry jy net by diegene wat huil waar niemand hulle kan sien nie – George Swinnock. Na net een oomblik in die ewigheid, een oomblik saam met ons Here, sal ons dadelik ‘n leeftyd van verlatenheid vergeet – Horatio Bonar. Baie mense sê hulle het ‘n skoon gewete terwyl hulle in werklikheid net ‘n swak geheue het – Morris Mandel.

Die jammerte van die lewe is, dat goeie gewoontes soveel makliker is om te breek as die slegtes – W.S. Maugham. Dit is wys om uit die verlede te leer, maar dit is dwaas om in die verlede te leef – Spencer Johnson. As jy vergewe, kan jy niks aan die verlede verander nie, maar jy verander wel die toekoms! – Bernard Meltzer. Vertrou die verlede toe aan God se genade; die hede aan sy liefde en die toekoms aan sy voorsienigheid – Augustinus. Herinneringe aan gestolde tyd – Kobus Antonissen. As ons daaraan sou dink om God te dank vir al die vreugde wat Hy vir ons gee, sou daar nog tyd oorbly om te kla? – Raymond Plus.

Elke mens moet ‘n redelike groot begraafplaas hê waarin hy sy vriende se foute kan begrawe – Henry Beecher. Woorde kan nog jare nadat dit gesê is, aanhou skade doen. Daarom is dit so belangrik om ons woorde met wysheid te kies – Henry Nouwen. ‘n Mens kan aan die verlede niks verander nie, maar jy kan daaruit leer – Ena Murray. Lewenservaring is nie wat met jou gebeur nie. Dit is wat jy maak met dit wat met jou gebeur – Aldous Huxley. Skep moed, man! Onthou: Vandag is die môre waaroor jy jouself so gekwel het – Victor Hugo.My geheue word al swakker soos ek ouer word maar ek onthou twee dinge: dat ek ‘n groot sondaar is en God ‘n groot Verlosser – Anoniem.