OGGEND 08:00 en 10:15 AAND 18:30 Sing: Sb 4-6 Ps 20:1,4 Sb...

8
33/2019 1 20 Oktober 2019 OGGEND 08:00 en 10:15 Sing: Sb 4-6 Ps 20:1,4 Sb 11-2:1,4 Lied 289:1,2 Ps 128:1-4 (Beurtsang) Lied 202:1-3 Skriflesing: Job 29 Teks: v4,19 Tema: Vind jou vreugde in die Here Ons het al in Ps 63 geleer om altyd naby die Here te bly en uit Mt 28 dat aanbidding letterlik beteken dat ek die Here se voete vasgryp. In die reeks oor aanbidding vanuit Job 29 tref die gesindheid en oorgawe van Job ons opnuut en leer ons op ʼn baie praktiese manier wat aanbidding is. Dit is ʼn leefwyse en nie ʼn aktiwiteit nie. 1. Aanbidding is om ʼn vertroueling van God te wees. Job dink aan sy vroeëre geseënde jare en onthou sy voorspoed Hy beleef hoe God se hand oor hom was God gee die lig vir ons lewenspad. Kinders is geskenk van God wat ons omring. 2. As vertroueling beleef Job dat hy oral diensbaar kan wees. Hy laat reg en geregtigheid geskied Sy vroomheid laat hom ʼn belydenis maak hy word deur dou en water gevoed. Christus is die volmaakte bewys van diensbaarheid. 3. Job verbind hom om die Here te aanbid Die resultaat van Job se diensbaarheid laat mense na sy raad luister As vertroueling is daar weer hoop. Wees ʼn vertroueling wat koers wys en vreugde in die Here vind. AAND 18:30 Psalm 148:1,4,5. Psalm 8:3,4,7. Lied 203:1,2,5. Lees: Hebreërs 1 Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 12. Teks: Hebreërs 1:14. Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie? Tema: Die engele - dienaars in diens van die Here. Verlede Sondag het ons gekyk vanuit Jesaja 6 hoe die Serafs die Here voor die troon aanbid. Vandag kyk ons wie is die engele, waar kom hulle vandaan en wat is hulle taak. Waar kom die engele vandaan?. - Het die engele en hemelwesens nog van altyd af saam met God bestaan? - Nee, die engele is geskape wesens (vandaar hulle plek in NGB artikel 12, wat immers gaan oor die skepping van alle dinge), die engele is nie van ewigheid af by God nie. Nee, hulle is deel van die skepping in Genesis 1. Net soos ons mense, is die engele deur die Here geskape tot Sy eer en in Sy diens. - Nie alles van die engele is vir ons geopenbaar en bekend gemaak nie, ons besef daar is ‘n deel van God se skepping wat ons nie nou al ten volle sien nie. Engele as dienaars van die Here. - Hebreërs 1 wys vir ons duidelik uit wat die funksie en taak van die engele is.

Transcript of OGGEND 08:00 en 10:15 AAND 18:30 Sing: Sb 4-6 Ps 20:1,4 Sb...

  • 33/2019 1 20 Oktober 2019

    OGGEND 08:00 en 10:15

    Sing: Sb 4-6 Ps 20:1,4 Sb 11-2:1,4 Lied 289:1,2 Ps 128:1-4 (Beurtsang) Lied 202:1-3 Skriflesing: Job 29 Teks: v4,19 Tema: Vind jou vreugde in die Here

    Ons het al in Ps 63 geleer om altyd naby die Here te bly en uit Mt 28 dat aanbidding letterlik beteken dat ek die Here se voete vasgryp. In die reeks oor aanbidding vanuit Job 29 tref die gesindheid en oorgawe van Job ons opnuut en leer ons op ʼn baie praktiese manier wat aanbidding is. Dit is ʼn leefwyse en nie ʼn aktiwiteit nie.

    1. Aanbidding is om ʼn vertroueling van God te wees.

    Job dink aan sy vroeëre geseënde jare en onthou sy voorspoed

    Hy beleef hoe God se hand oor hom was

    God gee die lig vir ons lewenspad.

    Kinders is geskenk van God wat ons omring.

    2. As vertroueling beleef Job dat hy oral diensbaar kan wees.

    Hy laat reg en geregtigheid geskied

    Sy vroomheid laat hom ʼn belydenis maak – hy word deur dou en water gevoed.

    Christus is die volmaakte bewys van diensbaarheid.

    3. Job verbind hom om die Here te aanbid

    Die resultaat van Job se diensbaarheid laat mense na sy raad luister

    As vertroueling is daar weer hoop. Wees ʼn vertroueling wat koers wys en

    vreugde in die Here vind.

    AAND 18:30 Psalm 148:1,4,5. Psalm 8:3,4,7. Lied 203:1,2,5. Lees: Hebreërs 1 Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 12. Teks: Hebreërs 1:14. Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie? Tema: Die engele - dienaars in diens van die Here. Verlede Sondag het ons gekyk vanuit Jesaja 6 hoe die Serafs die Here voor die troon aanbid. Vandag kyk ons wie is die engele, waar kom hulle vandaan en wat is hulle taak. Waar kom die engele vandaan?.

    - Het die engele en hemelwesens nog van altyd af saam met God bestaan?

    - Nee, die engele is geskape wesens (vandaar hulle plek in NGB artikel 12, wat immers gaan oor die skepping van alle dinge), die engele is nie van ewigheid af by God nie. Nee, hulle is deel van die skepping in Genesis 1. Net soos ons mense, is die engele deur die Here geskape tot Sy eer en in Sy diens.

    - Nie alles van die engele is vir ons geopenbaar en bekend gemaak nie, ons besef daar is ‘n deel van God se skepping wat ons nie nou al ten volle sien nie. Engele as dienaars van die Here.

    - Hebreërs 1 wys vir ons duidelik uit wat die funksie en taak van die engele is.

  • 33/2019 2 20 Oktober 2019

    - Hulle is gemaak om God te eer en Hom te aanbid, (vers 6,7) net soos wat die hele skepping God alleen moet eer en aanbid. Die engele moet nooit self aanbid word nie.

    - Die engele is geskape wesens wat die Here gebruik as Sy boodskappers en dienaars.

    - Staan die engele in ons diens? (vers 14). Nee, hulle staan in die diens van die Here, maar God stuur hulle en gebruik hulle om dié te dien en te beskerm wat die saligheid gaan beërwe.

    Dagboek

    Sondag 20 Okt

    Deurkollekte: Botswana/D’Kar/Motopi Skinkbeurt: Wyke N41 en N58

    Maandag 21 Okt

    19:00 Bybelstudie Gemeente

    Woensdag 23 Okt

    18:30 Verg. Barmhartigheid

    Donderdag 24 Okt

    09:00 Bybelstudie gemeente 13:30 Bybelstudie Seniors

    Vrydag 25 Okt

    06:00 Bybelstudie Vroegoggendvolgelinge

    Sondag 27 Okt

    Deurkollekte: Bybelverspreiding Skinkbeurt: Wyke S64 en S19

    Doop Saam met Vian en Sjane de Villiers en hul families (Wiebren en Christine en Vivian en Jackie) en vriende beleef ons vanoggend groot vreugde wanneer die Sakrament van die Heilige Doop aan Maeli Sonia bedien word.

    MEELEWING - Gerhard Pentz is tuis nadat sy

    medikasie hersien is. - Marianne Erasmus is tuis en

    ontvang behandeling om haar immuniteitsvlakke te versterk.

    - Martin Deysel word in Kloof behandel.

    - Ons is dankbaar dat Riana Swanepoel veilig is nadat haar woonstel tydens ʼn brand verwoes is.

    Baie sterkte vir al die Gr12 leerlinge met die eksamen! Kollektes onder die diens - Barmhartigheid. Deurkollekte vir Botswana / D’Kar / Motopi Die Botswana bediening ondersteun GK D’Kar wat Tswana- en Naro-sprekende mense in die weste van Botswana bedien. Bediening geskied by die volgende plekke: Bêrê, D’Kar, Mababe, Motopi

    Die predikant sedert 1998 is ds. Hendrik du Plessis. Die koste van bediening word deur die Botswana Sendinggroep (BSG) gedra. Die BSG, waarby Rietvallei ingeskakel is, is deur kerke van die GKSA in 2005 gestig met die doel om te help met die instandhouding van die erediens by die GK D’kar. Benewens Ds. Du Plessis, is ‘n tweede predikant, ds. Gaobolelwe Ngakayaja, ook daar werksaam. Sy traktering word deur die Christelijk Gereformeerde Kerken in Nederland ondersteun. Die bediening op Motopi bestaan tans uit ‘n diens op Sondae, in die

  • 33/2019 3 20 Oktober 2019

    kerkgebou op die dorp. Dorette Cronjè neem meestal die woordverkondiging waar. Motopi is ‘n wyk van die Gereformeerde Kerk D’Kar en daarom neem Ds Hendrik du Plessis die diens op sommige Sondae waar en by geleentheid bedien hy ook Nagmaal. Baie dankie vir u bydrae.

    Deure/Kerkraad Diakonie onder

    die diens

    Katkisasie Laerskoolleerders vergader om 09:10 in die kerkgebou. Hoërskoolleerders vergader soos gewoonlik om 17:00, waarna hulle saam met hul ouers by die aanderediens om 18:30 aansluit.

    Preekbegeleiding Vir kinders tot die ouderdom van 8 tydens die eerste diens in die saal.

    BYBELSTUDIE Gee asseblief inligting oor bybelstudie-groepe aan die skriba deur, sodat dit in die Eljada bekend gestel kan word. Lidmate wat graag by ‘n Bybelstudie-groep wil aansluit, kan gerus met een van die volgende skakel:

    Bybelstudie Maandagaande vanaf 19:00 vir ouderdomme ongeveer 25 - 35. Dis elke keer by ‘n ander huis (Monumentpark-, Elarduspark-, Menloparkomgewing). Enige iemand

    wat wil aansluit of selfs net wil kom inloer kan Mareli Edwards by skakel.

    Ignite Bybelstudie-groep: Indien jy tussen 18 en 25 jaar oud is, kom sluit Maandagaande by die kerk by hierdie bybelstudie-groep vir jongmense aan. Ons drink saam koffie vanaf 18:30 en van 19:00 tot 20:00 doen ons bybelstudie. Skakel vir Arne Verster

    Wyk, D13, (Oudl. Blikkies Blignaut) het ‘n aktiewe bybelstudiegroep in Moreletapark wat elke 2e week bymekaar kom. Lidmate van ander wyke wat wil aansluit, is welkom. Sr. Annelize van der Loo is die skakelpersoon.

    Wyk D31, Oudl. Tiaan Hoogenboezem, se wyksbybelstudie vind weekliks - Donderdae 18:00 vir 18:30 - plaas: Cornwall Hill, Irene. Nicolene Hoogenboezem kan by geskakel word vir meer inligting.

    Bybelstudie Woensdag-aande vanaf 18:30 vir jong werkendes met of sonder kinders. Dit word gereël deur Anculien en Vicci Schoeman en vind plaas by verskillende huise. Kontakbesonderhede is Anculien of Vicci.

    Onthou asseblief ook:

    Gemeente-bybelstudie elke tweede Maandagaand 19:00 by die kerk (hervat 21 Oktober, besonderhede op die gemeente-kalender)

    Gemeente-bybelstudie elke Donderdagoggend 09:00 by die kerk.

    Senior lidmate: elke tweede Donderdagmiddag vanaf 10 Oktober om 13:30 by die Kerk.

  • 33/2019 4 20 Oktober 2019

    Vroegoggendvolgelinge: Elke Vrydagoggend 06:00 by die kerk. Ons bestudeer tans Hebreërs. Gaan kyk gerus ook op Expando se webtuiste: www.kerkgroei.co.za vir Bybelstudie-onderwerpe. Gaan kyk gerus ook in die biblioteek (oop tussen die oggenderedienste) vir Bybelstudie-materiaal.

    Bybelstudie – Ter voorbereiding Maandagaand 21 Okt om 19:00: Ps 117 en Ps 118 Donderdagmiddag 24 Okt om 13:30: Ps 119 (Oorsig), Ps 120 – Ps 122

    BEDIENINGSBEPLANNING Die Kerkraad met Diakens het tydens die onlangse Beplanningswerkswinkel besluit om die “Natural Church Development” program te implementeer. Die doel daarmee is om GKR se bedieningsuitdagings objektief te definieer. Die program begin met ‘n analise van wat op die oomblik in die gemeente aan die gang is – ‘n gemeente-analise waarin na die volgende agt elemente gekyk word: - Bemagtigende leierskap: Leierskap wat dissipels en hulle gawes ontwikkel en dit vir hulle maklik maak om in die gemeente te werk. - Gawe-gedrewe bediening: Bediening wat ernstig is om die Godgegewe gawes van ‘n gemeente in te span. Die regte mense op die regte plekke. - Passievolle spiritualiteit: Gebed, getuienis, sang en liefdevolle dissipline wat opreg uit die hart kom. - Inspirerende eredienste: Eredienste waar die waarheid en atmosfeer jou hart roer en jou laat wens vir nog.

    o - Holistiese kleingroepe / Bybelstudies: Meerdere byeenkomste as net Sondag se erediens vir Bybelstudie, ondersteuning en dienswerk.

    o - Behoefte-gerigte evangelisasie: Die aanspreek van behoeftes van jou gemeenskap waardeur die evangelie sigbaar en hoorbaar word.

    o - Liefdevolle verhoudings: ‘n Warm, opofferende, omgee en akkomoderende manier van doen as deel van die gemeente se kultuur.

    o - Effektiewe strukture: Strukture en administrasie is duidelik, effektief en doelgerig met verantwoordbaarheid. Wat Rietvallei se jaarprogram betref, is besluit dat bediening sterker op Rietvallei se visie: Vir God, vir mekaar, vir die wêreld, moet fokus. Bediening moet daarom aan die hand van bepaalde temas, gerig op die visie, gestruktureer word. ‘n Tema gee positiewe rigting. Daar is ook besluit om sover moontlik te poog om voorbereidingsessies vir ouderlinge voor huisbesoek te reël waartydens ouderlinge mekaar, onder leiding van die predikante, vir die huisbesoek-program kan toerus.

    Finansies Die Kerkraad het die Finansiële Kommissie versoek om die gemeente gereeld oor die stand van ons finansies in te lig. So ‘n geleentheid vind vanoggend plaas. ‘n Brief in die verband sal DV ook vroeg hierdie week aan al die lidmate per e-pos gestuur word.

    http://www.kerkgroei.co.za/

  • 33/2019 5 20 Oktober 2019

    Beroeping Soos in verlede week se Eljada berig is, het die Kerkraad besluit om nie onmiddellik met die beroeping van ‘n mede-leraar voort te gaan nie maar om binne die breër bedieningsbeplanning later hieraan aandag te gee.

    Vakante Wyke Ons doen voorbidding dat ons Here dienaars sal roep om hul gawes aan te wend. Intussen kan lidmate in die S Blok en D 36-72 met Ds. Petrus skakel waar afsprake en besoeke nodig is. Wyke S02,04,19,20,22,60,65 en D54 is vakant. Ek gaan ook groepbesoeke doen waar moontlik. Vir wyke D10-D35 en N blok kan met Ds. Danie geskakel word. Wyke D33, N15,N17 en N38 is vakant. Dankie vir u begrip. Seëngroete. Ds Petrus

    SEKURITEIT BY DIE KERKGEBOU Lede van die Instandhoudings-kommissie en FK het die afgelope week met ‘n sekuriteitskonsultant vergader waartydens aandag gegee is aan ons huidige sekuriteitsreëlings en maatreëls wat nodig is om sekuriteit te verbeter. Meer besonderhede volg later.

    Riviertoer Die jaarlikse Riviertoer vind weer plaas van 1-4 Desember en word vanjaar op die Vaalrivier naby Parys aangebied. Hoërskool leerders wat meer inligting nodig het kan met Ds Petrus kontak maak.

    Susters bied aan…

    WEGNEEM ETE – 1 NOVEMBER

    Wors, braai broodjie & koolslaai teen R40

    Skryf asb jou naam op die lys in die voorportaal voor 28 Oktober 2019 Afhaal vanaf 17:30 / saamkuier en eet by die kerk vanaf 18:00

    GEREFORMEERDE KERK DURBAN Die Gereformeerde Kerk Durban kondig met hartseer aan dat die laaste erediens in hulle kerkgebou op Sondag 3 November 2019 gehou sal word. Oud-lidmate van die gemeente word uitgenooi na hierdie Sondagdiens. Belangstellendes word versoek om die volgende persone te kontak: Susan Jonker: [email protected] Mariana Gabryk: [email protected]

    KONINGSKINDERS Die Koningskinders is ‘n aksie geloods om evangelisasie (Bybelstudie) onder die minderbevoorregte kinders in die Noordelike Pretoria omgewing te behartig. Die aksie wat sowat 18 jaar gelede geloods is, word grootliks deur borge, skenkers en donateurs gefinansier. Benewens Bybelstudie word onder andere ook elke eerste Vrydagaand van die maand ‘n speletjies aand aangebied. Hier word opvoedkundige en ander speletjies met die kinders

    mailto:[email protected]

  • 33/2019 6 20 Oktober 2019

    gespeel, daarna word weer Bybelstudie gehou en die kinders word dan ook ‘n ete aangebied wat geborg word deur ‘n privaat-instansie of deur ander gemeentes. Die kinders word ook elke Sondag opgelaai vir Bybelstudie en aand-erediens. Tussen die Bybelstudie en die kerkdiens word die kinders weereens voorsien van iets om te eet. Die Koningskinders aksie word jaarliks afgesluit met ‘n kamp wat gratis vir die kinders aangebied word. Fondse word egter vir die verblyf, vervoer, ontbyt, higiëne-benodighede, mediese noodhulp-benodigdhede ens. benodig. Middag-en aandetes word deur gemeentes geborg/ geskenk en aan die kinders bedien. Tydens die kamp word daar elke dag Bybelstudie gedoen met die kinders asook opvoedkundige speletjies om die kinders besig te hou. Die beraamde koste beloop R 160-00 per dag per kind (4 Desember – 12 Desember 2019). Die borg-‘n-kind projek is geloods om fondse in te samel om die finansiële verpligtinge te kan nakom. Daar word beoog om 60 kinders saam te neem op die kamp. U kan ‘n kind per dag (R160), of meer, of selfs vir die week, borg. U kan ook, as u finansiële situasie van so ‘n aard is meer as een kind borg. U finansiële hulp (borg, skenking, donasie) word opreg waardeer. Jaco Pretorius Kamp ouer/voog Bank besonderhede vir die Koningskinders (Toesig Gereformeerde Kerk Wonderboompoort)

    Rekening naam: KoningsKinders Noordelike Pretoria Rekening No: 9 276 253 131 Rekening Tipe: ABSA Beleggingsrekening Takkode: 509145

    President Kruger

    Kinderhuis Pretdag 26 Oktober 9:00 tot 13:00

    Ons reël 'n heerlike dag vol pret en plesier vir oud en jonk by die

    kinderhuis, kom kuier asb saam! Daar gaan springkastele en lekker

    speletjies wees. RSVP teen 21 Oktober by Ronelle

    Berry Indien u enige bydrae of donasie wil gee sal ons dit ook baie waardeer.

    Ons wil graag die kinders bederf met Pizza en Roomys

    Dear Brothers and Sisters. We would like to thank you for all the donations and support you gave us to build our Maubane church Building. May the good Lord bless you. We are glad to report that we are on final stages of building. We will start with plastering as soon as possible. There is a need for plaster, sand and some cement. Please help where you can and continue to pray with us and that the Lord will call many people for His church. 1x Load of sand (R1200.00) and 20 bags of cement (R2000 including delivery) will do all the work in and out plastering. We plan to do the official opening of the building in March next year God willing. Regards Ds Herens Nkoana.

  • 33/2019 7 20 Oktober 2019

    Baie geluk aan die volgende lidmate wat verjaar.

    BELYDENDE LIDMATE

    Van Noemnaam Verjaar Wyk Landlyn Selfoon

    Olivier Johan 10/20 N57

    Roberts Willem 10/20 N57

    Truter Mercia 10/20 N75

    Nieuwoudt Stephan 10/21 S20

    Pieters Deon 10/21 D34

    Rheder Carl 10/21 D34

    Venter Ampie 10/21 N15

    De Jager Flip 10/22 S20

    Starke Johané 10/22 N40

    De Bruin Susan 10/23 N16

    De Villiers Carina 10/23 S78

    Yssel Danie 10/23 N41

    Burger Olaf 10/24 S04

    Croukamp Marietjie 10/24 S65

    Pretorius Jan-Hendrik

    10/24 S48

    Van Tonder Trienie 10/24 S46

    Venter Jasper 10/24 N38

    Vonkeman Ab 10/24 S19

    Kruger Elmarie 10/25 D34

    Snyman Nico 10/25 N73

    De Jager Reinette 10/26 D51

    De Klerk Chris 10/26 N55

    Pentz Lorinda 10/26

    Westwood Tony 10/26 D12

    DOOP LIDMATE

    Kurpershoek Anlia 10/23 D35

    Muller Jaimie 10/24 S45

    Welthagen Alinka 10/24 N15

    du Plessis Reinhardt 10/25 S04

    Sonnekus Mianè 10/25 S04

  • 33/2019 8 20 Oktober 2019

    Predikante

    D Blok D10-D35 ds Danie; D36-D72 ds Petrus N Blok Ds. Danie Potgieter - [email protected] S Blok Ds. Petrus van Blerk - [email protected]

    Skriba Oudl. Klaas Steyn – Faks 086 537 7392 [email protected] Orrelis Christine van Helden - [email protected] Koster Pieter Hoffman 082 898 2330

    Kerkkantoor Finansiële aangeleenthede Titus Van Aswegen Tel: E-pos: [email protected] Faks: 086 537 7392 Kantoorure: 09:00 – 14:00 Attestate en Administratiewe aangeleenthede Karen de Lange Tel: E-pos: [email protected] Faks: 086 537 7392 Posbus 914-1095, Wingatepark, 0153 Kantoorure: 08:00 – 14:00 Webadres:gkrietvallei.co.za

    Diakonie Voorsitter: Bennie Kotze -

    Hope Community Church Gerrit Kornelius

    Franse Mediabediening Ds. Eric Kayayan [email protected] www.foi-vie.org.za

    Topia (Toerus van predikante in Afrika) Ds. Johannes Aucamp [email protected]

    Bediening In Indië Ds. Rajesh Kumar [email protected]

    Eljada - [email protected] Heidi Muller Babara Labuschagne

    Susters Zelda van Blerk -

    Biblioteek Ria Vorster –

    Jeugsake Eljadi Lynelle Steyn - [email protected] Algemene Jeugsake en Katkisasie (Admin & Navrae) Gert Steyn [email protected]

    Eljada Huis - Daspoort Annatjie van Schalkwyk )

    Pres. Kruger Kinderhuis Diensgroep Ronelle Berry Mart-Mari Kruger

    Ignite: Arne Verster

    Bankbesonderhede Gereformeerde Kerk Rietvallei Absa Menlyn (Takkode: 355 645)

    • Kerkkas - Tjekrek nr 34 9014 4306 • Diakonie -Tjekrek nr 40 5113 8620 • Franse Radio RF Faith and Life;

    Tjekrek nr 40 4878 6755 • Susters – Tjekrek nr 4094 739 097

    mailto:[email protected]:[email protected]