NUUSTAK 7/2019 Februarie 2019 - Laerskool...

10
Nuustak 2019 Telefoon : (011) 972 4147/8 Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528 e-pos : [email protected] Web-adres : www.laersskoolkruinsig.co.za Geagte Ouer Die atletiek seisoen staan einde se kant toe. Na die goeie oorwinning tydens die interlaer byeenkoms het ʼn groot aantal van ons atlete gekwalifiseer om aan die Groter Kempton byeenkoms deel te neem. Terwyl u die Nuustak lees het meeste van die atlete wat tydens die Groter Kempton byeenkoms gekwalifiseer het reeds hul staal tydens die distrikskampioenskappe getoon. Ons hou duim vas dat die Kruinies ook by die Gauteng kampioenskappe verteenwoordigers sal hê. Ons winter sporte skop die week met vriendskaplike wedstryde af. Groot opgewondenheid heers jaarliks langs die velde en raak ons emosioneel meegevoer in die stryd wat voor ons plaasvind. Ons vra weer vanjaar: Onthou ons KINDERS SPEEL rugby en netbal. Dit is en bly ʼn spel wat ons kinders speel. Kom ons ondersteun die spelers op so ʼn wyse dat hulle die spel geniet, ongeag die uitslag. Onthou die teenstaander is my opponent, nie my vyand nie. Dit is ook net kinders, al is hulle van ʼn ander skool, wat teen ons kinders meeding. Kom ons gee erkenning waar dit verdien word. Dit bly belangrik om te onthou dat ons liefde vir die spel by ons kinders moet kweek. Afbrekende, neerhalende en snedige opmerkings gaan die teenoorgestelde uitwerking hê. Dieselfde geld vir die afrigters en skeidsregters. Nie een van die persone is professionele afrigters of skeidsregters nie. Almal is menslik en maak foute. Kom ons weerhou ons van snedige op-en aanmerkings teenoor die persone. Ek glo met positiewe aanmoediging en ondersteuning sal ons almal die rugby-en netbalseisoen geniet. HOE GROOT IS DIE WAARDE VAN KINDERSPORT? Sport is een van die boustene van persoonlikheidsvorming en kan jou kind help om belangrike lewenslesse te leer en ʼn gesonde seleeld te ontwikkel. Hier is ʼn paar redes waarom jy wil hê dat jou kind steeds aan sport moet deelneem: Vir gesondheid Die Australiese Departement van Gesondheid waarsku dat die fisieke, sosiale en intellektuele ontwikkeling van kinders wat lang tye onakef is, vertraag word. Navorsing het getoon skeppende spel word ingeperk, taalvaardigheid ontwikkel stadiger, sosiale vaardighede verswak en daar is boonop ʼn verhoogde kans dat jou kind oorgewig sal word. Om jou kind se brein te beskerm iPads, slimfone en televisie is ʼn onvermydelike realiteit van vandag se kinderlewe, maar dit is nie noodwendig ʼn slegte ding nie. Daar is opvoedkundige apps en televisieprogramme wat uiters nug is om jou kind se brein te ontwikkel. Oormage blootstelling aan elektroniese media kan egter kinders se kogniewe ontwikkeling vertraag. Te veel tyd voor die skerm kan lei tot sensoriese oorlading, ʼn gebrek aan genesende (therapeuc) slaap en ʼn oorsensiewe senuweestelsel. Mense wat te veel tyd voor die skerm deurbring, kan impulsief en buierig raak en hul konsentrasievermoë neem af. Navorsing het bewys dat verhoogde fisieke akwiteit tot beter akademiese prestasie lei. NUUSTAK 7/2019 2127 Februarie 2019

Transcript of NUUSTAK 7/2019 Februarie 2019 - Laerskool...

Nuustak 2019 Telefoon : (011) 972 4147/8 Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528 e-pos : [email protected] Web-adres : www.laersskoolkruinsig.co.za

Geagte Ouer Die atletiek seisoen staan einde se kant toe. Na die goeie oorwinning tydens die interlaer byeenkoms het ʼn groot aantal van ons atlete gekwalifiseer om aan die Groter Kempton byeenkoms deel te neem. Terwyl u die Nuustak lees het meeste van die atlete wat tydens die Groter Kempton byeenkoms gekwalifiseer het reeds hul staal tydens die distrikskampioenskappe getoon. Ons hou duim vas dat die Kruinies ook by die Gauteng kampioenskappe verteenwoordigers sal hê. Ons winter sporte skop die week met vriendskaplike wedstryde af. Groot opgewondenheid heers jaarliks langs die velde en raak ons emosioneel meegevoer in die stryd wat voor ons plaasvind. Ons vra weer vanjaar: Onthou ons KINDERS SPEEL rugby en netbal. Dit is en bly ʼn spel wat ons kinders speel. Kom ons ondersteun die spelers op so ʼn wyse dat hulle die spel geniet, ongeag die uitslag. Onthou die teenstaander is my opponent, nie my vyand nie. Dit is ook net kinders, al is hulle van ʼn ander skool, wat teen ons kinders meeding. Kom ons gee erkenning waar dit verdien word. Dit bly belangrik om te onthou dat ons liefde vir die spel by ons kinders moet kweek. Afbrekende, neerhalende en snedige opmerkings gaan die teenoorgestelde uitwerking hê. Dieselfde geld vir die afrigters en skeidsregters. Nie een van die persone is professionele afrigters of skeidsregters nie. Almal is menslik en maak foute. Kom ons weerhou ons van snedige op-en aanmerkings teenoor die persone. Ek glo met positiewe aanmoediging en ondersteuning sal ons almal die rugby-en netbalseisoen geniet.

HOE GROOT IS DIE WAARDE VAN KINDERSPORT? Sport is een van die boustene van persoonlikheidsvorming en kan jou kind help om belangrike lewenslesse te leer en ʼn gesonde selfbeeld te ontwikkel. Hier is ʼn paar redes waarom jy wil hê dat jou kind steeds aan sport moet deelneem: Vir gesondheid Die Australiese Departement van Gesondheid waarsku dat die fisieke, sosiale en intellektuele ontwikkeling van kinders wat lang tye onaktief is, vertraag word. Navorsing het getoon skeppende spel word ingeperk, taalvaardigheid ontwikkel stadiger, sosiale vaardighede verswak en daar is boonop ʼn verhoogde kans dat jou kind oorgewig sal word. Om jou kind se brein te beskerm iPads, slimfone en televisie is ʼn onvermydelike realiteit van vandag se kinderlewe, maar dit is nie noodwendig ʼn slegte ding nie. Daar is opvoedkundige apps en televisieprogramme wat uiters nuttig is om jou kind se brein te ontwikkel. Oormatige blootstelling aan elektroniese media kan egter kinders se kognitiewe ontwikkeling vertraag. Te veel tyd voor die skerm kan lei tot sensoriese oorlading, ʼn gebrek aan genesende (therapeutic) slaap en ʼn oorsensitiewe senuweestelsel. Mense wat te veel tyd voor die skerm deurbring, kan impulsief en buierig raak en hul konsentrasievermoë neem af. Navorsing het bewys dat verhoogde fisieke aktiwiteit tot beter akademiese prestasie lei.

NUUSTAK 7/2019 21—27 Februarie 2019

Groete uit die Nuustakkantoor.

DR. JOHAN KRUGER

SKOOLHOOF

Om iewers te behoort (to belong) Sport skep geleenthede waar jou kind nuwe maats kan maak en hulle word geleer om met verskillende persoonlikheidstipes oor die weg te kom. Deur deelname aan sport leer kinders van konflikhantering en wat dit behels as ʼn maat jou verdedig. Leer om te verloor Die belangrikste oogmerk van sport behoort nooit te wees om te wen nie, maar eerder die genot daarvan en om die beste te gee wat jy kan. Wanneer jou teenstander beter as jy is, leer jy hoe om in goeie gees te verloor. Tree jy as ʼn wenner uit die stryd, hou dit jou voete plat op die aarde. Om te verloor, kan ʼn goeie aansporing wees om harder te oefen en weer te probeer. Geduld en dissipline Tydens blootstelling aan sportdeelname word ʼn omgewing geskep wat kinders leer om nie tou op te gooi nie, selfs wanneer hulle moeg of nie lus is nie. Hulle leer om gefokus te bly en besef dat toegewyde oefening oor ʼn lang tyd noodsaaklik is om doelwitte te bereik. Vasgestelde reëls word gevolg en die kind moet na die afrigter, skeidsregter en soms ook na die spanmaats luister. Spelers moet leer om beslissings te aanvaar, selfs wanneer hulle nie daarmee saamstem nie. Trots word ontwikkel, selfs op klein prestasies, asook geduld, uithou en aanhou om uiteindelik ʼn langtermyndoelwit te bereik. Leer emosies beheer Tydens ʼn kompetisie ervaar atlete opwinding en ekstase aan die een kant en teleurstelling, woede en frustrasie aan die ander kant. Dis belangrik dat kinders leer om hierdie emosionele wipplankryery te verwerk, want hulle word dikwels vir swak gedrag gepenaliseer. Dit kweek die vermoë om teleurstelling te verwerk en om telkens terug te gaan en hul beste te gee. Om lid te wees van ʼn span Spanne is slegs suksesvol as almal saamwerk, ongeag hoe goed individuele spelers is. Spansport leer kinders hoe om goeie spanmaats te word en dat ʼn hoë dunk van jouself nie goed is vir die span se moreel of prestasie nie. Die span se belang word voor hul eie geplaas en ʼn gees van onselfsugtigheid word so gekweek. Jou kind sal hierdie waardevolle lewenslesse wat hulle op die sportveld leer, later in hul volwasse lewens en ook in hul toekomstige loopbane, met vrug kan toepas. Bronne: Psychologytoday.com; Mentalhelp.net http://merise-tydskrif.com/2017/09/14/hoe-groot-is-die-waarde-van-kindersport/

Karla Faasen Graad: 5T

PERSONEEL VERJAARSDAE

KLETSKOUSIES VERJAARDAE

25 Februarie Sandra Coetzee

22 Februarie Bokang Lamole

KRUINIE VERJAARSDAE

21 Februarie Deon Mulligan

Larissa Van Vollenstee

22 Februarie Sammy Johnstone

Cherise Koen

Nicolaas Strydom

Ruan Van Tonder

Megan Walker

23 Februarie Michayla Van Biljon

Christine Ras

24Februarie Mieke Kotze

Milan Matthee

Ignatius Botha

Dian Gildenhuys

25 Februarie Laylah Damon

Kiley Kukard

Jaco Venter 26 Februarie Lùthien Kloenne-Warren

27 Februarie Jacques Kruger

Leoné Joubert

Anika Stoman

Ruan de Jager

WISKUNDE GRAAD 6

• Breuke 22/2 (15)

• Probleemoplossing 1/3 (10)

• Kwartaaltoets 8/3 (50)

• Volgens departementele voorskrifte mag geen leerder toegelaat word om buite die toetsrooster vraestelle te skryf, sonder doktersertifikate nie. Ouers moet die akademiese hoof van afwesighede in kennis stel.

• Leerders moet die eerste dag wat hulle terug is by die skool, vraestelle wat gemis is, skryf. • Die skool sluit op die normale tye t ydens die toetsreeks. • Toetse word geskryf vanaf 07:30 – 08:30. • Nadat toetse geskryf is word die rooster aangepas sodat ons alle periodes kan volg. • Leerders voltooi die res van die kwartaal se werk. • In vakke waar die kwartaal se werk reeds afgehandel is, word daar met volgende kwartaal se

werk begin. • Vraestelle wat reeds nagesien is, word aan leerders uitgedeel vir nasorg.

28 Februarie Afrikaans Huistaal Gr. 4-7

1 Maart Natuurwetenskap en Tegnologie Natuurwetenskap

Gr. 4-6 Graad 7

4 Maart Aardrykskunde Tegnologie

Gr. 4-6 Graad 7

5 Maart Engels EAT Gr. 4-7

6 Maart Geskiedenis Gr. 5-7

7 Maart EBW Graad 7

8 Maart Wiskunde Gr. 4-7

TOETSREEKS 28 FEBRUARIE – 8 MAART 2019

NETBAL- & RUGBY-

BALLE

Te koop by die kantoor teen

R220

LAERSKOOL KRUINSIG Sportballe te koop

ONDERSTEUNERSHEMP

R240 per ondersteunershemp. Kontant met bestelling. Groottes beskikbaar in kantoor vir aanpas. Mans-en damesgroottes is beskikbaar.

NETBAL 2019 “Boek die datums”

Netbal Kursusse: 2019

0/9 - 0/12 A+B + 0/13:

26 +27 Feb

Kostes R±400

2018 Jaarboek te koop teen R120 in die kantoor

Wanneer: Saterdag 9 Maart

Tyd:9:00—12:00

LAERSKOOL KRUINSIG

GR R + 1 OPEDAG

KOM KYK WAT DIE KRUINIES

BIED !!!

Wiskunde Gr.4 – Opdragte • Vrydag, 22 Februarie: Probleemoplossing (10 punte) • Woensdag, 27 Februarie: Tyd (10 punte)

Individuele Foto’s Dinsdag 12 Maart

Fotopakette kan teen R55-00 by die registeronderwyser bestel word. Bewys van betaling by die kantoor of EFT moet asb aan die registeronderwyser gegee word.

Jaarboek foto’s word ook dan afgeneem. Ons versoek dat leerders nie afwesig sal wees nie.

Jaarboekfoto’s word geneem in Somersklere sonder Erekleurebaaidjies. Fotopakette mag wel met baadjies afgeneem word.

Goeiedag vanuit die Snoepie. Dit is lekker om nog ‘n jaar deel te wees van hierdie wenspan. Graag wil ons U weer herinner dat ons van die “lunchcard” sisteem gebruik maak by die Snoepie. Hierdie sisteem het baie voordele - veral vir die jonger leerders. Indien U kind nie ‘n “lunchcard” het nie is U welkom om ‘n Whatsapp foto (verkieslik in skoolklere) met U kind se naam en van, Graad en Skool te stuur aan www.lunchcard.co.za – waarna ‘n kaart aan die skool gestuur sal word. Lunchcard kom wel een keer ‘n jaar na die skool om foto’s te neem vir nuwe leerders. Ek nooi U uit om op Lunchcard se webtuiste die voordele van die kaart te gaan navors. Die Snoepie pryse bly onveranderd, slegs twee items se pryse moes ons noodgedwonge verhoog. Wens aan elkeen ‘n geseënde 2019 toe. Vriendelike groete Die Snoepiespan

Interne Redenaars Afrikaans

Baie geluk aan die volgende medalje wenners:

Goud Silwer Brons

Graad 1 Dané Keyser Willem van Mollendorff VJ Engelbrecht Graad 2 Anika van Niekerk Lucy van Loggerenberg Cleo van Wyk Graad 3 Charlotte Baker Jana Marx Shanika Jacoby Graad 4 Sebastian Welman Zander Hef Matt van Molendorff Graad 5 Reeze Zeuner PG le Roux Kalista Nolte Graad 6 Leo van Wyk Carmen Toms Giselle Maritz Graad 7 Waldo Haasbroek Kayla Gildenhuys Andrea Buys

Leerders wat 1e en 2de plekke behaal het gaan Kruinsig op 20 Mei 2019 by die Kempton Parkse Redenaars verteenwoordig.

Die volgende leerders gaan op 8 en 9 Maart Kruinsig se naam hoog hou by die Super 12 Redenaars:

Gr. 1-3: Anika van Niekerk Gr. 7 Spanredenaars: Andrea Buys Mika Nolte LuCarli Uys Kayla Gildenhuys Gr. 4-5: Ewald Haasbroek Waldo Haasbroek Reeze Zeuner Gr. 6-7: Leo van Wyk Waldo Haasbroek

Die ATKV Redenaars vind 3-6 April 2019 plaas by Laerskool Baanbreker. Baie geluk aan die volgende leerders

wat hul sê daar gaan sê:

Gr. 1-3: Anika van Niekerk Gr.4-5: Sebastian Welam Gr.6-7: Leo van Wyk Lucy van Loggerenberg Zander Heefer Carmen Toms Charlotte Baker Reeze Zeuner Waldo Haasbroek Jana Marx PG le Roux Kayla Gildenhuys Shanika Jacoby Kalista Nolte Andrea Buys Xané du Plessis Ewald Haasbroek Landelee van Wyk

Baie sterkte aan almal wat aan verdere kompetisies gaan deelneem.

Dankie aan elke spreker wat deelgeneem het tydens ons Interne Redenaars.

Julle almal is sterre!!

Vriedelike groete

Juffrou Jeannette.

• In klaskamer 34 Gr. 1-3 Dinsdag 26 Februarie

Rondte 2

Gr. 4-7 Woensdag 27 Februarie

Rondte 3

Gr. 1-3 Donderdag 28 Februarie

Rondte 3

Skaak groete

Juffrou Celesté

CHATOGA SPUR-AAND DINSDAG 26 FEBRUARIE TYD: 17:30 - LAAT Eerste & 0/11 Rugbyspanne wat toer na Grey Bloemfontein

KOM ONDERSTEUN ASSEBLIEF!!!

FOR SALE – WOODBRIDGE Double Storey Sectional Title

R1 970 000 3 Bedrooms, 2 bathrooms, guest toilet, lounge, dining room, kitchen, scullery, double automated garage, patio. For viewing call Wayne – 082 974 1051

Ons nooi U na die Biolink praatjie

in Laerskool Kruinsig skoolsaal

Dinsdag, 26 Februarie, 18h30