NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool...

6
Nuustak 2018 Telefoon : (011) 972 4147/8 Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528 e-pos : [email protected] Web-adres : www.laerskoolkruinsig.co.za Geagte Ouer Na ʼn vakansie, wat soos ʼn verlengde naweek gevoel het, skop ons die tweede kwartaal met spoed af. Baie welkom aan die nuwe Kruinies wat by ons aangesluit het. Geniet die Kruinie-wees met oorgawe. Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing in Harmonie, rugby teen Randhart en ook die Super 12 Groepwedstryde wat in Rustenburg plaasvind. Die ATKV redenaars vind ook plaas. Neem asseblief kennis dat die Super 12 semifinale en finale op 19 April 2018 by TUKS Sport plaasvind. Weens die groot aantal leerders en personeel betrokke sal op 19 April geen formele onderrig plaasvind nie. Daar sal wel toesig by die skool wees. Hou asseblief die kwartaalprogram, wat op die webblad en school communicator is, dop. Baie geluk aan ons 0/13A netbalspan wat in George mooi presteer het en algeheel 7de geëindig het. Ons 0/11A en 0/13A rugbyspanne het werklik met eer uit die stryd getree. Ons 0/11A span keer terug as Grey Super series kampioene vir 2018. Ons wintersport-ligas skop volgende week af. Tradisioneel gaan dit met meer emosie gepaard as die at- leek, hokkie en krieket. Onthou dit is kinders wat speel – omdat dit lekker moet wees en hulle dit moet geniet. Onthou dit is onderwysers wat as skeidsregters optree – nie professionele skeidsregters wat deur tegnologie ondersteun word nie. Ek deel graag ʼn brief aan ʼn rugby-pa wat op Solidariteit- Helpende- hand se webblad gepubliseer is. Neem kennis dat 27 April ʼn openbare vakansiedag is. 30 April is ʼn skoolvakansiedag en 1 Mei is weer ʼn openbare vakansiedag. Die skool sluit 26 April om 10:00. Die geskeduleerde rugby-ligawedstryde teen Laerskool Impala vind steeds op 26 April vanaf 10:00 op ons velde plaas. RUGBY-PA Baie dankie dat jy jou seun toelaat om rugby te speel - en dít nogal teen die moderne neiging en teen Ma se waarskuwings en vrese in! Om seker te maak jou seun baat optimaal by sy deelname aan hierdie wonderlike spel moet ons oor ʼn paar dinge reguit gesels. 1. Jou seun gaan heel waarskynlik NIE eendag professioneel rugby speel nie. Daarvoor is daar eenvoudig net te veel kompetisie. Dit is daarom van kardinale belang dat jou denke hieroor uitgeklaar is en jy jou gesprekke, besluite, kommentaar, opmerkings en doelwitte vir hom en komplimente oor sy spel, hierby sal aanpas. Indien jy uitsluitsel het oor hierdie feit, sal dit jou en jou seun baie baat om ʼn rustigheid by hom te skep en te demonstreer oor dinge soos afrigtersbesluite, spankeuses by sy skool, skeidsregter-beslissings, wedstryd-uitslae en sy eie spel. In hierdie rustige atmosfeer kan jou seun homself wees en vreesloos deelneem aan die wonderlike spel. NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018

Transcript of NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool...

Page 1: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing

Nuustak 2018 Telefoon : (011) 972 4147/8

Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528

e-pos : [email protected]

Web-adres : www.laerskoolkruinsig.co.za

Geagte Ouer

Na ʼn vakansie, wat soos ʼn verlengde naweek gevoel het, skop ons die tweede kwartaal met spoed af. Baie welkom aan die nuwe Kruinies wat by ons aangesluit het. Geniet die Kruinie-wees met oorgawe. Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing in Harmonie, rugby teen Randhart en ook die Super 12 Groepwedstryde wat in Rustenburg plaasvind. Die ATKV redenaars vind ook plaas. Neem asseblief kennis dat die Super 12 semifinale en finale op 19 April 2018 by TUKS Sport plaasvind. Weens die groot aantal leerders en personeel betrokke sal op 19 April geen formele onderrig plaasvind nie. Daar sal wel toesig by die skool wees. Hou asseblief die kwartaalprogram, wat op die webblad en school communicator is, dop. Baie geluk aan ons 0/13A netbalspan wat in George mooi presteer het en algeheel 7de geëindig het. Ons 0/11A en 0/13A rugbyspanne het werklik met eer uit die stryd getree. Ons 0/11A span keer terug as Grey Super series kampioene vir 2018. Ons wintersport-ligas skop volgende week af. Tradisioneel gaan dit met meer emosie gepaard as die at-letiek, hokkie en krieket. Onthou dit is kinders wat speel – omdat dit lekker moet wees en hulle dit moet geniet. Onthou dit is onderwysers wat as skeidsregters optree – nie professionele skeidsregters wat deur tegnologie ondersteun word nie. Ek deel graag ʼn brief aan ʼn rugby-pa wat op Solidariteit- Helpende-hand se webblad gepubliseer is. Neem kennis dat 27 April ʼn openbare vakansiedag is. 30 April is ʼn skoolvakansiedag en 1 Mei is weer ʼn openbare vakansiedag. Die skool sluit 26 April om 10:00. Die geskeduleerde rugby-ligawedstryde teen Laerskool Impala vind steeds op 26 April vanaf 10:00 op ons velde plaas.

RUGBY-PA

Baie dankie dat jy jou seun toelaat om rugby te speel - en dít nogal teen die moderne neiging en teen Ma se waarskuwings en vrese in! Om seker te maak jou seun baat optimaal by sy deelname aan hierdie wonderlike spel moet ons oor ʼn paar dinge reguit gesels.

1. Jou seun gaan heel waarskynlik NIE eendag professioneel rugby speel nie. Daarvoor is daar eenvoudig net te veel kompetisie. Dit is daarom van kardinale belang dat jou denke hieroor uitgeklaar is en jy jou gesprekke, besluite, kommentaar, opmerkings en doelwitte vir hom en komplimente oor sy spel, hierby sal aanpas. Indien jy uitsluitsel het oor hierdie feit, sal dit jou en jou seun baie baat om ʼn rustigheid by hom te skep en te demonstreer oor dinge soos afrigtersbesluite, spankeuses by sy skool, skeidsregter-beslissings, wedstryd-uitslae en sy eie spel. In hierdie rustige atmosfeer kan jou seun homself wees en vreesloos deelneem aan die wonderlike spel.

NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018

Page 2: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing

2. Rugbyskeidsregters gaan foute maak. Dit is ʼn feit net soos die feit dat jy reeds in die verlede verkeersfoute in jou lewe gemaak het en miskien nog meer in die toekoms gaan maak. Haal dus jou fokus totaal (en ek bedoel geheel en al) van die skeidsregter af wanneer jy vanuit die pawiljoen ondersteun en wanneer jy en jou seun na die tyd oor die wedstryd gesels.

3. Rugbyafrigters sal keuses maak waarmee jy nie gaan saamstem nie. In ʼn spansport met 15 spanlede is dit

menslik onmoontlik om nooit te fouteer nie. Verkeerde spankeuses, ʼn verkeerde spelpatroon of verkeerde hanteer van dissiplinêre aangeleenthede, gaan heel moontlik gebeur. Toon ook hierin ʼn verant-woordelikheid teenoor jou seun en help hom om op ʼn volwasse manier op te tree. Die beste manier om hierdie oënskynlike “foute” te hanteer is om dit te aanvaar. Indien jy heelhartig saamstem met punt 1 hierbo sal die raad om foute te aanvaar nie vir jou en jou seun moeilik wees nie. Verder het ʼn rugbyafrigter baie veranderlikes waaraan hy aandag moet gee. Voortrekkery en die onregverdige behandeling van jou seun is absoluut nie deel van sy beplanning of verwysingsraamwerk nie. Hy rig jou seun gratis af in sy eie kosbare tyd en vir die liefde van die kinders en die spel.

4. Vanweë die fisiese aard van rugby, gaan dit gepaard met baie emosies. Wen, verloor, seerkry, uit die span

gelaat word, tydens die wedstryd deur die afrigter vervang word, ʼn swak aangee van ʼn spanmaat ontvang én driftige aanmerkings van toeskouers slegs meters van jou af, dra alles by om spelers (en toeskouers) se emosies te toets. Neem jou vóór die seisoen, en voor elke wedstryd voor om in beheer van al jou emosies te bly. Jou seun sal jou rustigheid oor die “krisis” van ʼn wedstryd wat in die doodsnikke verloor is, aanvoel en sy aller-belangrike perspektief behou. Dan sal hy alles kan put wat uit hierdie wonderlike spel te put is.

(https://helpendehand.co.za/brief-aan-die-rugby-pa/

Groete uit die Nuustakkantoor.

JOHAN KRUGERSKOOLHOOF

SMARTBRAIN Daleen Saaiman 083 651 5200 / [email protected]

Om goed te kan lees en spel, maar ook te kan verstaan wat jy lees, is die belangrikste sleutel tot enige kind

se skoolsukses.

Kinders wat swak lees sukkel onder andere om hul eksamenvraestelle te verstaan, begriptoetse te beant-

woord en onderpresteer dus.

Hy/sy raak ook negatief teenoor skool en kan selfs ‘n swak selfbeeld ontwikkel. Hierdie is alles net simp-

tome van iemand wat nie ‘n goeie leesvaardigheid ontwikkel het nie. Ongelukkig verdwyn die probleem

nie en word slegs erger soos wat die werkslading toeneem.

Hierdie kursus word in Afrikaans asook in Engels aangebied.

SmartBrain bied die oplossing en nooi u uit om u kind gratis te laat evalueer by ‘n SmartBrain sentrum.

Individuele aandag word aan elke kind gegee aangesien ‘n maksimum van slegs 3 leerlinge per uur ‘n klas

bywoon.

Indien u enige addisionele inligting benodig of ‘n u kind wil laat evalueer, kontak my asseblief by boge-

noemde nommer of e-pos adres.

Ken jouself!

Eers as jy weet wie jy is, sal jy weet wat

jy kan word.

Page 3: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing

KUNSWEDSTRYD

2018

Leerders wat wil in-

skryf vir die Kempton

Park Kunswedstryd

kan vanaf Maandag

16 April vorms by Juf.

Amilia afhaal.

WISKUNDE GRAAD 4

Donderdag 26 April

Heelgetalle opdrag (10 punte)

Bl.76-85

Donderdag 3 Mei

Hoofreke Toets (20÷2=10punte)

2 tot 12 x en ÷

Graad 6

Leierontwikkelingskamp

DVD’s is reeds aan leerders gegee op Dinsdag 10 April.

Ons bedank graag die borge wat gehelp het

met die leierontwikkelingskamp. Leerders

het vandag briewe ontvang om aan ouers te

oorhandig.

EKSTRA KLASSE

Hulp met huiswerk en

leerwerk, veral Wiskunde en

NW.

Kontak: Dera van Heerden

083 242 0606

Broodjieprojek lyste is op die webblad beskikbaar.

Page 4: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing

29 Maart Lucy van Loggerenberg

Lelani van Aarde

30 Maart

Tyron van den Heever

Elzé Bornman

Johanné Bornman

Luken de Lange

Melize Fourie

31 Maart

Jeané van Staden

1 April

Clarissa Miller

2 April

Alicia Foster

Eduard Pretorius

3 April

Neil Visser

Hano Strydom

Billy Steinmann

Mincke Kinghorn

4 April

Carmen Toms

Megan vd Merwe

Harnell Van Eeden

Ruan van Niekerk

Lindel vd Westhuizen

5 April

Hanré Bornman

Rueben le Roux

Megan Smith

Zhandré Badenhorst

6 April

Lianie Minnie

Jané Craven

7 April

Ethan Kotze

Kiara Bantjes

Lu Chelle Breedt

Gandon Maritz

8 April

Nadia Twyman

Matt van Molendorff

Janco du Preez

30 Maart

Mandi Beetge

10 April

Silvia le Grange

14 April

Marietjie v Niekerk

15 April

Tristan Nel

17 April

Jaco Snyman

Geseënde verjaardag

aan u elkeen.

Personeel Verjaarsdae

TE HUUR:

Huis in sekurititeitskompleks naby skool.

3 slaapkamers, 2 badkamers, dubbel ga-

rage, buite patio en braai

Beskikbaar einde April,

Korttermyn huurkontrak.

Kontak Sandrea

082 926 6424

2 April

Martin Taylor

10 April

Zander de Jager

12 April

Christian Oosthuizen

13 April

Mason Brand

14 April

Liam du Toit

17 April

Hennie Terblanche

Johané Terblanche

Simoné Terblanche

Kiara de Beer

18 April

Isabelle Erasmus

KRUINIE

VERJAARDAE:

9 April

Ewhan O'Connell

Armand Henning

Anton Pieterse

Zané Pieters

Arno Fourie

10 April

Gabriella Nothnagel

Christine Kriel

Noah Roberts

11 April

Leandi Steyn

Zanté Visagie

12 April

Zanru Kruger

Aden Basson

Karlia Huyser

13 April

Janco Bornman

Jordan Heather

André du Plessis

Cornél Bothma

Amber van Niekerk

14 April

Kyle Cameron

Kylene Cameron

Dylan Zevenster

15 April

Larae Viljoen

Mikayla Coetzee

Hanno Bothma

Taylah Butler

16 April

Liam Prinsloo

Quinton Pretorius

Daniella Malan

17 April

Alyssa Smit

18 April

Megan Knowles

Waldie Pretorius

Teagan Gadney

Leané Koen

NETBAL

Baie dankie vir Romilda Strydom wat vir die 0/9 Netbalspanne water vir die seisoen geborg het. Ons het groot waardering daarvoor.

Page 5: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing

Leiers 2018

Plek: Safair

Datum: Vrydag

13 April 2018

Tyd: 13:00-16:00

Drag: Leierdrag

Leiers sal iets kry om te eet en drink.

ENGELSE

INTERNE

REDENAARS

Gr.1-3 7 Mei

Gr.4-7 14 Mei

Ane Loubscher— Gr.4E

HOKKIE

Baie geluk aan die volgende

dogters wat deel is van die

Oos-Gauteng Hokkie spanne

0/13 Juliette du Toit

0/12 Abigail Sweeney

Lana Basson

Lu Chelle Breedt

Ons Kruinies is baie trots op

julle!

Page 6: NUUSTAK 11/2018 10-18 April 2018 - Laerskool Kruinsiglaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2017/06/2018-NUUSTAK-11.pdf · Die week is daar reeds TV opnames van die kore vir Sing

SKAAKFLITSE

Kempton Skaak Liga Spanlyste is op by Kamer 34

Briewe vir Maandag se wedstryd gaan

vandag in die tas wees.

A-spanne—Laerskool Mooifontein (tuis)

B-spanne—Birch Acres Primary (tuis)

Skaakgroete

Juf.Celeste

NETBAL

Die volgende dogters het Woensdag 21 Maart

aan die 1e rondte Gauteng proewe deelge-

neem:

0/12 Lu Chelle Breedt

0/13 Nadia Overweg

Sané van Niekerk

Die volgende leerders behaal die Gauteng

oefengroep en het aan rondte 2 van Gauteng

proewe deelgeneem:

0/12 Lu Chelle Breedt

0/13 Nadia Overweg

Ons hou duime vas vir goeie uitslae.

WOONSTELLE TE HUUR

Glen Hof kompleks Veldstraat Glen Marais

Bachelors, een, twee en drie slaapkamer woonstelle te huur.

500m vanaf Laerskool Kruinsig

Binne veiligheidskompleks met

toegangsbeheer.

Skakel Kathy

076 743 9570

Skaakoefening

Kamer 34

Vrydag 13 April

6:45-7:25

Dinsdag 17 April

6:45-7:25