NUUShsalberton.co.za/docs/gebeure/Allienuus-2016-desember.pdfNUUS Desember 2016 TOTSIENS AAN ‘N...

6
ALLIENUUS Desember 2016 TOTSIENS AAN ‘N LEGENDE Dit is met groot hartseer dat Allieland vanjaar afskeid neem van ons geliefde hoof, Mnr. H Schoeman, wat vanjaar aftree. Mnr. Schoeman het sy loopbaan as hoof van Hoërskool Alberton in Augustus 1994 begin toe hy die leisels by die voormalige hoof, Dr. P Krynauw oorgeneem het. Deur die jare het Mnr. Schoeman as leidsman ‘n gebalanseerde omgewing vir ons as leerders geskep waar ons in akademie, kultuur en sport kon presteer. Meneer het dit ook reggekry dat die skool tot erfenis gebied verklaar is sodat die nodige opgraderingswerk aan ons skool gedoen kon word. Mnr. Schoeman word daarvoor geeër dat hy verseker het dat Christenskap die fondasie van ons skool gebly het en ook in die toekoms sal bly. Meneer se besonderse Christelike karakter het vir ons ‘n uitstekende voorbeeld gestel. Mnr. Schoeman sal onthou word vir sy streng, maar regverdige benadering tot alle situasies, asook sy sin vir humor. Baie dankie dat meneer vir ons taal en kultuur baklei het. Ons is trots om volgende jaar die enigste suiwer Afrikaanse skool in die dorp te wees. Dankie dat Meneer bereid was om elke jaar op valentynsdag ontvoer te word. Meneer was werklik so ‘n groot deel van ons skool se tradisies, gees en karakter. Ons wens vir Meneer is dat Meneer ‘n rustige aftrede saam met die familie sal geniet en mag liefde, vrede en voor- spoed Meneer in die toekoms vergesel. Ons weet dat Meneer die Allies nooi sal vergeet nie. Mag die Allie-bloed nog lank deur Mnr. se are vloei. Ons laat Meneer met die volgende woorde: “Eens ‘n Allie, Altyd ‘n Allie!” -Ankia Ackermann

Transcript of NUUShsalberton.co.za/docs/gebeure/Allienuus-2016-desember.pdfNUUS Desember 2016 TOTSIENS AAN ‘N...

Page 1: NUUShsalberton.co.za/docs/gebeure/Allienuus-2016-desember.pdfNUUS Desember 2016 TOTSIENS AAN ‘N LEGENDE Dit is met groot hartseer dat Allieland vanjaar afskeid neem van ons geliefde

ALLIENUUS Desember 2016

TOTSIENS AAN ‘N LEGENDE Dit is met groot hartseer dat Allieland vanjaar afskeid neem van ons geliefde hoof, Mnr. H Schoeman, wat

vanjaar aftree.

Mnr. Schoeman het sy loopbaan as hoof van Hoërskool Alberton in Augustus 1994 begin toe hy die leisels by die

voormalige hoof, Dr. P Krynauw oorgeneem het.

Deur die jare het Mnr. Schoeman as leidsman ‘n gebalanseerde omgewing vir ons as leerders geskep waar ons in akademie, kultuur en sport kon presteer. Meneer het dit ook reggekry dat die skool tot erfenis gebied verklaar is sodat die nodige opgraderingswerk aan ons

skool gedoen kon word.

Mnr. Schoeman word daarvoor geeër dat hy verseker het dat Christenskap die fondasie van ons skool gebly het en ook in die toekoms sal bly. Meneer se besonderse Christelike karakter het vir ons ‘n uitstekende voorbeeld gestel. Mnr. Schoeman sal onthou word vir sy streng, maar regverdige benadering tot alle situasies, asook sy sin vir

humor.

Baie dankie dat meneer vir ons taal en kultuur baklei het. Ons is trots om volgende jaar die enigste suiwer Afrikaanse skool in die dorp te wees. Dankie dat Meneer bereid was om elke jaar op valentynsdag ontvoer te word. Meneer was werklik so ‘n groot deel van ons skool se

tradisies, gees en karakter.

Ons wens vir Meneer is dat Meneer ‘n rustige aftrede saam met die familie sal geniet en mag liefde, vrede en voor-

spoed Meneer in die toekoms vergesel.

Ons weet dat Meneer die Allies nooi sal vergeet nie. Mag die Allie-bloed nog lank deur Mnr. se are vloei. Ons laat Meneer met die volgende woorde: “Eens ‘n Allie, Altyd ‘n

Allie!”

-Ankia Ackermann

Page 2: NUUShsalberton.co.za/docs/gebeure/Allienuus-2016-desember.pdfNUUS Desember 2016 TOTSIENS AAN ‘N LEGENDE Dit is met groot hartseer dat Allieland vanjaar afskeid neem van ons geliefde

91% by vanjaar se

Eisteddfod behaal.

Hulle was ook in een

van hul items, item-

wenners.

Baie geluk aan al die

deelnemers, julle was

fantasties gewees!

-Ingrid Scholtz

Met die hulp

van Me. Wilson

en Me. De Villies,

onderleiding van

Tannie C Feistel,

het die Allies-

sanggroep vanjaar

die regte note getref.

Hulle het onderskei-

delik 88%, 90% en

Bladsy 2

Die Allies groet…

Dit

is m

et gro

ot hart

seer dat

die A

llie-fa

mili

e af-

skeid n

eem v

an ‘n p

aar van o

ns gelie

fde o

nder-

wysers

, naam

lik M

ev. Van W

yk,

Kir

sten ,M

e. Basson e

n mnr

Stendon

Ons h

oop dat

julle

elk

e nuw

e uit

dag-

ing w

at op ju

lle w

ag ten v

olle s

al

geniet

en die

Alli

es alt

yd in ju

lle

harte s

al dra

. Onth

ou: “Eenm

aal ‘n

Alli

e, alt

yd ‘n A

llie”.

-C

hanté

Eisteddfod

Ons by die Allienuus wil net geluk sê aan al die deelne-

mers aan die Eisteddfod, en dankie sê dat julle die skool

se naam hoog hou en ons hoop dat julle in die toekoms

weer ons naam hoog sal hou. Met een afdelingwenner

en 21 itemwenners is ons beslis opgewonde om te sien

wat julle volgende jaar sal oplewer.

- Zanrich Smit

Sa

ng

gro

e

Radikale redenaar

Tydens vanjaar se Radikale Redenaar-fees het

die Allies weereens bewys dat hulle beslis die

beste is. Die volgende leerders het aan die land-

wye kompetisie deelgeneem

Corzél Mans

Jéandri Wilson ( 1x 1ste, 2x 2de en 1x 3de

plekke )

3 Redenaars groepe:

Gr11 Groep 1 ( Jéandri, Leonie, Mikayla & Chri-

zaan )

Gr11 Groep 2 ( Nelize, Lynn, Chanté & Shi-

moné

Gr 8 ( Luke, Herman, Jade & Macxene )

Spreekkoor

Die spreekkore het almal aan die gons gehad met hulle

fantastiese deelname aan die kunswedstryd. Albei

spreekkore was itemwenners gewees! Die junior

spreekkoor het met hul “Gouelokkies” ‘93% behaal en

die senior spreekkoor 91% met hul gedig, “klein vrede”

Die spreekkore het beslis gewys dat hulle kan.

“Deur inspanning tot sukses”

Hulle het hard gewerk en met die hulp van Mev. Wilson

en Me. Pienaar, het hulle hul mylpaal bereik.

Die spreekkore het nie net gewerk nie, maar ook alles

ten volle geniet. Ons as Hoërskool Alberton is baie trots

op al die kultuurprestasies, julle maak ons trots.

-Celene Duncan

Page 3: NUUShsalberton.co.za/docs/gebeure/Allienuus-2016-desember.pdfNUUS Desember 2016 TOTSIENS AAN ‘N LEGENDE Dit is met groot hartseer dat Allieland vanjaar afskeid neem van ons geliefde

Bladsy 3

Het jy al ooit regtig gaan dink wat ‘n

boekwurm is? Toe ek klein was het

ek gedink dat ’n boekwurm daardie

klein kreatuurtjie in die boekwinkel

is wat al die lekker boeke verslint,

maar dit is voordat ek sommige

mense op ons top-10 ontmoet het,

wat sommer 100% vir vraestelle kry

en dit regkry om van die hooste

gemiddeldesin die skool te kry.

Hulle sit elke kwartaal voor hulle

boeke en bloed sweet om weer

‘n plekkie in die top-tien te be-

haal. Gelukkig is hulle beloon vir

hul harde werk met ‘n lekker

uitstappie na Sun City.

-Andruschka Kaltwasser

A: Hoeke wat vir mekaar

kyk.

V: Vertaal in Afrikaans:”I

beg your pardon?”

A: Huh?

V: Wat is ‘n terminale

siekte?

A: As jy op die lughawe

siek word

V: Gee die manlike vorm

van ‘n weduwee.

A: Skaduwee

V:Gee die verlede tyd van

eet

A:Honger

V: Wat is die teenoor-

staande hoek?

V: Voltooi die idioom: Hoe

meer haas…

A: ...hoe groter haas-

pastei.

V: Waarvoor word bees-

velle gebruik?

A: Om die bees binne te

hou.

-Leandra Merrick

Net die beste...

Eksamenflaters

.Graad 12-raad – Laruschka Smit

1. Maak seker jy het goeie punte:

Ons almal hou nie van leer nie, maar alles is die moeite werd– Vra maar

daardie ou wat die Ferrari besit.

2. Moenie “bank” nie:

Dalk hou jy nie van die vak of onderwyser nie, maar as jy elke klas bywoon, ken

jy 50% van jou werk

3. Maak goeie en ware vriende:

Elkeen het sy vriende nodig. Maak net seker dat jy hulle kan vertrou.

4. Moenie drama veroorsaak nie.

Hou jou neus uit ander se sake, as jy moes weet, sou hulle jou self vertel het.

5. MOETnieVIR ANDER VERANDER NIE!

Wees jouself. Die regte mense sal jou liefhê vir wie en wat jy is. Glo my.

*Jou hoërskool loopbaan hou net so lank-maak die beste daarvan.

Page 4: NUUShsalberton.co.za/docs/gebeure/Allienuus-2016-desember.pdfNUUS Desember 2016 TOTSIENS AAN ‘N LEGENDE Dit is met groot hartseer dat Allieland vanjaar afskeid neem van ons geliefde

Allies, ek wil net baie dankie sê dat julle so fenomenaal is. As dit nie vir julle was nie, sou die VCSV nooit kon wees wat dit is nie. Dankie vir jul bydrae en ondersteuning ! Ek is se-ker ons gaan nog baie lekker tye saam hê. Dan-kie aan Mev. Jordaan. Juffrou het altyd nog meer plek onder Juffrou se groot vlerk en die raad vloei uit Juffrou se mond uit. Kom ons pak 2017 aan met nuwe geloof en krag. Pak 2017 aan saam met God ! Wat Allieland vir my geleer het: -Dat jy nooit hoef bang te wees om te skree as jy skielik aan jou grootste vrees blootgestel word nie (vra maar vir mnr. Erasmus wat soos 'n meisie kan gil oor 'n ou klein spinnekoppie) - Juffrou van Schalkwyk sê altyd: "Amper daar. Net nog so klein bietjie harder..." en harder.. en harder.. en har-

der.. Dan kom ek Wis-kunde ook maar net-net deur.. (Ek weet nog nie of ek dieselfde van fisies kan sê nie) Die punt is: Allies, Werk net altyd hard en gee net jou beste, want jy sal beslis die vrugte daarvan pluk. -Elke atleet wat al ooit by juffrou Coston geoefen het, sal weet dat opgee NIE 'n opsie is nie. As jy eers met 'n wedloop (of selfs wedstryd) begin het, gee jy jou alles. Al moet jy hygend oor die eindstreep kruip en mooi trap om nie oor jou tong te struikel nie. Op die einde is dit dít wat jou 'n sterker mens maak! -Romeo en Juliet is eint-lik nie so sleg nie, man! Veral nie as jy by juffrou Nel Engels kry wat soms bloos-bloos vir ons moet verduidelik wat sommige terme beteken nie. Juf-frou Nel het ook beslis al die kuns van kodetaal bemeester. Matrieks, al wat ek nou nog wil weet, is hoekom het die mense in Romeo en Juliet se tyd dit nodig ge-vind om hulle

"swaarde" so baie te ge-bruik? -Dat dit "cool" is om in groe-pe te praat, in kore te sing en aan die kunswedstryd deel te neem. Juffrou Wilson sal vir jou vinnig leer hoe om uit jou dop te kruip en net vet pret te hê terwyl jy sommer ook 'n itemwenner lospraat! -Dat laataand oefeninge, harde oefensessies, deur-settingsvermoë, spanwerk en uitstekende leiding 'n re-sep vir sukses is. Vra maar vir Mnr. Myburgh en Mnr. Pretorius en die dirigente van 2016! #MarioAllies (En glo my: Enige dirigent en selfs pom-pom sal vir jou kan sê dat tannie Gail se dansmoves nie 'n grap is nie!) -Die netbalmeisies het vinnig ge-leer dat juffrou Jordaan nogal goed is in "multi-tasking" Sy kan 'n eerstespan wedstryd skeidsreg, haar broekspyp vastrap, val, soos 'n ninja op-spring en verder blaas(alles in 'n kwessie van sekondes) asof niks verkeerd geloop het nie.

#foutloos

-Zoë Salzwedel

Prysuitdeling 2016

Ons sê baie geluk aan die volgende Allies wat hoof-

toekennings tydens vanjaar se prysuitdeling ontvang

het.

Maryke Keyser ( Paul Kruger Trofeë & Reunert Dux

Trofeë )

Zoë Salzwedel ( Reunert Dienstrofeë )

Jeandri Wilson ( Reunert Kultuurtrofeë )

Lunga Molele ( Sportseun van die jaar )

Alissa de Klerk ( Sportdogter van die jaar )

2016 Was ‘n jaar om te onthou.

Bladsy 4

Page 5: NUUShsalberton.co.za/docs/gebeure/Allienuus-2016-desember.pdfNUUS Desember 2016 TOTSIENS AAN ‘N LEGENDE Dit is met groot hartseer dat Allieland vanjaar afskeid neem van ons geliefde

Bladsy 5

Die lente is hier en die Allies het

die stygende temperature met ope

arms verwelkom. Leerders het die

vars lentelug ingeasem en die

koms van die nuwe seisoen is ge-

vier met lenteweek “dress-upp”.

Kleurvolle dasse, kouse, hoede,

kopbande, pruike, kruisbande en

alles waaraan jy kan dink is ge-

bruik om jou dag in te kleur.

Die lentebal was ‘n feeste-

like aand, so die wat hoër-

skool Alberton as hul toekom-

stige alma mater kies, sal gou

deel uitmaak van ‘n trotse tra-

disie!

Dankie ALLIES vir jul gees!

-Jeanrique Prinsloo

Die rooi tappyt, die kameras wat flits…

Hollywood in Allieland was die tema

van hierdie jaar se leerlingraadbal. Na

‘n jaar se harde werk het die leerlin-

graad die kans gekry om vir ‘n laaste

keer saam te kuier en afskeid te

neem.

Die hoofleiers van 2016 het

baie moeite gedoen om die

aand spesiaal te maak en

almal het pragtig gelyk. Na

die heerlike ete wat vir ons

voorberei is, het ons die

dansbaan betree en die res van

die aand saam geniet.

Leonie van Sittert

spanne wat 2de en 3de geëindig het in die liga. Dankie aan Mev. v Wyk & Me. Welken vir die geduld en opoffering. Sonder die twee on-derwysers en leer-ders sou die jukskei

Hierdie jaar was die juk-skei weer ʼn reuse suk-ses…. Ons sê baie geluk aan

elkeen wat die proewespan gehaal het, asook al die

nie so goed gevaar het nie.

Allies is

alles!!

-Calista WelkenXx

KULTUURAAND 2016

Lenteweek 2016

Jukskei –Jukskei-Jukskeiiiiiii

koor, dansgroep,

sanggroep en toneel.

Die leerders en on-

derwysers het baie

ure se oefening inge-

sit en hul het die

vrugte daarvan ge-

pluk. Daar was om-

trent ʼn paar komiese

oomblikke in die to-

neel waarvoor die ge-

hoor kan lag. Ons kan

se die aand was ʼn

reuse sukses en ons

sien uit na 2017 se

kultuuraand.

-Denise Beetge

Na ʼn hele jaar se

opgewondenheid vir

ons kultuuraand wat

op 11 Augustus

2016 plaasgevind

het, was ons verskrik-

lik trots en tevrede

met wat alles gebeur

het nl. die spreek-

Hollywood in Allieland

Page 6: NUUShsalberton.co.za/docs/gebeure/Allienuus-2016-desember.pdfNUUS Desember 2016 TOTSIENS AAN ‘N LEGENDE Dit is met groot hartseer dat Allieland vanjaar afskeid neem van ons geliefde

Cinderella sluit by die sirkus aan.

Spookasem en springmielies het vir die gaste gelê en wag toe die

glansaand, waarvoor elke matrikulan al 5 jaar wag, uiteindelik op

29 September aangebreek het. Die matriekafskeid 2016, met die

prettige, tog stylvolle tema van “vintage” sirkus, het aan die ma-

trikulante ‘n laaste geleentheid gebied om almal saam te kuier

en totsiens te sê.

Met die woord van die ringmeester,is die deure na ‘n aand van

avontuur, pret en plesien geopen. Cinderella het haar koets,

prins en paleis verruil vir ‘n blink sportmotor, ‘n Allie-hunk

met ‘n deftige pak en die onthaal van Thaba Ya Batswana.

Die dames het die koppe behoorlik laat draai met hul prag-

tige rokke wat net weereens daarvan getuig het dat Allies ele-

gant en stylvol is. Daar is heerlik geëet en groot makitie gehou.

Die hoofleiers van 2016, Lunga en Maryke, het vir oulaas ‘n

paar gevleulde woorde gesê en totsiens gesê aan al hulle

vriende en klasmaats wat vir soveel jare deel was van hulle

lewe.

Matrieks, Martin L. Fletcher het gesê: “Life is a ticket to the

greatest show on earth”. Gaan voluit en leef, leef, leef!

Ons hoop dat die matriekafskeid vir julle ‘n onvergeetlike aand

was, wat julle vir altyd in julle harte sal koester.

Onthou, eens ‘n Allie, altyd ‘n Allie!

-Ankia Ackermann