NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE...

16
1 van 16 NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE – CONTENT BLADSY / PAGE UIT DIE VOORSITTER SE PEN 2 PRODUKSIE SYFERS VIR 2016/2017 SEISOEN 4 GRADING RESULTS THE AGROCHEMICAL INFORMATION SOURCE 5 SIZA – ENVIRONMENTAL 6 NAVORSINGPROJEKTE VIR DIE INMAAKBEDRYF 8 AREA WYE VRUGTEVLIEG BEHEER 9 GESONDE PRE-FRONTALE KORTEKS 11 VISIT OF LESOTHO STUDY GROUP 14 IPV RAADSLEDE VIR DIE 2017/2018 SEISOEN 15 UITTREDENDE & NUWE RAADSLEDE IPV & DTD TEGNIESE INLIGTINGS DAG 16 NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

Transcript of NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE...

Page 1: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

1 van 16

NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017

INHOUDSOPGAWE – CONTENT BLADSY / PAGE

UIT DIE VOORSITTER SE PEN

2

PRODUKSIE SYFERS VIR 2016/2017 SEISOEN

4

GRADING RESULTS THE AGROCHEMICAL INFORMATION SOURCE

5

SIZA – ENVIRONMENTAL

6

NAVORSINGPROJEKTE VIR DIE INMAAKBEDRYF

8

AREA WYE VRUGTEVLIEG BEHEER

9

GESONDE PRE-FRONTALE KORTEKS

11

VISIT OF LESOTHO STUDY GROUP

14

IPV RAADSLEDE VIR DIE 2017/2018 SEISOEN

15

UITTREDENDE & NUWE RAADSLEDE IPV & DTD TEGNIESE INLIGTINGS DAG

16

NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.

Page 2: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

2 van 16

UIT DIE VOORSITTER SE PEN

Finansieel het die vereniging en die IPV Navorsingstrust goed presteer. Dit was te danke aan goeie oeste en goeie pryse behaal wat deur middel van die 1% heffing van lede betaal is. Weereens wil ek die 100% van inmaakprodusente bedank vir hulle vrywillige lidmaatskap van die vereniging wat sorg dat ons alleen seggenskap het oor die doen en late van ons aktiwiteite het. Daar word egter voorsien dat ons finansiële posisie in die toekoms onder meer druk kan kom as gevolg van kleiner innames, laer pryse en hoër kostes.

Die Oesskattings komitee het in Oktober vergadering en die komitee het relatief raak geskat oor watter oes te wagte kon wees. Die graderings regulasies het onveranderd gebly. Slegs een amptelike graderings appél is die afgelope jaar hanteer, terwyl goeie verhoudings tussen produsente en gradeerders gehandhaaf is.

Die spuitstofregulasies is na die vergadering van die Chemiese spuitstof komitee opdateer en verskaf aan alle produsente en verwerkers. As organisasie kan ons trots wees op die goed georganiseerde wyse waarop die MRL lyste hanteer en bestuur word. Produkte word nie sommer verwyder net omdat ‘n koper dit nie op die lys wil hê nie, of tensy daar ‘n geskikte plaasvervanger vir die produk is nie. Die neem van die spuitstofmonsters word deur die IPV bestuur, en dis verblydend dat min oorskrydings gevind word.

Die Navorsings- en ontwikkelings komitee het, meestal met die LNR, navorsingsprojekte identifiseer, en terugvoering van bestaande projekte gekry. Ons grootste navorsingsprojek is kultivarontwikkeling, wat teling en evaluasie van nuwe appelkoos en perske kultivars asook onderstamme insluit. Die rypwordtyd van kultivars is ons grootste fokus. Tuinbou projekte, geskiktheid van kultivars vir inmaak en plantverbeteringsprojekte word ook deur die IPV Navorsingstrust befonds. Ons is ook betrokke by die Robertson proefplaas met die aanplant van ‘n Fase een proefblok. As gevolg van die agteruitgaan van kapasiteit by die LNR word die vereniging al hoe meer genoodsaak om onafhanklik navorsingsprojekte te doen. Befondsing is aan Provar verskaf om onafhanklike evaluasie van kultivars te doen. Projekte word ook by die Universiteit Stellenbosch gedoen.

Dit is vir my ‘n voorreg om namens die IPV raad en Uitvoerende bestuur verslag te doen oor die aktiwiteite van die vereniging oor die afgelope jaar eindigend Februarie 2017. Die funksies van die Vereniging bly maar altyd dieselfde volgens ons doelstelling, en ek doen verslag aan die hand van die inhoud gegewe die doelstellings. Die afgelope jaar was daar veral baie uitdagings wat die Vereniging namens sy lede moes aanspreek.

Die volle raad het twee vergaderings gehou, terwyl die Uitvoerende Bestuur ook twee vergaderings gehou het. Hierdie is formele vergaderings waar verslag gedoen word, maar die eintlike werk word gedoen by die verskillende komitees. By ons eerste raadsvergadering het Mnr. Febbie van der Merwe van Bonnievale uitgetree as Vise-voorsitter en is Mnr. Johan Esterhuyse in sy plek tot Vise-voorsitter verkies. Febbie, baie dankie vir jou onbaatsugtige diens oor baie jare. Johan, ons sien uit na jou bydraes in die toekoms.

ANTHONY DICEY

Page 3: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

3 van 16

By Culdevco, die maatskappy verantwoordelik vir die kommersialisering van kultivars, is die verlenging van die kontrak met die LNR nog nie afgehandel nie. Die uitkering vanaf inmaakkultivars aan die IPV was bo verwagting en hierdie fondse word weer teruggeploeg in navorsing. SAPO, die bedryf se plantverbeteringsorganisasie gaan ook van krag tot krag. Die IPV is verantwoordelik vir vir sy eie projekte en dienste by SAPO. Die samesmelting van PlantSA en SPV is nog nie afgehandel nie.

Die bestuurder dien in die direksie van Fruitfly Africa en ek glo ons het baie vordering gemaak met die bekamping van vrugtevlieg met die gebruik van steriele vlieë en lugspatte.’n Navorsingsprojek wat die effek van vrugtevlieg op wyndruiwe meet is ook klaar gedoen, maar gaan herhaal word.

Fanie van der Merwe is die sagtevrugtebedryf se verteenwoordiger vir Georganiseerde landbou. Hy en die Bestuurder verteenwoordig ons belange by Agri SA se Algemene Raad. Die Hortforum vergaderings wat tesame met ons susterbedrywe SAAPA, SASPA, SATI, DTD en ander gehou word bespreek gemeenskaplike landboukwessies wat kan sterk van dieselrabatte tot die gehalte van onderrig by ons Landbou Kolleges.

Die inligtingsdag gehou tesame met DTD op Robertson is weer goed bygewoon met sprekers wat interessante onderwerpe dek wat direk op plase toegepas kan word. Daar is ook in Oktober ‘n lede inligtingsdag gehou in Worcester waar produsente ‘n voorskou kon kry oor wat in die seisoen te wagte is nadat die Hoofbestuurder die Sial voedselskou in Parys bygewoon het. Die Krat het 5 keer verskyn en is regtig ‘n goeie bron van informasie vir produsente met ‘n wye reeks onderwerpe wat gedek word.

Die vereniging steun steeds die Witzenberg PALS projek en is ook betrokke by die boompie projek. Sekretariële dienste word aan die Koejawel Produsente vereniging gebied.

Die gebou word goed onderhou, met van ons leë kantore wat uitverhuur word.

Alles wat tot dusver genoem is vorm deel van die dag tot dag take van die vereniging. Skakeling met die onderskeie fabrieke is natuurlik ook een van ons take en hier moet ek noem dat daar oor die afgelope seisoen seker die meeste vergaderings nog ooit met van die verwerkers gehou is. Soos alreeds aan produsente bekend gemaak is die langtermyn kontrakte wat produsente met Langeberg & Ashton Foods het opgeskort en beoog hulle om nuwe kontrakte met produsente te sluit. Dat produsente ‘n tyd van onsekerheid ingaan is ‘n feit en ons hoop dat alle produsente goeie besigheidsbesluite neem.

Die afgelope seisoen is ook gekenmerk deur wat as produsente beskou word as ‘n verbreking van die goeie samewerking wat nog altyd tussen verwerkers en produsente geheers het, met kontrakte wat opgeskort is en alle vrugte wat nie ingeneem is nie. Die oënskynlike onvermoë om te besef dat jy nie korttermyn besluite met ‘n langtermyn gewas kan maak nie, of dat boorde nie ‘n aan- en afskakelaar het nie het seker ‘n rol gespeel. As vennote in die inmaakbedryf sal die verwerkers en produsente moet verseker dat hulle saamwerk om stabiliteit en groei in ons bedryf te bevorder.

Ek wil graag ons Bestuurder, Mnr. Victor bedank vir sy harde werk, sy absolute toegewydheid en ywer aan die bedryf asook aan al die personeel. Raadslede woon getrou vergaderings by en lewer uitstekende insette namens produsente van die areas wat hulle verteenwoordig.

Baie dankie.

ANTHONY DICEY VOORSITTER

Page 4: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

4 van 16

PRODUKSIESYFERS VAN INMAAKVRUGTE

Die onderstaande tabel toon die onderskeie bemarkingskanale vir appelkose, taaipitperskes en

pere in ton vir die afgelope seisoen in vergelyking met die vorige vier jaar.

Die Bulida-appelkoos oes was heelwat groter as die aanvanklike skatting van 30 275 ton,

nieteenstaande die droogte toestande. Gegewe die verminderede hektare van Builda-appelkose

was die tonnemaat ‘n bo-gemiddelde oesjaar. In geval van die taaipitperskes was die werklike oes

selgs 1% minder as die skatting gedurende Oktober voor die aanvang van die oes. Die Bon Chretien

oes was 3% onder die skatting en was dit hoofsaaklik die verwerkingsbedryf wat minder pere

ontvang het.

BULIDA APPELKOSE

2012/2013 2013/2014 2014/2015 2015/2016 2016/2017 Ingemaak 34 043 24 495 20 164 17 368 21 531 Sap & Puree 10 165 15 608 9 475 12 263 13 177 Sub-Totaal 44 208 40 103 29 639 29 631 34 708 Vars 1 000 1 000 300 150 100 Gedroog 1 200 1 500 1 800 1 200 1 000 TOTAAL 46 408 42 603 31 739 30 981 35 808

TAAIPITPERSKES

2012/2013 2013/2014 2014/2015 2015/2016 2016/2017 Ingemaak 96 932 80 240 97 076 105 614 96 003 Sap & Puree 29 864 31 671 42 899 30 845 42 662 Sub-Totaal 126 796 111 911 140 175 136 459 138 665 Vars 27 000 24 500 22 500 20 000 23 000 Gedroog 11 000 10 000 8 500 8 000 9 000 TOTAAL 164 796 146 411 171 175 164 459 170 665

BON CHRETIEN PERE

2012/2013 2013/2014 2014/2015 2015/2016 2016/2017 Ingemaak 45 498 41 011 47 059 44 261 36 974 Sap & Puree 18 613 27 011 26 004 20 987 21 474 Sub-Totaal 64 111 68 022 73 063 65 248 58 448 Vars: Plaaslik 5 000 5 000 5 500 5 500 5 000 Vars: Uitvoer 33 436 33 511 22 500 29 100 27 500 Gedroog 5 000 5 000 5 800 6 000 7 000 TOTAAL 107 547 111 533 106 863 105 848 97 948

BRON: INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING

Page 5: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

5 van 16

GRADING RESULTS

The industry average grading results for the past season in comparison with the previous season are

given below:

Fruit delivered for

canning purposes

Canning Grade 1

%

Canning Grade 2

%

Under Grade

%

2015/2016 2016/2017 2015/2016 2016/2017 2015/2016 2016/2017

Apricots 98,4 98,2 1,1 1,3 0,5 0,5

Clingstone Peaches

97,1 95,6 1,5 2,1 1,4 2,3

Bon Chretien Pears

97,1 96,2 1,6 1,9 1,3 1,8

THE AGROCHEMICAL INFORMATION SOURCE

Agri-Intel is the agrochemichal information source of preference.

Access to accurate, up-to-date and easily accessible agrochemical

information is essential in the successful management of crop protection

strategies and the risks related to the use of agrochemical products in the highly

competitive local and international markets.

Agri-Intel, a consortium of agricultural specialists working in close alliance with

industry organisations such as CropLife South Africa, Fruitgro Science and the

Fresh Produce Exporters' Forum (FPEF), is committed to providing web-accessible,

current and correct agrochemical information to various stakeholders.

Their website is www.agri-intel.com

Source: CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION

Page 6: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

6 van 16

ABOUT SIZA The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), is a non-profit and membership based programme designed to assist growers with ethical labour and environmental practice compliance whilst minimizing costs. It is a South African standard, developed, owned and operated in South Africa but aligned to Global best practices through the GSCP and other relevant programmes. SIZA aims to have a cost-effective approach for growers by supplying one standard and one audit no matter which market a producer supplies to. SIZA membership is growing at a pace in South Africa and has an effective and modern platform with more than 1500 active members registered currently who are benefiting and relying on SIZA. Both the industry and the retailers see SIZA as a solution for the fruit industry to manage international ethical labour practice requirements and to farm cost effectively. SIZA aims through the platform, to give visibility throughout the value chain to retailers and exporters on their suppliers.

THE SIZA ENVIRONMENTAL PILLAR OF SUSTAINABILITY In support of the longer term SIZA vision to include environmental stewardship as an integral offering within sustainability, SIZA has partnered with WWF-SA (the World-Wide Fund for Nature, South Africa) to develop an Environmental Standard and appropriate tools to support improvement in environmental indicator measures and management.

SIZA ENVIRONMENTAL

Woman clearing alien vegetation Photo credit: Healther D’Alton

Page 7: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

7 van 16

Specifically, SIZA and WWF SA have been developing and testing a sustainable farming tool, with the end goal of using this as the foundation of the environmental module within the SIZA platform, to complement the existing social standard of sustainability. What does it include? The SIZA Environmental Performance Assessment (EPA) has been designed to assist growers in evaluating their current compliance and environmental risks, both at a farm and regional/catchment level. This process is accomplished through the completion of a Self-Assessment Questionnaire (SAQ), the results of which feed in to a risk profile report, which can be used to address market requirements, whilst also informing the drafting of site-specific improvement plans and farm environmental management plan and monitoring system. The questions included in the EPA run from minimum legal requirements to leading practice across four main topics – 1.) Water 2.) Soil 3.) Energy, materials & waste; and 4.) Farm ecosystems & biodiversity

Cape River scene: Photo credit: J. Isham (WWF SA)

What to expect over the next year:

• An additional SAQ based on the SIZA Environmental standard will be available on the SIZA Platform effective by the 1st of July 2017.

• This will allow SIZA, on behalf of its members, to complete the SAQ on Sedex as required.

• Further development will take place and a full SIZA Environmental module will be available on the SIZA platform over the next year which will be ready and launched by mid-2018.

• SIZA and WWF SA, in collaboration with the industry bodies, export and retailer groups, are also supporting the implementation of this SAQ with a limited number of regional training workshops. These are planned from July-December 2017 and will be targeted specifically for the technical representatives within export companies, retailers and industry associations as well as agricultural extension officers - those that will be supporting the producers in completing and implementing the SIZA SAQ. Further training will be hosted in to 2018 around the use of the online tool, once available. For more information contact SIZA at Tel 086 1111 568 or email to [email protected].

How does it compare to others? The comprehensive Environmental standard has been benchmarked against several prominent international environmental standards to ensure a compatible level of assurance, while taking in to consideration locally relevant environmental factors. These standards include SAI FSA, Rainforest Alliance (SAN), Global Gap IFA v.5, and the SEDEX SAQ amongst others. standards (Global Gap version 5, GSCP, Leaf, Nuture, Woolworths Farming for the Future, SEDEX and SAI FSA) with the aim of driving convergence of multiple market requirements with one home-grown tool.

Page 8: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

8 van 16

NAVORSINGSPROJEKTE VIR DIE

INMAAKBEDRYF Die Inmaakvrugte Produsente Vereniging (IPV) begroot om R1 645 000 aan navorsingsprojekte vir die 2017/2018 boekjaar te spandeer. Navorsing en Ontwikkeling is een van die die belangrike funksies wat die Vereniging vir sy lede doen, want daarsonder sal die bedryf stagneer. Dit dra ook by om produktiwiteit op die plaas te verhoog. Dink maar net aan watter verskil nuwe kultivars tot die welstand en verbetering van die bedryf bygedra het.

Die meeste van die projekte word deur LNR Infruitec se onderskeie afdelings gedoen. Nuwe kultivars en verbeterde onderstamme is hoog op die prioriteitslys. Die Universiteit van Stellenbosch kyk meer na toegepaste navorsingsprojekte om die verbouing van vrugte te bevorder. Verder het die Vereniging in Provar geinvesteer om met die evaluasie van seleksies en onderstamme betrokke te wees.

In die onderstaande tabel word die Navorsingsprojekte vir die 2017/2018 seisoen gelys.

NAVORSINGSPROJEKTE 2017/2018

AFDELING: KULTIVAR ONTWIKKELING

Teling van peerkultivars

Teling van perske- en naktarienkultivars

Teling van perske onderstamme

Teling van appelkooskultivars

Fase 2 evaluasie van peerkultivars

Fase 2 evaluasie van perske- en nektarien-kultivars

Fase 2 evaluasie van appelkooskultivars

Evaluasie van nuwe geteelde steenvrug onderstamme

AFDELING: NA-OES EN -WYN TEGNOLOGIE

Evaluasie van kern- en steenvrugkultivars vir inmaak

AFDELING: TUINBOU/EVALUASIE

Evaluasie van appelkoosonderstamme

Evaluasie van perske- en nektarienonderstamme

Toleransie en gevoeligheid van bestandheid by steenvrug onderstamme vir plant parasietiese nematodes

PROJEKTE: UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Aanpassing van uitdunnorme en verbouingsriglyne vir nuwe inmaakperskes (Waarnemings)

Oesskattingsmodel

Bepaling van die vruggroeikurwes vir Inmaakperskes

PROJEKTE: FRUITFLY AFRICA / WINETECH

Bepaal die omvang van direkte/indirekte skade veroorsaak deur die vrugtevlieg in wyndruiwe.

PROJEKTE: ROBERTSON PROEFPLAAS

Aanplant van Fase 1 proefblok

PROJEKTE: PROVAR

Evaluasie van Perske Onderstamme

WIEHAHN VICTOR

Page 9: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

9 van 16

AREA WYE VRUGTEVLIEG BEHEER Dit word internasionaal aanvaar dat area-wye geïntegreerde plaag bestuur (AW IPM) programme die mees

doeltreffende en koste-effektiewe wyse is om mobiele plaag bevolkings in produksiegebiede te bestuur.

Sommige van Suid-Afrika se grootste mededingers (bv. Chili, Argentinië, ens.) het óf vrugtevlieg vrye- of

area van lae plaag voorkoms status bereik met behulp van AW IPM programme wat die gebruik van SIT in

sluit. Verskillende streke wat invoerders is van Suid-Afrikaanse vrugte, gebruik ook hierdie programme om

die bedreiging wat verskeie plae inhou te bestuur (bv. sommige EU-lande, 'n paar Asiatiese lande en die

VSA). Hierdie praktyk is besig om uit te brei en daar word verwag dat al meer lande sulke programme sal

vereis om voortgesette toegang tot hul mark vir Suid-Afrikaanse vrugte te verseker.

Om hierdie rede het die sagtevrugte bedryf in Suid Afrika reeds vanaf 2011 area wye beheer programme in

plek in verskeie produksie areas. Gedurende 2015/16 het FruitFly Africa 'n onafhanklike Voordeel / Koste-

analise (VKA) van die program, met behulp van drie verskillende gebiede as gevallestudies vir die

verskillende gebiede onder die program, aangevra. Die analise is gedoen deur OABS (“Optimal Agricultural

Business Systems”). Die rede vir die die studie was tweeledig. Eerstens het die bedryf nodig gehad om

seker te maak dat die voortsetting van die area-wye geïntegreerde plaagbestuur (AW IPM) programme in

produksie streke nie net 'n doeltreffende strategie vir die vermindering van vrugskade en die vermindering

van die fitosanitêre risiko's wat daarmee gepaard gaan nie, maar ook 'n koste-effektiewe manier vir die

bereiking van hierdie doelwitte is. In die tweede plek is daar ‘n vooruitsig dat SIT vrylatings uit die lug sal

plaasvind (met behulp van verkoelde vrylating tegnologie) in die nabye toekoms en die koste / voordeel-

verhouding van hierdie skuif moes ook bereken word.

Die gebiede wat gebruik was as gevallestudies is die Hexriviervallei (Tafeldruif produksie-area), Warm

Bokkeveld (betreklik homogene gewas verspreiding - kernvrugte produksie-area) en Villiersdorp/Vyeboom

(Heterogene kern- en steenvrugte produksie-area).

Kostes ingesluit in die VKA model sluit alle direkte koste verbonde aan die beheer van vrugtevlieë in die

gebied in. Dit sluit in beide die koste van die AW IPM asook koste wat aangegaan is deur individuele

produsente op hul eie diskresie. Alle koste is aanvaar as direkte koste. Voordele verbonde aan

beheermaatreëls sluit in:

• Verlaagde vrug skade (Direkte Voordeel)

• Verlaagde behoefte aan koue behandeling (Indirekte Voordeel)

• Behoue toegang tot bestaande markte asook toegang tot nuwe markte (Indirekte

Voordeel)

• Minder gebruik van chemiese beheermaatreëls (Direkte Voordeel)

Die geldwaarde van beide koste en voordele wat in die model gebruik is wissel tussen die verskillende

scenario's wat bestudeer is. ‘n 10 jaar tydlyn is gebruik as die terugkeer periode vir die model en alle

monitêre waardes van beide koste en voordele is verdiskonteer tot die Netto Huidige Waarde vir 'n

vergelyking.

Selfs al word slegs die direkte kostes en voordele van die program oorweeg, is dit duidelik uit die resultate

van die studie dat die voortsetting van 'n AW IPM program, in amper enige vorm, in die bg. areas voordelig

is, aangesien amper alle scenario's ‘n V/K-verhouding >1 het. Indirekte koste en -voordele word maklik

misgekyk, maar is ewe belangrik as hul direkte eweknieë wanneer dit by besluitneming kom. Hierdie

vergelyking gee dus 'n baie meer sinvolle V/K-verhouding wanneer dit by die vraag kom of die voortsetting

van die program geregverdig is of selfs of aanpassings aan die program verkies moet word bo die status

Page 10: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

10 van 16

quo. In die geval van hierdie studie is die "Hoë pad - AW IPM" (dit wil sê die opsie wat lugspatte sowel as

lugloslating van steriele vlieë insluit) opsie die beste opsie vir alle areas.

Gegewe die bogenoemde sowel as die toenemende internasionale druk op uitvoer lande om area wye risiko

verskansing van peste en siektes te demonstreer, glo ons dat die besluit van meeste areas om voort te gaan

met area wye beheer van vrugtevlieë 'n verantwoordelike en goed deurdenkte besluit is. Gedurende die

2016 referendum, op area wye beheer programme vir vrugtevlieë, het meeste areas met ‘n oorweldigende

meerderheid gestem vir die voortsetting van die program. Nie net het die hektare onder die program

gegroei na afloop van die aansoek proses, maar meeste areas wat reeds deel van die program gevorm het

se stemme het geneig na meer omvattende beheer strategië. Dit dui op die toewyding van Suid-Afrikaanse

vrugte produsente om hoë gehalte vrugte aan die internasionale mark, op 'n volhoubare en

omgewingsvriendelike manier, te lewer.

Tesame met die beheer van gevestigde spesies, sluit die area wye program ook monitering vir indinger

spesies soos Bactrocera dorsalis in. Saam met monitering is daar ook ‘n “rapid response” strategie vir

uitbrake in hierdie areas in plek. Daar is ook ‘n nood fonds vir die areas beskikbaar indien daar met

uitwissings aksies vir hierdie plae begin sou moes word.

Nie net het die Voordeel Koste Analise (VKA) daarop gedui dat die area wye program ‘n koste doeltreffende

manier is van vrugtevlieg populasies beheer, maar die bevolkingsbeheer resultate dui daarop dat dit ook ‘n

doeltreffende manier is om getalle te onderdruk. As die gemiddelde bevolking (uitgedruk in

Vlieë/Lokval/Dag) gedurende die oes seisoen vir afgelope 3 jaar vergelyk word met die bevolking oor

dieselfde periode gedurende 2011 (aanvang van die eerste statutêre maatreëls) is die daling in

bevolkingsgetalle as volg:

Hexrivier Vallei - -44%

Warm Bokkeveld - -75%

Elgin/Grabouw - -24%

Vyeboom - -53%

Piekke in almal behalwe een van die bo genoemde areas het ook af geneem.

Ons wil ook graag alle produsente in areas van toepassing bedank vir hul deelname aan die area wye

geïntegreerde plaag beheer strategie vir die laaste paar seisoene. Vrugtevlieg besmetting is 'n groeiende

probleem in die vrugtebedryf met baie produksiestreke wat al meer en meer op die beheer daarvan

spandeer. Die gekoördineerde pogings wat u help befonds het aansienlik bygedra tot die fitosanitêre- en

uitvoer risiko verskansing strategieë van die sagtevrugtebedryf in hierdie verband.

NANDO BAARD, FRUITFLY AFRICA

Mediterreense Vrugtevlieë

Page 11: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

11 van 16

GESONDE PRE-FRONTALE KORTEKS

Die normale ontwikkeling van die pre-frontale korteks (PFK) in die baarmoeder word negatief

beïnvloed deur die verwagtende moeder se stresvlakke, die kwaliteit van haar voeding, die inname

van alkohol of dwelms en hoe versorgd sy is tydens die swangerskap. Die PFK is eers volgroei teen

die 23 tot 25ste lewensjaar.

Suid-Afrika se politikasters, wreedaards, moordenaars, korruptes, swak leiers, swak opgeleides

met uitnemende narsistiese selfbeelde wat ons staatsinstellings in die grond bestuur, het my tot

die been toe siek. Daarom die besluit dat ek nie `n woord oor hul gaan rep nie. Die vloed van

verwoesting wat aan instansies en institusies aangerig word, is te verdrietig om te verwoord en

die burgery se uitroep dat die kaal keiser klere aan het, maak sy naaktheid nie minder Gupties nie.

Dit alles tot die armes se nog armer word, die middelklas se verlies aan spandeerbare inkomste

wat besighede gaan kelder en beleggings gaan laat wyk, ten koste van werkskepping, en met baie

van die rykes wat reeds groener weivelde gaan soek het. Daarom die fokus op die PFK! Dit gesê,

word wat hier gesê word, gesê in die gees van Darwin se aanhaling: “Verkeerde feite is

buitengewoon nadeling vir die voortuitgang van die wetenskap, aangesien hulle dikwels lank

standhou; maar verkeerde sienswyses, wanneer dit gepaard gaan met die vorm van bewys, kan

min kwaad doen omdat almal genot daaruit put om dit skadeloos te maak.”

Die uitkoms daarvan is dat elkeen van die baba’s wat gebore word, het potensiële skade aan die

bababrein se PFK. Die implikasie is dat siek moeders, moeders wat ongeborge voel tydens hul

swangerskap, moeders wat nie genoeg gesonde kos het om te eet nie en lewe skenk, is baba’s wat

vir die res van hul lewe met beperkte potensiaal kan leef in `n tegnologiese gedrewe wêreld op die

vooraand van die vierde industriële rewolusie, wat uitnemende intelligensie en probleem

oplossing gaan vereis.

Na `n onderhoud met Dr Johan Joubert, Hoof van Pediatrie van Tygerberg Hospitaal, op RSG, was

daar `n bewustheid van die enorme omvang van baba’s in die Wes-Kaap wat gebore word met tik-

Dit is toenemend duidelik dat jou DNS (DNA in Engels) bepalend is

vir inisiatief, beplanning, aksie-en-gevolg peiling, morele gedrag en

die vermoë om probleme op te los. Die instrument in die brein

waarin die aksies manifesteer is jou pre-frontale korteks. Die pre-

frontale korteks se werking word gevorm in die baarmoeder en die

funksionering van die breindeel word ingespan as die instrument.

`n Enorme gedeelte van kinders in Suid-Afrika lei aan

post-traumatiese stres sindroom. ̀ n Rit deur die kleinste

dorp of die grootste stad in Suid-Afrika, sal bevestig

hoeveel ongekoesterde swangerskappe `n realiteit is.

Dogtertjies wat swanger is, besope en rokende vroue

wat swanger is, honger vroue wat swanger is en

enkelvroue sonder `n ondersteunings netwerk wat

baba’s in die wêreld bring.

Page 12: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

12 van 16

verslaafde moeders. Vir die afgelope 8 tot 9 jaar is daar in die omgewing van 8000 baba’s per jaar

gebore wat vir drie weke enorme Tik ontrekkingssimptome het, met enorme permanente skade

aan die PFK. Dit is kinders wat nie in die hoof-stroom skole geakkomodeer kan word nie; dit is

kinders wat nie aksie-en- gevolg kan bepaal nie; dit is kinders wat probleme gaan hê met morele

gedrag; dit is kinders wat nie opbouende struktuur kan gee aan beplanning of inisiatief nie; dit is

kinders wat gaan sukkel om stil te sit en te luister en daarom besonder moeilik sal leer en

akademies beperk sal wees vir die res van hul lewens. Skokkend was die feit dat Kalifornië se

statistiek oor Tik verslaafde gebore baba’s ooreenstem met die van die Wes-Kaap. Dit is `n

wêreldwye fenomeen met net die internasionale dwelmmafia’s wat al die pad bank toe

wreedaardig skaterlag en lande se onkunde en politikasters se gierigheid gebruik om te ‘divide and

rule’!

Aggresiewe gedrag is afhanklik van geslag, genetiese agtergrond, die hoeveelheid voeding wat hul

deur die plasenta kry, en die rookgedrag, alkohol-, medisyne-, en dwelmgebruik van hul moeders

tydens swangerskap.

Testosteroon vlakke wat styg, laat mans vyf keer meer moorde pleeg as vroue. Gewelddadige

films en rekenaarspeltjies het in die laaste tyd ook onder die loep gekom, omdat die tipe films en

speletjies gewelddadige gedrag kan opwek. Verder bevorder slegte sosiale toestande of/en`n

gebrek aan voeding, aggressiewe en misdadige gedrag.

Beide die PFK wat nie reg ontwikkel nie en die bykomende faktor van swak sosio-maatskaplike

omstandighede, maak ons land ̀ n teelaarde vir buitengewone gewelddagige gedrag en anti-sosiale

gedragsafwykings. Met sorg en die nodige opvoeding en aandag, van konsepsie tot vyfjarige

ouderdom, kan groot uitvalle tot hierdie tipe gedrag gekeer word. Met ons onlangse besoek aan

Nederland en Griekeland, was dit opmerklik dat tot skape persoonlikheid ontwikkel as hul genoeg

aandag kry. Die diere, die afvlerke, die siekes, die sosiaal afwykendes en die met misdadige

neigings word met groter deernis hanteer en belyn en `n kans gegee op `n deurdagte wyse.

Alkohol en dwelms inhibeer en onaktiveer die

werking van die PFK. Met die vlaag sinlose moorde

op vroue en kinders, is dit met verslaenheid dat

gemeenskappe vuisvoog steier van die een

grusame moord na die ander. Kinders verlaat die

baarmoeder, volgens Prof. Dick Swaab, spesialis in

neurobiologie en breinnavorser, met verskillende

aanlegte vir aggresiewe gedrag.

Onomwonde bring bogenoemde die wêreldwye

ongewilde onderwerp van bevolkingsaanwas na vore.

Die klem dat indien jy `n mens in die wêreld inbring, jy

volle verantwoordelikheid vir die persoon moet aanvaar

en nie jou aksie kan abdikeer aan die staat nie.

Page 13: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

13 van 16

Met die wêreld se hulpbronne onder soveel druk, die klimaat wat waarskynlik in die afsienbare

toekoms groot uitdagings gaan inhou vir menslike oorlewing; kan geen land `n bevolking met swak

ontwikkelde PFK’s bekostig nie.

Op dieselfde manier gaan ons as die voetvolk van Suid-Afrika die aanspreeklikheid van die PFK

moet aanvaar en ons gedrag verander om kinders groot te maak wat nie net populistiese

voetsoldate vir ondeurdagte regerings word nie, maar in individue ontwikkel met `n Pre-Fontale

Korteks wat uitnemend werk om probleme op te los en akademies uitblink om `n nuwe toekoms

te skep.

Vir ̀ n lewe om in aanvang te neem is ̀ n fisiese en psigiese gesonde ma en pa nodig, ̀ n kalm blyplek,

`n omgewing van leer en dan volg ̀ n gesonde pre-frontale korteks. Die uiteinde is grootmense wat

hul brein kan inspan vir gee en nie vir gryp nie, vir bou en nie afbreek nie, vir vrede en nie vir oorlog

nie...weereens laat ons nie VIVA politikasters skree nie, maar VIVA PFK’s leef! Daag jouself uit om

jou omgewing te sensiteer op gesonde PFK’s. Die PFK het nie `n kleur nie, behoort nie aan `n

politieke party nie en het ook nie geestelike denominasie nie – die PFK sny dwarsdeur alle

vooroordele en is in belang van die mens se voortbestaan!

Met erkenning aan:

“Ek is my brein” deur Dick Swaab

“The Descent of Man and Selelction in Relation to Sex” deur Charles Darwin

DEIDRE EIGELAAR, ACHTERVLEI

Helaas is bevolkingsaanwas geen politikus of politikaster

se gewildste onderwerp nie, omdat hul in vrees leef dat

hul die massa kiesers kan vervreem. Soos my vriendin

wat vir die Verenigde Nasies se Klimaat afvaardiging in

Parys werksaam is, meld – die gewone man op straat, en

nie lande nie, gaan klimaatsverandering keer omdat die

gewone burgery daarop inkoop en vinniger reageer en

hul gedrag verander en aanpas.

Dit begin om die kombuistafels van gewone mense.

Dit begin deur eenvoudige onverwerkte gesonde

kos te eet, geestelik gesond te leef, nie `n baba te

kry as die omstandighede nie reg is nie, jou

‘commensence’ in te span, nie enige middels of

medisyne te gebruik tydens swangerskap nie,

maerder en fiks te word voordat jy swanger raak, te

spaar vir `n baba op dieselfde manier as wat jy sou

spaar vir `n fiets of `n kar.

Page 14: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

14 van 16

VISIT OF LESOTHO STUDY GROUP Recently Optimal Agricultural Business Systems (OABS) has done some work in Lesotho to develop a business plan for Likhothola Fruit Farm and to develop a Horticulture Development Strategy for Lesotho. Some of the staff involved in the Horticulture Industry in Lesotho showed a keen interest to learn more about the Deciduous Fruit Industry in the Western Cape in South Africa. A group of five delegates from the Lesotho Government visited South Africa during the week of 29 May to 2 June 2017.

The more specific objective of the study tour was to learn more about the elements which are key imperatives for the development of a fruit industry in Lesotho and to investigate the possibilities of assistance from South African Deciduous Fruit Industry support organisations.

The group also had meetings with Wiehan Victor of the Canning Fruit Producers Association and attended a presentation of Nigel Jacobs of Ceres Fruit Processors. After these two meetings, the study group realized how important it is to add value to your whole crop.

The group visited Nooitgedacht, one of the farms of the DuToit Group in Ceres where they had the privilege of eating a Pink Lady apple fresh from the tree.

We at OABS believe that the exposure the Lesotho team had during their visit will make a significant contribution towards the implementation of the Lesotho Horticulture Development Strategy. We hope that this visit will lay the foundation for potential future collaboration and assistance from the very successful deciduous fruit industry in South Africa to the infant deciduous fruit industry in Lesotho.

MARIAAN VAN DER BURGH, OABS

[email protected]

OABS has put together a program for the group. They visited several key organisations in the industry. Dr Daan Louw of OABS accompanied the group on several of the meetings including Culdevco, the Department of Agriculture at Elsenburg, Hortgro, University of Stellenbosch, Nietvoorbij, PPECB and the Fruit Exporters Forum.

Makali Nathane, Matsepo Khunong, Dr Daan Louw, Dr Mpho Liphoto and Dr Lefulesele Lebesa

Mariaan vd Burgh(OABS) and Chaba Mokuku

Wim van Rijswijk (Rosenhof Nursery), Matsepo Khunong, Makali Nathane, Johan vd Burgh(OABS), Dr Mpho Liphoto, Dr Lefulesele Lebesa and Chaba Mokuku

At Rosenhof Nursery they had a fruitful discussion with Wim van Rijswijk where after they went to one of the pack houses at DuToit Fruit.

Page 15: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

15 van 16

IPV RAADSLEDE VIR 2017/2018

Tydens die Algemene Jaarvergadering, wat gehou is op 8 Junie 2017, is die volgende

Raadslede eenparig verkies om in die onderskeie areas as verteenwoordigers op die IPV

Raad te dien vir die 2017/2018 termyn.

Tydens die eerskomende Raadsvergadering van 31 Augustus 2017 sal die Voorsitter, Vise-

Voorsitters en die onderskeie komitees van die Vereniging verkies word.

VOORSITTER: A G DICEY

VISE VOORSITTERS: J J ESTERHUYSE EN F J VAN DER MERWE

ERE PRESIDENTE: A V VAN DER MERWE EN J P THERON

AREA VERTEENWOORDIGER

Citrusdal / Porterville / Piketberg D J Eigelaar

Tulbagh J H Theron

Wolseley A G Dicey

Worcester / Breërivier F R Botha

Ceres: Swaarmoed A F Smith

Ceres: Koue Bokkeveld F J van der Merwe

Ceres: Witzenberg Vallei I S Hanekom

Ceres B J van Rensburg

Prince Alfred Hamlet P du Plessis

Ladismith / Calitzdorp / Oudthsoorn W M Nel

Swellendam / Barrydale J Kriel

Ashton G Smuts

Bonnievale H L F van der Merwe

Montagu / Koo D van Deventer

Montagu / Koo J J Esterhuyse

Robertson K de Wet

Grabouw / Paarl / Caledon / Villiersdorp A G le Roux

Joubertina / Uniondale J C Strydom

Page 16: NR/NO. 229 JUNIE / JUNE 2017 INHOUDSOPGAWE …canningfruit.co.za/wp-content/uploads/2017/06/Die-Krat-Junie-2017.pdf · 2 van 16 UIT DIE VOORSITTER SE PEN Finansieel het die vereniging

16 van 16

UITTREDENDE & NUWE RAADSLEDE Die Vereniging en sy Bestuur wil graag vir Charl Jordaan (Montagu) en Handri Kriel (Barrydale)

hartlik bedank vir hul onbaatsugtige diens oor baie jare aan die bedryf. Albei het in verskeie

komitees, asook die Uitvoerende Bestuur, van die Vereniging gedien en het besondere

kundigheid na die tafel gebring. Charl ons gaan veral jou korrekte appelkoos oesskattings mis,

terwyl Handri se rustige beredenering ‘n leemte sal laat.

Baie geluk aan Dawie van Deventer wat vir die Montagu-streek en Johann Kriel vir die

Barrydale-streek gekies is. Ons sien uit na julle bydrae tot die Vereniging en die Bedryf en mag

dit ook vir julle ‘n positiewe ervaring wees.

TEGNIESE INLIGTINGSDAG

Neem asseblief kennis dat die Inmaakvrugte Produsente Vereniging en Droëvrugte Tegniese Dienste weer soos in die verlede ‘n gesamentlike Tegniese Inligtingsdag gaan aanbied en wel op:

DONDERDAG 16 AUGUSTUS 2017 OM 09:00