NPO 011-891 Jan Kriel - stellenboschwes.co.za · dyslexia, ADD, ADHA, OCD, autism, and there are...

4
JAARGANG • ISSUE 26 - Nr. 2 Jan Kriel PBO 930 006 348 NPO 011-891 POSBUS 650 KUILSRIVIER 7579 021 903 0434 / 021 903 9007 [email protected] NUUSBRIEF NEWSLETTER Gee ’n kind ’n kans Give a child a chance 'n Lugversorger (êrkon) kan op 'n snikwarm dag 'n onproduktiewe personeelspan verander tot 'n gelukkige, effektiewe kantoor. Die êrkon doen nie die werk nie, maar dit skep 'n omgewing waarin die personeel kan werk. Die êrkon is sy geld werd! Net so, verander 'n gunstige skoolklimaat die funksionering van 'n kind met leergestremdhede. Jan Krielskool is soos 'n êrkon vir 580 kinders. Donateurs se geld skep die noodsaaklike ruimte waarin ons kinders kan funksioneer ... en dis die moeite werd! Daniël (graad 1) is nog te jonk om te begryp waaroor al die bohaai gaan. In sy kort lewetjie was hy al in en uit by terapeute, sielkundiges en dokters. Hy hoor sy ouers saggies praat, sien hul trane en ervaar hul besorgdheid oor skole . . . en hy is nog nie eers in graad 1 nie. Pieter en Mariëtte Carstens weet hul seuntjie is op die spektrum van outisme. Hy is anders. Hy het uitdagings en behoeftes waarvan die meeste mense niks verstaan nie. In 'n liefdevolle ouerhuis kan Daniël nog funksioneer, maar wat gaan van hom by die skool word? “By Jan Kriel het ons kind ‘n plekkie in die son van God se genade gevind. Hy is mal oor sy skool, geniet sy maatjies en dink die wêreld van sy juffrou. Mense gee vir hom om, het hom lief, verstaan sy behoeftes en help hom.” Wat meer kan ons as ouers vir Daniël wens! To see your happy, carefree daughter become anxious, weepy and withdrawn To find your once popular child loose her friends and become lonely (she says classmates make fun of her, because she struggles to read) To discover with a shock that your child cannot cope at school (she passed grades 1 and 2 without anyone discovering her problem) To realise that you are at the end of your rope To experience a totally disrupted household because of her unpredictable behaviour Well … I sought professional help I pray constantly that the Lord will provide answers And I hope that she'll be accepted into Jan Kriel School because I hear that they can work miracles for children like mine. (Anonymous mother of a child diagnosed with ADHD) If you give up on me, then I am giving up on me too. ‘n ÊRKON: Luuks of Noodsaaklik? HIERDIE NUUSBRIEF GEE JOU 'N KYKIE VAN DIE OMGEWING VAN JAN KRIEL SE KINDERS IN DIE GRONDSLAGFASE. You have no idea what it’s like . . . Waaroor die bohaai? J u f f r o u K a r i n e n D a n i ë l

Transcript of NPO 011-891 Jan Kriel - stellenboschwes.co.za · dyslexia, ADD, ADHA, OCD, autism, and there are...

Page 1: NPO 011-891 Jan Kriel - stellenboschwes.co.za · dyslexia, ADD, ADHA, OCD, autism, and there are more. Oh, how I wish I can make all unkind and unfair labelling of our children disappear!

J A A R GA NG • IS S UE 2 6 - Nr . 2

Jan KrielPBO 930 006 348 NPO 011-891

POSBUS 650 KUILSRIVIER 7579

021 903 0434 / 021 903 9007

[email protected]

NUUSBRIEFNEWSLETTER

Gee ’n kind ’n kans • Give a child a chance

'n Lugversorger (êrkon) kan op 'n snikwarm dag 'n onproduktiewe personeelspan verander tot 'n gelukkige, effektiewe kantoor. Die êrkon doen nie die werk nie, maar dit skep 'n omgewing waarin die personeel kan werk. Die êrkon is sy geld werd!

Net so, verander 'n gunstige skoolklimaat die funksionering van 'n kind met leergestremdhede.

Jan Krielskool is soos 'n êrkon vir 580 kinders.

Donateurs se geld skep die noodsaaklike ruimte waarin ons kinders kan funksioneer ... en dis die moeite werd!

Daniël (graad 1) is nog te jonk om te begryp waaroor al die bohaai gaan. In sy kort lewetjie was hy al in en uit by terapeute, sielkundiges en dokters. Hy hoor sy ouers saggies praat, sien hul trane en ervaar hul besorgdheid oor skole . . . en hy is nog nie eers in graad 1 nie.

Pieter en Mariëtte Carstens weet hul seuntjie is op die spektrum van outisme. Hy is anders. Hy het uitdagings en behoeftes waarvan die meeste mense niks verstaan nie. In 'n liefdevolle ouerhuis kan Daniël nog funksioneer, maar wat gaan van hom by die skool word?

“By Jan Kriel het ons kind ‘n plekkie in die son van God se genade gevind. Hy is mal oor sy skool, geniet sy maatjies en dink die wêreld van sy juffrou. Mense gee vir hom om, het hom lief, verstaan sy behoeftes en help hom.”

Wat meer kan ons as ouers vir Daniël wens!

To see your happy, carefree daughter become anxious, weepy and withdrawnTo find your once popular child loose her friends and become lonely (she says classmates make fun of her, because she struggles to read)To discover with a shock that your child cannot cope at school(she passed grades 1 and 2 without anyone discovering her problem)To realise that you are at the end of your rope To experience a totally disrupted household because of her unpredictable behaviour

Well …I sought professional helpI pray constantly that the Lord will provide answers

And I hope that she'll be accepted into Jan Kriel Schoolbecause I hear that they can work miracles for children like mine.

(Anonymous mother of a child diagnosed with ADHD)

If you give up on me,

then I am giving up on me too.

‘n ÊRKON: Luuks of Noodsaaklik?

HIERDIE NUUSBRIEF GEE JOU 'N KYKIE VAN DIE OMGEWING VAN JAN KRIEL SE KINDERS IN DIE GRONDSLAGFASE.

You have no idea what it’s like . . .

Waaroor die bohaai?

Juffrou Karin

en D

anië

l

Page 2: NPO 011-891 Jan Kriel - stellenboschwes.co.za · dyslexia, ADD, ADHA, OCD, autism, and there are more. Oh, how I wish I can make all unkind and unfair labelling of our children disappear!

Die wonder van Jan Kriel se GrondslagfaseKosie* is in graad 1. Hy kry drie maal per week arbeidsterapie, fisioterapie, sielkundige hulp en bring die “Pille-tannies” daagliks sy medikasie. Sy juffrou het ’n klashulp, wat seker maak dat kinders wat vir tydperke uit die klas is, weer opvang met die res. Die wonder van Jan Kriel se Grondslagfase, is dat al hierdie ekstra aandag vroeg in sy lewe, deel is van Kosie se gewone skooldag. Sy terapeute, onderwyseres en klashulp is op dieselfde personeel en kan met mekaar praat, inligting uitruil, mekaar ondersteun met goeie waarneming en kundigheid – elke dag. Dit is wat bedoel word met die voordeel van 'n multi-dissiplinêre span.

Stel jou voor, hoeveel dit sou kos én hoeveel tyd dit sou neem, om vir Kosie dieselfde omgewing buite die skool te skep.*nie sy regte naam nie

After the initial excitement of being appointed at Jan Kriel School, I grew

more and more apprehensive. How would I, trained for mainstream teaching, ever cope with eleven “disabled” children in my class!

Nine months later I know better. In front of me are eleven precious, cute and very lively children, keen as mustard to learn. I got to know each one of them as an individual. Every day they face challenges, which I knew

very little about. What a learning curve it has been – apraxia, dyslexia, ADD, ADHA, OCD, autism, and there are more.

Oh, how I wish I can make all unkind and unfair labelling of our children disappear!

– Karin van Zyl

Dit raak my!

Euan

Jurgens

Ruben

sit ek en toesig hou dat al Grondslagfase se goggatjies veilig in die busse klim en huis toe vertrek. Die hegte band tussen die kleintjies en die bus-Oom val my op.

Sjoe, ek wens mense kan besef hoeveel gedoen word om Jan Kriel beskikbaar te maak vir kinders wat dit nodig het. Daagliks vervoer Jan Kriel amper 300 leerders op 15 busroetes (14 000km per maand) van oor die hele Skiereiland na hierdie spesiale skool in Kuilsrivier.

Dankie aan donateurs wat die busse skenk en die busgeld van behoeftige leerders borg.

Hannah

Ek het gehoorprobleme. Uit selfbewustheid dra ek dikwels nie my gehoorstel nie. Op ‘n dag merk ‘n graad1-dogtertjie in my klas op dat ek, net soos sy, gehoorapparate dra. Sy het uitgevra en gesê dat sy baie beter vo y nie “die el, noudat senigste een” is nie! Elke keer wanneer ek nie my apparate dra nie, herinner sy my daaraan.

By Jan Kriel help ons mekaar om nie skaam te wees vir ons tekortkominge nie.

Ek leer hulle en hulle leer my

Getting rid of

unkind Labels

Ek is 'n ouskool-juffrou. My eie seun is jare gelede na Jan Krielskool verwys. Die passie en deernis van sy onderwysers het my diep geraak. Ek wou ook só wees.

Dis nou tien jaar sedert ek ook by Jan Kriel onderwys gee. Elke jaar beleef ek hoe verwese en onseker kindertjies ontpop in uitgelate, vrolike leerdertjies. Die Liggieboom-konsert, waarby ek graag betrokke is, gee skaam outjies 'n kans om as 'n groep deel te neem en sukses te ervaar.

Dit is 'n vreugde om hulle te sien ontdooi wanneer hulle voor mense optree.

Hierdie kinders (en hierdie pragtige ou skool) sit elke dag 'n doel in my opstaan en 'n huppel in my stap!

– Magriet Muller

Leandre

Juffrou JaquelineJuffrou Jaqueline

Op die ringmuur ...

Charity sees the need ,

not the cause.

Ziaana

Henru

Die FM-sisteem om Jonita se nek is ingestel op Henru se gehoor aparaat.

Page 3: NPO 011-891 Jan Kriel - stellenboschwes.co.za · dyslexia, ADD, ADHA, OCD, autism, and there are more. Oh, how I wish I can make all unkind and unfair labelling of our children disappear!

Sometimes our e-mails to you, our digi-friends, get

lost or are not successfully delivered. Please, help

us to communicate effectively by checking the

following:

• do we have your e-mail address 100% correct?• have you recently changed your e-mail address?• maybe your firewall rejects our communication?

If we discover such a breakdown of communication

with you, we will resort to ordinary mail again.

Please, use our regular response slip to keep us

informed.You are welcome to give us a call at 021 903 0434.

We love talking to our friends.

PREDIKER 4Twee vaar beter as een

9’n Jan Krieler vaar beter met 'n Vriend aan sy

sy, as alleen. Hulle vriendskap kom tot iets. 10As 'n Jan Krieler uitsak, kan ‘n Vriend hom ophelp. Maar as hy agter gelaat word, is daar niemand wat sy hand vat nie.

11As 'n Jan Krieler en ‘n donateursvriend saam stap, inspireer hulle mekaar. Hoe sal een alleen

gemotiveerd bly? 12Vir die Jan Krieler of vir sy Vriend kan die nood oorweldigend word. Maar saam kan hulle

weerstand bied. 'n Drie-dubbele tou breek nie maklik nie.(’n Jan Kriel-weergawe van Prediker 4)

Jan Kriel se Vriende gee hul liefde op baie maniere. ‘n Goeie manier waarmee jy die tou van liefde sterker kan maak is om Jan Krielers se Vriende te vermenigvuldig.

Gebruik asseblief die ingeslote bladsy en koevertjie om vir ons die name en adresse van jou vriende en familie te stuur.

Ons wil hulle vra om ook 'n liggie aan ons Kersboom te borg.

Kom ons vleg 'n drie-dubbele tou . . .

Tannie San Cillie is een

van Jan Kriel se moeder-

figure. Sy het 'n beson-

dere lojale band met ons

kinders. Onlangs, op e

haar 95 verjaarsdag,

het sy vir haar vriende

gevra om eerder ’n

donasie aan Jan Kriel se

kinders te maak as om

vir haar ’n present te

gee! 'n Besondere ruim

bedrag is inbetaal,

want gewild soos sy is,

was daar 44 gaste by

haar teeparty.

TANNIE SAN

se plan

Van HART tot HART

Donateurs het ons bewus gemaak dat hulle vanjaar probleme ondervind het om belasting-korting by SARS te kry. Die probleem het ontstaan by SARS se nuwe vorm wat ʼn PBO nommer (Public Benefit Organization) vereis.

So werk dit:'n Artikel 18a-kwitansie kwalifiseer vir korting. Op die kwitansie van Jan Kriel verskyn ons PBO-nommer (930 006 348) Die PBO-nommer behoort aan Badisa, die barmhartigheidsliggaam van die NG Kerk.En Jan Kriel Instituut is 'n projek van Badisa.

Riglyn:Vul slegs die 9 syfers van die PBO-nommer op jou belastingvorm in (930 006 348).Indien 10 syfers vereis word, gebruik Jan Kriel Instituut se SARS-nommer (9037 588 176).

Ons help jou graag!'n Kopie van jou kwitansie of ʼn belasting-sertifikaat, wat die somtotaal van jou donasies per belastingjaar aandui, is te eniger tyd beskik-baar. Kontak ons asseblief.

SARS gee beslis belastingkorting vir jou geskenk aan Jan Krielers – jy is geregtig daarop!

probleme?

Tannie San Cillie, by haar seun ds. Francois, vorige direkteur van Jan Kriel Instituut.

Digital Friends

Veels geluk

en dankie,

Tannie San!

Dis goed om geseënd te wees.Dis beter om 'n seëning te wees!

ABSA 3010 141 566

JAN KRIEL INSTITUUT

Kealin Japhets (Graad 12) ly aan spierdistrofie. Weens

die progressiewe aard van die toestand het hy swak

spierkrag, -uithouvermoë en balans. Hy benodig 'n

“mobility scooter” om van klas tot klas te beweeg. As

staatspasiënt is hy al geruime tyd op ’n waglys vir ’n

gemotoriseerde rolstoel.

Sonder om hiervan te weet het

Tannie Marina, die “scooter” van

wyle dr Herman Claassens vir

Jan Kriel geskenk. Die Claassense

is al byna 60 jaar by ons kinders

betrokke.

Met hierdie geskenk

is Kealin se

lewensruimte

drasties verbeter.

Page 4: NPO 011-891 Jan Kriel - stellenboschwes.co.za · dyslexia, ADD, ADHA, OCD, autism, and there are more. Oh, how I wish I can make all unkind and unfair labelling of our children disappear!

In 2003 is Barend Pienaar as 'n onsekere graad 3-seuntjie,

wat sukkel om te lees en sommetjies te maak, by Jan Kriel-

skool ingeskryf. Vandag het hy ’n B.Agric-graad en werk as

navorsings-tegnoloog by ExperiCo op Stellenbosch.

“My sukses kom van die toewy-ding en passie van Jan Kriel

se opvoeders wat my potensiaal raakgesien en met geduld ontwikkel het.” Barend moes alle eksamens en toetse,

selfs vir graaddoeleindes, met ‘n

transkribeerder doen! Dit was nie

altyd maklik nie. Verskeie teleurstellings,

getuig hy nou, het sy karakter

gebou. Ek moes ook drie maal

so hard soos die ander

studente werk.

Barend het twee sake op

die hart:

Van “leergestremde” tot navorser in 14 jaar

Dankie ondersteuners.

Hou moed 2016-matrieks.Barend op kantoor!

Buitemuurse aktiwiteite by Jan Kriel het al

verassende deure oopgemaak. Carmen van Staden

(graad 11) is verlede jaar op 'n prettige aand as

“Mej Jan Kriel” gekies. Die gogga het haar gebyt. Sy

het by 'n modelskool aangesluit en spog reeds

met ses skoonheidstitels! Toe Carmen as “Miss Winelands Teen”

gekroon is, het sy haarself beskryf as 'n

lewenslustige Jan Krieler, met 'n liefde vir

sport, die natuur en liefdadigheidswerk.

“Ek aanvaar wie ek is, ongeag my tekortkominge .Die Here se vingeraf-drukke is oral oor my lewe. Ek is dankbaar.” Carmen geniet elke oomblik van die

skoonheidswêreld. Sy groei in selfver-

troue om voor mense op te tree.

Volgens haar trotse ma, Annelise, is

sy nog steeds nét Carmen – ‘n

omgeemens wat nederig bly.

Die Here se vingerafdrukke is oral oor my lewe . . .

Niks val sommer

in jou skoot nie

John Fredrich Swart se lewe het nie so maklik verloop nie. Hy het in graad 3 epilepsie ontwikkel na 'n brein virus. Hoofstroomklasse was vir hom te groot en sy skoolwerk het ernstig begin ly. Hy was van graad 7–12 in Jan Kriel. Hier het spesiale hulp en individuele aandag gelei tot akademiese prestasie. Na skool het John Frederich onderwys as loopbaan gekies. Hy werk tans as remediërende onder-wyser vir die WKOD. Hy het 160 kinders wat in baie moeilike omstandighede grootword. Hulle het uitvalle ten opsigte van persep-tuele ontwikkeling, geletterdheid en gesyferdheid. Soos by Jan Kriel, gee hy persoonlike aandag deur met klein groepe van 8 kinders op ‘n slag te werk.

“Ek glo dat niks sommer net in jou skoot val nie. Die Here se groot Genade, my ouers en familie se ondersteuning en dit wat Jan Krielskool vir my gedoen het, is die basis waarop ek bou.”

Hy beplan om eendag sy eie opvoedkundige hulpsentrum te begin met 'n sielkundige, arbeids-terapeut, fisioterapeut en spraak-terapeut.

John Frederich het sopas 'n MEd- graad in Inklusiewe Onderwys be-haal. Volgende jaar begin hy met sy doktorsgraad!

Die pessimis sien die probleem

in elke geleentheid.

Die optimis sien die geleentheid

in elke probleem.