Noordkaapnk 20140702
-
Upload
noord-kaap -
Category
Documents
-
view
288 -
download
0
description
Transcript of Noordkaapnk 20140702
Tel (053) 831 2331 Woensdag 2 Julie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS
Die Diamantstad se koerant
Charné Kemp
DIE Gariep-Kunstefees wat vanjaar van 28tot 31 Augustus sy 15de bestaansjaar vier,is nou geskool in die kunste.
Met dié slagspreuk sal die fees ook dielaaste keer in die Oppenheimertuinplaasvind voordat dit plek maak virbouwerk aan die nuwe Sol Plaatje-universi-teit.
Volgens Theuns Zimmermann, uitvoeren-de bestuurder, is volgende jaar se terreinnog nie vasgestel nie.
“Ons ondersoek nuwe moontlikhede wat’n permanente tuiste vir die GariepKunstefees sal wees.”
Volgens die feesdireksie bied die programweer topvermaak aan. Van die kunstenaarswat optree, is Pieter Koen, ADAM, RicusNel, Mwah, 4Werke (Nicholis Louw, ElizmaTheron, Ray Dylan en moniQue), DieHeuwels Fantasties, Theuns Jordaan, Bokvan Blerk, BlackByrd, Jay, Juba, DJOssewa en Elvis se Seun.
Denim en Michael Lowman tree vanjaardie eerste keer op. Ou gunstelinge soos dieRadio Kalahari-Orkes is ook terug. Diebittereinders kan weer van Donderdag totSaterdag van 00:00 tot 02:00 ’n after partyby Hoffepark hou. Toegang van 22:00 af isR30 per persoon.
Daar is musiekproduksies soos Stokouden Splinternuut met David Kramer, FindingEmo met Emo Adams, Beste van Ses Snareen Jak de Priester sing Kramer, Krog enKerkorrel.
Daar is te kies en te keur tussen kome-dies en dramas soos Boesman, my Seun metdie veteraanakteur Louis van Niekerk.Elize Cawood en Wilson Dunster speel indie-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? Oskar en diepienk tannie met Sandra Prinsloo hetlandwyd opslae gemaak. Waldemar Schultzspeel Stander in Stander, die berugtebankrower van die 1970’s. Dowwe Dollabetaal belasting terwyl Chris Vorster raadgee in Affairs vir domkoppe. Hotel Vleispa-leis sal jou dalk laat bloos, skater of skelmlaat giggel.
Dowwe Dolla speel ook in die kinderstukLiewe Heksie en die rolskaatse. Lollos enLettie kom menseland toe ná die vorigeuitverkoopte vertoning op die Gariep-Kun-stefees.
David Kramer, Theuns Jordaan en Louisvan Niekerk ontvang vanjaar ’n Diamant-stad-Sterreweg-eerbewys vir hul bydrae totdie bevordering van die kunste.
Die Laerskool Eureka en die LaerskoolNewton se skoolsale word vanjaar asteaters gebruik. Vroue kan die Clover-Da-mes-doe met Lizz Meiring in haar produk-sie Langpad en Lipstieks op 28 Augustusom 09:00 by die Flamingo-casino bywoon.
Daar is twee gratis musiekverhoë. Dieeen is die RSG-verhoog met onder andere3 Tons of Fun, Dewald Wasserfall, Johan C.Venter en Timothy Moloi. RSG sal opVrydag 29 Augustus om 20:00 en Saterdag30 Augustus van 21:00 af regstreeks van diefees af uitsaai.
Die kunstenaars ten tyde van hierdieuitsendings is Ramaine Barreiro-Lloyd enPaul Amas. Pronkplek is die nuwe naamvir die voormalige Kultuurverhoog enReënboogverhoog. Plaaslike kunstenaarsgaan saam met gewilde sterre soos TheRockets en Bongi optree.
Ná die hoofvertonings op Vrydag- enSaterdagaand sal DJ Bizzy B dié verhoogverder laat dreun.
Die fees bied vanjaar ’n verlengdeprogram by die Mayibuye-sentrum inGaleshewe aan. Die kunste word gratis aandié gemeenskappe gebied. Tiro, Sibanye enNaz Holland gaan sing terwyl die kinderskan uitsien na Dennis die Nar en Kanoek-sie en Kadoeksie.
Die Gospel-Koebaai is op die RSG-ver-hoog op Sondag 31 Augustus om 10:30.Pastoor ZD Büchling sal ’n boodskap bring.Alan Ladd, Tiro, Gerhard Steyn en Burgerden Zita sal gospel sing. Toegang is gratis.
Daar is ook weer ’n kuns-en-kosmark virheerlike happies en drankies en interessan-te produkte om te koop. Daar is ookgesinsvermaak by die pretpark, waar daar’n nuwe wipwa gaan wees. Die pretpark
skuif na agter die hooggeregshof.Daar is ook kunsuitstallings in die
William Humphreys-kunsmuseum (Whag)waar die personeellede van die Pallette-tee-kamer tee en koek sal aanbied.
Die feesprogramboek, wat reeds beskik-baar is, bevat volledige inligting, ook oorjeug- en gemeenskapsprojekte. Toegang- enteaterkaartjies kan reeds by alle Computic-ket Money Market-toonbanke binneShoprite en Checkers, www.computic-ket.com of telefonies by 0861-915-8000gekoop word. Die fees se kaartjiekantoor inKimberley open op 1 Augustus binne dieGarden Court-hotel in Kimberley in DuToitspanweg se klein konferensielokaal.) Vir meer inligting en die volledige program,besoek die fees se webwerf by www.gariepfees.co.za of skakel die feeskantoor by0538325014/7.
DIE Diamond Pavilion Mall inKimberleyhet dienaweek sy jaarlikse bruidskougehou. Alles vantroufoto’s tot tafels wat swieriggedek is en koekemet fleur was tesien. Hier is diefotograaf LouisBotha by een vandie troufoto’swat hy geneemhet. Sien nogfoto’s op bl. 7.
Foto: Charné Kemp
Gariepfees vier 15 jaarProgram propvol musiek, drama, kuns en meer
Bied diebeste opbruidskou
Charné Kemp
’n WINKELIER (34) wat die naweekvan sy geld en ’n selfoon beroof is,het eiehandig een van die tweevermeende diewe aangekeer.
Die voorval het Saterdag om-streeks 12:30 in Madeliefiestraat inSquare Hillpark plaasgevind.
Lt. Donald Mdhluli, polisiewoord-voerder, sê hulle soek nog na dieander verdagte.
“Twee mans wat klapmusse gedrahet, het die winkel ingekom. Hullehet die eienaar met ’n geweergedreig en sy geld geëis.”
Een van die vermeende diewe hetdie eienaar se selfoon gegryp. Dieander een het oor die toonbankgespring en ’n onbekende bedraggeld gevat. Die mans is daarna uitdie winkel en het die veld in gevlug.
“Die eienaar het die twee mans insy eie voertuig agtervolg. Hy hetgesien hoe hulle in hul voertuig, ’nFord Leisure-bakkie, klim en wegry.”
Mdhluli sê hulle is nog nie sekerhoe nie, maar die eienaar het diemans se wegryplan ontwrig en hullehet uit die voertuig gespring.
“Die eienaar het een man gevang,terwyl die ander een gevlug het.”
Lede van die polisie is ontbied enhet die verdagte is in hegtenisgeneem. Die 28-jarige man isvermoedelik ’n buitelander.
Genl.maj. Jean Abrahams het haarlede vir hul vinnige optrede bedank.Sy hoop dit sal ’n einde aan rooftogteby besighede in die gebied bring.
As enigiemand inligting oor dieander verdagte het, kan hulle ao.Patrick Dibebe by 082-302-0407 bel.) In ’n onverwante voorval het die
polisie die naweek op dagga vanR450 000 afgekom toe ’n verdagtevoertuig Vrydagaand in Boshofwegvoorgekeer is. Mdhluli sê die polisiehet op ’n wenk gereageer.
“ ’n Man (30) in ’n wit Toyota Tazzis voorgekeer en die polisie het opswart sakke vol dagga afgekom. Diesakke het sowat 87 kg geweeg. Dieman is in hegtenis geneem en salbinnekort in die hof verskyn.”
Mense met inligting kan CrimeStop by 10111 bel.
Winkelier trek dief vas ná rooftog
DIE polisie in Kimberley het op dagga van R450 000 afgekom. Die polisielede wat flink op ’n wenk gereageer het, is van links konst. Tshekogatso Elias, konst. Neil Jacobs,sers. Moshe Seboco, sers. JosephMahokoamotse, sers. Edward Bamen sers. BennyBasibalala. Foto:Verskaf
2 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014
André Botha
DIE omstrede psigiatriesehospitaal in Kimberley gaaneindelik voltooi word nadatbouwerk in 2009 gestaak isen verlede jaar hervat is,het die premier, SylviaLucas, beloof.’n Rits probleme met
vorige kontrakteurs enernstige brouwerk met diebouery, wat meegebring hetdat van die mure afgebreekmoes word, het veroorsaakdat die aanvanklike kostevan R440 miljoen tot digbyR1 miljard opgeskiet het.Die bouwerk is gestaak
nadat die departement endie ontwikkelaars, Vista-park-ontwikkelaars enJo-Arch-beleggings, haakswas omdat spertye gereeldoorskry is. Andrew Scholtz,Bloemfonteinse sakeman eneienaar van Vistapark-ont-wikkelaars, het boonop dieNoord-Kaapse regering virsowat R53 miljoen gedagvaarvir betalings wat volgens
hom nog aan hom verskul-dig is.’n Nuwe kontrakteur is
aangestel wat verlede jaaraan die werk gespring hetom die gebou te voltooi.Lede van die nasionale
raad van provinsies sekomitee oor finansies is inJanuarie 2012 op besoek aandie hospitaal ingelig dat dievertragings met die bou-werk veroorsaak dat ’nbykomende R650 miljoen boen behalwe die begroteR440 miljoen bestee sal moetword.Deon Theys, toe waarne-
mende hoof van die gesond-heidsdepartement, hetkonstruksiefoute aan dielede uitgewys, soos vloerewat kraak en dakke watinsak. Van die komiteeledehet voorgestel dat die helegebou oorgebou moet word.Bouwerk aan die nuwe
kampus van die Sol Plaatje-universiteit gaan op 1September 2014 begin, hetLucas aangekondig.
Hospitaal gaannou voltooi word
SYLVIA LUCAS, dieNoordKaapse premier, het verledeweek haar provinsiale rede gelewer. Lede van die diplomatieke korps wasteenwoordig. Vanlinks is Elise Auino(konsulgeneraalvan Namibië), SugieHarijadi (konsulgeneraal van Indonesië) en dr. Swati Kulkarni (konsulgeneraal van Indië).
SYLVIA LUCAS, premier van die NoordKaap, tydens haar provinsiale rede. Lucashet die provinsiale redeopdie 59ste herdenking van die Vryheidsmanifes gelewer.
PAKES DIKGETSI,Copewetgewerliden nasionale voorsitter van dié party,Mmabatho Mokause en Aubrey Baartman, albei wetgewerlede van dieEkonomiese Vryheidsvegters (EVV),is hier op pad na diesaal van die MittahSepereperekonferensiesentrum omna premier SylviaLucas se provinsialerede te gaan luister.
Foto’s: Emile Hendricks
Woon provinsiale rede by
Gaanna
www.noordkaap.co.za
omdeurvorige
uitgawesvandie
koerantteblaai.
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 3
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
Prices apply toGame Kimberley store only.
View this catalogue online at game.co.zaPrices valid 02 - 06 JULY 2014
We check 1000’s of prices every weekto make sure you
always get the LOWEST PRICES on your favourite products.
If you’ve found any item cheaper elsewhere, remember,
we will BEAT THAT PRICE! *See www.game.co.za for terms and conditions
Low Price Guarantee
Stewing BeefCubed5890
per kg
each
R
13MageuNumber 12l t "TTPSUFE each1790
D’lite MediumFat Spread Tub1kg
990each
Vita BelleSmooth Yoghurt6 x 100g t "TTPSUFE
Festive FreshWholebird
R
29per kg
LargeEggs 30’s
R
33per tray
PorkPack3990
per kg
Great ValueFrozen ChickenLeg Quarters5kg
R139per pack
Lamb Pack
6990per kg
per pack
R
13 Avocado’s1kg
per pack
R
15 Soup Pack
BUNDLE
DEAL
R
22Oranges Bag1kg, Lemons1kg andNaartjies1kg
for2
R
25
Potatoes 7kg
R
29
DIE Gariep Kunstefees het vandeesweek vanjaar sefees, met die temaGeskool in die Kunste, bekend gestel.Van links is, voor:Hanlie Krös, bemarkingsbestuurder, David Molusi, uitvoerende burgemeestervan die Sol Plaatjemunisipaliteit, enBernice Sutton, artistieke bestuurder;agter: Theuns Zimmermann, uitvoerende bestuurder, enMarius Nagel, direksievoorsitter van dieGariep Kunstefees.
Foto: Lecrecia Prins
DIE Gariep Kunstefees, wat vanjaar van28 tot 31 Augustus sy 15de jaar vier, isnou Geskool in die kunste. Die fees saldie laaste keer in die Oppenheimertuinplaasvind voordat dit vir bouwerk aandie nuwe Sol Plaatjeuniversiteit plekmaak. Die bekendstelling van vanjaar sefees is vandeesweek by die LaerskoolNewton gehou. Hier is Nick Efstathiou(links), OFM se bestuurder en TheunsZimmermann, die uitvoerende bestuurder van die fees. Foto: Charné Kemp
OP die bekendstelling van die GariepKunstefees is Bernice Sutton (links), dieartistieke bestuurder, en Hanlie Krös, diebemarkingsbestuurder. Foto: Charné Kemp
DIE Kimberleykinderkoor het op Sondag 8 Junie aan die ATKVkinderkoorkompetisiedeelgeneem. Hulle het ’n goue medalje met ’n 87%gemiddeld verower. Die koor het ookdeurgedring na die eindronde wat op 7 September in Kaapstad aangebied word. Hullehet verlede jaar ’n nuwe dirigent gekry en staan ook nou hier in hulle nuwe koorklere.Links voor is Matthew vanWyk, hul begeleier, en regs voor is Margie Spaumer (met serp),die ATKVbeoordelaar, en Estelle Vorster, die dirigent. Foto: Pieter Botha
MET die skole wat toe is en die koue weerkan kinders nogal verveeld raak by diehuis.Die Kimberley- en Greenpoint-biblioteke
bied vakansieprogramme aan vir kinderstussen 5 en 13 jaar.Programme by die Kimberley-biblioteek
begin om 10:00 en by die Greenpoint-biblio-teek om 09:30. Alle aktiwiteite is gratis.
Kimberley-biblioteek) Woensdag 2 Julie – DVD) Donderdag 3 Julie – Handewerk (In
samewerking met Hou Kimberley Skoon)) Vrydag 4 Julie – Nar-en-towerkuns-uit-
stalling) Maandag 7 Julie – Storietyd met ’n
twis) Dinsdag 8 Julie – Handewerk (In
samewerking met Hou Kimberley Skoon)) Woensdag 9 Julie – DVD) Donderdag 10 Julie – Handewerk (In
samewerking met Hou Kimberley Skoon)) Vrydag 11 Julie – DVD
Greenpoint-biblioteek) Maandag 7 Julie – Handewerk (In
samewerking met Hou Kimberley Skoon)) Dinsdag 8 Julie – Verf) Woensdag 9 Julie – Handewerk (In
samewerking met Hou Kimberley Skoon)) Donderdag 10 Julie – Handewerk
(Fotorame)) Vrydag 11 Julie – Legkaarte
Hou kinders besig
Stel kunstefees vir 2014 bekend
4 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014
DIE Griekwas is halfpad deur diekwalifiserende ronde vir ’n plekin die Curriebeker-kompetisie sePremierliga.Die span is met ’n enkele punt
voor die Luiperds, maar dit isnietemin ’n voorsprong.Ná verlede jaar se terugslag is
dit veral die wyse waarop dieGriekwas vanjaar onder afrigterPeter Engledow en kaptein WayneStevens in die Vodacombeker-reeks teruggeveg het, wat rugby-liefhebbers beïndruk.As ’n hegte eenheid het die span
deurlopend bestendig gespeel entoenemend die fynproewer-spelgelewer waarmee hulle die Leeusin die eindstryd kis gespeel het.Die spelers se motivering, deurset-tingsvermoë en geesdrif wasopsigtelik.Dit spreek ook boekdele dat die
span sy prestasie sonder enige
“groot” name kon vermag. HouFrancois Brummer, GouwsPrinsloo, Burger Schoeman,Marnus Schoeman en andere dop.’n “Veteraan” soos Hilton
Lobberts het ook weer soos vanouds gespeel. Om nie eens te praatvan spelers soos Ligtoring Land-man, Maks van Dyk, Ryno Barnesen Howard Mnisi in die Cheetahsse Superrugby-groep wat nog hulterugkeer Kimberley toe moetmaak nie.Só hou die Griekwas hul naam
gestand as ’n span wat geleenthe-de bied vir spelers wat hongerdaarvoor is – en dit aangryp.Hierop moet nou voortgebou
word in die drie oorblywendewedstryde in die kwalifiserings-reeks.En daardie tweede helfte teen
die Luiperds moet liefs vergeetword . . .
Vergenoegdheid deel ookHannes Nöeth
MY onlangse betrokkenheid by skole inRustenburg het my net weer laat besef hoemaklik ons ons bestaan en daaglikseversorging as vanselfsprekend aanvaar.Wat ’n enorme impak op ’n mens se lewe
as die inkomste skielik opdroog.Dit is veral sleg dat baie mense roekeloos
met hul werk omgaan en daardeur letterlikduisende mense onskuldig in moeilikeomstandighede plaas.Verhale van pyn en swaarkry is volop.
Rustenburg is maar net ’n voorbeeld vanhoe swaarkry nie van kleur, taal of kultuurafhanklik is nie. Honger is in enige taalhonger en swaar is swaar, maak nie saakwie en wat jy is nie.Hoe maklik gebeur dit nie dat ons begin
met lysies van wat ons alles nodig het nie.Ons moet eerder begin by dit wat ons het.As ons altyd wil begin met dit wat onskortkom, sal ons nooit vergenoeg kan weesnie.As ons egter begin by dit wat ons het,
word ons maklik tot skaamte gedwing. Diefokus val dikwels te veel op wat ons niehet nie in plaas van wat ons het.’n Goeie vraag vir vandag is nie wat jy
kortkom nie, maar wat jy nie kort nie.Die volgende vraag is: Is jy tevrede met
wat jy het? Daar is nogal ’n groot verskiltussen dit wat ons nodig het (of wat onsdink ons nodig het) en dit waarsonder onsnie kan klaarkom nie.Ons behoeftes verskil. Ons lysies van wat
ons benodig, verskil, maar daar is ’nbelangrike ooreenkoms wat daar altydmoet wees – of jy min het en of jy baie het:Wees dankbaar en tevrede.’n Belangrike woord is die woord
vergenoegdheid. Ons weet mos ’n stukkiedroë brood met vrede daarby is beter as ’nvetgemaakte os met ’n getwis.Die volgende belangrike vraag wat ons
moet kan antwoord, is of jy ook kanuitdeel. Soos ons van die swaarkry vanRustenburg hoor, so hoor ons ook die mooiverhale van deel en omgee vir mekaar, vanoop hande en baie liefde.Drie gewigtige lewensvrae: Wat het jy? Is
jy tevrede? Kan jy ook uitdeel?
KIMBERLEY BOYS’ HIGH is op 12April 1887 begin toe die KimberleyPublic Undenominational Schoolsvir seuns enmeisies gestig is. William Norrie was die hoof van dieseunsafdeling in ’n gebou in DeBeersweg. Die twee afdelings hetin April 1888 na ’n permanente terrein in Laynon Terrace verskuif. In1913 is ’n nuwe skoolgebou vir dieseuns oorkant die Honoured DeadMemorial opdiehoekvanDalhamen Memorialweg opgerig. Dit isdeur William Timlin ontwerp. Dieterrein is deur De Beers geskenk.Die skool het in Januarie 1914 dienuwe gebou betrek (die foto hiernaas dateer vermoedelik uit 1914).Junior en senior seuns was tot in1970 deel van die skool, toe dieKimberley Boys’ Junior School gestig is. Dié skool het in 1977 metdie Belgravia Junior School forGirls saamgesmelt omdieKimberley Junior School te vorm. Dieskool het voor die stigting van dieHoërskool Diamantveld ook Afrikaanse klasse gehad. Dié klasse isegter gestaak nadat Diamantveldgeopen het. Die ou koshuis van dieKimberley Teachers’ College isvoor 1935 as klaskamers gebruik,maar is ontruim met Diamantveldse stigting toe laasgenoemde diegebou oorgeneem het. Uitbreidings oor die jare heen was dieFrancis Oats Hostel (1921), dieswembad (1952) en die Memorialbiblioteek (1957). Die gebou is op16 Februarie 1990 tot ’n nasionalegedenkwaardigheid verklaar.Foto: Africana-biblioteek en Emile Hendricks
Karin Muller
VAN tyd tot tyd woon ’n mens’n begrafnis by van iemandwat ’n mens nog nooit ont-moet het nie of nie goed gekenhet nie.Vir sommige mense kan dit
klink na ’n vreemde ding omte doen, maar dit word ge-woonlik gedoen ter ondersteuning vanvriende of familie wat na was aan die eenwat begrawe word.Oorspronklik het ek geredeneer dat ek
nie te hartseer sou wees tydens dieroudiens van iemand wat ek nie geken hetnie. Ek was verkeerd.Eers toe die trane vrylik oor my wange
rol en ek uit my hart huil, het ek besefdat daar verskillende redes kan weeswaarom mense op begrafnisse huil.As dit iemand na aan jou is, huil jy oor
die leemte wat die mens gaan agterlaat. Jyhuil dalk oor onopgeloste woelinge wat jyvroeër wou hanteer, maar waarvoor die
regte oomblik nooit aange-breek het nie. Jy huil oor ditwat jy nog saam met diemens wou doen, wat nou niekan realiseer nie.As dit iemand is wat jy glad
nie of nie so goed geken hetnie, is die hartseer effensanders, maar ewe opreg.Jy huil uit empatie met die
mense wat na aan hierdie mens was endie aanpassings wat vir hulle wag. Jy huiloor die mense wat jy al begrawe het endié wie jy moontlik nog gaan begrawe.Dalk huil jy oor die seerkry in die wêreld.Jy huil oor onregverdigheid. Oor
liefdeloosheid. Oor onmin.Al die negatiewe emosies van vrees,
hartseer en woede versamel in jou binne-ste en stort in trane oor jou wange.Nie omdat jy nie glo nie. Nie omdat jy
nooit gaan herstel nie. Net omdat jy vanvoor af besef hoe kosbaar elke oomblikvan die lewe is en hoe maklik ’n mens ditvergeet.
Begrafnisse laatmens dink
Griekwas seveglus beïndruk
Ná baie jare steeds pragtig
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 5
SUSAN KEYTER, Kimberley:
NA aanleiding van u plasing “Boblink en onder stink” in die Noordkaap-koerant van 25 Junie die volgende:Ek as inwoner van Lindene, Kimber-
ley, bedank die Sol Plaatje-munisipali-teit hartlik vir al die moeite en werkwat nou in Kimberley gedoen word.Die verfraaiing is pragtig en ons
waardeer dit baie.Ek hoor wat mnr. Du Plessis oor die
gemors in Lindene sê, maar wil ook netsê ons as inwoners moet ook maar naons eie gewoontes kyk.Daar is Lindene-inwoners wat oop
stukke veld hul stortingsterrein maak –daar word van palmtakke, ou blare enselfs hondemis in inkopiesakke daargegooi.Die oop stuk grond tussen Rhodeslaan
en die supermark word vir tuinvullisgebruik. En dit maak nie saak hoe daarmet die tuinwerkers daaroor gepraatword nie, dit gaan net aan.Ek dink ons moet maar almal skrifte-
like waarskuwings kry, ons is almalopgevoede volwassenes en ons watonskuldig is, sal verstaan waaroor ditgaan en hopelik sal die skuldiges ietsdaaraan doen.Is dit regtig vir ons soveel moeite om
die sypaadjies om ons huise skoon ennetjies te hou? Dit is tog vir onsself watons dit doen. Sit jou tuinvullis in swartsakke en die skoonmakers laai ditMaandae met liefde vir jou op.Al ongerief is om die sakke ’n paar
dae tot die volgende Maandag in joumotorhuis of tuin te hou.Nogtans is daar van ons wat baie
dankbaar teenoor die Sol Plaatje-muni-sipaliteit is vir die moeite wat hy nouin Kimberley doen.Dit het effe lank geneem, maar ons
kan sien hy het nou erns met dié saak.
Briewe
Vee voor jou eie deurvoordat jy vinger wys
Karin Muller
DIE WilliamHumphreys-kunsga-lery (Whag) inCullinansingel,Kimberley, is ’ndikwels onderskattekosbare kleinood.Stap jy deur die
reuse-ingangsportaal,besef jy dat jy ’nwêreld van onskatba-re waarde betree.Die kunsgalery isnie net bekenddaarvoor dat hy aanSuid-Afrikaansekunstenaars sewerke voorkeur geenie, maar van diékunswerke word aaninternasionaleuitstallings geleen.“Die tentoonstel-
ling van die kuns-werke is ’n klein deel van die werk wat onshier doen,” sê Ann Pretorius, die direkteurvan die Whag.“Ons neem van die kunswerke na landeli-
ke gebiede om vir mense daar ’n smakie tegee van wat in die galery uitgestal word. Ditis vir hulle ’n gulde geleentheid om diekunswerke van naderby te sien – iets wathulle andersins nie sou kon doen nie. Nadatons met hulle oor die kunswerke gesels het,leer ons hulle om self iets kreatiefs te maak.”Die galery versamel kunswerke vir die
nasionale erfenis en word ook as een van diebeste in die land beskou. Dit is die enigstekunsgalery in Suid-Afrika met sy eieuitgebreide fliekteaterprojek. In die Whag-fliekteater word kunsflieks, musiekflieks enflieks oor kunstenaars vertoon wat nie bykommersiële teaters vertoon word nie. Daarword selfs gereeld konserte aangebied.“Ons bied kreatiewe klasse vir vroue en
kinders aan en ons help voorskoolse kindersmet ontwikkeling rakende vorms, kleur entekstuur. Kreatiwiteit stel jou in staat om in’n gebalanseerde mens te ontwikkel, jy hoefnie noodwendig ’n Picasso te word nie,” sêsy laggend.Benewens die kreatiewe projekte wat hulle
onder vrouegevangenes aanbied, help hulleonderwysers wat in hul vakgebied wilverbeter.“Ongelukkig word daar vandag onderwy-
sers in poste ingedruk wat nie noodwendig ’ngoeie grondslag in kuns het nie. As hulle omhulp aanklop, bemagtig ons hulle om ’nsukses te maak. Ons help ook leerlinge metprojekte en hou plaaslike kunskompetisies.”Pretorius is baie trots op die personeel wat
saam met haar werk.“Dit is onregverdig om ’n foto van my
alleen te neem, want al my kollegas is baieentoesiasties oor die werk wat ons hier doen.Hier is 18 werknemers by die WilliamHumphreys-kunsgalery wat altesaam 140 jaarse ondervinding in die bedryf het.”As jy tyd saam met vriende wil deurbring,
voldoen die galery ook aan dié behoefte. ThePalette is die koffiewinkel wat kos bied aandié wat die geriewe van die kunsgalery huuren is ook Saterdae van 10:00 tot 14:00 oop.
Kunsgalerykosbaar
ANN PRETORIUS,die direkteur van dieWilliam Humphreyskunsgalery.
Foto: Karin Muller
THE Wildlife Society of Kimberley Girls’High participated in a clean-up session inSamaria Road where rubbish is dumped ona regular basis.According to Debbie Smith of the Kimber-
ley Equestrian Centre, citizens are dumpingtheir rubbish on the road and it hasbecome a sore eye for overseas tourists thatvisit the De Beers Dronfield Game Farmand Da Gama Game Lodge.It can also be very dangerous should the
cattle, game and horses of the surrounding
fields swallow the rubbish.The society didn’t hesitate to help clean
the road.“For young women to give up their
weekend, to help us clean up this road ismuch appreciated.“The road is now a pleasure to drive
through. Cameras have been sponsored sothat we can monitor the road, which willbe put up shortly. Until then, we hope thepeople who litter stay far away from ourclean road.”
Girls give their time to clean
THE Wildlife Society of Kimberley Girls’ High did not hesitate to jump in and help cleanupSamaria Road. From the left are PontshoNgakaditsile, SefaroMakepa, KeneilweMasire,Malesitsi Leokaoke, Lisa Philander and Reese James. Photo: Supplied
6 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014
THE Diamond Pavilion Shopping Mall, solelyowned by the JSE listed Resilient PropertyIncome Fund, will soon see more retailtogether with an additional third parkinglevel.
The mall, currently anchored by Checkers,Woolworths, Fruit & Veg: Food Lover’sMarket and Edgars, also houses an array ofnational retailers, such as Truworths,Foschini and the Mr Price Group.
The new premises will be constructed atEntrance 3 adjacent to Coricraft and Trap-pers. Deals have been concluded with Pick nPay Clothing and African Bank with twoothers to follow. The extension will increasethe size of the mall by 900 m² bringing it to
approximately 35 000 m² comprising a totalretail component of 96 stores. An additionalcustomer parking level will also be createdoffering additional free parking.
Benita Valkenborgh, the general managerof the Diamond Pavilion Shopping Mall,confirmed that as in the past, centre manage-ment would ensure the smooth implementa-tion and minimum disruption to the day today activities of tenants and customers.
The construction will be done behindclearly demarcated cordoned-off areas. Thepractical completion of the entire project isexpected to be the end of November.) Follow updates and progress on Facebookwww.facebook.com/DiamondPavilion.
Mall bigger, better
THE Diamond Pavilion Shopping Mall in Kimberley will soon be bigger and better withmore retail space and an additional third parking level. Photo: Supplied
Focus on Diamond Pavilion
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 7
Fokus op Diamond Pavilion
DIE Diamond Pavilion Mall se jaarlikse Bruidskou die afgelope naweek het groot belangstelling gelok. Hier is koekstilis AnnetteWallse pragtige koeke vir troues en kinderpartytjies.
LAAT jougaste spesiaal voel op jou troudag.Hier wys die Langberggasteplaas se uitstalling op die Diamond Pavilion Mall seBruidskou hoe dit gedoen kan word.
SHIRLEY THERONhet op die DiamondPavilion Mall seBruidskou gewyshoe blomme tafelsop ’n huweliksonthaal mooi kan laatlyk.
Foto’s: Charné Kemp
Ideesvirtroudag
8 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014
Boipelo Mere
“IT was totally unexpected.When my name was calledduring the award ceremony,I realised that I was thewinner of the award in thecategory,” said GeorgePillay of the Media24Kimberley office.Pillay was named the
best local news salesrepresentative of the yearduring Media24’s LegendsNews Awards that washeld in Cape Town recent-ly.He had exceeded his
sales goal by 25% for theyear.
He said he could notdescribe how tough thecompetition had been thisyear and added that he hadworked hard as usual.Pillay won the same
award for the best salesrepresentative of the year in2012.“That was my best year,
but this time I had towork harder as the econo-my has not been up tostandard,” he said.The Legends competition
recognises and rewardsoutstanding achievements ofpersonnel in variouseditorial and advertisingcategories within Media24.
Hardwork pays off
GEORGE PILLAY won aLegends award.
THE Prestige Choir of Kimberley Girls’ High left for Austria on 24 June to take partin theMozart Cultural Festival and competition in Salzburg. The choir had to prepare21 songs for the festival. They will be performing in the Aula at the University ofSalzburg, the Salzburg Cathedral and the Mirabell Gardens.
To take part in Mozart Cultural Festival
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 9
ORANJE TOYOTA is die pasaangeër in dieNoord-Kaap, met meer as 50 voertuie watelke week verkoop word.Dit is geen wonder nie dat die onderne-
ming die tophandelaarskap binne dieToyota-groep in die Noord-Kaap is.Japie Zaaiman (verkoopsbestuurder) en
Annemie Loots (verkoopspersoon) is albeiToyota Knights, ’n titel wat aan die elite-per-soneel gegee word, met ander woorde, dieuitgesoekte verkoopspersoneel in die landwat as waardevolle bates vir hul handelaar-skap en Toyota Suid-Afrika beskou word.Hulle maak nie net ’n bydrae tot die
lewensvatbaarheid deur middel van wins tothul handelaarskappe nie, maar hullebevorder ook die beeld van die verkoopsper-soon en skep inspirerende vlakke vir anderverkoopspersoneel. Hul verantwoordelikhede(nou en in die toekoms) is om ’n voorbeeldvan gebalanseerde, professionele mense inhul werksomgewing, gemeenskap, maatskap-like en omgewingsbedrywighede te skep.Hulle maak ook bydraes tot die winsge-
wendheid van die handelaar deur hulprodukkennis en uitstaande diens aan hulklante en verkoopskollegas te wys.Oranje Toyota het ook pas twee eerbewyse
gewen. Dit is die Diamond Arrow Award2014 vir motorvoertuighandelaars virmotors, ligtehandelsvoertuie en sportnuts-voertuie, asook die Diamond Arrow Award2014 vir kommersiëlevoertuig-handelaars.
Toyotablink uitin NK
ORANJE TOYOTA se verkoopspersoneel. Van links is Johan Hamman, Marita van Tonder(F&I), Trevor Harrison, Annemie Roos (Knight), Wayne Openshaw, Raymond Mocumi enJapie Zaayman (verkoopsbestuur en Knight). Foto: Verskaf
TANYA FELDMAN,verkoopspersoneellid. Foto: Verskaf
JULIETTE DASOUSA FERREIRA, verkoopspersoneellid.
Foto: Verskaf
Motorredaksie
MET die gedreun van ’n Mirage wat laagoor jou kop duik, of die suidoos se gesuisom die vensters, wil Harley-Davidson syeerste tree in die era van elektriese motor-fietse gee.Fris Frik en die ander manne by die
plaaslike Harley chapter (of dan klub, soosons in Afrikaans sal sê) verstik seker in hulysterbaarde as hulle hoor waarmee diemotormaatskappy nou besig is.Maar Harley sê sy LiveWire-projek is nie
net ’n selfrugkrappery vir die 21ste eeu nie.Dit is die toekoms van die motorbedryf enhy wil graag relevant wees wanneer diemark vir elektriese motorfietse binnekortontplof.Waar ’n mens sou dink dat Harley met ’n
agterstand sou begin as dit kom by elektrie-se fietse, wat immers doodstil is terwyl ’nHarley juis bekend is om sy luide, skoffelen-de potato-potato-enjins, is die groep heelinnoverend hieroor.Die elektriese fiets, waarmee hy die res
van die jaar oor die hele Amerika wil toerom dit vir kommentaar aan ’n teikengroepklante bekend te stel, het ’n unieke klank.Anders as die diep gedreun van die
tradisionele V2-silinders het die elektriesefiets ’n hoë gegil wat klink soos ’n vegvlieg-tuig wat verbyswiep, of soos siniese kom-mentators sal sê, dit klink soos Knight Riderse Kitt.Hoe jy ook al daarna kyk, die klank is net
een aspek van die pakket. Harleys het ookhul kenmerkende voorkoms en dit het dievervaardiger in Milwaukee ook slim tot syvoordeel benut.Die fiets lyk soos ’n nuwe café racer, wat
nou so in die mode is. Dink aan Harley seretro-sportster Forty Eight en jy het ’n goeieidee. Daar is spieëltjies onder die handvat-sels, ’n gesonke saal, ’n lang en smalpetroltenk, vet bande soos ’n egte Harley enminimalistiese modderskerms voor en agter.Selfs die enkele, oop hooflig is rond soos
’n 1950’s-model s’n. Maar dié LED-meneerskyn deur ’n vertikale gleuf in die lens watsnags soos ’n katoog se pupil lyk.Dit is nie werklik so vreemd dat Harley
met so ’n projek vorendag kom nie. ’n Paarjaar gelede het sy impetus om te vernuwereeds posgevat toe hy sy projek Rushmorebegin het – moderne waterverkoelde enjinsom sy tradisionele lugverkoelde eenhedestelselmatig te vervang.Ook het hy pas in Europa sy nuwe
intreevlak-fietse, die Street 500 en 750,bekend gestel.Hulle is veral gemik op die Indiese,
Chinese en Suidoos-Asiatiese markte en isvolgende jaar in Suid-Afrika te kry.Harley het nog geen verrigtingsyfers vir
die elektriese fiets bekend gemaak nie.Maar alleenlik op grond van die voorkoms
en die vreemde gil-klank hou ons reeds vanhul gedagterigting.
Harley klinksoosMirage
10 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014
GEKLASSIFISEERDPERSOONLIKE
DIENSTE
LENINGS
1445
CONSOLIDATION.Loan online.Up to R23 000.Low credit score [email protected]
TE KOOP
ALLERLEI
1655
AANDAG ALLE BOERE:Ek verkoop immergroenRussiese gras en is opsoek na skape, bokke en oubakkies te koop vir kon-tant. 072 604 5219www.russiangrass.co.za
ALGEMENE &
HUISDIENSTE
ALLERLEI
1845
PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITENK. Koel in somer, warmin winter. SABS. Gratiskwotasies. 082 388 0307of 053 832 9194.
SAKE
GELEENTHEDE
2415
SUCCESSFUL, PROFI-TABLE EXCITING oppor-tunities:Sweet distributionChocolate manufacturingMedical Aid kits.Myer 021 547 5767,[email protected]@gmail.com
EIENDOMME
WOONSTELLE
TE HUUR
3250
BACHELOR FLAT:R2 400 p.m.Water and lights included.084 800 8046.
MANSPERSOON:*Water ingesluit.*Koopkrag*R2 800 p.m. Plus dep.Tel: 083 619 7669.
BETREKKINGS
3600
ADMINISTRATIEF
3605
ADMIN. CLERKSNEEDED for copy/pastework. SMS fullname/address to074 927 5124 or e-mail:[email protected]
ROUX WELGEMOED &DU PLOOY.Ons firma het 'n posbeskikbaar vir 'n kandi-daat-prokureur vir onsinvorderings/litigasieafde-ling. Moet onmiddellikdiens aanvaar. 'n LL.B-graad is nie 'n vereiste nieen ons is bereid om 'n 5-(vyf) jaar-kontrak met diesuksesvolle kandidaat tesluit. Stuur volledige CVna faks: 086 616 9514.E- pos:[email protected]
GESOEK
3601
HUISHULP/SKOONMA-KER soek werk inKimberley. Skakel 073079 4338.
BOEDELKENNIS-
GEWINGS
BOEDELS:
KREDITEURE EN
DEBITEURE4201
TL SMITHIn die boedel van wyleTrevor Lawrence Smith,identiteitsnommer480310 5039 088, van Mer-rimanstraat 36A, DeBeers, Kimberley.Meester se verwysing:020344/2014.Alle persone metvorderinge teen die bover-melde boedel moet ditbinne 30 (DERTIG) daevanaf datum vanpublikasie hiervan by diebetrokke Eksekuteurinlewer.HPA VENTERDUNCAN & ROTHMANProkureurs vir EksekutrisePOSBUS 64KIMBERLEY8300Verw: HV/jm/Lod9/0001
BOEDELS:
LIKWIDASIE EN
DISTRIBUSIE4205
HJ SCHEEPERS.In die boedel van wyleHendrik JohannesScheepers.Identiteitsnommer:311102 5039 084.Van: Acacia Aftree - OordJacobsonlaan, Kimberley.Meester se verwysing:20021/2014.Die Eerste en FinaleLikwidasie enDistribusierekening in diebogemeldeboedel sal ter ter insae lete die kantore van dieMeester van dieHooggeregshofKIMBERLEY vir nperiode van 21(Een en Twintig) dae vanaf4 Julie 2014.HPA VENTERDUNCAN & ROTHMANProkureurs vir EksekuteurDUNCAN & ROTHMANCHAPELSTRAAT 39 - 43KIMBERLEY8301Verwysing: SCH178/0001
B
E
T
R
E
K
K
I
N
G
S
B
E
T
R
E
K
K
I
N
G
S
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 11
Available for a limited time only
KFC Famous BowlsHome cookingwithout the cooking
SYN
C/1
2414
YUM RestaurantCustomer Careline: 0860 100 222
www.kfc.co.za
KFC TelKFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road)KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street)KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)
053 832 9607053 831 2255053 832 9554
Hannes Nienaber
AS die Noordvaal-Bondedag enigsins as’n rigtingwyser beskou kan word, sal dieo.18-rugbyspan van Griekwaland-Wesvanjaar ’n veel hegter eenheid as dieafgelope tyd op die Cravenweek-rugby-toernooi wees.Die Poubloues het Saterdag hier in die
DP de Villiers-stadion die Luiperds met34-7 kafgedraf.Griekwas kom op die tweede dag van
die 51ste Cravenweek vir hoërskole van14 tot 19 Julie in Middelburg (Mpuma-langa) teen die melkkoeie van dietoernooi, Grens-platteland, te staan.
’n Gedugter Griekwa-span kan dalkvanjaar meer eer uit die stryd tree náafloop van hul drie wedstryde op vanjaar setoernooi.Teen die Luiperds het die span nie in die
eerste tien minute oortuig nie en het ditgelyk asof die geploeter van die afgelopepaar jaar maar vanjaar sal voortgaan.Die Luiperds het vroeg met 7-0 voorgeloop
nadat sy agtsteman, Edmund Rheeder,oorgeval het.Die span van die Noord-Kaap se skrum-
skakel, Brandon de Melim, het met ’n paarbreekslae om die losskrums sy span op dievoorvoet begin kry en toe hy vir sy span seeerste drie oorduik, was dit welverdiend.
Sy vonk het die vuur verskaf wat diePoubloues nodig gehad het.Die voorspelers het ook skielik die
oorhand begin kry en die slot Rikus Zwarthet in die lynstane en in die los uitgetroon.Die heelagter, Keaton Gordon, het sy span
se tweede drie gedruk nadat hy die bal netbuite sy span se doelgebied onderskep het.Die gereelde heelagter, Wilfred Bowers,
was op die vleuel soos gewoonlik gevaarlikop die aanval.Hy het ’n hele paar keer verdedigers na
die lug laat gryp met sy vaart en vinnigevoetwerk.Die feit dat die losskakel, Robbie Petzer,
sy skopskoene aangehad het, het ook
gehelp.Petzer het takties goed geskop en sy
stelskopwerk het die telbord aan die rolgehou.Die wenspan se versoolde binnesenter,
Gerhard Holtzhausen, verdien ook ’nklop op die skouer vir sy vertoning.Hy was verlede jaar dié span se
agtsteman op die Cravenweek in Polo-kwane.Griekwas 34 (20): Drieë: Brandon de
Melim, Keaton Gordon, Wilfred Bowers,George Sieberhagen. Doelskoppe:Robbie Petzer (4). Strafdoele: Petzer (2).Luiperds 7 (7): Drieë: Edmund
Rheeder. Doelskop: Markus Coetzer.
Luiperds se byt trekmin bloed
12 NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014
SportSportDie Diamantstad se koerant
Johann de Jager
DIE Griekwas se lynstaandrywe waarmeehul flank Carel Greeff ’n driekuns aan drieëbehaal het, was Saterdag hier een te veelvir die Griffons.
Anders as die weghol-veldbrand net buitedie Noordwes-stadion wat later bedaar het,was die Poubloues onstuitbaar wanneerhulle aan’t drywe gegaan het. Dit het hullevier drieë besorg in die spanne se wedstrydter kwalifisering vir die Premierliga vandie Curriebeker-reeks.
Hulle het eindelik sewe drieë gedruk ommet 43-24 op koers vir kwalifisering te bly.
Die besoekers het reeds in die eerstehelfte, met ’n derde drie van ’n lynstaan af,hul bonuspunt aan drieë behaal en rustydmet 24-7 voorgeloop.
“Die drywe is een van ons sterk punte –dis iets wat vir ons baie goed gewerk het,”het Hawies Fourie, Griekwa-afrigter, gesê.
Griekwas het, ná hul welslae in dieverlede teen die Perses, nie twee keergedink nie.
“Dit werk teen die Griffons, maar dit isook oor die jare deel van Griekwas semanier van speel. Sedert Dawie Therondaar afgerig het, is Griekwas bekend virdrywe en die ouens het daardie tradisievoortgesit. Ons sal beslis nie daarvan afwyknie, maak nie saak teen wie ons speel nie.”
Fourie was net so in sy noppies met hullynstaanwerk self.
Eric Herbert, die hulpafrigter van dieGriffons, het gesê die gemors met hullynstane het telkens momentum beduiwel.
Daar het nie veel vir Griekwas in diemiddelveld gebeur nie. Dit had straks ietste make gehad met die teenwoordigheid vandie Griffons se makro-senter Japie Nel, wat’n slag ’n teenstander opgefrommel het.
Fourie erken hul agterlyn was as eenheidnie goed nie en het daarop gewys dat anderspelers speelkans gegee is.
Die heelagter Jacquin Jansen het lus virhardloop gelyk, terwyl Tian Meyer ’n grootverskil gemaak het toe hy as plaasvervan-ger-skrumskakel opgestuur is.
Greeff was die beste speler op die veld.Jonathan Adendorf (slot) sou hom goeie
mededinging gegee het as hy nie as voor-sorg weens ’n liesbesering afgehaal is nie.
Die Griffon-stut PW Botha is met dieafskop beseer, terwyl die flank Frans Sisitaook in die eerste helfte beseer is.
Joubert Engelbrecht (senter) en dieplaasvervanger-skrumskakel Boela Abra-hams was op hul stukke, terwyl ElandréHuggett (haker) gewoel het in die los.
Puntemakers:Griekwas 43 (24): Drieë: Carel Greeff (3),
Jonathan Andendorf, Ederies Arendse,Francois Brummer, Howard Mnisi. Doel-skoppe: Nico Scheepers (2), Brummer (2).
Griffons 24 (7): Drieë: Norman Nelson,Tertius Maarman, Japie Nel, Danie van derMerwe. Doelskoppe: Colin Herbert, PieterSteyn de Wet.
Griekwas dryf Griffons tot raserny
CARELGREEFF in aksie. Hywas Saterdag een van die sterre in Griekwas se oorwinning van 4324 oor die Griffons, en het drie drieëgedruk. Griekwas het met dié sege nog ’n tree nader daaraan gekom om na die Premierliga van die Curriebekerreeks terug te keer.
Foto: Louis Botha
GWK en GriekwalandWes se GWstreekrugbytoernooi word tot vandag op GWKpark aangebied. Spanne van die verskillende streke in die NoordKaap neem in dieo.15 en o.17ouderdomsgroep aan die toernooi deel. JustinErasmusvandieHoërskoolHomevale en lid van die Kimberleystreek seo.17span duik hier oor vir ’n drie in diewedstryd teen Namakwaland.
BRADLEYTHAYNSMAvandieHoërskoolDiamantveld en lid vandieKimberleyo.17streekspan in aksie in die span se kragmeting teen Namakwaland. Die wedstryd is Maandagas deel van GWK en GriekwalandWes se GWKstreektoernooi gespeel.
OLAF KRUGER van die Hoërskool Diamantveld en die Kimberleystreek se o.17spanbehaal een van sy span se drieë in die wedstryd teen Namakwaland. Foto’s: Emile Hendricks
Duik en druk