NoordKaap 13 Maart 2013

12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 13 Maart 2013 GRATIS Die Diamantstad se koerant Ruan Bruwer BAIE inwoners van Hadisonpark is teleurgesteld, bitter en ontevre- de oor wat met “hul park” aan die gang is. Die park, vroeër ’n gewilde speel- plek vir kinders van die omgewing, is nou ’n onooglikheid en vinnig aan die agteruitgaan en word ’n stortingsterrein. Inwoners van 40 omliggende hui- se het die park – omring deur Yo- lande- en Goffeesingel – van sowat 1,9 hektaar etlike jare op eie koste gekoester, versorg en onderhou terwyl dit aan die Hadisonpark- trust behoort het. Die munisipali- teit het wel die water voorsien. Die trust is gestig om die park as ’n groen gebied vir die omgewing te behou. Dinge het egter verander toe die park aan ’n private ontwikkelaar, volgens die munisipaliteit Theo Payton, verkoop is om dit vir woon- doeleindes te hersoneer om 50 meenthuise daarop te bou. Hy wou aanvanklik 144 laekoste- woonstelle daar oprig, maar is tot 50 meenthuise beperk. Hy moet vir die voorsiening van basiese diens- te betaal. Hy moes ’n aansoek by die muni- sipaliteit vir die goedkeuring van die terrein- en bouplanne indien voordat enige geboue opgerig word. Die bouery sou in Januarie begin het, maar geen teken is nog te sien dat dit binnekort gaan gebeur nie. “Die watervoorsiening het skie- lik onlangs opgehou en sedertdien is die tuindienste ook opgeskort. Kinders het van ver gekom om hier te speel. “Hier was gedurig krieket- en rugbywedstryde en selfs ’n atletiek- baan. Hier was in ’n stadium selfs ’n foefieslide,” het ’n inwoner, Louis Botha, gesê. Die hele singel se mense was be- trokke en die meeste van hulle het die gedeelte van die park reg voor hul huis in stand gehou. Die Coetzees sê hulle het elke Sa- terdag die gras gesny, selfs die ge- deeltes voor die bure se huise. “Rose is geplant en besproeiing aangebring. Nou het hulle geen doel meer nie.” Otto Scheepers is ook bitter oor die aangeleentheid. Hy het baie moeite met die gras oorkant sy huis gedoen. Hy het baie onlangs ’n doring- boom se takke gesnoei en in die pro- ses sy hand sodanig beseer dat dit geopereer moes word. “Ons voel verraai. Ons het by- kans twee dekades hierna gekyk. Niemand kan dit bekostig om dit op eie koste nat te lei ook nie,” het hy gesê. “Alles in Kimberley gaan tot niet. Die park was ’n veilige gebied om in te speel, die ouers kon hul kinders uit hul huise dophou,” het Botha mismoedig gesê. Die inwoners is ook bekommerd dat die bouery gaan sloer en die oop gebied aanloklik vir booswigte gaan word om in leeg te lê. Payton kon nie vir kommentaar opgespoor word nie. Verval in park ontstel Inwoners bitter oor agteruitgang sedert verkoop van erf VROEËR. Inwoners van huise langs ’n sirkelvormige pad rondom ’n park in Hadisonpark het gedeeltes van die park die afgelope aantal jare in stand gehou, soos die sny van gras en die aanplant van bome en struike. Hulle is hewig ontsteld, omdat dit nou tot niet gaan. Foto: Emile Hendricks NOU. Onooglik. Sedert die gratis watervoorsiening deur die Sol Plaatje-munisipaliteit gestaak is, het die park vinnig agteruitgegaan en selfs in ’n stortingsterrein ontaard. Inlas: Die roosbo- me vrek nou vinnig. Foto: Louis Botha ‘Ons voel verraai. Ons het bykans twee dekades hierna gekyk. Niemand kan dit bekostig om dit op eie koste nat te lei ook nie.’ Vroeër Nou

description

NoordKaap 13 Maart 2013

Transcript of NoordKaap 13 Maart 2013

Page 1: NoordKaap 13 Maart 2013

Tel (053) 831 2331 Woensdag 13 Maart 2013 GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Ruan Bruwer

BAIE inwoners van Hadisonparkis teleurgesteld, bitter en ontevre-de oor wat met “hul park” aan diegang is.Die park, vroeër ’n gewilde speel-

plek vir kinders van die omgewing,is nou ’n onooglikheid en vinnigaan die agteruitgaan en word ’nstortingsterrein.Inwoners van 40 omliggende hui-

se het die park – omring deur Yo-lande- en Goffeesingel – van sowat1,9 hektaar etlike jare op eie kostegekoester, versorg en onderhouterwyl dit aan die Hadisonpark-

trust behoort het. Die munisipali-teit het wel die water voorsien.Die trust is gestig om die park as

’n groen gebied vir die omgewingte behou.Dinge het egter verander toe die

park aan ’n private ontwikkelaar,volgens die munisipaliteit TheoPayton, verkoop is omdit virwoon-doeleindes te hersoneer om 50meenthuise daarop te bou.Hy wou aanvanklik 144 laekoste-

woonstelle daar oprig, maar is tot50 meenthuise beperk. Hy moet virdie voorsiening van basiese diens-te betaal.Hy moes ’n aansoek by die muni-

sipaliteit vir die goedkeuring vandie terrein- en bouplanne indienvoordat enige geboue opgerigword.Die bouery sou in Januarie begin

het, maar geen teken is nog te siendat dit binnekort gaan gebeur nie.“Die watervoorsiening het skie-

lik onlangs opgehou en sedertdienis die tuindienste ook opgeskort.Kinders het van ver gekomomhierte speel.“Hier was gedurig krieket- en

rugbywedstryde enselfs ’n atletiek-baan. Hier was in ’n stadium selfs’n foefieslide,” het ’n inwoner,LouisBotha, gesê.

Die hele singel se mense was be-trokke en die meeste van hulle hetdie gedeelte van die park reg voorhul huis in stand gehou.Die Coetzees sê hulle het elke Sa-

terdag die gras gesny, selfs die ge-deeltes voor die bure se huise.“Rose is geplant en besproeiing

aangebring. Nou het hulle geendoel meer nie.”Otto Scheepers is ook bitter oor

die aangeleentheid. Hy het baiemoeitemet die gras oorkant syhuisgedoen.Hy het baie onlangs ’n doring-

boomse takkegesnoei en indiepro-ses sy hand sodanig beseer dat dit

geopereer moes word.“Ons voel verraai. Ons het by-

kans twee dekades hierna gekyk.Niemandkandit bekostig omdit opeie koste nat te lei ook nie,” het hygesê.“Alles in Kimberley gaan tot

niet. Die park was ’n veilige gebiedom in te speel, die ouers kon hulkinders uit hul huise dophou,” hetBotha mismoedig gesê.Die inwoners is ook bekommerd

dat die bouery gaan sloer en die oopgebied aanloklik vir booswigtegaan word om in leeg te lê.Payton kon nie vir kommentaar

opgespoor word nie.

Verval in park ontstelInwoners bitter oor agteruitgang sedert verkoop van erf

VROEËR. Inwoners van huise langs ’n sirkelvormige pad rondom ’n park in Hadisonpark hetgedeeltes van die park die afgelope aantal jare in stand gehou, soos die sny van gras endie aanplant van bome en struike. Hulle is hewig ontsteld, omdat dit nou tot niet gaan.

Foto: Emile Hendricks

NOU. Onooglik. Sedert die gratis watervoorsiening deur die Sol Plaatje­munisipaliteit gestaakis, het die park vinnig agteruitgegaan en selfs in ’n stortingsterrein ontaard. Inlas: Die roosbo­me vrek nou vinnig. Foto: Louis Botha

‘Ons voel verraai. Ons het bykans twee dekadeshierna gekyk. Niemand kan dit bekostig om ditop eie koste nat te lei ook nie.’

Vroeër Nou

Page 2: NoordKaap 13 Maart 2013

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

BENEDICT LEWISis die jongstewennervan ’n geskenkbe-wys vanR100 danksydie Diamond Pavili-on Shopping Mall.

Al wat hy moesdoen om dit te wenwas om Noordkaapse Facebook-blad te“like”. Hy het dit gedoen en ons het sy naamuit die hoed getrek.

Dié week kan dit jou beurt wees.Gaan eenvoudig na Facebook en soek

“Noordkaap koerant”. Of tik die volgendeadres by InternetExplorer in omvinnig daar-by uit te kom – www.facebook.com/Noord-kaapKoerant.

Loer na die blad waar jy baie ekstras salvind. Ons laai ook gereeld ’n spotprent, grap-pie of iets vermaakliks op.

Ons hou die Kimberley-publiek ook op diehoogte van dit waarvan hulle moet weet.

Sien ook ekstra foto’s van die Mnr. en Mej.Diamantveld-geleentheid.

Sou jy nie die harde kopie in die hande krynie, sal jy hier kan sien watter stories in diekoerant verskyn het.

Maar moenie vergeet om te “like” nie.Vandeesweek se geskenkbewysmoet ’n eie-

naar kry.

Jy dalkvolgendewenner

DID you attend the Commercial High School/Hoër Handelskool Kimberley between 1976and 1989?

A reunion is being planned for the weekendof 25 to 27 October for these old boys, girls andteachers. Contact Christoline Abbott Hodgsonon email at [email protected] or call082-372-3975 during the day.

Reunion planned

DIE Rietrivier-landbou-ekspo insamewerking met GWK word Vrydagen Saterdag op Modderrivier gehou.

Die program begin Vrydag al om06:00 met ’n manne-ontbyt met TrevorGaw en Flip Kühn.

Van 09:00 af word bustoere nabesigtiging van watervoorsiening enverskeie aanplantings onderneem.Landbousprekers sal by besoekpuntepraat en daar sal landboudemonstra-sies wees.

Vir die kinders is daar heeldag ’npretpark.

Om 13:00 sing Hugo, Wieda enWiets.

Later, om 19:00, tree die gewilde duoLianie May en Jay op.

Saterdag kry die vroue hul beurtmet ’n vroue-oggend waar LizzMeiring die gasspreker is.

Die hekke open om 09:00 en deur diedag sal ’n potjiekos- en armdrukkom-petisie aangebied word.

Die Superrugbywedstryde kan op ’ngroot skerm gekyk word.

Hugo, Wieda en Wietz sal weeroptree, daar is ’n 4x4- en andervoertuiguitstallings terwyl stalletjiesen kindervermaak die hele dag aan

die gang is.Toegang vir volwassenes is R50

per persoon en vir kinders kos ditR30.

Rig navrae aan Marina by 083-396-7967.

Ekspoprogramhet iets van als

JAY en Lianie May.

DIE Kimberley-ligtegerei-boothengel-klub is onlangs gestig en het reedsvoorverlede naweek sy eerstekompetisie by die Vanderkloofdamgehou.

Die klub bestaan uit 12 amptelikelede en volgens die sekretaresse vandie klub, Adéle van Niekerk, ishulle hoopvol hulle sal tot 40 ledekan vermeerder.

Skippie Scheepers is as die klubse eerste voorsitter verkies.

Die wenners van die eerstekompetisie was in die mansafdelingKobus van Niekerk wat ’n karp van4,3 kg uit die water gehaal het enLinda Scheepers wat onder dievroue koning gekraai het met haarkarp van 3 kg.

Op die stigtingsvergadering isWarrenton, Barkly-Wes, Douglas,Vanderkloofdam, Broadwater, dieBloemhofdam, die Allemanskraal-dam en die Erfenisdam as moontlikehengelplekke geïdentifiseer.

Die volgende kompetisie is vir 3en 4 Mei by Broadwater gereël.

Hengelliefhebbers wat daarinbelang stel om hulle by die klub aante sluit, kan Van Niekerk [email protected] of by 053-831-2080 bereik.

Klublededeel passievir hengel

RONELLE VISAGIE of the Platberg KarooRaptor Project of the Endangered WildlifeTrust will give an illustrated talk onWorking with birds in the Karoo at thepublic meeting of the Wildlife and Envi-ronment Society of South Africa onTuesday, 19 March.

Ronelle is a farmer’s wife who for manyyears has monitored and ringed birds ofprey, checked power lines for birdmortalities and mediated cases of conflictbetween these birds and farmers.

Anyone who is interested is welcome toattend the talk.

Cost is R10 for non-members. The talkwill begin at 18:30 at the Lady Oppenhei-mer Hall, McGregor Museum (use theback gate in Egerton Road).

Direct any enquiries you may have toSuzanne on 082-849-7655.

Birds underdiscussion

DANKSY die SMS-stemme wat die onder-steuners van die Vryfees in Januarie uitge-bring het, is die fees in die kykNET-Fiësta-kompetisie as een van die vier gewildstefeeste in Suid-Afrika benoem.

Ondersteuners van die Vryfees moet nouverder vir hul gunsteling-fees stem om teverseker dit word op 22 Maart as wenneraangewys.

Om te stem stuur ’n SMS na 33690. Begindie SMS met die kode A4 Vryfees.

SMS’e kos R1,50.Slegs 30 SMS’e per elke selfoonnommer

word toegelaat.Die stembus sluit op 14 Maart.Die ander drie benoemde feeste in die

kompetisie is Innibos, KKNK en die Renos-terhoringfees.

Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’esal ook nie verreken word nie.

’n Onafhanklike ouditeursfirma sal die re-sultate hersien.

Vryfeeshet joustem nodig

THEWilliamHumphreysArtGallery’s prisonproject in the femaleCorrectionalServiceCen-tre in Kimberley is currently working on aninitiative in collaboration with the Boitumeloproject called Karos vir die Karoo.

The aim of this project is to cover 1 000 squa-re metres of the Karoo with a “blanket”. The“blanket” will consist of a number of smallerblankets. This is going to be a major land art

event ofwhich themain aim is to drawattenti-on to the threat of fracking in the Karoo.

Theproject is indesperateneedofmaterials.If youhave anywool or knitting yarn, knittingneedles or crochet hooks, the gallery wouldwelcome it as a donation towards this project.

If you would like to knit a blanket yourselfor for more information, phone Liz Bosman atthe gallery on 053-831-1724/5.

‘Blanket of awareness’ to cover Karoo

THE Lions Club of Kimberley, as part of theirprogramme of serving their community, isorganising and hosting a car boot sale in theTrim Park Car Park off Oliver Road this Sa-turday from 09:00 until 13:00.

The fee per car for a space to sell anythingyou like (within reason) from your car bootis R50.

This allows you space for your car and asmall table to display your goods.

Don’t miss this chance to sell some of thosebits and pieces that you are reluctant to giveaway because they are at least worth some-thing and you will only part with them formoney.

Come and enjoy the outdoors and possiblypick up a bargain.

It is perhaps worth remembering that yourtrash is someone else’s treasure.

Refreshments will be on sale.All proceeds and donations go towards the

Lions Club charity account which supportslocal charitable causes.

For more information, phone Cornell Vil-joen, the club’s president, on 082-788-2023.

Lions hostcar boot sale

Page 3: NoordKaap 13 Maart 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013 3

DRA die kroon. Rikus van Wyk en Michelle du Plessis is verlede week uit ’n groep van 20finaliste as onderskeidelik Mnr. en Mej. Diamantveld op die skool se jaarlikse glansaand ge­kroon. Die kompetisie se hoofdoel is om geld vir die matriekafskeidgeselligheid later vanjaarin te samel. Die tema vir die aand was I adore Paris. Ian Lessing was die eerste prins, Marlévan Zyl eerste prinses, Stefan Steyn tweede prins en Anchen Strauss die tweede prinses.

Foto’s: Louis Botha Fotografie

BOETA ALLEN en Marlé van Zyl wasonderskeidelik Mnr. en Mej. Persoonlik­heid.

RIKUS VAN WYK was ook as Mnr. Fotoge­nies aangewys. Anchen Strauss het met dietitel van Mej. Fotogenies weggestap.

MNR. LEEFSTYL: Ian Lessing.ALWINA MALHERBE, Mej. Leefstyl.

Húlledra diekroon

Page 4: NoordKaap 13 Maart 2013

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

Tel. 053 831 2331Faks 053 831 2330

Johan Rossouw

Ruan Bruwer

Verkoopsbestuurder

Redakteur

Posbus 1583Kimberley 8300

Die Diamantstad se koerant

RUGBYSKEIDSREGTERS is ernstig aandie kwyn hier in die Noord-Kaap, maarook in die res van die land.Niemand sien eenvoudig meer kans

om blootgestel te word aan al diekritiek nie. Want kritiek sal daar gewiswees.Sommige ondersteuners probeer dit

soms hul taak maak om die skeidsreg-ter, ’n maklike teiken, persoonlik by tekom, veral wanneer hul span slae gekryhet.In Griekwaland-Wes moet skeidsreg-

ters ’n baie groot deel van hulleSaterdag opoffer om wedstryde te laatplaasvind. Sonder ’n skeidsregter is ’nwedstryd tog nie moontlik nie. Saterdagwas twee van Griekwas se voorstefluitjieblasers by drie wedstrydebetrokke en het tussendeur ook nogtussen Kimberley en Hartswatergependel.Daar word baie opofferings gemaak,

skeidsregters oefen hard om topfiks tewees om sodoende die beste moontlikebeslissings te maak en daar word ooknog baie tyd met die reëlboek gespan-deer.Om oor tien jaar nog genoeg skeids-

regters te hê om aan die behoefte tevoldoen, moet daar nou reeds nuwefluitjieblasers gewerf word.Jy sal graag daardie persoon wil

verseker hy sal dit geniet. Soos sakenou staan, waar toeskouers willens enwetens skeidsregters beledig en daar-mee wegkom, is dit moeilik om daardieversekering te gee.Skole en klubs wat wedstryde aanbied

het ’n verantwoordelikheid en plig omtoe te sien dat daar teen toeskouersopgetree word wat ’n skeidsregteropenlik persoonlik beledig. Elkeen watrugby ondersteun, het ’n plig omfluitjieblasers teen hierdie mense tebeskerm in beswil van die spel.

Skeidsregtersdringendnodig

SKETS: Danie Cronjé

Ds. Hannes Noëth

LANGS die sterfbed van iemand beleef ’nmensvandiemees intense emosiesmoontlik.Die skrywerRainerMariaRilkehet juis ge-

sê om ’n enkele goeie vers te kan skryf, moesjy al langs die sterwendes gesit het. Dit raak’n mens. Dit put jou emosioneel uit, maar ditvoed ook.Daar langs die sterfbed beleef ’n mens in-

tense groei-oomblikke. Daar waar die tyd stilraak en dinge skielik anders beskou word,daar groei jy soms baie meer as wat jy ver-wag.So het ek in ’n stadium saam met ’n ma

langs haar sterwende seun gesit. Ons het baiegekuier. Saggies, fluisterend. Heelnag. Ennog ’n dag. Weer ’n nag. Haar kind is daarnaoorlede.Daar waar ek en sy gesit het, het tyd nie

saak gemaak nie. Ander krisisse, probleme,afsprake en bekommernisse het verbyge-gaan. Hier het ons gewag vir die onwerklike.Vir haar was dit so onnatuurlik. Sy het myvertel hoe sy gewag het dat hy gebore moesword. Sy het gewag vir die lewensoomblik.Hoe geweldig was haar afwagting. Ampersoos nou. Nou wag sy egter vir die sterwens-

oomblik.Sy het gewag dat ’n lewe begin. Nou moet

sy wag dat die lewe eindig. Dit was so middevan die eerste nag dat haar seun haar nadergewink het. Vir my ook. Hy wou graag metons praat. Vir ons iets vra. Hy het met sy magepraat. Sy het haar kop geskud. Hy het weergevra. Hy het gevra dat sy ma moet bid dathy sterf. Hy kon die lyding nie meer verduurnie.Maar sy het sy ma gebly. Haar antwoord

was kort en sterk: “ ’n Ma kan mos nooit sobid nie.”Sy het sy opdrag na my gedelegeer. “Domi-

nee, bid jy, maar bid reg. Ons kan nie vra dathy sterf nie.”Haar oë was simpatiek en het self swaarge-

kry, maar haar verstand was reg toe sy mydie opdrag gee: “Bid dat God se wil sal ge-skied. Bid net dit.”Toe hy sterf, het sy daarna terugverwys:

“Sy wil het geskied. Nou is ek rustig.”

Laat Sywil geskied

BERIGTE oorKimberleywat die afgelopeweek in die nuus was:) Die stadige groei van die Noord-Kaapseekonomie beteken die provinsiale regeringkan nie werkgeleenthede vir werklosesskep nie, aldus FredWyngaard, Noord-Kaap-se Cope-leier. Wyngaard het gesê die Noord-Kaap se groeikoers was in 2012 net 2,5%. Vol-gens die nasionale regering is ’n groeikoersvan 6% nodig om op groot skaal werk te kanskep.) ’nAmptenaar indie stadsbeplanningsafde-lingbydieSolPlaatje-munisipaliteit isweensbeweerde korrupsie in hegtenis geneem. Dieamptenaar het na bewering hersonerings-aansoeke teen betaling van ’n lid van die pu-bliek in ontvangs geneemendit danverwerk.Yonela Bala is deur die Valke enmunisipa-

le sekuriteitsbeamptes in hegtenis geneem.) GrizeldaCjiekella, waarnemende premier,het in haar repliek op die debat oor haar pro-vinsiale rede haar sweep ’n paar keer in dierigting van die opposisie laat klap.Volgens haar was haar rede ’n openlike en

deursigtige weergawe van die werk van dieregeringommense se lewensgehalte te verbe-ter. Sy het onder meer gesê heelwat vorde-ring is gemaak met die regstellingswerk watbetref die bou van die nuwe psigiatriese hos-pitaal in Kimberley.) Die vonke het ’n paar keer in die wetgewergespat met die opposisie wat weer uitgestap

het en dreig met regstappe, terwyl die ANCgevra het vir optrede teen die opposisieledeoor dié “aanhoudende uitstappery”.Die opposisie is beswaard oor die nuwe

reëls van die wetgewer en die wyse waaropdit volgens homdeur die ANC deurgedruk is.Zamani Saul, dieANC se provinsiale sekreta-ris, het weer gesê die “kinderagtige” gedragvan opposisiepartye in die Noord-Kaap hetnou die punt bereik waar dit nie meer geduldkan word nie.) Die eerste graadkursusse – in verpleeg-kunde en lewens- en fisiese wetenskap – be-gin in 2015 by die nuwe universiteit in Kim-berley. DieB.Ed.-graadwat reeds by dieNasi-onale Instituut virHoërOnderwysaangebiedword, word volgende jaar voortgesit.In 2014, wanneer die universiteit na ver-

wagting amptelik sal open, word benewensdie B.Ed.-graad nog net diplomakursusseaangebied.’n Graad in verpleegkunde kom in 2015 by,

asook ’n diploma in verpleegkunde.

GEBEURTENISSE op 13 Maart in die ge-skiedenis:1701 – ’n Goed bewapende kommando van

40 man vertrek uit Kaapstad om Khoi te ver-jaag wat 40 stuks vee gebuit het.1884 – Basoetoland word ’n kroonkolonie.1888 – De Beers Consolidated Mines Ltd.

word gestig om kontrole oor bykans alle dia-mantproduksie in Suid-Afrika uit te oefen.1889 – Die Verdrag van Potchefstroom

word tussen die Zuid-Afrikaanse Republiek(ZAR) en die Oranje-Vrystaat (OVS) gesluit.1900 – Britse magte onder lord Roberts

neem Bloemfontein in.1967 – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se

vliegtuig, Rietbok, stort in die see naby Oos-Londen neer. Altesame 25 mense sterf.1991 – Pres. F.W. de Klerk stel twee nuwe

ministers aan, maar behou die minister vanverdediging, Magnus Malan, ondanks poli-tieke leiers se eise dat Malan moet bedank.1992 – ’n Aardbewing wat 6,2 op die Rich-

terskaal registreer tref Turkye. Minstens 570

mense sterf.1994 – Pres. Lucas Mangope van Bophu-

thatswana bedank en Suid-Afrika stel dr.Tjaart van der Walt aan om tydelik die landse administrasie te behartig.2004 – Die kabinetminister en voormalige

minister van justisie, Dullah Omar, sterf op69-jarige ouderdom aan Hodgkinsiekte.Geboortes op hierdie dag:1949 – Rina Hugo, Suid-Afrikaanse sange-

res en vrou van Johan van Rensburg.1982 – Adam Thomson, All Black-flank en

Wêreldbekerwenner.1985– Adnan Akmal, een van drie broers

wat vir Pakistan krieket speel.

Page 5: NoordKaap 13 Maart 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013 5

1176504B_A

WEEKLIKSEWENNERS

PLUSVERDIENPUNTE

PPVVPP

KOOP2VIR

2400Coca-Cola Gewone2 liter

2899TwinsaverEnkellaagToiletpapier 10s

1599SnowflakeKoekmeelblom2.5kg

7499Jacobs KrönungKoffie 200g

879Parmalat of YumChum LaevetGladde JogurtMultipakkeVerskeie 6 x 100g

Elk

6999Firstwatch Whisky750ml

Elk

2979PnP Sonneblomolie2 liter

Alkohol Nie Te Koop Aan Persone Onder die Ouderdom Van 18 Nie.Drink Verantwoordelik.

Herwin Assebliefwww.picknpay.co.za

TOLVRY: 08001122 88(SLEGS LANDLYN. SELFOONTARIEWE GELDIG)

KLANTHULPLYN

Altyddaarvir jouPRYSE SLEGS GELDIG 12 - 17 MAART 2013BYALLEPICKNPAYSUPERMARKTE, FAMILIEWINKELS,MINIMARKTEENHYPERSIN GAUTENG, VRYSTAAT, NOORDWES, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN EN VRYBURG.BOTSWANA, NAMIBIË, SWAZILAND, LESOTHO EN EXPRESS WINKELS UITGESLUIT.‘smart shopper’ punte is steeds geldig in Express en Daily Winkels.

2499County Fair VarsHeel Hoender metBinnegoed

per kg

4499GrootmaatStowebeesvleis(Been in)

per kg

Produk is gestileer vir fotografie

Pick n Pay poog om aan die aanvraag vir hierdie promosie-items te voldoen, maar voorrade is beperk. Sommige winkels mag dalk nie party van hierdie produkte in voorraad hê nie. Gaan asseblief beskikbaarheid na: tolvry: 0800 11 22 88 (slegs landlyn of selfoontariewe geldig). Ons streef daarna om te verseker dat alle gedrukte inligting korrek is,maar aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige drukfoute wat mag plaasvind nie. Geadverteerde pryse sluit BTW in waar toepaslik. Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. ‘smart shopper’ bepalings en voorwaardes geld. Sekere produkte is uitgesluit uit die ‘smart shopper’ program. Kyk asseblief in die winkel of gaan aanlyn vir nog besonderhede.

Page 6: NoordKaap 13 Maart 2013

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

DIE D.S. Jacobs­landsdiensklub van dieHoërskool Adamantia is ’n tweede jaar agter­eenvolgens as die aktiefste skole­landsdiens­klub in die land aangewys. Die klub was in2009 en 2010 die naaswenner. Wat die pres­tasie besonders maak, is dat Adamantia metsy nagenoeg 50 lede ander skole met veelmeer klublede uitgestof het. Hoe groter dieklub, hoe groter die kanse om as aktiefste ge­kroon te word.

DIE skool het ook groenvlagstatus van die nasionale omgewingspro­gram Eco­Schools ontvang vir sy tuinprojek wat hy begin het. Dieskool, leerlinge en onderwysers is almal positief teenoor bewaring enherwinning ingestel, het Ada Rheeder, klubleier, gesê. Van links is,voor: Ané Hensberg (voorsitter) en Tanya Sinden (ondervoorsitter);agter: Rheeder en Marelize du Plessis (klubleier).

DIE klub het 15 bome van Eco­Schools gekry om op die skool seterrein te plant. Dit is Vrydag gedoen. Dit is om sy erfenis te bewaaren ’n groen omgewing te skep.

NOG ’n projekwat Adamantia se landsdiensklub gelei het, is ’n herwin­ningsprojek. Alle plastiek­, papier­, blik­ en glasprodukte word by dieskool herwin en die skool maak selfs geld daardeur. Die leerlinge hetonlangs gehelp met die sorteerdery voordat ’n kontrakteur al die her­winbare produkte komhaal het. ’n Derde projek wat die klub aangepakhet, was die bou van uilkaste vir bio­diversiteit.

Fokus op herwinning

Kry groenvlagstatus vir tuinprojek

Page 7: NoordKaap 13 Maart 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013 7

Page 8: NoordKaap 13 Maart 2013

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

LAERSKOOL STAATS WORD 50 JAAR OUD

DIE Laerskool Staats se leerlinge het ’n spoggerige optog in Kimberley se strate gehou om sy mondigwording in1984 te vier. Foto’s: Verskaf

DIE skool se beskeie hoofingang in die 1970’s.

VANDAG het die skool ’n netjiese en moderne skoolgebou en ontvangsgedeelte.

SY sportgeriewe is van hoogstaande gehalte.

PRES. C.R. SWART was teenwoordig met die opening van die skool­gebou op 22 Maart 1963 waartydens die skool na hom genoem is.Hier skud hy by die gedenkplaat met iemand onbekend blad.

PRES. C.R. SWART het sy dank dat die skoolsy naam dra in ’n brief aan die skool uitge­spreek.

Page 9: NoordKaap 13 Maart 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013 9

Laerskool Staats word 50 jaar oud

DIE Laerskool Staats vier vandeesweek sy50ste bestaansjaar. Al die besonderhedevan die feesvierings word in die adverten-sie op die bladsy vervat.

Alle oud-Staatsies, leerlinge, onderwy-sers en ouers wat voorheen ’n verbintenismet die skool gehad het, kan Elizma duToit kontak. Haar e-posadres is [email protected] of faks aan 053-832-4592.

Besoek die skool se webtuistewww.lsstaats.co.za of volg hom op Face-book en Twitter.

Die skool het op 22 Januarie 1963 met305 leerlinge en agt onderwysers geopen.

Die skool het tot die amptelike openingvan die skoolgebou op 22 Maart daardiejaar as die Laerskool Klisserville bekendgestaan.

Op die dag van die amptelike inhuldi-ging was die staatspresident van Suid-Afrika, in daardie stadium C.R. Swart,teenwoordig.

Hy het glo eers op dié dag ampteliktoestemming gegee dat die skool na homgenoem mag word.

Die skool het aanvanklik die LaerskoolStaatspresident Swart geheet, maar is in2006 na die Laerskool Staats verander.

Met die eerste basaar wat die skoolgehou het, is R750 ingesamel.

In 2008 is Engels as eerste taal by dieskool ingestel en is gr. R-, gr. 1- engr. 2-klasse ook ingestel.

Staats viersy 50ste jaar

DIE Laerskool Staats se skoollied.

DIRK BESTER (links), 22 jaar onderwyser enlater skoolhoof aan Staats, saam met oud­pres. PW Botha op ’n besoek aan die Tuin­huys in 1987.

Besoek die skool se web­tuiste www.lsstaats.co.zaof volg hom op Facebooken Twitter.

Page 10: NoordKaap 13 Maart 2013

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGE

payout(lump sum only)

086 1101 388083 6700 788

Cash same dayTel. (053) 8312190

LIONS CAR BOOT SALE:16 March, Trim Park, OliverRoad. Contact Cornel082 788 2823.

80 TOP-KALAHARI RED-OOIE te koop. Skakel083 501 0650.

FRANCHISE POOLS ANDTHATCH. 072 948 7667.NEW POOLS ANDRENOVATIONS.MARCH SPECIAL!4x3 POOL and 4 x3 LAPA,R25 000.5x3 POOL and 5x3 LAPA,R32 000.6x4 POOL and 6x4 LAPA,R35 000.8x4 POOL and 8x4 LAPA,R45 000.

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITE NKKoel in somer, warm in win-ter. SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of 053 832 9194.

UTILITY RUBBERSTAMPS: SAME-DAYSERVICE. TEL./FAKS

053 832 1951

Ek is dringend op soek na 'ntuinwoonstel vir R2 300 (wen l ingesl.) naby NorthernCape Mall vanaf 1 April2013. Skakel 053 842 3380.

SELF-CATERINGACCOMMODATION inMargate.Affordable holidayaccommodation available.Each unit can sleep 6persons, within walkingdistance to Margate MainBeach.For enquiries please send ane- mail to:[email protected]

GESOEK: UNO, GOLF ofCortina-bakkie vir R20 000kontant. 071 967 0285.

START YOUR OWNBUSSINESS.. Your own boss. Make money. No risk, national companySMS name/town to082 652 1500.

RECEPTIONIST NEEDEDFOR GUESTHOUSE.Experience in foodpreparation. Check-ins,invoices, must be computerliterate. Fax CV withreferences to: 086 621 3187

Seeking committedentrepreneurs to buildown enterprise. Part or

full time. No risk. Smsname, town to082 463 7998.

VERKOOPSPERSONEmet Graad 12 en algemenekennis van elektries, beno-dig in Kimberley. Faks CVmet verwysings na053 832 1999.

BETREKKINGS

Page 11: NoordKaap 13 Maart 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013 11

Dit is eintlikdoodeenvoudigREËL 15: DOOD-VAT – BALGROND TOE GE-BRING.Die definisie

van ’n doodvat:’n Doodvat kom

voor wanneer diebaldraer deur eenof meer teenstan-ders vasgehou engrond toe gebringword.’n Baldraer wat

nie vasgehou word nie, is nie ’n doodgevattespeler nie en ’n doodvat het nie plaasgevindnie.Teenstanders wat die baldraer vashou en

grond toe bring, en wat ook grond toe gaan,is bekend as doodvatters. Teenstanders watdie baldraer vashou en nie grond toe gaannie, is nie doodvatters nie.Waarkan ’ndoodvatplaasvind? ’nDood-

vat kan slegs op die speelveld (dit sluit diedoelgebied uit) plaasvind.Wanneer ’n doodvat nie kan plaasvind

nie? As ’n teenstander die baldraer vashouen ’n spanmaat van die baldraer bind aan diebaldraer, is ’n losgemaal gevorm en kan ’ndoodvat nie plaasvind nie.Grond toe bring gedefinieer: a) As een of

albei knieë van die baldraer op die grond is,is die speler “grond toe gebring”.b) Indien die baldraer op die grond sit, of

bo-op ’n ander speler op die grond, is die bal-draer “grond toe gebring”.Die doodvatter: a) Wanneer ’n speler ’n

teenstander doodvat en albei gaan grond toe,moet die doodvatter onmiddellik die doodge-vatte speler los. Straf: strafskopb) Die doodvatter moet onmiddellik op-

staan of wegbeweeg van die doodgevatte spe-ler en die bal af. Straf: strafskopc) Die doodvatter moet opstaan voordat hy

die bal speel en mag dan die bal van enigerigting af speel. Straf: strafskop.

Ken rugbyreëls“DIE reëls van rugby het te ingewikkeld engekompliseerd geraak en ek verstaan dit niemeer nie,” hoor ’n mens gereeld. Om vir diereëls makliker verstaanbaar te maak gaanons voortaan op ons sportblaaie sekere reëlsbespreek soos in die internasionale rugby-reëlboek vervat.

Sportliefhebberkan sówenHOE goedis jousportken-nis? Is jydie voorbokwanneerdaarrondomvleisbraai-vure oorsportstatistieke gestry word?Jy kan jou reputasie as sportken-

ner ’n hupstoot in Noordkaap enSuperSport se sporttrivia-kompeti-sie gee.Ons gaan weekliks met lesers ’n

paar sportfeite en statistieke deelen in die laaste uitgawe van elkemaand drie vrae vra. Die antwoordkan uit die vorige weke se inligtingkom of nie. Die leser met diekorrekte antwoorde wie se naamgetrek word, sal ’n geskenkpak vanR250 van SuperSport wen.Hier is ’n paar interessanthede

vandeesweek:) Die vierde en laaste toets tussendie Springbokke en die BritseLeeus in 1955 in Port Elizabethwas die eerste wedstryd in Suid-Afrika om in kleur opgeneem teword.) Die Springbokke se toer naNieu-Seeland in 1956 was die eerstekeer dat hulle per vliegtuig gereishet.) Die Australiër Donald Bradmanhet in sy toetsloopbaan wat oor 52toetse gestrek het, 29 honderdtallebehaal en ’n kolfgemiddelde van99.94 gehandhaaf.) Shaun Pollock het in 1998 op dieWanderers sy 1 000ste toetslopiebehaal sowel as sy 100ste toetspaal-tjie platgetrek.) Jim Hines van Amerika het in1968 die eerste atleet geword omdie 100 m onder 10 sek. op dieOlimpiese Spele af te blits. Sy tydwas 9.95 sek.

DIE Hoërskool Noord­Kaapse eerste seuns­tennisspanhet op dieHoërskool Fichardt­park in Bloemfontein se sport­dag, wat voorverlede naweekgehou is, met die louere weg­gestap. Van links is Paul­Da­niel van Dyk, Lukas Oberholt­zer, Anri Venter en Hanro Nel­son. Foto: Verskaf

Rooies droom groot oor rugbyRuan Bruwer

HOE het jy in skeidsregter-skap beland? Die gogga hetgebyt toe ek in 1995 vlagmanvan ’n o.13-wedstryd by dieLaerskool Verwoerd was. KatSwanepoel, voorsitter van dieGriekwaland-Wesse Rugbyunie(GWRU) se skeidsregtersvereni-ging, het die dag geblaas. Hyhet daardie dag vir my gesê ekmoet my by die unie aansluit.In watter jaar het jy begin

blaas?Ek het my in 2001 aangesluit

en in 2002 my eerste wedstrydgehanteer.Het jy self rugby gespeel?

Net skolerugby. Ek was ’nflank.Vir watter twee spanne het

jy jou heel eerste wedstrydgeblaas? ’n o.14-wedstrydtussen die HTS Kimberley enHoër Landbou Noord-Kaap.Wat is die grootste wed-

stryd wat jy tot nou gehan-teer het? Die eindstryd van dieSuperliga, asook die halfeind-stryd om die provinsialeamateurbeker tussen die Haaieen Bulle op Loftus Versveld.Wat is die lekkerste

daarvan om ’n rugbyskeids-regter te wees?Die lekkerste gevoel is om

goeie voordeel te speel en diespan wat in besit is, gaan druk’n drie. Ek wil net nommer 31op die veld wees sodat diespelers hulle kan geniet en eknet daar is om dit regverdig temaak.Wat is die slegste deel? Om

die persoonlike kritiek te hooren van die veld af te stap en tehoor hoe sleg jy is.Wie reken jy is die beste

skeidsregter in Suid-Afrikaen in wêreldrugby?Op die oomblik het ons die

beste skeidsregters in diewêreld. Ek dink Craig Joubertis die beste in Suid-Afrika enJaco Peyper die beste in diewêreld.Wie was of is jou skeidsreg-

ter-mentor(s)?Oubaas Wagner en Mark

Lawrence. Mark is op en vandie veld af ’n gentleman en ekstreef om soos hy te wees.Wat is die grootste flater

wat jy gemaak het?Dit was in ’n wedstryd tussen

die Hoërskole Noord-Kaap(HNK) en Diamantveld (DHS) se

o.19 B-spanne. Ek het perongeluk ’n plaasvervanger virHNK belet, omdat ek onder die(wan)indruk was die HNK hetklaar sy toegelate plaasvervan-gers gebruik. Die HNK het toemet 14 spelers gespeel en dieDHS het in die doodsnikke gaandruk. Oom Kat was toe dieafrigter van die HNK en hy hetdit nooit vergeet nie.Het jy te midde van kritiek

al oorweeg of dit die moeitewerd is om voort te gaan?Vroeg in my loopbaan het ’nouer eenkeer baie lelike goedgesê waarna ek vir Kat gebelhet om te sê ek is klaar. Dit hetmooipraat gekos om my te keer.Jy raak sterker as mens en ditmaak jou ’n beter mens.Het jy doelwitte vir jou

loopbaan en wat is dit? Om ininternasionale wedstryde as ’nassistent-skeidsregter op te tree.Ek is nog jonk, so die geleenthe-de is daar.Wat sal jou boodskap aan

toeskouers langs die kantlynwees wat graag kritiseer?Toeskouers moet besef ons ismense en nie perfek nie enalmal maak foute. Hulle moetaanvaar en empatie hê.

ROOIES DE BRUIN

HULLE ontvang kritiek ongeag dathulle in der waarheid uitstekendewerk doen om ’n wedstryd volgensdie reëls te laat verloop en vloei be-werkstellig het.

Boonop kan ’n wedstryd nie son-der hulle plaasvind nie.

Ja, rugbyskeidsregters is sekerlikvan die mense wat die meeste kritiek– in baie gevalle persoonlik van aard– moet verdra. Ons stel oor die vol-gende paar weke van ons voorsteKimberley-skeidsregters aan die le-sers bekend. Eerste aan die beurt isGriekwas se voorste skeidsregter,Reynard Francois de Bruin (Rooies),wat Vrydag sy 28ste verjaardag gevierhet.

Seëvier intennis

Page 12: NoordKaap 13 Maart 2013

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 13 MAART 2013

SportSportDie Diamantstad se koerant

HannesNienaber

DIE eerste rugby-span van die Hoër-skool Noord-Kaaphet Saterdag op Cra-dock teen MarlowLandbou in 42 wed-stryde slegs sy twee-de nederlaag op dierugbyveld sedert2010 gely.Die Wolramme het

Northerns met 12-10met die kous oor diekop huis toe gestuur.Die besoekers wasrustyd met 10-3 voor,maar Marlow seheelagter, Dirk vanWyk, het drie straf-doele in die tweedehelfte deur die palegejaag om die oor-winning te beklink.Noord-Kaap se

enigste ander neder-laagwas verlede jaarop die Pukke-skou-spel teen Glenwoodvan Durban (13-18).Noord-Kaap wasvoor Saterdag se ne-derlaag in 14 agter-eenvolgende wed-stryde aan die wen-

kant.Diamantveld het

ook op sy baadjie ge-kry toe hy op LouisBotha se sportdag inBloemfonteinmet 18-29 teendieHoërskoolSentraal verloor het.Diamonds het met

die omdraaislag met15-10 voorgeloop. Diespan se losskakel,Deon van Zyl, het netná rustyd sy tweedestrafdoel deur die pa-le gejaag om sy spanmet 18-5 te laat voor-loop. Die Tralies hetdaarna drie drieë ge-drukwaarvan al driedeur sy losskakel,DP de Lange, verdoelis omdie oorwinningte verseker.Van Zyl het in die

kragmeting gewyshy gaan vanjaar noggoeie rugby speel.Hyhet sy span se eer-ste drie gedruk enook met twee straf-doele en ’n doelskopgeslaag. Diamondsse agtsteman, Jac-ques van Zyl, het ookgoeie spel gelewer.Landboudal het

met sy oorwinningvan 27-13 oor dieHoërskool Vryburgop die HoërskoolHartswater se jaar-likse sportdag gewyshy gaan ’n aan-spraakmaker op dieGriekwa-titel virgroot skole wees.Lanties sal teen Dui-neveld, die Hoër-skool Upington, Kat-hu en Hoërskool Ka-lahari om die titelmeeding. Landbou-dal is die verdedigen-de kampioen.Puntemakers:Sentraal 29 (10) –

Drieë: Wian Koeke-moer (2), BrendanBruwer, Ben MoodieAddington Mondo.Doelskoppe: DP deLange (2). Diamant-veld 18 (15) – Drieë:Deon van Zyl, JDSwanepoel. Doel-skop: Van Zyl. Straf-doele: Van Zyl (2).Marlow Landbou12 (3) – Strafdoele:Dirk van Wyk (4).Noord-Kaap 10 (10)– Drie: Lux Khoza.Doelskop: Dimitrio

Tieties. Strafdoel:Tieties.Landboudal 27 –

Drieë: Zak Janse vanVuuren (2), Christo

Bothma, Haas Bena-dé, Morris Rossouw.Doelskop: MorrisRossouw. Vryburg13.

Kby-skole loop hul vas

Buig die knie voor Blou BulleGRIEKWAS se flank Marnus Schoeman probeer die Blou Bulle­losskakel Tony Jantjies afstamp in die spannese eerste Vodacombeker­kragmeting Saterdag in die Diamantstad. Die Poubloues het met 32­40 verloor enreis nou Saterdag na Welkom om die Griffons te pak. Foto: Charl Devenish