Nn15 8 issuu

8
Deur Amanda Basson ([email protected]) LEPHALALE – Nadat inwoners van Gompou en Bospatrys strate verlede week sonder water moes klaarkom was hulle die af- gelope naweek boonop sonder elektrisiteit. Die Gompou- en Ellis straat omgewing was vir meer as 40 ure sonder elektrisiteit gedurende die naweek. Volgens die Lephalale munisipaliteit was daar ‘n fout op die Mogol- en Paarl lyne wat elektrisiteit aan dié areas voorsien. Pogings deur die munisipaliteit om die krag aan te skakel het glo gelei tot ‘n kortsluiting op die Eskom lyn. Eskom werkers en die munisipaliteit het ingespring om die fout op te spoor, terwyl moedelose inwoners die grootste deel van hulle langnaweek sonder krag moes spandeer. Alhoewel die munisipaliteit herhaaldelik op hulle Facebook- blad beloof het dat hulle alles in hulle vermoë doen om die krag- toevoer so vinnig as moontlik te herstel het gemoedere behoorlik hoog geloop. Raad-op inwoners het hul misnoeë oor die situasie uitgespreek. Een inwoner op die blad wou weet hoe dit moontlik is dat hulle een naweek sonder water moes spandeer en die vol- gende naweek geen krag het nie. Sommiges het gedreig om die inhoud van hul vrieskaste by die munisipaliteit te gaan aflaai. Laat Saterdagaand het die munisipaliteit via hul Facebook- bladsy inwoners laat weet dat daar ‘n foutiewe isolator op die lyn is. Eskom het, volgens die munisipaliteit, ‘n olie monster na Pre- toria geneem om getoets te word voordat die krag weer aangeskakel kon word. Sondagmiddag het meeste ontstoke inwoners uiteindelik weer krag gehad. Gee ons tog net krag! KKKF se mooistes MOKOPANE - Hoe gemaak as jou meisie- kind so bietjie skaam is om aan 'n skoon- heidskompetisie deel te neem? Maklik, sê Lezanne Abrahamse, 'n mamma van vier, jy wys hulle hoe dit gedoen word! Misha en Mieke vorm saam met hul boetie, Chucky, deel van 'n drieling. Die drie dames het aan die skoonheidskompe- tisie by die Kierieklap- per Kunstefees (KKKF) deelgeneem verlede Saterdag. Lezanne het die titel as Mev. KKKF opgeraap, terwyl Misha (links) die wenner in haar ouderdomsgroep (2-6 jaar) was. Mieke (regs) was eerste prinses. Lezanne se rok is deur Esha Koch geborg.

description

Limpopo-based newspaper for Mokopane & Lephalale

Transcript of Nn15 8 issuu

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Nadat inwoners van Gompou en Bospatrys strate verlede week sonder water moes klaarkom was hulle die af-gelope naweek boonop sonder elektrisiteit.

Die Gompou- en Ellis straat omgewing was vir meer as 40 ure sonder elektrisiteit gedurende die naweek. Volgens die Lephalale munisipaliteit was daar ‘n fout op die Mogol- en Paarl lyne wat elektrisiteit aan dié areas voorsien.

Pogings deur die munisipaliteit om die krag aan te skakel het glo gelei tot ‘n kortsluiting op die Eskom lyn. Eskom werkers en die munisipaliteit het ingespring om die fout op te spoor, terwyl moedelose inwoners die grootste deel van hulle langnaweek sonder krag moes spandeer.

Alhoewel die munisipaliteit herhaaldelik op hulle Facebook-blad beloof het dat hulle alles in hulle vermoë doen om die krag-toevoer so vinnig as moontlik te herstel het gemoedere behoorlik hoog geloop. Raad-op inwoners het hul misnoeë oor die situasie uitgespreek. Een inwoner op die blad wou weet hoe dit moontlik is dat hulle een naweek sonder water moes spandeer en die vol-gende naweek geen krag het nie. Sommiges het gedreig om die inhoud van hul vrieskaste by die munisipaliteit te gaan aflaai.

Laat Saterdagaand het die munisipaliteit via hul Facebook-bladsy inwoners laat weet dat daar ‘n foutiewe isolator op die lyn is. Eskom het, volgens die munisipaliteit, ‘n olie monster na Pre-toria geneem om getoets te word voordat die krag weer aangeskakel kon word.

Sondagmiddag het meeste ontstoke inwoners uiteindelik weer krag gehad.

Gee ons tog net krag!

KKKF se mooistes

MOKOPANE - Hoe gemaak as jou meisie-kind so bietjie skaam is om aan 'n skoon-heidskompetisie deel te neem? Maklik, sê Lezanne Abrahamse, 'n mamma van vier, jy wys hulle hoe dit gedoen word! Misha en Mieke vorm saam met hul boetie, Chucky, deel van 'n drieling. Die drie dames het aan die skoonheidskompe-tisie by die Kierieklap-per Kunstefees (KKKF) deelgeneem verlede Saterdag. Lezanne het die titel as Mev. KKKF opgeraap, terwyl Misha (links) die wenner in haar ouderdomsgroep (2-6 jaar) was. Mieke (regs) was eerste prinses. Lezanne se rok is deur Esha Koch geborg.

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 14 AUGUSTUS 20152

WIMPY delivers in Ellisras

and Onverwacht. Call Alma on

082 879 1582 to place your order.

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – ‘n Twintig-jarige man is gearresteer vir huisroof nadat hy glo Saterdag by ‘n woning op ‘n kleinhoewe in die Witkop area probeer inbreek het.

Volgens adjudant offisier Frans Mokoena van die Lephalale polisie het die man na bewering ‘n inwoner van die huis met ‘n mes gedreig en sodoende toegang tot die huis gekry. “Daar het ‘n struweling tussen die eienaar van die woning en die verdagte ontstaan en albei is beseer,” sê Mokoena.

Die verdagte is gearresteer en in die plaaslike hos-pitaal opgeneem om behandeling vir sy beserings, wat ondermeer bytplekke ingesluit het, te ontvang.

Inwoner trek vermeende huisrower vasIntussen beweer die slagoffer, wat versoek het dat

sy naam nie genoem word nie, dat die polisie aanvank-lik geweier het om die verdagte te arresteer. “Ons moes eers dreig om die media in kennis te stel voordat hulle bereid was om hulle werk te doen.”

Hy beweer dat die konstabels gesê dat hulle nie ‘n persoon met beserings kan arresteer nie, want hulle mag hom nie so by die polisiestasie aanhou nie.

Adjudant offisier Mokoena het gesê dat hy nie kennis dra van die aantygings nie en dat die verdagte wel gearresteer is waarna hy by die hospitaal onder polisie bewaring aangehou is.

Die verdagte het Woensdagoggend in die Lephalale hof voorgekom.

Drug dealers arrestedMAHWELERENG - Drug dealers operating in Mahwelereng were arrested by members of the crime prevention unit for being in posses-sion of drugs to an estimated value of R16 000.

The two suspects were found in possession of several illegal substances. The Mahwelereng police also confiscated suspected stolen items such as cell phones and an undisclosed amount of cash.

The suspects will appear in the Mokerong Magistrate Court.

Deur Amanda Basson ([email protected])

STOCKPOORT – Drie vermeende renosterstropers is Vrydag deur lede van die Lephalale Veediefstal eenheid vasgetrek.

Die polisie het inligting ontvang dat stropers ‘n plaas in die omgewing gaan teiken toe hulle ‘n rooi Toyota Hilux opmerk wat verdag voorgekom het. Boere in die omgewing het vinnig ingespring om die voertuig af te trek nadat die bestuurder gepoog het om die polisie in ‘n wilde jaagtog te ontduik.

‘n .375-jaggeweer, ammunisie, byl, mes en ‘n saag is gevind. Die verdagtes het Dinsdag in die Lephalale hof voorgekom.

Drie vas vir renosterstropery

MOKOPANE - Bennie van Zyl, die TLU-SA se hoof-bestuurder het lede van die Nyl Aksiegroep gewaar-sku dat die ANC regering wil toesien dat SA ‘n nasie van industrialiste word. “Hulle erken nie die geweld-ige strategiese bate wat voedselproduksie vir ‘n land inhou nie. ‘n Mens kan nie steenkool eet nie,” het hy verlede Donderdag by ‘n belangegroep vergadering in Mokopane gesê.

Dr. Kevin Gast, ‘n kenner op die gebied van water-besoedeling en ‘n kampvegter teen hidrobreking, het sy stem by Bennie s’n gevoeg en Karina Steenkamp en die Nyl Aksiegroep se stigterslede geloof vir die inisi-atief wat hulle geneem het.

Hy sê dit is mense hierdie wat nou die stryd teen myne moet voer om SA teen die langtermyn gevolge van mynwese te beskerm. “Hoe vinniger ‘n land se water besoedel en onbruikbaar raak, hoe vinniger krimp daardie land se ekonomie. Ons sien al hoe meer ‘n direkte verband tussen water en Bruto Binnelandse Produk,” sê hy.

Die maatskappy, Sylvania Platinum, beplan om ‘n platinamyn in die Nyl vloedvlakte naby Mokopane op te rig en die Nyl Aksiegroep staan dit tee.

Gast sê mense moet ophou dink mynwese is die oplossing vir swak ekonomiese groei. “Mynwese is die probleem, nie die oplossing nie.” Hy sê indiensnemi-ngsgrafieke van enige mynbedryf die afgelope 40-50 jaar lyk soos ‘n ongebalanseerde wipplankrit. Dit is op en af sonder enige voorspelbaarheid. “Mynbou is deur-spek met sosiaal-maatskaplike probleme en boonop besoedel dit ons water en omgewing.”

Daarteenoor is landbou ‘n stabiele wergewer in lande met gunstige landboubeleid. Gast sê as dieselfde geld in landbou en toerisme belê word wat in myn-wese belê word sal dit meer werkgeleentehde en beter volhoubare obrengste lewer.

Nylgroep moenie gaan lê nie

Philé van Zyl van ZZ2 stem saam. Dié mega-boerdery is saam met ander boere in ‘n hofstryd gewikkel met die mynmaatskappy, Coal of Africa (CoAL), ‘n Australiese myngroep wat vir ses lisensies vir steenkoolmyne in die Vhembe-omgewing aansoek gedoen het.

In dié omgewing wat tussen die Soutpansberg en die Limpoporivier lê en van Alldays in die weste tot by Pafuri langs die Krugerwildtuin in die ooste strek word daar 24 000 ha onder besproeiing bewerk. “Ons kan dit uitbrei na 54 000 ha en deur intensiewe bewerking kan ons ons omset van die huidige R8,9 miljard per jaar verhoog na R56 miljard. Dis meer as wat Anglo Platinum verdien.”

Boonop sê Van Zyl landbou in Vhembe verskaf tans werk aan 27 000 mense, maar daar kan nog 33 700 poste geskep word as daar eerder in dié streek se land-bou as mynbou belê word.

Hoë-profiel sprekers wat lede van die Nyl Aksiegroep verlede Donderdag in Mokopane kom toespreek het oor die gevare wat mynbou vir die omgewing en die landbou-ekonomie inhou. Van links is Dr. Kevin Gast ‘n kenner op waterbesoedeling en hidrobreking, Carina Steenkamp – Nyl Aksiegroepvoorsitter, Bennie van Zyl van TLU-SA en Philé van Zyl van ZZ2.

Child rapist sentenced to 25 yearsZEBEDIELA – Tebogo Mokonyane from Mogoto Village in Ze-bediela was sentenced to two years in prison last week after he was found guilty of raping an 8-year-old girl in July 2014.

The child resides in Mogoto Village in Zebediela. A year ago, the child's mother was at church at the time of the incident. When she returned, she searched for her daughter and was told by the child’s two siblings that their sister left with Mokonyane.

She returned home where she found her daughter and saw grass on the back of the girl’s head and her fears realised - the child had been raped. The suspect was pointed out to the police and arrested for rape.

14 AUGUST 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

TOGETHER WE GROW Closing Date: 30 September 2015

Enquiries: Ivanplats Human Resources — 015 491 0600

Ivanplats Pty Ltd is committed to skills development by providing graduates and students from within its host community with opportunities to gain work experience in various skills areas. It is therefore inviting applications for an Internship Pro-gramme in the following fields of study:

Mechanical Engineering; Electrical Engineering and Human Resources

DURATION AND REMUNERATION

The internship programme is implemented over twelve (12) months and interns will receive a stipend for the duration of the period.

Ivanplats INTERNSHIP Electrical Engineering

Mechanical Engineering

Human Resources

WHO CAN APPLY?

Applications are invited from candidates who have not been previously employed under an Internship Programme before. Preference will be given to: Historically Disadvantaged Individuals, Females, People with Disabilities and Residents of Mokopane. Ivanplats is under no obligation to em-ploy the intern on completion of the programme.

APPLICATION PROCESS

Applications can be submitted via e-mail to [email protected] or hand delivery to No.7 Second Street, Old Industrial Area, Mokopane.

The following must be attached to all applications:

CV and certified copies of qualifications, academic records, a SA Identity document and a letter from the tribal Authority/ ward councillor where you reside confirming your residence.

Students requiring experiential training as part of their qualification should attach a formal letter from their tertiary institution indicating the duration period and areas of development required.

Applications received after the closing date and those that do not comply with the requirements will not be considered. Only shortlisted candidates will be contacted. Should you not hear from us within one month of the closing date, please accept that your application was unsuccessful.

Deur Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - “Die gevoel wat mens kry wanneer jy op jou lewelose hond afkom en besef hy is vergiftig, is onbeskryflik.” Só het Alta Pitzer, ‘n inwoner van Taylorstraat, gesê toe sy Maandag by die huis kom en besef haar ses maande oue Rottweiler is vergiftig.

Pitzer is een van verskeie inwoners in die omgewing van Taylor- en Meintjiesstraat wie se honde oor die afgelope langnaweek dood in hulle erwe aangetref is.

Een van die inwoners wat verkies om anoniem te bly se twee honde het ook gif ingekry. Die een hond is gelukkig deurgehaal nadat die Dierebeskermingsvereniging (DBV) advies gegee het. Die tweede hond het eg-ter gevrek. Ella Verwey treur oor haar Great Dane wat tekens getoon het van vergiftiging. Hy is verlede week langs sy waterbak dood aangetref is. Sy woon ook in Meintjies Straat.

Die polisie skryf dié tendens toe aan ge-organiseerde misdaad. Misdadigers teiken waghonde of honde wat geneig is om ’n groot geraas op te skop. Inbrekers kan tot weke daarna toeslaan en is goed daarvan bewus dat ’n eienaar nie gou weer sy hond met ’n ander een gaan vervang nie.

Navorsing toon dat die mees algemene gif wat gebruik word om diere mee te vergiftig is Aldicarb of beter bekend as Two Step. Aldi-carb is die hoofbestandeel wat in insekdoders gebruik word en word oor Mosambiek en Zimbabwe se grense gesmokkel, sê Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon Poison Information Centre in SA.

Die enigste manier om te voorkom dat diere vergiftig word, raai ’n veearts aan, is om hulle te leer om kos slegs van die eienaar of die gesin te aanvaar.

Buurt se honde vergiftig

“Een dooie hond is een te veel. Dit is so onnodig. Ons diere is soos ons eie kinders en dit is sonder twyfel ‘n groot verlies vir elke eienaar wat sy of haar dier moet afstaan aan iets so wreed,” het Marcelle Maritz, die bestuurder van die Percy Fyfe Dierebesker-mingsvereniging (DBV) aan Noordelike Nuus gesê.

Wanneer mens vermoed jou dier het gif ingekry, moet daar onmiddellik opgetree word, sê die DBV. Tyd is van kardinale be-lang en die dier moet dadelik na ’n veearts geneem word vir die nodige mediese be-handeling. Dit is ook baie belangrik om die voorval by die polisie of DBV te rapporteer. “Vergiftiging van veral honde, is in meeste gevalle volgens die polisie, ’n voorloper van ’n inbraak en bewusmaking kan in ’n groot mate ’n rol speel om misdaad te bekamp.

Konstabel Irene Masingi, woordvoerder van die Mokopane polisie, het onderneem om die naweek se voorvalle met die Mokopane stasiebevelvoerder op te neem.

Só lyk Aldicarb (two step) wat gebruik word om diere mee te vergiftig. Foto: verskaf.

By Tebogo Tlhako

MARAPONG - Lephalale Mayor Jack Maeko launched a much-needed water enhance-ment project in Marapong last Tuesday.

He said that the purpose of the project is to increase the existing water-generating capacity in the township. Four tank trucks will be supplying water in informal parts of Marapong and Mamojela Park. There will be 22 trucks with 10 000 litre tanks in the in-formal settlements every day from 08:00am.

“We have seen the existing water supply capacity is at a low level, so we wanted to increase it because there is a water is a basic need in the community,” Maeko said, add-ing that there is a water shortage caused by illegal connections and that the municipality must account for all the water used.

“The solution is not to cut off illegal con-nections but to provide the community of Marapong with water from tanks every day; and if this method is effective they will dis-connect all the illegal connections.”

Maeko added that the municipality has also appointed a contractor at Mohlasedi and Ga-Monyeki villages to start with the process of installing electricity at the villages.

More water for Marapong

Drie vas vir renosterstropery

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 14 AUGUSTUS 20154

MOKOPANE - Hansel and Gretel is not your average créche. It is a ‘toddler academy’ where they understand a parents’ need for their child and where learning becomes fun.

Hansel and Gretel understand that when it is time for parents to choose a preschool that is both right for a parent and their little one, it can be quite challenging. They there-fore try to make the decision for parents as easy as it possibly can be.

This academy has a planned learning curriculum in place and each child gets per-sonal attention from their teacher. Regular feedbacks as well as two progress reports are given to parents during the year. During

MOKOPANE - Gymnastics coach, Emien Landman from Rhythmic Elegance, congratulated her gymnasts from Mokopane Primary School for winning the cluster competition held at the Multi Purpose Hall in Mahwelereng last week Friday. They competed in Aerobics and went through to the Limpopo competition which will be held on 29 August. The gymnasts will be accompanied by Diana Mashamaite and Zulaikha Omar.

New gymnasts show progress

VAALWATER - Laerskool Bosveld Primary se boogskietspan het hul lang naweek opgeoffer om Saterdag aan die NASP Limpopo Kompetisie te gaan deelneem. Die Bossie-span het as oorwinnaar oor die junior spanne uitgetree. Ilis-Mari Venter, ‘n Graad 4 leerder, het ook ‘n tweede plek vir junior meisies behaal.

Bossies boogskietspan is puik MOKOPANE - Hoërskool Piet Potgieter (HPP)se toneelgroep het alle verwagtinge oortref tydens verlede week se interhoër. Die leerders se indrukwekkende toneelspel het aan hulle die volgende vyf toekennings besorg: HPP spog met die Beste ensemble en Beste produksie. Yvette Wessels, die groep se regisseur, ontvang ’n toekenning as Beste Regisseur. Die Beste Hoofspeler toekenning is aan Jaco van Rooyen oorhandig. Phindile Tjale ontvang die Beste Byspeelster toekenning en Megan Smuts spog as die Beste toneelspeler van die skool.

Toneelgroep ryg toekennings in

PROMOTION

A créche with a differenceclasses, the children develop by performing different activities such as puzzle building, colouring, cutting, pasting, tearing and other fun things.

After classes, the children go outside to play before eating and resting times. During the afternoons, children get to play outdoors before snack time and changing.

Hansel and Gretel’s cooks are not sur-prised when the little ones leave their plates spotlessly clean. This is a compliment every time. Food is freshly prepared and a bal-anced meal is served with juice. A full menu is available at school. Fresh water is avail-able to drink at all times.

14 AUGUST 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

TOGETHER WE GROW Closing Date: 30 September 2015

Enquiries: Ivanplats Human Resources — 015 491 0600

CRITERIA FOR SELECTION

Selection of successful candidates will be strictly on academic merit and applicants are expected to be enrolled at an accredited South African Tertiary institution. The bursary is renewable annually, based on academic performance/results. In making the final selection, first preference will be given to: Residents of Mokopane, Historically Disadvantaged Individuals, Persons with Disabilities and Females.

APPLICATION PROCESS

Bursary Application Forms are available on request from: [email protected] Certified copies of the following must accompany all appli-cations:

Most recent academic record

South African ID

Proof of residency in Mokopane Completed forms with attachments should be e-mailed to: [email protected] or can be hand delivered to No.7 Second Street, Old Industrial Area, Mokopane.

Applications received after the closing date and those that do not comply with the requirements will not be considered.

Only shortlisted candidates will be contacted. Should you not hear from us within one month of the closing date, please accept that your applica-tion was unsuccessful.

Ivanplats Pty Ltd is offering bursaries to South African undergraduate students interested in joining the Mining Industry and who are currently enrolled in full-time undergraduate studies in one of the following fields: Electrical Engineering and Mechanical Engineering

THE BURSARY COVERS THE FOLLOWING

Tuition, registration, book fees, university accommodation and a monthly stipend.

Ivanplats BURSARIES Electrical Engineering

Mechanical Engineering

MOKOPANE - Die kwart finaal van die Beeld Trofee verlede Saterdag was vir Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se eerste rugbyspan sowel as die o/14’s en o/15’s ’n gemaklike wen.

Groot opwinding heers en die verwagting is vir HPP om as die groot wenners van Noord-Vaal streek uit te tree. Al drie spanne het tydens ’n reeks wedstryde hulleself as die bestes op die veld bewys.

Die eerstes se puntetelling by verlede Saterdag se kwart finaal teen Trinity College is 37 -25. Louis Wessels is die speler van die wedstryd.

Deur Fransa de Beer

LEPHALALE - Ellisras Hoër-skool het Saterdag dubbele welslae behaal toe die o/15 en o/16 rugbyspanne hulle opponente stof in die oë geskop het en beide deurge-dring het na die halfeind-stryd van die Beeldtrofee medium skole.

Die o/15 span, wat ook die Limpopo wenners is, het Hoërskool Fochville deurgaans gedomineer en gewen met 'n pragtelling van 27-0. Die Rassies het met mag en mening verdedig en spesiale vermelding moet gemaak word van AJ Beukes, Arno Barnard, MC Pitout en Nico Oosthuizen. Man van die wedstryd is AJ Beukes. Drieë word gedruk deur Nico Oost-huizen, Nico Muller, Gerrie Blom, Marco de Beer en Diaan Slykhuis en die skopwerk is suksesvol deur Steyn van Staden behartig.

Die o/15’s speel hierdie Saterdag teen Hoërskool Erasmus in Bronkhorstspruit in die halfeindstryd van die Beeldtrofee om te kwal-ifiseer vir die finaal. Afrigters Eddie Elmes en Fanus du Plessis is trots op die manne.

Al die gelukkige manne wat drieë gedruk het en die twee manne van die wedstryd.

MOKOPANE - Wilita Leë as Mej. DBV Mokopane 2015 doen haar deel vir liefdadigheid vir die Percy Fyfe Dierebesker-mingsvereniging. Hier staan sy by die DBV se bestuurder, Marcelle Maritz wat die honde- en katkos skenking by haar ontvang. “Om ’n titel te wen moet mens fisies werk om ’n verskil te maak, ongeag hoe groot of hoe klein,” sê Wilita..

HPP wys weer sy slag

Die o/14 span het hulle opponent loshande gewen met ’n skitterende 46-0. Simpiwe Tjale is die speler van die wedstryd. Die o/15 span het ook as wenners uitgetree met ’n puntetelling van 11-8 teen Hoërskool Leeuwenhof. Deon Smith is die speler van dié wedstryd.

Môre (Saterdag) se semi-finale skop om 10:00 op HPP se velde af. Die o/15 span gaan eerste op die veld draf en kragte meet met Hoërskool Brandwag. Die eerstes se wedstryd teen Hoërskool Vryburg volg om 11:00. HPP se o/14 span speel teen Mid-stream College in Pretoria.

Collin Steyn van HPP se eerste rugbyspan in ’n oomblik waar sy ondersteuners juig van opgewondenheid. Foto: Helena Raats

Rassies rugby is tops!

Die rugbyseisoen is ook nie verby vir die Rassies se o/16 rugbyspan nie. Hulle het Saterdag ook op tuisgrond, 'n titaniese wed-stryd gehad teen Hoërskool Bekker om vir die halfeind van die Beeldtrofee mediumskole te kwalifiseer. Die Rassies het die besoek-ers met 17-12 ore aangesit. Drieë is gedruk deur Leon Visser, Senzo Nkonyana en Wiham du Plessis en die skopwerk is met welslae deur JD Smit behartig. Die man van die wed-stryd was Erik van der Walt.

Die o/16 span speel hierdie Saterdag teen Hoërskool Vryburg in Ellisras.

Skoonheid gee om vir DBVLEPHALALE – Lawrence Johnson en Jovan Maartens van Hardekool Akademie is gekies vir die Noord Trans-vaal krieketspan.Hulle sal op 28 en 29 Augustus in Groblersdal hulle staal wys.

Hardekool krieket sterre

She’s got rhythm!MOKOPANE - Suné Janse van Rensburg held Marshall’s Gymnas-tics Academy’s name high at the Gold Reef Invitational Competition last weekend. Suné finished in second place overall with silver for her Free Dance, Clubs, and Ball rou-tines and gold for her Hoop routine! Here she with her coach, Marinda Marshall (left).

Groot liefde vir kultuurLEPHALALE – Twee slimkoppe van Hardekool Akademie is gekies om aan die nasionale kultuurfees op Bloemfontein deel te neem. Wilmari Muller (Graad 7) en Rochelle Pretorius (Graad 5) sal elkeen ‘n gedrama-tiseerde poësie stuk opvoer en hulle sal ook saam ‘n dialoog doen.

MOKOPANE - Drie van Hoërskool Piet Potgieter se leerders wat op 7 Augustus aan die finale rondte van die Amesa Wiskunde Olimpiade deelgeneem het se prestasies het aan hulle ’n plek in die skool se top-tien leerders besorg. Van links: Anria Kruger (negende plek), Nickie Oosthuizen (derde plek) en Leshego Khaas (agtste plek).

Wiskunde slimkoppe styg uit

Calling all men of steelLEPHALALE – The Living Waters Fellowship would like to invite all men to attend the “Men of Steel” conference on August 20-22.

The event will be held at 20 Vaalbos Street, Onverwacht, and admission is free. The first 50 entries will receive a “Men of Steel” t-shirt. The conference will start at 18:00 on Thursday and Friday, and 15:00 on Sunday. Contact Noka on 083 966 4360 or Johannes on 084 413 9644.

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 14 AUGUSTUS 20156

14 AUGUST 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Kriekethelde skitterLEPHALALE - Laerskool Bosveld Primary se krieketspanne het hul ligawedstryde die afgelope week begin teen Laerskool Krugerpark.

Dit was ‘n taai begin vir die o/10-, o/11- en tweede spanne, maar die eerste span het mooi reggemaak en met 13 lopies geseëvier.

Janco Lötter het uitgeblink met sy 55 onoorwonne lopies en Zander Joubert het geskitter met drie paaltjies vir 30 lopies in ses beurte.

Ruan Mostert het 42 lopies vir die o/10 span aangeteken.

Die seuns gaan in die volgende week aan die kring proewe deelneem by Laerskool Thabazimbi.

MOKOPANE - Hierdie atlete van Hoërskool Piet Potgieter is gekies om die Limpopo landloop span te verteenwoordig wanneer hulle gaan kragte meet by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe op 12 September in Middelburg. Hulle is in geen spesifieke volgorde: Michelle Tshilwana (o/13), Jessica Matjiu (o/14) Paulina Mashishi (o/14), Marvin Mathaba (o/14), Nolid Mabena (o/14), Gisela Bekker (o/15), Rose Ledwaba (o/15), Josia Nyawene (o/15), Karabo Maripa (o/15), Albert Kgoasana (o/16), Jana-Lené van Eck (o/17), Lindi Leso (o/17), Tshiamo Molala (o/17), Jackson Molebale (o/17), Sello Nyawene (o/17), Peter Tau (o/19 en Pontsho Ngobeni (o/19).

Atlete dring deur

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UKKKF sluit 15de jaar af op hoogtepuntMOKOPANE - Die Kierieklapper Kunste-fees (KKKF) het sy vyftiende bestaansjaar op 'n hoë noot afgesluit. Met interessante stalletjies, puik kunstenaars, vertonings en kompetisies het die fees vir almal iets gebied.

Estelle Hartzenberg van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes en die fees-komitee sê die fees was 'n groot sukses. "Die organiseerders van die fees word oorval met gelukwensinge oor ‘n baie goed ge-organi-seerde fees," het sy gesê.

"Ons wil graag vir die inwoners van Pot-ties dankie sê dat hulle die fees met soveel entoesiasme bygewoon het."

Die fondse wat deur die fees genereer word, word ten bate van die Dienssentrum aangewend. "Ons is dankbaar vir elke borg, klein of groot, wie bydraes gelewer het tot die sukses van die fees. Ons is alreeds besig met beplanning vir 2016!"