Nn08 01 issuu

8
Deur Martie Le Grange en Amanda Basson L IMPOPO - Die voortslepende droogte het vir baie boere ’n realiteit geword en al wat daar vir hulle oor is volgens Steven Vermaak, voorsitter van die Trans- vaalse Landbou-unie van die Noordstreek, is om positief en op hulle knieë te bly. “Ons (Limpopo) is eintlik nog gelukkig. Die droogte is in ander gebiede baie erger,” sê Vermaak. Hy sê die tekort aan water raak egter ’n krisis in die streek. Kuile is besig om op te droog en sowat 70% van wat reeds geplant moes wees is teruggehou weens die droogte. “Verlede jaar dié tyd is 80% in vergely- king met vanjaar se 30% geplant,” voeg Vermaak by. Vir mielies is dit ook te laat want dit moes al geplant gewees het. Boere op die vlakte is helfte van hulle oeste kwyt as gevolg van hitte en windskade. Die prentjie vir veeboere lyk niks beter nie, sê Vermaak. Die impak van die droogte het gelei tot vee sterftes in landelike gebiede en dwing sekere veeboere om van hulle kud- des af te skaal. “Dié boere lei steeds ’n verlies want vee pryse het gedaal, verduidelik hy. Klomp faktore plaas erge stremming op die land- boubedryf. Duurder voer wat ook moeilik bekombaar is dra by tot die uitdaging. Alhoewel daar reeds ’n versoek gerig is aan die departement van landbou vir droog- Droogte: boere op hulle knieë tehulp, verduidelik Vermaak dat hulp van die staat min boere opgewonde maak aangesien die sisteem te lank sloer. Hy verwys na die Wes Kaap waar droogtehulp vir R23 mil- lion goedgekeur is maar nog geen verligting gebring het nie weens die stadige trant van die proses. “Die staat se ratte is nie reg nie en hulle wiele is te stadig. Ons moes al reën gehad het om ons die komende winter deur te haal,” meen Vermaak. Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landbousakekamer, Agbiz het sy kom- mer teenoor die media uitgespreek oor die omstandighede wat voer en water vir vee betref en sê daar word nie goeie reën voor- spel wat verligting kan bring nie. Purchase voorspel ’n groter impak op landbou en voedselpryse, sou die droogte voortsleep. Só het die droogte 330ha se weiding van ‘n buitelandse belegger wes van Steenbokpan in Lephalale geaffekteer. Wilhelm Greeff, wat drie van die plase bestuur, het dié foto einde Desember ook op Facebook se “Boere in Nood” geplaas. ... to page 2

description

Limpopo-based community newspaper for Lephalale and Mokopane

Transcript of Nn08 01 issuu

Page 1: Nn08 01 issuu

Deur Martie Le Grange en Amanda Basson

LIMPOPO - Die voortslepende droogte het vir baie boere ’n realiteit geword en al wat daar vir hulle oor is volgens

Steven Vermaak, voorsitter van die Trans-vaalse Landbou-unie van die Noordstreek, is om positief en op hulle knieë te bly.

“Ons (Limpopo) is eintlik nog gelukkig. Die droogte is in ander gebiede baie erger,” sê Vermaak. Hy sê die tekort aan water raak egter ’n krisis in die streek. Kuile is besig om op te droog en sowat 70% van wat reeds geplant moes wees is teruggehou weens die droogte.

“Verlede jaar dié tyd is 80% in vergely-king met vanjaar se 30% geplant,” voeg Vermaak by. Vir mielies is dit ook te laat want dit moes al geplant gewees het. Boere op die vlakte is helfte van hulle oeste kwyt as gevolg van hitte en windskade.

Die prentjie vir veeboere lyk niks beter nie, sê Vermaak. Die impak van die droogte het gelei tot vee sterftes in landelike gebiede en dwing sekere veeboere om van hulle kud-des af te skaal.

“Dié boere lei steeds ’n verlies want vee pryse het gedaal, verduidelik hy. Klomp faktore plaas erge stremming op die land-boubedryf. Duurder voer wat ook moeilik bekombaar is dra by tot die uitdaging.

Alhoewel daar reeds ’n versoek gerig is aan die departement van landbou vir droog-

Droogte: boere op hulle knieë

tehulp, verduidelik Vermaak dat hulp van die staat min boere opgewonde maak aangesien die sisteem te lank sloer. Hy verwys na die Wes Kaap waar droogtehulp vir R23 mil-lion goedgekeur is maar nog geen verligting gebring het nie weens die stadige trant van die proses. “Die staat se ratte is nie reg nie en hulle wiele is te stadig. Ons moes al reën gehad het om ons die komende winter deur te haal,” meen Vermaak.

Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landbousakekamer, Agbiz het sy kom-mer teenoor die media uitgespreek oor die omstandighede wat voer en water vir vee betref en sê daar word nie goeie reën voor-spel wat verligting kan bring nie. Purchase voorspel ’n groter impak op landbou en voedselpryse, sou die droogte voortsleep.

Só het die droogte 330ha se weiding van ‘n buitelandse belegger wes van Steenbokpan in Lephalale geaffekteer. Wilhelm Greeff, wat drie van die plase bestuur, het dié foto einde Desember ook op Facebook se “Boere in Nood” geplaas.

... to page 2

Page 2: Nn08 01 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 8 JANUARY 20162

...from page 1

Volgens Lepelle Northern Water is die damvlakke vir die volgende damme dié week soos volg:

Doorndraai Dam - 80.9%Ebenezer Dam - 77.4%Flag Boshielo Dam - 53.3%Magoebaskloof Dam - 100.2%Tzaneen Dam - 42.8%Blyderivierpoort Dam - 61.7%Mokolo Dam het op 21 Desember ’n vlak

van 83.3% teenoor verlede jaar dieselfde tyd

Droogte: boere op hulle knieëse 101.9% getoon.

Verskeie organisasies het droogtehulp-skemas op die been gebring en lesers wat op enige manier tot hierdie skemas wil bydra of help kan met hul plaaslike Agri SA of TLU SA tak in verbinding tree om uit te vind waar en hoe hulle kan help.

Intussen word daar berig dat die kwik weer sal styg vanaf 7 Januarie, maar Land-bou.com berig dat daar moontlik reën en afwisseldende reënbuie verwag kan word na 10 Januarie.

Die boere praat:

Peet Kühn van die plaas Hartebeesdrift in die Elmeston area sê dat hy oor die afgelope 21 jaar ‘n gemiddeld van 585mm reën per jaar gehad het. “Verlede jaar het ek egter net 140mm reën gekry en moes al van April maand af addisionele voer vir my diere gee.”

Die koste van voer kan soms meer word as wat die diere werd is en Kühn sê dat som-mige boere genoodsaak is om hul diere teen ‘n verlies te verkoop. “Droogte soos wat ons dit tans beleef het nie net ‘n impak op die kort-termyn nie, maar hou ook lang-termyn gevolge in omdat koeie nie so suksesvol gedek word wanneer die bulle ondervoed is nie.”

Een van die boere op die “Boere in Nood” Facebook groep wat om hulp vra. Sy vee het niks meer weiding nie as gevolg die droogte.

Koeie het ook minder melk as daar nie genoeg weiding is nie wat lei tot meer kallers wat sterf. “Boere wat verlede jaar voer ge-plant het maak in hierdie stadium ‘n wins, maar die res van ons moet ons belde baie styf vasmaak tot ons weer reën kry.”

Karel Roos is ‘n waatlemoenboer in die Lephalale-omgewing, maar hy sê dat hy hierdie jaar mooi sal moet besin voordat hy besluit om te plant. “Dit is nou die tyd vir elke boer om wysheid toe te pas wanneer daar geplant word anders gaan mens ‘n klomp geld in die water gooi.”

"Ek voel al ‘n geruime tyd die impak van die droogte maar ek besef dat wanneer die Vader besluit om die reën te stuur kan ons hele situasie binne ‘n oogwink verander,” het ‘n hoopvolle Roos gesê.

Deur Martie le Grange ([email protected])

LIMPOPO - Graad 12 leerders wat in 2015 die nasionale senior sertifikaat afgelê het se slaagsyfer het met 5.1% gedaal teenoor 2014 se 75.7%. Dié aankondiging is Din-sdag deur Angie Motshekga, minister van basiese onderwys gemaak.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid Afri-kaanse Skole het gesê alhoewel daar ‘n dal-ing is in die slaag persentasie, moet daar nie te veel daarin gelees word nie. Hy het daarop gewys dat die deurvloeikoers wel verbeter het. Colditz het sy kommer uitgespreek oor die gehalte van onderwys in drie provinsies waarvan Limpopo ook een is.

"Limpopo, Oos Kaap en KwaZulu-Natal het die swakste uitslae wat die ingryping van die minister van onderwys noodsaak,” reken Colditz. Hy het verder daarop gewys

Gehalte van onderwys in Limpopo is onvoldoende

dat onderwys in dié provinsies herhaaldelike probleme het en dat leerders slagoffers is hiervan.

Prof. John Volmink, voorsitter van Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding het die afgelope week aangekondig die matriek-slaagsyfer het vanjaar vir die tweede keer agtereenvolgens gedaal. Hy sê die 2015-ma-trieks het baie slegter gevaar as die matrieks van vorige jare. “Ons moet die standaard hou waar dit is. Ons sal niemand help deur die standaard te verlaag nie,” sê Volmink.

Hoewel die slaag persentasie vir NSS kandidate nie rooskleurig is nie, spog kandi-date wat die IEB eksamen afgelê het met ‘n 98.30% slaagsyfer. Potgietersrus CVO Skool is een van dié skole wie se Graad 12’s van 2015 ‘n 100% slaagsyfer behaal het.

Noordelike Nuus sal aanstaande week berig oor die skole se top Graad 12 presteerders.

Bo: André Horn, skoolhoof van Waterberg High School is saam met van sy 109 matrikulante van 2015 verheug oor hulle uitslae. Die skool se slaagsyfer is 99.1% waarvan sowat 74% met univer-siteitstoelating.

Regs: Potgietersrus CVO Skool se Graad 12 leerders van 2015 wat ‘n 100% slaagsyfer in die IEB eksa-men behaal het.

Onder: HPP se slaagsyfer is 95% waarvan 55% universiteitstoelating het. Die toppresteerder is Masejeng Leso (onder) met ses onderskeidings en Gajan Devandran (regs) met vier onderskeidings.

Page 3: Nn08 01 issuu

8 JANUARIE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Ellisras Hoërskool se skool-hoof, Louis Campbell, is trots op sy matrieks wat ‘n 91,7% slaagsyfer behaal het.

Alize Hoepfner het ‘n allemintige agt onderskeidings behaal met ‘n gemiddeld van 87,6%, Sarel Haasbroek het sewe onder-skeidings behaal en Kyla Strydom en Mericia van Deventer spog met ses onderskeidings elk. Hilde van Staden het vier onderskeidings gekry terwyl Estefan Pieterse drie onder-skeidings gekry het. Flippie Booysen, Vaugh-nique van Schalkwyk en Patricia Malapile het elk twee onderskeidings gekry en Marne Pre-torius, Alicia Slykhuys, Augustine Semenya en Johan Ross het elk 'n onderskeiding gekry.

“53 van ons leerders kwalifiseer om ‘n Graad te gaan studeer op universiteit terwyl 55 ‘n diploma kan bekom en 14 van ons leerders sal ‘n sertifikaat kan verkry met hul uitslae,” het Campbell gesê.

Die beste vakpersentasies is behaal deur Sarel Haasbroek vir wiskunde, fisiese weten-skap, ingenieurs grafika en ontwerp en IT. Flippie Booyse het die beste presteer in rek-eningkunde, Kyla Strydom in lewenswetens-kappe, Kopano Mamupu in geskiedenis, Alize Hoepfner doen die beste in geografie en Afri-kaans huistaal. Patricia Malapile en Honore Cocquyt deel die titel vir beste persentasie in Engels huistaal. Middah Mokgerepi is die beste presteerder in Sepedi huistaal,Kyla Strydom stof die ander uit in Engels eerste addisionele taal, rekenaartoepassingstegnolo-gie en lewensoriëntering. Patricia Malapile is die beste in Afrikaans eerste addisionele taal, Werner de Klerk in beste in wiskunde geletterdheid, Tshego Matabologa is die beste in besigheidstudies, Estefan Pieterse is die beste in toerisme en Maricia van Deventer behaal die beste persentasie in visuele kuns.

Uitblinker matrieks maak skool trots

Hou volgende week se Noordelike Nuus dop vir inligting oor die uitslae en uitblinkers in die Bosveld-omgewing.

Bo: Kyla Strydom van EHS het sewe onderskeidings behaal. Hier is sy saam met haar voogonderwyseres, Mev Adri Gerber.

Regs: Alize Hoepfner is Ellisras Hoërskool was 2015 se Rassie van die Jaar en Dux-leerder en met 'n indrukwekkende agt onderskeidings en 'n gemiddeld van 87.6% is Alize Hoepfner die skool se top presteerder. Buiten haar gewone vakke het Alize ook die IEB-eksamen afgelê in Gevorderde Program in Wiskunde waarvoor ook 'n onderskeiding het, sy het dus altesaam agt onderskeidings!

Page 4: Nn08 01 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 8 JANUARY 20164

MOKOPANE: 112 Thabo Mbeki Dr., Unit 5, Mokopane, 0600 Tel: 015 491 3082 Fax: 086 614 6209 Email: [email protected] LEPHALALE: Onverwacht Business Centre, 0557 Tel: 014 763 5132 www.noordnuus.co.za Find us on Facebook!

OORDELIKE UUS ORTHERN EWSN NDie waarheid sonder voorbehoud! The truth without prejudice!

8 000 weeklyFREE BECAUSE IT’S PRICELESSwww.noordnuus.co.za

The team:Adverts: Editorial:Engela Cilliers- 083 309 4506 (Lephalale) Amanda Basson - 014 763 5132Lezandrè Enslin- 082 356 7421 (Mokopane) Martie Le Grange - 015 491 3082

Accounts & Admin: Jenine van der Westhuizen 015 491 3082Publisher: Helena Raats (Bosveld Bulletin cc ) 015 491 3082

Deur Martie Le Grange ([email protected])

“Ek voel die diere se pyn.” Só sê ‘n baie ontstelde Marcelle Maritz, bestuurder van die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV), nadat die vereniging hul hande vol gehad met talle verskrikte en gemartelde diere gedurende Nuwejaarsvieringe.

Hoewel jaarlikse vuurwerkvertonings skouspelagtig is en deel geword het van baie se tradisie om die Nuwe Jaar aan te kondig, sê Maritz, en baie diereliefhebbers stem met haar saam, dat dit ten koste is van baie diere se veiligheid. Baie troeteldiereienaars het soos elke jaar gespook om hulle diere kalm te hou.

“Mense hou eenvoudig nie by die vuur-werk wette nie en verstaan nie of gee nie om oor die skrikwekkende uitwerking wat vuur-werke op diere het nie,” voeg Maritz by. Die DBV het baie verskrikte diere versorg waarvan sewe noodgedwonge uitgesit moes word.

Vonke spat oor vuurwerke

Hierdie hond is by ’n woning op die Planknek plotte dood aangetref waar hy van buite deur die diefwering in die huis probeer kom het nadat hy verskrik was deur vuurwerke.

Maritz het berig dat talle diere gruwelik vermink en dood is nadat hulle paniek-bevange deur heinings of vensters probeer wegvlug het. Die onuitstaanbare geraas van vuurwerke word jaar na jaar deur onverant-woordelike individue afgevuur in woonge-biede. Dit is ‘n strafbare misdryf, sê Maritz. Sy voeg by dat sy egter teleurgesteld is in die polisie wat volgens haar nie gereageer het op twee persoonlike klagtes oor onwettige vuur-werke wat in die woongebied afgevuur is nie.

In ‘n spesiale handleiding oor vuurwerke sê die DBV katte en honde het ‘n baie fyner gehoor as mense en is selfs sensitief vir klank en geluide wat heeltemal onhoorbaar is vir die mens se oor. Honde se gehoor is na raming vyf keer meer sensitief as mense s’n. Katte se gehoor is nog twee keer fyner as dié van honde.

Die DBV poog om vanjaar alles in hulle vermoë te doen om die afvuur van vuurwerke in die toekoms te verban.

LEPHALALE – Na ‘n lang stryd teen kanker is ‘n geliefde inwoner van die dorp, Hen-drick Kock, Maandagoggend oorlede.

Gerda Fox, wat agt jaar vir Kock gewerk het (hy het as oogkundige gepraktiseer), sê dat hy ‘n fenomenale mens was wat altyd ‘n grappie gehad het om enige iemand enige dag op te kikker. “Ek het nie woorde om te beskryf hoe hartseer ek is om totsiens te sê aan so ‘n mooi mens wat altyd gestraal het nie,” het ‘n bewoë Fox gesê.

“Al wat ek kan sê is dat ek baie lief is vir my pa," het Kock se dogter, Nadia, baie hartseer gesê. Die leemte wat Kock laat was duidelik in Nadia se weemoed.

Kock was ‘n jare lange inwoner van Lephalale wat tot verlede jaar Augustus nog gepraktiseer het. “Hy het ‘n unieke manier gehad om altyd sy pasiënte gemaklik te laat voel en te kon laat glimlag,” onthou Fox.

Kock word Saterdagoggend 10:00 vanuit die Hervormde Kerk in Lephalale begrawe.

Geliefde oogkundige sterf

Foto: Facebook

Besige jaar lê voor vir skone Malinda

By Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – The Zimbabwean nationals who were desperate for shelter and tempo-rarily housed at the Disaster Management Centre in Onverwacht seemingly disap-peared overnight.

About 83 Zimbabweans were allegedly involved in a wage dispute last year with a well-known farmer in the Marken area.

According to warrant officer Frans Mo-koena of the Lephalale police, the group also had women and small children with them and approached to the Villa Nora police sta-tion on 9 December after the utilities was cut off on the farm where they allegedly refused to leave.

“The Villa Nora police then assisted the Zimbabweans by taking them to the Lepha-lale municipality in order to make arrange-ments for a place for them for shelter,” says Mokoena, explaining that they had nowhere to go.

Temporary tents were erected at the Disaster Management Centre. “We don’t want to go back to Zimbabwe until we have received the money owed to us,” one of the Zimbabwean nationals, William Dube, told Northern News in December.

On 27 December residents in Herman street reported that the group had moved into a park in front of the police station. “The Zimbabweans alleged that they heard gun-shots near the Disaster Management Centre during the early hours of the morning and decided that it would be safer to be near the police station,” said Stephen Manamela, a DA councilor in Lephalale.

On 29 December the group had left the park and their whereabouts could not be traced. Their labour dispute case will be heard in Lephalale in March 2016. Efforts were made by Northern News to get hold of the farmer in question, but he was unavail-able at the time of going to print.

Where did the Zimbabwean farm workers go?

Photo: The tents at the Disaster Management Centre that were erected by the Lephalale municipality

LEPHALALE - Nog ‘n droom is bewaarheid vir Malinda du Plessis, ‘n 17-jarige leerder aan Hoërskool Ellisras, toe sy gekroon is as  Wenner van Face of T’aquar Models by Palm Park hotel op 5 Desember. Malinda sien vreeslik uit na al die uitdagings wat haar nuwe titel inhou. Sy het ‘n jaar kontrak by T’aquar Models losgeslaan en die agentskap sal dan ook haar bemarking behartig terwyl sy haar finale jaar op Hoërskool voltooi.

Page 5: Nn08 01 issuu

8 JANUARIE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

MOKOPANE: 112 Thabo Mbeki Dr., Unit 5, Mokopane, 0600 Tel: 015 491 3082 Fax: 086 614 6209 Email: [email protected] LEPHALALE: Onverwacht Business Centre, 0557 Tel: 014 763 5132 www.noordnuus.co.za Find us on Facebook!

OORDELIKE UUS ORTHERN EWSN NDie waarheid sonder voorbehoud! The truth without prejudice!

8 000 weeklyFREE BECAUSE IT’S PRICELESSwww.noordnuus.co.za

By Martie Le Grange ([email protected])

MOGALAKWENA – The police had their hands full over the December holiday ac-cording to reports received from Constable Sello Leso (Mahwelereng police spokesper-son) and Constable Irene Masingi (Moko-pane police station spokesperson). Their duties over this time of year included a gen-eral operation entailing patrols around town leading to several arrests. The police also dealt with serious cases.

16 DecemberMAHWELERENG - The police arrested 16

men and a woman on charges ranging from public drinking to illegal gambling. “This was part of our festive season campaign aimed at reducing the levels of crime and deaths incurred every year as a result of celebrations during the period of the year,” said Leso.

TINMYNE - The police found the body of a man hanging from a tree. He was later identified as Jacky Mabote (37). His sister, Maggy Mabote, told the police they were looking for him the day prior to the incident. Tinmyne police is investigating an inquest case to determine whether the man commit-ted suicide or if foul play was involved.

18 DecemberMOKOPANE – Mokopane police had an

operation at the shopping malls to address crimes that are a challenge. The police ad-vised shoppers to be alert and to guard their belongings, especially while shopping as pick pocketing and ATM fraud occurs and esca-lates over the festive season.

21 DecemberSTEILLOOP – Mahwelereng police is in-

vestigating a case of culpable homicide after two people were killed in an accident on the N11 Steilloop road. A Toyota Avanza over-turned and two passengers died on the scene - Lethabo Mathapa (14) and Lizzy Mathapa (70) from Gamabitsela in Moletji. Other oc-cupants sustained injuries and were taken to hospital.

LEPHALALE – An accident during the early hours of Tuesday morning claimed the lives of six people, one of which was a four year old child.

According to warrant officer Frans Mo-koena of the Lephalale police a Toyota bakkie carrying 19 people swerved to avoid hit-ting two ant eaters on the Vaalwater road, 17 km outside Lephalale, when the vehicle overturned. Six of the occupants died during the accident and 13 others obtained serious injuries and were transported to Lephalale hospital.

The severely overloaded vehicle was al-legedly on its way from Zimbabwe to Johan-nesburg when the accident occurred. A case of culpable homicide is being investigated by the police.

Law enforcement kept busy over the holidays

BAKENBERG – Tinmyne police are in-vestigating the murder of Solomon Lelaka (25) of Pudiakgopa Bakenberg. Lelaka was stabbed with a knife at one of the local tav-erns. He was taken to hospital and died the following day after he was discharged. A 24-year-old man was arrested and pleaded not guilty in the Mokerong magistrate court.

25 DecemberBLINKWATER – Tinmyne police are in-

vestigating a case of housebreaking and theft at Blinkwater where four men forced entry to the outside building at the farm where they stole three firearms, an undisclosed amount of ammunition and the property owner’s white Ford Ranger. The vehicle was recovered on 31 December in Masheshane Village where it was involved in an accident. A shoot-out occurred and one occupant was found dead inside the Ranger. The suspects are still at large.

MAHWELERENG – A 38-year-old secu-rity guard was robbed of his 9mm pistol, six rounds of ammunition and his cellular phone while guarding a business in Mahwelereng on Christmas day. Two suspects held him at gunpoint and then fled with an unidentified car. No arrests have been made yet.

26 DecemberMAPELA – A Lerato Ngoako Langa (29),

known as Magope in Mapela, died at a lo-cal clinic after being assaulted by a group of boys. Police investigations are continuing. Two suspects, Thapelo Ramashala (22) and Benedict Molele (23) have been arrested and appeared in court.

29 DecemberBAKENBERG – Malose Sebogoane (32)

was reported missing on 29 September. His body was found in a bush at Bakenberg. Sebogoane was identified by his mother. The police is investigating possible murder as the victim’s car has not been found.

MAHWELERENG – Moses Mabusela (25) was robbed of R500 and his cellular phone at Zone 1 next to Molala Hotel. The police have arrested Jeffrey Baloyi (27) in connec-tion with the robbery. He appeared in the Mokerong magistrate court on 30 December and pleaded not guilty on charge of armed robbery.

MAPELA – Two security guards were overpowered and robbed at Mapela by four men on the night of 29 December. The rob-bers fled with the guards’ cellular phones and diesel drums used on drilling machines at the premises where they guarded.

MAHWELERENG – A shooting took place at Leroleng’s Tavern in a case of attempted murder where Phuti Calvin Tsweleng (26) was shot at multiple times by an unknown man. He escaped unharmed. Tsweleng’s car was also damaged in the shooting. No ar-rests have been made.

1 JanuaryMAPELA – Thomas Rasimathi Chauke’s

life ended at the age of 50 on New Year’s Day after he was stabbed to death at Mole-kane Village in Mapela. Police are investigat-ing.

ENTABENI – A tragedy took place on New Year’s Day when the 5 -year-old Ke-abetswe Thomas Matsemane drowned in a swimming pool at the Entabeni resort. All attempts to save the child were unsuccessful. Matsemane died upon arrival at the hospital.

LEPHALALE – A 36 year old man was arrested with 4.3 grams of cocaine hidden in his car’s steering wheel on 24 December. The man was arrested by members of the dog unit during a crime prevention operation and appeared in the Lephalale magistrate’s court on a charge of possession of drugs.

Overloaded vehicle crash leaves six dead

Cocaine hidden in steering wheel

Electricity for Christmas

SHONGOANE – The mayor of Lephalale, Jack Maeko, switched on electricity at Shongoane Extension 3 on 24 December, as part of the municipality’s rural development programme. The programme focuses on providing basic services to rural areas in the Lephalale municipal area like water, electricity and sanitation.

Page 6: Nn08 01 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 8 JANUARY 20166

Page 7: Nn08 01 issuu

8 JANUARIE 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

LIMPOPO – Phophi Ramathuba, LUR van gesondheid in die provinsie het haar geluk-wensing uitgespreek teenoor die ouers van die 91 pasgeborenes wat op Nuwejaarsdag hulle opwagting in Limpopo hospitale ge-maak het. Altesaam 193 babas is tussen Kersdag en Nuwejaar gebore.

Die eerste nuwe jaar babas in die George Masebe, Mokopane en Voortrekker Hospitale onderskeidelik in Mokopane, is deur ‘n af-vaardiging onder leiding van Parks Sebatjane, burgemeester van die Mogalakwena Munisi-paliteit in die wêreld verwelkom.

Die span het ook geskenke aan die eerste vyf moeders van 2016 gegee. Die geskenke bestaan uit babaklere en speelgoed. Nog 26 moeders wat op die Oujaar geboorte gegee het, het ook geskenkies ontvang. Van die pakkies is deur Pick ’n Pay geskenk.

“Die geboorte van ‘n baba is ‘n vreugde-volle gebeurtenis en ons weet daar is altyd belang in die eerste babas van die Nuwe Jaar. "

Sebatjane het ouers aangemoedig om hulle babas spoedig by die departement van binnelandse sake te registreer.

Provinsie 193 babas ryker

Parks Sebatjane, burgemeester van die Mogalakwena Munisipaliteit oorhandig ’n geskenk aan ’n trotse ma van ’n Nuwejaars-dag baba wat in die Mokopane Hospitaal gebore is.

SHONGOANE – The Mayor of Lephalale, Jack Maeko, municipal councilors and tribal leaders distributed groceries to pensioners in Shongoane on 24 December. The elderly people received goods that included teabags, sugar, body lotions, toothpaste, canned products, washing powder and flour.

Goodies for pensioners

Page 8: Nn08 01 issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UWIMPY delivers in

Ellisras and Onverwacht. Call Alma on

082 879 1582 to place your order.

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Met die aanbreek van ‘n nuwe jaar besluit baie mense om ‘n gesonder leefstyl te volg en van

daardie ekstra bietjie vet om die middellyf ontslae te raak, maar soms waai die goeie voornemens teen Februarie reeds by die deur uit.

“Ek is glad nie ‘n voorstander van kits-diëte nie en moedig eerder mense aan om gesond te eet en ‘n oefenprogram te volg,” sê Jolene Shepherd, wat elke weeksdag Boot camp klasse aanbied.

Volgens Shepherd moet mense wat gewig wil verloor realisties wees wanneer hulle met ‘n oefenprogram begin.

“Mens tel nie oornag gewig op nie en moet daarom ook besef dat jy nie oornag die gewig kan verloor nie.”

Gerhardt Theron van Srixzone gimna-sium in Lephalale stem saam.

“Dit vat ongeveer ‘n maand voordat jy self begin agter kom dat jy gewig verloor het. Binne twee maande sal die mense naby aan jou agterkom dat jy beter lyk en binne drie maande sal mense wat jou nie elke dag sien nie die verandering kan raaksien,” ver-duidelik hy.

“‘n Gesonde leefstyl is gebaseer op vier elemente wat insluit genoeg slaap, gesond eet, krag oefeninge en kardio oefeninge.”

Volgens Theron is een van die grootste

Holidays no time to rest for Anette!LEPHALALE - Anette Eicker proved that the holidays should not be an excuse for laziness when she completed her 50th Park run at the Mogol Club on 19 December.

Nuwe jaar - fikser jy?foute wat mense maak, wanneer hul begin oefen, om hulself elke dag te weeg. “Spiere wat uitsit tydens oefening kan dalk meer wees as die hoeveelheid vet wat verbrand word, maar die persoon weeg nog steeds dieselfde. Ek verkies om eerder kliënte te meet en sodoende ‘n beter idee te gee oor die effektiwiteit van ‘n oefenprogram.”

Die tipe oefenprogram wat ‘n persoon volg sal afhang van elkeen se persoonlikheid en individuele voorkeure. “Ek vind dat mense wat daarvan hou om sosiaal te verkeer beter doen in ‘n groep terwyl introverte verkies om individuele sessies te doen,” sê Shepherd.

Iemand wat besluit om ‘n aktiewer leef-styl na te volg hoef ook nie noodwendig by ‘n gimnasium aan te sluit nie. Die Mogol Klub het elke Saterdag ‘n baie gewilde Park run waaraan oud en jonk kan deelneem terwyl Lephalale se immergroen gholfbaan altyd ‘n gewilde keuse bly.

“Mense moet onthou dat die doel met enige oefenprogram nie uitsluitlik is om gewig te verloor nie, maar eerder om ‘n ge-sonder gelukkiger persoon te wees wat beter slaap, beter konsentreer en ‘n beter lewen-standaard handhaaf,” sê Theron.

Vir inligting of om aan te sluit by Srixzone kan inwoners die gymnasium skakel by 084 849 4987 of [email protected].

Jolene Shepherd kan gekontak word by 072 079 8038 vir haar Boot camp klasse.