New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1...
Transcript of New Eldo-Info Nuusbrief 24 Julie 2020 · 2020. 8. 24. · 3 AKADEMIE KWARTAAL 1 RAPPORTE Kwartaal 1...
ELDO-INFO 2017
Eldo-Info Nuusbrief – 24 Julie 2020
www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne
GEDAGTE VIR DIE WEEK
DIE HERE BEWAAR ONS VAN DINGE WAT ONS NIE WEET NIE
Psalm 91:11 “Hy sal Sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan..”
Ek was maar net meer as 16 jaar toe ek begin werk het as ’n lokomotief-passer by “Die Suid Afrikaanse Spoorweë”
soos ons dit destyds geken het.
Op ’n dag toe hulle die outomatiese stoker moes konnekteer aan ‘n lokomotief, het ek in die put gestaan, reg onder
die lokomotief waar die outomatiese stoker sou kom. My werk was om ‘n splytpen (“splitpin”) deur ‘n staaf te kry en
dit oop te buig. Bokant my was die man in die hyskraan besig om die outomatiese stoker (wat ’n paar ton geweeg
het) stadig te laat sak, totdat van die ambagsmanne dit kon vasmaak aan sy posisie. Die staal kabels was, volgens my,
sterk genoeg om die gewig te dra. Ek het dus sonder vrees daar gewerk.
Die plek waar ek gewerk het, was baie nou en dit was nie maklik om met my hande daar te werk nie. Net toe ek weer
eenkeer na vore beweeg hoor ek mense skreeu en gil toe die kabels breek en die outomatiese stoker na benede
stort! Hoe ek nie verbrysel was nie, bly ‘n wonderwerk. Al wat met my gebeur het, was dat ‘n stuk staal my oorpak se
broek aan die agterkant netjies oopgesny het. Aan my liggaam was daar geen snymerk of stukkende plek nie.
Die sloot waarin ek gestaan het, het die stoker se val gebreek en ek kon tussen die lokomotief se wiele uitkruip. Die
werkers wat daar was, het met verbasing na my gekyk, sonder om ‘n verdere woord te praat. Ek het weggestap en
eers na heelwat treë verder, het albei my bene totaal lam geword. Die Here was met my en het my lewe gespaar. Ek
gee vandag eer aan Hom!
God het jou al bewaar van dinge wat jy nie eers weet nie. Miskien van ‘n motorongeluk óf van ‘n slang in die veld?
Een ding weet ons: Die Here is ons bewaarder van alle onheil.
2
ELDO-INSPIRASIE
Benodig jy ‘n emosionele opkikker? Gaan kyk gerus na die inspirerende video’s wat elke week op ons sosiale media gedeel
word. Dit is spesiaal vir elke Eldo-leerder, ouer en die gemeenskap! Kyk hierdie week se video deur die onderstaande
skakel te volg:
https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/278677006554466/
https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/338602280861747/
COVID-19
ELDO-INLIGTING VIDEO
Gaan kyk gerus na ons eerste Eldo-Inligting video op ons YouTube-kanaal. Ons gesels oor Covid-19, wat wetgewing
onder vlak 3 van ons verwag en hoe dit by ons skool gaan.
https://www.youtube.com/watch?v=EiPNqZCXTj8&feature=youtu.be&fbclid=IwAR1w-
7_Ibs5ze37HZ2Oecsl7Yz700UxhYzY4LkvVsDX8a-P7sFWgaEgfG1k
MAATREëLS
Neem asseblief kennis van die onderstaande. Ons vra elkeen se samewerking om die gesondheid van ons leerders en
personeel te verseker.
Dankie vir almal se opofferinge om die Eldo’s se gesondheid te prioritiseer!
3
AKADEMIE
KWARTAAL 1 RAPPORTE
Kwartaal 1 se rapporte sal op Vrydag, 24 Julie 2020 per e-pos aan ouers gestuur word. Dit sal slegs akademiese uitslae
wees. Daar sal nie ‘n Handel-en-Wandel-verslag beskikbaar wees nie.
Indien u vir amptelike aansoeke die rapport op die skool se briefhoof benodig, kan u met me Annette Botha in
verbinding tree. Haar e-pos adres is: [email protected]
MINI-EKSAMEN 25 JULIE 2020
Die graad 10- tot 12-leerders skryf aan die begin van elke sessie. Wanneer ‘n vraestel se tyd verstreke is, sal hulle uit
die skryflokaal verskoon word. Indien ‘n leerder nie sessie 2 ook skryf nie, moet hulle asseblief die terrein verlaat
wanneer u hulle kom haal. Indien ‘n leerder wel sessie 2 ook skryf, beweeg hulle na die area voor die L-blok en
paviljoen by die astro-baan.
Daar sal toesig van personeel op terreindiens wees, totdat hulle vir die begin van die volgende sessie by hulle spesifieke
skryflokaal aanmeld.
Indien ‘n leerder eers sessie 2 skryf, meld hulle betyds aan by die onderskeie hekke, waarna hulle wag by hul
versamelpunte, totdat hulle na die lokale moet beweeg waar hulle skryf.
Leerders skryf dus dadelik na die administratiewe proses afgehandel is. Ons tref hierdie maatreëls om ons leerders
volgens Covid-19-prosedures in ‘n veilige omgewing te assesseer.
Leerders met komorbiditeite mag nie na die versamelpunte beweeg nie. Hulle moet in die tyd wat hulle by die skool
wag vir ‘n volgende sessie of tydens pouse, na die onthaallokaal by die A-rugbyveld beweeg, waar hulle weg van ander
leerders, geakkommodeer sal word.
LOKALE WAAR LEERDERS SKRYF
Lokale waar graad 10 tot 12-leerders skryf op Saterdag, 25 Julie 2020, sal teen Vrydag, 24 Julie 2020 op die D6
Communicator en op die onderskeie graadgroepe se Whatsapp-groepe geplaas word.
DEPARTEMENT VAN BASIESE ONDERWYS: SLUITING VAN SKOLE
Daar is ‘n brief op die D6 Communicator gelaai vir u dringende aandag. Hier volg ‘n uittreksel uit die brief:
Daar was die laaste paar weke verskeie bespiegelinge in die media en samesprekings onder organisasies rakende die
moontlike sluiting van skole as gevolg van onder andere die skerp styging in Covid-19-gevalle. Ons verstaan daar heers
baie onsekerhede by u.
Die NCBR, die kabinet en ander onderwysgroepe het samesprekings gevoer, saam met die Minister van Basiese
Onderwys, me Angie Motshekga. Na die onderhandelings het President Cyril Ramaphosa gisteraand uitsluitsel gegee en
aangekondig dat alle skole vir die volgende vier weke sal sluit.
Na hierdie aankondiging het die lede van die Skoolbestuur en ander verteenwoordigers van die skoolgemeenskap ‘n
vergadering belê en die volgende besluite is geneem:
4
Die geskeduleerde eksamen vir leerders in graad 10 tot 12 van Saterdag, 25 Julie 2020, gaan voort soos beplan. Die
skool is dan vanaf Maandag, 27 Julie 2020 amptelik gesluit, soos aangekondig deur die President.
WATTER IMPAK HET DIT OP HOËRSKOOL ELDORAIGNE?
Graad 12:
Mini-eksamen:
3 – 7 Augustus 2020
Akademiese reses:
11 – 14 Augustus 2020
Kontakonderrig neem aanvang:
17 Augustus 2020
Bogenoemde is ook bespreek met ons leerder leierkomponent in graad 12.
Die aanpassing ten opsigte van die res van die akademiese jaar, sal aan u gekommunikeer word, sodra die amptelike
inligting vanaf die Departement van Basiese Onderwys ontvang is.
Graad 8-11
Skool open:
24 Augustus 2020
Mini-eksamen:
24 Augustus 2020 – 8 September 2020
Die moontlikheid bestaan dat ons vroeër met sekere grade sal begin met ons bestaande MS Teams platform, na gelang
van die behoefte en relevante inligting tot ons beskikking. Ons vertrou dat u ons sal ondersteun in hierdie moontlike
scenario.
Verdere detail en finale reëlings rakende die mini-eksamen en kontakonderrig vir graad 8-11 sal spoedig aan u
deurgegee word. Die aanpassing ten opsigte van die res van die akademiese jaar, sal aan u gekommunikeer word, sodra
die amptelike inligting vanaf die Departement van Basiese Onderwys ontvang is.
BUSVERVOER
BUSVERVOER TYDENS MINI-EKSAMEN
Neem asseblief kennis dat die vervoer reëlings tydens die mini-eksamen soos normaal sal voortgaan. Ons doen ‘n
beroep op leerders om sy/haar details aan die betrokke graadhoof te stuur sou die leerder van busvervoer gebruik wil
maak. Die op- en aflaai tye sal met leerders gekommunikeer word via die WhatsApp groepe.
Enige navrae kan aan mnr. Ephraim Mohale gerig word by: [email protected]
*Busvervoer is onderhewig aan ‘n geldige buskaartjie.
5
SPORT
ELDO’S VERWELKOM WYNAND OLIVIER
Dit is vir ‘n groot voorreg om voormalige Blou Bul en Springbok speler, Wynand Olivier, by Hoërskool Eldoraigne se
rugby-span te verwelkom! Wynand sal by die strategiese ontwikkeling van spelers en afrigters betrokke wees, asook
afrigting. Welkom by die Eldo-span, Wynand, ons sien uit na ‘n blink toekoms saam!
https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/3420752541292024/
Wynand Olivier as Springbok
RUGBY: OLD-BOYS
Alle Eldo-Rugby Old-Boys word hartlik uitgenooi om deel van
ons WhatsApp-groep te word deur die volgende skakel te volg:
https://chat.whatsapp.com/Cr7AGg6gigq7Ra7OsGQ7JS
Vir meer inligting kan mnr. Jacques le Roux gekontak word by:
KRIEKET
Hoërskool Eldoraigne se krieketakademie, Cricket101, is steeds hard aan die werk om seker te maak dat alle spelers se
vaardighede op standaard bly nou dat daar geen sport mag plaasvind nie. Volg gerus die onderstaande skakel om na
week 8 se video’s te kyk:
https://www.hseldo.co.za/cricket101
6
E-SPORT
Op Woensdag, 22 Julie, het ons e-gaming liga met mening en groot sukses weggespring!
Die eerste stryd se uitslae is as volg:
Eldo-Outcasts vs PHBS wen 16-3
Eldo-Dynasty vs Grace College wen 16-0
Hierna moet al die ander skole se spanne voorwaar kennis neem van die Eldo e-gamers!
KULTUUR
ELDO-KUNSTEFEES
Maak jou merk in Eldo-geskiedenis deur deel te neem aan die eerste virtuele Eldo-Kunstefees. Moenie hierdie unieke
geleentheid mis nie, hopelik is dit ‘n eerste en laaste!
Kyk gerus na die onderstaande video vir meer inligting:
https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/282458229529119/
Alle navrae kan aan juf. Vinkie Schaap gerig word by: [email protected]
ELDO-RIDENTE
Daar is niks so spesiaal soos om, saam in eenheid, saam met ons Eldo-vriende te kan sing nie! Ons skoolkoor reis die
land vol en slaan gehore se asems weg met hul talent. Jarelange vriendskapsbande word gebou tussen die hard oefen
en saam lag! Kyk gerus na die onderstaande video om hierdie eenheid te ervaar:
https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/3118489684901165/
REDENAARS, ORATORS, DEBAT EN TWEETALIGHEID
Eldo-redenaars, Orators, Debat en Tweetaligheid: ons Eldo's kan hul stemme laat tel! Ons maak ‘n impak op elke
platform waar ons deelneem. Ons kan voorwaar spog as die beste redenaarskool in Pretoria!
Volg die volgende skakel om te sien sodat ons julle kan oortuig:
https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/1311657172559132/
7
WELWILLENDHEID
DIE WOODROCK-PROJEK
Baie dankie aan almal wat die Leierraad-Welwillendheidskomitee se Woodrock Animal Rescue Sentrum projek
ondersteun het. Elke skenking vir die diere word opreg waardeer! Die items word volgende week by Woodrock Animal
Rescue aflewer.
PERSONEEL
LIEF EN LEED
Juffrou Solani van Onselen het geboorte geskenk aan hul tweede seuntjie, Jayden van Onselen. Baie geluk met
sy geboorte, Juffrou! Ons glo hy gaan vir julle as gesin baie vreugde en seën verskaf!
Mnr. Ephraim Mohale het ook die titel van ‘oupa’ ryker geword met klein Lwandle se geboorte! Mag sy vir julle
as familie eindelose spesiale herinneringe en vreugde verskaf, Meneer!
Jayden van Onselen Lwandle Mdletshe
8
PERSONEEL VERJAARDAE
Baie geluk aan die volgende personeellede wat binnekort verjaar. Ons wens julle ‘n besonderse lewensjaar toe vol
vreugde en voorspoed!
Juf. Anna-Marie Snyman Me. Carol Etsebeth
28 Julie 2020 31 Julie 2020
ELDO-OMNIA
BESKIKBARE TYE
Neem asseblief kennis dat die Drakie Den oop sal wees wanneer daar leerlinge op die terrein is.
Dit sluit die mini-eksamen se eerste toets op 25 Julie 2020 in, assok tydens die graad 12-eksamenweek en wanneer die
res van die grade weer terugkeer vir onderrig.
Maaltye kan ook vir aandete bestel word wat na skool afgehaal kan word. Navrae kan gerig word en kos kan per
WhatsApp bestel word op die volgende nommer:
066 219 8385
SPYSKAART
Besigtig die snoepie se heerlike spyskaart deur die volgende skakel te volg:
https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5f1a98f3804b4893151832.pdf?15956076
61
Alle etes word op bestelling gemaak en kan werklik aanbeveel word, veral die tramazinni’s!!
9
SOSIAAL
SKOOL MET DIE BESTE GEES
As ons die woorde: ‘Skool met die beste gees’ hoor, roep dit herinneringe van samesyn, geesvang en die Eldo-vibe by
almal op! Dit is daardie Eldo-gees van die leerders wat ons die titel van “Skool met die beste gees” besorg het in 2019 en
in hierdie tyd wens ons, ons kan weer saam op die pawiljoen uit volle bors sing!
Kyk gerus na die volgende video om weer hierdie spesiale dag te herleef:
https://www.facebook.com/madeleen.ungerer/videos/pcb.10220080903799009/10220080902358973/?type=3&theater
https://www.facebook.com/madeleen.ungerer/videos/pcb.10220080903799009/10220080902878986/?type=3&theater
CLASSIC CLASH 2020
Die jaarlikse Classic Clash teen Hoërskool Zwartkop is altyd ‘n hoogtepunt vir almal wat deel daaraan het. Die sport,
kompetisie en tasbare gees is werklik iets wat net een keer per jaar gebeur.
Hierdie jaar moes ons vrede maak met die feit dat ons die Classic Clash gaan misloop en dit maar moet oorstaan.
Nietemin het Hoërskool Zwartkop se sportleiers ons hierdie week kom besoek en die ongelooflike oulike Corona-Clash
trofee aan ons oorhandig. Baie dankie aan Hoërskool Zwartkop se leiers en bestuur vir hierdie pragtige gebaar en
inisiatief! Ons sien uit daarna om mekaar weer in 2021 die stryd op die sportveld aan te sê!
Die Eldo- en Zwarrie-hoofleiers
10
ELDO-HARTE VAT HANDE
Ons omgeeprojek, Eldo-harte vat hande, het weer die voorreg gehad om vir ons Eldo's wat swaarkry heerlik kospakkies
te kon gee. Ons sê dankie vir almal se hulp. Onthou as jy vandag jou klerekas regpak, om ‘n ietsie opsy te sit vir ander
wat dit nodig het.
Vir meer inligting besoek gerus die volgende skakel op die webblad: www.hseldo.co.za/eldohartevathande
ELDO’S IN DIE MEDIA
ABIGAIL VAN DER MERWE
Abigail het verlede jaar, op 30 September, ‘n oudisie afgelê vir die rol van Nina in die kortfilm Twelve. Sy het met 13
ander dames gekompeteer en uiteindelik die rol losgeslaan. Ons sien uit na jou skitterende toneelspel, sodra die
kortfilm vrygestel word, Abigail!
Abigail van der Merwe
AWSUM NEWS
Die Eldo’s is alweer volop in die media! Awsum News het bietjie by die volgende leerders en spanne gaan inloer. Lees
gerus die artikels deur die onderstaande skakels te volg:
Toneel: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/kyk-hoerskool-
eldoraigne-is-een-van-die-top-toneelskole-in-
sa/?fbclid=IwAR25RPGRGFEtApVzcfIcO7HN8LYYzRfgeOnRpvNvY2chQ3IgAx0QREFm6qI
Eldo-Musiq: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/kyk-musikante-
leef-hul-passie-uit-by-hoerskool-eldoraigne/?fbclid=IwAR0BWgSg0ADkSqtwstkaJ_7hryN2SHYyPgef13enOZEbwwO9f--
K57GVaCs
11
Shandri Taljaard: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/klas-van-
2020-in-die-kollig-shandri-taljaard-van-hoerskool-
eldoraigne/?fbclid=IwAR2rBu1itR58cL9wB6mMIt7n1ozwD2NG7WhBqf2Jq_XKjCATkgZbME5HZw4
Werner Fourie: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/klas-van-
2020-in-die-kollig-werner-fourie-van-hoerskool-eldoraigne/?fbclid=IwAR0QFo8WZVjv9Dqo3_lwva6ZsSkh6ilCC5b-
mZlSffLBVLba8IcIYOn2zj8
Eerste dogtershokkiespanne: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-
eldoraigne/eldoraigne-vs-zwartkop-hoerskool-eldoraigne-se-a-
dogtershokkiespanne/?fbclid=IwAR0IS6MYDB_Qm90pRkY6d6p87hl8haQiLbtkgPAhggOzz7K6kPt6K6wWkos
Louis Conradie: https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/klas-van-
2020-in-die-kollig-louis-conradie-van-hoerskool-
eldoraigne/?fbclid=IwAR1sdCNe4WIsjoO8dbig034IWMPbyEVVAqOZs5nRPbns7CuzCZo4DcRnYmM
OUD-ELDO’S
CIARA BUYTENDORP
In die laaste twee weergawes het julle gelees van oud-Eldo, Ciara Buytendorp, en haar stryd met leukemia. Vandag het
ons wel wonderlike nuus om met julle te deel! Jesus het ‘n wonderwerk in Ciara se lewe verrig!
Na twee weke van onophoudelike gebed, het Ciara ‘n tweede toets versoek. Die resultate wys dat sy glad nie kanker het
nie, nêrens in haar liggaam nie!! Die dokter kan dit medies nie verklaar nie, hy weet nie hoe dit moontlik is nie. Ons
weet hoe groot ons Here Jesus is en dat Hy oor alles heers en dié geneesheer is! Weer eens bevestig dit dat God goed is
in die lig van beproewinge en verdrukking!
Ons vra asseblief dat almal God loof en dank vir Ciara se lewe en haar roeping wat sy nog moet vervul. Ciara, mag jy
spoedig jou mediese studies voortsit en ander se lewens aanhou verryk!
Ciara Buytendorp
12
KALINKA KILLIAN
Ons talentvolle oud-Eldo, Kalinka Killina, het vandag haar eerste enkelsnit vrygestel! Gaan luister gerus na die liedjie,
Falling, en hou haar fyn dop. Kalinka gaan nog hoë hoogtes bereik!
VAN TOEKA TOT NOU
Eldo-toneel is nog altyd ‘n besonderse gebeurtenis! Kan jy onthou in watter jaar hierdie toneelstuk opgevoer is en wie
die hoofkarakters was?
Geskiedenis speel ‘n baie belangrike rol in die lewe, geskiedenis is die boustene waarop ons voortbou om hoër hoogtes
as tevore te bereik. Daarom nooi ons alle oud-Eldo’s hartlik uit om hulle deel van die Eldo-geskiedenis met ons te deel!
Ons kan nie wag om te hoor en te sien hoe die tye verander het uit die mond van oud-Eldo’s nie! Stuur jou foto’s of
staaltjies aan: [email protected]
13
GHOLF PAKETTE
14
SCHOOLDAYS
Schooldays is ‘n platform waar elke individu Hoërskool Eldoraigne kan ondersteun deur inkopies by Dischem of deur
brandstof ingooi by Shell Fuel.
Volg gerus die skakel na hul webblad vir ‘n volledige verduideliking van die program: www.schooldays.co.za
Klik op die JOIN TODAY-knoppie
'n Registrasievorm verskyn wat ouers / opvoeders / administratiewe personeel invul om te verseker dat
Hoërskool Eldoraigne as begunstigde gekies is!
OF laai die School-Days-app af vanaf Google Play of die App Store af en kyk hoe maklik dit is. Registreer direk op
die app. Kies Hoërskool Eldoraigne as jou begunstigde.
Jou Dischem-lojaliteitskaart word outomaties aan Schooldays gekoppel wanneer jy registreer met jou details. Vir elke
aankope by Dischem verdien ons ETP’s vir die skool.
Schooldays is ook in vennootskap met Shell Fuel – jy het 'n digitale Shell-brandstofkaart wat in die app ingebou is. Ouers
verdien 15c per liter petrol en 20c per liter diesel vir die skool. Al wat jy moet doen, is om jou digitale Shell T-kaart aan
die petroljoggie te wys, of die 16-syfer-nommer vir hom / haar uit te lees en sodoende ekstra geld in te samel.
So ondersteun jy Hoërskool Eldoraigne met jou aankope. Julle konstante ondersteuning word opreg waardeer!
MYSCHOOL
Nou kan jy ons skool deur die MySchool App ondersteun. Laai vandag die MySchool App op jou selfoon af en registreer
Hoërskool Eldoraigne as die skool van jou keuse. Dankie vir die volgehoue ondersteuning van ons skool!
Volg gerus die volgende skakel vir ‘n volledig verduidelik oor hoe om die app te gebruik: https://youtu.be/LN9jJxkGI1o
15
ONS WENS ELKE LEERDER EN PERSONEELLID ‘N LEKKER
RUSKANS TOE.
ONS SIEN MEKAAR WEER BINNEKORT!