’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog...

14
Fransie Snyman, Katrien van Zyl & Wilsia Metz Tafeluitleg z Fokuspunte z Resepte z Selfdoenprojekte z Blomme ’N TAFEL VIR ELKE Geleeneid

Transcript of ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog...

Page 1: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

Fransie Snyman, Katrien van Zyl & Wilsia Metz

Tafeluitleg z Fokuspunte z Resepte z Selfdoenprojekte z Blomme

’N TAFELVIR ELKEGeleentheid

Page 2: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

InhoudInleiding 6Onthaal 9Kleur of tema 10Tafellinne 13Tafel dek 14Breekware 15Blomme, kerse en ander bykomstighede 16Tydsbeplanning 18Verwelkom jou gaste 18Gasgeskenke 20Musiek 20Algemene raad 21

GeleenthedeHerfs-nagewening 24

Verjaarsdag 28

Skemerkelkparty vir die toekomstige bruid 34

’n Somerpartytjie 40

Gesinspret 44

Netwerk oor middagete 50

Namiddagtee 54

Afskeid 60

Middagete vir vriendinne 66

Naamgeeviering 70

Formele ete 76

Oujaarsparty 82

Winterkoesterparty 88

Ontbyt saam met vriende 94

Verlowingsparty 98

Informele ete 104

Moedersdag 110

Vadersdag 114

Valentynsdag 120

Ooievaarstee 126

Lente-ontbyt 132

Huweliksherdenking 136

Graduering 142

Feesdae 148

Inwyfees 154

Resepte en patrone 160Erkennings 192

Page 3: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

Kleur of tema

Hoewel ’n spesifieke tema gewild is vir spesiale geleent hede en ’n opwindende uitdaging kan wees, kan dit ook beperkend wees. ’n Alternatief vir ’n spesifieke tema is om ’n kleurpalet vir ’n geleent­heid te kies: dit is nie net ’n saambindende element nie, maar bied jou ook buigsaamheid. Jy kan jou gunstelingkleure kies, of kleure wat by die seisoen pas, heersende neigings – enigiets wat jou inspireer. Wanneer jy een of twee skakerings gebruik, probeer om ’n aksentkleur in te sluit om die aandag as ’n fokuspunt te trek. Komplementêre kleure werk baie goed in so ’n geval.

Nadat ons lys van geleent hede vir die boek saamgestel is, het ons met uitvoerige beplanning begin deur inspirasieborde saam te stel. Ons het dit afsonderlik gedoen sodat daar ’n verskeidenheid style en kombinasies kon wees, en toe saam inspirasieborde aan geleent­hede gekoppel.

As jy nie ’n spesifieke agtergrond in gedagte het nie, is ’n inspirasie­bord ’n uitstekende beginpunt. Begin deur op ’n kleurskema te besluit, en gebruik dan tydskriffoto’s, foto’s op die internet wat jy uitdruk en blomme en blare uit jou tuin. Gebruik ook lint, lappies, geskenkpapier, papier met ’n interessant tekstuur, saadpeule of vere – letterlik enigiets wat jou kleurskema weerspieël. Maak ’n collage hiervan op ’n vel A3 papier of karton en kies jou tafellinne, breek­ware en versierings daarvolgens. Jy sal dikwels vind dat die foto’s op die inspirasiebord treffende aksentkleure, waaraan jy dalk nie gedink het nie, insluit.

10

Page 4: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

11

Page 5: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

TAFELELEMENTE

Tafeldoek: fuschia veloer

Onderborde: goud – en oordadig

Servette: goue taf

Breekware: ou porselein met gouddetail

Messegoed: perlemoenhewwe met swaar silwer detail

Glase: in juweelkleure

Blomme en kerse: kerse in juweelkleure, rooi rose, pers lisianthus, groen besembos

Bykomstighede: goue kandelaar, glasvase in verskillende vorms

en groottes en juweelkleure

Kos: wat is ’n verjaarsdag sonder koek?

Verjaarsdag’n Verjaarsdag is altyd ’n spesiale geleentheid: iets wat op ’n spesiale manier gevier moet word. Ekstra­spesiale verjaarsdae, soos wan­neer iemand 21, 30, 40, 50 en ouer word, behoort op ’n ekstra­spe­siale manier gevier te word. (En terwyl ons praat van ouer word – vind jy nie ook dat meer en meer mense 100 jaar oud word nie?) Jy kan die uitnodigings só bewoord dat dit na die persoon se ouder­dom verwys, soos Raai wie word mondig? vir ’n 21ste verjaarsdag of Die wysheid van die grysheid wanneer iemand 60 word.

Tensy dit ’n verrassingspartytjie is, vra die persoon wat verjaar uit oor haar gunstelingkleure en ­kos, of sy dalk ’n temapartytjie verkies, of ’n middagete of ontbyt eerder as ’n aandgeleentheid.

Ons het op ’n Boheemse stemming vir ’n dramatiese voorkoms besluit en het ’n verskeidenheid ryk juweelkleure gebruik. Die tafel­doek is ’n donker fuchsia veloer en is die perfekte agtergrond vir die pers, blou, wynrooi en goud van die ander elemente.

Die besonderse goue kandelaar, kerse in verskeie diep kleure, vase

met blomme en die koek vorm saam ’n ongewone middelstuk.

28

Page 6: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

5

Page 7: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

Verj

aars

dag

Die smaak van hierdie korslose mini-quiches (resep bl. 164) kan verander

word deur die spek en sampioene met, byvoorbeeld, hoender en uie te vervang. Maak vegetariese quiches

deur die vleis met geblansjeerde murgpampoentjies en gaar

botterskorsie te vervang. Hulle kan die vorige dag gemaak word, en kan tot

drie maande gevries word. Verhit hulle voordat jy hulle opdien.

Hierdie nachos is ’n goeie vegetariese happie en is maklik om te maak (resep bl. 165). Jy kan maalvleis of spek byvoeg indien jy dit verkies. Maak hulle net voordat jy hulle opdien, sodat hulle nie pap word nie.

Die tekstuur van die kleinbordjie en bakkie pas goed by mekaar: die treffende kleurkombinasie

kontrasteer lieflik met die koffiekleur van die plekmatjie.

36

Page 8: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

37

Kies jou mengeldrankies volgens jou kleurskema. Ons het pienk Palomas en blou-groen Karibiese Mis gemaak. Om die Paloma te maak, meng 250 ml (1 koppie) tequila, 500 ml (2 koppies) pomelosap en 45 ml (3 eetlepels) suiker in ’n drankiemenger vol ys. Skud totdat die suiker opgelos het. Skink in agt glase en vul met sodawater.

Om die Karibiese Mis te maak, meng 125 ml (1/2 koppie) rum, 250 ml (1 koppie) pynappelsap en 30 ml (2 eetlepels) blou Curacao in ’n drankiemenger vol ys. Skink in agt glase en vul aan met sodawater.

Vra elke gas om ’n glasfles met ’n bakmengsel, byvoorbeeld vir skons

of plaatkoekies, as geskenk vir die toekomstige bruid te bring. Die flesse

kan volgens die tema versier word. Klein kombuisgerei kan aan die flesse

vasgemaak word. Die gasvrou kan ook self sulke flesse vir die bruid maak.

Page 9: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

82

TAFELELEMENTE

Tafeldoek: wit geborduur met ’n koraalkleurige onderlaag

Servette: wit linne met ’n silwer streep

Onderborde: glas, versier met lint

Breekware: wit porselein

Messegoed: eenvoudig

Glase: sjampanje en rooiwyn

Blomme en kerse: koraal en oranje rose, lang wit kerse

Bykomstighede: driehoekige glasvase, kristal kershouers

Kos: pavlova met room en vars vrugte

Gasgeskenk: koraalkleurige macarons

Oujaarsparty Sommige mense hou daarvan om saam met ’n klomp mense afskeid van die ou jaar te neem; ander verkies weer ’n kleiner viering saam met familie en vriende. Ons het gedink dat ’n rustige aandete vir tien mense, met ’n dans terwyl die nuwe jaar ingewag word, ’n goeie keuse sou wees.

Koraal is vir ’n hele rukkie al ’n gewilde kleur; vir hierdie geleent heid het ons dit met kristal en glas gekombineer vir daardie tikkie glans.

Of julle gaan dans of nie, moet jou keuse van musiek tot ’n gelukkige, sorgvrye atmosfeer bydra – spandeer tyd om die regte musiek uit te soek. Daar is soveel om uit te kies; jy hoef ook nie ’n spesifieke ouderdomsgroep in gedagte te hou nie. Vandag se jongmense luister graag na die ‘goue oues’.

Met oujaarspartytjies drink mense dikwels meer as gewoonlik. Maak seker daar is genoeg water sodat mense hulle drankies met water kan afwissel. Maak ook seker dat jou gaste nie beskonke huis toe ry nie; laat hulle oorbly totdat hulle nugter is. Daar is baie maatskappye wat mense nà ’n partytjie huis toe sal neem – dis die een geleentheid waar jy so iets aan jou gaste behoort voor te stel.

Koraalkleurige macarons (resep bl. 176) in ’n sellofaan sakkie wat

met verskeie skakerings van koraal­kleurige lint vasgebind is maak ’n oulike gasgeskenk. Macarons kan

vir tot ’n week in ’n lugdigte houer in die yskas of by kamer temperatuur

gehou word. Hulle kan ook vir vyf tot ses maande gevries word.

Page 10: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

9

Page 11: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

154

TAFELELEMENTE

Tafeldoek: twee lae goiing

Plekmatjies: geweefde bamboes

Servette: saliegroen

Breekware: aardse groen en roomkleur

Messegoed: eenvoudig

Glase: water en wyn

Tafelversiering: bakstene

Blomme en kerse: echeveria en teeligkersies

Kos: individuele bierbroodjies in blikkies

Gasgeskenk: klein echeveria in versierde glasflessies

InwyfeesIn omgangstaal praat ons van ’n daknatmaakparty, maar ’n fees om ’n nuwe huis in te wy dateer uit die Middeleeue. Elke gas het ’n bondel vuurmaakhout gebring om lig en warmte te verskaf – dis ook die oorsprong van die Engelse term ‘housewarming’. Met elektrisiteit en binneshuise verhitting is hout nie meer nodig nie, en die geskenke het meer simbolies begin raak: brood, sodat die huismense nooit honger sal ly nie, wyn wat lewensgenot simboliseer, sout sodat alles smaaklik sal wees en suiker vir soetheid.

’n Inwyfees is gewoonlik informeel – veral as die huismense nog besig is om uit te pak en leë en vol kartonbokse in die hele huis rond­staan. In so ’n geval is vingerhappies ’n goeie keuse. Selfs al beplan jy ’n aansitete vir jou vriende, is dit steeds ’n goeie idee om alles so informeel as moontlik te hou.

Ons het bakstene as tafelversiering gekies. Die gasgeskenke is echeveria (woestynrosies) in glasflesse. Individuele broodjies wat ’n leë blikkies gebak is, word net so voorgesit – draai die blikkies in kurk toe. Die drie elemente simboliseer die huis, die tuin en die kombuis. Ons inspirasiebord was die natuur en ons was baie tevrede met die eindresultaat van die kleurskema.

Oulike glasflessies is met klippies en grond gevul voordat ’n

echeveria in elkeen geplant is. Plak alkantkleeflint om die nek van

elke flessie en draai tou daarom vas. Jy kan eintlik enige gom

gebruik wat kleurloos droog word. Jou gaste kan hierdie plantjies tuis

in hulle tuin gaan plant.

Page 12: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

11

Page 13: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

’N TAFEL VIR ELKE GELEENTHEIDTafeluitleg • Fokuspunte • Resepte Selfdoenprojekte • BlommeFransie Snyman, Katrien van Zyl & Wilsia Metz

210 x 260 mm192 ppFlexi-bindingRRP: R275.00ISBN 978-1-928201-66-3Publikasie datum: Januarie 2016Beskikbaar in Engels: A Table for every occasion

ISBN 978-1-928201-65-6

Metz Press is ’n onafhanklike uitgewer van topgehalte inligtingboeke en geïllustreerde nie-fiksie vir die plaaslike mark, asook die internasionale koproduksiemark. Regte vir ons boeke word deur uitgewers vanoor die wêreld opgeraap danksy die uitstaande kwaliteit van ons inhoud en produksie, die kreatiewe aanslag van ons skrywers en ons leweringsvermoë.

Uitgewer: Wilsia MetzTel: +27 (0)21 913 7557Faks: +27 (0)21 913 5102E-pos: [email protected]: www.metzpress.co.zaPosadres: PO Box 7322, Welgemoed, 7538, Suid-AfrikaStraat adres: Cameronianslaan 1, Welgemoed, 7535, Suid-Afrika

OOK BESKIKBAAR VANAF METZ PRESS

Page 14: ’N TAFEL Geleentheid - Parenting | Gardening | … lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle

Fransie Snyman, Katrien van Zyl & Wilsia Metz

Om rondom ’n tafel by mekaar te kom om betekenis volle geleenthede te vier, is ’n integrerende deel van van ons lewens. Wat die geleentheid ook al is, om die feestelikhede te deel en saam herinneringe te bou, maak alles soveel lekkerder.

Hierdie boek is propvol praktiese raad en inspirasie wat jou sal help om tafels te skep wat enige fees viering onvergeetlik sal maak. Dit bevat volledige planne met tafelversierings, blomme en alles anders wat nodig is om tafels vir 25 verskillende geleenthede te dek, asook meer as 50 watertandlekker resepte en aanwysings om tafelelemente soos servetringe, naamkaartjies, plekmatjies, geskenkboksies en ander dekoratiewe bykomstighede te maak.

Benewens interessante en nuwerwetse idees om lieflike, oorspronklike tafels te skep, spog die boek ook met meer as 300 manjifieke foto’s van volledig gedekte tafels en tientalle tafelelemente – ’n ware fees vir die oog.

Praktiese inligting oor basiese beplanning, van die samestelling van inspirasieborde en idees vir ongewone onderborde tot die uitsoek van musiek en die volmaakte gasgeskenk, word aangevul deur uitgebreide fotobyskrifte wat die leser vertel hoe om alles na te doen. Die resepte is in ’n afsonderlike afdeling, gevolg deur aanwysings en patrone vir selfdoenprojekte wat nie volledig in die byskrifte gedek kon word nie.

Daar is ook ’n oorvloed wenke en voorstelle vir eenvoudige aanbiedingstegnieke, die skedulering van take sodat jy die geleentheid saam met jou gaste kan geniet, en maniere om jou persoonlike stempel op alles af te druk.

OOR DIE SKRYWERSFransie Snyman, wetenskaponderwyser, handwerkkenner en skrywer van meer as 10 boeke, is op haar gelukkigste wanneer sy haar hand aan nuwe idees en tegnieke kan waag om deel van haar handwerk-repertoire te maak.

Katrien van Zyl het verskeie boeke geskryf sedert die sukses van haar eerste boek, Katrien se Koeke, wat plaaslik en oorsee ’n wenner was. Sy deel graag haar kennis en ervaring met ander deur middel van aanlyn-tutoriale, is ’n skrywer vir Craftsy en geniet groot aanhang in die koswêreld.

Wilsia Metz is die dryfkrag agter Metz Press en het sedert die stigting van die uitgewery heelwat meer as 200 boeke geproduseer. Hierdie boek is haar eerste direkte bemoeienis as medeskrywer.

Tafeluitleg z Fokuspunte z Resepte z Selfdoenprojekte z Blomme