Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

12
SONDAG 16 MEI 2010 08:30 Gelei deur ds Neels Kloppers Waag dit met Jesus en steek grense oor! 7de week in Paastyd Johannes 17: 20-26 Hand 16:16-34; Ps 97; Open 22:12-21 Januarie 2010 Vandag 16 08:30 Erediens 08:30 JEEP-diens en Kinderkerk 19:00 Pinksterdiens Maandag 17 19:00 Pinksterdiens Dinsdag 18 19:00 Pinksterdiens Woensdag 19 GEEN Bybelskool 19:00 Pinksterdiens Donderdag 20 19:00 Pinksterdiens Sondag 23 08:30 PINKSTERFEES : Nagmaal & Gesinsdiens GEEN JEEP-diens en Kinderkerk Vanaand hier by die kerk vir die eerste Pinksterdiens om 19:00 en elke aand tot Donderdag... ‘n “Onthou”-blaadjie sal Donderdagaand uitgegee word om by jou te hou en hierdie spesiale week van die jaar te onthou... Wat is Pinkster?? Waar kom die Pinkstertradisie vandaan? Paassondag en Pinkstersondag omraam die oudste en belangrikste seisoen op die kalender, ‘n tydperk van 50 dae. Oorspronklik is daar nie net na die laaste dag as “Pinkster” verwys nie, maar na die hele seisoen. Die engelse “Pentecost” kom van die Griekse woord pentekoste, wat “vyftig” beteken. Tydens hierdie 50 dae gedenk ons nie net Jesus se opstanding nie, maar die werk van al drie Persone in die Drie-eenheid: Agter alles staan God as Vader, Skepper en Herskepper wie se verlossingsplan deur Christus en die Heilige Gees vervul word. Christus het opgestaan en só die oorwinning oor die dood bekragtig. Die Gees skenk aan ons geloof en bewerk die opstandingslewe in ons. Hy laat ons deel in die werk van Christus. Hy skakel ons by God se plan in – as ontvangers én verspreiders van die nuwe lewe. Soos die pasga, was die pinksterfees oorspronklik ‘n Joodse fees: die fees van die weke. Gedurende die eerste eeu het die Jode hierdie fees begin assosieer met die ontvangs van die wet op Sinaiberg. Christene het die ooreenkoms gelê tussen die Jode se ontvangs van die wet en hulle ontvangs van die Gees. Dit kan dalk selfs wees dat Paulus na hierdie kontras verwys in 2 Kor. 3:7-8. Kalender T ema vir Pinkster AFKONDIGINGS 16-23 Mei 2010 Fokustekste

description

Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

Transcript of Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

Page 1: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

SONDAG 16 MEI 2010

08:30 Gelei deur ds Neels Kloppers

Waag dit met Jesus en steek grense oor!

7de week in Paastyd

Johannes 17: 20-26 Hand 16:16-34; Ps 97; Open 22:12-21

Januarie 2010

Vandag 16 08:30 Erediens 08:30 JEEP-diens en Kinderkerk

19:00 Pinksterdiens

Maandag 17 19:00 Pinksterdiens

Dinsdag 18 19:00 Pinksterdiens

Woensdag 19

GEEN Bybelskool

19:00 Pinksterdiens

Donderdag 20 19:00 Pinksterdiens

Sondag 23 08:30 PINKSTERFEES : Nagmaal & Gesinsdiens GEEN JEEP-diens en Kinderkerk

Vanaand hier by die kerk vir die eerste Pinksterdiens om 19:00 en elke aand tot Donderdag... ‘n “Onthou”-blaadjie sal Donderdagaand uitgegee word om by jou te hou en hierdie spesiale week van die jaar te onthou...

Wat is Pinkster?? Waar kom die Pinkstertradisie vandaan? Paassondag en Pinkstersondag omraam die oudste en belangrikste seisoen op die kalender, ‘n tydperk van 50 dae. Oorspronklik is daar nie net na die laaste dag as “Pinkster” verwys nie, maar na die hele seisoen. Die engelse “Pentecost” kom van die Griekse woord pentekoste, wat “vyftig” beteken. Tydens hierdie 50 dae gedenk ons nie net Jesus se opstanding nie, maar die werk van al drie Persone in die Drie-eenheid: Agter alles staan God as Vader, Skepper en Herskepper wie se verlossingsplan deur Christus en die Heilige Gees vervul word. Christus het opgestaan en só die oorwinning oor die dood bekragtig. Die Gees skenk aan ons geloof en bewerk die opstandingslewe in ons. Hy laat ons deel in die werk van Christus. Hy skakel ons by God se plan in – as ontvangers én verspreiders van die nuwe lewe. Soos die pasga, was die pinksterfees oorspronklik ‘n Joodse fees: die fees van die weke. Gedurende die eerste eeu het die Jode hierdie fees begin assosieer met die ontvangs van die wet op Sinaiberg. Christene het die ooreenkoms gelê tussen die Jode se ontvangs van die wet en hulle ontvangs van die Gees. Dit kan dalk selfs wees dat Paulus na hierdie kontras verwys in 2 Kor. 3:7-8.

Kalender

Tema vir Pinkster

AFKONDIGINGS 16-23 Mei 2010

Fokustekste

Page 2: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

Wat vier ons met Pinkster? Op Pinkstersondag vier die kerk die uitstorting van die Heilige Gees toe tonge soos vuur en die gawe om in ongewone tale of klanke te praat oor die dissipels gekom het. Die dissipels, wat aan die treur was oor Jesus se weggaan, is op daardie dag met blydskap vervul en kragtig in beweging gebring om die nuus van Jesus se opstanding die hele wêreld in te dra.

‘n Mens kan amper sê die kerk is op hierdie dag gebore. Pinkster is inderdaad die kerk se verjaardag.

Simbole, rituele en gebruike met Pinkster � Die kerk het tradisioneel op die

Pinksterdag lidmate gedoop wat nog nie met Paassondag gereed was nie

� Die viering van die kerk se verjaardag is inderdaad ‘n goeie tyd om ook die geestelike geboorte van nuwe Christene te vier � Vir reeds gedoopte lidmate is Pinksterdag

‘n goeie geleentheid om hulle doopbeloftes te hernuwe � Op hierdie dag word aalmoese aan die

armes uitgedeel � Spesiale klem word gelê op gasvryheid

teenoor vreemdelinge � Uitstalling van kuns, handewerk, blomme,

ens. simboliseer op hierdie dag die Gees se gawes aan die gemeente � Simbole en handelinge laat val die klem

op die talewonder, die eenheid van die kerk (dieselfde Gees woon in alle gelowiges) en die uitreik-karakter van die kerk � ‘n Duif, tonge van vuur of ‘n afwaartse

pyl kan die Heilige Gees simboliseer; ‘n skip of ‘n reënboog simboliseer die kerk � Gesinne kan in hierdie tyd gerus ‘n duif uit

karton knip en dit teen hulle voordeur plak

Hemelvaart en Pinksterdag is aanvanklik saam gevier om die indruk te vermy dat die dissipels in ‘n stadium totaal van God verlate was. Later is dié twee vierings geskei. Die tien dae tussen Hemelvaart en Pinkster het die karakter verkry van ‘n tyd van

afwagting totdat die Gees die kerk nuut maak en uitstuur. Pinksterbidure het in die NG Kerkfamilie só ‘n tyd van gesamentlike afwagting geword. Sulke bidure is egter nie ‘n gebruik elders in die kerk nie. Dit het ontstaan uit die groot herlewings wat daar in 1860 in die Kaapse NG Kerkfamilie was. Andrew Murray het ‘n rol daarin gespeel dat hierdie herlewings ‘n sterk gerigtheid op die sending gehad het. Die Kaapse herlewing het oor die hele land versprei. Gebed en die werking van die Heilige Gees is beklemtoon. In sommige gemeentes is daar elke dag in gebed bymekaargekom. Die Pinksterbidure (trouens, ook die Week van Gebed) het hieruit gegroei. Dit is belangrik om in Pinkstertyd besondere klem te lê op ons getuitenis na buite. Voorbidding vir sending en plaaslike sendingaksies kan dan meer aandag geniet. Soos God vir Jesus gestuur het, stuur Hy ons nou verder met die krag van Sy Gees. Die Pinksterbidure bied verder ‘n goeie geleentheid om terug te kyk op die Paassilklus en ons af te vra hoe ons die beweging “from ashes” (Lydenstyd) “to fire” (Pinkstertyd) beleef het. Dit is ‘n tyd vir toegespitste vernuwing in die kerk. Dit is veral ‘n tyd waarin die kerk ontdek dat ons ‘n vreemde organisasie is. Waar alle ander organisasies bestaan ter wille van hulle lede, bestaan hierdie organisasie, die kerk, ter wille van nie-lede. Die wese van die kerk is dat die Gees ons die wêreld instuur.

Kleure in Pinkster Rooi en goud simboliseer op die Pinksterdag die tonge van vuur.

Baie welkom in ons gemeente!

Ons vertrou dat ons gemeente vir jou/julle ‘n ware geestelike tuiste sal bied. Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry, of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende die week kontak. Die volgende persone se vorms is ontvang en word spesiaal welkom geheet: Johan & Sarie van As van Muldersdrift (073 979 8780)

Nuwe intrekkers & besoekers

Page 3: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

Koördineerder: Anita Duif S: 082 411 7015; H: 011-795 2400 F: 086 589 9332; E - [email protected]

Ons bid vir . . . SIEKES:

Anna Nelson: kry chemoterapie. Waardeer al die gebede (084 585 6714) Lienka Nel (kleindogter van Kobus Labuschagne): sterk aan na operasie, gaan goed onder omstandighede (Riantie – 073 963 6260) Fred Laurence: operasie gehad Vry 14de Mei (011-958 5200) Ann Woest: 3de chemo behandeling ontvang. Is rustig en vertrou op Here vir pad vorentoe (011-956 6032) Hettie Booysen: seer hand (011- 659 0537) Steven Ceronio: gaan baie beter, sterk aan een dag op ’n slag. (Petru 079 522 9010) Lenie Mulder: operasie op 5 Mei gehad. In Pretoria in hospitaal (082 298 6723) Veronica Roos: seer knie, hoop op knievervangings-operasie (082 223 6513) Nellie Wasmuth: Wilgeheuwel hospitaal, longontsteking (011-662 1607)- weet enige iemand van nog ’n kontaknommer? Kay Booysen: Klein oor-operasie op 12 Mei gehad. Dankbaar vir gebede(072 737 4158) Broer van Gerbus Vermaak: Wag vir beenmurgoorplanting. Bid asb saam vir geskikte skenker asook voldoende fondse (Gerbus 082 440 0968) Fanie Grobler: Herstel na oog-operasie, blind in ander oog. Gaan moeilik, mag net klein rukkies opstaan (083 654 9453) Jenny van Zyl: Bloedklont deur long. Sterk nou

tuis aan. Bid asb vir spoedige herstel (082 940 6841)

Efes 4:10 “God het ons in Christus Jesus geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”

Koördineerders: ANSIE DU PLESSIS : 082 853 6532 RONéL PIETERS : 072 901 2463

Ons LEERMEESTER : - “Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy

alleen na die berg toe gegaan om te bid…” Mat 14:23

- “Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel…” Joh 6:11

- “Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees beveel het om uit die man uit te gaan…” Luk 8:29

Ons VOLMAG : - “Kom Ons maak die mens as ons

verteenwoordiger… sodat hy kan heers…” Gen 1:26

- “Vrede vir julle!" sê Hy weer vir hulle. "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" Joh 20:21

- “Dit verseker ek julle: Wie in my glo, …hy sal nog groter dinge as dit doen…” Joh 14:12

Waarom iemand ANDERS vra om

vir jou te bid? - “As daar iemand van julle is wat siek is… moet

julle vir hom bid en hom met olie salf…” Jak 5:14

- “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar …sodat … gesond kan word” Jak 5:16

- “Dra mekaar se laste…” Gal 6 :2 - “… twee saam kan weerstand bied. ‘n

Driedubbele tou breek nie maklik nie” Pred 4:12

NEEM ASB. VRYMOEDIGHEID OM ENIGE VAN DIE GEBEDSAKSIELEDE TE KONTAK! (Kontaklyste is beskikbaar in die voorportaal)

Beskikbaar in voorportaal : Gebedsgids – Riglyne vir gebed Vier geestelike wette – riglyne vir verkondiging

van evangelie Gebedskaarte – bid vir spesifieke lande se

mense Houer vir gebedsversoeke

Gebedsaksie Dorkas Groep

Page 4: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

GEBED VIR DIE WêRELD 23 MEI 2010

DIE TIEN DAE VAN GEBED, IN AANLOOP TOT DIE

WÊRELDBIDDAG OP 23 MEI 2010, VIND PLAAS

TYDENS PINKSTER & HET BEGIN OP

HEMELVAART, 13 MEI 2010. MILJOENE

CHRISTENE, REGOOR DIE WÊRELD GAAN NAG-EN-DAG BID VIR DIE 10 DAE WAT PINKSTER

VOORAFGAAN. OP 23 MEI, TYDENS

PINKSTERSONDAG, KOM MILJOENE CHRISTENE

BYMEKAAR OM SAAM TE BID.

DIS NOOIT TE LAAT OM TE BEGIN SAAMBID NIE, NEEM GERUS ‘N PAMFLET IN DIE

VOORPORTAAL (ENGELS OOK BESKIKBAAR)

“....die tyd kom dat Ek al die nasies en al die taalgroepe bymekaar gaan maak. Hulle sal kom en hulle sal sien hoe magtig Ek is.” Jesaja 66:18

ONS, DIE GEMEENTE MULDERSDRIF, WIL ONS OOK DAARTOE VERBIND OM DEEL TE WEES VAN HIERDIE GEBEDE EN VEROOTMOEDIGING VOOR GOD. ALMAL BID DIESELFDE GEBEDE GESKOEI OP DIE ONSE VADER.

GLOBAL DAY OF PRAYER

met Mogale City 4 Christ

Sondag 23 Mei om 17:00

AFM Noordheuwel Libertasstraat (Gerrit Mes se gemeente)

met sanger: Arnold de Wet (Jan de Wet se seun)

met prediker: Nevil Norden van Lewende Woord, Pta

Slegs offergawes word opgeneem

Kontakpersoon: Pieter Fourie op 083 440 5450

‘Mag julle ’n wonderlike verjaardag beleef’

Vandag 16 Mei 2010 Jeanette Mienie 083 647 6018

Maandag: 17 Mei Peet van der Linde 072 853 3654 Beyers van Dyk 082 920 6691

Dinsdag: 18 Mei Bessie Otto 011-708 1017 Ria Barnard 082 692 0107 Rina van Aswegen 072 231 9140

Woensdag: 19 Mei Nadia Greyvenstein 072 179 3660

Donderdag: 20 Mei Gert Brits 072 248 6372 Danielle Oosthuizen 011-662 1958 Juney van Deventer Christelle Scheepers 082 574 4154

Vrydag: 21 Mei Nico Jansen van Vuuren 082 376 5400 Bennie Schourie 011-659 1265 Judy Weakley 082 851 5649 Dries Pretorius 082 923 0218

Saterdag: 22 Mei Tanya Oosthuizen 011-958 1238 Lisa Roets 082 652 0154 Jacqueline Hefez 083 787 1021 Elizabeth Hattingh 011-954 2432 Gerrit Lok 082 445 0142

Gebedsverhoring

(Markus 11:20-25)

Deur Beneschke Botha

“Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees” (Mark 11:24). George Müller, wat bekend was daarvoor dat hy absoluut op God gereken het, moes op ’n Saterdagmiddag vir ’n afspraak in Quebec wees. Die skip waarmee hy onderweg was, het in digte mis beland, en die kaptein het hom meegedeel dat dit totaal onmoontlik sou wees om betyds vir sy afspraak te wees. “My oë is nie op die mis daarbuite nie, maar op die lewende God wat elke deel van my lewe beheer,” was George se

Verjaardae

Voel die lewe se hartklop…

Page 5: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

antwoord. Hy het die kaptein versoek om saam met hom te kom, en ’n eenvoudige gebed gedoen waarin hy die Here gevra het om die mis te laat opklaar. Toe die kaptein ook wou bid het George hom gekeer. Dis nie nodig dat die kaptein ook moes bid nie, aangesien hy in elk geval nie glo dat God die mis sal laat opklaar nie, het Müller verduidelik. Buitendien het God rééds sy gebed beantwoord. Toe die verbaasde kaptein deur die venster kyk, sien hy dat die lug rondom hulle oop en skoon is. George Müller was toe betyds vir sy Quebec-afspraak! As Jesus se dissipels sien dat die vyeboom wat Hy vervloek het verdroog, is hulle baie verbaas. Hierop vertel Jesus hulle dat álles wat ons in die gebed van Hom vra, vir ons gegee sal word. Ongelukkig ervaar ons dit nie so nie, omdat ons geloof nie sterk genoeg is nie. Indien jy glo en jou gebed in ooreenstemming met God se wil is, het jy die versekering dat God dit sal beantwoord. Hemelse Vader, ek bid vir ’n sterker geloof, sodat ek U op u Woord sal glo. Dankie vir die belofte dat ek alles wat ek in gebed vra, van U sal ontvang. Amen

When a Problem Turns Into a Calling by Os Hillman

"As for the donkeys you lost three days ago, do not worry about them; they have been found.

And to whom is all the desire of Israel turned, if not to you and all your father's family?" 1 Samuel 9:20

Saul and his servant were out seeking his father's lost donkeys. This was symbolic of the waywardness of the nation of Israel. The people of Israel had just asked the prophet Samuel to have a king rule over them. This saddened God greatly, yet God granted their request.

Saul and his servant heard of a man of God named Samuel. "Perhaps this man of God can tell us where to find our donkeys," said the servant. Isn't that just like us? We seek God to solve the issues related to material life. Saul was about to receive the greatest opportunity of his lifetime. He was about to be crowned as king of Israel. His life would never be the same. What was he concerned about? His donkeys. We don't have to

be worried about the material things of life if we are about the things He's called us to do.

God called Saul to be the next king in order to free the people from the Philistines. God sent a messenger, the prophet Samuel, to inform him of his new career. The messenger also had to ease his mind about his donkeys. Donkeys often represent commerce in the Bible. They were the primary means of transporting goods; therefore, in essence, what was Samuel saying to Saul? He was saying, "You don't need to worry about your business if you respond to the call of God on your life. All the material things will take care of themselves."

Jesus said the same thing to the disciples years later. "But seek first His kingdom and His righteousness, and all these things will be given to you as well" (Mt. 6:33).

When God calls us, it often involves making major adjustments in our lives. Saul went from one kind of business to another. He went from working for his father to being a king. What changes is God calling you to make today in order to join Him in His work?

DANKBAAR VIR VRIENDE

Goeie vriende is baie soos sonlig. Om die lewe – die goeie en die slegte dinge-

met vriende te deel verryk jou.

Vriende kan jou aanmoedig om die persoon te wees wat God bedoel het jy moet wees.

Jou vriende moet jou motiveer om te groei.

Ware vriende sal luister as jy jou diepste emosies met hulle deel, en daardie inligting wegsluit

sonder om dit ooit met enige iemand te deel. Jou geheime is veilig by hulle.

Vriende luister as jy stoom afblaas oor familielede of kollegas, en vergeet dan wat jy gesê het sodat hulle opinie van mense nie daardeur beïnvloed

word nie.

Vriende droom saam met jou en herinner jou aan die doelwitte wat jy vir jouself gestel het.

Vriende is soos sterk kettingbrûe waarmee jy die afgronde van die lewe kan oorsteek.

Hulle ondersteun jou en beskerm jou.

Dank die Here vir vriende. Hulle is waarlik ’n geskenk van God!

In die werkplek

Page 6: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

Enige bydraes

aan kerkkantoor

079 697 1163

Maryna/Rensia

Tuisnywerheid-stalletjie:

HELP ASB:

• Enige gebak

• Lekkernye

• Ingemaak

• Brode

• Beskuit

• Gemmerbier

• Gebottelde items

• Enige handgemaakte items –

gebrei, gehekel, ens… Vleis-stalletjie:

HELP ASB:

Donasies van:

• Enige vleis: wild, skaap,

bees, vark, hoender

Veiling / Wit Olifant / Ou

Klere-stalletjies:

HELP ASB:

Donasies van:

• Klere

• Ornamente

• Skilderye

• Speelgoed

• Huishoudelike items

• Tuingereedskap

“Springclean” jou kaste, bring

vir ons al daardie oortollige

items!

Nagereg-stalletjie:

HELP ASB:

Donasies van:

• Gebakte poedings

• Koue poedings

• Roomys en -horinkies

Groente/plante-

stalletjie:

HELP ASB:

• Plante en

blomme om te

verkoop

• Groente en

vrugte

Lys van bestanddele

benodig:

• Meel

• Rys

• Margarien

• Suiker

• Koffie/tee

• Gemengde groente

(blik/sak)

• Maalvleis

• Wors

• Olie

• Blatjang

• Kitspoeding/ jellie/

vla

• Kerrie/sout/

bakpoeier

Parkering vir voertuie:

HELP ASB:

Het jy ‘n trekkertjie waarmee

die lang gras (voor die hek) die

week voor die fees gesny kan

word? Kan jy dit vir ons reël?

Kos-stalletjies:

HELP ASB:

• Gewillige hande om ‘n

skofbeurt te werk?

• Donasies van bestanddele vir

die voorbereiding van die

kos?

• Gazebo’s en/of markies tente

wat ons kan gebruik op die

dag?

Page 7: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

Enige bydraes

vir Kindertafel

aan

Benita Nel

082 551 6466

Kindertafel:

HELP ASB:

Donasies van:

• Rice Crispies

• Karamel

• Versiersuiker

• Strooisuiker

• Klapper

• Lekkergoed: Suigstokkies / Fizzers /

Skyfies / Roomyshorinkies

• Items vir Tombola

EN VIR DIE PRET:

HELP ASB:

• Borg vir die Meganiese Bul

KLAAR GEREëL:

• Kallie-die-Nar

• Springkastele

• Boeresport (kry solank jou span gereed!!)

• “Touch”-rugby (kry hiervoor ook ‘n span

gereed!!)

• Kaskarre vir beide groot en klein

• Leeuwelpies

KONTANT BYDRAES

ALTYD WELKOM!!

Page 8: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

Is Muldersdrif Gemeente ’n Omgeegroep Gemeente?

Of is ons ’n Gemeente met omgeegroepe?

ONS DOELWIT IS BESLIS OM ‘N OMGEEGROEP GEMEENTE TE WEES!

Waarom is jy nie lid van ‘n Omgeegroep nie? Het jy baie verskonings?

Weet jy dat baie van ons getroue omgeegroeplede van die besigste mense in ons gemeente is?

Is dit ‘n opoffering om deel te wees van ‘n omgeegroep?

JA, DIT IS! Was Christus bereid om Sy lewe vir jou op te offer????

JA, HY WAS EN IS!!

Die skriffundering van die Omgeegroepe is:

Hebreërs 10:24

“LAAT ONS OOK NA MEKAAR OMSIEN DEUR MEKAAR AAN TE SPOOR TOT LIEFDE EN GOEIE DADE”

Beskrywing van ‘n Omgeegroep:

1. ‘n Oefenruimte waar ek my Christenskap en gawes prakties kan slyp en toepas 2. ‘n Veilige hawe waar ek “geestelik anker kan gooi”, net myself kan wees en onvoorwaar-

delike aanvaarding en liefde beleef 3. ‘n Vulstasie waar ek hernude krag vir die week kry 4. ‘n Familie waar ek en my broers en susters in liefdesgemeenskap deur dik en dun bymekaar

staan

Was jy ook geraak deur die “MIGHTY MEN” byeenkoms in Natal?

Kom beoefen jou nuutgevonde of hernude geloof in een van ons Omgeegroepe!!

Wat verhinder jou om deel te word van hierdie familie?

SKAKEL ‘N LERAAR OF ENIGE VAN ONS OMGEEGROEPLEIERS OF -LEDE EN KOM ERVAAR DIT!!

Omgeegroepe

Page 9: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd

Driefontein / Swartkops

Stefan Rudman 082 567 5586 [email protected] Dinsdae 19:00

Featherbrooke Kobus Nel 083 310 0834 [email protected] Dinsdae 19:00

Honingklip/Steynsvlei Fielie Swanepoel

083 380 4706 [email protected] Wissel 19:00

Renosterspruit / Lanseria

Johan Nell 082 444 2625 [email protected] Vrydae 19:00

Ducks Nest 208, Featherbrooke

Ronnie Collatz 011-662 1005 [email protected] Sondae 18:30

Lanseria / North Riding / Lammermoor (In die Kinderkerkgebou)

Jacqueline Klem

082 920 6679 [email protected] Vrydae 18:00

Plovers Nest 1121 Featherbrooke Est (Jong gesinne)

Johan & Vivienne J van Rensburg

011-662 2678 [email protected] Donderdae 19:00

Honeydew Martie & Kriek Badenhorst

010-222 0651 [email protected] Sondae 17:00

Helikia (Jong Volwassenes)

Charmaine Joubert

076 544 4406 [email protected] Woensdae 19:00

Bybelskool Ds Neels 083 560 3814 [email protected] Woensdag oggende & aande

9:30 &

19:00

Page 10: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

Leraars Ds Neels Kloppers Tel: 083 560 3814 epos: [email protected]

Ds Kenneth Mckenzie Tel: 084 455 3267 epos:[email protected]

Kerkkantoor Administrateur: Maryna de Jager Tel: 079 697 1163 Faks: 086 698-7605 epos: [email protected] Kerk-SMS: 082 851 5163 Admin Assistent: Rensia Swanepoel epos: [email protected]

Posbus Adres Kantoorure: NG Muldersdrif Ma – Vry 08:00-16:00 Posbus 52 Sondae na oggenddiens Muldersdrif 1747

BANKBESONDERHEDE Bank: ABSA Takkode: 632005 Rek Naam: NG Kerk Muldersdrif Rek no: 310580023 LOPENDE REKENING (TJEK)

Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso 083 548 8263

Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous 082 853 5250 Epos: [email protected]

Jeug

Portefeulje Leier Wessel Duif 083 408 0377 Epos: [email protected]

Kategese: Juniors (2 jaar tot Graad 3) Leier: Adele de Jong – 083 263 6566 Kinders van die ouderdom 2 jr tot Gr 3 gaan direk na die Kinderkerk voor erediens. Verdaag 09:45.

Seniors (Graad 4 – 10) Leier: Ronel Duif – 083 324 5977 Gesamentlike jeugdiens vir 30 minute in saal, gaan dan na hul kategese lokale. Verdaag 09:45.

Finalejaars – Graad 11 Leier: Ds Kenneth – 084 455 3267 Finalejaars hanteer materiaal soos deur leraars voorberei. Sondae om 16:30 in die kinderkerk

Bestuursraad 2010 Funksionele Portefeuljes Bemarking & Vermaak van Wyk Kommunikasie 083 419 3883 Erediens Anton Steyn 082 785 6657 Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968 Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625 Bedienings Portefeuljes Gemeente Theda Human 082 678 1905 Getuienis VAKANT Jeug Wessel Duif 083 408 0377 Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908 Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250 Bestuurs Forum B/Forum Koördinering Nico Doman 011- 662 2956 Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820 Strategies VAKANT

Strewers Fanie Human

082 678 1905

ander kontakpersone Tegniese ondersteuning: Hannes v/d Merwe 011- 662 2651/ [email protected] Spyseniering: Ferma Bekker 072 958 4757

Neem asseblief kennis dat die gemeente geen landlyne het nie, kontak ons op die bogenoemde selnommers

Gemeente Besonderhede

Page 11: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010

Te koop

WILDSVLEIS Bevrore 3kg pakke met wildsvleis (Eland), ideaal om te stowe. R50/pak

Skakel 083 560 3814 vir meer besonderhede

Juwele met ‘n Boodskap Die “Testimony Jewellery & Décor” reeks:

• Halssnoere en armbande vir groot en klein • Boekmerke, steutelhouers, versierings en

geskenkies Skakel Ansie du Plessis op 082 853 6532

of epos [email protected]

Dienste

BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies. � Jaareind state – nie net vir maatskappye nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette � Payroll, UIF, PAYE, BTW

Skakel Karin Grové op 082 821 1146

LIBRI KARWAS Bederf jou motor en laat dit was deur ons – by Hirsch’s agter Makro in Strubensvallei. Betaal slegs R55 vir ‘n volledige wasen R350 vir ‘n valet. Kom kyk wat ons jo u nog kan bied. Woensdae is Pensioenaris-dag – betaal R40 vir ‘n volledige was.

Vir meer inligting, kontak Sakkie of Dries op 072 757 9336

Pastorale Terapeut Geregistreerde berader : Christelike berading en ondersteuning, trauma, emosionele pyn, huweliks-, verhoudings- en gesinsterapie, depressie en die rouproses. Eis terug van mediese fonds. Skakel Susan Eksteen op 076 051 1455/011-954 0987

Anastasis Edu-Help Sukkel jou kind om te studeer en te konsentreer? Ons spesialiseer in studiemetodes, breinprofiele, disleksie en ADHD. Ons bied ook trauma-, huweliks- en ander berading gebaseer op Bybelse beginsels.

Kontak Kobus Agrella op 071 689 0772 of epos: [email protected]

NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.

Kontak Dirk op 083 519 9604

Dienste

SATERDAG AVONTUURKAMP Wil julle Saterdae rustig inkopies doen? Bring dan jul kinders 5-10jr vir ‘n opwindende buitelug avontuur vanaf 08:00 tot 14:00. Ons speel speletjies (eier & lepelresies, toutrek, sakresies, ens) en klouter hindernisbaan – alles onder toesig. Middagete en snacks word bedien.

Skakel Lizelle Brummer op 082 888 1776

Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke

Kontak Dirk op 082 784 7856

Vir alle naaldwerk, verstellings ens. Kontak Hantie du Toit op

082 797 1623 of 011-958 1030

LOODGIETER Vir enige loodgieter-werk.

Kontak Dewald op 076 758 0650

DOEK-KOEKE ’n Besonderse geskenk: Ideaal vir Ooievaarstee of nuwe Mamma. Verskillende kleure & temas beskikbaar. Vir navrae skakel Lizelle Brummer op 082 888 1776

Akkommodasie

FLEXI EENHEID TE KOOP Magaliespark Golf Estate: Speel jy graag golf? ’n Flexi-eenheid te koop: 2 slaapkamers (6 persone), 2 badk, oopplan-kombuis (ten volle toegerus), eetkamer & TV-kamer. Baie luuks, maak aanbod!

Kontak Johan op 011-475 4254

STRANDWOONSTEL TE KOOP Uvongo. 3 slaapkamer, 2 badkamer, baie groot onthaal-area en kombuis. Reg op strand, beste in kompleks! R2milj (onderhandelbaar). Vir foto’s: www.privateproperties.co.za: La Crete Sands # 2.

Kontak Anita Duif op 082 411 7015

TUINHUIS TE KOOP Aranos, Stoult Straat, Radiokop: 2 slaapkamers, 1 badkamer met sitkamer en kombuis. Eie tuin en dubbelmotorhuis. Troeteldier-vriendelik. Meer besonderhede skakel Mike op 082 963 4730

Gesoek

TWEEDEHANDSE LAPTOP Het jy dalk ’n skootrekenaar wat nie meer gebruik word nie? Ons beplan ’n opleidingsentrum en benodig dringend skenkings van rekenaars vir die opleiding.

Kontak Lizelle Brümmer op 082 888 1776

Kennisgewingbord

Page 12: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 16 Mei 2010