Muldersdrif Gemeente Afkondigings 13 Junie 2010

8
SONDAG 13 JUNIE 2010 Erediens 08:30 Gelei deur ds Neels Kloppers Welkom by die erediens!! Tweede week in Koninkrykstyd Galasiërs 2:15-21 1 Kon 21:1-10; 15-21a; Ps 5:2-9; 2 Sam 11:26 – 12:10, 13-15; Ps 32; Luk 7:36 – 8:3 Januarie 2010 Vandag 13 08:30 Erediens GEEN Jeep-diens & Kinderkerk Woensdag 9 GEEN Bybelskool OPENBARE VAKANSIEDAG – JEUGDAG Sondag 20 08:30 Erediens GEEN Jeep-diens & Kinderkerk 1-20 Junie Ons gemeente dien as Aflaai-punt vir die Winterhoop Veldtog Bring asb jul ekstra: Klerasie (baadjies, serpe, truie, musse, lang onderbroeke, frokkies, handskoene, kouse) Skoene Warmwatersakke Komberse Gebottelde water (of houers vir water) (Vir die hawelose persoon is warm klere essensieël omdat komberse dikwels gesteel word) Winter Oorlewingspakkie (kospakkie – klein formaat) Toiletware (seep, tandepasta, tandeborsel en waslap), wasgoedseep, toiletrol Mieliemeel, pakkie sout, koffie, tee, Cremora, suiker, marmite, grondboontjie- botter, geblikte kos, kitssop en soja produkte Kontant bydraes kan in die kerk se gewone bankrekening inbetaal word en sal dan in een bedrag aan MES oorbetaal word aan die einde van die projek. Maak asb seker dat die verwysing MES is. Kontakpersoon : Karin Grové 083 235 9906 AFKONDIGINGS 13-19 Junie 2010 Kalender Fokustekste MES Operasie Winterhoop

description

Muldersdrif Gemeente Afkondigings 13 Junie 2010

Transcript of Muldersdrif Gemeente Afkondigings 13 Junie 2010

Page 1: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 13 Junie 2010

SONDAG 13 JUNIE 2010

Erediens 08:30

Gelei deur ds Neels Kloppers

Welkom by die erediens!!

Tweede week in

Koninkrykstyd

Galasiërs 2:15-21 1 Kon 21:1-10; 15-21a; Ps 5:2-9;

2 Sam 11:26 – 12:10, 13-15; Ps 32; Luk 7:36 – 8:3

Januarie 2010

Vandag 13 08:30 Erediens

GEEN Jeep-diens & Kinderkerk

Woensdag 9

GEEN Bybelskool OPENBARE VAKANSIEDAG – JEUGDAG

Sondag 20 08:30 Erediens

GEEN Jeep-diens & Kinderkerk

1-20 Junie

Ons gemeente dien as Aflaai-punt vir die

Winterhoop Veldtog

Bring asb jul ekstra: • Klerasie (baadjies, serpe, truie, musse,

lang onderbroeke, frokkies, handskoene, kouse)

• Skoene • Warmwatersakke • Komberse • Gebottelde water (of houers vir water)

(Vir die hawelose persoon is warm klere essensieël omdat komberse dikwels gesteel

word)

Winter Oorlewingspakkie (kospakkie – klein formaat)

• Toiletware (seep, tandepasta, tandeborsel en waslap), wasgoedseep, toiletrol

• Mieliemeel, pakkie sout, koffie, tee, Cremora, suiker, marmite, grondboontjie-botter, geblikte kos, kitssop en soja produkte

Kontant bydraes kan in die kerk se gewone bankrekening inbetaal word en sal dan in een bedrag aan MES oorbetaal word aan die einde van die projek. Maak asb seker dat die verwysing MES is.

Kontakpersoon: Karin Grové 083 235 9906

AFKONDIGINGS 13-19 Junie 2010

Kalender

Fokustekste

MES Operasie Winterhoop

Page 2: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 13 Junie 2010

Junie Julie

Ds Neels 14-24 7-12

Ds Kenneth 4-13

25-30(Uitreik)

1-7 (Uitreik)

Maryna 8-18 -

Beskerm ons kinders teen kinderhandel en –uitbuiting!!

Kinderhandel beteken dat kinders gekoop,

verkoop of verruil word met die oog op wins.

Dit beteken verder dat kinders van een plek

na 'n ander verskuif word binne die land of

oor die landsgrense heen. Volgens die syfers

van die Internasionale Organisasie vir Migrasie

(IOM) is die jaarlikse omset van mensehandel

$32 miljard, wat dit internasionaal die

winsgewendste misdadige handelsaktiwiteit

na dwelms en wapens maak. Dit is ook die

vinnigste groeiende misdaadbedryf ter

wêreld. 'n Deel van die omset bestaan uit 1,2

miljoen kinders wat jaarliks gekoop en

verkoop word. Die Verenigde Nasies se

Kantoor vir Dwelms en Misdaad beraam dat

79% van alle handel wêreldwyd se doel

seksuele uitbuiting is, met kinders en vrouens

as slagoffers.

Lees die volledige dokument hoe om jou kind

te beskerm deur die pdf dokument hier af te

laai:

http://www.ngwelsyn.co.za/nuusbriewe/Men

sehandel.pdf

Koördineerder: Anita Duif S: 082 411 7015; H: 011-795 2400 F: 086 589 9332; E - [email protected]

Ons bid vir . . . SIEKES: Anna Nelson: daaglikse chemo-medikasie. Baie moeg, pyn wel beter. Waardeer al die gebede (084 585 6714) Lienka Nel: nog op medikasie, vertrou dat sy heeltemal sal genees (Riantie – 073 963 6260) Fred Laurence: sterk tuis aan (011-958 5200) Ann Woest: chemo Donderdag gehad. Rustig, vertrou op Here vir pad vorentoe (011-956 6032) Hettie Booysen: steeds seer hand (011- 659 0537) Steven Ceronio: gaan baie beter, voltyds terug by werk (Petru 079 522 9010) Veronica Roos: knie ontsettend pynlik – bid vir nodige fondse vir knievervanging (082 223 6513) Nellie Wasmuth: gaan beter – moet altyd op suurstof bly (011-662 1607) Broer van Gerbus Vermaak: Wag steeds vir beenmurgoorplanting. Bid asb saam vir geskikte skenker asook voldoende fondse (Gerbus 082 440 0968) Neels van Wyk: rug-spierspasma, baie beter, kry steeds fisio (082 377 3250) Danie Joubert: rugoperasie suksesvol. Ons bid vir volkome herstel (082 363 1112) Madaleen Minnaar: nekoperasie (082 854 2052) Johan Jv Vuuren (seun van Verenic): galsteenoperasie hierdie week, ons bid dat alles goed sal afloop (Verenic – 082 683 4769)

Fil 2:5 “Dieselfde gesindheid moet in julle wees as wat daar ook in Christus Jesus was...maar Hy het homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word”

Dorkas Groep Personeel met Verlof

NG WELSYN

Page 3: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 13 Junie 2010

Welkom in ons gemeente!! Ons vertrou dat ons gemeente vir jou/julle ‘n ware geestelike tuiste sal bied. Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry, of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende

die week kontak.

Koördineerders: ANSIE DU PLESSIS : 082 853 6532 RONéL PIETERS : 072 901 2463

Ons LEERMEESTER : - “Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy

alleen na die berg toe gegaan om te bid…”

Mat 14:23 - “Daarna het Jesus die brood geneem, God

daarvoor gedank en dit uitgedeel…” Joh 6:11 - “Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees

beveel het om uit die man uit te gaan…” Luk 8:29

Ons VOLMAG : - “Kom Ons maak die mens as ons

verteenwoordiger… sodat hy kan heers…” Gen 1:26

- “Vrede vir julle!" sê Hy weer vir hulle. "Soos die

Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" Joh 20:21

- “Dit verseker ek julle: Wie in my glo, …hy sal

nog groter dinge as dit doen…” Joh 14:12

Waarom iemand ANDERS vra om vir jou te bid?

- “As daar iemand van julle is wat siek is… moet

julle vir hom bid en hom met olie salf…” Jak 5:14

- “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid

vir mekaar …sodat … gesond kan word”

Jak 5:16

- “Dra mekaar se laste…” Gal 6 :2 - “… twee saam kan weerstand bied. ‘n

Driedubbele tou breek nie maklik nie” Pred 4:12

NEEM ASB. VRYMOEDIGHEID OM ENIGE

VAN DIE GEBEDSAKSIELEDE TE KONTAK!

(Kontaklyste is beskikbaar in die voorportaal)

Beskikbaar in voorportaal : Gebedsgids – Riglyne vir gebed Vier geestelike wette – riglyne vir verkondiging

van evangelie Gebedskaarte – bid vir spesifieke lande se

mense Houer vir gebedsversoeke

‘Mag julle ’n wonderlike verjaardag beleef’

Vandag 13 Junie 2010 Fred Liebenberg 083 949 3472

Maandag: 14 Junie Koot Woest 083 260 2007 De’Niel Storm 011-957 0255 Jacobé Meyer 082 554 5714

Dinsdag: 15 Junie Willie Myburgh 084 548 0851

Woensdag: 16 Junie Dubie de Bruyn 082 806 5161

Donderdag: 17 Junie Lynette Schickerling 082 498 1111 Johan Fourie 082 330 2211 Nadia Jordaan 082 446 6324 Chanteni Roux 011-958 1279

Vrydag: 18 Junie Tinus Swanepoel 082 576 2696 Memory Collatz 078 726 7806 Ronél Pitout 083 989 4965 Suhette de Bruyn 082 806 5160 Tania Coetzee 083 679 8286

Saterdag: 19 Junie Leon van Rooyen 082 884 2274 Brand van Dyk 082 920 6691 Gerbus Vermaak 082 440 0968

Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes

Vadersdagete op 20 Junie 2010

12:30 vir 13:00

‘n 3-gang maaltyd vir R75.00 Besprekings noodsaaklik

Kontak 011-955 2108

Besoekers & Nuwe Intrekkers

Verjaardae Gebedsaksie

Page 4: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 13 Junie 2010

GROU JY ’N GAT VIR IEMAND

ANDERS?

(Spreuke 26) Deur: Benescke Botha

Ek hoor onlangs hierdie volksverhaal: “Mense, mense...” dit was een van die koning se knegte wat nou bo die geraas op die markplein uitgebulder het. Die hele dorp se mense het op versoek van die koning, wat bekend daarvoor was dat hy van talentkompetisies hou, gekom om te kyk hoe Sofia ’n pikswart olifant, spierwit kan maak...

Flits saam met terug my na drie dae vantevore.

Woedend het Bertus, die winkeleienaar by die winkelvenster uitgekyk: “Hoe durf sy!” Dit was na Sofia aan die oorkant van die pad waarna hy verwys het waar sy nou soortgelyke skoene as hy verkoop het – maar teen ’n fraksie van sy onmenslike hoë prys. “Maar Bertus,” het Arrie, die winkelklerk probeer paai waar hy nou langs Bertus kom staan het. “Daardie skoene is Sofia se enigste inkomste. En buitendien, vir ons is dit net...” Met ’n vuil kyk het Bertus vir Arrie in die rede geval: “Ek gee nie om nie, Arrie! Daardie vrou steel ons kliënte! Sy moet weg!” Duidelik het Bertus vir ’n oomblik totaal vergeet dat hy eintlik ’n suksesvolle pottebakker was en dat die skoene in sy winkel bloot vir ’n ekstra inkomste aangehou is. Vir Sofia aan die ander kant was elke sent wat sy uit haar skoenverkope verdien het nodig om as enkelma haar drie kinders te versorg. Skielik het ’n bose glimlag op Bertus se gesig verskyn. “Wag ’n bietjie, Arrie. Ek dink ek het net die ding om vir Sofia ’n les te leer...” Met sy hoed en baadjie het Bertus vinnig die winkel verlaat.

Ure later het twee knegte van die koning met ’n boodskap aan Sofia se deur kom klop: Die koning het vereis dat Sofia binne drie dae haar “spesiale talent” om ’n swart olifant, spierwit te maak aan hom moes demonstreer. Totaal uit die veld geslaan oor hierdie absurde nuus, het Sofia kalm gebly. Sy het immers besef dat enigiemand wat ’n opdrag van die koning weier in die tronk gestop kon word. Met ’n glimlag om haar vrees te verberg het sy nou begin: “Ekskuus tog, knegte, maar wie op dees aarde het die koning van hierdie ‘spesiale talent’ van my vertel?” Dit was nie lank of Sofia se vermoedens was bevestig: Bertus, die pottebakker. Weer het Sofia geglimlag,

die keer sonder vrees: “In daardie geval, sê vir die koning ek sal daar wees. Ek het egter net een voorwaarde...”

Flits weer terug na die markplein. Dit was nou drie

dae later.

“Mense, mense...” het die koning se kneg weer gebulder terwyl die mense effens stiller geword het. “Op versoek van die koning het ons almal gekom om na Sofia se ‘spesiale talent’ te kom kyk. Vandag sal ons sien hoe sy ’n swart olifant, spierwit kan maak.” Daar was ’n gejuig van die skare terwyl die olifant na die middel van die markplein geskuif word voordat die kneg verder praat. “En om hierdie talent uit te voer, het Sofia gevra dat Bertus, ons plaaslike pottebakker vir haar ’n groot genoeg kleipot moes maak om die olifant daarin te plaas.” Nog ’n gejuig het opgeklink terwyl die groot kleipot nou na die middel van die plein geskuif het. Alles was gereed. Sofia het nader gestaan. Maar o weë, die olifant se poot was skaars in die pot of dit het begin kraak en in skerwe gespat. Weer en weer moes Bertus op versoek van die koning na sy pottebakkery terugkeer om ’n nuwe pot te bou omdat dit elke keer in skerwe gespat het. Dit het nie lank geneem of Bertus moes sy pottebakkery se deure sluit. Hy was bankrot. In Spreuke 26:27 staan geskryf: “Wie ’n gat vir ’n

ander grawe val self daarin; die klippe wat hy

gooi, sal na hom toe terugkom.” Net soos Haman eens vir Mordegai (koningin Ester se oom), ’n galg gebou het en later self daaraan gehang het (Ester 7), het Bertus ook self in die gat geval wat hy vir Sofia probeer grawe het. Wat van jou? Kyk jy doelbewus met positiewe oë na die mense om jou? Of is jy besig om ’n gat vir jou vyand te grawe of klippe in sy of haar rigting te gooi? Pasop, jy mag dalk self in daardie gat trap, aan daardie galg hang en daardie klippe wat terugkom? Hulle is gewoonlik baie swaarder! So sit hulle eerder neer! Sterkte. Vader God, baie dankie dat ek die finale oordeel aan U kan oorlaat. Vergewe my asseblief vir elke gat wat ek al ooit in die verlede vir ’n vyand gegrawe het en stop dit asseblief vandag toe

voordat ek daarin val. Help my ook om voortaan doelbewus met positiewe oë na die mense om my te kyk. Ek vra vir dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Voel die lewe se hartklop…

Page 5: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 13 Junie 2010

SHALLOW SOIL Luke 8:13 Those on the rock are the ones who

receive the word with joy when they hear it, but

they have no root. They believe for a while, but in

the time of testing they fall away. (NIV) Scatter seed on rocky ground, allow the rain and sun to do their work and just watch the little plants burst into life. But for how long? Without a depth of soil, water will not be retained; the roots will not find enough resources to support the plant against the heat of the day, the cold nights or the storms. The climatic testing will be too much for the little thing; and the promising start will be shamed as the plant withers away. Jesus said that some of His hearers would be like that: quick to respond, but unprepared for the gospel which will demand more than their initial enthusiasm. Without removing the obstacles to Christ's life developing within them, their faith would dry up. Jesus chose twelve disciples to be His apostles (although Judas Iscariot fell away, demonstrating the shallowness of those who love to hold onto their old way of life). They needed a three year apprenticeship to learn how to minister effectively. Part of that training was not to presume the spiritual depth of new converts in the Early Church: because every new believer needs to be discipled. Shallow faith may look deep when copying others in church. The real test comes when believers are isolated in the workplace or persecuted in the community. The spiritually-healthy will thrive in such circumstances because they have removed the obstacles to spiritual growth (the 'rocks' of the old sinful life). Their spiritual roots are firmly anchored in Jesus and God's Word. But those who thought they could stand firm because of their enthusiasm, fall away. Stay shallow and your spiritual life will shrivel! Retain the rocks and your roots will rot! Please pray, that as Word@Work is sent to over 29,000 subscribers today, these people all over the world will want to read, deepen their faith and grow strong to keep standing for Jesus when life gets tough.

Prayer: Dear Lord God, my loving Heavenly

Father. Thank You that Your Word is attractive to

sinners who need a Saviour. But I know that this

sinner must remove the barriers which prevent me

developing a deep and strong relationship with

Jesus. Please forgive me for agreeing to the

temptation that 'shallowness is ok'. Please help me

to desire a new depth in my spiritual life, and a

prayerful passion that my believing brothers and

sisters may choose to do the same. In Jesus'

Name. Amen.

Kiewiet

Volgende uitgawe : 18 Julie

Enige artikels / getuienisse / foto’s ens

sal waardeer word

e-pos aan: [email protected]

In die werkplek

Page 6: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 13 Junie 2010

Is Muldersdrif Gemeente ’n Omgeegroep Gemeente?

Of is ons ’n Gemeente met omgeegroepe?

ONS DOELWIT IS BESLIS OM ‘N OMGEEGROEP GEMEENTE TE WEES!

Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd

Driefontein / Swartkops

Stefan Rudman 082 567 5586 [email protected] Dinsdae 19:00

Featherbrooke Kobus Nel 083 310 0834 [email protected] Dinsdae 19:00

Honingklip/Steynsvlei Fielie Swanepoel

083 380 4706 [email protected] Wissel 19:00

Renosterspruit / Lanseria

Johan Nell 082 444 2625 [email protected] Vrydae 19:00

Ducks Nest 208, Featherbrooke

Ronnie Collatz 011-662 1005 [email protected] Sondae 18:30

Lanseria / North Riding / Lammermoor (In die Kinderkerkgebou)

Jacqueline Klem

082 920 6679 [email protected] Vrydae 18:00

Plovers Nest 1121 Featherbrooke Est (Jong gesinne)

Johan & Vivienne J van Rensburg

011-662 2678 [email protected] Donderdae 19:00

Honeydew Martie & Kriek Badenhorst

010-222 0651 [email protected] Sondae 17:00

Helikia (Jong Volwassenes)

Charmaine Joubert

076 544 4406 [email protected] Woensdae 19:00

Bybelskool Ds Neels 083 560 3814 [email protected] Woensdag oggende & aande

9:30 &

19:00

Wat verhinder jou om deel te word van hierdie familie?

SKAKEL ‘N LERAAR OF ENIGE VAN ONS OMGEEGROEPLEIERS OF -LEDE EN KOM ERVAAR DIT!!

Omgeegroepe

Page 7: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 13 Junie 2010

VAKATURE

MAATSKAPLIKE WERKERS NG Welsyn soek Maatskaplike werkers vir Carletonville, Emaneng Nokeng, Fochville, Krugersdorp, Meyerton, Randfontein, Roodepoort, Vanderbijlpark in Gauteng asook Christiana & Klerksdorp in Noordwes. Moet geregistreer wees as MW en oor geldige rybewys beskik. Skakel Miranda Visagie op 018-462 6028 (Noordwes)

Shirley Theron op 011-764 4031 (Gauteng) Epos: [email protected]

TOESIGHOUER Motorwassery in Strubensvallei en Fourways - Eerlike, energieke persoon gesoek as toesighouer. Deeglikheid en netheid belangrik. Kode 8 lisensie vereiste. Skakel Sybrand op 083 633 4719 of Liana op 084 584 1389

Werk gesoek

MAINTENANCE & SEKURITEITSBESTUURDER Honeydew-omgewing: baie handige nutsman soek dringend enige posisie beskikbaar. Bereid om enige werk te doen. Skakel asb 079 691 8755 vir verdere besonderhede en CV.

Te koop

Juwele met ‘n Boodskap Die “Testimony Jewellery & Décor” reeks: • Halssnoere en armbande vir groot en klein • Boekmerke, steutelhouers, versierings &

geskenke Skakel Ansie op 082 853 6532 of epos

[email protected]

Dienste

Gilda Harris Fotografie

Studio nou oop in Muldersdrif! Swangerskap-; Baba-; Gesins- en Troufoto’s

083 317 7025 / 082 5677 446 www.ghphotography.co.za

email: [email protected]

Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke Kontak Dirk op 082 784 7856

BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies. � Jaareind state – nie net vir maatskappye nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette � Payroll, UIF, PAYE, BTW

Skakel Karin Grové op 082 821 1146

Dienste

LIBRI KARWAS Bederf jou motor en laat dit was deur ons – by Hirsch’s agter Makro in Strubensvallei. Betaal slegs R55 vir ‘n volledige wasen R350 vir ‘n valet. Kom kyk wat ons jo u nog kan bied. Woensdae is Pensioenaris-dag – betaal R40 vir ‘n volledige was.

Meer inligting, kontak Sakkie of Dries op 072 757 9336

Pastorale Terapeut Geregistreerde berader : Christelike berading en ondersteuning, trauma, emosionele pyn, huweliks-, verhoudings- en gesinsterapie, depressie en die rouproses. Eis terug van mediese fonds. Skakel Susan Eksteen op 076 051 1455/011-954 0988

NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.

Kontak Dirk op 083 519 9604

Anastasis Edu-Help Sukkel jou kind om te studeer en te konsentreer? Ons spesialiseer in studiemetodes, breinprofiele, disleksie en ADHD. Ons bied ook trauma-, huweliks- en ander berading gebaseer op Bybelse

beginsels. Kontak Kobus Agrella op 071 689 0772 of epos: [email protected]

Vir alle naaldwerk, verstellings ens.

Kontak Hantie du Toit op 082 797 1623/011-958 1030

LOODGIETER Loodgieter-werk. Kontak Dewald op 076 758 0650

DOEK-KOEKE ’n Besonderse geskenk: Ideaal vir Ooievaarstee of nuwe Mamma. Verskillende kleure & temas beskb. Vir navrae skakel Lizelle Brummer op 082 888 1776

Gesoek

VERWARMERS Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes: dringend op soek na Olieverwarmers vir inwoners. Ons waardeer enige verwarmers wat julle kan skenk, handig asb in by kerkkantoor.

Akkommodasie

STRANDWOONSTEL TE KOOP Uvongo. 3 slaapkamer, 2 badkamer, baie groot onthaal-area en kombuis. Reg op strand, beste in kompleks! R2milj (onderhandelbaar). Vir foto’s: www.privateproperties.co.za: La Crete Sands # 2.

Kontak Anita Duif op 082 411 7015

Kennisgewingbord

Page 8: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 13 Junie 2010

Leraars Ds Neels Kloppers

Tel: 083 560 3814 epos: [email protected]

Ds Kenneth Mckenzie

Tel: 084 455 3267 epos:[email protected]

Kerkkantoor Administrateur: Maryna de Jager Tel: 079 697 1163 Faks: 086 698-7605 epos: [email protected] Kerk-SMS: 082 851 5163 Admin Assistent: Rensia Swanepoel epos: [email protected]

Posbus Adres Kantoorure: NG Muldersdrif Ma – Vry 08:00-16:00 Posbus 52 Sondae na oggenddiens Muldersdrif 1747

BANKBESONDERHEDE Bank: ABSA Takkode: 632005 Rek Naam: NG Kerk Muldersdrif Rek no: 310580023 LOPENDE REKENING (TJEK)

Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso

083 548 8263

Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous

082 853 5250 Epos: [email protected]

Jeug

Portefeulje Leier Wessel Duif

083 408 0377 Epos: [email protected]

Kategese: Juniors (2 jaar tot Graad 3) Leier: Adele de Jong – 083 263 6566 Kinders van die ouderdom 2 jr tot Gr 3 gaan direk na die Kinderkerk voor erediens. Verdaag 09:45.

Seniors (Graad 4 – 10) Leier: Ronel Duif – 083 324 5977 Gesamentlike jeugdiens vir 30 minute in saal, gaan dan na hul kategese lokale. Verdaag 09:45.

Finalejaars – Graad 11 Leier: Ds Kenneth – 084 455 3267 Finalejaars hanteer materiaal soos deur leraars voorberei. Sondae om 16:30 in die kinderkerk

Bestuursraad 2010 Funksionele Portefeuljes

Bemarking & Vermaak van Wyk Kommunikasie 083 419 3883 Erediens Anton Steyn 082 785 6657 Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968 Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625

Bedienings Portefeuljes

Gemeente Theda Human 082 678 1905 Getuienis VAKANT Jeug Wessel Duif 083 408 0377 Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908 Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250

Bestuurs Forum

B/Forum Koördinering Nico Doman 011- 662 2956 Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820 Strategies VAKANT

Strewers Fanie Human 082 678 1905

ander kontakpersone Tegniese ondersteuning: Hannes v/d Merwe 011- 662 2651/ [email protected]

Spyseniering: Ferma Bekker 072 958 4757

Gemeente Besonderhede

Neem asseblief kennis dat die gemeente geen landlyne het nie, kontak ons op die bogenoemde selnommers