MIV en vigs

14
MIV EN VIGS

description

MIV en vigs. Ingeligte , verantwoordelike besluitneming oor gesondheid en veiligheid : MIV en Vigs. Vigs staan vir : Verworwe Immuniteitgebreksindroom en word deur MIV ( Menslike Immuungebrekvirus ) veroorsaak. MI-virus na vigs. - PowerPoint PPT Presentation

Transcript of MIV en vigs

Page 1: MIV en  vigs

MIV EN VIGS

Page 2: MIV en  vigs

Ingeligte, verantwoordelike besluitneming oor gesondheid en

veiligheid: MIV en Vigs

Vigs staan vir: Verworwe Immuniteitgebreksindroom en

word deur MIV (Menslike Immuungebrekvirus) veroorsaak.

Page 3: MIV en  vigs

MI-virus na vigs

Wanneer die MI-virus die liggaam binnedring, val dit die T-selle aan.

Die T-selle is ʼn deel van die immuunstelsel wat jou liggaam teen siektes en besmettings help stry.

Na ʼn ruk het die MI-virus soveel van die T-selle verwoes dat die liggaam nie meer teen besmettings kan stry nie.

Wanneer dit gebeur, lei die besmetting tot vigs.

Page 4: MIV en  vigs

MIV versprei

MIV word deur liggaamsvloeistowwe soos bloed en semen versprei.

Ma’s wat die MI-virus het, kan dit aan hulle babas oordra tydens geboorte of wanneer hulle borsvoed.

Gebruik of deel van binneaarse naalde kan ook lei tot die verspreiding van MIV.

Page 5: MIV en  vigs

Hoe weet jy?

ʼn Bloedtoets is die enigste manier om uit te vind.

Daar is geen geneesmiddel vir MIV en vigs nie.

Page 6: MIV en  vigs

Beheer van medikasie, diet, gesonde lewenstyl en positiewe houding

Page 7: MIV en  vigs

ʼn MIV – positiewe mens kan ʼn gesonde, normale lewe lei deur:

Na jou liggaam om te sien Positiewe denke Steun van mense om jou Eet reg Oefening Kry genoeg rus

Page 8: MIV en  vigs

Na jou liggaam om te sien: Jy moet situasies en gevaarlike

gedrag vermy wat tot die verspreiding van MIV kan lei. Dwelms en drank is ook die hoofoorsake van die verspreiding van MIV omdat dit mense onverantwoordelik laat optree.

ARV (antiretrovirale)-behandeling help om die verswakking van die liggaam se immuunstelsel te verhoed en moet daagliks geneem word.

Page 9: MIV en  vigs

Positiewe denke:

Wanneer jy positief bly, kan jy jou lewe verbeter en heelwat beter voel. Glo in jouself en besluit op doelwitte vir jou toekoms

Page 10: MIV en  vigs

Steun van mense om jou:

Gevoelens van depressie wat verhoed word deur jou familielede en vriende in jou vertroue te neem. Hulle kan selfs saam met jou by jou steungroep of berading aansluit.

Page 11: MIV en  vigs

Eet reg:

ʼn Gesonde diet verseker ʼn gesonde liggaam! Jou liggaam bestry siektes as jy genoeg vrugte en groente eet. Eet heelkoringkos. Drink genoeg water. Vermy vetterye, suikerryke gemorskos.

Page 12: MIV en  vigs

Oefening:

Vebeter jou liggaam en is goed vir jou gees. Verminder ook die gevoelens van angs en depressie

Page 13: MIV en  vigs

Kry genoeg rus:

Belangrik vir jou welstand.

Page 14: MIV en  vigs

AKTIWITEIT 2 – Wat sou jy doen?1. Hoe dink jy het Markus gevoel

toe hy die nuus verneem het? Hoe sou jy gevoel het as jy in sy posisie was?

2. Voer ʼn toneel op waar jy ʼn gesondheidswerker is wat steun en raad gee aan ʼn pasiënt wat pas ontdek het dat hy of sy MIV-positief is.