MGD - Stellenbosch University Jaarverslag 2015 ELECTRONIC.pdf10 MGD Jaarverslag 2015. Personeel by...

34
MGD

Transcript of MGD - Stellenbosch University Jaarverslag 2015 ELECTRONIC.pdf10 MGD Jaarverslag 2015. Personeel by...

MGD

BOODSKAPPE 02

HOE BEMAGTIG ONS GEMEENSKAPPE 08

ONS PROGRAMME 10Primêre Gesondheidsorgprogram 10Konsultasiekamers verseker nou pasiënte se privaatheid 12Meer as net ’n gesondheidsorgdiensverskaffer 14Liza Van Zyl vertel hoe vrywilligerwerk by klinieke haar verryk het 15

Volwasse Onderrig- en Opleidingsprogram 16Dampies kry tweede kans om te leer op 70 17

Vaardigheids ontwikkeling- en Opleidings program 18Basiese Lewensvaardighede 19Rekenaaropleiding 19Naaldwerk 19Kralewerk 19Kookkursus 19Tuinbou 19

Eenstop Studente vrywilligerprogram 20Studenteprojekte vir 2015 23Vrywilligers bied Rietenbosch leerders die aandag waarna hulle hunker 26Studente doen meer in groeperings projekte 28Mandela-dag fokus ook nou op interne behoeftes 29

FINANSIËLE OORSIG & DONATEURS 30

Inhoud

Boodskap van die

VOORSITTER VAN DIE BEHEERRAAD

Ons het baie om op trots te wees en om te vier wanneer ons op 2015 terugkyk. Eerstens het ons ons hoë gehalte diens en die vermoë om toepaslike, maar nogtans volhoubare ontwikkelings-programme aan te

bied, in stand gehou. Tweedens het ons daarin geslaag om Matie Gemeenskapdiens (MGD) se status as ’n Gemeens kapsinteraksie Vlag-skipprojek te behou. Hierdie dui ongetwyfeld

op die belangrikheid en aansien wat aan MGD gekoppel word as ’n spesiale projek van die Universiteit Stellenbosch (US). In die derde plek, is wysigings aan die MGD grondwet deur die MGD Beheerraad en die Gemeenskapsinteraksiekomitee van die Senaat goedge keur en dít het veranderinge in die same stelling van die Beheerraad moont lik gemaak. Laastens is ons plaaslike vennoot skappe versterk deur ons langdurige

Ons sou nie ons werk kon verrig sonder ‘n groep

toegewyde studente wat ure spandeer om

broodnodige dienste te lewer deur middel van

diensleerprogramme waarby hulle betrokke is.”

Prof Sulina Green

2 | MGD Jaarverslag 2015

verhoudinge met ander diensverskaffers en instansies in die gemeenskap.

Dit alles sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van die personeel en mede-raadslede van MGD nie. Ek wil elkeen bedank vir jul verbintenis, toewyding en die energie wat julle aanwend om MGD ’n sterk en volhoubare organisasie te maak. Bykomend hiertoe, sou ons nie ons werk kon verrig sonder ‘n groep toegewyde studente wat ure spandeer om broodnodige dienste te lewer deur middel van diensleerprogramme waarby hulle betrokke is.

Ons sien uit na MGD se toekoms en is gereed om enige geleenthede en uitdagings wat mag voorlê, die hoof te bied. Terselfdertyd bly ons daartoe verbind om op die steeds veranderende behoeftes van die mense en gemeenskappe wat ons bedien, te reageer. Ons is ook meer as gewillig om die uitdagings te hanteer wat ons mag teëkom met die bereik van ons doelwitte.

MGD Jaarverslag 2015 | 3

Boodskap van die

WAARNEMENDE SENIOR DIREKTEUR: AFDELING VIR SOSIALE IMPAK

Die US kan beskou word as die stamvader van hierdie organisasie wat sy ontstaan te danke het aan mediese studente en personeel wat ʼn tekort aan primêre gesondheidsorgdienste in omliggende gemeenskappe gesien het en besluit het om daardie dienste te lewer. So het ons mediese studente in 1964 dienste in Kasselsvlei begin lewer onder toesig van gekwalifiseerde dokters wat deel was van

Die jaar 2015 kan ten beste opgesom word as ‘n terugkeer na ons grond-legging. MGD het ‘n lang en roemryke geskiedenis van dienslewering aan gemeenskappe regoor die Wes-Kaap. Hierdie dienste het oor die jare baie

lewens geraak en verander, en vanjaar kan MGD met trots terugkyk op 53 jaar van dien en groei saam met hierdie gemeenskappe.

Deur hulle werk in gemeenskappe leer studente

funksionele vaardighede wat bydra tot hulle

vorming as volwassenes in die samelewing.”

Dr Antoinette Smith-Tolken

4 | MGD Jaarverslag 2015

hierdie Universiteit se akademiese personeel. Ek wonder of hierdie studente en dokters besef het dat hulle werk die grondlegging sou vorm vir diensleer as ʼn goedontwikkelde pedagogie.

Diensleer is ʼn vorm van ervaringsleer wat studente in staat stel om noodsaaklike diens-te aan gemeenskappe te lewer as deel van hulle akademiese kurrikulum. Studente word blootgestel aan werklike gemeenskaps uit-dag ings wat hulle beter bekwaam vir hulle toekomstige loopbane. Sedert 2005 het diensleer aan die Universiteit ook gegroei en neem baie studente deel aan MGD programme as deel van hulle akademiese program.

Dit is dus duidelik dat die volhoubaarheid van MGD se programme nie net in die terugkeer na sy grondlegging van vrywilligerdiens deur studente en personeel lê nie, maar ook in die geleenthede wat gebied word om akademiese programme te benut om

praktykgerigte diens in die gemeenskap te lewer. Die Eenstop Studentevrywilliger- en Volwasse Onderrig- en Opleidingsprogramme bied sulke leergeleenthede aan studente deur middel van gemeenskaps projekte wat gefokus is op werklike behoeftes. Studente ontvang opleiding in volhoubare gemeen-skaps ontwikkeling, en deur hulle werk in gemeenskappe leer hulle funksionele vaardig-hede wat bydra tot hulle vorming as vol-wassenes in die samelewing.

Die grondlegging van MGD in sy vroeë ont-wikkelings jare het ʼn tuiste gevind in die Afdeling vir Sosiale Impak waar hierdie twee fokusse sterk ondersteun word. Mag MGD dus terugkyk op 2015 as ʼn positiewe terugkeer na sy grondlegging.

MGD Jaarverslag 2015 | 5

Boodskap van die

HOOF: MGD

ons studente ook ’n bydrae tot gemeenskappe as ’n geheel en aan individue in daardie ge-meen skappe wat baat by die projekte wat ons aanbied.

Elke jaar probeer ons om hierdie doelwit na te streef in ons programme. Ons program-inhoud word deurgaans deur die behoeftes in gemeenskappe gevorm en so byvoorbeeld het

Die stories en terugvoer van ons begunstigdes,

gemeenskapsvennote en vrywilligers is ’n

getuigskrif van hoe ons visie uitspeel.”

MGD se hoofdoel sedert sy ont-staan is om ’n omgewing te skep waar ons studente kan deelneem en blootgestel word aan gemeenskapsprojekte wat hulle help om leierseienskappe

te ontwikkel, sowel as ’n bewustheid van die sosiale kwessies waarmee baie benadeelde gemeen skappe worstel. Terselfdertyd maak

Mnr Gareth Cornelissen

6 | MGD Jaarverslag 2015

ons CV- en loopbaanontwikkelingswerkwinkels vir leerders en werkloses in die Kalkfontein gemeenskap gereël deur middel van ons Primêre Gesondheidsorgprogram. Met hierdie inisiatief reageer ons op ander dringende behoeftes in daardie gemeenskap en help ons met die algehele welwees van die gemeenskap deur individue toe te rus met vaardighede om werk te vind en hul lewens te verbeter.

Die stories en terugvoer van ons begunstigdes, gemeenskapsvennote en vrywilligers is ’n getuig skrif van hoe ons visie uitspeel. Op bladsy 17 vertel me Margaret Dampies, wat op 70-jarige ouderdom haar Vlak 3 van die Volwasse Onderrig- en Opleidingsprogram voltooi, hoe MGD haar ’n tweede kans gebied het nadat sy skool as 12-jarige moes verlaat. U kan ook lees oor hoe ons studentevrywilligers se lewens verder verryk word met die ko-

kurrikulêre transkripsie (vir studente wat 100 ure en meer se vrywilligerwerk doen) wat nou saam met hul gewone kurrikulêre transkripsie oorhandig word wanneer hulle gradueer. Baie studente getuig dat hulle werksgeleenthede bo ander kandidate aangebied is weens die klem wat werkgewers op kandidate se betrokken-heid by sosiale impak-projekte plaas.

Alhoewel hierdie my laaste boodskap aan u sal wees as Hoof van MGD, verlaat ek die organisasie met die wete dat MGD die toekoms met vertroue kan tegemoetgaan.

MGD Jaarverslag 2015 | 7

Hoe Bemagtig ons GEMEENSKAPPE

Wes-Kaap, sowel as op die studentevrywilligers wat aan ons programme deelgeneem het.

Ons help ook die US om een van sy kern-doelwitte te bereik, deur die kennis wat ons by die Universiteit genereer, aan gemeenskappe rondom die instansie oor te dra.

Terselfdertyd word opleidingsgeleenthede aan betrokke graduandi gebied wat na graduering kan reageer op die behoeftes van ’n diverse Suid-Afrikaanse samelewing.

Met die bekendstelling van die eerste Primêre Gesondheidsorg-kliniek in Kasselsvlei in 1964, sou die Universiteit van Stellenbosch se Klinieke Organisasie (USKOR) die basis lê vir die ontwikkeling

en uitbou van USKOR se dienste en sy finale naamsverandering na Matie Gemeenskapdiens (MGD) in 1997. As nie-regeringsorganisasie het ons oor die laaste vyf dekades ‘n groot impak gemaak op verskeie gemeenskappe regoor die

8 | MGD Jaarverslag 2015

“As nie-regeringsorganisasie

het ons oor die laaste vyf

dekades ‘n groot impak

gemaak op verskeie

gemeenskappe regoor die

Wes-Kaap.”

MGD Jaarverslag 2015 | 9

ONS PROGRAMME

Die Primêre Gesondheidsorgprogram (PGS) is toegespits op individue in gemeenskappe wat met moeite toe-gang tot staatsmediese dienste kry. Na-ure primêre gesondheidsorg-klinieke word aan individue in

Kalkfontein in Kuilsrivier en in Groendal in Franschhoek beskikbaar gestel. Pasiënte ont-vang hier primêre gesondheidsorg deur ge-kwalifiseerde dokters in samewerking met mediese studente. Waar nodig, word pasiënte na ander gesondheidsorgfasiliteite vir opvolg-behandeling verwys.

PRIMÊRE GESONDHEIDSORGPROGRAM

In 2015 is 913 pasiënte by die twee klinieke bedien en het 237 studente as vrywilligers daar gewerk.

Volgens die Senior Programbestuurder, me Avril Whate, word daar ook by die klinieke met gemeenskappe oor gesondheidskwessies soos tuberkulose (TB), MIV/Vigs, dwelm-misbruik, tienerswangerskappe en kinder-sterftes gekommunikeer. Studente van die Departement Huisartskunde en Primêre Sorg verskaf informasie oor hierdie siektes aan pasiënte in die wagarea van die klinieke.

10 | MGD Jaarverslag 2015

Personeel by die klinieke identifi seer ook indi-vidue wat een-tot-een berading benodig en verwys hulle dan na die toepaslike kundiges.

Die PGS volg ‘n benadering waar gekwalifiseer-de mediese dokters en voorgraadse studente-

vry willigers sowel as deskundiges van die aan vullende gesond heids wetenskappe, by-voor beeld Fisio terapie, Arbeids terapie en Dieet kunde, geleent hede tot deelname gebied word. As gevolg hiervan ontvang pasiënte meer holistiese gesondheidsorgbehandeling.

913 237PASIËNTE BY DIE TWEE KLINIEKE BEDIEN

STUDENTE HET AS VRYWILLIGERS DAAR GEWERK

MGD Jaarverslag 2015 | 11

Konsultasiekamers verseker nouPASIËNTE SE PRIVAATHEID

Na ’n jaar van fondsinsameling, het Whate die onmoontlike reggekry – die inrigting van die eerste private konsultasiekamers in die Kalkfontein-kliniek. Vir jare moes dokters agter dun afskortings hul pasiënte se mees

intieme gesondheidkwessies behandel.

Nou, danksy skenkings van verskeie oorde, sowel as die bereidwilligheid van Kalkfontein Primêre Skool om ’n deel van hul skoolsaal af te staan vir die kamers, het die kliniek ’n pediatriese

12 | MGD Jaarverslag 2015

en vier algemene konsultasiekamers waar studente behoorlike konsultasies kan doen. Skenkers sluit in alumni (drs Raafiq Ely, Rosy Dawson, Anstea Meyer, Mawada Cassiem-Majal, Wendell Isaacs en Randall Hartnick); Whate en haar dogter, Robyn; haar kollega, Adri Brits, en haar seuns Ruan en Tiaan; sowel as die internasionale nie-regeringsorganisasie, OSM District Grand Conclave (SA North and UK), wat R20 000 geskenk het.

Die kamers is in Julie 2015 amptelik onthul saam met ’n gedenkplaat ter nagedagtenis aan wyle dr Louis Heyns wat in 2013 oorlede is, en ’n gemeenskaps vrywilliger, mnr Patrick Ndyana. Dr Heyns het toesig gehou oor mediese studente vrywilligers by hierdie kliniek.

Die gedenkplaat by die nuwe konsultasiekamers by Kalkfontein-kliniek is aan wyle dr Louis Heyns en mnr Patrick Ndyana opgedra.

MGD Jaarverslag 2015 | 13

MEER AS NET ’N GESONDHEIDSORG-DIENSVERSKAFFER

Weens ’n tekort aan loopbaan-ontwikkelings ondersteuning in die Kalkfontein-gemeen-skap, het die PGS in Maart werks winkels gehou om jong-mense te leer hoe om hul eie

CV’s saam te stel, beter vakkeuses op skool te maak en hul loopbane te beplan.

“As ek terugkyk het die klinieke

verseker gehelp om my te vorm tot

die klinikus wat ek vandag is. Om by

die gemeenskap betrokke te wees,

is soos om ’n gedeelte van jouself

aan mense, wat minder bevoorreg

is, te gee. Dit gee jou ’n ander

perspektief op pasiëntsorg en dit

rus jou toe met vaardighede wat jou

kliniese prestasie verbeter.”

– Dr Randall Hartnick, ’n voor-malige studentevrywilliger en gekwalifiseerde dokter wat werk by Tygerberg-hospitaal en wat nog steeds by die Kalkfontein- en Groendal-klinieke diens lewer.

14 | MGD Jaarverslag 2015

Liza van Zyl vertel hoe vrywilligerwerk by klinieke HAAR VERRYK HET

program – maar vir Van Zyl is dit die moeite werd, veral as sy sien hoe gekwalifiseerde dokters na ’n lang dag aan diens bereid is om na-ure hul kundigheid met pasiënte en studente tegelyk te deel.

“Een van die twee klinieke wat ons maandeliks aanbied val op ’n naweek en die ander kliniek is laat in die aand. Ek het nog nooit ’n dokter hoor kla nie en hulle is al te gretig om ons as studente te leer.

Ek sou sê dat die klinieke my ’n ware perspek tief gegee het oor wat belangrik is vir ’n mediese dokter. Dit gaan nie net oor die siekte nie, maar oor die mens in geheel.”

In 2013, in haar tweede jaar as mediese student aan die US, het me Liza van Zyl besluit om as vrywilliger by die PGS se klinieke te werk. Daardie besluit, sê die huidige vyfdejaarstudent, het haar ook emosioneel en psigies sterker gemaak as

’n dokter in opleiding.

“Die impak wat die klinieke op my gemaak het, en steeds maak, is onmeetbaar. Ek het al soveel praktiese ervaring opgedoen en so baie geleer wat niemand ooit vir my in ons kurrikulum kon leer nie,” sê Van Zyl, wat ook sekretaris is van MGD se studentekomitee op die Tygerberg-kampus.

Tans werk sy as vrywilliger by beide die Kalkfontein- en Groendal-klinieke. Sy spandeer gewoonlik vyf ure by ’n kliniek – ’n tydrowende aktiwiteit vir ’n mediese student met ’n vol

“Ek het al soveel praktiese ervaring opgedoen en so baie geleer wat niemand ooit vir my in ons kurrikulum kon leer nie.”

MGD Jaarverslag 2015 | 15

VOLWASSE ONDERRIG- EN OPLEIDINGSPROGRAM

Die Volwasse Onderrig- en Opleidings-program (VOO) is meer as 20 jaar gelede begin en is by die Departe-ment van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer.

Dit bestaan uit ’n akademiese pro-gram wat Nasionale Kwalifikasie Raam werk-geak krediteerde onderrig van Vlak 1 tot 4 vir leerders van die ouderdomme van 16 jaar en ouer aanbied, en ʼn geletterdheids program vir ongeletterde en semi-geletterde volwassenes van Stellenbosch en omliggende gebiede.

Klasse word vir Vlak 1 (gelykstaande aan Graad 3), 2 (Graad 5), 3 (Graad 7) en 4 (Graad 9) aangebied. Leerders ontvang ’n Nasionale Onderrig- en Opleidingsertifikaat ná die voltooiing van Vlak 4.

VOO-klasse word van Maandag tot Donderdag aangebied. Middag- en aandklasse vir werk ende volwassenes en aandklasse vir vol wasse nes wat matriek wil voltooi word ook aangebied.

Volgens me Linda Jacobs, Senior Program-bestuur der, fokus die VOO ook op die holistiese

ontwikkeling van leerders en bied hulle vir die leerders in die oggendklasse ook buite-kurrikulêreaktiwiteite soos sport en lewens-vaardighede aan.

“Ons werk nou saam met organisasies soos ABBA om dwelmverslawing te voorkom en ook om rehabilitasiegeleenthede vir leerders te bied. Ons stel ons leerders ook bloot aan persone uit hul gemeenskappe wat deur die VOO-program hul lewens positief verander het. Dit is besonder belangrik want van die leerders se ingesteldheid is baie negatief, wat verstaanbaar is. Ons wil hulle dus blootstel aan positiewe dinge buite hul gemeenskappe,” sê Jacobs.

Leerders word ook gereeld op opvoedkundige uitstappies geneem. In 2015 het hulle die Groot Drakenstein gevangenis besoek waar bewaarders en gevangenes hul stories gedeel het oor die nagevolge van swak keuses. Hulle het ook ’n toer na Johannesburg onder-neem waar oudpresident Nelson Mandela se huis in Soweto en die Apartheidsmuseum besoek is.

Vlak 1GELYKSTAANDE AAN GRAAD 3

Vlak 2GELYKSTAANDE AAN GRAAD 5

Vlak 3GELYKSTAANDE AAN GRAAD 7

Vlak 4GELYKSTAANDE AAN GRAAD 9

16 | MGD Jaarverslag 2015

As kind het me Margaret Dampies (70) gedroom van onderwyser word, maar toe haar pa afsterf, moes Dampies as 12-jarige verant woordelik heid neem en as kinder oppasser begin werk om haar ma te help om hul huishouding

van 14 kinders te onderhou.

Meer as vier dekades later, sou mnr Piet Swarts, ’n mede-inwoner van Koelenhof, vir Dampies van MGD se VOO-program vertel.

“Toe ek in 2010 by MGD aangesluit, het ek vir die onderwysers gevra om weer my Sub A (Vlak 1) oor te doen. Ek kon lees en skryf, maar daardie vaardighede was nie goed nie na al die jare. Ek en my broer Joey het saam hiernatoe gekom en saam Sub A gedoen.”

Dampies is tans besig om Vlak 3 van die VOO-program te voltooi, het al twee keer Sun City besoek en vir die eerste keer in haar lewe gevlieg, danksy die uitstappies wat MGD vir VOO-leerders reël.

“Dit is wonderlik om weer ’n tweede kans te kry om te leer,” sê ’n glimlaggende Dampies.

“MGD is ’n goeie skool en die onder wysers druk jou nie onnodig nie. Hulle help jou liewers om te sien wat in jou steek en dit te ontwikkel. Wat ek vandag weet, is te danke aan hierdie onderwysers.”

Dampies kry tweede kans om te leer op 70

Me Margaret Dampies word deur haar onderwyser, me Adelene Rhode, gehelp tydens ‘n les.

MGD Jaarverslag 2015 | 17

VAARDIGHEIDS-ONTWIKKELING- EN OPLEIDINGS-PROGRAM

Die Vaardigheidsontwikkeling- en Opleidings program is daarop gemik om VOO-leerders wat entrepreneurs-potensiaal toon, toe te rus om ʼn inkomste vir hulself te genereer of om ʼn bestaande inkomste aan te vul.

Opleiding in entrepreneursvaardighede vorm deel van hierdie Program.

Me Linda Jacobs, regs in die foto, is die Senior Programbestuurder van hierdie Program.

18 | MGD Jaarverslag 2015

Die kursusse wat tans aangebied word fokus op die volgende vaardighede:

Basiese Lewensvaardighede

K ommunikasie, konflikbestuur, selfvertroue, waardes en leierskapsvaardighede word in hierdie kursus geleer. Sestig leerders het

die kursus voltooi.

Rekenaaropleiding

MGD se basiese rekenaarvaardigheids-kursus word deur Mfesane aangebied en die geakkrediteerde kursus deur

JCT Computer Centre. Tien leerders het die basiese kursus voltooi en ’n verdere 10 het die geakkrediteerde kursus voltooi.

Naaldwerk

T waalf leerders het die naaldwerkkursus voltooi en verskeie artikels gemaak. Een van hierdie leerders was me Elizabeth Willemse,

64, van Klapmuts. “Ek het niks ge weet van ‘n naaimasjien of naaldwerk toe ek by MGD kom nie, maar tydens my kursus het ek ’n voorskoot, rok, romp en ’n denimsak gemaak. As my [naai]masjien eers weer reg is, wil ek graag beddegoed en gordyne maak en dit ver koop vir ’n inkomste.”

Kralewerk

E lf leerders het die kralewerkkursus byge-woon en het die fynere kuns van hoe om juweliersware te maak, geleer. Van hierdie

leerders maak nou self juweliersware en verkoop dit aan die publiek.

Kookkursus

D eelnemers word met bak- en koek ver-siering vaardighede toegerus om so-doende hul eie besigheid te begin. Die

kursus dek ook onderwerpe soos higiëne, ge-sond heidstandaarde en -vereistes wanneer met voedsel gewerk word, hoe om jou besig-heid effektief te bemark, en hoe om spyse-niering vir funksies te voorsien. Vyf-en-twintig leerders het die kursus voltooi.

Tuinbou

D ie Program bied elke jaar ʼn tuinmaak-kompetisie aan wat deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou ondersteun

word. Die doel van die kompetisie is om mense aan te moedig om hul eie groente te kweek en om hulle met die vaardighede toe te rus om ʼn ekstra inkomste te verdien deur die surplus-opbrengs te verkoop. Me Francisca Witbooi het in 2015 die tuinmaakkompetisie gewen.

“Ek het niks geweet van ‘n naaimasjien of naaldwerk toe ek by MGD kom nie, maar tydens my kursus het ek ’n voorskoot, rok, romp en ’n denimsak gemaak. As my [naai]masjien eers weer reg is, wil ek graag beddegoed en gordyne maak en dit verkoop vir ’n inkomste.”

MGD Jaarverslag 2015 | 19

EENSTOP STUDENTE­VRYWILLIGERPROGRAM

fakulteite op die Stellenbosch en Tygerberg-kampusse bestuur. Die studente werk ook nou saam met gemeenskapsvennote. D

ie Eenstop Studentevrywilliger pro-gram is in 2007 begin om studente se betrokken heid by gemeenskappe te verhoog. Dit koördineer alle studente projekte, versterk die pro-fessionalisme van hierdie projekte,

verskaf formele opleiding en ondersteuning vir studenteleiers en -vrywilligers, en bied toegang tot hulpbronne. Studente wat aan die Eenstop-program deelneem, ontvang ook formele op-leiding deur die geakkrediteerde kortkursus Leierskap deur Gemeenskapsinteraksie.

Geregistreerde studenteprojekte fokus op ont-wikkeling in die onderwys-, sport-, lewens-vaardig hede en omgewingsbewaring. Die projekte word deur die studenteleiers van kos-huise, privaatstudenteorganisasies (PSO’s), studente verenigings en studente komitees binne

20 | MGD Jaarverslag 2015

In 2015 is daar ook ’n sterker klem geplaas op die ontwikkeling van studenteprojekte wat in groeperingsverband bestuur word. ’n Groepering verwys na ’n groep koshuise en PSO’s wat saam gegroepeer word onder een naam.

“Ons wil graag hê dat studente hul projekte bestuur in die groter groeperings wat reeds binne die studentegemeenskap bestaan. Daar

is reeds bronne en kundigheid in daardie groeperinge en anders as individuele koshuis- of PSO-projekte, kan leiers en vrywilligers nouer saamwerk om te verseker dat bronne meer effektief gebruik word om meer gemeenskappe te ondersteun, te bemagtig en in staat te stel om volhoubaar te word. Dit gee studente ook toegang tot ’n groter begroting waar fondse ingespan word vir een projek in plaas van

508Studentevrywilligers Studenteprojekte Begunstigdes

geondersteun Gemeenskapsure

35 924 394

Die Gemeenskapsinteraksie-kort kursus word tans by die Mangosuthu Universiteit van Tegnologie (MUT) in Durban, aan studente in die Suid-Afrikaanse Washington Intern skaps program (beter bekend as die South African Washington Internship Programme, SAWIP), die Universi teit van Pretoria, en die e’Bosch-erfenisprojek aange-bied. Twee-en-vyftig persone by MUT, 15 SAWIP-studente en 22 ge meen skapsleiers van e’Bosch het die Gemeenskapsinteraksie-kursus voltooi.

MGD Jaarverslag 2015 | 21

’n aantal kleiner projekte,” verduidelik me Michelle Pietersen, Senior Programbestuurder vir die Eenstop-program.

In 2015 was 508 studentevrywilligers betrokke by 35 studenteprojekte en is 924 begunstigdes oor ’n totaal van 394 gemeenskapsure onder steun. Hierdie vrywilligers werk in Idasvallei, Cloetesville, Jamestown, Vlottenburg, Pniel en Kayamandi en in omliggende gebiede soos Kalkfontein, Khayelitsha, Klapmuts en Gordonsbaai.

Die gemeenskapswerk van studente vrywilligers, wat 100 ure en meer vrywilliger werk voltooi as deel van gemeenskaps projekte, word sedert 2015 amptelik deur die US erken deur middel van ’n ko-kurrikulêre transkripsie wat saam met hul kurrikulêre transkripsie uitgereik word wanneer hulle gradueer. Die US is die enigste universiteit in Suid-Afrika wat so ’n transkripsie

aan sy studente bied. Studente wat 50 en 75 ure voltooi word onderskeidelik met ’n brons- en silwer-sertifikaat van MGD beloon.

Sedert 2014 bied die Eenstop-program ook die Gemeenskapsinteraksie-kortkursus  – in same -werking met die Frederik van Zyl Slabbert Instituut (FVZS) vir Studente leier skaps ontwikkeling by die US – aan ander universiteite, personeel en lede van gemeen skappe. Gedurende 2015 het 31 studenteleiers, 40 studentevrywilligers en 208 studente van die Fakulteit Ingenieurswese die kursus voltooi.

Die Eenstop-program organiseer jaarliks twee fokusdae wat dit moontlik maak vir personeel en studente om aan gemeenskaps georiënteerde aktiwiteite deel te neem: die Gemeenskaps-interaksie (GI)-oggend en Mandela-dag.

22 | MGD Jaarverslag 2015

STUDENTEPROJEKTE VIR

AKADEMIESE ONDERSTEUNING

2 0 1 5

wikkeling en bied programme aan wat help om die gaping tussen primêre skool en hoërskool te oorbrug.

Hoërskoolleerlinge word gehelp om hul punte te verbeter om toegang tot tersiêre instansies te bekom. Projekte word in samewerking met skole, onderwysers en ander NRO’s aangebied.

Studente bied as mentors studieklasse in Engels, Afrikaans, Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid aan en vorm ondersteunende

verhoudings met die leerders. Hulle help leerders met Engelse taalontwikkeling; lees, skryf en begrip; die begrip van die inhoud van skoolvakke; en fasiliteer die aanleer van redenaarsvaardighede. Hulle ondersteun ook die leerders se emosionele en kognitiewe ont-

Koshuis/PSO/Organisasie Gemeenskapsvennoot

Dagbreek + Erica Die Ark Christelike Skool – Eersterivier

Aristea PSO + Vesta PSO ACVV Nasorg – Stellenbosch

Olympus PSO AF Louw Primêre Skool – Stellenbosch

Huis Visser + Minerva Rietenbosch Primêre Skool – Cloetesville

Monica St Idas Rooms-Katolieke Primêr – Idasvallei

Funda Fundisa Makapula Hoërskool – Kayamandi

Aurora PSO Makapula Hoërskool – Kayamandi

Victoria Groepering Kayamandi Primêre Skool – Kayamandi

Goldfields Vision Afrika – Kayamandi

United Nations Association of South Africa (UNASA) (Stellenbosch-tak) Vlottenburg Primêre Skool – Vlottenburg

Lydia + Simonsberg St Vincent’s Rooms-Katolieke Primêr – Koelenhof

Metanoia Changing Lives Youth Development – Phillipi

Academia Klapmuts Primêre Skool – Klapmuts

Landbou-studenteverening Welgevallen Proefplaas – Welgevallen

Swart Bestuursforum Hector Peterson Sêkondere Skool – Kraaifontein

Huis Kerkenberg ElsCare – Elsiesrivier

Heemstede + Wilgenhof Ikaya Primêre Skool – Kayamandi

MGD Jaarverslag 2015 | 23

LEWENSVAARDIGHEDE

Hierdie projekte is gerig op bejaardes en leerders. Vir leerders word daar gefokus op die ontwikkeling van belangrike lewens-

vaardighede, byvoorbeeld:

� interpersoonlike vaardighede soos leier -skap, kommunikasie en die bou van verhoudings.

� entrepreneurskapsvaardighede.

� praktiese vaardighede soos rekenaar-geletterd heid.

� verbetering van selfvertroue.

� die ontginning van individue se talente.

� die waardes van aktiewe burgerskap.

Van die projekte bied mentorskap en onder-steuning aan die leerders, terwyl ander daarop fokus om geselskap aan bejaardes te bied of om gemeenskappe te leer om groente te kweek en hul eie voedsel te produseer.

Leerders wat op die Welgevallen Proefplaas woon, word blootgestel aan loopbaan geleent-hede binne die Agriwetenskappe-veld.

Koshuis/PSO/Organisasie Gemeenskapsvennoot

Make It Positive Stellenzicht Sekondêre Skool – Stellenbosch

Academia Klapmuts Primêre Skool – Klapmuts

Pieke PSO Pieter Langeveldt Primêre Skool – Cloetesville

Landbou-studentevereniging Welgevallen Proefplaas – Welgevallen

Huis Francie van Zijl Kalkfontein Primêre Skool – Kuilsriver

Tygerberg Outreach Society Webner Street Primêre Skool – Parow

Osler Tygerberg-hospitaal – Tygerberg

Huis Kerkenberg Paarl Skool – Brackenfell

Huis Marais + Nerina Jeug Uitreiksentrum – Stellenbosch

Huis Kerkenberg ElsCare – Elsiesrivier

Isa Carstens Azaleahof Old Age Home – Stellenbosch

Metanoia Changing Lives Youth Development – Philippi

UNASA se swemprojek Kayamandi Primêre Skool – Kayamandi

24 | MGD Jaarverslag 2015

SPORT

Sport word gebruik om die leerders op ʼn konstruktiewe wyse dwarsdeur die jaar besig te hou. Studente maak ook van spanwerk en sportreëls gebruik om belangrike lewensvaardighede vir die leerders te leer.

Koshuis/PSO/Organisasie Gemeenskapsvennoot

Moslem Studentevereniging (MSA) Strand Moslem Primêre Skool – Strand

Lydia + Simonsberg St Vincent’s Rooms-Katolieke Primêr – Koelenhof

Lydia + Eendrag Rietenbosch Primêre School – Cloetesville

Metanoia Changing Lives Youth Development – Phillipi

Helshoogte + Sonop Vlottenburg Primêre Skool – Vlottenburg

Heemstede + Wilgenhof Ikaya Primêre Skool – Kayamandi

OMGEWINGSBEWARING

Hierdie projekte maak leerders en die gemeenskap bewus oor hoe hulle ’n bydrae kan maak tot die volhoubare ontwikkeling en bewaring van hul omgewing.

Koshuis/PSO/Organisasie Gemeenskapsvennoot

Hippokrates Khayelitsha tuin - Khayelitsha

UNASA Million Trees – Stellenbosch Munisipaliteit

MSA Strand Moslem Primêre Skool – Strand

Die projekte waarby studente op die Tygerberg-kampus betrokke is, fokus daarop om na-ure klinieke in behoeftige gemeenskappe, na-skool programme, leierskapsopleiding en persoonlike ontwikkeling aan te bied.

MGD Jaarverslag 2015 | 25

Vrywilligers bied Rietenbosch leerders die aandag waarna hulle hunker

Vir die afgelope drie jaar help verskeie Eenstop studente vrywilligers om die Graad 1-leerders by Rietenbosch Primêre Skool se lewensvaardighede sowel as hul hand-oog koördinasie deur middel van sport te verbeter.

Volgens hul onderwyser, me Claudelle Strydom, moedig die projek nie net die leerders aan om sport te beoefen nie, maar verbeter dit ook hul perseptuele en fyn motoriese vaardighede. “Dit verbeter ook hul dissipline,” voeg sy by.

Bo en behalwe die vaardighede wat die studente aan die kinders oordra, is dit veral die aandag wat hulle aan die leerders skenk wat

26 | MGD Jaarverslag 2015

die grootste impak op hul ontwikkeling het, sê Strydom.

“Die leerders is baie geheg aan die studente, want jy moet verstaan, die leerders kry nie altyd daardie liefde, ondersteuning en individuele aandag by die huis nie. Baie van hulle kom

ook uit ouerhuise waar hul pa afwesig is. In ’n klas van 34 leerders, is daar net 10 tot 15 wat uit huise kom waar hul pa teenwoordig is. Dit is hoekom, as die mansstudente opdaag, dat die leerders spesifiek op hul aandag aandring. Hierdie kinders kom te staan voor baie uitdagings.

“Die leerders is baie geheg aan die studente, want jy moet verstaan, die leerders kry nie altyd daardie liefde, onder steuning en indi vidue-le aandag by die huis nie.”

MGD Jaarverslag 2015 | 27

Vir die afgelope paar jaar het die Universiteit groepering studente-akkommodasie op kampus ont-wikkel. Die doel met die groeperings is om ’n koherente en diverse studente-omgewing te skep met ’n

ruimte wat die samekoms van koshuis studente en studente in privaat-akkommodasie fasili-teer. Hierdie groeperings bied studente ook ’n geleentheid om die begrotings van hul individuele gemeenskapsinteraksieprojekte, mens like hulpbronne en kennis saam te voeg om ‘n groter impak te maak op die gemeen-skappe waar hulle werk.

Die Victoria-groepering, wat uit die Nemesia-koshuis en die PSO’s Oude Molen en Silene bestaan, het in 2015 ’n gesamentlike projek geloods om Graad 6-leerders van die Kayamandi Primêre Skool te help om hul vaardighede in Engels en Wiskunde te ont wikkel. Volgens mnr Elvis Mare, ’n Oude Molen huiskomiteelid, word die projek in samewerking met die UNASA bestuur, wat die groepering in ’n raadgewende kapasiteit bystaan.

Die groep spandeer ’n uur op ’n Dinsdag en Donderdag by die skool waar hulle die jong leerders help om hul 30% slaagsyfer vir die

STUDENTE DOEN MEER IN GROEPERINGS-PROJEKTE

Jaarlikse Nasionale Assessering in 2015 na 50% in 2016 te verhoog.

Terwyl dit nog te vroeg is vir terugvoering op die kwantitiewe impak wat dit tot dusver gehad het, het Mare reeds verandering gesien.

“Leerders wat nooit vantevore wou praat nie, kry die selfvertroue om hul hande op te steek en vrae te beantwoord. Hulle het voorheen geaarsel en was te bang om iets verkeerd te sê, maar weens die goeie verhouding wat ons met hulle het, vertrou die leerders ons as mentors en is die leerspasie op so ’n manier gestruktureer dat foute deel is van die leerproses.”

’n Eerstejaarstudent van die Victoria-groepering spandeer tyd met leerders van Kayamandi Primêre Skool tydens MGD se Gemeenskapsinteraksie-oggend.

28 | MGD Jaarverslag 2015

MANDELA-DAG FOKUS OOK NOU OP INTERNE BEHOEFTES

Die Eenstop-program het in 2015 sy Mandela-dag fokus verbreed deur ook op die behoeftes van studente aan die Universiteit te fokus.

Op kampus het die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling

toiletware-pakkies opgemaak en aan behoeftige studente uitgedeel. Tygerberg-kampus se studente en personeel het ook vir die eerste keer deelgeneem aan die Toasties for Tummies-inisiatief, waar vrywilligers van die Stellenbosch-kampus saam met ander vennote – Rachel’s Angels, LDP, Stellenbosch Munisipaliteit, die Golden Key Studenteverening en MFM – alte saam 11  000 toebroodjies aan skole en

organisasies in die Stellenbosch- en Tygerberg-omgewings versprei het. Hierdie toebroodjies is ook vanjaar op kampus uitgedeel. Die inisiatief dien as die eerste kontak wat studente met hul gemeenskapsvennote het voor hul jaarlikse projekte afskop.

’n Readathon deur die US se Taalsentrum en Vriende vir Afrikaans is by Rietenbosch Primêre Skool gehou, sowel as ’n sportprogram wat deur studentevrywilligers van Dagbreek, Eendrag en Lydia-koshuise aangebied is. Die Rektor, prof Wim de Villiers, het die week se verrigtinge afgeskop deur aan Graad 1-leerders by Rietenbosch voor te lees.

Vrywilligers is besig om toebroodjies te maak tydens die Toasties for Tummies-inisiatief.

MGD Jaarverslag 2015 | 29

FINANSIËLE OORSIG

19%

35%24%

2%

20%Oorhoofse Kostes

Vaardigheidsontwikkeling

Eenstop Studente vrywilligerprogram

Volwasse Onderrig- en Opleidingsprogram

Primêre Gesondheidsorgprogram

Program Uitgawes 2015

30 | MGD Jaarverslag 2015

FINANSIËLE OORSIG

2%

12%

22%

9%

12%

13%

19%11%

Ander

Plaaslike Regering

Projek Inkomste

Uskor Trust

Stellenbosch Universiteit

Subsidies

MAD

2

Korporatiewe Donateurs en Trusts

Inkomste 2015

MGD Jaarverslag 2015 | 31

DONATEURSCommunity Chest

EJ Lombardi Trust

Anglo American Voorsittersfonds

Freemasons SA North

Het Jan Marais Nationale Fonds

LDP Groep

Moore Stephens VDA Bpk

Rachel’s Angels Trust

Wes-Kaap Onderwys Departement

False Bay College

Stellenbosch Munisipaliteit

MAD2

USKOR Trust

RR Bala-Mbambisa

GM Cornelissen

DC King

CB Van Staden

RC Dawson

R Ely

STELLENBOSCHMGD StellenboschPrivaatsak X1Matieland 7602Kamer 2008Lückhoff Skool GebouBanhoekwegStellenboschTel: 021 808 3638 Faks: 021 886 5441

TYGERBERGMGD TygerbergPosbus 241Kaapstad 8001Kamer 2012StudentesentrumTygerberg-kampusTel: 021 938 9310Faks: 086 232 8800

www.sun.ac.za/mgdNRO Registrasienommer: 003249 www.facebook.com/MGDStellenboschTwitter: @MGD_US

KONTAK ONS

32 | MGD Jaarverslag 2015