Man Met Flits d. j. Opperman

9
D. J. Opperman 1914 - 1985 D.J. OPPERMAN

Transcript of Man Met Flits d. j. Opperman

Page 1: Man Met Flits d. j. Opperman

D. J. Opperman1914 - 1985

                                    

D.J. OPPERMAN

Page 2: Man Met Flits d. j. Opperman

MAN MET FLITS

D.J. OPPERMAN

Page 3: Man Met Flits d. j. Opperman

OPSOMMINGOp ’n letterlike vlak beskryf die gedig ’n persoon

wat sy pad met’n flitslig in die donker van klip tot klip oor

’n stroom moet vindOp ’n dieper vlak is die spreker se wete

soos ’n flits wat lig in die duister werp en gebruik word om sin

te maak uit die chaos.

Page 4: Man Met Flits d. j. Opperman

TITELDie titel fokus die aandag op die twee belangrikste aspekte

in die gedig –die mens en die flits, of die wete/intellek –wat lig verskaf. Die afwesigheid van ’n lidwoord voor “man”

sluit aan by die feit dat die man die universele mens is.

TEMADie mens gebruik sy intellek om sin uit die chaos om hom te probeer skep.

VERS- EN STROFEBOUUiterlike bou : Die gedig bestaan uit sewe rymende koeplette waarin elke versreël vyf lettergrepe bevatInnerlike bou : Die gedig bestaan uit drie dele of beelde : strofe 1-3, strofe 4en 5 en strofe 6 en 7.In die eerste beeld word die manier waarop die lig op ’n klip val, vergelykmet ’n bok wat vir ’n oomblik verskyn, staan en dan verdwyn.Die tweede beeld fokus op twee bang ogies wat vir ’n oomblik sigbaar is.Die derde beeld is die mens self, (ek ) sentraal en op soek na vastigheid.Die spanningspanning tussen lig en donker is heeltyd aanwesig.

Page 5: Man Met Flits d. j. Opperman

STROFE 1

1.In die klein wit kol2. van my wete stol

metafoor metafoor : “die klein wit kol vanmy wete word die mens sewete intellek of bewussyngelykgestel aan ’n flits en

dus aan iets wat lig werp en donkerte (chaos, onsekerheid)

verdryf.

3.bruin en skerp ’n klip4. soos n bok wat skrik,

In strofe 2 en 3 word die beweging van lig vergelyk met ’n bok wat “skrik”/

staan, vinnig weghol”. Soos wat die boknet vir ’n oomblik sigbaar is, is daar

net ’n oomblik van insig in dieonbekende.

STROFE 2

Page 6: Man Met Flits d. j. Opperman

STROFE 3

5.staan, vinnig weghol6. uit die klein wit kol.

asindetonasindeton “skrik, /staan, vinnig weghol” gee die beweging van die bok/lig doeltreffend weer.

7. Aan ’n takkie hang8. twee ogies wat bang

metafoormetafoor in “Aan ’n takkie hang/twee ogies” sluit aan by die gevoel van wankelrige onsekerheid van die mens

STROFE 4

STROFE 5

9. uit die klein wit skyn10.van my flits verdwyn.

Die gebruik van die verkleiningsvorme bevestig

die mens se onsekerheidin sy soeke van vastigheid.

Page 7: Man Met Flits d. j. Opperman

11. Oor waters wat glip12. soek ek klip klip na klipklip

STROFE 6

Die herhaling van “klip” beklemtoon dit waarnadie spreker soek; vastigheid in die chaos.

STROFE 7

13. maar ’n duister land14.bedreig my alkant.

waters – die meervoudsvorm dui op dievormlose aard van die chaos om hom.

die gebruik van die voegwoord“maar” sluit aan by feit dat diedonker chaos ’n sterker krag

as die lig/wete in diegedig is.

Page 8: Man Met Flits d. j. Opperman

Rym, ritme, klank, enjambement, punktuasie.•Daar word deurgaans manlik rym in die paarrymgebruik. In sommige gevalle beklemtoon die rymende woorde mekaar, soos in “hang” en “bang” , maar in strofe 6 is daar ’n teenstelling in “glip” - “klip” word onvastigheid en vastigheid teenoor mekaar gestel.

•Die i – klanke weerklink deur die hele gedig en dien as binding.Die drie dele in die gedig 1-3; 4-5; en 6-7 begin elkeen met ’n hoofletter en eindig met ’n punt. die enigste ander leestekens is die kommas in strofe 2 en 3, wat die rukkerige beweging van die bok doeltreffend weergee.

Page 9: Man Met Flits d. j. Opperman

HUISWERK DOEN DIE VRAE IN VERSJOERNAAL

BL..