Maluti 26 06 2013

12
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 26 JUNIE 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I DIE lede van Bethlehem-Tafelronde 920 het Vrydagaand hul jaarlikse Winter Knights-projek gehou. In samewerking met die Dihlabeng-munisipaliteit se verkeersafdeling is ’n deel van Kerkstraat versper sodat Tafelaars motoriste om skenkings kon vra. Hier oortuig Alwyn Shields (groen) en Werner Engel- brecht ’n motoris om ’n skenking te doen. Foto: Lynda Greyling Lynda Greyling ’n ONDERGRONDSE kabel was die oorsaak dat die versorgingseenheid, asook die meeste huise in die Berg- prag-aftreeoord, etlike dae sonder krag was. Verskeie noodmaatreëls moes in- gestel word nadat daar probleme met die kragtoevoer by die Bergprag-af- treeoord se afdeling vir verswakte in- woners, asook baie van die huise, ont- staan het. Sr. Nelie Smith, bestuurder van Bergprag, sê personeel het haar Don- derdagaand gebel om te sê dat die krag af is. Die krag was later ’n rukkie aan, maar het daarna weer afgegaan. Hulle het die Dihlabeng-munisipali- teit gebel, maar daar is aan hulle gesê dit is hul probleem en hulle moet dit self hanteer. Die munisipale bestuur- der, Thabiso Tsoaeli, het bevestig dat die waarnemende bestuurder van die elektriese afdeling, Sam Masoeu, on- dersoek ingestel en aanbeveel het dat Engo ’n elektrisiën aanstel om die pro- bleem op te los aangesien dit op sy terrein is. Intussen het Bergprag die kragop- wekker en suurstofsilinder wat tydens noodgevalle gebruik word, ingespan. Kos by die versorgingsafdeling word op ’n gasstoof berei en water is ge- kook om die bejaardes te was. Die vrou in beheer van die washuis het die wasgoed huis toe geneem en daar gaan was en stryk. Smith sê baie van die bejaardes is na hul familie toe. Hansie Kramer, een van die inwo- ners, sê sy en haar man, Japie, was in Bloemfontein en die kragkrisis het hulle nie geraak nie. Gelukkig het hulle ’n sonpaneel sodat hulle warm water het. Selfs hul vrieskas het nie ontdooi nie. Rachel Ferreira het by ’n vriendin ’n stofie geleen om water te kook. Saterdagaand is ’n tweede kragop- wekker deur Smith se man, Sampie, en seun, Sampie (jr.), van die plaas af Bergprag toe gebring om bykomende krag te voorsien. Jannie Nothnagel, Engo: direkteur ondersteuningsdienste, asook Thys Wessels, die kontrakteur, het alles moontlik gedoen om die probleem op te los. Nothnagel het toegesien dat ’n mo- biele kragopwekker van Bloemfontein gestuur word. Dit was Sondagoggend vroeg al by Bergprag en is dadelik in werking gestel. Die vragmotor waarop die kragop- wekker was, moes egter terug Bloem- fontein toe en dus moes die kragop- wekker van sowat twee en ’n halwe ton afgelaai word. Nothnagel sê ’n kontrakteur van Ficksburg het Maandagoggend die taak verrig. ’n Kontrakteur van Bloem- fontein het Maandag danksy tegnolo- gie in tien minute die fout opgespoor – ’n kabel wat af was. Hy kon egter nie ’n kabel-las op Bethlehem kry nie en moes een op Reitz gaan haal om die fout te herstel. Bejaardes sonder krag Kabel lei tot krisis Vra mooi vir ’n skenking

description

Maluti 26 06 2013

Transcript of Maluti 26 06 2013

Page 1: Maluti 26 06 2013

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 26 JUNIE 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

DIE lede van Bethlehem­Tafelronde 920 het Vrydagaand hul jaarlikse Winter Knights­projek gehou.In samewerking met die Dihlabeng­munisipaliteit se verkeersafdeling is ’n deel van Kerkstraat verspersodat Tafelaars motoriste om skenkings kon vra. Hier oortuig Alwyn Shields (groen) en Werner Engel­brecht ’n motoris om ’n skenking te doen. Foto: Lynda Greyling

Lynda Greyling

’n ONDERGRONDSE kabel was dieoorsaak dat die versorgingseenheid,asook die meeste huise in die Berg-prag-aftreeoord, etlike dae sonderkrag was.

Verskeie noodmaatreëls moes in-gestel word nadat daar probleme metdie kragtoevoer by die Bergprag-af-treeoord se afdeling vir verswakte in-woners, asook baie van die huise, ont-staan het.

Sr. Nelie Smith, bestuurder vanBergprag, sê personeel het haar Don-derdagaand gebel om te sê dat diekrag af is. Die krag was later ’n rukkieaan, maar het daarna weer afgegaan.

Hulle het die Dihlabeng-munisipali-teit gebel, maar daar is aan hulle gesêdit is hul probleem en hulle moet ditself hanteer. Die munisipale bestuur-der, Thabiso Tsoaeli, het bevestig datdie waarnemende bestuurder van dieelektriese afdeling, Sam Masoeu, on-dersoek ingestel en aanbeveel het datEngo ’n elektrisiën aanstel om die pro-bleem op te los aangesien dit op syterrein is.

Intussen het Bergprag die kragop-wekker en suurstofsilinder wat tydensnoodgevalle gebruik word, ingespan.Kos by die versorgingsafdeling wordop ’n gasstoof berei en water is ge-kook om die bejaardes te was.

Die vrou in beheer van die washuishet die wasgoed huis toe geneem endaar gaan was en stryk.

Smith sê baie van die bejaardes is

na hul familie toe.Hansie Kramer, een van die inwo-

ners, sê sy en haar man, Japie, wasin Bloemfontein en die kragkrisis hethulle nie geraak nie. Gelukkig het hulle’n sonpaneel sodat hulle warm waterhet. Selfs hul vrieskas het nie ontdooinie.

Rachel Ferreira het by ’n vriendin ’nstofie geleen om water te kook.

Saterdagaand is ’n tweede kragop-wekker deur Smith se man, Sampie,en seun, Sampie (jr.), van die plaas afBergprag toe gebring om bykomendekrag te voorsien.

Jannie Nothnagel, Engo: direkteurondersteuningsdienste, asook ThysWessels, die kontrakteur, het allesmoontlik gedoen om die probleem opte los.

Nothnagel het toegesien dat ’n mo-biele kragopwekker van Bloemfonteingestuur word. Dit was Sondagoggendvroeg al by Bergprag en is dadelik inwerking gestel.

Die vragmotor waarop die kragop-wekker was, moes egter terug Bloem-fontein toe en dus moes die kragop-wekker van sowat twee en ’n halweton afgelaai word.

Nothnagel sê ’n kontrakteur vanFicksburg het Maandagoggend dietaak verrig. ’n Kontrakteur van Bloem-fontein het Maandag danksy tegnolo-gie in tien minute die fout opgespoor– ’n kabel wat af was. Hy kon egter nie’n kabel-las op Bethlehem kry nie enmoes een op Reitz gaan haal om diefout te herstel.

Bejaardes sonder kragKabel lei tot krisis

Vra mooi vir ’n skenking

Page 2: Maluti 26 06 2013

2 MALUTI, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

Madelein Venter

DIE Vryfees vind weer van 9 tot 14 Julieop die kampus van dieUniversiteit van dieVrystaat (UV) plaas en een van die groottrekpleisters – De Vette Mossel – is ookweer terug.Dié outentieke seekosrestaurant bied

’n seekosbuffet met ’n volle agtgangmaal-tyd, asook ’n à la carte-spyskaart. Vooraf-besprekings is noodsaaklik vir die buffeten vir R250 kan jy aan die smullekker see-kosgeregte en varsgebakte potbroodsmul totdat jy trommeldik is.Daar sal ook ’n kontantkroeg wees om

die ergste koue te verdryf. Lewendige ver-maak word deur Henning Joubert en An-ton Botha verskaf.Joubert is ’n Bloemfonteinse kunste-

naar wat al wye draaie in die musiekwê-reld gestap het. Hy was een van die stig-terslede van die Afrikaanse groep Bees-kraal en kan ’n hele string instrumentebespeel. Hy het al saam met al wat ’n be-kende kunstenaar in die land is, opgetreeen werk nou aan ’n solo-album. Hy is ookin die Vryfees-produksie Fyngeslyp tesien.Botha is al ’n bekende in die Afrikaanse

musiekbedryf. Symusiekvideo’s word ge-reeld op kykNET vertoon. Hy skryf diemeeste van sy eie musiek en kan blitsvin-nig ’n partytjie aan die gang kry. Kaartjiesvir dié eetplek is by Spotted Apple beskik-baar. Skakel 051-447-1086 of stuur ’ne-posna [email protected] jouplek te bespreek of vir meer inligting.

Smul aanseekos opVryfees

HENNING JOUBERT vermaak besoe­kers aanDeVetteMossel op dieVryfees.

JY sal verskoon word as die naam Hen-ning Joubert nie dadelik ’n klokkie lui nie.As jy egter na sy CV kyk, sal jy gou besefdié man het wel al jou pad gekruis.Daar is min instrumente wat dié 31-jari-

ge Bloemfonteinse musikant nié kan be-speel nie. Voeg daarby ’n fantastiesestem en dan besef jy Henning is die helepakket.Hy is opKlerksdorpgebore,maar is gek

na Bloemfontein.“Ek’s mal oor die mense. Hulle is baie

vriendelik en warm.”Hy het op skool sy buiging as konserti-

naspeler gemaak en daarna aan die jazz-departement van die Tswane-universiteitvir Tegnologie gestudeer. Hy bespeel ookdie kitaar, mandolien, baskitaar, blues-harp, banjo, klavier en trekklavier. “Mygunsteling bly egter die kitaar,” sê Hen-ning. “Dit is soveelsydig, baie verskillendegenres, style en aanslae.”In 2001het hy dieSakkie-langarm-boe-

reorkeskompetisie op kykNET gewen endie album wat hy daarna opgeneem het,is met ’n Sama-eerbewys vereer.Henning was een van die stigterslede

van die Afrikaanse rockgroep Beeskraalen ook permanent lid van Dozi en RobbieWessels se orkeste.“Ek sou baie graag saam met Coenie

de Villiers, Vusi Masashela, Tony Cox enPJ Powers wou optree,” sê hy.Hy het ook al in Londen, Nieu-Seeland,

Kanada en Indië opgetree. Hy is boonop’n talentvolle liedjieskrywer en werk nouaan sy solo-albumwat later vanjaar uitge-reik sal word.Hy het die meeste van die liedjies op

die album self geskryf. Vir meer inligtingof besprekings, bel Spotted Apple by079-504-3912 of 051-447-1086.

Kitaar blygunsteling

’n MAN wat verlede week ’n huis op dieEden-hoewes buite dié dorp ingegaan englo ’n vrou wou verkrag, het Donderdag indie hof verskyn.Die man is aanvanklik in hegtenis

geneem, maar die polisie het versuim omhom in die voorgeskrewe 48 uur aan tekla. Daarom moes die polisie hom vrylaat.Maluti het onlangs berig oor Debbie

Viljoen en haar agtjarige dogter wat in hulsitkamer oorval is.Die man het vir haar gesê hy soek

medisyne en sy is daardie medisyne. Toehet hy haar gegryp en na ’n kamergedwing.Sy het gebid dat hy hulle nie moes

seermaak nie.Net toe het ’n deur oopgewaai en haar

man, Dewil, was daar.Hy het die gemaskerde man met ’n flits

geslaan en ’n stoeiery het ontstaan. Syseun, wat kom ondersoek instel het, het’n tou gebring en saam met sy pa die manvasgebind.

Die polisie was gou op die toneel en hetdie man in hegtenis geneem.Die man is toe intussen weer in hegtenis

geneem en volgens die polisiewoordvoer-der, kapt. Harry Nagel, is die man setoerekeningsvatbaarheid gister in die hofbevraagteken.Daarom moet hy op 17 Julie vir 30 dae

na ’n psigiatriese hospitaal in Bloemfonteingaan, omdat daar dan eers vir hom ’n bedbeskikbaar sal wees.Tot dan bly hy in aanhouding.

Man in hof ná aanval op vrou

SARIE BRITS van Bethlehem het haar virdie Bethlehem­ekspo se Mej. Koring­korrel­kompetisie ingeskryf. Meisies tussen13 en 15 jaar kan hulle gerus inskryf. Slegsoorspronklike foto’s sal aanvaar word.

Foto’s: Magic Photography

CARINA BRITS (17) van Bethlehem is eenvan die eerstemeisies om haar vir die Beth­lehem Expo se mej. Koringaar in te skryf.Meisies tussen 16 en 24 jaar kan hulle hier­voor inskryf.

Marguerite Vermeulen

’n EGPAAR wat vir ’n begrafnis in die Kaapwas, se huis en besittings is grootliks deurvreemdelinge gered toe pype gebars en diehuis oorstroom het.Die betrokke Dinsdagaand was dit

verskrikliklik koud en dit het waarskynlikveroorsaak dat die pype gebars het.Anthony, ’n gr. 9-leerling aan die Bethle-

hem- Afrikaanse Privaatskool, het byvriende oorgeslaap maar was bedags bydie huis.Hy het omstreeks 12:00 ná die eksamen

by die huis gekom en toe sien hy dieleefgebiede van die huis is enkeldiep onderwater.Die water het nie na die kamers versprei

nie, omdat dit op ’n hoër vlak as die resvan die huis gebou is.Blykbaar was die gebiede geteël, behal-

we een vertrek wat gelamineerde houtvloe-re gehad het. Dit moet saam met diekombuiskaste en plafonne vervang word.Van die meubels is antiek en party

van hout.Miena Nel het gesê sy het ’n onvervang-

bare sitkamerstel wat hulle op stene gepakhet sodat dit nie water trek nie.Die twee vroue het blykbaar hul broeks-

pypee opgerol, skoene uitgeskop en beginrondskuif en droogmaak.Miena se man, Tony het hul makelaar

Hanlie Gericke en Anesca Koen vanSapcor geskakel wat toe uit hul eie diegesin se meubels gered het.Koen het gesê hulle het dit uit liefde

gedoen, omdat die seun alleen by die huiswas en sy ouers ’n begrafnis moes by-woon.“Die seun het eintlik alles gedoen,” vertel

Koen.Tog is die Nel-gesin hul baie dankbaar.

Vroue helpseun náoorstroming

Wag virinskrywings

AAN wie behoort Bethlehem? Is dit diebelastingbetaler, politieke partye, raadsledeof amptenary?Volgens die Afrikaanse Handelsinstituut

(AHI) Bethlehem behoort Bethlehem aandie belastingbetaler.Johan Voigt, voorsitter van die AHI

Bethlehem, sê belastingbetalers ondervindgereeld probleme met die Dihlabeng-muni-sipaliteit.Sommige verkondig die negatiwiteit oor

die diens wat verkry word. Ander benaderdit met ’n positiewe gesindheid en indiendie probleem aangepak word, kom hullemet ’n moontlike oplossing. Ander mense

raak betrokke om ’n positiewe impak telewer.Die AHI Bethlehem en die munisipaliteit

werk baie nou saam.Voigt sê die AHI is bereid om klagtes

namens inwoners te hanteer, maar kan ditslegs doen as die AHI bewus is van dieklagtes.Inwoners word genooi om enige voorstel-

le of klagtes wat hulle mag hê per e-posaan [email protected] [email protected] te stuur.Besoek gerus Maluti se webblad by

www.malutinews.co.za en neem deel aandie meningspeiling hieroor.

AHI kan klagtes hanteer

Page 3: Maluti 26 06 2013

MALUTI, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 3

Lynda Greyling

ALTESAAM 50 eenhede bloed vir dieSuid-Afrikaanse Nasionale Bloed-diens (SANBD) was die mikpunt virvier predikante wat Woensdag in ’nhok in die Metropolitan-sentrum vandie Bleed Out-projek deurgebringhet.

Die vier, di. Dougy Bubb, RikusHattingh, Org van der Watt en prop.Lyndon van den Haer, het vooraf

SMS’e gestuur aan mense om hullete ondersteun deur bloed te skenk.

Die vier, wat veronderstel was omin die hok te bly, het hopepret verskaf.Kort-kort het een ’n bekende sien ver-bystap, uitgehardloop na die betrok-ke mens en dié behoorlik gesmeekom bloed te skenk. Aan grappies wasdaar ook nie ’n tekort nie.

Diemikpunt van50eenhede is oor-skrei en die SANBD het altesaam 66eenhede ontvang.

Bubb van die NG kerk Efrata hetverseker dat 19 mense hom onder-steun. Hattingh van die NG kerkBethlehem-Oos het die ondersteu-ning van 18 mense gehad, terwyl Vander Watt (NG kerk Môrelig) en Vanden Haer elk 11 eenhede verskaf het.

Die Metropolitan-huurders gaannou R2 500 aan Kansa skenk nadathulle vooraf ooreengekom het omR50 vir 50 eenhede bloed geskenkaan Kansa te gee.

Predikante help SANBD

’n PAARpredikante vanBethlehem isWoensdagoggend in dieMetropolitan­sentrum “gevange” gehou.Die predikantemoes kyk of hulle mense kon oorreed om bloed te skenk. Van links is, voor: Mafa Simela (links van bed) en EdithLiebenberg (regs van bed); middel: sr. Nomathemba Mlangeni, sr. Barbara Bornman, ds. Lyndon van der Haer,Rochelle van derMerwe, sr.Wetsi Moloiagter: di. Org van derWatt, Rikus Hattingh, Alta Xaba, DavidMolatuli, Sithem­bile Nhlapo en ds. Dougy Bubb; heel agter: Thato Mkwanasi. Foto: Lynda Greyling

ALTESAAM 949 kinders en bejaardesvan Bethlehem en Fouriesburg hoefnie meer honger te gaan slaap nie,danksy ’n groentetuin-projek wat deurorganisasies begin is.

In September 2012 het Pierre Coet-zee ’n stuk grond op sy plaas, Sidney,vir ’n groentetuin beskikbaar gestel.

Farmsecure het die elektriese om-heining, stoorkamer en arbeid voor-sien terwyl Bethlehem se Tafelronde60, in samewerking met die Masecha-ba-projek, vir die besproeiingstelsel,ablusiegeriewe en stoorplek verant-woordelik was. Die Frontier Inn Dihla-beng-gemeenskapstrust het versekerdat die groentetuin met skadunet be-dek is. Saad is deur Starke Ayeres enkunsmis deur Kynoch verskaf. PierreCoetzee verskaf die water en krag.Nadat al die voorbereidingafgehandelis, is die eerste somergewasse ge-plant en soos dit gereed was, gepluken aan die nodige instansies gegeeom kos vir die kinders en bejaardesvoor te berei.

Die instansies isYouthWith aMissi-on (YWAM), wat Dinsdae en Donder-dae tussen 200 en 400 kinders en be-jaardes voed, die inwoners van Ka-reehuis by die Charlotte Theron-kinderhuis, sowat 95 bejaardes vandie Sonskyn-dienssentrum, 350 kin-ders van die Intermediêre Skool Fou-riesburg en 200 tot 400 leerlinge vandie Maluti-Hooglandskool. Tans is dieskadunette opgerol om te voorkomdat dit deur sneeu beskadig word.Daar is 17 000spinasieplante, beet enwortels.

Om te verseker dat die projek voort-gaan, word skenkers benodig ommaandelikse uitgawes te dek. Dit sluitonder meer salarisse vir werkers watdie groentetuin in stand hou en vir dieverspreiding van groente verantwoor-delik is, in. As die groentetuin in volleproduksie is, word beoog om weekliksvir 2 000menseetes te verskaf, asookom ’n derde van die opbrengs te ver-koop sodat die projek selfonderhou-dend kan wees.

Groentetuin-projekvoed 949 mense

DIE groentetuin­projek wat op die plaas Sidney begin is, verseker dat 949kinders en bejaardes weekliks kos het om te eet.

Page 4: Maluti 26 06 2013

4 MALUTI, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

KAROLIEN besoek Stilbaai waar haar ma op sterwe lê. Sy dink sy het net kom afskeid neem, maar ontdek’n verhaal van moord, verraad en ’n vergete liefde . . . Die akteur en skrywer Woutrine Theron se boek Dansmet die Rooi Rok is deur Thersia Craven op die Bethlehem­leeskring se maandelikse vergadering bespreek.Van links is Craven, Rassie Lourens en Lella Farrell.

Kuier saam op Bhm­leeskringvergadering

Lynda Greyling

OP 16 Junie 1976 het onluste in So-weto uitgebreek. Baie van die ouergarde sal dit onthou. In daardie tydwas ek ’n student in Johannesburgmet bekommerde ouers wat gedinkhet hul bloedjie gaan iets oorkom.Ná daardie gebeure word Jeug-

dag jaarliks gevier – ’n vakansiedag.Vir menige mens is dit net ’n vakan-siedag en tot nie so lank gelede nievir die fikses die dag van die Comra-des-ultramarathon.Jaarliks word ’n tema vir Jeugdag

gekies. Vanjaar het die klem op on-derwys, die ontwikkeling van vaar-dighede, werkskepping en die voor-koming van dwelmmisbruik geval.Volgens statistieke is sowat 3 mil-

joen Suid-Afrikaners tussen 15 en34 jaar werkloos. Baie word asdwelmsmouse ingespan.Ry ’n mens soggens deur sommi-

ge woonbuurte in Bohlokong, Kgu-betswana, Mautse en ander Oos-Vrystaatse dorpe, is dit opvallendhoeveel jong mense wel hier werk-loos is.Hou jy deesdae by ’n verkeerslig

stil, is daar mense wat bedel. So ’npaar weke gelede was daar ’n nuwegesig wat op die parkeerterrein kombedel het. “Net ’n brood, asseblief,Mevrou, ek en my gesin en ouers ishonger.” Heel ordentlik.So het ek vir hulle die nodige ge-

koop.Intussen het die man vir almal wat

stilhou, gevra en toe ek uitkom metdie nodige wat ek vir hulle gekoophet, het hy reeds ’n redelike voor-

raad kos gehad. Tog was hy baiedankbaar.Intussen het ek gesien die familie-

tjie “bly” agter Steers. Hulle sit be-dags heel gesellig in ’n kring op oublikke terwyl een by die verkeersligstaan en bedel. ’n Bietjie later staaneen van die ander en bedel – die ou-pa, die pa en die ma.Elke keer as ek daar verbyry, won-

der ek wat het in hul lewe verkeerdgegaan dat ’n hele familie sonderheenkome is.Ek wonder of hulle snags buite

slaap en of hulle Eden ontdek het.Hulle is ouer as die drie miljoen jongmense wat werkloos is, maar daaris kinders.Wat gaan van hulle en al die ander

word wie se ouers werkloos is?Junie was daar nie net ’n Jeug-

maand met Jeugdag nie, dit was In-ternasionale Bloedskenkmaand, In-ternasionale Rolskaatsdag en, glodit of nie, Nasionale Kaalvoetdag.Laasgenoemde is vanjaar deur

die Put Foot-organisasie begin en isop 18 Junie gehou.Mense is gevra om die dag kaal-

voet deur te bring om op dié manieraan minder bevoorregte kinders inSuid-Afrika te dink, asook om ’n paarskoolskoene te skenk.Jeug, bloed, skaats, kaal-

voet . . . wat is volgende?

Nood is grootoor hele land

deur

Lynda Greyling

Koerant met hart The paper with heartI

Briewe / Letters

GEWOONLIK moet gholfspelersbetaal om aan ’n gholfdag deelte neem.Verlede Saterdag was die

betaling ietwat anders enmoes die spelers met kom-berse “betaal” om te kanspeel.Die spelers het behoorlik hul

harte oopgemaak en hetaltesaam 250 komberse tenbate van die Bethlehem-Tafel-ronde se Winter Knights-projekingesamel.Spelers moes volgens ’n

beterbal formaat speel.Daan Marais en Schalk

Strydom was die wenners.

Gholfspelersmaak harte oop

OTTOWACHTER (Wachter en Vennote), At Shields (Watashi Spur), Johan Roos (voorsitter van die Bethlehem­Tafelronde, asook speler wat die meeste houe geslaan het) en Alwyn Shields (Watashi Spur).

NAGENOEG 600 swemmers wordSaterdag by die Bundukamp,Ventersburg, vir die jaarlikseYsbeerswem verwag.Die belangstelling van oral is

oorweldigend en daar worduitgesien na ’n lekker koue swemvan ongeveer 7,5 °C. Die kouefronte kom jaarliks aanmekaarvoor en die water is al 8,5 °C.Die watervlak wissel van 1,5 mtot 2 m oor die sowat 28 m watgeswem gaan word.Vir Oos-Vrystaters wat nie die

Ysbeerswem by die Bundukampkan bywoon nie, is daar Saterdagom 14:00 ’n Ysbeerswem by dieArpadam naby Fouriesburg.

’n Hele klomp mense hetaangedui dat hulle die sowat50 m yskoue water gaan aandurf.Die temperatuur van die water issowat 5 °C.Die poging is ten bate van die

Cluny Animal Trust.Vyftig meter is dalk net een

lengte van ’n Olimpiese swem-bad, maar sulke koue water houook gesondheidsgevare in.Gelukkig sal daar nooddienstewees wat kan hulp verleen indieniets verkeerd sou gaan.Diegene wat dalk nie kans sien

vir die koue water nie, kan dieprojek ondersteun deur een vandie swemmers te borg.

Ysbere pak Saterdagweer jaarlikse swemtog

VERVALLE STASIEGEBOUE:Oos-Vrystater:

PETRUS STEYN se stasiegebouis nie die enigste een wat vervalle isnie. Bitter min van die stasies wordnog gebruik en is jare laas in standgehou.Dit laat my terugdink aan die tye

toe daar gereeld passasierstreinewas, Koringfeeste met stoomtreinrit-te oor Retiefsnek, Slabberts toe enterug – ’n era nie soveel dekades ge-lede nie.Ek wonder of al die geboue op die

stasies soos die een op Petrus Steynlyk.Ek sien nog gereeld goederetreine

ry.Deesdae spog Spoornet ook met

vrouemasjiniste.Diemasjinis en ander personeelle-

de het gewoonlik van die kleiner sta-sies se badkamergeriewe gebruikgemaak. Hoe nou gemaak? As diegeboue so vervalle is soos PetrusSteyn s’n is daar beslis nie geriewevir die personeel nie.Is dit nie ’n skending van hul basie-

se menseregte nie?Of bied Spoornet alternatiewe ge-

riewe?Ek wonder maar net.

Is verval by alle stasies te bespeur?

GEPARSTE BLOMME, Bethlehe-miet:

HET jy ook as kind graag blare enblomme gepars? Soms het ons dit ge-bruik om kaartjies mee te versier of asboekmerke.Ander kere het ons gepars net om

te pars. Die Bybel was altyd ’n idealeparsboek – hoe dikker, hoe beter.Geparste blare bly kleurvol, heel en

nuttig. Hul ongeparstemaats het lank-

al verrot, maar hulle is nog mooi enbruikbaar.Soms voel ons ook soos blare wat

geparsword–platgedruk–soasof dielewe uit ons gepers word. In sulke tyemoet ons seker maak ons bly tussendie bladsye van die Bybel. Daar leeronsGodkenas ’nGodvan liefde, selfsin parstye. Daar is ons toegevou in diebeskerming van sy Woord.Skuil vandag tussen die bladsye

van die Bybel, want daar is jy veilig.

Skuil tussen die blaaie van die Bybel

Elretha Britz

BEHALWE besprekings oor ’nverskeidenheid romans enreligieuse boeke op vanjaar seboekefees, kry die wetenskapen geskiedenis ook ’n “spreek-beurt”.Dié leesfees is geborg deur

Van Rensburg-patoloë en is deelvan die Vryfees, wat van 9 tot 14Julie op die kampus van dieUniversiteit van die Vrystaatgehou word.As deel van die eeufeesviering

van die Vrouemonument het dieOorlogsmuseum Nuwe perspektie-we op die Anglo-Boereoorlog metessays oor gebeure in dieAnglo-Boereoorlog saamgestel.Die bekende prof. Fransjohan

Pretorius sal die gesprek oor diéboek lei.In Julie verskyn die Afrikaanse

weergawe van ’n insiggewendepublikasie waarin die wonder-werk van lewe op aarde beskryfword. The Story of life & theEvironment – an African perspec-tive vertel ook van die natuur severmoë om te oorleef en dieverskeidenheid van lewe op onsondermaanse.Prof. Linda Basson sal die

skrywers Jo van As, Johan duPreez, Nico Smit en LeslieBrown, almal professore, oor diémerkwaardige werk aan diegesels sit.

Leer oordie wondervan lewe opboekefees

Page 5: Maluti 26 06 2013

MALUTI, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 5

Page 6: Maluti 26 06 2013

6 MALUTI, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

AGTTIEN jaar gelede het hymet deur-tot-deur-verkope be-gin en vandag is hy ’n gevestig-de sakeman.Maluti het met Deon van

Rensburg van Nashua Bethle-hem gesels.Jy is nog nie lank op Beth-

lehem nie. Van waar is jy?Ek het in Johannesburg

grootgeword en het drie jaargelede die alleenagentskapvan Nashua oorgeneem.Watter werk het jy in Jo-

hannesburg gedoen?Ek het in 1996 as ’n deur-tot-

deur-verkoopman vir Nashua-Noord inRandburg beginwerk.In net 18 maande is ek tot diegroot rekeninge-afdeling in diemaatskappy by Nashua-Noordbevorder. Twee jaar later is ekhoofkantoor toe waar ek metkorporatiewe verkope te doengekry het – kliënte soos Ned-bank, Southern Sun en AngloGold.Hoe lank het jy met korpo-

ratiewe verkope te doen ge-had?Ek het agt jaar daarmee ge-

werk.Is jy vir jou harde werk be-

loon?In die agt jaar is ek vier keer

as die verkoopman van die jaaraangewys.Hoe het jy op Bethlehem

beland?Ek het die base gevra wan-

neer ’n alleenagentskap be-skikbaar word, of hulle my ingedagte sal hou.Is jy spyt jy hetGautengvir

die platteland verruil?

Nee, geensins nie. Dit wasnie aldag maklik nie. Ek het ’nmoeilike onderneming oorge-neem en moes dit van voor afopbou.Hoe groot is die gebied

waarin jy sake doen?Villiers, Warden, Harrismith,

Van Reenenspas, Kestell,Qwaqwa, Bethlehem en Reitz.Het die onderneming uit-

gebrei?Ons het aanvanklik ver-

bruiks- en hardeware verkoop.Nou het ons ’n volledige IT-af-deling met verkope en diens.Ons het ’n rekenaar- en diens-afdeling enhouook ’n volledigereeks skryfbehoeftes aan. Onsbeskik oor PABX (telefoon-stelsels) en het Nashua Mobiledrie weke gelede geopen. Na-shua Bethlehem is nou ’n een-stopwinkel.Het jou personeellede ver-

meerder soos die onderne-ming groter geword het?Beslis. Ons was eers sewe

en is nou al 13.Wat is jou leuse? Dit is HIT

(integrity and transparency).Ek hou van integriteit en eerlik-

heid. Dit is ’n eerlike onderne-ming. Dit het baie gekos om ditweer op te bou.Jy is baie betrokke in die

gemeenskap. Hoekom?Dit is virmybelangrik omaan

die gemeenskap terug te gee.Waar is jy betrokkeenhoe-

kom?Ekwas die afgelope drie jaar

diehoofborgvandieKansaRe-lay for Life. Ek het velkankergehad en sal Kansa altyd on-dersteun. Ek het al skenkingsaan die tennisklub, gholfklub,skole, ouetehuise en minderbevoorregte kinders gedoen,asook kleiner borgskappe.Ondersteun jy plaaslike

ondernemings?Ek koop niks buite die dorp

nie, want ek glo daaraan omplaaslik te ondersteun.Neem jy aan sport deel en

hoe betrokke is jy?Ek speel gholf en was die af-

gelope twee jaar klubkaptein.Wie is jy as mens by die

huis?Ek is ’n geswore oujongkêrel

wat vanjaar verloof gaan raak.Ek en Leigh het 16 jaar geledeontmoet en mekaar ná jareweer raakgeloop. Sy woon indie Kaap en beplan om volgen-de jaar Bethlehem toe te ver-huis. Ek behoort aan die Meto-distekerk en lees elke oggend’n dagstuk voor werk. My fami-lie en vriende is belangrik.Jou boodskap aan Bethle-

hem?Kyk om jou, sien die mense

raak wat goeie dinge op diedorp doen en ondersteun hulle.

Sakeman tuis op Bethlehem

DEON VAN RENSBURG

Page 7: Maluti 26 06 2013

MALUTI, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 7

’n OUD-BETHLEHEMIET, Riana Jansen (28), isMaandagoggend in ’n motorongeluk in Pretoriadood.Die ongeluk het op ’n kruising plaasgevind. Ri-

ana was ’n passasier in die motor. Die bestuur-

der is ernstig beseer.Sy isMaandagoggend uit die NG kerkOoster-

lig in Pretoria begrawe. Sy word deur haar pa,Johan vanBethlehem,ma,Rina vanPretoria, entwee broers, Johan en Kobus, oorleef.

Oud-inwoner sterf in ongeluk

Page 8: Maluti 26 06 2013

8 MALUTI, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

’n OUMA­EN­OUPADAG is by Care Kids gehou. Shari Hattingh se oupa en ouma Abrie en BetsBeukes, asook haar ma, Maryn, het die oggend saam met haar deurgebring.

HANDREI BRANDT (3) se oumagrootjie Sarie van Niekerkhet die Ouma­en­oupadag by Care Kids bygewoon.

SEBASTIAAN DE WIT was alte bly sy ouma Annelien deWit kon by sy kleuterskool, Care Kids, kuier.

’n OUMA­EN­OUPADAG is by Care Kids gehou. Kaelyn en Sebastiaande Wit se ouma Celia Morton het die oggend saam met hulle geniet.

KAYLEIGH en Shiloh Brits se ouma en oupa Leonie en André Bezuidenhout en hul ma, Nadia,het die Ouma­en­oupadag by Care Kids bygewoon. Foto’s: Magic Photography

PHEDISANG BANA,’n skool met sy 54 ge­stremde kinders, het10 rolstoele van dieFrontier Inn Dihla­beng­gemeenskaps­trust ontvang. Perso­neellede van dieFrontier Inn and Casi­no het ná die oorhan­diging vir die kindersworsbroodjies enkoeldrank gegee. Vanlinks is Jolandi vanden Heever (FrontierInn and Casino), Lor­raine Sebotsa (hoof),Tjhetane Mofokeng(uitvoerende burge­meester, trustee vanFrontier Inn Dihla­beng Trust), AnthonyOliver (bestuurder,Frontier Inn and Casi­no, trustee), MikeKgwatlela (trustee) enSimon Makhoba(Frontier Inn and Ca­sino).

BABY PELSER (79) van Huis Kosmos op Kestell het terwyl sy klassiekemusiek en opera oor die radio geluister het, 130 selfoonsakkies gehekel.Sy het die sakkies spesiaal vir die sinodegangers van die Methodiste­si­node van die Noord­Vrystaat en Lesotho gemaak. Sy het die sakkiesaan ds. Francois Brink oorhandig. Foto: Johann Ramage

Page 9: Maluti 26 06 2013

MALUTI, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 9

CURVES COMPLETE, ’n plan watoefening, ’n gebalanseerde eetplanen motivering insluit, is die lede opdie Complete-eetplan van CurvesBethlehem se lewe aan die veran-der.“Sedert die nasionale bekendstel-

ling van Curves Complete op 4 Fe-bruarie het ons verstommende re-sultate,” sê Ernst en Tanya Prinsloo,eienaars van Curves Bethlehem.Tans is 42 lede op die plan, waar-

van sommige lede pas begin het enander in die middel van hul sesmaande lange program is. Tien vandie lede isnogniegeweegofgemeetnie en die ander 32 het altesaam135,5 kg, 447 cm en 44,8 % lig-gaamsvet verloor.Hester Erasmus (50) is nou die

top-verloorder. Sy het 17,1 kg,63 cm en 4,4 % (10,88 kg) lig-gaamsvet in minder as vier maandeverloor. Hester sê sy het al wat dieetis voor Curves Complete probeermet geen sukses nie. Sy het voor-heen geen gewig verloor of uithou-vermoë gehad nie. Sy meen CurvesComplete maak voorsiening vir koswat jy kies en wanneer jy dit in dieweek gaan eet. Boonop is dit ’n per-soonlike eetplanwat haar voorkeureen afkeure in ag neem–met resepteen ’n inkopielys wat dit met versna-peringe tussen maaltye maklik

maak. Boonop eet haar gesin saamen stem saam die kos is smaaklik.Sy sê die program is bekostigbaar,met geen kalorieë wat getel moetword nie,want die programopdie in-ternet doen dit vir jou.Gaobotse Ntsele (34) het in drie

maande 11,5 kg, 55 cmen 1,6 % lig-gaamsvet verloor.Sy sê oor Curves Complete: “My

results have been amazing. I loveseeing the clothes hang on me andI am making healthy choices for mykids. I realise my limitations, howe-ver food is not my stress relieveranymore. Curves Bethlehem iswarm and loving – it makes youwant to go to gym.”Elna Hattingh (57) het in vier

maande 10,7 kg, 56 cm en 1,7 %(6,52 kg) liggaamsvet verloor.Elna sê sy voel soos ’n ander

mens. Sy is meer energiek en boon-op kry sy nie meer skeelhoofpynenie. “Die ondersteuning van die Cur-ves-personeel is wonderlik. Dit helpmy om my doelwit voor oë te hou.”Op1 Julie is dit ’nCurvesComple-

te- ope dag.Prinsloo sê dit is belangrik om ’n

afspraak vir die ope dag te maak.Belangstellendes kan058-303-2611bel. Tesame met die Christmasstarts in July-promosie is daar grootpryse wat gewen kan word.

Skud oortollige kurwes by Curves af

HESTER ERASMUS is die topver­loorder van die Curves Complete­program. Sy het in minder as viermaande 17,1 kg, 63 cm en 4,4 %(10,88 kg) liggaamsvet verloor. Dieprogram is by Curves Bethlehem.

GAOBOTSE NTSELE het tot dus­ver die tweede meeste met die Cur­ves Complete­program verloor. Syhet altesaam 11,5 kg, 55 cm en1,6 % (7,32 kg) liggaamsvet ver­loor.

ELNAHATTINGH, wat in vier maan­de 10,7 kg verloor het, voel soos ’nander mens. Sy is meer energiek envol lewenslus en sien daarna uit omdie vakansie by haar dogter in diebuiteland te gaan kuier.

Page 10: Maluti 26 06 2013

10 MALUTI, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

DIE temperatuur het in die meestedele van die land gedaal. Dit iswinter.Daar is egter steeds baie wat in dietuin gedoen kan word.Dit is nou ’n goeie tyd om jou hele

tuin met kompos en kunsmis te be-mes (dit is te sê as jy nie reeds jouhele tuin met wintersaailinge en bollebeplant het nie).Indien wel, kan jy die kompos- en

kunsmisbehandeling doen wanneerjy jouwintersaailinge verwyder en jousomertuin begin beplan.’n Goeie maatstaf is om so nage-

noeg ’n 6 cm tot 10 cm dik laag goedafgebreekte kompos oor jou tuin teversprei en dit dan tesame met ’n or-ganiese 2:3:2-bemesting in te werk.Die organiese 2:3:2-bemesting saljou plante se wortelstelsel voed.Moenie dit te diep inwerk en jou plan-te se wortels seermaak nie. Tussenbome en struike is ’n diepte van on-geveer 6 cm meer as genoeg en bydie meeste grondbedekkers kan ’nmens dit net liggies bo-oor strooi enmet water inwas.Take wat jy kan aanpak, is om jou

snoeigereedskap en grassnyer regte kry. Jy snoei en verplant gewoonlikin die laat winter, omdat die meestevan jou plante stadiger groei of dor-mant is.Onthou egter omnie te vroeg

te begin snoei nie, aangesien plantegestimuleerword omuit te loop nadatdit gesnoei is.Beplan jou snoeiprogram vir die

laat winter. Hier is ’n paar redes hoe-kom jy behoort te snoei.Om jou plante skoon te maak:

Baiekeer is jou plante net te dig endie takke is in mekaar gegroei metbaie dooie hout tussen-in. Jy kan diestruike skoonsny en van al die dooiehout en kraainestakke ontslae raak.Om jou plante te vorm: Bome en

struike kan ook net te groot word enin ’n verkeerde rigting groei. Beplannou om hulle kleiner te maak en tak-ke wat pla af te sny. Hierdeur vermin-der jy ook die plant se las en gee jydie wortels kans om sterker te word.Om nuwe groei, blomme en

vrugte te bevorder: Rose, vrugte-bome en hibiskusse is drie soorteplante wat baie sterk teruggroei na-dat dit gesnoei is en ook net op nuwegroei blom. Sodoende kry jy meertakke, meer blomme enmeer vrugte.Om sukses te verseker met die

verskuiwing van plante moet jy dievolgende in gedagte hou.As jy enigsins ’n plant sou wou ver-

plant, is dit die regte tyd omdie plantete identifiseer. Indien dit ’n baie grootstruik of boom is, kan jy selfs ’n sloot

omdie plant graween ’n goeie grond-mengsel in die sloot gooi om nuwewortelgroei te stimuleer. Wanneer jydit dan later verplant, moet die gronden die nuwe wortelgroei saam metdie struik wat jy wil verplant, verwy-der word. Snoei eers jou plant om-trent ’n derde terug dat jy dit maklikerkan hanteer en ook om die las op diewortelstelsel te verminder en gooi dieplant goed nat.Sodra jy teruggesny het, kan jy die

grootte van jou wortelstelsel skatdeur die druplyn te volg. Dit sal om-trent die regte aanduiding gee vandie grootte van die wortelbal en hoegroot jy jou nuwe gat moet voorberei.Onthou: Die krag van jou plant lê insy wortelstelsel en jou sukses hangaf van hoe vinnig en versigtig jy jouplant kan verplant.Steek ’n graaf loodreg in die grond

af om die wortelbal uit te haal. Lig dieplant versigtig uit met ’n graaf sonderdat jy die grond van die wortels afwegbreek en verskuif die plant na dienuwe plek. Moet nie dat die wortelsuitdroog nie.Verplant jou plant met die nodige

kompos en beenmeel. Maak dieplant sopnat en gooi hom minstenselke twee dag nat totdat die plantweer begin uitloop.

Baie dinge te doen indie tuin in die winter

VAN links is Tienus de Wet (o.14), Ayanda Miya (o.12) en Andene Scholtz(o.16), landloop­atlete van die Hoërskool Reitz, wat aan ’n interprovinsialebyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem het. Tienus was derde in ’n wedloopwat oor 4 km gestrek het.

CAROLINE MOKOENA van dieHoërskool Retief op Kestell is in dieeindronde van die B­liga­spanne asdie aanvallendste speler van dieo.13­netbalspanne gekies.

Foto: Babas Storm

PRECON-MUURPANELEte koop. Skakel Marè by

082°403°8033.

For all tombstones andrepairs to damagedtombstones, as well asepitaphs, etc. Pleasephone 058 303 4840.

Was vansitkamerstelle,

volvloermatte enmotorsitplekke.

Uitsuig van water.Gratis kwotasies.

Skakel

Ronel 082 788 1483

TAFELDOEKEKandelareEetgereiPeto OdendaalLombardstr. 7. 058 303 2392.

Flower Fun Kwekery:Wintersaailinge,uieplantjies en vars blommebeskikbaar. (058 303 8423.Cambrigestr. 58. By silo's.Oop Ma. - Sa.

Huis te huur: R5 500 p.m.3 slk, dubbelmotorhuis, af-dak, enkelgeriewe, groot erf,tuindienste. Panorama.Barry de Koklaan 8. Harold083 450 9150.

Dubbelkantoor te huur:Kerkstraat 1. Bethlehem.Front noord. Baie warm.0833560685.

Blanke man, 35 jaar oud,met kode 10 plus PDP soekenige werk of werks-geleent-heid, sal hoog op prys gestelword. Gideon 078°041°4474.

Op soek na werk ashuishulp 3 dae per week.Dinsdag, Woensdag enDonderdag. Skakel Anna078 517 5503.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 11: Maluti 26 06 2013

MALUTI, WOENSDAG 26 JUNIE 2013 11

VLUGBAL was een van die sportsoorte waar­aan deelgeneem kon word op die Maluti­Hoog­landskool se sportdag tussen onderwysers enleerlinge.

Geniet sportdag BENNETKOKhet die bal voor die onderwysersweggeraap in dieMaluti­Hooglandskool se rug­bywedstryd tussen leerlinge en onderwysers.Van links is Johan Wessels, Albertus van Nie­kerk en Gerhard van Aswegen.

Foto’s: Lynda Greyling

ONDERWYSERS en leerlinge aan die Maluti­Hooglandskool het teen mekaar netbal gespeel.

UYS LE ROUX, onderhoof van dieHoërskool Reitz, het vanjaar sy tien­de Comrades­ultramarathon voltooi.Hier ontvang hy sy groen nommervan Grace D’Oliveira.

Voltooi tiendeComrades

Page 12: Maluti 26 06 2013

12 MALUTI, WOENSDAG 26 JUNIE 2013

SportSport

Eindig onoorwonne in ligaDIE Laerskool Jordania se o.12A­netbalspan het onoorwonne in sy liga geëindig. Hy is ook on­langs op die Vrystaatse kampioenskappe as die algehele wenner van die Vrystaat­liga aangewysnadat hy sterk skole soos die Meisieskool Oranje, Vaalpark en Welkom­Volkskool geklop het.Dié span is volgende kwartaal op pad na die Suid­Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms. Vanlinks is, voor: Dina­Mari Janse van Rensburg, Marica Miles, Mamelo Nhlapo, Cherile Trotter enMarcelle Pieterse; agter: André Smith (skoolhoof), Renemari Human, Lize­Mari van Niekerk, Jes­sica Nel en Susan Kruger (afrigter). Foto: Verskaf

Vir meer foto’s en nuus gaan nawww.malutinews.co.za

VIER inwoners van die Charlotte Theron­kinderhuis (CTK) het ’n perdrykursus voltooi. Die kursusis deur Johann Sieker en Muller Janse van Rensburg van die Saulspoort­ruiterklub aangebied.Die ruiters het ook elkeen ’n sertifikaat ontvang. Van links is Cynthia van Niekerk, Johann Siecker,Marcelle Kleynhans, Monya van den Bergh, Muller Janse van Rensburg en Maryke van Zyl.

Foto’s: Lynda Greyling

Volg perdrykursus

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

MARYKE VAN ZYL is ná ’n perdrykursus deur Johann Sieker en Muller Janse van Rensburgas die belowendste ruiter aangewys.