Mag verplaas stelselmatig alle...
Transcript of Mag verplaas stelselmatig alle...
Dit
Omsendbrief 03/17
2017 01 30
“Mag verplaas stelselmatig alle menslikheid.”
Edmund Burke
Geagte ouers
1. SPORT
1.1 Atletiek
1.1.1 Oefentye 2017
GRONDSLAGFASE: Leerders oefen tydens skoolure.
INTERSENFASE:
Maandae Tegniek 14:00 tot 15:30
Maandae Spoeduithou 15:00 tot 16:00
Dinsdae Spoed/Veerkrag 14:00 tot 15:00
Donderdae Spoeduithou 15:30 tot 16:30
1.1.2 Kenmare en Prestige byeenkoms
Baie dankie aan al die afrigters, onderwysers en atlete vir
jul pragtige deelname en gedrag. Ons is trots op ons atlete.
Dankie ook aan al ons ouers vir u ondersteuning.
(E de Klerk)
2. KULTUUR
2.1 Redenaars: Aikôna-fees
Alle leerders vanaf graad 4 tot 7 doen ’n voorbereide mondelingse toespraak hierdie
kwartaal vir hulle Afrikaanse assessering gedurende klastyd. Die top 15 leerders per
graad word dan hartlik uitgenooi om aan die Aikôna-fees deel te neem. Die top 5
leerders per kategorie (graad 4 en 5 in ’n kategorie en graad 6 en 7 in ’n kategorie)
kwalifiseer om aan die ATKV-redenaarskompetisie deel te neem.
Datums vir mondelinge assessering gedurende klastyd:
1 Februarie - Graad 7H en 7L
2 Februarie - Graad 7K en 7D
2 Februarie - Graad 6G
6 Februarie - Graad 4
9 Februarie - Graad 5
9 Februarie - Graad 6B, 6J, 6N en 6S
2/...
Privaatsak X01, Helderkruin 1733
Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected]
Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za
2
Temas vir toesprake is soos volg:
Graad 4 en 5 : Klei
Note
Blou
Graad 6 en 7 : Spieël
Krap
Klik
Sien Wenke vir toesprake op D6 onder bronne.
Die datums vir die Aikôna-fees is soos volg:
Dinsdag, 21 Februarie om 14:30: Graad 4 en 5
Woensdag, 22 Februarie om 14:30: Graad 6
Donderdag, 23 Februarie om 14:30: Graad7
2.2 Kletskouskarnaval
Elke leerder kry geleentheid om in klasverband ’n kort stukkie voor te berei. Die
onderwyseres kies dan leerders wat gaan deelneem. Hierdie uitdunne geskied in die
week van 30 Januarie tot 3 Februarie.
Graad 2 en 3 leerders wat gekies is om op 20 Februarie om 14:00 deel te neem ontvang
Vrydag, 3 Februarie briewe.
Toespraak moet 2 tot 4 minute lank wees.
(K Lourens)
3. VOORTREKKERS
Kom geniet 'n heerlike speletjiedag en waatlemoenfees saam met die Voortrekkers op
Botespark, Woensdag 1 Februarie 2017 om 17:00. Bring maar 'n handdoek saam, jy gaan nat
word.
(H Olivier)
4. AFVALPAPIER
Dit sal waardeer word indien u alle afvalpapier soos ou tydskrifte, koerante
ensovoorts saam met u kind skool toe sal stuur. Die skool ondersteun ‘n herwin-
ningsprojek waarby ons finansieël baat. (R van der Watt)
5. GRAAD RR/R ONDERWYSERES AAN DIENS DIE WEEK
Mee Leandri Kok (Graad RR), Ursula Niehaus en Erika Lombard (Graad R’e) sal hierdie week aan
diens wees vanaf 06:45. U neem dus u kleuter na die bogenoemde klasse/personeel. Die ander
personeel is eers van 07:15 af by hul klasse.
(L Kapp)
6. GEMEENSKAPSPROJEK: INSAMEL VAN SKRYFBEHOEFTES
Ons vra u om ons te help deur enige potlode, vetkryt, liniale ensovoorts wat u
kind nie meer gebruik nie skool toe te stuur. U is ook welkom om ou lêers te
stuur. Ou legkaarte kan ook vir die jonger leerders gegee word.
U is welkom om selfs ou skooltasse, skryfbehoeftes en pennesakkies te stuur.
Die projek word op Vrydag, 3 Februarie afgehandel.
(Graad 1 Personeel)
3/...
3
7. KGR – KRUINER GEMEENSKAPSRAAD
Baie dankie aan die KGR vir hul harde werk te Klein Helderkruin op Saterdag, 28 Januarie. Hul
hulp word opreg waardeer.
(A Botes)
8. BELANGRIKE DATUMS
Baie sterkte aan almal wat hierdie week by die onderskeie
aktiwiteite betrokke is!
30 Januarie 2017 - Rugby: Red Squad oefening
31 Januarie 2017 - Amptelike toets: Afrikaans (Graad 7)
- Atletiek vs Trinity (tuis) (Inligting op D6 onder Nuus)
3 Februarie 2017 - Leierseminaar
4 Februarie 2017 - Graad 7 Dagseminaar te Rocky Valley (09:00 tot 15:00)
Helderkruingroete
C SCHUTTE EN REDAKSIE
HOOF
-----------------------------------------------------------------------------
Toetsrooster: GRAAD 4 TOT 6 EN GRAAD 7
KWARTAAL 1
Toetsdatum Amptelike toets
Graad 4 tot 6
Graad 7
31/01/2017 Afrikaans
07/02/2017 Afrikaans Engels
14/02/2017 Engels Wiskunde
21/02/2017 Wiskunde EBW
28/02/2017 NW & TEG NW
07/03/2017 SW SW
14/03/2017 PSW LO
16/03/2017 TEG
-------------------------------------------------------------------------------------
Voortrekkers
Hi maat Weet jy hoe lekker is dit by Helderkruin Voortrekkers? Ons is ‘n klomp maats in ‘n span wat saam kamp, konsert hou, vuur maak, stokbrood maak, spoorsny, op uitstappies gaan en klim en klouter. Ons leer allerhande dinge van ons land en om vir ons self te sorg. Ons geniet dit baie. Ons vra ook vir Jesus om altyd saam met ons te gaan. Ons wil jou ook graag nooi om te kom kuier en self te besluit of jy daarvan hou, dan kan jy aansluit by die Voortrekkers vir ‘n minimale bedrag per jaar. Ons kom elke Woensdagmiddag om 17:00 – 18:00 bymekaar op Botespark. Jy moet asseblief gou kom want een van die dae gaan ons kamp. Ons sien daarna uit dat jy saam met ons in die beste span gaan wees! Sien jou daar!
VOORTREKKERS IS LEKKER! Wat kan ons jou leer – spesialisasies:
Spele / Knope / Veldkook / Fietsry / Spoorkennis / Diere-kennis / Noodhulp / Gasheer en – vrou/ Sang / Omgewingskennis / Kind van Jesus / Plantkennis / Plaaslewe / See-kennis/ Ekosorg / Kampkook / Weerkennis/ Ruiterkuns / Spoorsny / Varswaterhengel / Kommunikasie/ Beeldende kunste / Handwerk / Paraatheid / Touwerk / Waardes / Verfwerk / Selfverdediging/ Seilkuns / Roeikunde / Waterveiligheid / Nutsman / Bybelkennis / Handvaardighede\
Lewensvaardighede deur PRET!
Hallo ouer/mamma/pappa/oom en tannie! Het jy geweet die Voortrekkers is nie net vir kinders nie, maar ook vir volwassenes? Die volwassenes noem ons offisiere en hulle leer die kinders van alles bostaande. Dus indien u elke Woensdagaand vir ‘n uur beskikbaar is en voel dat u geroepe is en ‘n bydrae wil lewer tot die vorming van ons Afrikaner jeug, hulle wil bemagtig om as positiewe burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees, hulle te help om hulle volle potensiaal te bereik – KOM SLUIT AAN AS VOLWASSE LID!! Vir meer inligting kontak ons asseblief: Anna Herbst: 082 578 5632 Hein Coetzee: 082 903 0958
GEKLASSIFISEERDE BERIGTE
MathAndante, ‘n skool waar nie net gefokus word op die verbetering van wiskunde punte nie, maar ook die verbetering van Selfvertroue van elke kind. Waar elke kind net so belangrik is vir die onderwyser as vir sy ouers, want ‘n kind met selfvertroue is ‘n gelukkige kind in die wiskunde klas. Waar tyd in elke kind investeer word want die kinders van vandag is die leiers van more. Vir meer inligting, kontak Andre by 082 376 5152 / [email protected].
Dagmoeder
Benodige u ‘n betroubare Dagsorg vir u kleinding!!
Ek het plek vir Babas en Kleuters
Skakel Wilna Cell: 082 560 7888
Naskool Helderkruin STUDIESENTRUM: 1.5 Km vanaf Laerskool Helderkruin. Ons vervoer u kind vanaf skool na askool. Lekker middag ete, happie tyd, vrugte en koue verversings. Help met alle huiswerk en take ens. Vervoer na en van sport ingelsuit + kospakkies. Lekker ruim speelplek vir na huiswerk. Oop vakansies. Wi-Fi binnekort vir take. Vakansie skool. Oulike crew. Koste R1000 per maand. Registrasie R200 eenmalig. Skakel Drieka 082 324 8730.
Tuinwoonstel te huur – Wilropark
Tuinwoonstel te huur, geskik vir enkel persoon. 1 Slaapkamer, 1 Badkamer , oopplan Sit-eetkamer, met alarm. Eie ingang met afdak parkering. Huur R4 300 per maand Water en Elektrisiteit ingesluit. Deposito R4 300. Kontak Elrina 084 870 8015 of Dirk 082 094 0396
Wil jou kind (of jy self) graag ’n instrument bespeel of bemeester? Kitaar, klavier of sang? Vir bekostigbare, kwaliteit musieklesse, kontak asseblief vir Karlien op 083 758 3777 of epos op [email protected]. Alle ouderdomme en vlakke welkom. Perseel is in Helderkruin geleë.
Young Engineers Build your tomorrow, today!
“Die PRETVOLLE manier om Wetenskaplike-, Tegnologiese-, Ingeneurs- en Wiskundige Konsepte te leer” Ons maak gebruik van gespesialiseerde Lego® produkte om u kind te leer. Ons bied die volgende twee programme aan: Lego® Challenge vir Gr 1 – 4 (1 jaar kursus) GaliLego Technic vir Gr 5 – 7 (1 jaar kursus) Klasse word nou elke Maandag en Donderdag middag by Laerskool Helderkruin aangebied. Vir meer inligting kontak ons by: [email protected] of 079 176 9796
Studio 29 - Kunsklasse
Leerders: Maandae 15.00 tot 16.30 Gr RR tot Gr3 Woensdae 15.00 tot 16.30 Gr 4 tot 7
Hoërskoolleerders: Donderdae 18.00 tot 21.00
Volwassenes: Woensdae 9.00 tot 12.00 Donderdae 18.00 tot 21.00
Saterdae: Teken en skilder, mosaiek werkswinkels op
aanvraag.
Pretverf aande 16 Aug, 6 en 20 Sept. Geen kunservaring of
talent nodig nie.
Skilder self en het baie ervaring in aanbieding en onderrig
van kuns.
Beginners welkom. Baie ontspanne atmosfeer, geen vorige
ervaring nodig nie, net ‘n liefde vir kuns
Leerders: Bevorder kreatiwiteit, konsentrasie, fyn
motories, waarneming, probleemoplossings en sommer
baie pret. Alle mediums.
Volwassenes: Teken en skilder
Kontak: Sannie Slabbert 082 938 7490 of
011 768 2956
Studio: Titaanlaan 29 Wilropark
Blink Dance Studios Modern
Tap
Hip Hop
AIDT exams
Festivals
Shows
Grand Prix
National and International Hip Hop
competitions
AIDT accredited
Ages 5 and up For more info contact: Dinette de Fouw
079 498 8940 [email protected]
KOOKKLASSE Aandag alle Kokkedoortjies en Master chefs. Aniki’s kitchen bied van Februarie op Vrydae middae van 15h00 -16h30 kookklasse aan . Elke kok sal individueel kostegnieke leer en alle disse word huistoe geneem. Registrasie is R200;sluit aantekeninge, voorskoot en eerste meet en skonklas in. Kontak Annatjie Smit 0825597451 / [email protected] / [email protected]
Strandhuis op Marina Beach Pragtige 3 slaapkamer vakansiehuis op Marina Beach langs Sanlameer in KZN. Geleë teen die lagoon by Kent Baai en 2km vanaf die blouvlag hoofstrand. Billike verblyftariewe. Kontak Kobus op 083 302 4566
DRAMAKLASSE BY HELDERKRUIN!!!! www.dramatixdrama.co.za
Gr 1 tot 3 Woensdae 15h30-16h00 Gr 4 tot 7 Woensdae 16h00-16h45 Fooie Gr 1 tot 3: R385 p kwartaal R100 registrasie (juniors) Gr 4 tot 7:R420 p kwartaal Eerste Klas 25 Jan, mediasentrum Bespreek plek by Mariki 082 92 99 286 of [email protected]
M + E Models Modelskool vir voor- en Laerskool-dogters. Nuwe seisoenkursusse begin week van 23 Januarie 2017 in skoolsaal. Kontak Estelle by 084 310 9908 vir meer besonderhede. Dogters 3 tot 13 jaar baie welkom!
W A L L Y M O R E T O N
T E N N I S
P r o f e s s i o n e l e
T E N N I S A F R I G T I N G
Af r ig te rs t en vo l l e gek wa l i f i s ee r d en TSA goedgek e ur
Groep lesse
by
L a e r s k o o l H e l d e r k r u i n t e n n i s b a n e
O p n
W o e n s d a g
O f
V r y d a g m i d d a g n a s k o o l
M i c h a e l M o r e t o n : 0 8 3 5 8 3 9 4 8 0
T r e v o r M o r e t o n : 0 8 3 5 8 3 9 5 9 2
M a r y a n n M o r e t o n : 0 8 3 7 6 3 5 9 8 6
m o r e t o n t e n n i s @ t e l k o m s a . n e t
L e s s e s l e g s m e t T S A e n U S P T R
o p g e l e i d e e n g e k w a l i f i s e e r d e
P r o f e s s i o n e l e T e n n i s a f r i g t e r s :
T r e v o r M o r e t o n , M i c h a e l M o r e t o n e n M a r y a n n M o r e t o n
WILCARINA & ANNEBELLE’S SCHOOL OF DANCING Ons bied aan; Ballet, Spaanse Danse, Tap, Modern en Hip Hop!!! HIP HOP is ‘n uitdagende, moderne, genotvolle dans vorm wat geniet word deur almal. Kom seuns, wil julle fiks raak vir rugby? Niks beter as Hip Hop nie!!! Leerlinge word ingeskryf vir eksamens, asook deelname aan kunswedstryde. Kom doen ‘n toetsklas teen geen koste, om te besluit watter dansvorm julle geniet!!! Navrae; Wilcarina 072 238 3234
Tina Cowley Reading Centre - Leessentrum
Ons kan spog met ‘n 8% tot so hoog as 40%
verbetering in ons studente se gemiddeld, deur
die inskerping van die gereedskap van die lewe …
LEES.
Verseker u kind se optimale ontwikkeling en
skryf vandag in by ons Leessentrum in
HELDERKRUIN.
Ons doen ‘n wetenskaplike toets van die leerder
se lees, daarom weet ons presies hoe om die
probleem aan te spreek.
Wilma 072 913 0785
The Study Hub Hier word nie huiswerk gedoen nie, maar gefokus op beantwoording van begripstoetse, voorbereiding vir toetse en eksamens deur vraestelle uit te werk, opsommings van leervakke, struktuur in tale en lees. Ons bied ook ‘n fokuskonsentrasie toets en Studiemetodes aan. Skakel gerus vir Carina by 079 44 66 351.
EKSTRA WISKUNDE KARLIEN 082 566 5917
You don’t just rise to the top. There are times of preparation and many mountains to
conquer for the ultimate TRIUMPH to the top.”
Willies Mini Skips And Gardens Mini Skip Rentals – Rubble Removal, Clean-up’s and More Please contact Willie for a Free Quote Willie Cell: 0722446702