Maart 2016 Die JC Nuusbrief - Jo Christal Dramaskool€¦ · kind binne jou. PLUS! Daar is koek en...

4
distrik. Die Jo Christal Dramaskool het binne 16 jaar so geweldig gegroei dat San- ette besef het dat sy nog personeel nodig het om die standaard en kwaliteit wat sy geskep het, te handhaaf. Na baie toetslopies en sift- ings spog die Jo Christal Dramaskool tans met twee ekstra gekwalifiseerde per- soneellede nl. Tiaan Lubbe (BA (Hons) Drama) en Lian Sachse (BA (Hons) Drama NGSO). Die uitstekende werksetiek en ongelooflike toewyding van Tiaan en Lian het tot gevolg dat die Jo Christal Dra- maskool addisionele leemtes in die vermaak- likheidsbedryf kan vul. Die Dramaskool se webtuiste kan besoek word vir meer inligting hieroor. (www.jochristaldramaskool. co.za) Die Jo Christal Dramaskool is 25 jaar gelede (1991) in Port Elizabeth deur Sanette Olivier gestig. In 1992 ver- huis Sanette na Pretoria en nadat sy vir twee maande gesukkel het om werk te kry, besluit sy om te doen waarvoor sy gebore is nl. die positiewe ontwikkeling van kinders se algehele menswees. Binne twee weke na hierdie besluit, het Sanette 60 leerders uit 5 verskillende skole wat sy onder haar vlerk neem en die Jo Christal Dramaskool manifisteer in Pretoria. Sanette het haar BA-graad in Drama aan die Universi- teit van die Oranje Vrystaat verwerf en alreeds in haar 3de jaar besef dat sy Dra- ma as medium wil gebruik om vir kinders ʼn stewige platform te gee vir hulle toekoms. Sanette het haar nie gesteur aan mense wat aanvanklik vir haar gesê het dat sy nie bestaan sal kan maak uit Dramaklasse nie en na die voltooing van haar studies doodeenvoudig die proses aan die gang gesit deur haar visie en misie met skoolhoofde te deel. Dit was aanvanklik ʼn moeilike proses omrede die ongelooflike opvoeding- swaarde van Drama nog nie aan skoolhoofde en onderwysers bekend was nie. Sanette het egter met baie harde werk, oorredings - en deursettingsvermoë dit reggekry om Dra- maklasse as buitemuurse aktiwiteit by 18 verskillende skole aan te bied. In 2006 aanvaar Sanette die aanbod om Drama as Vak by Hoërskool Wonder- boom aan te bied en begin met 18 Graad 10-leerders. In 2008 word Drama as Vak vir Graad 8 tot Graad 12 aangebied met ʼn totaal van 250 leerders. Die bekend- stelling van Drama en die sigbare ontwikkeling- skwaliteite het so ʼn ontploffing veroorsaak dat Drama tans die grootste keusevak in Hoërskool Wonderboom is. Drama word ook erken as ʼn aangewese vak vir universi- teitstoelating. In 2012 word Drama by Hoërskool Wonderboom, deur die Gauteng Onderwysdeparte- ment , bekroon as die beste Dramapartement in die Buiten die feit dat ons enige geleentheid vat om te “show”, het die Jo Christal Span besluit om die jaar ‘n fondsinsameling te hou vir die Wonniedrama en Jo Christal groepe. Die doel van die funksie is om fondse in te samel vir dramatoerusting wat ons en die leerders in die klas en in die teater benodig. Ons kon met ons vorige fondsinsameling, ses jaar gelede, groot blokke en trappe aankoop wat daagliks gebruik word. Daar het egter nou ʼn groot behoefte ontstaan om die volgende toerusting aan te skaf: klein en medium blokke (sodat leerders nie in die teater of vir praktiese eksamens op stoele hoef te staan nie), klanktoerusting (om fisiese teater en bewegingsitems meer effektief te oefen en aan te bied), staanligte en ʼn vide- okamera (om praktiese werk vas te vang en om tegnieke vir die filmbedryf aan leerders bekend te stel). Ons sê al voorlopig dankie vir wat ons weet gaan nog ‘n suksesvolle poging wees deur die leerders en ons ondersteuners. In hierdie uitgawe: Jo Christal: Toe en Nou! Jo Christal is oud maar nog vir lank nie koud! Ons hoor van Jo Christal Alumni. Werkswinkel vir Volwassenes en nog meer op die drama horison. JC: Toe en Nou 1 Wonniedrama fondsinsameling 1 JC Alumni Skryf 2 Jo Christal verjaar! 2 Werkswinkel vir Volwassenes 3 Op die horison 3 Die JC Span en Advertensies 4 WONNIEDRAMA HOU ‘N FONDSINSAMELING. Maart 2016 Uitgawe 01 van 2016 JO CHRISTAL: TOE EN NOU. Die JC Nuusbrief

Transcript of Maart 2016 Die JC Nuusbrief - Jo Christal Dramaskool€¦ · kind binne jou. PLUS! Daar is koek en...

Page 1: Maart 2016 Die JC Nuusbrief - Jo Christal Dramaskool€¦ · kind binne jou. PLUS! Daar is koek en tee na die tyd! Jy is nooit te oud vir drama nie, so bespreek jou plek en kom speel

distrik.

Die Jo Christal Dramaskool het binne 16 jaar so geweldig gegroei dat San-ette besef het dat sy nog personeel nodig het om die standaard en kwaliteit wat sy geskep het, te handhaaf.

Na baie toetslopies en sift-ings spog die Jo Christal Dramaskool tans met twee ekstra gekwalifiseerde per-soneellede nl. Tiaan Lubbe (BA (Hons) Drama) en Lian Sachse (BA (Hons) Drama NGSO). Die uitstekende werksetiek en ongelooflike toewyding van Tiaan en Lian het tot gevolg dat die Jo Christal Dra-maskool addisionele leemtes in die vermaak-likheidsbedryf kan vul. Die Dramaskool se webtuiste kan besoek word vir meer inligting hieroor. (www.jochristaldramaskool.co.za)

Die Jo Christal Dramaskool is 25 jaar gelede (1991) in Port Elizabeth deur Sanette Olivier gestig. In 1992 ver-huis Sanette na Pretoria en nadat sy vir twee maande gesukkel het om werk te kry, besluit sy om te doen waarvoor sy gebore is nl. die positiewe ontwikkeling van kinders se algehele menswees. Binne twee weke na hierdie besluit, het Sanette 60 leerders uit 5 verskillende skole wat sy onder haar vlerk neem en die Jo Christal Dramaskool manifisteer in Pretoria. Sanette het haar BA-graad in Drama aan die Universi-teit van die Oranje Vrystaat verwerf en alreeds in haar 3de jaar besef dat sy Dra-ma as medium wil gebruik om vir kinders ʼn stewige platform te gee vir hulle toekoms. Sanette het haar nie gesteur aan mense wat aanvanklik vir haar gesê het dat sy nie bestaan sal kan maak uit Dramaklasse nie en na die voltooing van haar studies doodeenvoudig die proses aan die gang gesit deur haar visie en misie met skoolhoofde te deel. Dit was aanvanklik ʼn

moeilike proses omrede die ongelooflike opvoeding-swaarde van Drama nog nie aan skoolhoofde en onderwysers bekend was nie. Sanette het egter met baie harde werk, oorredings- en deursettingsvermoë dit reggekry om Dra-maklasse as buitemuurse aktiwiteit by 18 verskillende skole aan te bied.

In 2006 aanvaar Sanette die aanbod om Drama as Vak by Hoërskool Wonder-boom aan te bied en begin met 18 Graad 10-leerders. In 2008 word Drama as Vak vir Graad 8 tot Graad 12 aangebied met ʼn totaal van 250 leerders. Die bekend-stelling van Drama en die sigbare ontwikkeling-skwaliteite het so ʼn ontploffing veroorsaak dat Drama tans die grootste keusevak in Hoërskool Wonderboom is. Drama word ook erken as ʼn aangewese vak vir universi-teitstoelating. In 2012 word Drama by Hoërskool Wonderboom, deur die Gauteng Onderwysdeparte-ment , bekroon as die beste Dramapartement in die

Buiten die feit dat ons enige

geleentheid vat om te

“show”, het die Jo Christal

Span besluit om die jaar ‘n

fondsinsameling te hou vir

die Wonniedrama en Jo

Christal groepe.

Die doel van die funksie is om fondse in te samel vir dramatoerusting wat ons en die leerders in die klas en in die teater benodig. Ons kon

met ons vorige fondsinsameling, ses jaar gelede, groot blokke en trappe aankoop wat daagliks gebruik word. Daar het egter nou ʼn groot behoefte ontstaan om die volgende toerusting aan te skaf: klein en medium blokke (sodat leerders nie in die teater of vir praktiese eksamens op stoele hoef te staan nie), klanktoerusting (om fisiese teater en

bewegingsitems meer effektief te oefen en aan te bied), staanligte en ʼn vide-okamera (om praktiese werk vas te vang en om tegnieke vir die filmbedryf aan leerders bekend te stel).

Ons sê al voorlopig dankie vir wat ons weet gaan nog ‘n suksesvolle poging wees deur die leerders en ons ondersteuners.

I n h i e r d i e

u i t g a w e :

• Jo Christal: Toe

en Nou!

• Jo Christal is oud

maar nog vir lank

nie koud!

• Ons hoor van Jo

Christal Alumni.

• Werkswinkel vir

Volwassenes en

nog meer op die

drama horison.

JC: Toe en Nou 1

Wonniedrama

fondsinsameling 1

JC Alumni Skryf 2

Jo Christal verjaar! 2

Werkswinkel vir

Volwassenes 3

Op die horison 3

Die JC Span en

Advertensies 4

W O N N I E D R A M A H O U ‘ N

F O N D S I N S A M E L I N G .

Maart 2016 Uitgawe 01 van 2016

J O C H R I S T A L : T O E E N N O U .

Die JC

Nuusbr i e f

Page 2: Maart 2016 Die JC Nuusbrief - Jo Christal Dramaskool€¦ · kind binne jou. PLUS! Daar is koek en tee na die tyd! Jy is nooit te oud vir drama nie, so bespreek jou plek en kom speel

Shaun Smit, 24. Model, Akteur en ster van die “Rocky Horror Picture Show” in 2015:

“As trotse oud-Wonnie sal ek nooit vergeet wat ek alles by Sanette geleer het nie. Melk hierdie kos-bare tyd wat jy het by haar en haar span - dis waar jy so veel as moontlik moet leer, jouself vind en ontdek. Wees ‘n spons! Ek het vertrou in Sanette en wat sy my wou leer, en dit het niks behalwe fantasties uitgedraai vir my nie. Ek sien so uit om van julle te sien uitblink in die industrie! Geniet jouself ten volle, voor jy jou oë uitvee is jy oud en afgetree en dink jy terug aan die wonderlike dae

toe jy in dramaklasse kon leer.”

groot poging aangewend word om soveel as moont-lik oud-leerders by hierdie geleentheid te betrek. Meer inligting hieroor sal later op die Dramaskool se webtuiste beskikbaar wees.

HOU SOLANK OKTOBER OOP VIR EEN VET PARTY-TJIE!

Die Jo Christal Dramaskool het al die afgelope 25 jaar vir ongeveer 6 500 leerd-ers die geleentheid gegee om hulself met en-toesiasme te ontdek en om hul potensiaal op hul eie manier te identifiseer en ten volle uit te leef. Hierdie prestasie sowel as die “25 jaar viering” gaan later hierdie jaar tydens ʼn “Drama Bizzare” (Groot Vet Kuiergeleentheid) by Hoërskool Wonderboom gevier word. Daar gaan ʼn

J o C H R I S T A L A L U M N I S K R Y F . . .

J O C H R I S T A L W O R D 2 5 !

2

“Voor jy jou oë

uitvee is jy oud en

afgetree en dink jy

terug aan die

wonderlike dae

toe jy in

dramaklasse kon

leer.”

D i e J C

Annika van Heerden, 20. Fantastiese toekomstige onderwyseres:

“Daar is nie eers woorde wat kan beskryf watter verskil die Jo Christal Dra-maskool en Wonniedrama in my lewe gemaak het nie. Dit was ‘n voorreg wat aan niemand verduidelik kan word nie. Nie net het ons hope pret gehad nie, maar ons het geleer om met selfvertroue voor mense te praat, om op ons voete te dink en om in enige situasie suksesvol te wees. Drama is nie net ‘n vak nie, dis ‘n plek waar jy jouself kan leer ken. Oh, en jy lag baie. Met Juffrou Sanette en die ander kan dit nie anders nie!”

Marcel de Almeida, 21. Sanger en kan deesdae op The Voice SA gesien word.

“Ek kan eintlik aan niks dink waarmee drama my nie help nie. My menseverhoudings, my vermoë om ‘n situasie te voorspel, en natuurlik op die verhoog! Die persoon wat ek op die verhoog is en die persoon wat ek van die verhoog af is verskil. Drama het my geleer om hierdie switch makliker te maak!”

Nico van Deventer, 28. Simply unforgettable.

“Tienerjare is gemaak vir ontdekking. Met soveel druk om anders en spesiaal te wees, het my dra-maklasse my geleer dat my “ekheid” spesiaal en besonder is. Genoeg is. Drama skep ‘n veilige omgewing om te lol met jou demone, die draak te steek met jou vrese en jouself op ‘n diep vervul-lende manier te ontdek. Dit het vir my ‘n platform gegee waarop ek my eie talente en sterkpunte kon ontdek en ontwikkel, insluitend tegnieke waarop ek vandag nog staatmaak om sukses in my persoonlike èn professionele lewe te behaal. Dankie uit die diepte van my hart en siel!”

“Die Jo Christal

Dramaskool vier

met trots 25

jaar van Drama!

Ons is oud,

maar nog lank

nie koud!”

Page 3: Maart 2016 Die JC Nuusbrief - Jo Christal Dramaskool€¦ · kind binne jou. PLUS! Daar is koek en tee na die tyd! Jy is nooit te oud vir drama nie, so bespreek jou plek en kom speel

EERSTE HELFTE VAN DIE JAAR:

♦ Wonniedrama fondsinsameling

♦ Werkswinkel vir Volwassenes

♦ Stage Makeup projekte

♦ Vakansie werkswinkel

W E R K S W I N K E L V I R V O L W A S S E N E S

O P D I E H O R I S O N

3 U i t g a w e 0 1 v a n 2 0 1 6

Die Jo Christal se horison is vol. Baie vol. Maar gelukkig is dit net vol opwindende dinge! Hier is solank ‘n vinnige kyk na wat voorlê in 2016:

TWEEDE HELFTE VAN DIE JAAR:

♦ Teaterproduksie!

♦ Kinderteater

♦ 25 Jaar Drama Bizarre en Reunie.

♦ Nog projekte by skole.

J O C H R I S T A L E N W O N N I E D R A M A

H E M D E !

“Daar is niks so pragtig soos ‘n

massa kinders met die Jo Christal of

Wonniedrama hemde aan nie!”

Hemde is R130 elk en is

beskikbaar in alle groottes.

Bestel in die klasse of op ons

webtuiste se winkel by

www.jochristaldramaskool.co.za

Na jare se oproepe van ouers en an-

der volwassenes wat met ‘n begeerte

in hulle harte skree, “Ons wil ook dra-

ma doen!” het die Jo Christal Dra-

maskool besluit om ʼn geleentheid te

skep wat aan hierdie behoeftes vol-

doen. Ons bied dus uiteindelik en met

trots ’n werkswinkel vir volwassenes

aan.

Sien dus met groot opwinding uit na

die volgende: hope pret, stressver-

ligting en die herontdekking van die

kind binne jou. PLUS! Daar is koek en

tee na die tyd!

Jy is nooit te oud vir drama nie, so

bespreek jou plek en kom speel saam.

12 Maart 2016

R200 per persoon.

Bespreek by Tiaan (083 781 1445) of

by [email protected]

SIEN JOU DAAR!

Page 4: Maart 2016 Die JC Nuusbrief - Jo Christal Dramaskool€¦ · kind binne jou. PLUS! Daar is koek en tee na die tyd! Jy is nooit te oud vir drama nie, so bespreek jou plek en kom speel

TIAAN LUBBE

Tiaan het al van kleins af geweet

dat die wêreld van ligte, kostuums

en die verhoog sy tuiste gaan

wees. Na 12 jaar se speel en leer

by kundswedstryde en dramaskole,

Jo Christal Dramaskool ingesluit,

het hy besluit om die deure vir

homself plat te skop. Hy voltooi sy

honneursgraad in Dramatiese Kun-

ste by die Universiteit van die Wit-

watersrand in 2015. Tiaan is ook ‘n

gepubliseerde skrywer. Sy eerste

boek, To the Stars, het in 2014 op

die rakke verskyn en hy is tans

besig met ‘n nuwe reeks wat in

2016 op die rake gesien sal word.

In 2013 sluit hy by die Jo Christal

Dramaskool aan en ontdek sy

passie vir kinders en opvoeding

met die hulp van Drama. Hy

strewe elke dag om sy passie ten

volle uit te leef en hopelik so biet-

jie van dit in sy leerders ook te

inspireer.

SANETTE OLIVIER

Sanette Olivier het in 1990 haar graad in Drama aan die Univer-siteit van die Oranje Vrystaat behaal. In 1991 stig sy die Jo Christal Dramaskool en het met passie en oorgawe elke jaar van krag tot krag gegaan. Sanette het al oor die afgelope 25 jaar haar merk by 45 skole in PE en Pretoria gemaak. Sy is ook al vir die afgelope 10 jaar by Hoërskool Wonderboom be-trokke waar sy drama as skool-vak aanbied vir graad 8 tot graad 12 leerders.

LIAN SACHSE Lian Sachse het besluit om haar

passie te volg en het Drama gaan

studeer by die Universiteit van

Pretoria. Daar het sy haar Hon-

neursgraad in Drama verwerf

asook ‘n Nagraadse Sertifikaat in

Onderwys met spesialisering in

Dramatiese Kunste. Dit was vir

haar ‘n groot eer om in 2012 aan

te sluit by die Jo Christal Dra-

maskool as onderwyseres,

aangesien sy self ‘n leerder van die

dramaskool was en dit die plek is

waar sy haar passie vir drama

ontdek het. Sy hoop om dieselfde

passie onder die kinders in haar

klas te kweek. Sy geniet dit baie

om met kinders te werk en te sien

hoe hulle ontwikkel deur die loop

van die jaar.

B E S O E K O N S W E B T U I S T E :

W W W . J O C H R I S T A L D R A M A S K O O L . C O . Z A

A D V E R T E N S I E S

D I E J O C H R I S T A L S P A N

Vir meer inligting oor Jo Christal, die dramaskool en al ons projekte, epos ons by

[email protected]. Om ’n advertensie te plaas of vir meer inligting oor ons volgende uitgawe,

epos ons by [email protected]. JO CHRISTAL © 2016. Est. 1991.