Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK...

20
20:18 -Job 22:21- “Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef, en so sal jy voorspoed hê. Laat Hy jou leer, en neem Sy woorde ter harte” -Psalm 1:1- “ Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die god- deloses volg nie” -Spreuke 16:16- “Probeer liewer wysheid bekom as goud, liewer insig as silwer” -Psalm 37:4- “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer” Welkom in 20:18! Wat ’n wonderlike jaar gaan dit nie wees nie! Ja, dit gaan seker sy oppe en affe hê. Ja, vir party van ons gaan dit dalk meer affe wees as oppe. MAAR: die Here gaan elke oomblik by jou wees! Elke oomblik gaan Hy vir jou sê: “My kind, Ek is lief vir jou!” Daarom gaan dit ’n wonderlike jaar wees en daarom is my temavers vir jou vir 20:18 Mag jy hierdie jaar die Here SIEN! En dan daarvan VERTEL. In ’n tyd waar mense so maklik moedeloos word, so maklik negatief en pessimisties is, hulle so maklik onttrek om eenkant hulleself jammer te kry, kom ons wees die mense wat vir hulle sê: “Ek het die Here gesien! In die goeie! In die slegte!” En kom ons wys vir hulle die Here – “Daar is HY!” En kom ons vertel dan vir hulle wat Hy vir ons gesê het. Kom ons SIEN die Here in 20:18, maar kom ons HOOR ook die Here. Lees Bybel, bid, woon kleingroep by, gaan erediens toe – en VERTEL dan wat die Here vir jou gesê het. Ja, 20:18 gaan ’n wonderlike jaar wees! ’n Jaar van SIEN en WYS en HOOR en VERTEL. ’n Jaar van DIE HERE. Mag dit so wees in jou lewe. Liefde Wilhelm Johannes 20:18: “Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!” En sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het.”

Transcript of Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK...

Page 1: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

20:18 -Job 22:21-

“Onderwerp jou aan God, dansal jy in vrede leef,

en so sal jy voorspoed hê.

Laat Hy jou leer, en neem Sywoorde ter harte”

-Psalm 1:1-

“ Dit gaan goed met die mens

wat nie die raad van die god-deloses volg nie”

-Spreuke 16:16-

“Probeer liewer wysheid bekomas goud,

liewer insig as silwer”

-Psalm 37:4-

“Vind jou vreugde in die Here,

en Hy sal jou gee wat jou hartbegeer”

Welkom in 20:18! Wat ’n wonderlike jaar gaan dit niewees nie! Ja, dit gaan seker sy oppe en affe hê. Ja, virparty van ons gaan dit dalk meer affe wees as oppe.MAAR: die Here gaan elke oomblik by jou wees! Elkeoomblik gaan Hy vir jou sê: “My kind, Ek is lief vir jou!”Daarom gaan dit ’n wonderlike jaar wees en daarom ismy temavers vir jou vir 20:18

Mag jy hierdie jaar die Here SIEN! En dan daarvan VERTEL.In ’n tyd waar mense so maklik moedeloos word, somaklik negatief en pessimisties is, hulle so maklik onttrekom eenkant hulleself jammer te kry, kom ons wees diemense wat vir hulle sê: “Ek het die Here gesien! In diegoeie! In die slegte!” En kom ons wys vir hulle die Here –“Daar is HY!”

En kom ons vertel dan vir hulle wat Hy vir ons gesê het.Kom ons SIEN die Here in 20:18, maar kom ons HOOR ookdie Here. Lees Bybel, bid, woon kleingroep by, gaanerediens toe – en VERTEL dan wat die Here vir jou gesêhet.

Ja, 20:18 gaan ’n wonderlike jaar wees! ’n Jaar van SIENen WYS en HOOR en VERTEL. ’n Jaar van DIE HERE. Magdit so wees in jou lewe.

LiefdeWilhelm

Johannes 20:18:“Maria Magdalena het toe vir diedissipels gaan sê: “Ek het die Here

gesien!” En sy het ook vertel wat Hyvir haar gesê het.”

Page 2: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

2

Een derde van die liefdegawes wat Sondae opgeneemword gaan na die Administratiewe Buro inPotchefstroom.Die vierde kwartaal 2017 se verpligte liefdegawes issoos volg oorbetaal:

Bybelverspreiding 21,762.61

Christelike Onderwys-Arso/lesmateriaal 2,175.34Dankbaarheidsfonds 10,876.70

Deputate Jeugsorg 4,350.68

Ekumenisiteit (Buitelands) 4,350.68Ekumenisiteit (Geref Jeug in Londen) 2 175,34

Emeritaatsfonds 8,701.36

GKSA Sustentasiefonds 8,701.36

Kerklike Tydskrifte 4,350.68

Pro Ecclesiabeursfonds 4,350.68

Teologiese Studentekas 10,876.70

Bystandsfonds vir Diakonie 4,350.68

Bystandsfonds vir Diakonie 2,175.34

Teologiese Skool Publikasies 2,175.34

Thusofonds 2,175.34TOTAAL 93,548.83

ALL SEASONSCARPET, UPHOLSTERY CLEANING &

PEST CONTROL

NO JOB TOO BIG OR SMALLOwner SupervisionLet us take the hassle out of cleaning all themajor parts or just getting rid of those ratsand ants.

Rugs, carpets, upholstery, wewill make it shine

Contact Info:Cell: 063 158 9773

Immergroen-ouerskapkursus

Hierdie kursus is gebaseer op Hettie Britzz sebekende boeke Kweek kinders met karakter,Kweek gesonde gesag en Kweek dissipline metdeernis. Dit word aangebeid deur Riekie le Roux

bespreking) Koste: R 800/persoon ofR1500/paartjie. Datums sal later gefinaliseerword. Kontak Neldie Prinsloo (082 259 2399) virmeer inligting en bespreek jou plek.

Page 3: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

3

FEBA Radio Suid-Afrika reik uit naonbereiktes in Mosambiek

Ons het baie rede om God te loof, aangesien Hy sywerk in 2017 geweldig geseën het! Ons het 2017begin sonder enige aktiewe radiostasies inMosambiek, maar ons is baie opgewonde om aante kondig dat ons die jaar kon afsluit met nieminder nie as drie FM-stasies! Aldrie hierdie sta-sies reik uit na onbereikte mensegroepe inMosambiek. Radio Nuru in Noordoos Mosambiekbereik drie, en soms vier onbereikte mensegroepe,nl. die Mwani, Makua, Makonde en Makwe, in huleie etniese tale. Ons saai ook uit in Portugees, watdie lingua franca van Mosambiek is. Hierdie menseis almal Moslems en animiste wat die tradisionelegodsdienste van Afrika aanhang. Hulle glo in voor-vaderaanbidding en bring offergawes aan geesteom te voorkom dat rampe oor hul pad sal kom.

Die ander twee FM-stasies in die noordweste vanMosambiek saai spesifiek uit na die onbereikteYaos wat in Malawi, Mosambiek en Tanzaniëwoon. Radio FOT (Fountain of Truth) is in Lichinga

en Radio Chiuanjota is in Chiconono, waar een vandie Yao- konings se amptelik woning geleë is.

Bid asseblief dat al hierdie stasies daaruit salvoordeel trek om FEBA-stasies te wees. Ons hetgroot planne om die uitsendings van elkeen vanhierdie stasies uit te brei ten einde baie meer on-bereikte mense oor hierdie grense te kan bereik!

Voel u geroepe om in hierdie bediening te saai?

FEBA Radio SA Bankbesonderhede:

Naam van albei bankrekenings “FEBA Radio SA”* Standard Bank, Gezinatak Kode: 014 845;Tjekrekening nr: 20 10 84 775* Absa, Ben Swartstraattak Kode: 632 005;Tjekrekening nr: 4055 31 35 41

Shalom,Past Elize PietersSupport/Relationship DevelopmentCell: 076 222 [email protected]

GROO

T WA

ARDE

RING

Is d

it ni

e w

onde

rlik

wan

nnee

r die

die

nsw

erk

wat

in W

apad

rant

gedo

en w

ord

waa

rdee

r wor

d ni

e? D

anki

e aa

n ie

der e

n el

k w

atop

een

of a

nder

man

ier b

y di

e Ch

risan

te b

etro

kke

is. O

ns h

et d

ievo

lgen

de b

rief v

an G

K N

ylst

room

ont

vang

:

Page 4: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

4

“Maar gelukkig is die mense wat op die Here vertrou... hulleis soos bome wat langs ‘n rivier staan...” Jeremia 17:7-8

ABBO Bybelse Beradingskursus

Met Kursus 1 word Gelowiges toegerus omBybelse dinamieke van veranderingin hul eie lewens en die lewens van

ander te verstaan en toe te pas

Aanbiedingswyse

Kursus 1 is ’n jaarkursus vanafFebruarie tot November en

word as Afstandsonderrig metkontaksessies aangebied.

Kontaksessies word aangebied in Radiokansel sekonferensiesaal, Jacobusstraat 42, Kilnerpark, Pretoria.

Studiegidse word op CD verskaf en by die 1ste kontaksessieuitgedeel. Studiemateriaal is ook elektronies beskikbaar.

Datum van 1ste kontaksessie is DV, Saterdag, 3 Februarie 2018

Elektroniese ondersteuning word met behulp vanPowerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf.

KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie

Tel: 012 334 1286; 084 745 8882

[email protected]; www.abbo.org.za

Pelgrimstap‘n Groepie vroue uit Wapadrant met vriendinne beplan omvan Sondag 9 April tot Saterdag 14 April 2018 ‘n pelgrim-staptog in die Oos-Vrystaat aan te pak. Die Sungazer-pel-grimstap begin vanuit Paul Roux.

‘n Wonderlike tyd van vars lug, geleentheid vir stil wees,vriendskappe versterk, diep en vrolike gesprekke maar bo-wenal: om ons pragtige land te waardeer en elke dag inverwondering te wees van God se skepping en Sy sorg.

Kry jou stapskoene gereed, word stapfiks en kom ervaar ditook. Kontak Ineke by 082 649 4907 of Helena by 082 9683466 vir inskrywingsvorm.

Gaan kyk gerus na hul webblad byhttp://paulrouxvillage.co.za

Page 5: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

5

Eendag gelukkig...Ons oortuig onsself dat die lewe sal begin nadat onsgetroud is; na ons eerste baba; na die volgende een.Daarna raak ons gefrustreerd dat die kinders nog niegroot genoeg is nie - ons sal meer gerus wees wanneerhulle is.

Daarna raak ons gefrustreerd wanneer ons dietienerjare moet hanteer! Ons sal sekerlik gelukkig weeswanneer hulle hierdie fase ontgroei het. Ons maakonsself wys dat ons lewens volmaak sal wees wanneerons lewensmaat sy lewe reggeruk het; wanneer ons ‘nbeter motor het; wanneer ons met daardie luuksevakansie kan gaan; wanneer ons aftree.

Die waarheid is egter dat daar geen beter tyd is omgelukkig te wees as VANDAG nie. Indien nie nou nie,wanneer dan?

Jou lewe sal altyd besaai wees met uitdagings.

Dit is die beste om dit te erken en te BESLUIT omdesnieteenstaande gelukkig te wees.

punt was om te begin – die regte lewe. Maar daar wasaltyd een of ander struikelblok, iets waardeur ek eersmoes gaan, een of ander ding, tyd om eers uit te dienof skuld om te betaal. Dan sal die lewe begin.Uiteindelik het ek besef hierdie struikelblokke IS mylewe.”

Hierdie perspektief het my gehelp om te besef dat daar

Koester dus elke oomblik; koester dit nog meer omdat

spesiaal is dat jy tyd met hulle wil deurbring .... onthou,tyd staan nie stil vir enige iemand nie.

Hou dus op om te wag totdat jy 5 kg verloor; tot jy 5kgoptel; totdat jy kinders het; totdat die kinders uit diehuis is; tot jy eers begin werk; tot jou aftrede; totdat jytrou; tot na die egskeiding; tot Vrydagaand; totSondagoggend; tot jy jou nuwe motor het; totdat joumotor afbetaal is; tot dit somer is; tot dit winter is;

as NOU om gelukkig te wees nie.

Geluk is ‘n reis, nie ‘n bestemming nie.

Werk dus asof jy nie die geld nodig het nie;betoon liefde asof jy nog nooit seergekry het nie;en dans asof niemand kyk nie.

Page 6: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

6

Van GK Alkantrant: René du Preez (Greeff) en dooplidmaat Hanno A.Van GK Rietvallei: Egbert en Jacoba Petronella Christina Moraal (Olivier)Van GK Rietvallei: Gesina Frederika Swanepoel (du Plessis)Van GK Rietvallei: Diederik Rudolph en Hester Martha Francina Pretorius (du Plessis)Van GK Centurion: Johannes Gideon en Loureen Charlotte van Loggerenberg (Wolfaardt)Van GK Louis Trichardt: Jacoba Getruida Swanepoel (de Beer)Van GK Lydenburg: JJ en Venesca Joubert (Scott) en dooplidmate Juanesca, Juan, Reinhardt enLeandriVan GK Ventersdorp: Adelheid RensVan GK Potchefstroom-Oos: Sané RensVan GK Krugersdorp: Nicola Bredenhann (Kruger)Van NG Rant-en-dal: Reinhard BredenhannVan Hatfield Christian Church: Nadine Elloise CommerfordVan NG Waverley: Doulien Gerbranda Knopjes (Grobler)Van NG Tygerpoort: Neal Bertram en Juanita Bull (van Zuydam) en Alexander JamesVan NG Valleisig: Karike Heijstek (Janse van Rensburg)Van NG Lux Mundi: Elizabeth Diana NelVan NG Sasolburg Fontein: Ermyntrude Foord (Vermeulen), Petrus Paulus en Stephanie Foord

Danelle PrinslooFranciska HeystekCasper en Sonette Heystek (Boshof)Louis Philippus de VilliersAlbert Paul SchoemanFrans Johannes en Annerie van Dyk (Roux)Marc Ryan en Danél Gravett (Burger) en dooplidmaat Luna GabrielleChristiaan Hendrik ReineckeOorsee: Frans Albertus, Sandra Pretorius (Maranta) en dooplidmate Luca, Zara en AmeliaNa NG Moreleta: Daniël Jacobus en Gertina Wilhelmina Crous (de Beer) en dooplidmate Hein-rich Bartholomeus en Daniël Jacobus

In room 4 at Wapadrant Gemeente

A perfect recipe

Ingredients:

Mix it all together......to make the pefect...

~ Zander Esterhuizen

a tablespoon of love a teaspoon of trust a scoop of honesty

a cup of laughter

Page 7: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

7

Wanneer 'n mens bo die kloof van Prince Al-bert kom en jy kyk in die valei af wat groen lêin die son wat deur die wolke breek, dan dinkjy aan die vreugde wat jy ervaar het om deurdie Outeniqua pas te kon ry, die asemro-wende tonele van Meiringspoort. Die hart-seer van 'n dorre Karoo vervaag.....die beeldvan moedige veldblommetjies wat nogsteeds probeer......dan weet jy, God is daar inreën en droogte. Ek sê dankie vir die mooi envreugde van 2017, die droogte wat my leervertrou het, laat groei het.....die vriende enmense wat saam met my daar was... .en eksien dan uit na 2018.....wetende dat onsHemelpappa ons reis klaar beplan het. Onshoef net ons hand in syne te sit en saam tegaan.

~ Eric & Anthea

Jan, Jan, Jan...Of dit nou die bielie van die Bosveld, of sommernet Jan-alleman is, oral is Jan ‘n man wat kán!

Van die Jan van Holland wat op munte gedruk is,Jan die veldmaarskalk tot Jan wat liedjies saammet kinders sing, bly Jan ‘n man van vele ta-lente.

By Wapadrant kan dit ook nie anders nie. Oral isdaar ‘n ‘Jan’ wat op een of ander manier ‘n by-drae lewer.

Daar is Jan-voorsitter, Jan-herder, Jan-geldtel,Jan-kragopwekker, Rooi-Jan en Jan-kleingroep.Daar is Jan-ingenieur, -konsultant, -staatsaan-klaer, -sakeman, -rekenmeester, -argitek-tekenaar, -ouditbestuurder, -bourekenaar,-programmeerder en -versekeringsmakelaar. Asjy ‘n probleem het, roep net vir Jan - hy kan!

Dit was hoeka ene ‘Jan’ wat so mooi kon dig. Sýwoorde kan ek beaam: Ek hou van ‘n man wat sy‘Jan’ kan staan!

~ Ilda

Wat as ‘n vroegoggend-oefensessie op 1 Jan begin hetom 9h00 by die huis, het verander in 14 dae in dieIntensiewe eenheid. Ek het geval en 6 ribbes gebreek,sleutelbeen op 5 plekke gebreek en my linkerhand se4de kneukel gebreek. Ek sterk tans by die huis aan enelke dag gaan dit net beter. Ek kan net die GrootVader loof vir die goeie dokters en Sy hand oor mylewe. Hierdie is net ‘n baie groot dankie aan almal segebede. Dit was onwerklik om later te verneem hoewyd die Christen-riemtelegram gedraai het metboodskappe en oproepe na my vrou en res van onsfamilie. Dit was onwerklik om te sien hoe Christene soin ‘n tydperk van nood kan uitreik en net onbaatsugtigwil help.

Weereens baie dankie vir julle ondersteuning

~ Pieter vd Walt

Die genadige uitkoms wat ons ervaar deur onsHemelse Vader.My gewoonte was om my karlisensie vroeg inJanuarie jaarliks te hernu. So gaan ons dieagtste Januarie na die Faerie Glen-poskantoorin Glen Village, vul die aansoekvorm in en geedit in. Die dame sê ek het nooit vir 2017 hernunie; gevolglik ‘n boetebetaling vir 2017 plus dielisensiegeld vir beide jare (nie te erg nie) en metdankbaarheid dat ons in 2017, ondanks baieritte van Arcadia tot Magaliespark, viermaalgeen ongeluk gehad net nie, sowel as geeninspeksie wat die lisensie betref nie. Dis uitkomsEEN!

Op 11 Januarie, tydens ‘n besoek aan myuroloog, vir wie ek twee keer jaarliks moesbesoek, was hy so tevrede, dat hy my meedeeldat ons mekaar weer in 2019 moet sien. Disuitkoms TWEE!

Oppad terug deur Hatfield word ons afgetrekdeur die Metropolisie. Die beampte praat nieeers nie - loop net voor om die kar, kyk na dielisensie en wys ons kan maar ry. Dis uitkomsDRIE!

Kan ons dus sulke gebeure toevallig beskou?Beslis nie! God behoed ons en ons kan netgetuig en juig!

~ Aat en Thea van der Dussen

Page 8: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

8

Tot en met einde Desember 2017

Opsomming:Die 2017 Finansiële state van die gemeente is nou afgesluit en hier is die eindresultate en opsomming daarvan:

Die bedryfstekort vir 2017 het geëindig op R554 797.Die inkomste was so te sê dieselfde as in 2016 en verskil min deurdat ons R53 658 minder as in 2016ontvang het.Die uitgawes was egter R328 343 meer as in 2016, en teen 3.8% groei kon ons dit onder die inflasiekoershou.Met dié dat die gemeente se finansies steeds onder druk verkeer en vanaf 2013 teen ‘n afwaartse kurwebeweeg (die totale inkomste van 2017 is nou al minder as in 2013), moes heelwat inkortings reeds plaasvinden was die vaste uitgawes reeds ongeveer 87% van die totale uitgawes in 2017.

Vir 2018: Die uitdagings is groot vir 2018 indien daar nie ‘n verbetering in die finansiële stand van die gemeentegaan plaasvind nie, wat moontlik ander inkortings mag veroorsaak wat weer die huidige bedieninge van diegemeente gaan begin beïnvloed. Die Finansiële Diensgroep doen daarom weer ‘n beroep op almal om jullemaandelikse bydrae in heroorweging te neem en met die leiding van die Heilige Gees aan te pas uit dankbaarheid virdit wat die Here aan ons gee.

Dankoffer-inligting

Maand Aantalpotensiële

*bydraepunte

Aantal punte watgeen

beloofde bydraegemaak het nie

Aantal punte watbeloof het maar

geen bydraemaak nie

Aantal puntewat agterstallig

is

Getroue bydraers

Des 2017 *1 144**(1 774)

31327,36%

998,65%

15815,82%

57450,17

Page 9: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

9

Kontak Tjaart Pelser | 082 440 0676 | [email protected]

*Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepuntBelydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt

Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt

** Ramings betaalbaar aan Administratiewe Buro te Potchefstroom (Gaan kyk na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir volledige inligting oor Ramings.)

Hou asseblief in gedagte dat die gemeente verplig is om R70 per maand per belydende lidmaat oor tebetaal aan die Administratiewe Buro te Potchefstroom, selfs al kry ons geen dankoffer vanaf ’n betrokkelidmaat nie. Daarom maak ons staat op elke lidmaat se dankoffer.

Moet asseblief nie die R70 in die liefdegawesakkie plaas nie, want die liefdegawes gaan nie virdieselfde doel nie. Maak asb gebruik van dankoffervorm.

Maniere van afdra van Dankoffer

Direkte inbetaling op kerk se bankrekening/per internetbank of per aftrekorder by jou eie bank. Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE BELANGRIK:Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.) Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert en sit in liefdegawesakkie of doen ‘nelektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening.

Debietorder: Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vormhttp://www.wapadrant.co.za/finansieumllesake.html Nog ‘n manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal:

Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betalingGaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir instruksies

Page 10: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

10

Terreur in Kaboeldeur Hannelie Groenewald

Hannelie Groenewald gaan haar boek, Terreur inKaboel, wat onlangs verskyn het, Sondagaand,25Februarie, 18:30 in die kerksaal van die NG Ge-meente Skuilkrans (h/v Cussonialaan en Jan Al-bertstraat 1, Val de Grace) bespreek. Almal van dieJakaranda-leserskring is welkom om te kom luisteren om vriende saam te bring. Daar is geen kosteaan verbonde nie. Dis belangrik om te weet  hoev-eel persone om te verwag.  Laat weet asseblief virRykie Meiring (083 564 2850 [email protected]) voor 18 Februarie as jykan kom.

Werner en Hannelie Groenewald was predi-kantspaar in Moreleta NG Gemeente en het beide

in 2002 'n roeping van God ontvang om in Afgani-stan te gaan woon en werk. Na amper 12 jaar, op29 November 2014, is hulle huis en  kantoor, methulle besittings en dokumente, deur die Talibanafgebrand en is Werner en hulle twee kinderswreed vermoor. Hannelie, ‘n mediese dokter, wasook op die moordlys, maar het die dag onverwagsby ‘n kliniek gaan uithelp. Sy het onder ongeloof-like moeilike omstandighede alleen teruggekeerna Suid-Afrika in Desember 2014, waar sy 'n nuwelewe, met niks moes begin bou.

Hannelie skryf: “Die boek is geskryf met die oogdaarop om mense wat deur moeilike en uitd-agende tye in hul lewe gaan, te bemoedig. Ek hettalle lewenslesse en wyshede,  wat ek op dieswaarkrypad geleer het met die leser gedeel. Deurdie verloop van die boek is my geestelike groei endie pad wat God met my/ons gesin gestap het, in-geweef in die lewensondervindinge wat onsmeegemaak het in Afganistan, asook my ervaringedie dag van die aanval en die dae en maande watdaarop gevolg het. Ek vertel van die wonderwerk-ende krag van God se nabyheid en Sy hulp om myuit die as van my verpletterde lewe op te tel en my'n totaal nuwe lewe, gevul met vreugde en ver-vulling en hoop vir die toekoms te gee.”

(Hanlie Groenewald is die dogter van Wapadrant-lidmate Sarel en Breggie du Plessis)

Page 11: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

11

1. Josef2. ‘n Bord kos3. Twaalf4. Abraham5. Leer6. Efraim en Mannasse7. Hongersnood in Kanaän8. Rebekka9. Jag10. Lea11. Kanaän

Kyk of jy die volgende versteekte prentjies kan kry. Kleur dan die prent mooi in:blaar, graaf, ketting, lemoenskyfie, olyf, potlood, roomyshoring,

seilskip, skoenlapper, sny brood, vis, wortel

Lees die vraag en kies die regte antwoord regs.

_____ Wie was Jakob se ma?

_____ Van watter land mag Jakob nie ‘n vrou kies nie?

_____ Wie was Jakob se oupa?

_____ Wat het Jakob in die droom by Bethel gesien?

_____ Wie was Jakob se eerste vrou?

_____ Hoeveel seuns het Jakob gehad?

_____ Watter twee stamme is nie na Jakob se seuns vernoem nie?

_____ Waarmee was Esau besig toe Jakob sy seën gesteel het?

_____ Waarvoor het Esau sy geboortereg verkoop?

_____ Wie was Jacob se gunstelingseun?

_____ Hoekom het Jakob se familie Egipte toe getrek?

Page 12: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

12

Die droom hier by Wapadrant, waardeur dieRaad van Ouderlinge se besluite oor die lewevan ons gemeente gerig word, is dat ons ElkeenSaam op God se Pad wil wees. Dit gaan in dieeerste plek oor God se pad in Christus met diewêreld en met ons gemeente. Verder is ons

God reg oor die wêreld en deur die geskiedenisbymekaarbring. En daarby is elkeen ook uniek,sodat die veelkleurige verskeidenheid binneons gemeente en in ons wêreld gevier kan

As gemeente het ons gesê dat daar vyfgeloofsgewoontes is wat ons wil inoefenwaardeur ons gaan vorder daarmee om elkeensaam op God se pad te wees:

1. Vier die lewe in Christus2. Luister na en praat met God (gebed)3. Dien met ons gawes4. Getuig5. Wees lief vir mekaar

Ons jaarfokus is elke jaar op een van hierdiegeloofsgewoontes, juis omdat ons oortuig is

word. Vanjaar is ons jaarfokus daarom wéér,soos verlede jaar Wees lief vir mekaar. Onsonderlinge eenheid, liefde vir mekaar enverhoudings is so belangrik dat die Raad vanOuderlinge besluit het om hierdiegeloofsgewoonte weer vanjaar ons jaartema temaak. Ons glo dat hierdie gewoonte vangeloofsgemeenskap (wees lief vir mekaar) nogmeer deel van ons gemeente se lewe gaan

word deurdat ons dit vanjaar weer as jaartemaherhaal. In ons beplanning vir volgende jaarkan ons dan besluit of daar hierna op een vandie ander geloofsgewoontes gefokus moetword.

Hoe gaan ons vanjaar “Wees lief vir mekaar”oefen? Wel, daar gaan nie net een of tweegroot gebeurtenisse wees nie. Die gedagte is

“Wees lief virmekaar geleenthede” gaan wees waardeur diewerklikheid van ons liefde vir mekaar op onsharte gedruk word:

21 Januarie - ‘n Geurige Affêre11 Februarie - Ware Liefde!3 Maart - Basaardag!15 April - Viering van Oupas en Oumas13 Mei - Viering van Moeders en dogters17 Mei – Donderdag: Vroue-kuieraand!17 Junie - Vadersdag en Jeugviering en pretdag27 Julie – Vrydagoggend: Manne-ontbyt19 Augustus - Viering van Matrikulante9 September - Enkelouers & enkellopendes14 Oktober – Gemeente-ete4 November - Viering van Gr 7-oorgang2 Desember – Adventviering

Kom skop sommer vandag af deur tussen onstwee oggenddienste saam te kom koffie drinken miskien iemand te leer ken. Die geur vankoffie moet jou herinner “Ons is 'n aangenamegeur van Christus aan God - 'n geur vanuit dielewe tot die lewe” (2 Kor 2:15-16).

Hoor jou maat se roep soos die houtkapper virsy maat roep in Februarie. Ons reël 2 pie-

kniekaande, Vrydag 9 Feb en Saterdag 17 Febvanaf 19h00.

Alle getroudes en ander verliefdes: Bring 'n pie-kniekmandjie, kombers/stoele en jou geliefdena Wapadrantkerk vir 'n romantiese aand metvuurvliegieliggies en kom herinner mekaar

waarom julle lief geword het vir mekaar.(Reël vroegtydig 'n kinderoppasser! Hiedie is

Pappa en Mamma se aand.)

Kom deel elke Sondag tussen die 2eredienste (9:30 -10:30) in onsheerlike saamkuier wanneer ons diereuk van Christus versprei deur onseenheid!

DIE GEURIGE AFFêRE sal elkeSondag beskikbaar wees @R70/250g in bone of filter gemaaldepakkies by Kafé Koinonia

Page 13: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

13

PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300

4-10 FEBRUARIE 2018Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 2158118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; BernardTollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

11-17 FEBRUARIE 2018Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; DoulienKnopjes (Woe): 079 4998 392;Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498; Lientjie v/d Walt: 012996 1332 / 082 955 1509

18-24 FEBRUARIE 2018Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 2158118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; BernardTollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

25 FEBRUARIE – 3 MAART 2018Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; DoulienKnopjes (Woe): 079 4998 392;Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498; Lientjie v/d Walt: 012996 1332 / 082 955 1509

4-10 MAART 2018Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 2158118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 482 2548; BernardTollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678

LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Henrikus Verhoef: 082 5584450 / 012 993 0919

KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822

WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100

4-10 FEBRUARIE 2018Nancy Snyman (Woens): 803 1561 / 074 588 3374; Hannetjie v As-wegen (Sat): 082 062 8264; Hanlie v d Walt (Sat):081 8650 539; Sonia Röhrs (Do): 082 807 1698; Irma Kruger: 084514 4842; Anmarie Steyn: 082 562 2839

11-17 FEBRUARIE 2018Cor Meindertsma (S) (Di): 082 551 6183 / 012 991 2719; DoulienKnopjes (Woe): 079 4998 392;Truus Meindertsma (Vry): 082 551 6183 / 991 2719; Anmarie Steyn:082 562 2839

18-24 FEBRUARIE 2018Braam Gous:   361 7632 / 082  468 3808 (Woens); AnnemarieBekkker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma);Anmarie Steyn: 082 562 2839

25 FEBRUARIE – 3 MAART2018Nancy Snyman (Woens): 803 1561 / 074 588 3374; Hannetjie v As-wegen (Sat): 082 062 8264; Hanlie v d Walt (Sat):081 8650 539; Sonia Röhrs (Do): 082 807 1698; Irma Kruger: 084514 4842; Anmarie Steyn: 082 562 2839

4-10 MAART 2018Cor Meindertsma (S) (Di): 082 551 6183 / 012 991 2719; DoulienKnopjes (Woe): 079 4998 392;Truus Meindertsma (Vry): 082 551 6183 / 991 2719; Anmarie Steyn:082 562 2839

ANDER HOSPITALE:Peet en Lacia Vermeulen: 082 336 8465 Doulien Knopjes (Wo): 0794998 392

EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR,MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAALBen Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen; DoulienKnopjes (Wo): 079 4998 392

MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL, JAKA-RANDA,UROLOGIESAndré Sandilands: 081 205 8669 / 071 302 4593; Doulien Knopjes(Wo): 079 4998 392;

KINDERBEDIENING:Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL):Vorster Combrink: 082 872 9725

SENIORS - TUISBESOEK:Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Petro Bouwer: 991-7229 /082 450 5091;

KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKEAnet Hofmeyer: 072 5312 378Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509Matty Coetzee: 072 330 1545

INTERCARE SUB-ACUTE HOSPITAL HAZELDEAN: TEL: 012 880 0700Adri Gertenbach: 076 201 4412

BRONBERG AFTREE-OORD - 086 136 4616:Aat & Thea v d Dussen: 082 332 0855Jan de Beer: 083 286 3960

Onthou om asb. die Kerkkantoor in kennis te stel indien jy hospitaaltoe gaan vir enige operasie of mediese prosedure [email protected] of (012) 991 5623

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected]

Page 14: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

14

BEROEPE ONTVANGProponent SA de Villiers (Stephanu) na Grootfontein.Proponent SA de Villiers (Stephanu) na HarrismithDs GJ Erasmus (Gert) van Komatipoort na Pretoria-Magalieskruin.Proponent LD Myburgh (Daniël) na Venterstad.Ds GP van Rhyn (Gerhard) van Rietvallei na Pretoria-Annlin as medeleraar.

BEROEPE AANVAARProponent SA de Villiers (Stephanu) na Grootfontein.Ds GJ Erasmus (Gert) van Komatipoort na Pretoria-Magalieskruin.Proponent LD Myburgh (Daniël) na Venterstad.Proponent GA Venter (Regardt) na Krokodilrivier as medeleraar.Proponent DJ Maritz (Daniël) na Pretoria-Brooklyn as medeleraar.

BEROEPE BEDANKProponent SA de Villiers (Stephanu) na HarrismithDs CJ Nagel (jr) (Innes) van Louis Trichardt na Pretoria-Magalieskruin.Ds GP van Rhyn (Gerhard) van Rietvallei na Pretoria-Annlin as medeleraar.

As gevolg van beperkte sitplek is die. Ons getalle word 12 Februarie

aan Brooklyn deurgegee. Indien jy belangstel om diedag by te woon:* Skryf jou naam op kennisgewingbord in saal, ofstuur ‘n epos aan die kerkkantoor en ons skryf jounaam op.* Koste: R150 (plaas gemerkte koevert (naam, van& saamtrek) in liefdegawesakkie of doen inbetaling opGeref Kerk Wapadrant, ABSA tjek 3490151957,takkode 632005. Verwysing: Naam, van & Saamtrek)

Brooklyn vra dat die volgende aan die damesdeurgegee word:

Page 15: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

15

Grondslagfaseonderwyseres in Wapadrand met35 jaar ondervinding bied Wiskundeklasse virleerders van Gr.1 tot Gr.3Kontak Louise Snyman by 083 456 9724

Huishulp beskikbaar vanaf Maart 2018Elke Vrydag en elke tweede SaterdagKontak Agnes by 073 764 6012(Sy is ook tans werksaam by Wapadrant-Gemeente as skoonmaker)

1996 Jurgens Expo karavaan te koop @ R62 000Goeie toestand. Sluit in: 220v ys- vrieskas, 1kant dubbelbed, 1 enkelbed wat ook veranderin tafel en 2 sitplekke weerskante, Baie pakplek,voltent en penne, rally tent met penne (kan ookvasrits aan voltent), grondseil, 2 splinternuwebande (slegs 200 km mee gesleep), spaarbanden rim. Kontak Helena 082 968 3466

Gesoek: ‘n Tweedehandse yskas in werkendetoestand vir gebruik deur 1 persoon. Kontakkerkkantoor by 012 991 1395

Huis in Meyerspark te huur of te koop. 4slaapkamers, 2 badkamers, groot kombuis metopplan leefarea en braaiarea, dubbelmotorhuismet 5 afdakke, verhitte swembad, boorgat metwaterstelsel onafhanklik van munisipaliteit. HuurR15500 per maand. Verkoopprys R1 695 000.Kontak Hilda 072 226 0595

1982 CI Sprite Sport opgegradeerde karavaan tekoop: R 26 000. Pas gediens en volledig toegerus.220v elektriese proppe asook ys/vrieskas,mikrogolf, 1 kant dubbelbed en moderne nuweRally- en sytent. Kontak Jan 082 331 2756

‘n Uiters netjies, betroubare huishulpbeskikbaar elke Dinsdag en Donderdag.Johanna werk al bykans 14 jaar by my. Sy isvriendelik, nederig en is ten volle Afrikaans.Kontak Vera by 082644 6741

Page 16: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

16

WAPADPLANT SOEK JOU!Madelein en Freek Werkman is Wapadrant se“Tuinspesialiste”. Hulle benodig hulp met die oprig vandie stalletjie asook verkope op die dag. Bring asb. enigeplante of struike netjies in potte of sakke geplant. Leëgeskikte planthouers (ook koffieblikke of formulemelk-blikke) asook enige tuinverwante produkte salwaardeer word. Reëlings kan getref word om die itemstuis te kom afhaal. Hulp met die vervoer van plante salook waardeer word. “This world is a garden. Lovemakes it grow”. Kontak Madelein by 072 129 1751.

WIT OLIFANTHier het ons werklik jou hulp nodig. Daardie items watalewig in jou pad staan – laat dit asseblief hier in diekerksaal kom staanplek kry. Klere en boeke is ookwelkom. Jy het nog 28 dae om daardie items uit tesnuffel. Moenie langer wag nie. Skakel vir Erhard by082 457 7286.

POTJIEKOSKOMPETISIEHierdie aksie om ‘n lekker kuier Feesgeleentheidrondom ‘n potjie aan te bied, het verrassendepositiewe belangstelling ontlok en ons het besluit om30 potjies te laat prut. ‘n Nommer 3- of 4-pot wordaanbeveel. Het jy nie ‘n pot nie? Jy kan een huur byHokaai vleismark. Finale inligting oor die potjies sal opSondag 11 Februarie 2018 beskikbaar gestel word.Bevestig jou potjie se plek by Jan Tollig by 082 3312756.

HANDGEMAAKTE ITEMSHandgemaakte items het karakter en vertel ‘n storie.Enige trots-Dopper handgemaakte items (houtwerk,hekelwerk, breiware, metaalwerk, speelgoed, krale,seep, ens.) word benodig. Hier is nou die geleentheidom jou vindingrykheid ten toon te stel. Kontak Ilda by082 374 6579 vir verdere inligting.

Nog net 28 DAE....help asseblief!Wapadrant is in rep en roer oor die basaar van 3 Maart. Almal is dit eens dat hiérdie tradisionele basaar ‘n heuglikegebeurtenis gaan wees. Die verrigtinge skop 08:00 af en stalletjies open om 09:00. Die finale program is nog geheim,maar ons weet reeds dat die potjiekoskompetisie die hoogtepunt gaan wees. Potjiekoskaartjies sowel as kaartjies virdie dag se verrigtinge sal van 11 Februarie in die saal beskikbaar wees. Kaartjies kan met kontant of m.b.v. Snapscanbekom word. Dit gis en gons om al die stalletjies in gereedheid te bring. Hoewel ons goed vorder, word jou hulpsteeds benodig. Die volgende items is nog op ons wenslys:

Item Doelwit Reeds ontvang Nog benodig Kontakpersoon

Rys (Tastic) 42kg 5kg 37kg Errol Mears083 429 9231

Maalvleis 140kg 25kg 115kg Errol Mears083 429 9231

Wors 60kg 60kg -

Patties 160 160 -

BlatjangTamatiesousStroopAppelkooskonfyt

20x375ml20x375ml3 x 500g3 x 1kg

202033

Errol Mears083 429 9231

Tuisgebak Groot koekeKlein koekiesBeskuit, ens.

5030kg

Helena Aucamp082 968 3466

Poeding 50VlaRoomys

172

3318 liter20 liter

Kowie de Villiers082 373 7268Sonia Röhrs082 807 1698

Page 17: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

17

Wapadrant is bevoorreg dat ons Here ons God verskeieBybelverspreidingsprojekte aan Wapadrant gegee hetom te bestuur en om aan deel te neem. In hierdie berig-gie gee ons graag terugvoering oor die Borg’n Bybelprojek, en volgende maand sal ons graag terugvoeringgee oor die Neem-en-Deel projek.

Borg-‘n-Bybel-projekMet groot dank en alle eer aan ons Here ons God, kanons terugvoering gee dat die Borg-‘n-Bybel-projek watin September 2017 in Wapadrant geloods is en afgesluitis op 21 Januarie 2018, R22 100ingebring wat ongeveer 233 Bybels(@R95 per Bybel) verteenwoordig.Die geld word nou oorbetaal aandie Bybelgenootskap van Suid-Afri-ka, ter ondersteuning van Bybelver-spreiding.

Ons wil graag vir almal baie, baiedankie sê vir jul deelname en ookvoorbidding vir die projek. Ja, dit is‘n wonderlike en besondere voor-reg om in God se projekte hier opaarde betrokke te kan wees. Dit was wonderlik omalmal, veral die jong mense, se entoesiastiese deelnamete sien. Hier wil ons ook graag die WPR laerskooljeug

noem wat met ‘n muntlegging meer as R2000 ingesamelhet vir die Borg-‘n-Bybel-projek.

Die beplanning is om die Borg-‘n-Bybel-projek van dieBybelgenootskap van Suid afrika die laaste kwartaal vanelke jaar te ondersteun. Die plan is dus om die projekweer gedurende September 2018 in Wapadrant teloods. Hou die spasie dop en spaar solank jul vyfrande.Gevulde geldhouertjies wat na die 21ste Januarie noginkom sal vir die Neem-en-Deel-Bybelprojek aangewendword. Hou volgende maand se Maandkrant dop vir ter-ugvoering oor die Neem-en-Deel-projek.

Groete, kleingroep 007Jan en Celia de Beer, Hans en Isabel Lensink, Jan enElfrieda Meyburg, Bernard en Vera Tollig en Tinus enElsie Vorster

DONASIESDie Reëlingskomitee het heelwat klein items wataangekoop moet word. Ons is bewus daarvan dat niealmal bobaas-kokke of -bakkers is nie. Daarom neemons die vrymoedigheid om vir donasies te vra. Donasiesis nie altyd geld nie - dit kan ook bestanddele wees.Inbetalings kan gedoen word by Gerf Kerk Wapadrant,ABSA tjek 3490151957, takkode 632005. Verwysing:Basaar. Kontant in gemerkte koevert kan ook inliefdegawesakkie geplaas word.

BOERESPORT“Kom deel in ons boeresport, waar jy hope pret gaan hêen vuil mag word. Daar is verskeie sporte, onder anderetoutrek en sakspring, laat weet ons dus hoeveel matersjy gaan bring. Tienuur voor die asbeslokaal se gras, iswaar ons jou gaan verras.Whatsapp na: Mariska 072 437 5660Volwassenes welkom om troutrekspanne in te skryf!!”

TUISGEBAK:Bring na tuisgebaktafel Saterdagoggend vanaf 08:00.Indien dit nie die Saterdag gelewer kan word nie,bring dan gedurende die week na die kerkkantor08:00 – 15:00.Gebak moet asseblief reeds verpak wees.

Merk asseblief duidelik wat die inhoud is, bv.Gesondheidsbeskuit, vlakoekies, ens.Ons het nie voldoende yskasspasie nie, yskastertekan dus nie ontvang word nie.

TOMBOLADie tombola-stalletjie benodig kontantskenkings, asookpakkies lekkergoed, blikkies kondensmelk,pakkies koekies, nuwe of tweedehandse speelgoed watnog in ‘n goeie toestand is. Plaas dit in die gemerktekartondoos in die saal. Daar sal tussen die dienste ookiemand by die kartondoos sit om geld te ontvang.

KINDERVERMAAKHeelwat pret-aktiwiteite word as kindervemaakbeplan. Ons benodig egter hande en oë. Hoe lyk dit? Isdaar hoërskool- of studerende jongmense wat kan helpasb? Kontak Maricell by 0846000623

Dankie vir jou hulp en ondersteuning. Sien jou opSaterdag 3 Maart by die Wapadrant-basaar.

Mooiloop

Page 18: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

18

Van talente tot karakterdeur Stephan Joubert

(ekerk nuusbriewe – 27 Okt 2016)

Talente erf jy by jou ouers en jou familie. Joutalente help jou om op die kruin van jou eie lewete kom. Daarom is talente veral effektiefgedurende die eerste helfte van jou lewe, maarjou karakter dra jou deur sowel die eerste as dietweede helfte van jou lewe. Tog kan jou talentesoms in die pad van jou karaktervorming staan.Die rede? Wel, jou talente fokus gedurig diesoeklig op jouself en op al jou vermoëns envaardighede.

Karakter, wat deur die Gees van die Here seteenwoordigheid in jou gevorm word, bring egter’n innerlike rustigheid, kalmte en wysheid in joulewe mee. Karakter is soos ‘n diep, rustigvloeiende rivier. Terwyl talente eintlik net oorjouself gaan, maak jou Geesgevormde karakter datjy oor jouself kom en die Here en ander mensedien. Talente se dae raak iewers getel. 'n Karakterwat deur God gevorm word, word egter met diejare net al hoe dieper en sterker. Daarom dielewensbelangrike vraag: is jy iemand van karakter?Of ken mense jou eintlik net aan jou talente? Aslaasgenoemde waar is, dan is jy in die moeilikheid.Verskuif dringend van talente na karakter!

G028 hou een maal per maand ‘nkoekverkoping in die amfi tussen die eredi-enste. Die fondse wat ingesamel word, wordhoofsaaklik aangewend vir die versorgingvan getraumatiseerde en gestremde volwas-senes. Die volgende geleentheid vind plaas op25 Feb. Kontak Kobie en Willem de Ronde by0829234698

Page 19: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

19

Kom praat saam oor geloofen wetenskap in 2018

Het jy al ooit gewonder wat die implikasies van dieBig Bang-teorie en die evolusieteorie vir jouChristelike geloof is? Het jy al ooit gewonder hoemens die Bybel moet verstaan in die lig van al diegoed wat ons vandag weet wat die menseduisende jare gelede nie geweet het nie?

In ons gemeente

gespreksgroep wat so

bymekaarkom omoor hierdie dinge tegesels.

Hierdie jaar gaan ons

boek te bespreek.

wetenskaplike metdie naam van Addy Pross. Die boek se titel is Whatis Life? How chemistry becomes biology.

Jy hoef geen vooraf kennis oor die onderwerp te hênie. Jou belangstelling is genoeg. Ons eerstebyeenkoms sal vroeg in Februarie 2018 wees.

Indien jy belangstel, kontak vir Jaco Kruger –[email protected]

Bid in die lig van Godse oneindigheid

Lees Ps. 145:1-3

is die president van Amerika gekritiseer omdat hy voorkoning Abdullah van Saoedi-Arabië gebuig het. Kritici het

vereer. In ‘Miss Manners’ guide to excruciatingly correctbehavior, freshly updated’ verklaar Judith Martin, oftewel

voor koninklikes maak ‘verkeerd’ optree, nie net ten opsigtevan wêreldetiket nie, maar ook ten opsigte vanaardrykskunde, fisika en antieke en moderne geskiedenis.Volgens Miss Manners en ander vroue buig Amerikaners nievoor koninklikes nie. Hulle maak ook nie kniebuigings nie;

is genoeg om respek te bewys. Amerikaners is nie bekenddaarvoor dat hulle eerbied aan koninklikes betoon nie.

In teenstelling hiermee betoon baie Jode eer aan God deurte weier om sy Verbondsnaam hardop uit te spreek,behalwe wanneer hulle bid of die Tora bestudeer. Omdathulle bang is hulle ontheilig God se Naam het verskeierabbynse skrywers eerder na “die groot en angswekkendeNaam”, ‘die onuitspreeklike Naam”, “die onnoembareNaam”, “die voortreflike Naam”, “die heilige Naam”, ofbloot “die Naam” verwys. In plaas daarvan om God seeienaam in Hebreeus uit te spreek, het hulle sy Naamvervang met Adonai, wat “Here” beteken, of Ha-sjem, wat“die Naam” beteken. Selfs in Engels of Afrikaans skryf hullesy Naam soos volg: ‘G_d’. Hulle doen dit omdat hulle bang ishulle ontsier of vernietig God se Naam wanneer hulle ditneerskryf. Jy weet waarskynlik dat die wiskundige simbool

Wanneer dit by God kom, hou ek egter daarvan om te dinkdie strepie tussen die letter G en d simboliseer oneindigheiden verwys na die geheimenisse van sy aard. Die Bybel vertel

hemel hoër as die aarde is, is Sy gedagtes bo ons s’nverhewe.

Met die kennis dat God oneindig is, hoe moet ons Syteenwoordigheid binnegaan? Ons moet die enigste dingdoen wat sin maak: Ons moet neerbuig en die Een wie segrootsheid nooit gemeet kan word nie met ons hele hartaanbid.

God se karakter deur Ann Spangler)

Page 20: Maandkrant Februarie2017€¦ · Powerpoint aanbiedings, Dropboks en Whatsapp verskaf. KONTAK Marietjie Bezuidenhoud vir registrasie Tel: 012€334 1286; 084€745 8882 marietjie@abbo.org.za;

20

God gebruik jou daar waar jy is

Die Here roep ons om daar waar ons is ’n verskil te maak. Vatvir Karl Plagge (1897-1957). Hy was ’n Duitse SS-offisier in dieTweede Wêreldoorlog wat gesorg het dat 1,240 Jode se lewensgespaar is. As offisier in Lituanië tussen 1940-1944 het hy ge-sorg dat Joodse werkers in sy eenheid goeie kos kry, asookwerkspermitte wat hulle lewens gered het terwyl massas Joderondom hulle vermoor is in die strafkampe. Toe Plagge in 1944sy posisie moes ontruim in die lig van die aankomende Russe,het hy die Jode gewaarsku om te gaan wegkruip want dieSS-soldate sou hulle doodskiet. So het hy nog 250 lewens gered.Na die oorlog het die Jode getuig van sy dapper optrede. Lateris Plagge hiervoor vereer. Vandag nog is daar sulke mense watbinne onregverdige sisteme die Here se lig laat skyn. Wat helpdit almal verlaat die politiek, die polisie, die staatsdiens, of dieland net omdat hier korrupsie is? Die Here ontplooi Sy voetsol-date orals. Ons word geroep om in die donker Sy lig te wees.Selfs net een van Sy kinders kan baie lewens red en die ewigheidoopsluit voor stukkendes en verdwaaldes. Wees so iemand inChristus se Naam.

Stehan Joubert (eKERK)

Die MAAND-KRANT iselektronies beskikbaar op

die WEBWERF BYhttp://www.-wapadrant.

co.za/maand-krant

Die kalender vir 2018 isbeskikbaar in die portaal.Neem asb. een per gesin.

Donasies (R10 perkalender) sal baie

waardeer word.

Bring gerus u glas, papieren platgevoude karton

kartondose kerk toe. Plaasdit in die

herwinningshouers netagter die rondawel by die

ingang.

Bydraes en advertensiesvir Maart se Maand-Krantkan gestuur word aan

[email protected] is 21

Februarie 2018

Koeverte virJeuginskrywings kan tot 18

Maart 2018 ingehandigword by hul lokale.

Kleuterkerk: R150Laerskooljeug: R250Hoërskooljeug: R150